FCE. Ons is Vriende BELANGRIKE DATUMS MAART Foundation for Cross-Cultural Education

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Profetiese woord vir 2017 en verder

Josua - van jongs af n leier

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

GEBED VIR KERKLEIERS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

BYBELS-GESONDE GESINNE

Seisoen van die Gees

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

KRAG VAN TRANSFORMASIE

DIE AA NDBOODSKA PPER

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

die goeie en mooi GEMEENSKAP

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LoveGodGreatly.com 1

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Empathy Ouerhandleiding

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

25 Eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees (Josh Reeves)

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Paulus se Verbasende Reise

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Een. Geloof in aksie

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Transcription:

MAART 2013 www.fce.org.za FCE Foundation for Cross-Cultural Education Ons is Vriende BELANGRIKE DATUMS Discipleship-Mission Training Foundation 1 Julie 8 September 2013 Discipleship-Mission Training Condensed 7 Oktober 17 November 2013 Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830 info@fce.org.za

FCE se tweejaarlikse personeelkonferensie het gedurende Desember op die pragtige Koti ni Eden in Zambië plaasgevind. Ons het vanaf Suid-Afrika, Noord-Zambië, Malawi en Indië aangekom man, vrou en kind. Ons het gekuier, gelag, gehuil, gedans en gesing. Daar was kinders, vlae, opvoerings, speletjies en stories. Rondom die Bybel het ons oor elkeen se betrokkenheid in FCE besin. Die Here het weer Sy passie vir hierdie wêreld in ons kom wakker maak en ons ook verseker dat Hy met ons is. Die tema van die konferensie was: spanwerk. Die Spaanse sokkerspan, kampioene van beide die Wêreldbeker en twee agtereenvolgende Europese kompetisies, was ons vertrekpunt. Ons het DVD s van die span bestudeer: hul oefenprogram, hul afrigting, hul spandinamika, hul spangees en elke doel wat hul geskop het. Deur middel van Bybelstudies oor spanwerk het ons gesoek na die een enkele faktor waarom hierdie span as die kampioen van alle kampioene bekroon is. Die uitkoms was so eenvoudig, maar ook so kragtig, en die kaptein het dit as volg saamgevat: ONS IS VRIENDE! En dit is presies dieselfde wat die Here Jesus vir Sy dissipels gesê het in Joh. 15:15. Ek noem julle vriende. En in hierdie vriendskapsverhouding bind die Here ons aan mekaar deur Sy liefde en Sy trou, met een gemeenskaplike doel, om punte vir Sy Koninkryk aan te teken. Daarom begin ons die Nuwe Jaar met die heerlike wete: ons is vriende! Friends are friends for ever If the Lord s the Lord of them A friend will not say never Cause the welcome will not end Though it is hard to let you go In the Father s hand we know That a lifetime is not too long To live as FRIENDS! (Michael W. Smith)

Vriende in woord en daad Erango Jean-Vion Die Uitnodiging: Die Kale Heywet Kerk is die grootste evangeliese kerk in Etiopië en is gebore uit die werk van die Sudan Inland Mission (SIM). Hulle bestaan uit om en by 8 miljoen lidmate en het omtrent 8 000 gemeentes. Hierdie kerk se passie is vir sending en word gemobiliseer om sendelinge uit te stuur en hulle in verskeie lande te onderhou. Hulle besef hoe belangrik dit is om hul leiers op te lei en voor te berei vir die sendingveld, sodat hulle as Christene voorlopers kan wees om die jonger generasies te vorm. Hulle het FCE uitgenooi om n leierskapseminaar aan te bied in dissipelskap om na al die nasies te gaan, en hulle te doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy hulle beveel (Matt. 28:19). Die Program: FCE sien dit as n geleentheid en n uitdaging. n Span van twaalf personeellede arriveer met n oop agenda per land en lug in Etiopië. Hulle kom meld letterlik by die Here aan vir diens, maar sonder n strategie. Saam kom hulle voor die Here vir Sy plan vir die week. Getrou aan Sy karakter, verras Hy hulle met n sakpas plan vir die Kale Heywet kerk in n tyd soos hierdie. Een van die afgevaardigdes getuig: Dit is ongelooflike hoe in die kol God hierdie program beplan het. Ek was n week gelede by n konferensie met 58 afgevaardiges uit verskillende lande waar dit benadruk is dat dit die Kerk se verantwoordelikheid is om te konsentreer op DISSIPELSKAP. Die Strategie: Die hooftema: Discipleship demonstrating the Kingdom of God Die Woord van God en ons verhouding tot die Woord is gebruik as die vertrekpunt van dissipelskapsopleiding. Daar is gekonsentreer op: * Die Gesag van die Woord * Gehoorsaamheid aan die Woord * Die Drie-eenheid en die Woord * Verhoudings en die Woord Die kreatiewe dosente het van n verskeidenheid leermetodes gebruik gemaak om almal te betrek by alle aanbiedinge. Daar was dramas, onderhoude, demonstrasies, groepwerk, speletjies, praktiese dienslewering en groepsbesprekings. Die lesings is deurgetrek na die praktyk en met praktiese toepassing en voorbeelde is gedemonstreer hoe mens dissipels kan maak binne die terrein waarin die Here ons geplaas het. Die areas van bediening was: onderwys, landbou, gemeenskapsontwikkeling, gastehuisbedryf en dissipelskap-sendingopleiding. Die Gevolge: Die Here het die leiers se harte aangeraak, hulle denke vernuwe en hulle uitgedaag om terug te gaan na hulle huise en gemeentes, om vars en nuut te dink om volgens God se plan in hulle gemeenskappe dissipels te gaan maak. Maak klaar en gaan na Bet-El, bou daar vir My n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het (Gen. 35:3). Dit is asof die Here sê, Kom voor My en laat my toe om jou te vernuwe sodat jy kan GAAN om n LIG te wees vir jou familie en gemeenskap en BRING die nasies in deur die liefde van Christus. Wat is ons planne vorentoe? Dit weet ons nie. Die een moontlikheid is dat ons betrokke kan wees by die opleiding van die opleiers. Ons het vriende gemaak en ons weet dat vriende n verantwoordelikheid teenoor mekaar het om mekaar in woord en daad by te staan.

Vriende dra mekaar se laste John Okello kom van die Suid-Soedan en het sy onderwysdiploma aan die FCE onderwyskollege in Zambië ontvang. Sy opleiding was nie maklik nie. Hy moes die Here vertrou vir sy studiegelde en tydens sy studies was daar min geleenthede om kontak met familie en vriende te behou. Hy byt vas onder moeilike omstandighede en einde 2011 stuur FCE hom terug na die Soedan. As n opgeleide onderwyser met n geakkrediteerde onderwysdiploma, is die deure in die Soedan vir hom oop om n pos te bekom met baie voordele. John kies die moeilikste opsie, om terug te gaan na sy mense in die landelike gebiede waar bittermin kinders toegang het tot onderwys. In die jaar vandat hy by ons weg is, begin hy met n skool met 200 kinders en n weeshuis met 20 kinders. Hy loop vir Hector raak wat onderneem om saam met hom te werk. Hulle hou onder die bome skool met net die allernoodsaaklikste. Hulle bly almal in tukels (modder- en grashutte) en is grootliks selfonderhoudend: hulle plant wat hulle nodig het. Uit sporadiese kontak met John weet ons dat hy ons ondersteuning nodig het. Die ideale moontlikheid was om John by die leierskapseminaar in Etiopië te kry, sodat ons hom kon bemoedig en ook kon beplan hoe om hom te ondersteun. Ons oorbrug die stryd om n visum te kry, FCE-vriende in Australië betaal sy vliegtuigkaartjie en die Here maak dit vir John en sy pastoor moontlik om vir twee dae die konferensie by te woon. John se getuienis van hoedat die Here hulle op die mees wonderbaarlike wyse gedra en onderhou het deur die jaar, klink na n verhaal uit Handelinge!! Hy vertel hoedat hulle op die grond, waar die skool en weeshuis is, gedurende die droë seisoen sonder enige water was. Om n boorgat te sink en n handpomp op te sit kos sowat $4 000 US! Hulle het na die Here uitgeroep om hulp. n Paar dae daarna hoor hulle een oggend die gedreun van swaar masjienerie. Voor hul oë kom mense met n...thank all the prayer supporters who stood with us... boormasjien aangery wat wil weet of hulle vir hulle n boorgat kan sink!. Hulle sink toe sommer drie boorgate en installeer die pompe vir hulle kosteloos!! Okello sê: I know that I know that I know that the Lord is real!!!! En ons weet dat ons weet dat die tyd vir FCE aangebreek het om weer in die Soedan betrokke te raak. Ons skuif agter John, die skool en die weeshuis in, en wat ons het stel ons tot hulle beskikking. Ons is dankbaar dat Hector saam met John werk en beplan om hom binnekort na Zambië te bring vir opleiding. John skryf in sy onlangse nuusbrief: I, Okello enjoyed the conference and the unity we had together with the body of Christ in Ethiopia! We want to thank all the prayer supporters who stood with us in prayers when it seemed impossible to go to the conference. We thank the Mackay Christian College who supported us to go to Addis Ababa. It was good to meet with the FCE team our family and friends.

Vriende lê hul lewens af Carel, René en Abigail Els slaan in Oktober hulle tent vir n maand in Bundi Village in Noord-Malawi op. Dit is warm, stowwerig en ongerieflik. Abigail kry n erge ooginfeksie, die pap en blare-dieët raak eentonig en het min voedingswaarde, daar is geen toilette of badgeriewe nie, water moet aangedra word, malaria is n werklikheid, die mense is arm, leef in vrees en is verlore. Wat inspireer hulle om hul gemaksone te verlaat, hul tyd en talente tot beskikking te stel aan ander, sonder enige vergoeding? Wat anders as: Die liefde van Christus dring ons Sy liefde wat so groot is dat Hy sy lewe vir ons afgelê het. Carel begelei die gemeenskap stelselmatig deur die Woord van God. Hulle spandeer tyd in die Ou Testament om die Bybelse storielyn vanaf Genesis tot na Moses en die Israeliete te verduidelik. Daarna volg die Jesusfilm die klimaks vir baie. Skielik pas Jesus se koms en lewe iewers in die prentjie en maak dit sin. Sy kruisdood en opstanding kry nuwe betekenis. Vyftien mense kom daadwerklik tot bekering. Baie kom los van demoniese bindinge wat gepaard gaan met fisiese genesings. Hulle begin die boodskap van die Bybel verstaan. En die Waarheid maak hulle vry, vry van die misleiding, die vrees en die leuens van Satan. Die mense in Noord-Malawi, langs die meer, is baie ontvanklik vir die evangelie. Hulle soek na die Waarheid wat hulle kan vrymaak en wat lewe kan gee. Jesus het Sy lewe vir ons afgelê, so kan ons ook ons regte aflê, sodat ander kan lewe.

Vriende staan saam God ken die krag en die mag wat daar in eenheid is. Daarom moes Hy die toringbouers van Babel verwar met verskillende tale, omdat daar hierna niks vir hulle onmoontlik sou wees wat hulle beplan nie (Gen. 11:5,6). Paulus moedig eenheid onder gemeentes aan: Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging, want juis hierin lê die krag in die verkondiging van die Evangelie (1 Kor. 1:10).Dit is dan in hierdie eenheid, wat die Gees van die Here gee, wat ons na die konferensie 15 jongmense uitstuur op n maandlange gebedsreis na die Goue Driehoek in Suidoos Asië. n Geloofsreis, n reis van gehoorsaamheid en n reis waarin hulle moes saamstaan om te getuig van n ander roete: Ek is die WEG, die WAARHEID en die LEWE! Die roete: Die Goue Driehoek staan bekend as die dwelmroete waarheen jongmense stroom om dwelms se bekom, en om kennis te maak met nuwe middels wat deel uitmaak van hul geestelike soeke na sin en betekenis in hul lewens. Die opdrag: Iemand roep : Maak vir die Here n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld n grootpad vir ons God. Vul elke laagte op, maak elke berg en rant gelyk, maak elke bult en koppie n vlakte. Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien.. (Jes. 40:3-5)

Die strategie: Wees waaksaam (neem waar); Wees beskikbaar (identifiseer); Wees gehoorsaam (luister en doen) Die resultaat: God verander deur gebed die dwelmroete na n Highway of Holiness. Deur die Woord openbaar die Here dat hulle by die stadspoorte en hekke moet bid teen alles wat onheilig is; alles wat by hierdie poorte in- en uitgaan. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap (Jes. 45:2) en Hy belowe hulle Hy het n deur voor hulle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie (Open 3:8). In elke stad en dorp waar hulle was, moes hulle n wit vlag hys n vlag wat oorgawe, oorwinning en vryheid simboliseer: Steek n banier op dat die volk dit kan sien (Jes. 62:10). Op die tweedaglange reis met die slow boat op die Mekong rivier het hulle tyd om vriende te maak met die meer as 120 backpackers. Hulle kuier, gesels, getuig en bid. Hulle stel n naamlys op van almal wat hulle ontmoet het en ons gaan steeds voort om vir elkeen by die naam te bid. Die Here maak hulle oë oop vir die oes: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes (Joh. 4:35) en hulle is ontsteld oor die arbeiders wat te min is. Hy neem hulle na die bergtoppe en verseker hulle dat Sy mag openbaar sal word. : Roep hard, jy wat die goeie tyding moet bring; moenie bang wees nie, julle God is hier (Jes. 40:6 9). In Vientiane gee die Here vir hulle n reënboog om hulle te herinner aan Sy verbond. Hulle beleef God se liefde vir elke plek waar hulle voete getrap en vir elke persoon wat hulle ontmoet het. So lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh. 3:16). Vriende bid saam Aan die einde van verlede jaar word Corrie v.d. Westhuizen gediagnoseer met borskanker. Ons is verslae nie lank gelede nie moes Reneé Els die pad stap en ons wéét die pad na herstel is n lang, moeisame opdraande. Dit word n geskarrel van doktersondersoeke en aansoeke vir visums, want Corrie wil by haar ouers in Kanada wees. Jaco moet die plaas oorgee aan Jannie, verblyf moet gereël en wintersklere vir die koue moet aangeskaf word.. Gebedsvriende span saam en die Here voorsien d.m.v Sy gehoorsame kinders in elke behoefte. Jaco en Corrie woon in n gemeubileerde huis nie ver van haar ouers af nie en die kinders lyk soos Eskimo s in hul winterdrag. Corrie se bors is verwyder en daar is met chemo begin. Hulle getuig dat hulle in hierdie tyd die Here van aangesig tot aangesig leer ken het deur vriende. Deur die toewyding en ondersteuning van gebedsvriende, maak die Here dit vir John Okello en Pastoor Hector moontlik om n deel van die konferensie in Etiopië by te woon. Sodoende word n deur oopgemaak vir FCE om terug te keer na die Soedan. Meer as 300 gebedsvriende was daagliks deur gebed betrokke by die kom en gaan van die Goue Driehoek -span en ook by die leierskapseminaar in Etiopië. Deur SMSe, BBM s, eposse en telefoongesprekke kry ons terugvoering en kan ons getuig van die kragtige uitwerking van vurige gebedsondersteuners! (Jak.5:16)

V riende raak betrokke FCE het tot stand gekom deur die genade van die Here, die harde werk van toegewyde personeel en die betrokkenheid van getroue gebedsondersteuners! Ons werk almal in n span saam, wat onder die leiding van die Heilige Gees, God gehoorsaam om gemeenskappe te verander. ONS KAN DIT NIE ALLEEN DOEN NIE! Gebedsondersteuners doen dikwels navrae rondom projekte waarby hulle, hulle familie, gemeentes of selgroepe betrokke kan raak. Ons beplan om in die loop van die jaar projekte te beskryf en dit via epos uit te stuur na ons gebedsvriende. Neem asseblief daarvan kennis, oorweeg dit in gebed en maak dit ook aan ander bekend. Die Here werk dikwels op vreemde wyse en ons is net instrumente in die hande van die Meesterbeplanner! www.fce.org.za Kontak Kantoor Tel + 27 (0)23 231 02 08 Epos: info@fce.org.za Die volgende materiaal is beskikbaar. 1. FCE Project Proposals Booklet 2. DVD s Besoek ons FCE Video kanaal: https://vimeo.com/channels/fceonline Said the Robin to the Sparrow I should really like to know Why these busy human people Seem to fret and worry so Said the Sparrow to the Robin, Friend, I think that it must be That they have no heavenly Father Such as care for you and me. Anon V riende vir altyd Die FCE Opleidingskollege is n plek waar vriendskappe gevorm word. Studente ontdek hulself, maak vriende en leer die Here ken en vertrou. Hulle is besig om hulself toe te rus in: Onderwysopleiding Landbou-opleiding Dissipelskap- Sendingopleiding Vrywilligheidswerk Doen navraag by kantoor vir volledige inligting Gemeenskapsontwikkeling Gasvryheid en Toerisme-opleiding n Jaar van jou lewe info@fce.org.za