ANTIPAS HEROUT. OOR ONS ONDERWERP is. No 53 DIE KERK EN DIE STAAT

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Profetiese woord vir 2017 en verder

God se Woord. God se Wil

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Dawid die Skaapwagter

Seisoen van die Gees

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Josua - van jongs af n leier

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Daar is konflik in die gemeente

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

BYBELS-GESONDE GESINNE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

GEBED VIR KERKLEIERS

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

KRAG VAN TRANSFORMASIE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die kerk van die Woord

DIE AA NDBOODSKA PPER

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Die kerk onderweg na die een en twintigste eeu: 'n Kritiese besinning oor kerkwees in 'n veranderende konteks in Suid-Afrika

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Deur Christus Alleen

Transcription:

ANTIPAS HEROUT Antipas, My getroue getuie (Op 2:13) No 53 DIE KERK EN DIE STAAT Bybelse beginsels wat, as dit maar deur die eeue gerespekteer en gehoorsaam was, oneindig baie smarte sou verhoed het. Nico van der Walt OOR ONS ONDERWERP is geen gedeelte in die Nuwe Testament belangriker as Rm 13:1-7 nie. Minstens 4 uiters belangrike beginsels hieroor kom daarin na vore. Maar eers is 'n historiese inleiding nodig - juis omdat die verhouding tussen kerk en staat so 'n kardinaal belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van die kerkgeskiedenis. Daar was deur die eeue 'n intense stryd tussen die twee instansies om oppermag, en gewis was dit een van die invloedrykste faktore in die vorming van die kerk (en sekerlik die staat) soos ons dit vandag ken. Tot vandag toe heers daar baie verwarring in Christengemoedere oor hierdie saak. Spesifiek hier by ons was skewe sieninge voor 1994 aan die orde van die dag, en sedertdien gaan talle kerke steeds deur 'n moeilike identiteitskrisis in hul soeke na hulle plek in 'n nuwe Suid-Afrika. 'n Historiese voëlvlug oor die verhouding tussen kerk en staat klaar egter baie vrae op. DIE VERHOUDING TUSSEN KERK EN STAAT IN DIE GESKIEDENIS 1 Sakralisme Deur die eeue was daar twee 1. Baie van hierdie historiese oorsig is ontleen aan Leonard Verduin, The Reformers and their Stepchildren, Eerdmans, 1964. uiterste standpunte wat hierdie verhouding betref - en nie een het gehelp om die verwarring op te klaar nie; inteendeel. Eerstens was daar dikwels 'n verwarring oor en oorvleueling van die rolle van kerk en staat. Dit lei dan dikwels tot iets van 'n gelykstelling van kerk en nasie - soos in die stelling: "die Afrikaners is 'n Christenvolk." Daarenteen kry jy in die geskiedenis soms 'n radikale skeiding tussen die staat en die kerk, wat tot 'n groot mate neerkom op 'n skeiding tussen die staat en God. Hiervolgens het Christene niks met politiek te doen nie (piëtisme) en die staat heers outonoom met sy gesag gebaseer op die wil van die volk - die vox populi. Dit hang gewoonlik saam met humanistiese sekularisme. A l l e v o o r - C h r i s t e l i k e gemeenskappe was sakraal van aard. Dit is wanneer 'n volk saam gebind word deur 'n gemeenskaplike religieuse lojaliteit - wanneer almal toegewy is aan dieselfde godsdiens. Babilon was 'n voorbeeld hiervan. In Dn 3 lees ons hoe een en elkeen koning Nebukadnesar se goue beeld moes aanbid. Ook die Ou Testamentiese verbondsvolk was so 'n monolitiese, sakrale gemeenskap. Wat die Antipas Herout No 53 Bladsy 2 van 12

godsdiens betref, was daar geen sprake van 'n vrye keuse nie. Dis waarom die Jode van Jesus se dag nie vrede daarmee kon maak om belasting aan die Romeinse keiser te betaal nie. Toe hulle Jesus in 'n strik wou lei, het hulle hom gevra of Hy dink dis geoorloof om dit te doen (Mt 22:15-22). Die Here se antwoord is vol betekenis: "Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort." Die implikasie is duidelik: hier is twee afsonderlike lewensfere wat mens uitmekaar moet hou; trouens, jy moenie dit laat vervloei nie. Die Nuwe Testament, in die besonder die Here Jesus, het dus 'n radikaal nuwe idee in die wêreld van destyds ingedra. Wat vandag vir ons voor die hand liggend en alledaags is, was tóé rewolusionêr. Niemand het ooit vantevore godsdiens en regering só van mekaar geskei nie. Sonder dat die Nuwe Testament enigsins legitimiteit verleen aan enige nie-christelike godsdiens, aanvaar dit die féít van 'n verskeidenheid van godsdienste in 'n gevalle wêreld. Dit aanvaar dat die gemeenskap 'n samestelling van verskillende belangegroepe en lewensfere is. Dit aanvaar dat die samelewing nie homogeen is nie, maar heterogeen. Dit aanvaar die feit dat almal nie in dieselfde tempel aanbid nie. Wat die Nuwe Testament betref, kan twee mense rustig en in vrede op die markplein met mekaar handel dryf, al verskil hulle religieus soos dag en nag. Die Nuwe Testament voer dus iets radikaals nuut in die wêreld van destyds in: die aanvaarding van 'n gemeenskap waarin keuse ingebou is. Die voor-christelike wêreld was voor die voet amper keuseloos. Die Here Jesus leer oor en oor: ~ Die samelewing bestaan uit 2 groepe mense: hulle wat aan Hom behoort, en die res. So praat Mt 7 byvoorbeeld van twee poorte, twee paaie, twee huise, twee fondasies, twee bestemmings. ~ Sy dissipels is in, maar nie van die wêreld nie. ~ Sy dissipels is die sout van die aarde. Sout is totaal anders as die vleis wat dit moet bewaar; en tog werk dit net as daar intieme kontak is. ~ In die gelykenis van die onkruid tussen die koring (Mt 13:24-30) groei die koring tot en met die oesdag sy aan sy met die onkruid. ~ Die skeidslyne in die saamgestelde samelewing loop regdeur gesinne en families: "Ek het gekom om tweedrag te bring tussen 'n man en sy vader en tussen 'n dogter en haar moeder, tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder; ja, 'n man se huismense sal sy vyande wees" (Mt 10:35-36). Waarlik, die Here Jesus het gekom om 'n nuwe mensheid middein die ou mensheid te skep - vreemdelinge, bywoners en pelgrims in hierdie wêreld. Die vroeë kerk het dit verstaan. Diognetus skryf: "Hulle bewoon die land van hulle geboorte, maar as bywoners en reisigers; hulle neem aan alles as burgers deel, maar beleef dit tog soos besoekers. Elke vreemde land is vir hulle soos 'n vaderland, en elke vaderland soos 'n vreemde land. Hulle woon op aarde, maar hulle burgerskap is in die hemel." Die grootste enkele rede vir die vervolging van Christene in die eerste eeue deur die Jode en die Romeine, is die feit dat sakrale stelsels geen vreemde boodskap kan duld nie - want dit bedreig die kulturele en godsdienstige homogeniteit. Die idee agter al die godsdienste wat vanuit die mens ontwikkel, is do ut des: ek gee sodat jy sal gee. Mens dien dus die gode sodat hulle na jou kan omsien. Nou volg dit noodwendig: godsdienstige afvalligheid vertoorn die gode en lei gevolglik tot straf. Katastrofes beteken daarom dat die gode kwaad is. Volgens die Romeine het die Christene - "ateïste" deur hulle genoem - die gode uitgedaag. En as sodanig was die dissipels van J e s u s s e g o d s d i e n s t i g e jukskeibrekery die oorsaak van min of meer alle rampe. Om hulle te vervolg, sou dus die gode paai en as sodanig versoeningswaarde hê. Die kerk se sondeval Die vierde eeu het egter radikale veranderinge gebring. Ten spyte van felle vervolging het die kerk tydens die voorafgaande eeue met rasse skrede gegroei. Daarteenoor het dit al hoe slegter met die Romeinse Ryk gegaan. Sommige heidense denkers het gevolglik só begin redeneer: Aangesien die Christene se God kennelik sterker is as die Romeine se gode, moet die tradisionele gode dalk plek maak vir die Christelike God. Dan sal dit weer beter gaan met die Ryk. Ongelukkig het sommige naïewe Christenleiers hierin 'n geleentheid gesien - sonder om die Here Jesus se woorde in ag te neem, "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie." Wat hulle betref, sou dit 'n wonderlike koninkryksdeurbraak wees as die Romeinse Ryk húlle geloof aanneem. Reeds in 250 n.c. het Origines voorbrand hiervoor begin maak: "As die hele Romeinse Ryk sou verenig in aanbidding van die ware God, sal Hý vir hulle veg." Christelike sakralisme het sy lelike kop begin optel! En inderdaad het Christelike Antipas Herout No 53 Bladsy 3 van 12 Antipas Herout No 53 Bladsy 4 van 12

sakralisme (as daar so iets kan wees) in die tyd van keiser Konstantyn 'n werklikheid geword. As Konstantyn (274-337) keiser word, erf hy groot probleme. Die Ryk was besig om uit mekaar uit te val. Maar dan kry hy sy baie bekende visioen: 'n kruis in die wolke. En volgens hom hoor hy hierdie woorde: In hoc signo vinces (Oorwin in hierdie teken!). Hy het duidelik min van die evangelie verstaan, aangesien hierdie sogenaamde visioen 'n radikaal onbybelse betekenis in die kruis inlees. Konstantyn het homself wysgemaak dat die evangelie die kuur is wat die Ryk sou red. Daarvoor was dit egter nodig dat die ganse bevolking die evangelie aanneem - almal moes in die kerk wees. Religieuse konsensus was die antwoord. Hoe gemaak? Die kinderdoop (wat sedert die begin van die derde eeu wel op 'n baie beperkte skaal voorgekom het) sou die instrument word om een en elkeen tot die institusionele kerk toe te voeg. Per slot van rekening is dit makliker om iemand water toe te dra, as om hom self soontoe te laat loop. Van nou af sou elke nuwe aankomeling in die Romeinse Ryk op hierdie wyse deel van die kerk word en sou die hele bevolking, kop vir kop, binne een geslag deel daarvan wees - en die Romeinse Ryk sou die Heilige Romeinse Ryk word! En hierdie ryk sou 'n nuwe god hê om na hom om te sien. So het Konstantyn geredeneer. Teen die einde van die vierde eeu sou die Christelike geloof onder Theodosius I die enigste wettige godsdiens van die ryk word - tipies van 'n sakralistiese stelsel. Die wiel draai, word gesê. En inderdaad, want die vervolging wat die Christene altyd gely het, het nou op die aanhangers van die tradisionele heidense godsdienste neergekom. Sk ielik het die vervolgdes die vervolgers geword, en omgekeerd. Soos altyd, het die nuwe sakralisme weereens min geduld gehad met jukskeibrekers. Ware Christene, wat geweet het waaroor dit regtig gaan, kon die nuwe bedeling hoegenaamd nie aanvaar nie. En so het die Donatisme ontstaan. Dit was 'n protesbeweging teen die huwelik tussen staat en kerk, asook die tragiese vervlakking wat as gevolg daarvan binne die institusionele kerk ontstaan het. Die vraag was: wat is die aard van die ware kerk? En in watter verhouding staan dit teenoor die wêreld om hom? Die antwoorde hierop het uiteengeval in twee wedersyds uitsluitende antwoorde. Die Corpus Christianumstandpunt het gedink in terme van 'n liggaam van Christelikes - 'n Christelike samelewing, met 'n kerk wat almal voor die voet insluit. Dit was die standpunt van die owerhede en die staatskerk van destyds. ~ Die Corpus Christistandpunt het gedink in terme van die liggaam van Christus - wat as 'n kleiner en radikaal verskillende gemeenskap van ware gelowiges binne die breër samelewing bestaan. Dit was die standpunt van die Donatiste en andere wat soos hulle as sektaries gebrandmerk is. D o n a tism e is uiteindeli k onderdruk, en die Rooms Katolieke Kerk is gebore. Van nou af sou Christelike sakralisme en die Corpus Christianum-idee die septer swaai. Die sestiende eeuse Reformasie 'n Duisend jaar later sou die eerste Reformatore gekonfronteer word met die sakralisme wat steeds in Europa die botoon gevoer het. Aan die begin wou die vroeë Hervormers, Luther en Zwingli, die huwelik tussen kerk en staat ontbind. Ook is dit gedokumenteer dat hulle aanvanklik wou ontslae raak van dit wat sakralisme in stand hou, naamlik die kinderdoop. 2 2. Verduin, p.38, 196; en Erroll Hulse, An Introduction to the Baptists, Carey Publications, 1976, p.15-16. D i e s t a a t h e t e g t e r onmiddellik met 'n ysterhand ingegryp. Só maklik sou hy nie sy greep op die volk afstaan nie. Want die owerhede het geweet dat jy 'n samelewing beheer as jy sy godsdienstige sentimente beheer. En hierdie beheer sou spoedig uit hulle hande glip as die belydenisdoop weer algemene praktyk sou word. 'n Groot meerderheid van die samelewing sou hulle immers nie laat doop nie, en hulleself gevolglik nie as gelowiges en deel van die kerk ag nie. Voorts het die owerhede geweet dat jy een groot instituut - die staatskerk - kan beheer, maar dat dit onmoontlik word in die geval van 'n groot verskeidenheid kleiner groepe wat hulle in afsonderlike en onafhanklike gemeentes bevind. Voeg daarby dat sulke gelowiges - anders as die massas in die volkskerk wat skaapagtig agter hulle leiers aanstap - as 'n reël mense van oortuiging is wat dinge verstaan en vir hulleself dink, en jy begryp waarom destyds se staatsowerhede die belydenisdoop met die swaard vervolg het. Die Reformatore was dus vasgevang in 'n verskriklike dilemma. Óf hulle moes sterf vir kardinaal belangrike waarheid (die Corpus Christi-waarheid), óf hulle moes daarvan vergeet en bly lewe om 'n nog méér fundamentele waarheid te verkondig aan 'n Europa in geestelike stikdonkerte. Anders as die Anabaptiste (wederdopers), het hulle Antipas Herout No 53 Bladsy 5 van 12 Antipas Herout No 53 Bladsy 6 van 12

gekies om kompromie te maak en te bly lewe en voort te gaan met die prediking van regverdiging deur die geloof alleen (met behoud van die kinderdoop). En dit sou hulle onder die beskermende vlerke van moedertjie staat doen. Noodwendig het daar op hierdie punt 'n skeuring in die geledere van die pasgebore reformasiebeweging ontstaan. Die Anabaptiste het die Reform atore van skreiende k om prom ie besk uldig. Hulle standpunt was dat dit van lewensbelang is dat die kerk waarlik kerk moet wees, en dat dissipels van die Here Jesus bloot die roeping het om Hom te gehoorsaam, terwyl hulle die gevolge in Sy hande laat. In beginsel is hulle natuurlik reg, maar wie van ons sien kans om die Reformatore te veroordeel? Inderdaad is tienduisende Anabaptiste in die volgende jare vermoor - deur veral die staat en die Rooms-Katolieke Kerk. Maar helaas was die Reformatore en hulle medewerkers se hande nie heeltemal sonder bloed nie. Want kompromie bring altyd onsekerheid, en onsekerheid bring hardvogtigheid. N a t u u r l i k m o e s d i e Reformatore hulle besluit en standpunt regverdig. Die Ou Testament - sakraal in sy boodskap en praktyk - is sonder behoorlike i n a g n e m i n g v a n d i e o p e n b a r i n g s g e s k i e d e n i s s e ontwikkeling, hiervoor ingespan. Om die kinderdoop te regverdig, is die kontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond oorbeklemtoon, terwyl die diskontinuïteite - soos deur die Nuwe Testament geleer - verwaarloos is. En gou-gou het Christelike sakralisme, sogenaamd, en die kinderdoop meer aansien as ooit geniet. Die Reformatore het spoedig begin om belydenisskrifte te skryf - waarvoor die kerk van alle eeue hulle innig dankbaar moet wees. Een probleem het egter soos 'n seer duim uitgestaan: sakralisme en die gepaardgaande kinderdoop. En o m d a t o n s v a n f o r m e l e belydenisskrifte praat, beteken dit dat die probleem in beton gegiet is. Vergelyk byvoorbeeld die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 36. Hierteenoor het die Anabaptiste, en die latere Baptiste, konsekwent gepleit vir die skeiding tussen kerk en staat. Die geskiedenis help ons om vandag te verstaan Hier het ons die historiese redes vir die hardnekkige vashou aan die kinderdoop tot vandag toe - 'n praktyk wat net eenvoudig nie die toets van 'n nugtere Skrifondersoek kan slaag nie. En hier is die historiese redes vir die sakralisme wat vir soveel jare die Afrikaner se denke oorheers het, en verantwoordelik was vir soveel ellende in die Afrikanerpolitiek. En hier is die historiese redes vir baie van die (onnodige) wroeginge waardeur talle Afrikaner-Christene sedert 1994 gaan. Laat ons onthou dat wat Christene tans in ons land ervaar, tipies is van die vreemdelingskap wat die ware kerk deur die eeue en orals ter wêreld ervaar. Trouens, dit gaan met ons nog baie, baie goed. Hierdie historiese agtergrond help om die uiters belangrike implikasies van Rm 13 des te beter te begryp. V I E R F U N D A M E N T E L E BEGINSELS IN RM 13 1. Alle regerende gesag word soewerein deur God ingestel (Rm 13:1). God is die oorsprong van alle menslike gesag. Dit geld vir seker ook vir staatsgesag. Hierdie stelling in Rm 13 is hoogs betekenisvol, veral as mens in ag neem vir wie dit geskryf is. Die Romeinse Christene was onder die hiel van 'n goddelose en heidense regering wat deur gewelddadige verowering en onderwerping aan bewind gekom en gebly het, en diktatoriaal sy onderdane op hulle plek gehou het. Die owerhede was korrup, en het almal vervolg wat van hulle verskil het - in die besonder die gemeente van Christus. Die vraag is dus nie of die regering onder wie ons ons bevind de jure, oftewel wettig is nie. Die Bybel praat van alle de facto regerings, diegene wat op 'n gegewe moment aan die stuur van sake is. Beteken dit dat Christene 'n klomp ruggraatlose papperds moet wees wat maar passief alles aanvaar wat oor hulle kom? Inteendeel! Dit gaan hier daaroor dat Christene weet dat die koninkryk waaraan hulle behoort nie van hierdie wêreld is nie, en dat die uitlewing van hulle roeping hier op aarde grootliks onafhanklik is van wie op 'n gegewe moment op die wêreldse troon sit. Die Here gebruik wie Hy wil om die gevalle mensheid in bedwang te hou en te stuur soos Hy wil. En Sy gemeente gaan onverstoord voort met die uitdra van die evangelie, ongeag wie regeer. Hieruit moet ons nie aflei dat Christene hoegenaamd nie by politiek betrokke behoort te raak nie. Nee, die Here het orals getuies en instrumente, en Hy lei gewis van Sy kinders om ook dáár hulle lig te laat skyn. Wat wel waar is, is dat 'n Christen twee maal sal dink voor hy hom in die politiek begewe. Dit is per slot van rekening 'n uiters gevaarlike omgewing vir die gelowige, en 'n lewe van dissipelskap kan daar baie, baie moeilik en ingewikkeld wees. Dit is baie betekenisvol dat die vroeë Baptiste, wat baie swaar gekry het onder die hiel van die owerhede, ronduit bely dat dit in orde is vir 'n Christen om 'n "magistraat" te wees - 'n term wat alle politieke ampte Antipas Herout No 53 Bladsy 7 van 12 Antipas Herout No 53 Bladsy 8 van 12

gedek het (1689 Baptistebelydenis, h.24.2). 2. Die taak van 'n regering is om behoorlike orde te handhaaf binne sy verantwoordelikheidsfeer (Rm 13:3, 4, 6). Elke ingestelde outoriteit het sy eie g e s a g s f e e r. D á á r i s h y verantwoordelik, nie wyer nie. Gesag en toerekeningsvatbaarheid loop altyd hand aan hand, en noodwendig kan niemand aanspreeklik gehou word vir dit wat buite sy grense gebeur nie. Dit geld orals, of dit nou die werksplek is, of die gesin, of die gemeente, of die owerheid. Die owerheid moet sosiale en burgerlike geregtigheid, vrede en orde handhaaf. Hierdie taak het twee kante. Positief moet dit wat sosiaal en burgerlik goed en reg is, bevorder en verdedig word. Negatief moet ongeregtigheid, misdaad en geweld bekamp word. In Rm 13 is daar 'n sterker beklemtoning van die negatiewe. Terwyl 'n regering vryheid en lewensruimte vir sy burgers moet verseker, doen hy dit grootliks deur die kragte van selfvernietiging en wanorde in 'n gevalle wêreld te bedwing. Dit is dus in Sy algemene genade dat God regerings instel. Soos wat regerings hulle opdrag uitvoer, skep hulle 'n konteks waarbinne die raadsplan van God sy loop kan hê - stel hulle 'n kanaal daar waarin die koms van die koninkryk kan vloei (1Tm 2:1-2). Uiteraard het 'n regering baie geld nodig om sy taak te verrig. En aangesien die owerhede in God se diens staan, beveel Hy ons om ons belastings getrou te betaal. Dit geld nie net inkomstebelasting nie, maar ook alle ander vorms daarvan, soos B.T.W., lisensies, eiendomsbelasting, ensovoorts Dit word spesifiek deur ons teks (6, 7), asook ander gedeeltes in die Nuwe Testament beklemtoon (Mt 22:15-22; Mk 12:13-17; Lk 20:19-26). 3. Die mag van die swaard word aan regerings verleen om hulle in staat te stel om goeie orde te handhaaf (Rm 13:4) Elke staat het die fundamentele, Godgegewe reg om dwang te gebruik. Die Here weet dat regerings hulle taak in 'n sondegevalle wêreld moet uitvoer. Die voorwaarde vir goeie orde in 'n samelewing is onderlinge respek en konsiderasie, maar die gevalle mens is ongeneeslik selfsugtig. Helaas, in die geval van baie mense is méér dus nodig as opvoeding en suggestie. 'n Ferm en sterk hand van afdwinging is noodsaaklik. Wanneer nodig, kan die staat se mag van dwang tot uiterste maatreëls strek. Die "swaard" in v.4 is meer as 'n simbool van gesag; dit dui op die mag van lewe en dood. Die algemene manier destyds om die doodstraf te voltrek, was onthoofding met 'n swaard (só het die skrywer van Rm 13 ook uiteindelik gesterf!). 4. Dit is God se opdrag dat alle mense hulle moet onderwerp aan die owerhede wat oor hulle gestel is (Rm 13: 1, 5b). Die woord "onderwerp" (1) impliseer dat die verantwoordelikheid vir 'n ordelike samelewing in die eerste instansie by elke individuele burger lê - en wel daarin dat hy "homself onder die owerheid plaas" (Gr. letterlik). Christene neem hierdie roeping uiteraard ernstig op. As 'n Christen homself, sover dit enigsins moontlik is, aan selfs 'n heidense owerheid onderwerp, impliseer dit ten minste twee dinge: Eerstens sê dit dat hy 'n respek het vir God se instelling. As sodanig bring hy hulde aan die groot en soewereine Wetgewer. Tweedens lewer dit 'n getuienis teenoor hierdie wêreld met sy wetteloosheid en gevallenheid. Dit beteken nie dat 'n Christen se gehoorsaamheid aan die owerheid ongekwalifiseerd is nie. Soos alle menslike gesag, is ook hierdie gesag relatief. Daar is bepaalde grense wat regerings nie mag oorsteek nie. W a n n e e r i s b u r g e r l i k e ongehoorsaamheid geregverdig? As die regering iets beveel wat God in Sy Woord verbied; en as hy iets verbied wat God in Sy Woord beveel. (Hd 4:19; 5:29, 40-42). Die Bybelse aksent is egter op onderwerping, eerder as op die reg tot ongehoorsaamheid. Daarom moet ons gesindheid teenoor die owerhede nie net passief wees nie, maar ook aktief: Ons word beveel om vir hulle te bid (1Tm 2:1-2). 'N PAAR SLOTOPMERKINGS 1. Sowel kerk as staat is instellings van God. 2. Kerk en staat word egter geroep om in verskillende sfere in God se diens te staan. Die kerk werk in die area van God se besondere genade: redding van die ewige verdoemenis, aanbidding, evangelieverkondiging, pastorale sorg, en so meer. Die staat werk in die area van God se algemene genade. Dit moet s o v e r m o o n t l i k m e n s l i k e verdorwenheid daarvan weerhou om tot totale ontbinding te ontaard. En dit moet goeie orde in die samelewing handhaaf, sodat dit leefbaar bly in 'n gevalle wêreld. 3. Beide instellings het van God 'n swaard ontvang om sy taak te verrig. Die staat het 'n swaard van staal; die kerk die swaard van die Gees. En nooit, nooit, mag hierdie twee swaarde omgeruil word nie. Die gevalle mens verstaan bloedweinig van die swaard van die Gees (1Kor 2:6-16). En elke keer as die kerk die swaard van staal opneem, is dit grootliks tot oneer van God. In elk geval kan geen uiterlike dwang 'n ware Christen voortbring nie. Die swaard van staal kan oor 'n mens se liggaam heers, nooit oor sy gees nie. Aanbidding, om vir God aanneemlik te wees, moet uit die Antipas Herout No 53 Bladsy 9 van 12 Antipas Herout No 53 Bladsy 10 van 12

mens se hart kom. Gedwonge verering sal Hom tot in ewigheid nie behaag nie. Meer nog, die kerk verloor sy essensie - hy raak tewens antagonisties daarteen - as sy voorskrifte tot wette verhef word vir hulle wat net gebore en nie ook wedergebore is nie. Slegs die Gees van God kan die mens se hart verander en beheer - en Hy doen dit deur die Woord van God. En die staat moet dit respekteer. Daarom mag die regering m e n s e s e g e w e t e n s e n godsdiensbeoefening nooit probeer beheer nie - ongeag hoe verwronge en vals dit ook al mag wees. 4. Die ware kerk het geen behoefte aan 'n vennootskap met die staat nie; hy vermy dit trouens soos die dood self. Die skeiding tussen kerk en staat is 'n nie-onderhandelbare beginsel. Sekerlik sal die kerk nooit vervolging soek nie, maar eerder as om kompromieë aan te gaan wat hierdie beginsel betref, sal hy vervolging in die gesig staar. Laat ons onthou, die geskiedenis toon keer op keer dat die kerk, soos 'n wingerdstok onder 'n snoeiskêr, onder vervolging gedy - onaangenaam en pynlik soos dit mag wees. Dit beteken dat die staat se vyandskap die gemeente van Christus nooit in die diepste sin van die woord kan bedreig nie. Dit kan bloot die konteks verander waarin sy haar roeping moet vervul. 5. Tog leer die Skrif nie dat die staat en die kerk niks met mekaar te doen het nie. Die kerk skep nie kultuur nie, maar dit beïnvloed kultuur - en politiek is 'n belangrike deel van 'n samelewing se kultuur. Waar die evangelie ook al verkondig word, daar raak die samelewing gemeng, bestaande uit diegene in Christus en diegene in Adam. Daarom kan daar nie iets soos 'n Christelike kultuur wees nie (as kultuur dan die erfenis van 'n samelewing in sy geheel is). Daar kan slegs 'n kultuur wees wat tot 'n meerdere of mindere mate deur die evangelie beïnvloed is. Nooit plaas die Nuwe Testament 'n sogenaamde Christelike kultuur teenoor 'n heidense kultuur nie. Dit leer dat die kerk en sy evangelie 'n suurdeeg is in welke kultuur dit ook al teenwoordig mag wees. Die Skrif is doodtevrede om die Christen se stem bloot by al die ander stemme in die kultuurkoor te plaas. Hieruit volg dat die kerk die evangelie positief moet verkondig, en uiters versigtig moet wees om as kerk enige politieke verklarings te maak. Waarskynlik is dit die heel beste as hy hom geheel en al daarvan weerhou. Nee, die kerk se spreke word gehoor in die stemme van sy lidmate, met hulle godvrugtige waardes en oortuigings - in hulle hoedanigheid as burgers van die staat. È Antipas Herout No 53 Bladsy 11 van 12 Die doel van Antipas Herout is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder. Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die fundamentele geloofsvertrekpunte: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen. As u graag die Herout so ongeveer elke 6 weke of 2 maande gratis wil ontvang - per slakkepos of e-pos - stuur u naam, telefoonnommer en tersaaklike adres aan ons verspreidingskantoor of aan Nico & Soniah van der Walt direk, en meld of u dit per slakkepos of e-pos wil ontvang. Antipas Herout, Posbus 12371, Queenswood, Pretoria, 0121; T: 012-8083725 (k.u.); E: admin@reformed.org.za of Nico van der Walt, Posbus 856, Ceres, 6835; T: 023-312 1687; E: nico.vanderwalt@reformed.org.za Massas van ons lektuur, asook ander inligting, is beskikbaar op ons webwerf http://www.reformed.org.za UITGEWERS Antipas Lektuur Posbus 263435, Drie Riviere, 1935 Tel (016) 428 2429 of (016) 423 3391 Nico van der Walt het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna vir amper 'n dekade as siviele ingenieur gewerk. Na 'n radikale bekering en daaropvolgende teologiese studie aan die Potchefstroomse Universiteit, was hy vir meer as twintig jaar stigterspredikant van twee gemeentes. Hy het eers sedert 1984 in die Vaaldriehoek gewerk, en daarna vir 10 jaar in Pretoria as voorganger van die Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente. Hy was ook vir meer as 'n dekade 'n vaste dosent aan die Lynnwoodrif Bybelskool. Aan die einde van 2007 handel hy en sy vrou, Soniah, hulle werk in Pretoria af, met die voorneme om in die Wes- en Suid-Kaap voort te gaan met skryfwerk, tussen-gemeentelike bediening, en gemeenteplanting. Hulle onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis - soos meeste reformatoriese Baptiste oor die wêreld - asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges en gemeentes in Suider-Afrika, waarvan hy dan ook 'n entoesiastiese en aktiewe stigterslid is. Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by andere gekry. Hy glo dis 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.