Lewe en lewende wesens 2

Similar documents
Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Kerk Kry Moeilikheid

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Josua - van jongs af n leier

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Profetiese woord vir 2017 en verder

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

DIE AA NDBOODSKA PPER

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

KRAG VAN TRANSFORMASIE

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

GESONDE EETGEWOONTES *

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Besprekingsvrae vir selgroepe

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Groenvoer Hidroponies

Seisoen van die Gees

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders


Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

God se Woord. God se Wil

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Empathy Ouerhandleiding

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Pelgrimstog deur die Lewe

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

GEBED VIR KERKLEIERS

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Transcription:

Hoofstuk 10 Lewe en lewende wesens 2 Lewensprosesse en gesondheid Diere en hulle sintuie Die Here het die diere toegerus met sintuie. Met hulle sintuie kan hulle waarneem waar gevaar is. Hulle kan kos soek, skuilplek soek of hulle maats roep of opspoor. Diere kan ook dinge waarneem wat mense nie kan waarneem nie. Visse kan vibrasies in die water voel sodat hulle kan bepaal hoe die stroom in n rivier loop. Baie diere wat in die winter na warmer dele migreer (trek) het n soort ingeboude kompas wat hulle help om te weet na watter rigting hulle moet beweeg. Sommige diere kan honderde kilometers na presies die regte plek trek. Dit is alles wonderlike eienskappe wat die Here in diere ingeskape het. Daarsonder sou hulle nie kon oorleef nie. Gesig Verskillende diere is met verskillende soorte oë geskape, wat goed pas by hulle behoeftes. Wurms het baie eenvoudige oë waarmee hulle eintlik net beweging, lig en donkerte kan onderskei. Visse het lense in hulle oë wat hulle help om te fokus en dus beter te sien. Diere soos amfibieë, reptiele, voëls, soogdiere en spinnekoppe het nog ingewikkelder oë, wat nie net n lens het nie, maar ook n kornea, wat hulle help om nog beter te fokus. Roofvoëls kan ses keer verder as n mens sien, sodat hulle hul prooi makliker kan opspoor. Uile kan sien waar dit vir ons pikdonker lyk. Sommige insekte, soos bye en vlieë, het saamgestelde oë. n By se oog bestaan uit 5 000 klein eenhede wat styf teen mekaar ingepas is. Die twee saamgestelde oë kan byna reg rondom die by sien. n By se sig is ten minste 60 keer beter as n mens s n. 55

Die mens se oë is so geskape dat ons kleur kan waarneem. Baie diere kan ook kleur sien. Gorillas en bobbejane kan dieselfde kleure as ons sien. Honde kan nie soveel kleure as ons sien nie. Voëls kan meer kleure as ons sien. noem dit ultraviolet lig. Baie blomme het kleurkenmerke wat ons mense glad nie eens infrarooi golwe wat van warmbloedige diere soos muise af kom, selfs in die donker waarneem. Gehoor Die ore van mense en diere is so geskape dat dit vibrasies kan waarneem. Hierdie vibrasies of klankgolwe word deur die oor verander na seine wat die brein waarneem en interpreteer. Soogdiere se ore is gewoonlik die beste ontwikkel. Soogdiere het ook uitwendige oorskulpe wat hulle help om die klankgolwe beter op te vang. Diere soos perde of hasies kan hulle oorskulpe draai na die rigting van die klank om beter te kan hoor. Klanke wat die menslike oor nie kan hoor nie, word ultraklank genoem. Honde kan klanke waarneem wat die mens glad hoor nie, maar wat honde se ore erg irriteer. Vlermuise gebruik hulle ore en klanke om selfs in pikdonkerte te weet waar hulle vlieg en waar hulle prooi is. Die hoë klanke wat hulle maak, word deur voorwerpe teruggekaats. Hierdie teruggekaatste klanke word deur hulle ore opgevang, en hulle brein kan die grootte en afstand van voorwerpe met behulp van hierdie klankgolwe uitwerk. Op hierdie manier kan n vlermuis n voorwerp so dun soos n menslike haar waarneem! Reptiele, amfibieë en visse het eenvoudiger ore as soogdiere. Hulle kan minder soorte klanke waarneem. Slange het glad nie ore nie, maar hoor deur n been onder die vel. Hierdie been vibreer wanneer die lug of die grond vibreer, en so kan die slang wel lae klanke waarneem. Insekte se ore is net toegerus om die klanke van hulle vyande of 56

maats waar te neem. Hulle gehoororgane sit gewoonlik in die middel of agter op hulle liggame. Sprinkane hoor deur hulle pote! Smaak en reuk By diere is reuk en smaak dikwels baie naby aan mekaar. Reuk is baie belangrik in die dierewêreld. Baie diere kan sommer baie beter as n mens ruik. Honde kan ongeveer 1000 keer beter as n mens ruik. Hierdie goeie reuksin word dikwels deur die polisie gebruik om vermiste mense of ook dwelms op te spoor. In die natuur help diere se goeie reuksin hulle om prooi op te spoor. n Ysbeer kan n rob-karkas 20 km ver ruik. Bokkies kan n roofdier van baie ver af ruik. Dit is waarom die roofdier moet sorg dat hy sy prooi so bekruip dat die wind nie sy teenwoordigheid verraai nie. Baie diere gebruik n spesiale reuk om te kommunikeer reuk vry om mannetjies te lok. Mannetjiesmotte kan hierdie reuk met hulle veeragtige voelers waarneem op n afstand van honderde meters. Sommige motte het tot 10 000 reseptore op hulle voelers waarmee hulle hierdie reuk kan waarneem. Diere gebruik ook dikwels reuk om hulle gebied af te baken. Hulle urineer of smeer afskeidings aan gras of ander plante en as daar dan n ander dier verbykom, weet hy dat die gebied alreeds aan iemand anders behoort. Selfs miere gebruik reuk om te komunikeer. As n verkenner kos gevind het, laat hy n reukspoortjie wat die ander miere help om ook die kos te vind en te help aandra na die nes. Wanneer daar gevaar is, word n gevaar-reuk afgeskei, wat vir die ander miere n teken is om te kom help veg of om te kom help om die nes reg te maak. Insekte het haartjies op hulle liggame en pote wat hulle help om te ruik en te proe. n Mens kan sien hoe n vlieg hierdie haartjies op sy pote en monddele gebruik wanneer hy op kos gaan sit. n Slang proe ook kort-kort die lug met sy tong. Die tong neem sekere chemiese seine (soos reuke en smake) waar, en as dit terug in die mond is, word hierdie seine verwerk. Gevoel Net soos by mense, is daar by diere ook senuwee-eindpunte in die vel, wat kan waarneem as die dier aan iets geraak het, of as iets baie warm of koud is. Hierdie inligting word dan na die brein gestuur en verwerk. In die spiere is daar ook sensors wat die dier help om te weet waar die verskillende dele van sy liggaam is. Visse het n dun strepie op hulle sye waar daar baie klein selletjies is wat die vis in staat stel om te voel hoe die water om hom beweeg. Die vis is nie net sensitief vir die stroming van die water om hom nie, maar ook vir die beweging van die water wat deur ander waterdiere rondom hom veroorsaak word. 57

Die mens se sintuie Die Here het die mens geskape met sintuie wat hom kan vertel wat in die wêreld rondom hom aangaan. Jy het vyf sintuie: Jou gesigsintuig (oë), gehoorsintuig, tas-, smaak- en reuksintuie. Sonder hierdie sintuie sou jy niks kon uitken nie en nie die dinge om jou kon geniet nie. Jy sou ook nie weet wanneer jy van gevaar af moet vlug nie. As jy jou maat op die skoolgrond sien, stuur jou oë n boodskap deur n senunetwerk na jou brein. Jou brein herken jou vriend. Jy staan stil en groet. As jou vriend praat, stuur jou ore die boodskap van die klanke wat jy hoor na jou brein. Jou brein verwerk die boodskap en jy verstaan wat jou vriend sê. Die brein is die liggaam se beheersentrum. Dit ontvang boodskappe vanaf die sintuie en stuur bevele terug na die brein. Die boodskappe beweeg op en af deur die rugmurg. Die brein en die rugmurg vorm saam die sentrale senuweestelsel. Senuwees het verskillende take. Die motoriese senuwees sorg vir beweging. Hulle neem instruksies vanaf die brein na die spiere. Die sensoriese senuwees dra boodskappe na die brein oor iets wat jy met jou sintuie waarneem, soos smaak of pyn. Gevoel Smaak Gehoor Gevoel Reuk Reuk Sig Sig Gehoor Die brein ontvang boodskappe van oral in die liggaam en besluit wat om te doen. Verskillende dele van die brein beheer verskillende aksies soos spraak en bewegings van die ledemate. Boodskappe word van hierdie dele af uitgestuur. 58

Die oog Die oog word goed beskerm Jou oë is heeltemal veilig in hul beenkaste in jou skedel. Hulle rus op veerkussinkies wat hulle teen skokke beskerm. Hulle word ook beskerm deur die ooglede, wat baie vinnig kan knip en amper soos ruitveërs werk om vuiligheid en stof uit te hou. Trane vee die oë skoon en die wenkbroue en wipers help ook dat stof of sweet nie in die oë kom nie. Jou oë word so goed beskerm omdat hulle baie kosbaar is. Waaruit bestaan die oog Jou oë bestaan uit die volgende belangrike dele: horingvlies lens, en vog. Die horingvlies pas byna soos die glas van n horlosie voor op die oogappel. Dit is baie sterk en helder en dit kan beelde vergroot. Die horingvlies laat ligstrale deur en die prentjie wat jy sien word deur hierdie ligstrale gedra. Agter die horingvlies is daar vog en daarna kom die lens. Die lens is soos n klein, geronde stuk jellie. Dit word deur klein spiertjies op sy plek gehou. Die lens verander sy vorm vinnig om hom aan te pas by die afsand tussen jou oog en die voorwerp waarna jy kyk. Daar is n groot ruimte agter die lens, en dit is ook met vog gevul. Dit lyk soos jellie, en sorg dat die oogappel sy ronde vorm behou. Net agter die horingvlies is n gekleurde kol wat die iris, of reënboogvlies genoem word. Dit bestaan uit talle klein spiertjies. In die middel van die iris is n ronde openinkie wat die kyker of die pupil genoem word. 59

Die iris se spiertjies verander gedurig die grootte van die kyker om die hoeveelheid lig te beheer wat die oog binnedring. Hoe kleiner die kyker-opening is, hoe minder lig dring die oog binne. Hoe groter die kyker-opening is hoe meer lig dring die oog binne. Jou kyker is bedags klein en saans groot. Jy hoef nie self daaraan te dink om die pupil te laat vernou of verwyd nie. Dit gebeur vanself en word n refleksbeweging genoem. Die retina is die skerm agter in jou oog. Die retina bestaan uit miljoene klein reseptorselletjies wat die prentjies wat jy sien, ontvang. Daar is omtrent ses miljoen spesiale stafies en keëltjies laat n mens dinge mooi helder en in kleur sien. Die prentjie verkyn op die retina nadat dit deur die horingvlies, die lens en die vog gegaan het. Die prentjie op die retinaskerm is onderstebo en andersom as wat jy dit werklik sien. Agter aan die retina-skerm is n bondel klein senuweedraadjies geheg. Hierdie bondel word die gesigsenuwee of optiese senuwee genoem. Dit dra die boodskap na die brein dat n prentjies gesien is. Die brein keer die prentjie weer regop en stuur n gepaste boodskap na die regte deel van jou brein, bv.: Hier kom n motor aan. Moenie nou oor die straat stap nie. n Pasgebore baba se breintjie sien die wêreld onderstebo! Dit duur n tydjie voordat sy brein leer om die beelde reg te draai. Oogprobleme Wanneer die lig in die oog skyn, buig die lens die lig om dit op die retina te fokus. Die beeld moet presies op die retina val, nie daarvoor of daaragter nie. Dit gebeur nie altyd nie. Mense wat bysiende is, kan nie ver voorwerpe duidelik sien nie. Hulle oogappels bult uit, sodat die lens die lig voor die retina fokus. Bysiendheid kan reggemaak word met plastiek- of glaslense. Die lense is ingebuig soos n kom. Ons noem dit konkawe lense. Die lense help dat die lig mooi op die retina fokus. Sommige mense is weer versiende. Versiende mense se oogappels is dikwels korter of platter as wat dit moet wees. Hulle kan ver voorwerpe sien, maar dit wat naby is, is dof. Die oog se lens fokus die lig agter die retina. Dit word reggemaak met lense wat uitbol, of konvekse lense. Baie mense word versiende wanneer hulle ouer word. Dit gebeur omdat die spiere om die oë swakker word. Die spiere wat die lens beheer, word te swak om die vorm van die lens te help verander, en die lens kan dus nie meer die ligstrale buig om reg te fokus nie. Die keëltjies op die retina sorteer die kleure wat jy sien. Sommige mense se keëltjies werk nie soos hulle moet nie. Díe mense kan nie die verskil tussen sekere kleure sien nie, veral rooi en groen. Hulle is kleurblind. Blindheid Blindes moet leer hoe om sonder sig klaar te kom. Onderwysers help hulle om hulle ander sintuie in plaas van hulle oë te gebruik. Blindes kan leer hoe om byna enigiets te doen. Hulle leer lees met Braille, n spesiale alfabet met opgehewe kolletjies. Blindes gebruik dikwels gidshonde om hulle te help om veilig van een plek na n ander te beweeg. Ander gebruik stokke om te voel waar hulle moet loop. 60

Dit kan baie gevaarlik vir n blinde persoon wees om n besige straat oor te steek. In sommige stede maak verkeersligte by oorgange n geluid sodra dit veilig is om oor te steek. Baie blindes gebruik n gidshond om hulle te help om oor die weg te kom. Pas jou oë op Wees versigtig wanneer jy skerp voorwerpe gebruik. Skerp voorwerpe kan in jou oë steek en jou blind maak. Mense kan by hulle werk gevaar loop met chemikalieë wat spat, splinters, vonke van masjienerie en stof. Sulke mense moet altyd skerm- of stofbrille dra. Baie helder lig kan n mens verblind. Dra liewer n donkerbril om jou oë te beskerm. Om heeldag in swak lig te werk of woorde en beelde op n skerm of video te volg, vermoei die oë. Soms kry n mens ook hoofpyne wanneer jy jou oë ooreis. Die oor Die oor bestaan uit drie dele: die buite-oor die middeloor en die binne-oor Die buite-oor Geluide beweeg in golwe deur die lug. Die oorskulp vang die klankgolwe op en stuur hulle deur n kort pypie of gehoorgang. Aan die einde van die gehoorgang is daar n dun vlies, die trommelvlies. Klankgolwe raak die trommelvlies en laat dit tril of vibreer. Die middeloor Net agter die trommelvlies is die middeloor wat met lug gevul is. Die middeloor het drie klein beentjies. Hulle name sê duidelik hoe hulle lyk. Ons noem hulle die hamer, die aambeeld en die stiebeuel. Hierdie drie klein beentjies vang die klanktrillings van die oortrommel op en gelei die klanke verder na die binne-oor. 61

Die binne-oor Die binne-oor word deur die skedelbene beskerm. Binne-in die holte is daar n styf opgerolde pypie, die koglea. Dit is met vloeistof gevul. Klanktrillings laat die vloeistof beweeg. Die klanktrillings word verander in impulse wat deur die senuwees na die brein gestuur word. Die oor en balans Die ore word nie net gebruik om te hoor nie, maar hulle help ook om balans te behou. In die binne-oor is daar drie bogies. Hulle is pypies wat soos halwe sirkels lyk. Dit is die halfsirkelvormige kanale. Twee staan regop en een lê plat. Die vloeistof in jou binneoor beweeg saam wanneer jy beweeg. Die bewegings word deur fyn haartjies in die halfsirkelvormige kanale opgevang. Die haartjies buig met elke beweging en laat weet jou brein in watter rigting jou kop beweeg. So kan jy jou balans behou. n Siekte van die binne-oor kan n mens duiselig laat voel. As jou balans versteur word, val jy om. Oorprobleme Soms kry n mens oorinfeksies wat sommer baie seer is. Vloeistof bou soms in die middeloor op en veroorsaak dat n mens nie mooi kan hoor nie. n Dokter kan dit genees deur n klein gaatjie in die trommelvlies te maak om die vloeistof uit te laat. Die dokter kan n dun pypie in die trommelvlies plaas om die gaatjie vir omtrent drie maande oop te hou. Baie kinders het sulke pypies in hulle ore en voel dit nie eers nie. Hulle moet egter versigtig wees om nie water in hulle ore te kry nie. Beskerming van die oor Die meeste dele van jou oor is binne-in die skedel sodat die harde bene die middelen binne-oor beskerm. Die oorkanaal word deur haartjies en geelklewerige oorwas beskerm. Vuilheid wat by die oor inkom word deur die oorwas vasgevang sodat dit nie na die middel- of binne-oor gaan nie. Soms pak oorwas saam en blokkeer die oorkanaal. n Dokter kan dit sonder enige gevaar uithaal. Klein kindertjies steek soms voorwerpe in hulle ore. Dit kan baie gevaarlik wees. Moet nooit iets in jou oor steek nie. Moenie probeer om iets uit te krap nie. Besoek liewer n dokter as n voorwerp of insek nie maklik uitkom nie. n Dokter is besig om te toets hoe n seun op verskillende klanke reageer. Die seun dra oorfone sodat hy net die klanke van die masjien kan hoor. Hy sê wat hy kan hoor en die dokter maak aantekeninge. 62

Harde geraas kan gehoor beskadig. Geluidsterkte word in desibels gemeet. n Gewone gesprek se geluidsterkte is omtrent 60 desibels. By n popkonsert kan dit selfs meer as 100 desibels wees. Sommige masjinerie se geraas is 110 desibels, en die boormasjien van n padwerker 120 desibels. n Straalvliegtuig se geraas is 130 desibels. Hierdie geluidsterktes is gevaarlik. Mense wat geraas oor n lang tydperk moet verduur, moet oorpluisies of oorskutte gebruik om hulle ore te beskerm. Doofheid Kinders wat doof is, gaan na spesiale skole vir dowes. Hulle leer praat en hoor deur fyn na die bewegings van mense se lippe te kyk. Ons noem dit liplees. Dowe kinders word geleer om klanke te verstaan deur trillings of vibrasies te voel. So kan n onderwyseres byvoorbeeld n ballon tussen haar gesig en die van die kind hou. Die onderwyseres se stem sal teen die ballon tril. Die kind raak aan die ballon en voel die trillings. Die dowe kind probeer om dieselfde klanke met dieselfde trillings na te maak. Deur te oefen kan die dowe kind leer om sy stem te beheer en te praat. Smaak Die tong n Ander manier om te praat is deur gebaretaal. Die hande en liggaam word gebruik om woorde of sinsdele aan te dui. Soms word gebaretaal in televisieprogramme vir dowes gebruik. In sommige gevalle van doofheid kan n gehoorapparaat help. Dis n klein masjientjie wat agter die oor inpas en die klank versterk. Ons proe met ons tong. Die tong is bedek met klein knoppies wat papille genoem word. Hulle laat die tong grof voel. Op elke papil is daar n groep selletjies wat smaakbekertjies genoem word. Deur n sterk vergrootglas kan jy die smaakbekertjies op jou tong sien. Elke smaakbekertjie lyk amper soos n blomknoppie. Hoe proe n mens? Die binnekant van jou mond is altyd nat. Dit bevat n vloestof wat speeksel genoem word. Jy kou kos in jou mond en die tande breek dit op in klein stukkies. Terwyl jy kou, meng klein stukkies kos met die speeksel. Hierdie vloestof spoel oor die smaakbekertjies. Die fyn haartjies op die smaakbekertjies kry die smaak daarvan. Die senuwees in die tong stuur boodskappe na die brein om dit te laat weet wat jy proe. 63

Bitter Suur Sout Soet Probeer om iets wat soet, sout, suur en bitter is, op jou tong te sit. Kan jy sê watter dele van jou tong sensitief is vir die verskillende smake? Vier verskillende smake Daar is vier verskillende soorte smaakbekertjies. Elke soort is op n ander plek op die tong en proe n ander smaak. Die smaakbekertjies agter op die tong proe bitter smake. Suur smake word aan die kante van die tong geproe, smaakbekertjies aan die kante van die tong se voorpunt proe sout smake. Voor op die tong is die smaakbekertjies wat soet smake proe. Smaakimpulse gaan taamlik stadig na die brein. Dit kan n paar sekondes duur voor jy weet hoe iets smaak. Waarom moet ons kan proe? Jou smaaksintuig kan jou lewe red. Plante met n bitter smaak is dikwels giftig. Slegte kos, soos bedorwe vleis kan n mens siek maak of selfs die dood veroorsaak. Dit smaak sleg. Die smaaksintuig keer dat ons die slegte kos eet. Smaak help jou ook om kos te kan geniet. Dink net hoe eentonig eet sal wees sonder smaakbekertjies! Reuk Jou neus het twee take: om asem te haal en om te ruik. Agter die neus is daar n groot opening wat die neusholte genoem word. Bo in die neusholte lê die sensoriese reseptore wat reuke opvang. Fyn sensoriese haartjies steek by die slymvlies uit. Wanneer jy snuif of hard asemhaal, word lug na die boonste deel van die neusholte ingetrek. Die lug vloei oor die reseptore. Sommige goed soos blomme gee fyn deeltjies in die lug af. Hierdie deeltjies is in die lug wat jy inasem. Die sensoriese haartjies tel die reuk van hierdie deeltjies op. Die senuwees stuur dan n boodskap na die brein. Daar is 15 soorte reseptore wat die verskillende reuke ontvang en sorteer sodat jy dit kan herken. So kan jou reuksintuig meer as 10 000 verskillende soorte reuke rondom jou herken. Die mond, neus en keel is met mekaar verbind. Daar is dus n baie sterk verband tussen die smaak- en reuksintuie. Die smaaksintuig is nie baie sterk nie. Wanneer jy iets eet, help die reuksintuig jou om die smaak daarvan te kry. As jy verkoue het, en jou reuksin nie goed werk nie, verloor jy nogal heelwat van jou smaaksin. Jy kan dan nie goed proe wat jy eet nie. 64

Gevoel Jou tas- of gevoelsintuig vertel vir jou alles oor hoe dinge voel. Die binneste laag van jou vel word die onderhuid of dermis genoem. Daar is miljoene sensoriese ontvangers of reseptore in hierdie binneste laag. Elke soort reseptor vertel die brein omtrent een soort gevoel. Sommige reseptore kan sê of iets grof of glad, sag of hard, droog of nat is. Ander reseptore kan voel of iets warm of koud is. Nog n ander stel reseptore vertel die brein as daar n harde stoot, of drukking is. kouereseptor drukreseptor haar pynreseptor epidermis dermis vetlaag hittereseptor senuweevesels tasreseptor Die belangrikste gevoel is pyn. Pyn waarsku die brein dat iets skadelik is vir jou liggaam. Die pynreseptore help jou om jou liggaam teen besering te beskerm. Daar is meer gevoelreseptore in die tong, lippe, vingerpunte en haarwortel as in ander dele van die liggaam. Wanneer jy koud kry, laat die koue n spiertjie beweeg sodat die haartjie regop staan. Dit vorm hoendervleis op jou vel. Ons liggame het baie fyn haartjies. Wanneer hulle regop staan, vang hulle die lug vas en hou ons warm. Beskerm jou vel Warm son kan die vel verbrand. Die vel moet ook beskerm word teen verbranding, skroeiwonde of beskadiging deur chemikalieë en ander dinge. Mense wat in groot hitte of met gevaarlike chemikalieë werk, moet spesiale klere en handskoene dra. Wees dankbaar vir jou sintuie en beskerm jou liggaam Ons sintuie is kosbare gawes van God, en ons het hulle baie nodig. Daar is mense wat nie so bevoorreg is om die gebruik van al hulle sintuie te hê nie. As ons goed kan hoor, sien, ruik, proe en voel moet ons baie dankbaar wees daarvoor en ons liggame mooi oppas en beskerm. 65