IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dawid die Skaapwagter

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Josua - van jongs af n leier

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

God se Woord. God se Wil

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Paulus se Verbasende Reise

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE AA NDBOODSKA PPER

LoveGodGreatly.com 1

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

GEBED VIR KERKLEIERS

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Verwerking van die Sake van Jou Hart

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

My liewe broers en susters, ek

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Een. Geloof in aksie

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Transcription:

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

In die huis van my Vader

Inhoudsopgawe 1. Die Groot Huis van God... 13 2. Die woonkamer... 19 3. Die fondament... 29 4. Die uitkyktoring... 36 5. Die kapel... 44 6. Die troon... 49 7. Die studeerkamer... 56 8. Die ketelkamer... 65 9. Die kombuis... 73 10. Die dak... 82 11. Die gang... 88 12. Die gesinskamer... 97 13. Die mure... 103 14. Die kapel... 114 15. n Huis vir jou hart... 121 Naskrif... 125 Eindnote... 129

Die Groot Huis van God 1 n Tuiste vir jou hart Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon... ~ Psalm 27:4 Ek wil graag met jou gesels oor jou huis. Kom ons gaan by die voor deur in en loop so bietjie daarin rond. Dis goed om so nou en dan inspeksie van jou huis te doen, weet jy: te kyk of die dak nie dalk lek, die mure kraak of die fondament sak nie. Ons sal kyk of jou kombuiskaste vol is en so bietjie stilstaan by die boeke in jou boekrak. Hoe sê jy? Jy vind dit eienaardig dat ek na jou huis wil kyk? Jy t ge dink hierdie is n boek oor geestelike sake? Dit is. Vergewe my, ek moes bie tjie duideliker gewees het. Ek praat nie van jou sigbare huis van klip of hout of bakstene nie, maar van die onsigbare een van gedagtes en waar hede en oortuigings en verwagtings. Ek praat van jou geestelike huis. Jy het so n huis, weet jy? En dis geen tipiese huis nie. Gee jou verbeel ding vrye teuels om te dink aan mooi huise, en hierdie huis sal hulle al mal oortref. Daar is n wonderlike kasteel wat opgerig is vir jou hart. Net soos wat n huis van bakstene en sement en glas daar is om vir jou liggaam te sorg, so is die gees telike huis daar om na jou siel om te sien. Jy het nog nooit vantevore n meer soliede huis gesien nie: die dak lek nooit nie, die mure kraak nooit nie,

In die huis van my Vader en die fondament gee nooit mee nie. Jy het nog nooit n pragtiger kasteel gesien nie: die uitkyktoring sal aan jou nuwe vergesigte bied, die kapel sal jou nederig hou, die studeerkamer sal aan jou rigting gee en die kombuis sal jou voed. Het jy al ooit in so n huis gebly? Die kanse is maar skraal. En die kan se is goed dat jy nog maar bitter min nagedink het oor behuising vir jou siel. Ons bou met groot moeite n huis vir ons liggaam, maar ons siel word gehuisves in n pondokkie waar die nagwinde ons verkluim en die reën ons deurdrenk. Is dit dan n wonder dat die wêreld so wemel van koue harte? Dit hoef nie so te wees nie. Ons hoef nie op die vlakte te bly nie. Dis nie God se plan vir jou hart om rond te swerf soos n woestynbewoner nie. God wil hê dat jy uit die koue moet inkom en by Hom moet kom bly. Onder sy dak is daar baie plek. Aan sy tafel is daar vir jou n plek ge dek. In sy woonkamer is daar vir jou n gemakstoel gereserveer. En Hy wil graag hê dat jy in sy huis moet kom bly. Waarom sou Hy graag sy huis met jou wou deel? Dis maklik. Hy is jou Vader. Jy was bedoel om in jou Vader se huis te bly. Enige ander plek minder as Syne is nie goed genoeg nie. Enige plek ver van Syne af is gevaarlik. Slegs die huis wat vir jou hart gebou is, kan jou hart beskerm. En jou Va der wil hê dat jy in Hom moet bly. Nee, jy het nie die sin verkeerd gelees nie, en ek het dit nie verkeerd neer ge skryf nie. Jou Vader nooi jou nie net om by Hom te bly nie, Hy vra jou om in Hom te bly. Soos Paulus gesê het: Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons (Hand. 17:28, 1953-vertaling). Moenie dink dat jy van God geskei is, Hy aan die bopunt van n lang leer en jy aan die onderpunt daarvan nie. Vergeet daarvan dat God op Ve nus is en jy op die aarde. Aangesien God Gees is (vgl. Joh. 4:23), is Hy by jou: God self is jou dak. God self is jou muur. En God self is jou fon da ment. Moses het dit geweet: Here, het hy gebid, U was vir ons n toevlug van geslag tot geslag (Ps. 90:1). Watter wonderlike gedagte: God 14

Die Groot Huis van God as ons huis. Jou huis is die plek waar jy jou skoene kan uitskop en suuruitjies en kraakbeskuitjies eet en jou nie daaroor bekommer as mense jou in jou kamerjapon sien nie. Jy ken jou huis. Niemand hoef vir jou te sê waar om jou slaapkamer te kry nie; jy hoef nie beduie te word na die kombuis toe nie. Na n dag se gespartel om jou weg deur die wêreld te vind, is dit gerusstellend om te weet jy kan huis toe gaan na n plek wat jy ken. Jy kan God ook so goed leer ken. Met verloop van tyd kan jy leer waarheen om te gaan om ge voed te word, waar om te skuil vir beskerming en waarheen om te gaan vir leiding. Net soos wat jou aardse huis n plek is waar jy kan skuil, so is hierdie Groot Huis van God n plek van vrede. Hierdie huis was nog nooit geplunder nie, daar was nog nooit n bres geslaan in sy mure nie. God kan jou woonplek wees. God wil jou woonplek wees. Hy stel nie daarin belang om n naweek huisie of n rondawel vir Sondae of n blyplek vir die somer te wees nie. Moenie dit oorweeg om God as n vakansiehuis of selfs as n af treehuis te gebruik nie. Hy soek jou nou en vir altyd onder sy dak. Hy wil jou straatadres wees, jou verwysingsraamwerk: Hy wil jou tuiste wees. Luister wat belowe sy Seun: As iemand My liefhet, sal hy my woor de ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon (Joh. 14:23). Vir baie mense is dit n nuwe gedagte. Ons dink aan God as n Godheid om oor te praat, nie n plek om in te woon nie. Ons dink aan God as n ge heim sinnige bewerker van wonderwerke, nie as n woning nie. Ons dink aan God as Skepper wat ons kan aanroep, nie as n huis om in tuis te gaan nie. Maar ons Vader wil baie meer wees. Hy wil die Een wees in wie ons leef, beweeg en bestaan (vgl. Hand. 17:28). Toe die Here God die kinders van Israel deur die woestyn gelei het, het Hy nie net een keer elke dag verskyn en hulle daarna aan hulle eie lot oorgelaat nie. Die vuurkolom was die hele nag by hulle; die wolk ko lom elke dag. Ons God verlaat ons nooit nie. Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld, belowe Hy in Matteus 28:20. Ons ge loof maak n reusesprong as ons die gedurige teenwoordigheid van die Vader verstaan. Ons God is die vuur van ons nag en die wolk van ons dag. Hy verlaat ons nooit nie. 15

In die huis van my Vader Die hemel ken geen verskil tussen Sondagoggend en Woensdagaand nie. God wil graag net so duidelik in die werkplek praat as in die heilig dom. Hy wil graag aanbid word wanneer ons aansit aan die etenstafel, nie net aan die Nagmaaltafel nie. Jy mag dalk dae aaneen nooit aan Hom dink nie, maar daar is nie n sekonde wat Hy nie aan jou dink nie. As ons dit eers weet, verstaan ons Paulus se nougesette doelwit: Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak (2 Kor. 10:5). Dan kan ons verstaan waarom hy by ons aandring om gedurig te bid (vgl. 1 Tess. 5:17), om te volhard in gebed (vgl. Rom. 12:12), God by elke geleentheid te smeek deur die Gees (vgl. Ef. 6:18), onophoudelik deur Jesus n offer van lof aan God te bring (vgl. Heb. 13:15), en gedurig in gebed te waak met danksegging (vgl. Kol. 4:2, 1953-vertaling). Dawid, die man na God se hart, het gesê: Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op n rots laat staan (Ps. 27:4-5). Wat is hierdie huis van God waarna Dawid verlang? Beskryf hy n werkli ke huis? Verlang hy na n gebou met vier mure en n deur waardeur hy kan in gaan maar nooit weer uit nie? Nee. God woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie (Hand. 17:24). Wanneer Dawid sê: Ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae, (Ps. 23:6, 1953-ver taling), sê hy nie dat hy wil wegkom van mense af nie, maar dat hy ver lang om in God se teenwoordigheid te wees, waar Hy ook al is. Dawid smag daarna om in die huis van sy Vader te wees. Ek weet wat jy dink: Ja, Max, maar dit was Dawid. Hy was die digter en die prins en die seun wat die reus doodgemaak het. Hy het nie mo torpaaie mente en babadoeke en n baas gehad wat soos n draak in sy nek blaas nie. Ek sal ook graag in God se huis wil bly, maar op die oomblik is ek vasgevang in die realiteite van die lewe. Vergewe my, maar ek verskil van jou. Jy is nie vasgevang in die realitei te van die lewe nie. Inteendeel, jy is net een tree weg van die Groot Huis van God af. Waar jy ook al is. Hoe laat dit ook al is. Of dit 16

Die Groot Huis van God Donderdag in jou kan toor is of Saterdag by die sportveld, jy is net n besluit weg van die teen woordigheid van jou Vader. Jy hoef nooit die huis van God te verlaat nie. Jy hoef nie jou posadres of jou straatadres te verander nie; al wat jy moet verander, is jou persepsie. Wanneer jy in n verkeersknoop vasgevang sit, kan jy in die kapel in gaan. Wanneer die aanslae van versoeking jou voete onder jou wil uit slaan, kan jy agter die muur van sy krag skuil. Wanneer jou kollegas jou ver kleineer, gaan sit langs jou Vader op die swaaibank op die stoep; Hy sal jou vertroos. Onthou, dis nie n huis van bakstene nie. Jy sal dit nie op n kaart kry nie. Jy sal dit nie beskryf vind in die brosjure van n eien doms agent nie. Maar jy sal dit in jou Bybel kry. Jy het dit al vantevore gesien. Jy ken die name van die vertrekke en jy weet hoe die grondplan lyk. Jy weet hoe dit ontwerp is. Maar die kanse is goed dat jy nog nooit vantevore daar aan gedink het as n huisplan nie. Jy het die verse beskou as n ge bed. En hulle is dit inderdaad. Ons Here Jesus se modelgebed. Mens sal ver soek om iemand te kry wat nie al die gebed aangehaal of die woorde daar van gelees het nie: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Matteus 6:9-13 17

In die greep van genade

13. Genade is genoeg... 254 14. Die burgeroorlog van die siel... 263 15. Die swaar las van haat... 273 16. Lewe op die Fellow-ship... 282 17. Wat ons werklik wil weet... 293 Slot: Vergeet nie om vir my te sorg... 302 Eindnote... 306 Studiegids... 309

Bedankings E k wil graag n woord van dank rig aan: Karen Hill, my assistent en vriendin. Jy is n kosbare geskenk. Steve en Cheryl Green en die personeel van UpWords: dankie dat julle getrou is. Charles Prince: jou bydrae is vir ons kosbaar. Charles Swindoll: jou woorde by die kruis pad het vir my die beter pad aangedui. Die ouderlinge, personeel en gemeentelede van die Oak Hills Church of Christ: daar is geen ander gemeente waar ek eerder sou wou dien nie. Steve Halliday: dankie vir nog n uitstekende studiegids. Nancy Norris: n baie spesiale dankwoord aan jou vir die baie Lucado-bladsye wat jy deur die jare verduur en verbeter het. Sue Ann Jones: mag jou rooi ink vloei! Dan kie vir jou noukeurige taalversorging. My vriende by Word Publishing: julle het dit al weer reggekry! n Won derlike stuk werk. Dr. John Stott en sy insiggewende boek Romans: God s Good News for the World. Dit was vir my n onontbeerlike hulpmiddel by die skryf van hierdie boek. Jenna, Andrea en Sara: ek voel jammer vir elke pa wat julle nie as sy dogters het nie.

En aan my vrou, Denalyn: naas God se genade is jy die beste ding wat ooit met my gebeur het. En aan jou, die leser: ek het vir jou gebid. Lank voor jy hierdie boek in jou hande geneem het, het ek vir God gevra om jou hart voor te berei. Mag ek vra dat jy vir my ook sal bid? Sal jy die gebed in Kolossense 4:4 vir my bid? Dankie. Dis vir my n eer dat jy hierdie boek gaan lees. Mag God jou stewig vashou in die greep van sy genade.

in die materiaal raakgesien. Voor jy begin om dit toe te werk, wil ek graag n paar gedagtes met jou deel oor die grootste ontdekking van my lewe: die genade van God. Ek wil graag hê ons moet bietjie die waarhede in Paulus se brief aan die Romeine ontdek. n Brief vir die selfgenoegsames wat die lot van mense wat hulle klee in selfgemaakte klere kontrasteer met diegene wat die kleed van genade met graagte aanneem. Romeine is die wonder likste geskrif oor genade wat ooit geskryf is. Martin Luther het Romeine die belangrikste deel van die Nuwe Testament en... inderdaad die suiwerste evangelie 2 genoem. God het die boek gebruik om sy lewe (en sy klere), sowel as dié van John Wesley, Johannes Calvyn, William Tyndale, Sint Augustinus en miljoene ander te verander. Daar is goeie rede om te dink dat Hy dit ook vir jou sal doen. Max Lucado Gedenkdag, 1996

Die gelykenis van die rivier 1 Romeine 1:21-32 Al weet hulle van God, eer en dank hulle Hom nie as God nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. ~ Rom. 1:21-22 O p n dag was daar vyf seuns wat saam met hulle pa in n kasteel in die berge gebly het. Die oudste was n gehoorsame seun, maar die ander vier was opstandig. Hulle pa het hulle teen die rivier gewaarsku. Hy het by hulle gepleit om weg te bly van die wal af sodat hulle nie stroomaf gesleur word nie, maar die rivier was vir hulle te aanloklik. Elke dag het die vier opstandige broers bie tjie nader gegaan totdat een van hulle dit ge waag het om sy hand in die water te steek. Hou vas my hand sodat ek nie inval nie, het hy gesê en sy broers het so gemaak. Maar toe hy aan die water raak, het die stroom hom en die ander drie meegesleur. Oor rotse is hulle gesleur, deur die kanale het hulle gedreun, op die golwe het hulle gery. Hulle hulpkrete is verswelg deur die rasende rivier. Hoewel hulle hard probeer het om hulle balans te behou, was hulle mag teloos teen die krag van die vloed. Na ure se gespook het hulle geswig voor die rivier se krag en uiteindelik het die water hulle op die wal uitgegooi in n verre, vreemde land, n barre plek. In hierdie land het barbaarse mense gebly. Dit was nie veilig soos by hulle eie huis nie.

In die greep van genade Koue winde het oor die land gewaai. Dit was nie warm soos by hulle eie huis nie. Ruwe berge het oral opgedoem. Dit was nie mooi soos by hulle eie huis nie. Hoewel hulle nie geweet het waar hulle was nie, was hulle van een ding seker: hulle was nie bedoel vir hierdie plek nie. Die vier seuns het lank so op die wal bly lê, verdwaas oor hulle val, onseker oor waarheen hulle moes gaan. Na n rukkie het hulle moed bymekaargeskraap en dit weer in die water gewaag om stroomop te probeer loop. Maar die stroom was te sterk. Toe probeer hulle met die wal langs loop, maar dit was te steil. Hulle het oorweeg om oor die berge te gaan, maar die pieke was te hoog. Bowendien het hulle nie die pad geken nie. Uiteindelik het hulle n vuur gemaak en daarby gaan sit. Ons moes vir ons pa geluister het, het hulle erken. Ons is baie ver van die huis af. Met verloop van tyd het die seuns geleer om in die vreemde land te oorleef. Hulle het neute vir kos gebruik en diere geslag vir velle. Hulle was vas van voorneme om nie hulle land te vergeet nie en om nooit moed op te gee om daarheen terug te gaan nie. Hulle het hulle elke dag besig ge hou met kos soek, en vir hulle n skuiling gebou. Elke aand het hulle n vuur gemaak en verhale vertel van hulle pa en oudste broer. Al vier wou hulle graag weer sien. Toe, een aand, kom een van die broers nie terug na die vuur toe nie. Die ander het hom die volgende oggend in die vallei by die barbare gekry, besig om n hut van modder en gras te bou. Ek het moeg geword van ons praatjies, het hy vir hulle gesê. Wat help dit om te onthou? Buitendien, dis nie so sleg hier nie. Ek gaan vir my n lekker blyplek bou en hier bly. Maar dis nie ons huis nie, het hulle geprotesteer. Nee, maar dit is as jy ophou om aan die regte een te dink. Maar wat van Pa? Wat van hom? Hy s nie hier rond nie. Moet ek die res van my lewe wag vir hom om te kom? Ek maak nuwe vriende, ek leer n nuwe lewens wyse aan. As hy kom, dan kom hy, maar ek wag nie in ademlose spanning nie. 142

Die gelykenis van die rivier Toe los die ander drie hulle broer wat besig is om n hut te bou, en gaan weg. Hulle het steeds om die vuur bymekaargekom, oor hulle huis gesels en gedroom van hulle terugkeer daarheen. n Paar dae later het n tweede broer ook nie by die kampvuur opge daag nie. Sy broers het hom die volgende oggend teen n heuwel gekry, besig om te staar na die hut van sy broer. Hoe verskriklik, het hy vir hulle gesê toe hulle nader kom. Ons broer is n totale mislukking. n Belediging vir ons familienaam. Kan julle julle n laakbaarder daad voorstel? Om n hut te bou en van ons pa te vergeet? Wat hy doen, is verkeerd, het die jongste saamgestem, maar wat ons gedoen het, is ook verkeerd. Ons was ongehoorsaam. Ons het aan die rivier geraak. Ons het ons pa se waarskuwings verontagsaam. Ons het dalk n fout of twee gemaak, maar in vergelyking met die ellendeling daar in die hut is ons wonderlik. Pa sal ons sonde oorsien en hom straf. Kom, het die twee broers aangedring, kom saam met ons terug na die vuur toe. Nee, ek dink ek sal n ogie hou oor ons broer. Iemand moet boekhou van wat hy verkeerd doen om vir Pa te gaan vertel. Toe gaan die twee terug en laat die broer wat bou en die broer wat oordeel agter. Die oorblywende twee seuns het naby die vuur gebly en mekaar aangemoedig en oor hulle huis gesels. Toe word die jongste seun een oggend wakker en sien hy is alleen. Hy het sy broer gaan soek en hom naby die rivier gekry waar hy besig was om klippe opmekaar te stapel. Dit help alles niks nie, het hy verduidelik terwyl hy werk. Pa gaan my nie kom haal nie. Ek moet na hom toe gaan. Ek het teen hom oortree. Ek het hom in die gesig gevat. Ek het hom in die steek gelaat. Daar is maar net een uitweg. Ek gaan n pad in die rivier bou en tot by Pa loop. Ek gaan die een rots op die ander stapel en n pad bou tot by die kasteel. As Pa sien hoe hard en fluks ek gewerk het, sal hy nie anders kan as om die deur oop te maak en my in te laat nie. Die laaste broer het nie geweet wat om te sê nie. Hy het teruggegaan en alleen by die vuur gaan sit. Toe, een oggend, hoor hy n bekende 143

In die greep van genade stem agter hom. Pa het my gestuur om jou huis toe te neem. Die jongste seun het opgekyk en die gesig van sy oudste broer gesien. Jy het ons kom haal! het hy uitgeroep. Die twee het mekaar omhels en lank so gestaan. En jou broers? het die oudste uiteindelik gevra. Een het vir hom hier n huis gebou. Die ander een hou hom dop. Die derde een is besig om n pad met die rivier langs te bou. Toe gaan die oudste seun sy broers soek. Hy het eers na die grashut in die vallei toe gegaan. Gaan weg, vreemdeling, het sy broer deur die venster vir hom geskree. Jy is nie hier welkom nie! Ek het gekom om jou huis toe te neem. Nee, jy het nie. Jy het net gekom om my mooi huis af te vat. Dis nie n mooi huis nie, het die oudste teëgestribbel, dis n hut. Dit is n mooi huis. Die mooiste in die vallei. Ek het dit met my eie hande gebou. Nee, gaan weg. Jy kan nie my huis kry nie. Onthou jy dan nie die huis van jou pa nie? Ek het geen pa nie. Jy is in n kasteel gebore in n land ver van hier af waar dit lekker warm is, en daar is volop vrugte. Jy was ongehoorsaam aan jou pa en het in hierdie vreemde land beland. Ek het gekom om jou huis toe te haal. Die broer het deur die venster geloer na die oudste broer asof hy n gesig uit n droom onthou. Maar net vir n wyle, want skielik het die klomp barbare in die huis ook by die venster kom staan. Gaan weg, in dringer! het hulle beveel. Dis nie jou huis hierdie nie. Julle is reg, het die oudste seun geantwoord, maar dis ook nie syne nie. Die twee broers het mekaar weer in die oë gekyk. Weer het die broer wat die huis gebou het n roering in sy hart gevoel, maar die barbare het lankal sy vertroue gewen. Hy wil net jou mooi huis hê, het hulle uitge roep. Stuur hom weg! En hy het dit gedoen. Toe gaan soek die oudste broer die volgende een. Dit was nie vir hom nodig om ver te loop nie. Teen die heuwel naby die hut, sodat 144

Die gelykenis van die rivier hy die bar bare goed kon sien, het die foutvinderige seun gesit. Toe hy die oudste seun sien aankom, het hy geskree: Dis goed jy het gekom om te sien hoe ons broer sondig! Weet jy dat hy sy rug op die kasteel gedraai het? Weet jy dat hy nooit eers meer van die huis praat nie? Ek het geweet jy gaan kom. Ek het sorgvuldig boekgehou van alles wat hy gedoen het. Straf hom! Ek sal verstaan as jy vir hom kwaad is. Hy verdien dit! Maak werk van die sondes van ons broer. Die oudste broer het saggies geantwoord: Ons moet eers werk maak van jou sondes. My sondes? Ja, jy was ongehoorsaam aan Pa. Die seun het gegrynslag en met sy hand in die rigting van die hut beduie. My sondes is niks nie. Daar is die sondaar. Kom ek vertel jou van die barbare wat daar bly... Ek wil liewer hê jy moet my van jouself vertel. Moenie oor my bekommerd wees nie. Laat ek jou wys wie het hulp nodig, het hy gesê en na die hut toe begin hardloop. Kom ons gaan loer deur die venster. Hy sien my nooit nie. Toe, kom! Die seun was al by die hut toe hy agterkom dat sy broer hom nie gevolg het nie. Toe gaan die oudste seun na die rivier toe. Daar kry hy die laaste seun kniediep in die water, besig om rotse opmekaar te stapel. Pa het my gestuur om jou huis toe te kom haal. Hy het nie eers opgekyk nie. Ek kan nie nou praat nie. Ek moet werk. Pa weet dat jy geval het. Maar hy sal jou vergewe... Dit mag so wees, het die broer hom in die rede geval terwyl hy sukkel om regop te bly teen die stroom, maar ek moet self by die kasteel uitkom. Ek moet n pad in die rivier op bou. Ek wil hom eers wys dat ek iets werd is, dan sal ek vra dat hy aan my genade betoon. Hy het jou alreeds begenadig. Ek sal jou huis toe dra. Jy sal dit nooit regkry om die pad te bou nie. Die rivier is te lank. Die taak is te moeilik vir jou. Pa het my gestuur om jou huis toe te dra. Ek is sterker. Toe kyk die broer vir die eerste keer op. Hoe durf jy so oneerbiedig wees! Pa sal my nie sommer net vergewe nie. Ek het gesondig. 145

In die greep van genade Ek het verskriklik gesondig! Hy het gesê ons moet wegbly van die rivier af, en ek was ongehoorsaam. Ek is n groot sondaar. Ek moet baie hard werk. Nee, my broer, jy het nie nodig om baie hard te werk nie. Wat jy nodig het, is genade. Die afstand tussen jou en die huis van ons vader is te groot. Jy het nie genoeg krag of genoeg klippe om die pad te bou nie. Dis waarom Pa my gestuur het. Hy wil hê ek moet jou huis toe dra. Wil jy vir my sê ek kan dit nie doen nie? Sê jy ek is nie sterk genoeg nie? Kyk na my werk. Kyk na my klippe. Ek kan al vyf tree loop! Maar daar lê nog vyf miljoen voor! Die jonger broer het woedend na die oudste gekyk. Ek weet wie jy is. Jy is die stem van die bose. Jy probeer my weglok van my heilige werk af. Wyk van my af, jou slang! Toe gooi hy die rots wat hy in die rivier wou pak na sy oudste broer. Ketter! het die padbouer geskree. Gaan hier weg. Jy gaan my nie keer nie! Ek gaan hierdie pad bou en voor Pa gaan staan, en hy sal my vergewe. Ek sal sy guns wen. Ek sal sy genade verdien. Die oudste broer het sy kop geskud. Guns wat gewen word, is nie guns nie. Genade wat verdien word, is nie genade nie. Ek smeek jou, laat my toe om jou huis toe te dra. Die antwoord was nog n klip. Toe draai die oudste broer om en gaan weg. Die jongste broer het naby die vuur gewag toe die oudste terugkom. Het die ander nie gekom nie? Nee. Die een wou hom geniet, die ander een wou oordeel en die derde een wou werk. Nie een van hulle het vir Pa gekies nie. Dan gaan hulle hier bly? Die oudste broer het sy kop stadig geskud. Vir eers. En ons gaan terug na Pa toe? het die jongste gevra. Sal hy my vergewe? Sou hy my gestuur het as hy nie sal nie? Toe klim die jongste broer op sy oudste broer se rug en hulle begin hulle reis huis toe. 146

God juig oor jou

Inhoudsopgawe 1. Heilige vreugde... 357 2. Teen die berg op... 365 3. Die ryk armes... 371 4. Die koninkryk van die absurde... 376 5. Die tronk van hoogmoed... 384 6. Teer aanrakings... 390 7. Die heerlikheid in die alledaagse... 394 8. Die rower van vreugde... 400 9. n Dors geles... 409 10. Die lewe in die dieptes... 413 11. Die Vader in die gesig van die vyand... 417 12. Die toestand van die hart... 425 13. Mooi paleis sonder n koning... 432 14. Saadjies van vrede... 434 15. Die glibberige paal van mag... 440 16. Die tronk van twyfel... 448

17. Die koninkryk om voor te sterf... 453 18. God juig oor jou... 461 Eindnote... 469

Heilige vreugde 1 Geseënd... S y het alle rede om verbitterd te wees. Sy het jare lank geen erkenning gekry nie, hoewel sy baie begaafd is. Invloedryke operakringe het hulle geledere vir haar gesluit. Die Amerikaanse kritici het haar meesleurende stem geïgnoreer. Sy is herhaaldelik weggewys vir rolle waarvoor sy speel-speel gekwalifiseer het. Dit was eers nadat sy Europa toe gegaan en daar die hart van kieskeurige Europese gehore verower het, dat die meningvormers in haar eie land haar talent erken het. Dit was ook nie net haar professionele lewe wat n stryd was nie. Haar persoonlike lewe het ook die een uitdaging na die ander opgelewer. Sy is die ma van twee gestremde kinders, van wie een verstandelik erg vertraag is. Jare gelede het sy vir haar n huis op die platteland gekoop sodat sy kon wegkom van die dolle gejaag in New York. Twee dae voor sy sou intrek, het die huis tot op die grond afgebrand. Professionele verwerping. Persoonlike terugslae. Die volmaakte teel aarde vir die sade van bitterheid. Ontvanklike grond vir die wortels van wrewel. Maar in hierdie geval was daar geen woede nie. Haar vriende noem haar nie bitter nie; hulle noem haar Bubbles. Beverly Sills. Die internasionaal hoogaangeskrewe operasangeres. Voormalige Direkteur van die New York City Opera. Sy lag altyd as sy praat. Haar gesig is sag en kalm. Nadat hy n onder houd met haar gevoer het, het Mike Wallace verklaar dat sy een van die indrukwekkendste indien nie dié indrukwekkend - ste dames is met wie ek ooit n onderhoud gevoer het.

God juig oor jou Hoe kan iemand sulke professionele verwerping en persoonlike trau ma hanteer en steeds bekend wees as Bubbles? Ek kies om opgeruimd te wees, sê sy. Ek het jare gelede besef ek het min of geen keuse ten opsigte van sukses, omstandighede of selfs geluk nie, maar ek het geweet ek kon kies om opgeruimd te wees. Ons het gebid vir genesing. God het dit nie gegee nie, maar Hy het ons geseën. Glyn het afgemete gepraat. Deels om haar oortuiging. Deels as gevolg van haar siekte. Haar man, Don, het in die stoel langs haar gesit. Die drie van ons was bymekaar om n begrafnis te reël hare. En nou, met die taak afgehandel, was Glyn aan die woord. Hy het aan ons ongekende krag gegee. Hy het dit gegee wanneer ons dit nodig gehad het, nie voor die tyd nie. Sy het moeilik gepraat, maar duidelik. Haar oë was klam, maar vol vertroue. Ek het gewonder hoe ek sou voel as my lewe op vyf en veertig van my af weggeneem word. Ek het gewonder hoe dit sou wees om afskeid te neem van my lewensmaat en my kinders. Ek het gewonder hoe dit sou voel om n getuie te wees van my eie dood. God het in ons pyn vir ons vrede gegee. Hy hou sy hand gedurig oor ons. Selfs wanneer ons beheer verloor, is Hy steeds daar. Don en Glyn het n jaar vantevore gehoor van haar siekte, amiotrofiese laterale sklerose (Lou Gehrig se siekte). Die oorsaak is steeds onbekend, en daar is geen geneesmiddel vir die siekte nie. Lyers se spierkrag en beweeglikheid verminder geleidelik, totdat uiteindelik net die verstand en geloof oorbly. En dit was die samesmelting van Glyn se verstand en haar geloof wat my laat besef het dat ek met iets veel groters besig was as die beplanning van n begrafnis. Ek was besig om die heilige juwele te aanskou wat sy uitgegrawe het uit die myn van wanhoop. Ons kan enige tragedie sien as n struikelblok of as n geleentheid... Ek hoop my gesin gaan nie verbitterd wees oor my dood nie. Ek 358

Heilige vreugde hoop ek kan n voorbeeld wees daarvan dat God wil hê ons moet vertrou wanneer dit goed gaan en wanneer dit sleg gaan. Want as ons nie vertrou wanneer dit sleg gaan nie, vertrou ons glad nie. Don het haar hand vasgehou. Hy het haar trane afgevee. Hy het sy eie trane afgevee. Wie is hierdie twee mense? het ek my afgevra terwyl ek gekyk het hoe hy haar wang liggies aanraak met n sneesdoekie. Wie is dit hierdie, wat op die wal van die rivier van die lewe met soveel geloof na die oorkant kan kyk? Die oomblik was plegtig en rustig. Ek het nie veel gesê nie. Mens is nie voor op die wa in die teenwoordigheid van dit wat heilig is nie. Ek het alles wat ek nodig het om blydskap te ken! het Robert Reed gesê. Verstommend! het ek gedink. Sy hande is verwronge en sy voete is nutteloos. Hy kan homself nie bad nie. Hy kan nie self eet nie. Hy kan nie sy tande borsel, sy hare kam of sy onderklere aantrek nie. Sy klere word met stroke Velcro toegehou. Sy spraak klink soos n kassetband wat uitgerek is. Robert is serebraal verlam. Die siekte veroorsaak dat hy nie n motor kan bestuur of fietsry of vir n wandeling gaan nie. Maar dit het nie verhoed dat hy matriek kon slaag en daarna inskryf by die Abilene Christelike Universiteit waar hy n graad in Latyn behaal het nie. Sy siekte kon nie verhoed dat hy gaan skoolhou of oorsee gaan op vyf afsonderlike sendingreise nie. En Robert se siekte het nie verhoed dat hy n sendeling in Portugal word nie. In 1972 het hy op sy eie na Lissabon verhuis. Daar het hy n hotelkamer gehuur en Portugees begin aanleer. Hy het n restouranteienaar gekry wat bereid was om vir hom kos te gee wanneer die ergste stormloop verby was en iemand wat vir hom Portugees kon leer. Daarna het hy daagliks in n park gaan sit waar hy traktaatjies oor Christus uitgedeel het. Binne ses jaar het hy sewentig mense na die Here toe gelei, van wie een, Rosa, sy vrou geword het. Ek het Robert onlangs hoor praat. Ek het staan en kyk hoedat ander 359

God juig oor jou mans hom in sy rolstoel op die verhoog dra. Ek het gekyk hoedat hulle die Bybel op sy skoot neersit. Ek het gesien hoedat sy stywe vingers die bladsye oopsukkel. En ek het gesien hoedat mense in die gehoor trane van bewondering afvee. Robert kon simpatie of jammerte gesoek het, maar hy het presies die teenoorgestelde gedoen. Hy het sy misvormde hand omhoog gehou en gesê: Ek het alles wat ek nodig het om blydskap te ken! Sy klere word aanmekaar gehou met Velcro maar sy lewe word aanmekaar gehou met blydskap. Niemand het meer rede gehad om ongelukkig te wees as Hy nie en tog was niemand ooit vreugdevoller nie. Sy eerste tuiste was n paleis. Bediendes was volop. Deur sy hand te lig, kon Hy die verloop van die geskiedenis verander. Sy Naam was be kend en geliefd. Hy het alles gehad rykdom, mag, eer. En toe skielik het Hy niks nie. Mense wat die gebeure bestudeer, wonder steeds daaroor. Historici sukkel om dit te verduidelik. Hoe kon n koning alles in n oogwink verloor? Een oomblik was Hy nog n lid van die koninklike gesin, en die vol gende oomblik in armoede gedompel. Hy het gewoonlik op die harde grond geslaap, en as Hy gelukkig was, op n geleende matras. Hy het nooit enige vorm van vervoer gehad nie en was afhanklik van aalmoese. Hy was soms so honger dat Hy rou koring geëet het, of vrugte van n boom af. Hy het geweet hoe dit voel om nat te reën. Hy het geweet wat dit is om geen blyplek te hê nie. Die terrein van sy paleis was silwerskoon; nou was Hy blootgestel aan vuil. Hy het nooit geweet wat dit is om siek te wees nie; nou was Hy omring deur siekte. In sy koninkryk is Hy hoog geag; nou is Hy bespot. Sy medemense het Hom probeer teregstel sonder om Hom te verhoor. Party het gesê Hy is mal. Sy familie het Hom in die huis probeer hou. Diegene wat Hom nie bespot het nie, het Hom probeer misbruik. 360