Paulus se Verbasende Reise

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Profetiese woord vir 2017 en verder

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Geloofsvorming by kinders en jongmense

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Josua - van jongs af n leier

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

BYBELS-GESONDE GESINNE

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story Copyright 2005, 2008, 2011 by Zondervan Published by permission of

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Een. Geloof in aksie

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

LoveGodGreatly.com 1

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

GEBED VIR KERKLEIERS

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Volume 3 van 2016 September 2016

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

Bybel vir Kinders bied aan Paulus se Verbasende Reise

Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org 2013 Bible for Children, Inc. Lisensie: U het die reg om hierdie stories te kopieër en te druk maar u mag dit nie verkoop nie.

Paulus en Silas, Jesus se dienaars, was in die tronk. Nee, hulle het nie iets verkeerds gedoen nie hulle het net n duiwel uit n vrou gedryf. Hulle het die mense van Filippi, wat afgode gedien het, die krag van die ware God en sy Seun, Jesus, gewys.

Daarvoor is hulle gearresteer, geslaan en opgesluit.

Mens sou verwag Paulus en Silas sou kwaad en verbitter wees. Maar hulle was nie. Om die waarheid te sê, teen middernag het hulle lofliedere vir God gesit en sing. Al die ander gevangenes en die bewaarder het na hulle geluister.

Skielik het die singery opgehou. God het n AARDBEWING gestuur om die tronk te skud. Al die deure het oopgegaan. Almal se kettings was los.

O gids! Die bewaarder was seker al die gevangenes het ontsnap tydens die opskudding. Selfs as net één ontsnap het, sou die bewaarder met die dood gestraf word. Hartseer het die bewaarder sy swaard uitgetrek. Hy kon nou maar net sowel homself doodmaak en klaarkry.

Maar Paulus het uitgeroep: Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier. Toe die bewaarder dit sien, het hy gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? Hulle antwoord hom toe: Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. Vol blydskap het die bewaarder gelowig geword.

Die volgende dag is Paulus en Silas vrygelaat. Hulle het na vele ander stede toe gereis en die mense van Jesus vertel. Party mense het geglo, maar ander het hulle probeer kwaad aandoen. Maar God was by sy dienaars.

Een nag het Paulus baie lank gepreek. n Jongman wat op die vensterbank gesit het, het aan die slaap geraak. Jy kan seker raai wat gebeur het.

Almal het besef die jongman is dood. Maar Paulus het afgegaan en hom teen hom vasgedruk en gesê: Hy sal lewe! Hulle het toe, vol blydskap, die seun lewend huistoe geneem.

Paulus en Silas het vele avonture beleef tydens hulle reise deur Europa. Een van Paulus se grootste avonture het gebeur toe hy op n skip was. Daar was nog nie groot staalskepe nie, net seilbote wat maklik rondgeslinger is in stormweer.

Paulus was op die skip omdat hy weer gearresteer was. Hy moes hierdie keer voor die keiser in Rome, die hoofstad van die wêreld, verskyn. Sterk winde het die skip teruggehou.

Stormweer was oppad. Dit was n rowwe vaart vir Paulus en die ander gevangenes, sowel as vir die bemanning.

Manne, ek sien dat ons vaart in n ramp gaan eindig, het Paulus gewaarsku. Die kaptein het nie geluister nie. Hulle is die oop see in. En toe n groot storm hulle tref, het hulle toue om die skip vasgemaak en gehoop dit sou skipbreuk verhoed. As die skip sou opbreek, was n watergraf almal se voorland.

Die skip is só rondgeslinger dat die kaptein beveel het dat almal dit moet help ligter maak. Op die derde dag het hulle die skeepsgereedskap oorboord gegooi. Miskien sou dit help.

Gedurende die nag het n engel by Paulus gestaan en vir hom gesê dat dinge reg sou uitwerk. Die ander het moed geskep toe Paulus gesê het: Hou moed, manne! Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het. Dit is so bestem dat ons êrens op n eiland moet strand.

n Paar dae later is die skip tot naby die eiland Malta gewaai. Dit het op n sandbank gestrand en uitmekaar gebreek. Die kaptein het almal wat kon swem beveel om eerste oorboord te spring en land toe te swem. Die res het toe ook veilig ontkom, party op planke en party op ander wrakstukke van die skip.

Op Malta het God sy krag vertoon. Terwyl hulle vuurmaakhout bymekaar gemaak het, het n slang Paulus gebyt. Die mense het gedink hy sou sterf. Maar die slang se byt het hom niks gedoen nie.

Toe het die mense gedink Paulus is n god. Baie siek mense het gekom en gesond geword nadat Paulus vir hulle gebid het.

Uiteindelik het Paulus in Rome aangekom. Dit het meer as twee jaar geneem vir sy hofsaak om verhoor te word. Gedurende daardie tyd het Paulus n huis gehuur en besoekers ontvang. Weet jy waaroor het Paulus met sy besoekers gepraat? Oor die koninkryk van God! Oor die Here Jesus Christus! Paulus was God se dienaar in Rome, net soos op al sy ander reise.

Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het gelowig enduit volgehou, het Paulus van Rome af geskryf. Die Bybel vertel nie vir ons hoe Paulus se lewe geëindig het nie, maar ander bronne sê dat Paulus in Rome onthoof is op bevel van keiser Nero.

Paulus het gesterf soos hy gelewe het as n getroue dienaar van God wat ander mense van Jesus Christus vertel het.

Paulus se Verbasende Reise n Storie uit God se woord, die Bybel, soos gevind in Handelinge 16, 27, 28 Die lees van die Woord gee lig. Psalms 119:130

Die Einde

Dié Bybelstorie vertel ons van ons wonderlike God wat ons gemaak het en wat wil hê dat ons Hom sal leer ken. God weet ons doen baie verkeerde dinge, Hy noem dit sonde. Die straf vir sonde is die dood, maar God het ons só lief dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir ons sondes aan die kruis te kom sterf. Jesus het opgestaan uit die dood en opgevaar hemel toe! Wanneer jy in Jesus glo en Hom vra om al jou sondes te vergewe, sal Hy dit doen! Hy sal saam met jou stap deur die lewe, en jy sal vir altyd saam met Hom lewe! As jy glo dat dit die waarheid is, sê dan die volgende vir God: Liewe Jesus, ek glo dat U God is en vir al my sondes kom sterf het en nou vir altyd lewe. Kom stap asseblief saam met my deur my lewe. Vergewe asseblief al my sondes, sodat ek n nuwe lewe kan hê en eendag vir altyd saam met U kan lewe. Help my om aan U gehoorsaam te wees en vir U te lewe, sodat ek u kind genoem kan word. Amen. Lees die Bybel en praat elke dag met God! Johannes 3:16