Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

God se Woord. God se Wil

GEBED VIR KERKLEIERS

Paulus se Verbasende Reise

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

BYBELS-GESONDE GESINNE

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE AA NDBOODSKA PPER

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

LoveGodGreatly.com 1

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Seisoen van die Gees

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Verhouding Elbeth Pretorius

Deur Christus Alleen

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Josua - van jongs af n leier

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening 7 Mei 15 Junie 2016

Transcription:

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer n keer gebore ). Die eerste geboorte van n mens is vleeslik en uit jou moeder ( n sondige mens), dws n nuwe liggaam van vleis en bloed word gebore wat deel het aan die sondige natuur wat van mens na mens oorgedra word. Hierdie liggaam van vlees en bloed kan nie hemel toe gaan nie, net n wedergeborene kan hemel toe gaan ( die koninkryk van God beerwe ). Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Die tweede of wedergeboorte is geestelik, dws vanuit God en die mens se gees wat dood was in sondes en misdade word deur God lewend gemaak sodat jy in n verhouding met God kan staan om God te kan ken. Kolossense 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het Om gered te wees, beteken om die oordeel en toorn van God oor sonde wat die ewige hel as tuiste insluit te ontvlug. Op die oordeelsdag sal die wat gered is nie in die hel gepynig word nie, maar sal veilig saam met God in die hemel vir ewig bly. Romeine 2:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. 2 Thess 1:9 Hulle sal as straf ondergaan n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte Romeine 2:3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? Wat beteken dit as God of mense sê jy moet jou bekeer (repent)? Dit beteken dat jy tot jouself moet kom, dws tot stilstand moet kom op die lewenspad waarop jy loop en jou sondes en sondige toestand teenoor God moet bely of erken en van voorneme moet wees om die sondes te laat staan, en God te vertrou dat Hy jou sal help om dit te doen. Mattheus 4:17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

n Mens se eerste bekering lei tot jou redding: 2 Korinthiers 7:10 Want die droefheid volgens die wil van God werk n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood. Hoe weet jy dat jy al wedergebore is en vir die eerste keer tot bekering gekom het ( dws. Gered is )? Die geleerde mense praat van die heilsorde. Dit is die volgorde van dinge wat met jou gebeur totdat jy uiteindelik salig is ( dws. Gelukkig, gered, veilig, vrygespreek, geregverdig ). As jy die heilsorde in jou lewe beleef het en n aktiewe deelnemer daaraan was, kan jy weet dat jy wedergebore is. Verder getuig die Heilige Gees ook saam met jou gees in jou binneste dat jy n kind van God is. Dws. jy weet net dat jy weet jy is n kind van God omdat jy in God glo, aan Hom gehoorsaam is om na Hom te gekom het om gered te word, en die Gees van God gee jou dus vrede oor die saak. Romeine 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is Die heilsorde ( 1, 2 ): 1) Roeping - God roep jou deur die stem van die kerk, gelowiges, die Bybel, die Heilige Gees. Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie Hy trek jou deur Sy liefde, uit genade om na Hom te kom. Jy beleef dat God met jou besig is. Romeine 10:14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? Romeine 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God God wys jou dat jy uit jou eie altyd faal as jy probeer om geregverdig te wees deur n goeie mens te wees. Jy kry dit nie reg om die wet of jou eie idees van die wet te onderhou nie en vlug uiteindelik eerder na Christus toe wat alles in jou plek reeds gedoen het. Galasiers 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder n tugmeester nie 2) Wedergeboorte, Bekering, Geloof, Regverdigmaking God bekeer jou sodat jy jou kan bekeer, jy word weer gebore deur God se Gees en glo die evangelie, glo in Jesus Christus as Verlosser en jy neem Hom aan deur dit te bid ( met Hom te praat ). God verklaar jou as regverdig ( onskuldig aan die ewige dood ) want jy is in Jesus Christus, God kyk na jou deur Jesus en sien die offer aan die kruis en die bloed van Jesus wat in jou plek vir jou skuld betaal het. Klaagliedere 5:21 Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer 1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 1 Korinthiers 6:11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

3) Heiligmaking Die bewys van jou bekering, Mattheus 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas. God behandel jou nou as kind soos n pa sy seun. Hy reinig jou lewe sodat jou dade, gesindhede, woorde meer en meer word soos die van sy Seun Jesus Christus. Mense kan sien jy is n ander mens, nie meer soos vantevore nie. 1 Thess 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! 4) Volharding jy beleef dat jou geloof getoets word en dat jy volhard om God te volg. Dis n gawe en genade van God wat getrou is om ons enduit te laat glo sonder om van die geloof afvallig te raak. Soms twyfel jy aan jouself, maar telkens ondervind jy dat dit Hy is wat jou dra. Hebreers 12:1 DAAROM dan, terwyl ons so n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2 Thess 3:3 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose. Gaan net kinders van God hemel toe, wat van ander gelowe? Ja, net kinders van God deur die geloof in Jesus Christus sal eendag hemel toe gaan. Ander gelowe is godsdienstige skeppinge van die mens en die duiwel wat die mens verlei om sy eie geregtigheid te probeer oprig om regverdig voor God te wees. Handelinge 4:10-12 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. Wie is kinders van God? Almal wat Jesus Christus wat werklik n mens geword het van vlees en bloed, maar nou in die hemel is, aangeneem het deur n aktiewe daad, deur in Hom te glo en Hom te bely of te erken as jou Verlosser voor die mense. Galasiers 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; Johannes 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; Wie is nie kinders van God nie? 1) Mense wat volhard in sonde sonder om hulle daarvan te bekeer dws. mense wat nog nie tot bekering gekom het nie. 1 Korinthiers 6:9 Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit

beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. 2) Goeie mense wat dink dat hulle nie nodig het om tot bekering te kom nie omdat hulle min sonde doen en deur hul goeie werk vrygespreek sal word. Romeine 4:5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 3) Mense wat n skynbekering ondergaan het en nie waarlik tot geloof in Jesus Christus gekom het nie, omdat hulle nie waarlik wou breek met hulle sondes nie, of vir Jesus bloot met die mond aangeneem het vir persoonlike gewin, maar nie ook met die hart ( my hele wese ) nie. Johannes 6:64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. 4) Mense wat nie glo in die evangelie van Jesus Christus nie, bv. Jode, Hindoes, Buddhiste, Moslems, Ateiste, Afrika voorvaderaanbidders. Handelinge 4:12 5) Mense wat hul eie geregtigheid probeer oprig om in die hemel te kom, sonder om gehoorsaam te wees aan die evangelie, bv. iemand wat vas glo as hy maar net kennis van Jesus het en Jesus nie openlik verwerp nie, sal God hom genadig wees in die oordeelsdag, of mense wat n stelsel van eie wette en reels volg wat hulle glo waarborg sal wees vir toegang tot die hemel. Johannes 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. 1 Petrus 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? Waarheen gaan mense as hulle doodgaan? Die gelowiges ( gereddenes, weergeborenes ) is onmiddellik in die hemel. Die verlorenes ( onbekeerdes, nie weergebore, ongelowig ) gaan na die doderyk ( voorpoorte van die hel ) waar hulle in bewaring gehou word vir die oordeelsdag waarop hulle in die hel se vuur gewerp sal word deur die engele van God. Lukas 16 n gelykenis deur Jesus self vertel: En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. ( Abraham is by God in die hemel ). En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En by dit alles is daar tussen ons en julle n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. Lukas 23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. Mattheus 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan

weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Wat van reinkarnasie ( het ons nie n paar kanse om te verbeter nie )? Reinkarnasie is n heidense begrip. Die Bybel ken dit nie. Volgens die Bybel sterf ons net een keer so daar is geen kans daarna om weer terug te kom aarde toe om n beter lewe te lei nie. Hebreers 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, Wil God hê mense moet hel toe gaan? Nee. God is Liefde, daarom wil hy nie hê die mens moet verlore gaan nie, maar gered word. Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. God wil hê almal moet gehoorsaam wees aan die eise van sy evangelie. 2 Petrus 3:9 Die Here vertraag nie die belofte ( van sy wederkoms ) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Dit blyk asof God selfs die datum van die wederkoms uitstel totdat almal n kans gehad het om die evangelie te hoor. Mattheus 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. En as ek nie glo soos jy dit verduidelik nie? Ek glo bv. nie dis nodig om Jesus aan te neem of tot bekering te kom nie want ek is n goeie mens. Ek glo tog in Jesus. Ek sal maar my kanse vat. n Mens kan verkeerd glo. Paulus het byvoorbeeld aan die Korinthiers genoem dat hulle ongelowig sou bly indien hulle nie aan die inhoud van die evangelie sou glo soos hy dit aan hulle verduidelik / verkondig het nie. Om skielik n ander opinie oor sake soos die opstanding uit die dode, of Jesus regtig God was, of die beoefening van homoseksualiteit sonde is, of n verbondskind bekering nodig het, ens. te hê, in stryd met die Bybel is lewensgevaarlik: 1 Korinthiers 15:2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 2 Timotheus 3 MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike

liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God. mense wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Jakobus 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? Cornelius bly vir ons die voorbeeld van n goeie mens na wie God vir Petrus gestuur het om ook aan hom die evangelie te verkondig sodat hy kon glo en gered word. Handelinge 10 En hulle sê: Cornelius, n hoofman oor honderd, n regverdige en godvresende man, wat n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het n goddelike openbaring ontvang deur n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê. Ons kan baie praatjies maak en trots wees op ons eie opinies wat verskil van die oorgelewerde Woord van God, en uiteindelik sal dit ons kragtelose godsdiens wees wat ons ongelowige toestand verraai: 1 Korinthiers 4:19 tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag; want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. Elkeen wat sterf sonder om Jesus as Here, Verlosser en Saligmaker aan te neem, is verlore vir alle ewigheid ( weg van God ). Dit is die verskriklikste ding wat met n mens kan gebeur en tog dobbel mense met hul ewige geluksaligheid vandag. Daar is vir jou geen tweede kans na die dood nie. Mense sterf selfs in hul slaap wat nog uitgestel het tot more. Gebruik jou kanse en geleenthede terwyl jy nog kan: Jesaja 55:6 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Want daar kan n dag aanbreek waarop jy nie meer sal belangstel om God te soek nie. Prediker 12:1 EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie Dit is die dag wanneer God se Gees nog steeds by jou pleit, maar jy al te verhard geword het om te wil luister. Openbaring 3:20 Kyk, Ek (bly) staan by die deur (van jou hart) en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Maar sal God my nog aanvaar as ek nou na hom toe kom? Ek is al oud en het God my lewe lank vermy? As jy na Hom toe kom, sal Hy jou nie kan weier nie, want Hy het homself verbind deur sy Woord:

Johannes 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie Prediker 9:4 Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want n lewendige hond is beter as n dooie leeu. Hoe word ek n kind van God? 1) Begin deur die Here te vra om jou te help want sonder God kan ons niks doen nie. Erken en bely dat jy onmagtig is om jouself te red en dat God dit moet doen. Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie 2) Bely en erken dat jy n sondaar is van geboorte af en daarom nie in die koninkryk kan ingaan sonder om weer gebore te word nie. 1 Korinthiers 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 3) Neem die Here Jesus aan as jou persoonlike Verlosser ( wat jou van die mag van sonde en die oordeel van God verlos en laat vryspreek ) en Saligmaker ( wat jou die ewige geluk van om saam met God te wees, om gered te wees, om kind van God te laat wees ) gee. Sê dit met jou mond vir Hom dat jy Hom aanvaar, in Hom glo en Hom aanneem en glo in Hom, vertrou Hom. Romeine 10:9,10 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding 4) Bely en laat staan alle sonde waarvan jy oortuig voel ( die Heilige Gees oortuig ons van sonde ) en wees bereid om restitusie te doen ( te gaan regmaak met mense ) wat ek benadeel het deur my sonde. Lukas 19:8 Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug. Mattheus 5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. 5) Glo en vertrou nou vir God wat jou salig verklaar, neem Hom op sy Woord, gaan na Hom met enige onreinheid van die sonde, versoekings, vertrou op Hom om jou met verloop van tyd volkome die verandering te laat sien in jou eie lewe soos Hy in jou werk om te wil gehoorsaam wees aan Hom in alles. Johannes 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 6) Sluit by n kerk / gemeente / groep gelowiges aan want nou is jy deel van die liggaam van Christus, en God wil hê dat jy die geestelik gawes wat jy ontvang het by jou wedergeboorte sal gebruik tot voordeel van die gemeente. Handeling 2:47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. 7) Gaan vertel vir ten minste een persoon dat jy die Here aangeneem het. Dit mag nie n geheim of n persoonlike saak wees nie. Hoe langer jy wag hoe moeliker sal dit word.

Lukas 12:8 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God. Markus 5:19 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. Hebreers 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. Moet ek n dag en n datum van my bekering hê? n Mens kan die presiese datum bv. 5 Mei 1994 of tyd van jou bekering vergeet as jy dit nie neergeskryf het nie. Die belangrikste is om te weet of dit met jou gebeur het. As jy twyfel of dit met jou gebeur het, kry vir jou sommer vandag n dag en datum deur die Here opnuut aan te neem as jou Verlosser en Saligmaker. Dit is nie verkeerd om seker te gaan maak nie, doen dit sommer nou en skryf die dag en datum voor in jou Bybel. Hebreers 6:11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe Wanneer het jy tot bekering gekom? Mei 1994 Hoe het dit gebeur? Ek het later uitgevind n universiteits-vriend het heimlik vir my gebid nadat hy kon sien ek is nie weergebore nie. Ek het nie n getuienis van redding gehad nie en my lewe het daarvan getuig. Op n oggend het daar n skielike sonde-oortuiging oor my gekom en ek het so duidelik besef dat ek reguit hel toe sou gaan as ek sou sterf. Dit was duidelik n oortuiging van geregtigheid en oordeel van die Heilige Gees want ek was nie eers in n kerkdiens of in gesprek met iemand nie, ek was alleen in my kamer. Ek het op my knieë gegaan en my sondes bely en was opreg jammer oor my toestand. Dit het gevoel of n groot las van my skouers afgeval het. Kort daarna het ek na n preek geluister van Dr Willie Marais en die Here aangeneem as my persoonlike Verlosser en Saligmaker. Ek kon ervaar n nuwe wêreld waarvan ek niks voorheen geweet het nie, het vir my oopgegaan. Die spreekwoordelike skille het van my oë afgeval en ek het besef wat dit beteken as die Bybel sê die natuurlike mens verstaan niks van die dinge van God nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Ek het die reiniging van my sondes beleef en die vervulling met die Heilige Gees ervaar. Vir die eerste keer in my lewe het ek die leiding van God se Gees in my lewe prakties waargeneem, voorheen was daar nie so iets nie. Aan God al die eer, ek het hom nie gesoek nie, maar Hy het my kom soek en my gevind. Romeine 3:11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Esegiel 16:6 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

Mattheus 18:11 Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. Hoe het jou vrou tot bekering gekom? Toe ons nog ongetroud was het ek en Sonja na n evangelis, Mnr Keith Daniel gaan luister by die NG Hartbeeshoek gemeente tydens hul herlewingsdienste, op die hoek van Duncan en Schoeman strate in Pretoria. Met die uitnodiging van die evangelis om Jesus nou daadwerklik aan te neem as Here en Verlosser om gered te word, het sy opgestaan en dit gedoen deur agter hom aan te bid. Sy het getuig dat n groot las van haar skouers afgeval het en dat sy die Here van toe af waarlik ken. Ons is kort daarna getroud. Romeine 3:11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Esegiel 16:6 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef! Mattheus 18:11 Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. Deon Roelofse 9 Januarie 2012