this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Similar documents
Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dawid die Skaapwagter

God se Woord. God se Wil

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Profetiese woord vir 2017 en verder

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DIE AA NDBOODSKA PPER

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Paulus se Verbasende Reise

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

BYBELS-GESONDE GESINNE

Volume 3 van 2016 September 2016

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Seisoen van die Gees

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

To love without knowing how to love wounds the person we love.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

KRAG VAN TRANSFORMASIE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

LoveGodGreatly.com 1

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Josua - van jongs af n leier

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Die kerk van die Woord

Transcription:

Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor hom praat en oor al sy flieks. Ek het goed gehoor soos: my gunsteling fliek van hom was Mrs. Doubtfire of Good morning Vietnam of Patch Adams... Een van sy beste flieks was waarskynlik, Dead Poet s Society? In die fliek speel hy die rol van ʼn onderwyser wat op die 1e skooldag van die jaar die kinders in sy klas geneem het om na ou foto s in die skool se voorportaal te gaan kyk. Dit was foto s van kinders wat vroeër in daardie skool was en wat sekere goed in hulle lewens bereik het. Hy wou hulle daarmee motiveer om uit te styg in die lewe... Terwyl hulle so staan en kyk, sê hy vir hulle: We are food for worms... Ons is kos vir wurms... En sê hy, Believe it or not, each and every one of us in this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle wil, elkeen van ons in hierdie vertrek gaan een of ander tyd ophou asemhaal, koud word en doodgaan... Staan nader en kyk na hierdie foto s... Hulle was net soos julle... Hulle het geglo hulle is bestem vir groot dinge... Kyk na hulle oë - dis vol hoop... As julle naby aan hulle staan, sal julle hulle praat... Toe... staan nader en luister... Wat hoor julle? En toe sê Robin met so regte uit die graf uit stem... Carpe Diem... Carpe Diem is Latyn vir - gryp die dag... gryp die dag Seuns, sê hy... Maak die beste gebruik van elke geleentheid... maak julle lewens buitengewoon... Hierdie gedeelte uit die fliek het my laat dink aan die huidige debat wat daar in ons land aan die gang is oor Godsdiens in skole... oor die vraag of daar enige geleenthede vir Godsdiensbeoefening in skole moet wees of nie? Moet enige vorm van Godsdiensonderrig of Godsdiensbeoefening in skole nie liewer heeltemal verbied word nie? Vrae soos hierdie laat ʼn mens onwillekeurig vra, wat het ons tot nou toe met Godsdiensonderrig en geleenthede vir Godsdiens in skole gemaak? Wat het ons gemaak met die voorreg wat ons tot nou toe gehad het dat skole hulle eie Godsdiensbeleide kon bepaal het dat hulle bv. self kon besluit het of daar saal-openinge moet wees of nie of dat hulle kon besluit het of daar Godsdiensperiodes moet wees of nie of dat hulleself kon besluit het of kinders en onderwysers openlik op die skoolgronde kon sê, ek is ʼn Christen of nie?

Miskien moet ons selfs ʼn bietjie wyer dink as net Godsdiensonderrig en Godsdiensbeoefening in skole en vra, wat het ons tot nou toe met Godsdiensvryheid in ons land gemaak? Wat het gemaak met die vryheid om die God van ons keuse te aanbid? Wat het gemaak met die vryheid om aan die kerk van ons keuse te behoort? Wat het ons gemaak met die vryheid waar jy kan besluit of jy Sondae kerk toe wil gaan of nie... waar jy kan besluit of jy wil Bybel lees en bid of nie... waar jy kan besluit of jy ʼn Christelike lewe wil lei of nie... Niemand het jou gedwing en niemand jou gekeer nie? Jy kon doen wat jy wou. Robin Williams het die kinders in sy klas na die ou foto s geneem en gesê hierdie kinders was net soos julle... Hulle het geglo hulle is bestem vir groot dinge... Kyk hulle oë - dis vol hoop... Wat het hulle met die geleenthede gemaak wat op hulle pad gekom het? Ja, wat het ek en jy tot nou toe met die Godsdiensvryheid gemaak en wat het skole en Christene in skole met Godsdiensvryheid gemaak? Ons het ʼn baie duidelike opdrag in die Bybel om vir ander mense van Jesus te vertel, vir mense wat Hom nie ken of nie wil ken nie... Wat het ons met die geleenthede gemaak om dit enige plek en enige tyd en op enige manier te doen? Ongelukkig is die geskiedenis vol voorbeelde van mense wat in die naam van Godsdiens of in die naam van Christenwees, mense eerder weggestoot het van God af as dat hulle hulle nader getrek het. Kom ek verduidelik wat ek bedoel met 1 / 2 vbe. Die 1e vb. wat ek wil gebruik het weliswaar nie in SA gebeur nie. Tog sal julle dadelik hoor wat gebeur as iemand die kerk misbruik vir eie gewin... m.a.w. as iemand deel van die kerk is om voordeel daaruit te trek en nie om God te dien nie... m.a.w. as iemand skynheilig is. Dit waarvan ek julle wil vertel, het baie jare gelede in Duitsland gebeur. ʼn Joodse seuntjie het op ʼn dag vir sy pa gevra, hoekom hulle hulle Joodse geloof opgegee het en by die Lutherse Kerk aangesluit het? Sy pa het geantwoord, Seun, ons offer ons Joodse geloof op sodat die mense ons aanvaar en ons besighede hier in Duitsland ondersteun... Sy pa het ʼn Christen geword vir finansiële redes. Daardie jong seun was totaal verbitterd en teleurgesteld. Sy vertroue in sy pa en in sy geloof was verpletter... Hy het later in Engeland gaan studeer en na intensiewe studie ʼn boek geskryf wat die wêreld vir altyd verander het... ʼn boek met die titel, The Communist Manifesto. Die seun waarvan ek praat was Karl Marx wat later een van die groot name van die kommunisme geword het. Sy pa se skynheiligheid het sy lewe so verander

dat hy later deur die kommunistiese ideologie en sisteme, miljoene mense laat dood maak het (actsweb.org). Sy pa se bekering het vir miljoene mense hulle lewe gekos. Kom ek gebruik nog ʼn vb. iets wat hier gebeur het en wat ek my hele lewe sal onthou. Miskien het ek dit al ʼn keer vir julle vertel ek kan nie onthou nie. Dit het in 1995 met die Wêreldrugbybeker wat in SA aangebied is, gebeur Onthou nou in 1994 was daar ʼn verkiesing wat deur die ANC gewen het. Een van die 1e goed wat hulle gedoen het was om vakansiedae te verander en 1 van die 1e vakansiedae wat in die slag gebly het, was Hemelvaart Baie mense was kwaad dat Hemelvaart voortaan nie meer ʼn vakansiedag sou wees nie Hulle het gesê hulle sal nie op daardie dag werk nie al moet hulle verlof in sit. So was daar o.a. in ons gemeente in Doringkruin, ʼn paar onderwysers wat gesê het Hemelvaart is Hemelvaart ons sal nie op daardie dag werk nie Ons kerkraad het in besluit - omdat dit nie meer ʼn vakansiedag is nie, sal ons die erediens in die aand hou. Toe gebeur dit so dat die openingswedstryd van die Wêreldrugbybeker tussen SA en Australië, die middag van Hemelvaart gespeel word. Dit het vroeg genoeg klaar maak dat almal betyds by die aanddiens kon uitkom Die interessante was egter dat nie 1 van daardie mense wat so geskreeu het omdat Hemelvaart nie meer ʼn vakansiedag is nie en wat daardie dag nie gaan werk het nie was daardie aand in die kerk nie. In beide vbe. het mense se betrokkenheid by die kerk en hulle Christenskap, ander mense eerder weggestoot as nader getrek... Want mense sien dit... hulle hoor dit... Wat ons nooit moet vergeet nie is dat ons as Christene dopgehou word. Mense kyk na ons... hulle luister na ons... en o.g.daarvan vorm hulle ʼn opinie oor die God wat ons dien. Daar is miljoene mense in die wêreld wat nie eers ʼn Bybel het nie. Daar is mense om ons wat nooit Bybel lees, wat nooit in die kerk kom nie. Dit wat hulle van God hoor en dit wat hulle van God sien is dit wat ons doen en sê. Ons is m.a.w. die enigste Bybel wat hulle lees. In die hofsaak wat ʼn klompie mense nou teen die skole maak om Godsdiens in skole te verban, gebruik hulle juis dit wat Christene gesê en gedoen het, teen hulle. So het hulle bv. na kinders en mense gaan soek wat na hulle mening deur Christene te na gekom is, en dit gaan hulle in die hofsaak teen Christene gebruik... Ek weet nie of al die beëdigde verklarings wat hulle sover gekry het, waar is nie maar daar is goed in wat hulle sê Christene gedoen het, wat verseker nie die beeld van Christus en Sy kerk tot eer strek nie... So bv. het ek gehoor van ʼn dogter

wat beweer dat ander kinders na sy vir hulle gesê het, sy glo nie in God nie, haar van die trappe afgestamp het. Hulle het elke dag briefies in haar tas gesit waarin hulle o.a. vir haar in geen onduidelike taal gesê het sy gaan hel toe Ek sê weer, ons moet vir ander van Jesus vertel... Jesus verwag dit van ons. Elke gelowige het ʼn taak om vir ander te vertel dat Hy die Verlosser is... die Brood wat lewe gee... die Lig vir die wêreld... die Weg en die Waarheid en die lewe... Die vraag is, hoe? In die gedeelte wat ons vanoggend gelees het, gee Paulus vir ons waardevolle raad hoe om dit te doen. Hy gee vir ons raad oor hoe ons die evangelie moet uitdra na mense wat nie deel is van die kerk nie, na mense wat Hom nie ken of wil ken nie. Die heel 1e ding wat hy sê is, Volhard in die gebed! Ek kan nie help om te wonder of dit nie dalk een van die grootste leemtes van Christene is nie - dat ons wat sê, ons ken die lewende Here, ons dien die Een Ewige Waaragtige God, te min bid nie Dis verseker nie waar van alle gelowiges nie. Daar is mense wat baie bid, maar daar is mense - gelowiges wat min of nooit bid nie? Die vraag is, hoe sal ek vir ander mense van God kan vertel as ek self nie gereeld met Hom praat nie? Dink sommer aan jou verhouding met jou vrou of kind of ma/pa? Hoe sal jy iemand anders kan oortuig dat jy lief is vir jou vrou of kind of pa/ma as julle nooit met mekaar praat nie? Kommunikasie is tog ʼn wesenskenmerk van enige verhouding. Jy moet hoor wat sê ek en ek moet hoor wat sê jy. Bid ons nie dalk te min nie? Sou Heinrich Marx dis nou Karl Marx se pa sou hy steeds gemaak het of hy ʼn Christen is as hy regtig gebid het as hy eers vir God in gebed gevra het wat moet ek doen Here? Sou mense wat geweier het om te gaan werk omdat Hemelvaart nie meer ʼn vakansiedag is nie en nie kerk toe gekom het nie dit gedoen het as hulle vir God gevra het, Here, wat is die belangrikste - of ek op hierdie dag gaan werk en U vanaand in die erediens eer en dien en/of ek by die huis bly uit protes omdat dit nie ʼn vakansiedag is nie, maar vergeet oor Wie Hemelvaart gaan? Sou die kinders wat papiertjies in ʼn dogter se tas gedruk het met dreigemente van dood en hel dit gedoen het as hulle eers gebid het en gevra het, wat wil U hê moet ons doen Here? Daarmee saam sê Paulus, Wees waaksaam en dankbaar Wees waaksaam oor jou eie lewe wees waaksaam oor dit wat jy sê en doen Ons kan so maklik ander veroordeel kyk wat doen die regering 240

miljoen se bedrog steel en lieg en bedrieg en môre oggend sê ek vir my kind sê vir juffrou jy kon nie huiswerk doen nie want jy was die hele naweek siek Ons kla oor taxi s en mense wat oor rooi robotte ry en ek ek praat met my selfoon terwyl ek bestuur of ek ry te vinnig of ek druk R100 in die speedcop se hand as hy my aftrek Mense sien dit en die ergste van alles is dikwels vertel ons dit self vir ander mense ook vir nie Christene mense wat dan wonder is dit hoe Christene se lewe lyk? En wees dankbaar, sê Paulus. Wees waaksaam en wees dankbaar Ek wonder of die kinders wat briefies in daardie dogter se tas gedruk het, nie baie meer sou bereik het deur haar liefdevol te behandel om vir haar die mooi en die lekker in die lewe te laat raak sien deur hulle lewe... deur hulle dankbaarheid... Ongelukkig moet ons erken dat dit dikwels Christene is wat die meeste kla en weet julle hoekom ons het vergeet ons is oppad hemel toe. Ons dink ons moet net vandag gelukkig wees. Ons moet net vandag gesond wees... ons moet net vandag genoeg kos op die tafel hê. Dis alles belangrik, maar die belangrikste deel kom Die belangrikste deel lê anderkant die graf en daarom kan ons dankbaar wees t.s.v. ons omstandighede... Paulus skryf hierdie stukkie uit die tronk en hy sê, wees dankbaar. Sy Filippense brief wat hy ook uit die tronk geskryf het en waar dit met tye met hom baie sleg gegaan het, sê hy oor en oor wees bly in die Here. Dink julle nie ons sal ʼn baie positiewer boodskap uitdra as ons regtig begin leef met die wete ons is oppad hemel toe en daarom het ons soveel rede om bly te wees, om dankbaar te wees? Daarmee sê ek nie dat hierdie lewe maklik is nie. Paulus sê, wees bly, maar vra ook, bid asb. vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Paulus het ander mense nodig. Hy het ander gelowiges nodig wat vir hom bid. In hierdie onstuimige tye waarin ons leef, loop die verkondigers van die Woord erg deur Gaan lees maar op die internet met wat se growwe woorde daar na predikante en pastore verwys word. Wat mense nie altyd onthou nie is, hoe slegter jy die predikant maak, hoe groter word mense se weersin in die kerk. Jy doen dus nie net die predikant skade nie, maar ook die kerk van Christus Natuurlik is predikante mense mense met sonde soos jy Daarom bid hulle vir jou en moet jy vir hulle bid t.w.v. die kerk. Die laaste stukkie raad wat Paulus vir ons gee oor hoe ons die evangelie moet uitdra staan in vers 5 en 6. In vers 5 sê hy, Tree met wysheid op

teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Tree met wysheid op... nie stamp hulle van die trappe af of dreig hulle met die hel nie... En in vers 6, Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Robin Williams het vir die kinders in sy klas gesê, Carpe Diem gryp die dag maak die beste gebruik van elke geleentheid Anders as in sy fliek, weet ons dat ons nie een of ander tyd gaan sterf om wurmkos te wees nie ons liggame dalk maar ons onsterflike siele gaan op hierdie aarde sterf om daarna vir altyd by God te leef Ons weet nie wat oor Godsdiens in skole besluit gaan word nie. Ons kan dalk selfs in die toekoms die vryheid wat ons in hierdie land het, verloor. Laat ons dus elke dag, elke oomblik gebruik om vir mense van Jesus te vertel. Om ons is daar baie mense wat Hom nie ken nie. Ek en jy as gelowiges moet elke dag so leef dat mense nader getrek word... Volhard in gebed Wees waaksaam en dankbaar bid vir die verkondigers... Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is... Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord... Maak die beste gebruik van elke geleentheid Carpe Diem Amen.