Prospektus Volwasse Opleiding

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Empathy Ouerhandleiding

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

God se Woord. God se Wil

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Voortrekkerlewe

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Die Anglo-Boereoorlog *

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Josua - van jongs af n leier

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

VBO TWEEDE SEMESTER 2015

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Seisoen van die Gees

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Besprekingsvrae vir selgroepe

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Petrus en die Krag van Gebed

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Jesaja sien die Toekoms

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Petrus en die Krag van Gebed

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

25 Eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees (Josh Reeves)

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

My droomkombuis. Werkboek vir n opknapper

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Leer Beter Dink Module 1 *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

On The Journey n Pinkster /erediens reeks /kamp vir tieners met 5 sessies

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

FREEDO. Man s PURPOSE and the GIFTS of the Spirit J2F Book 1

Transcription:

Prospektus Volwasse Opleiding Kursusse in Die Voortrekkers

Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm gereproduseer of versprei word of in ʼn databasis of opsporingstelsel, sonder die skriftelike toestemming van Die Voortrekkers, gestoor word nie. Weergawe 0.1 2

Inhoudsopgawe 1. Inleiding... 5 1.1 Waarom is opleiding nodig?... 5 1.2 Wie is verantwoordelik vir opleiding?... 5 1.3 Informele opleiding... 5 1.3.1 Mentorskap... 5 1.3.2 Informele opleidingsgeleenthede... 5 1.4 Formele opleiding... 6 1.4.1 Indeling van kursusse... 6 1.4.2 Opleidingsplan... 6 1.5 Aanbieding van kursusse... 7 1.6 Erkenning... 7 1.7 Watter Voortrekkerliteratuur is beskikbaar?... 7 1.8 Formele opleiding opleidingsdiagram... 8 2. Inligting oor kursusse... 9 2.1 Toerustingskursusse... 9 Intreekursus... 9 Spanhanteringskursus... 9 Voortrekkerbestuur... 9 Gemeenskapsleierskursus... 10 2.2 Geakkrediteerde kursusse... 10 Avontuurfasilitering... 10 Aanbiedingsvaar-dighed... 10 Voortrekkerspyse-niering... 10 JOP Wie is ek?... 11 JOP Tydsbestuur... 11 JOP Suksesvolle verhoudings... 11 JOP Probleemoplossing... 11 3

2.3 Verrykingskursusse... 12 Afrikanerlewe... 12 Geskiedenisbevordering...12 Godsdiens in Voortrekkerpraktyk...12 Kampering...13 Kommunikasie...13 Kreatiwiteit...13 Lewenskuns...13 Makkerhulp...14 Mentorskap...14 Praktiese spanhantering...14 Sang en Spele...14 Seekunde...15 Seilkunde...15 Speletjies...15 Seremonies...15 Stap en toer...16 Veldwerk...16 Volksdanse...16 Waterwerk...16 4

1. Inleiding 1.1 Waarom is opleiding nodig? Opleiding is noodsaaklik om al die volwassenes, naamlik offisiere, staatmakers, heemraadslede en jeugvriende, in Die Voortrekkers so goed as moontlik toe te rus om met die jeuglede te werk. Die Voortrekkers wil tydens opleiding ook die volwassenes motiveer om take met oorgawe en entoesiasme te kan uitvoer. Met elke opleidingsgeleentheid sal daar ook genoegsame tyd ingeruim word om mekaar beter te leer ken en jou eie batterye weer vol te laai. Die gebruikswaarde van hierdie opleiding in jou eie werksomstandighede en jou persoonlike selfontwikkeling is ook n goeie rede om soveel as moontlik kursusse by te woon. Volwassenes ontvang opleiding om terug te ploeg in jeuglede se leierskap en karakterontwikkeling. Die Voortrekkers is n geakkrediteerde opleidingsinstelling wat n verskeidenheid van toerusting-, verryking- en geakkrediteerde opleidingskursusse vir volwassenes aanbied. Voortrekkeroffisiere is diensbaar as spanoffisiere, in Voortrekkerkommando s, op Voortrekkerkampe en in die breër gemeenskap. Indien dit nie moontlik is om opleidingsgeleenthede by te woon nie, kan van die kursusse aanlyn gedoen word. Die skakel na die aanlynleer is: https://www.houkoers.co.za/skakels/volwasse Sake. 1.2 Wie is verantwoordelik vir opleiding? Die reglemente van die Voortrekkers bepaal dat elke Voortrekkerkommando n persoon op die dagbestuur (adjunkkommandoleier) moet aanwys om die opleidingsbehoeftes van die kommando aan te spreek. Hierdie aangewese persoon moet al die volwassenes voortdurend op hoogte hou van alle opleidingsgeleentheide wat deur Die Voortrekkers regoor die land aangebied word. Die onderskeie gebiede se opleidingsgeleenthede verskyn op Die Voortrekkers se webblad. Die aangewese persoon kan ook die oordleier, of gebiedsdagbestuurslid wat volwasse sake hanteer, nader ten einde spesiaal n formele of informele kursus in die kommando, oord of gebied te organiseer, afhangende van die behoeftes. Die Voortrekkers verdeel volwasse opleiding in twee hoof kategorieë, naamlik informele opleiding en formele opleiding. Dit word in die volgende paragrawe omskryf. 1.3 Informele opleiding 1.3.1 Mentorskap Senior, ervare, kundige Voortrekkers moet ʼn mentorskaprol vervul teenoor nuwe, onervare Voortrekkers. Die kommandodagbestuur moet toesien dat nuwe spanoffisiere bygestaan word in die hantering van hulle spanne. Die mentor kan enige ervare persoon wees by wie die spanoffisier aanklank vind. Mentorskap is nodig in alle strukture van Die Voortrekkers, maw hoofdagbestuurslede moet toesien dat gebiedsdagbestuurslede bygestaan word. Oordagbesture word gementor deur gebiedsdagbestuurslede, ensovoorts. 1.3.2 Informele opleidingsgeleenthede Informele opleidingsgeleenthede oor aspekte van Voortrekkerwees word van tyd tot tyd deur die onderskeie bestuursliggame gereël waarna Volwasse lede, soos bepaal, genooi word. Tydens sodanige geleenthede kan ʼn informele verrykingskursus, modules van erkende kursusse, spanbou-aktiwiteite, SAS-opleiding, ensovoorts aangebied word. Wanneer die kursus of aktiwiteit voltooi is, kan ʼn bywoningsertifkaat uitgereik word. 5

1.4 Formele opleiding 1.4.1 Indeling van kursusse Formele kursusse word in drie kategorieë ingedeel naamlik Verrykings-, Akkreditasie- en Toerustingskursusse (VAT-model). Al die kursusse bevat gedefinieerde doelwitte en leeruitkomstes. Toerustingskursusse is die basiese kursusse wat elke volwasse lid van Die Voortrekkers moet deurloop. Daar is vier toerustingskursusse naamlik die Intreekursus (alle nuwe Voortrekkers), Spanhantering (spanoffisiere), Voortrekkerbestuur (kommandodagbestuurslede) en Gemeenskapsleierskursus (kommando- en oordleiers, AKL Bemarking of enige persoon wat Voortrekkers in die gemeenskap wil posisioneer). Akkreditasiekursusse is kursusse wat geakkrediteer is by die betrokke SETA. Na voltooiing van die kursus en opdragte word die kursusganger geassesseer. Indien die kursusganger aan die vereistes voldoen, ontvang hy/sy n kredietdraende sertifikaat wat ook buite die Voortrekkerbeweging erken word. Voorbeelde is Avontuurfasilitering en die Jongleiers ontwikkelingsprogram vir Staatmakers. Verrykingskursusse is alle formele kursusse wat nie in die kategorieë Toerustings- en Akkreditasiekursusse voorkom nie. 1.4.2 Opleidingsplan Alle ingeskrewe volwasse lede moet met die Intreekursus begin. Die Intreekursus kan ook vir belangstellende nie-voortrekkers aangebied word. Na voltooiing van die Intreekursus kan ʼn volwasse lid met die Spanhanteringskursus óf die Voortrekkerbestuurskursus óf die Gemeenskapleierskapkursus of enige formele of informele kursus voortgaan. Daar is geen voorvereistes om enige kursus te doen nie. Vir ʼn volwasse lid om aangestel te word as kursusaanbieder van formele kursusse, moet die betrokke aansoekvorm, nadat daar aan die toelatingsvereistes voldoen is, voltooi word,. Toelatingsvereistes om aansoek te doen is: i) 5 jaar diens as volwasse lid in Die Voortrekkers. ii) iii) Moet voldoende ervaring in die kursusveld hê. Moes Aanbiedingsvaardighedekursus en minstens een van die volgende kursusse deurloop het: Spanhantering, Voortrekkerbestuur of Gemeenskapsleierskursus. ʼn Voornemende kursusaanbieder doen aansoek om as kursusaanbieder aangestel te word op vorm K6 en dien dit by AGL: Volwasse Sake in. Gebiedskomitee: Volwasse Sake oorweeg aansoek en ken ʼn mentor (ervare kursusaanbieder) toe indien die aansoek suksesvol is. ʼn Aantal opleidingsessies vir volwassenes word saam met die mentor aangebied. Die mentor oorweeg ook kursusgangers se evaluerings / vra terugvoer na die sessie. Mentor, in samewerking met AGL, kan besluit hoeveel mentorskapsessies aangebied moet word. Mentor beveel aanstelling as kursusaanbieder aan na Gebiedskomitee: Volwasse Sake deur middel van die K7 vorm. Wanneer die Gebiedskomitee: Volwasse Sake tevrede is met die kwaliteit van die voornemende kursusaanbieder, word ʼn aanbeveling aan die Gebiedsdagbestuur gemaak. Die Gebiedsdagbestuur oorweeg die aansoek en keur dit goed of af. 6

Die Gebiedsdagbestuur stel die Nasionale Komitee: Volwasse Sake in kennis, wat dan die aanstellingsertifikaat uitreik. In uitsonderlike gevalle kan motiverings om persone as kursusaanbieders aan te stel aan die Nasionale Komitee: Volwasse Sake voorgelê word sonder dat die persoon aan al die vereistes soos hierbo uiteengesit, voldoen. 1.5 Aanbieding van kursusse Die Intreekursus is ʼn kort kursus en kan ook onder leiding van die kommandodagbestuur in die kommando aangebied word met die kursusmateriaal wat beskikbaar is. Die kommandodagbestuur is daarvoor verantwoordelik dat elke nuwe Volwasse lid so gou moontlik die Intreekursus deurloop. Volwasse lede woon ander kursusse by wat volgens die voorgeskrewe riglyne aangebied word. Evaluering, hersiening, ontwikkeling en tydsduur van aanbieding van kursusse vind deurlopend onder leiding van kursusvoogde plaas, wat deur Nasionale Komitee: Volwasse Sake aangewys word. Terugvoer, voorstelle en kommentaar kan deur die kursusganger op die evalueringsvorms aangedui word. Dit is belangrik dat die aanbieders van kursusse kundiges oor die betrokke onderwerpe is. Dit is baie belangrik by die volgende kursusse: Lewenskuns, Makkerhulp en Kreatiwiteit. 1.6 Erkenning Die kursusaanbieder van ʼn bepaalde kursus bevestig aan die betrokke Gebiedskantoor of kursusgangers al die doelwitte en uitkomstes voldoende afgehandel en bereik het. Erkenning dat ʼn kursusganger ʼn bepaalde Toerustingskursus (Intree-, Spanhanterings-, Voortrekkerbestuurs- en Gemeenskapsleierskursus) suksesvol deurloop het, bestaan uit die opleidingsertifikaat en ook ʼn volwasse opleidingskenteken, soos in hoofstuk 26 van die reglement beskryf word. Elke kursusganger ontvang ʼn opleidingsertifikaat van die betrokke gebiedskantoor nadat ʼn kursus suksesvol deurloop is. Die Kursusaanbieders-sertifikaat word na benoeming as kursusaanbieder deur Nasionale Komitee: Volwasse Sake uitgereik. Die kursusaanbieder ontvang ook ʼn silwer opleidingskenteken. 1.7 Watter Voortrekkerliteratuur is beskikbaar? Die Voortrekkers het reeds oor jare n geweldige groot hoeveelheid literatuur geproduseer en is voortdurend besig om dit te vernuwe. n Lys van alle amptelike literatuurstukke is by die Voortrekkerdepot of op die Hou Koers webblad beskikbaar. Dit is raadsaam vir elke Voortrekkerkommando om ten minste een volledige stel van al die literatuurstukke in die kommando beskikbaar te hou. 7

Volwasse Opleiding 1.8 Formele opleiding opleidingsdiagram Hierdie diagram bevat die algemene kursusse wat deur die Voortrekkers vir volwassenes aangebied word. Verrykingskursusse Afrikanerlewe Geskiedenisbevordering Godsdiens in Voortrekkerpraktyk Kampering Kommunikasie Kreatiwiteit Lewenskuns Makkerhulp Praktiese spanhantering Sang en Spele Seekunde Seilkunde Seremonies Speletjies Stap en toer Veldwerk Volksdanse Waterwerk Akkreditasiekursusse Avontuurfassilitering Aanbiedingsvaardighede Voortrekkerspyseniering Jongleiers ontwikkelingsprogram Toerustingskursusse Intree Spanhantering Voortrekkerbestuur Gemeenskapsleiers V 8

2. Inligting oor kursusse Meer inligting oor elke kursus. 2.1 Toerustingskursusse Kursus Inhoud / onderwerpe Uitkoms / Wat baat die kursusganger persoonlik Intreekursus Welkom by Die Voortrekkers. Wie is Die Voortrekkers? Wat wil Die Voortrekkers bereik? Hoe funksioneer Die Voortrekkers? Wat word van volwassenes in Die Voortrekkers verwag? Waar kan inligting verkry word? Wat dra Die Voortrekkers? Hoe ontwikkel volwassens hulle vaardighede (kursusse)? Om nuwe offisiere en ouers met basiese inligting oor Die Voortrekkers toe te rus. Spanhanteringskursus Waarom betrokke raak? Hoe lyk vandag se jeug? Spanindentiteit en groepsfunksionering. Wat bied ek aan? Hoe bied ek die inhoud aan? Hoe bestuur ek my span? Hoe werf en behou ek lede? Wat verwag ouers en spanlede van my? Wat verwag Die Voortrekkers van my? Die spanoffisier word toegerus om te weet wat in die Voortrekkerkind se loopbaan gaan plaasvind, hoe om daarvoor te beplan en hoe om hulle spanne effektief te hanteer. Voortrekkerbestuur Rol en verantwoordelikheid; Saam met wie werk ek?; Kommunikasie; Hulpmiddels; Beplanning; Portefeuljes in Kommandodagbestuur, ander Volwasssenes en Mentorskap;Toekenning en Erkenning in Die Voortrekkers. Om volwassens en bestuurslede toe te rus om hulle kommando effektief te bestuur. Die meeste van die onderwerpe wat hanteer word sal ook bestuursvaardigheid in die werksomgewing, ander kultuurorganisasies en die kerk verbeter. Die vaardighede kan ook wyd toegepas word in persoonlike lewe en omgang met ander mense. 9

Kursus Inhoud / onderwerpe Uitkoms / Wat baat die kursusganger persoonlik Gemeenskapsleierskursus 2.2 Geakkrediteerde kursusse Leierskapsontwikkeling in Die Voortrekkers; Diensbare leierskap: Leierskaptradisies; Diensbare leierskap: Sleutelbegrippe; Verstaan jou gemeenskap: Die uitdagings van Afrikaanse gemeenskappe; Verstaan jou gemeenskap: Organisasies aan die werk; Deelnemende gemeenskappe: Gemeenskapskakeling; Deelnemende gemeenskappe: Gemeenskapsprojek. Die Gemeenskapsleierskursus het ten doel om Die Voortrekkers as ʼn kulturele gemeenskapsorganisasie te verantwoord, die gemeenskap met positiewe waardes te beïnvloed en die hulpbronne in die gemeenskap tot voordeel van Die Voortrekkers te ontsluit. Kursus Inhoud Uitkomste Akkreditasie Avontuurfasilitering ʼn Program wat kursusgangers toerus om avontuuraktiwiteite te gebruik om groter lewenslesse aan deelnemers oor te dra. Die klem is op die fasilitering van die aktiwiteit, nie noodwendig die aanbieding daarvan nie. Berei deelnemers voor vir ʼn spesifieke avontuur-gebaseerde leeraktiwiteit. Fasiliteer deelname aan ʼn avontuurgebaseerde aktiwiteit om bepaalde doelwitte te bereik. Staan deelnemers by om individueel of in groepe te werk ten einde die doelwitte te bereik. 6 krediete op NKR vlak 5, CATHSSETA Aanbiedingsvaardighede ʼn Program wat kursusgangers help om hulle aanbiedingsvaardighede te verbeter. Die vaardighede wat in die kursus ontvang word, kan gebruik word in aanbiedings vir PD s, verkenners en volwassenes. Beplan en berei voor vir fasiltering Fasiliteer leer Evalueer leer en fasilitering 10 krediete op NKR-vlak 5, CATHSSETA Voortrekkerspyseniering Spesialisasies Junior kok (Gr 1) ;Kuiertyd (Gr 2); Die kok (Gr 3); Gasheer/Gasvrou (Gr 4); Onthaal (Gr 5); Spyseniering (VK) Die kombuis; Spyskaartbeplanning; Voedselhantering en -voorbereiding; Kombuisadministrasie; Kombuishigiëne; Kombuispersoneel; Kombuisnoodhulp; Spysenieringsetiket; Voorbereiding van disse. Die kennis en vaardighede wat in die kursus ontwikkel word kan op talle terreine gebruik word. Vanaf die gewone voedselvoorbereiding vir n spankamp tot spyseniering vir groot en deftige geleenthede word in die kursus behandel. Al is die kursusganger n ervare kampkok of spysenier is daar die geleentheid om interessante idees uit te ruil. 14 krediete op NKR-vlak 2, 8 krediete op NKR-vlak 4 en 21 krediete op NKR-vlak 5 CATHSSETA (in proses) 10

Kursus Inhoud Uitkomste Akkreditasie JOP Wie is ek? ʼn Program wat jongmense (en ander volwassenes) help om hulleself beter te leer ken en om te verstaan waar hulle inpas en hoe hulle ʼn verskil kan maak. Verstaan hom-/haarself beter aan die hand van ʼn werksprofiel, sosiale profiel, lewensuitkykprofiel en leierskapsprofiel. Omskryf sy/haar gawes en talente. Verstaan sy/haar roeping beter. Formuleer ʼn visie vir sy/haar Voortrekkergroep. Omskryf sy/haar rol as leier in Die Voortrekkers. Verbeter sy/haar eie leierskapsvaardighede. 5 krediete op NKR-vlak 6 Services SETA (in proses) JOP Tydsbestuur ʼn Program wat jongmense (en ander volwassenes) help om hulle tyd meer effektief te bestuur en om sodoende meer ure uit ʼn dag te kry. Identifiseer tydbestuursprofiele. Verstaan die beginsels van tydsbestuur. Stel tydseffektiewe werkplanne saam om die eenheid se werksaamhede uit te voer. Implementeer tydseffektiewe werkplanne. 4 krediete op NKR-vlak 5 CATHSSETA (in proses) JOP Suksesvolle verhoudings ʼn Program wat jongmense (en ander volwassenes) help om meer suksesvolle persoonlike en professionele verhoudings te hê. Ontwikkel strategieë om werkplekverhoudings te vestige en pas dit toe. Bou spanne om doelwitte te bereik. Bestuur ʼn diverse arbeidsmag om waarde toe te voeg. 18 krediete op NKR-vlak 5 CATHSSETA (in proses) JOP Probleemoplossing ʼn Program wat jongmense (en ander volwassenes) help om hulle kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede te verbeter Pas kritiese en analitiese vaardighede toe om ʼn probleem te ontleed. Betrek belangegroepe in die ontleding van die kwessie/probleem en ontwikkel oplossings. Kies die lewensvatbare oplossings deur ʼn stelselbenadering te volg. Formuleer en kommunikeer die besluit. 6 krediete op NKR-vlak 5 CATHSSETA (in proses) 11

2.3 Verrykingskursusse Kursus Inhoud Uitkomste Spesialisasies wat baat sal vind by kursus Afrikanerlewe Geskiedenisbevordering Godsdiens in Voortrekkerpraktyk Wat is Afrikanerskap? Verskillende definisies; wat bind ons saam; Godsdiens (kerk); Gedeelde waardes met klem op respek (fokus op gesin en familie); Kuier (eet en drink); Gemeenskapsbetrokkenheid (kerk, skool en organisasies); Afrikaanse musiek (ontwikkeling, musiekfeeste, saamsing); Afrikaanse taal; Grond; Toekomsperspektief. Die waarde van Geskiedenis; Oorsig oor Afrikaner geskiedenis; Geskiedenis van Die Voortrekkers; Praktiese maniere om geskiedenis aan jeuglede oor te dra. Begronding in Die Voortrekkers; Die Bybel as brondokument van die Christendom; Vertalings van die Bybel; Die Bybel in die Afrikaner se lewe; Godsdienstige feeste; Verskeidenheid onder Christene in Suid-Afrika; Geestelike musiek; Godsdiens in die alledaagse Voortrekkerlewe; Geloofsontwikkeling by kinders. Om die kursusganger toe te rus met n oorsigtelike kennis van die Afrikaner se kultuurerfenis en kultuurgeskiedenis sodat hy/sy reg sal kan laat geskied aan graadwielwerk en spesiale onderskeidingstekens wat daarmee verband hou. Om die kursusganger ʼn algemene oorsig oor die geskiedenis van die Afrikaner te gee. Die kursusganger moet ook die uitdaging en noodsaaklikheid van geskiedenisoordrag begryp. Die kursusganger word toegerus met breë agtergrond kennis oor die Bybels-Christelike godsdiens en kry geleentheid om verskillende aspekte daarvan te bespreek. Dit lei tot persoonlike geestelike verdieping vir die kursusganger as volwassene, maar hy/sy kry ook leiding oor hoe hy/sy die tipiese tienergodsdiensvrae kan beantwoord. Afrikanertradisies (Gr 6) Afrikanerkind (Gr 7) Afrikaanse Taalgeskiedenis (VK) Afrikanererfenis (VK) Afrikanergeskiedenis (VK) Afrikanertradisie (VK) Dias (Gr 1) Ou Kaap (Gr 2) Immigrante (Gr 3) Toeka (Gr 3) Anglo-Boereoorlog (Gr 4) Groot trek (Gr 4) Anglo-Boereoorlog (Gr 6) Anglo-Boereoorlog (VK) Kind van Jesus (Gr 1) Godsdiens (Gr 3) Godsdiens (Gr 5) Godsdiens (Gr 7) 12

Kampering Soorte kampe; Kampterreine; Kampadministrasie; Kampbestuur; Kampfinansies; Kamptoerusting en versorging van tente; Kampprogram; Kampvuur; Kampuitleg; Kampreëls; Kampdissipline; Voedselbeplanning; Kosmaak in die veld; Noodhulp; Kampbeveiliging; Kommunikasie met radio s; Nag- en roetemars. Die kursus gaan die kursusganger so toerus dat hy/sy met kennis, vaardigheid en entoesiasme kampe kan reël wat n blywende indruk op almal sal maak. Kampeerder (Gr 5) Kampkook (Gr 6) Kamplewe (VK) Kampvuurkonsert (VK) Kampbeveiliging (VK) Kommunikasie Inleiding tot Kommunikasie; Verbale kommunikasie; Elektroniese kommunikasie; Onderhandeling; Konflikhantering; Interkulturele kommunikasie; Geskrewe kommunikasie; Lees- en luistervaardighede; Nie-verbale kommunikasie; Kommunikasieplan Hierdie kursus sal die kursusganger met beter kommunikasie-vaardighede toerus. ʼn Wye verskeidenheid van elektroniese kommunikasie-media word bespreek sodat hy/sy effektief met tieners en ander kan kommunikeer. Kommunikasie (Gr 6) Kommunikasie (VK) Kampkommunikasie (VK) Kreatiwiteit Inleiding tot kreatiwiteit; Persoonlikheidseienskappe; Kreatiewe proses; Kreatiewe rolle; Struikelblokke in die pad van kreatiwiteit; Ontwikkel kreatiwiteit; Probleemoplossing. Die tegnieke om kreatief nuwe idees te skep kan direk van toepassing op die kursusganger se daaglikse woon- en werkomgewing gemaak word. Skeppende idees verbreed die moontlikhede om Voortrekkerwerk beter aan te bied. Lewenskuns Die basiese behoefte van die mens; Verstaan die generasies; Sisteemteorie; Die ontwikkelingsfases van ʼn kind; Persoonlikheidsontwikkeling (Ken myself en ander); Praktiese wenke vir hantering van kinders met spesifieke probleme, bv aggressie en aandagafleibaarheid. Hierdie kursus is ontwerp om die kursusganger as volwassenes te verryk met praktiese lewensvaardighede waardeur hy/sy hom-/haarself beter leer ken. Die kursus gee ook insig in die leefwêreld van die kind. Dit is ook aangepas om offisiere in die tyd waar ons spanlede dikwels aan trauma en ander probleme onderwerp word, toe te rus om as spanoffisier te weet wat om Medemens (Gr 7) 13

in n situasie te doen en waar om die nodige hulp te kry. Makkerhulp Evaluering van bestaande kennis, Persoonlike optrede; Administrasie; Water; Kombuis; Kamphigiëne; Siekekamer; Noodhulptas; Ondersoek ʼn pasiënt; Siektetoestande. Die kursus gaan die kursusganger in staat stel om daardie noodgevalle (wat so maklik n Voortrekkeraktiwiteit ontwrig) met n bietjie meer selfvertroue te kan hanteer. Noodhulp (Gr 2) Noodhulp (Gr 4) Tuisverpleging (VK) Noodhulp (VK) Gevorderde Noodhulp (VK) Mentorskap Wie is dit wat gementor word? Wie sal tipies as mentor optree? Wat sal in ʼn tipiese mentorskapsverhouding ter sprake kom? Waar sal die mentor se kennis vandaan kom? Wanneer gebeur die mentorskapsproses? Waaraan moet die mentor voldoen? Hoe moet gementor word? Die Voortrekkers wil graag ʼn vorm van Voortrekkermentorskap aanmoedig, om jong en nuwe offisiere, veral in kommandoverband, te begelei nadat die Intreekursus afgehandel is. Hierdie kort kursus leer die kursusganger hoe mentorskap in Die Voortrekkers werk. Praktiese spanhantering ʼn Verskeidenheid praktiese metodes vir die oordrag van die die Voortrekkers se kernwaardes. Samestelling en uitvoering van spanjaarprogramme. Die gebruik van Hoe-Oms en ander kreatiewe idees vir spanaanbiedinge. Die kursus is ontwikkel om die kursusganger as spanoffisier te bemagtig om sy/haar span dinamies en suksesvol te bedryf deur van praktiese idees gebruik te maak om onderwerpe interessant en kreatief aan te bied. Sang en Spele Potensiaal van sang en spel; Die jeug se musieken speelwêreld, Klank en woordbelewing; Volkseie sang en spele; Teikengroep; Leierskap; Sang- en spele geleentheid; Gebruik van sang, spele en beweging; Aanleer van liedere en spele Die kursusganger leer ʼn verskeidenheid nuwe speletjies wat hy/sy in Voortrekkerwerk kan gebruik. Hy/sy leer hoe om ʼn span en Voortrekkergroep aan die sing te kry. Spele (Gr 1) Groepspele (Gr 4) Boeresport (Gr 5) Tradisionele spele (VK) Lekker sing (Gr 1) Sang (Gr 4) Musiek en sang (Gr 6) Sang (VK) 14

Seekunde Seilkunde Die mens en die see-omgewing; Ken die see; Seelewe; Voedsel van die see; See en land; Duine; Klimaat; Oorlewing; Hengel; Watersport; Makkerhulp; Ondersteuningsdienste; Sonnestelsels; Kampbeplanning. Inleiding; Begronding; Dele van ʼn katamaran; Touwerk; Teorie van seil; Die opslaan van ʼn katamaran; Veiligheidsmaatreëls; Lansering en terugkeer na wal met ʼn katamaran; Bewegings met ʼn katamaran; Gevorderde tegnieke; Vaarreëls; Afslaan en versorging van ʼn katamaran; Praktiese seil Die kursus maak die kursusganger vertroud met die belangrike aspekte van die see en die onmiddelike omgewing. Om die kursusganger in staat te stel om met veiligheid en vertroue behulpsaam te wees by Waterwerkkampe met die doel om eiehandig n seilboot en katamaran te beheer, stuur en versorg. Ook die geleentheid om n sosiale vaardigheid en nuwe sportsoort aan te leer vir eie ontspanning. Seepret (Gr 1) Seeplante (Gr 3) Seeversamelkuns (Gr 3) Seekennis (Gr 4) Seediere (Gr 5) Strandbewustheid (Gr 7) Strandstudie (VK) Standvernuf (VK) Seekunde (VK) Seilkunde (VK) Seilvernuf (VK) Speletjies Doel van Speletjies; Soorte speletjies; Aanbied en beplanning van speletjies; Aanbied van speletjiesaktiwiteite; Die spelleier; Ysbrekers, opkikkers en kenmekaar-speletjies; Praktiese speel; Gebruik van speletjies in Voortrekkerwerk; Ontwikkel nuwe speletjies; Ontwikkeling van informele leierskap. Maak kennis met ʼn wye verskeidenheid van speletjies wat met ʼn Voortrekkerspan of volwasses in Die Voortrekkers gebruik kan word. Spele (Gr 1) Groepspele (Gr 4) Boeresport (Gr 5) Tradisionele Spele (VK) Seremonies Waarom seremonies in Die Voortrekkers? Soorte seremonies (formele seremonies, geleentheidseremonies); Protokol by funksies; Seremonie bewegings; Korrekte prosedures; Hulpmiddels en toerusting. Die kursus leer die kursusganger al die basiese beginsels van seremonies. Ook om sinvolle en aanskoulike seremonies tydens sekere geleenthede aan te bied. Spanseremonies (Gr 5) Seremonies (Gr 6) Seremonies (VK) 15

Stap en toer Inleiding; Voorbereiding vir n toer; Bekendstelling van die toer; Toerbeplanning; Groepsdinamika; Roetebeplanning; Toerusting; Pak van toerusting; Voedsel; Makkerhulp; Omgewing; Toerprogram; Kontrolelys; Praktiese oefening Die kursus leer die kursusganger die fyner kuns om n lekker staptoer of dergelike toere vir sy/haar Voortrekkerspan of Voortrekkerkommando te organiseer. Al die teorie word prakties getoets en saam met die kursusgroep gaan die kursusganger n lekker staptoer (of toer) beplan en meemaak. Staptogte (Gr 6) Voetslaner (VK) Veldwerk God en skepping; Grond en rots; Water; Lug; Ekostelsels en habitat; Natuurbewaring; Weerkunde; Plantegroei; Veldhigiëne; Dierekennis; Oriëntering; Skuilings; Vuurmaak; Veldkook; Sterrekunde, Oorlewing; Veldwaarneming Die kursus gee aan die kursusganger n algemene agtergrond sodat hy/sy instaat sal wees om met vertroue vir sy/haar spanlede velduitstappies, staptoere, nagmarse en kampe in die veld te reël. Dit gee aan hom/haar die nodige kennis sodat hy/sy in die veld sy/haar spanlede se belangstelling vir n verskeidenheid aspekte van die skepping kan wek en behou. Dierewaarneming (Gr 2) Plantwaarneming (Gr 3) Dierekennis (Gr 4) Plantekennis (Gr 4) Ekosorg (Gr 5) Veldbewustheid (Gr 7) Veldstudie (VK) Veldvernuf (VK) Natuurbewaring (VK) Ekologie (VK) Volksdanse Groepdinamiese proses; Begronding; Verskilllende boeredanse; Tradisionele kleredrag; Dans as vorm van ontspanning; Afrikaanse volkspele; Volksfeeste en die waarde van ons volksdanse; Toekomsperspektief Om die kursusganger toe te rus en bekend te stel aan die verskillende dansvorme in die Afrikanerkultuur en dit met vertroue aan die jeug oor te dra Volkspele (Gr 4) Volksdanse (Gr 6) Dansvaardighede (VK) Waterwerk Nut van water; Lewe by water; Touwerk;Vaartuie op die water; Watersport; Waterveiligheid; Weerkunde; Hengel; Redding; Waterbesoedeling; Kaartwerk; Oorlewing; Beplan ʼn regatta. Meerdere kennis oor die omgewing, en lewe in en om die water maak van die kursusganger n landsburger wat hierdie lewensbron sal help bewaar, waardeer en geniet. Varswaterhengel (Gr 6) Waterbewustheid (Gr 7) Waterveiligheid (VK) Varswaterhengel (VK) Varswaterkunde (VK) 16