Oorlewingsgids vir Afrikanerpartytjies

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dawid die Skaapwagter

Josua - van jongs af n leier

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE AA NDBOODSKA PPER

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Cape St Martin Private Nature Reserve

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

BYBELS-GESONDE GESINNE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

In Doha kry jy ook olieverwarmers

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

God se Woord. God se Wil

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

'n publikasie van onsdorp.com Nommer Oktober 2009

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Transcription:

TOULEIER KAMMANUUS Nommer 356 22 Julie 2013 'n Publikasie van Onsdorp.com Oorlewingsgids vir Afrikanerpartytjies D ie Syndolsage wat ek van uitgawe 351 af gedek het, het ʼn paar praktiese sowel as sielkundige gevolge en ek wil Saners net vandag waarsku om maar te ʼn doktersbrief saam te neem as hulle met ʼn klomp medisyne op ʼn vliegtuig wil klim. Dis ook nie altyd ʼn waarborg dat dit jou uit die moeilikheid gaan hou nie. Vat altyd maar liewer net die minimum saam. Daar is ʼn elle lange lys van meer as 7 800 gemagtigde produkte op die internet beskikbaar wat jy mag inbring in Katar. Ongelukkig is die lys nie alfabeties gerangskik nie. Mens sukkel dus maar om na te slaan wat jy mag en wat jy nie mag inbring nie. Die ander belangrike stukkie inligting is dat as hulle eers ʼn saak teen jou oopgemaak het, jou naam nie sommer weer van hul stelsel afgehaal word nie. Maak nis saak of jy heeltemal onskuldig is nie, dit gaan jou steeds enigiets tussen R40,000 en R100,000 kos en jy sal uiteindelik ʼn Katarese advokaat moet betaal om jou naam van hul rekords af te kry. Doen jy dit nie, kom jy nie weg uit die land as jy die dag wil waai nie. Erger as ons wet van Transvaal. Maar genoeg nou eers van neerslagtige nuus. Die week begin ek met ʼn reeks gidse oor hoe om te oorleef as jy ʼn buitestander is by partytjies van ander kultuurgroepe in Suid-Afrika. Die eerste een is geskryf deur Lili Radlof, wat vertel van haar ervarings by Afrikaner partytjies. OORLEWINGSGIDS VIR AFRIKANERPARTYTJIES Lili het al gemakietie tot diep binne Afrikanerbastions soos Pretoria, Bloemfontein, Klerksdorp, Rustenburg en Stilbaai. Sy maan ernstig: Onthou, dis nie vir sissies nie. Hoewel nie-afrikaners altyd gul verwelkom sal word (Afrikaners is mos plesierig), moet vreemdelinge nooit te gerus raak nie. Hierdie manne is rowwe boere. Daar sal van jou verwag word om teen dieselfde pas as hulle te kuier, terwyl hulle jou aanhoudend herinner jy is NIE een van hulle nie. Reël 1: Bring kos Die gashere sal jou vertel dis nie nodig nie. Moet hulle nie glo nie. Hoewel daar genoeg kos sal wees om al die Blou Bulle te voed, en jy daag daar met iets e op wat nie die cholesterolvlakke opjaag nie, iets soos ʼn potplant, dan sal jy gebrandmerk word as ʼn ingat en ʼn snoep. Jy sal altyd veilig wees met vleis. Nóg is altyd meer, as dit kom by Afrikaners en dooie diere. Niks sal gemors word nie. Die gasheer se familie sal heel rustig die oorskiettjoppies eet vir brekfis, middag- en aandete. Vir die hele week. Nota: Volstruissosaties van Woollies tel nie. Jy sal as sissie geklassifiseer word, of erger, as ʼn vegetariër. En onthou, hoender is ook nie rêrig vleis nie. Reël 2: Bring jou eie drank. Meeste Afrikanerhuise het genoeg brannas en Coke om die Dalai Lama sy bril te laat afhaal en mompel, "Wat kyk jy? Bo en behalwe die feit dat Afrikaners baie vrygewig is met hul drank, beteken dit nie jy moet met leë hande opdaag nie. Nog erger, moenie daar aankom met net ʼn bottel duur wyn nie. Jy sal dadelik as ʼn moffie bekend staan. Wyn is net vir Sondag se middagete. Afrikaners kan dopsteek asof daar geen môre is nie. Naas kerk en rugby is drink die derde geloof. Die kanse is goed jy sal klaar drie springbokkies (Amarula en pepermentlikeur) sterker wees nog voor jy oor die drumpel tree. Weier jy, is jy ʼn pretbederwer, wat erger is as ʼn moffie, ʼn sissie of ʼn vegetariër! Volgende keer, reëls drie vier en vyf. Miskien kan jy vir my jou weergawe stuur van wat jy dink hulle gaan wees? Hennie Greeff Doha, Katar UITGEWER VAN KAMMANUUS

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 2 Om die kampvuur Ons woeste wêreld WAAR IS DIT DIE KOUDSTE? Vostok-stasie in Antarktika is een van die koudste plekke op aarde. Die laagste gedokumenteerde temperatuur van -89.2 ºC is hier aangeteken. Antarktika is ook die wêreld se winderigste plek en kry haas geen reënval nie, wat dit tegnies gesproke 'n woestyn maak. Oimiakon (Rusland) is die koudste bewoonde plek met 'n laagste temperatuur van -71.2 ºC. Die dorpie se bevolking is ongeveer 500. Die lewe gaan normaalweg voort en skole word eers gesluit as die termometer onder -52 ºC daal. VREEMDE FEITE As jy in 'n hysbak op pad af op 'n skaal klim, weeg jy minder. Jy groei elke dag omtrent 35 meter hare. Muskiete is dol oor die kleur blou. Japan kry jaarliks 1 500 aardbewings. Katpiepie gloei onder swart lig. Jy word langer in die ruimte. Die gemiddelde menslik liggaam het 6 vierkante meter vel. Jou liggaam bevat genoeg koolstof vir 9 000 potlode. Ek kook altyd met wyn Soms onthou ek selfs om kos by te sit Die herkoms van ons gesegdes (11 11) Klap: n Klap van die windmeul weg hê ( n bietjie mal wees) Na aanleiding van die verhaal van die Spaanse letterkundige figuur Don Quijote, wat in sy malligheid teen windmeulens baklei het en natuurlik n goeie klap daar gekry het. Klopdisselboom: Dit gaan klopdisselboom (dit gaan baie goed) As perde op 'n stywe, egalige draf 'n kar trek, dan klop die disselboom ritmies teen die draaghout. Kloutjie: Die kloutjie by die oor kry (probeer om twee teenstrydighede met mekaar te versoen; probeer om n storie geloofwaardig te laat klink) Na aanleiding van 'n gedig van ongeveer 1854 van 'n Duitse digter, Fritz Reuter, waarin vertel word hoedat 'n jagter 'n bok met een skoot deur die klou en deur die oor geskiet het. Die bok was dan op daardie oomblik besig om met die klou agter die oor te krap. Kluitjie: Iemand met n kluitjie in die riet stuur (iemand met mooi praatjies van die spoor af bring) As 'n jagter wil hê dat sy apporteerhond tussen die riete moet inspring om die eende op te jaag, dan gooi hy 'n kluitjie daarin wat die hond dan flous. Kluts: Die kluts kwytraak (deurmekaar wees) Die Nederlandse werkwoord klutsen beteken om dinge saam te klop, byvoorbeeld in 'n mengsel. Die uitdrukking kom moontlik uit die handpapiermakery wanneer die werkers die slag kwyt raak om die papiervloeistof egalig oor die vorm uit te sprei.

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 3 WYSHEDE Dis 'n dom man wat vir sy vrou sê: "Skat, hou jy jou by die wasgoed, strykgoed, kook en skrop. Geen vrou van my sal ooit werk nie." Die probleme in 'n huwelik ontstaan dikwels wanneer 'n man so besig is om sy sout te verdien dat hy van sy suikerbekkie vergeet. Wanneer 'n man en 'n vrou trou, word hulle een. Die probleme begin wanneer hulle begin stry watter een. As 'n man sy vrou soos 'n opreggeteelde perd behandel sal sy nooit 'n ou koei word nie. Baie meisies verkies 'n militêre man - hy kan kook, naaldwerk doen, beddens opmaak en hy is gesond en gewoond daaraan om bevele uit te voer. Daar kom 'n stadium wanneer jy ophou lieg oor jou ouderdom en daaroor begin spog. Sommige mense wil hul odometers terugdraai. Nie ek nie - ek wil hê mense moet weet hoekom ek so lyk. Ek kom 'n lang pad, en hy was nie geteer nie. Hoe oud sou jy gewees het as jy nie geweet het hoe oud jy is nie? Soos wat jy ouer word, begin alles opdroog of lek. Ouderdom is wanneer jou klasmaat so oud, vol plooie en kaalkop is dat hulle jou nie herken nie. Geniet die dag en hou aan met lag want dis goed vir jou siel! En onthou: Betaal die begrafnisondernemer met 'n vals tjek!

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 4 Giggels As jy 'n giggel wil deel, vonk dit aan pos@onsdorp.com HUWELIK? Karel en Susan het saam 30 jaar lank met mekaar uitgegaan. Hy het haar kerk toe geneem, waarna sy vir hom middagete gegee het. Hulle OOR EN praat. UIT het saam gestap en saam TV gekyk. Op 'n dag besluit Susan om ernstig met hom oor hul verhouding te Susan: "Karel, dink jy nie dis tyd dat ons oor die huwelik moet gesels nie?" Karel: "Is jy simpel? Wie sal op ons ouderdom in ons belang stel?" MISVERSTAND Na 10 jaar se huwelik bars die vrou uit in trane. "Wat nou?" vra haar man. "Jy's nie meer bedagsaam nie!" snik sy. "Ek werk mos bedags, maar ons is darem snags saam!" OOREENKOMSTE Ooreenkomste tussen 'n bra en bar: Altwee het dieselfde letters, is drinkplekke, het beperkte oop- en toemaaktye en as hulle oop is, raak mans mal. RESEP WAT WERK Jan se resep vir die volmaakte huwelik: Ons het van vroeg af 'n ooreenkoms: sy besluit oor die klein dingetjies, soos waar ons moet bly, waar die die kinders skool toe en universiteit toe moet gaan, watter klere ek moet aantrek, wanneer ek moet bad, wanneer ek in 'nvergadering moet stilbly, ens. Ek besluit oor die groot goed, soos moet ons Engeland of Amerka of Rusland of China of Japan inval of so. PRETTIGE FEITE 1. Jy kan nie jou oë met seep was nie. 2. Jy kan nie jou hare tel nie. 3. Jy kan nie asemhaal as jou tong uitsteek nie. 4. Jy het nou net nr. 3 probeer. 6. Toe jy nr.3 probeer, het jy gevind dit is moontlik, maar dat dit jou baie na 'n hond laat lyk. 7. Jy glimlag nou omdat jy weet jy is uitgevang. 8. Jy het nr. 5 oorgeslaan. OUMA! 9. Jy het nou net gaan kyk of daar 'n nr. 5 is. 10. Deel hierdie feite met jou vriende sodat hulle ook kan lag. LIGGAAMSTAAL V: Hoe kan jy 'n vrou se bui uit haar hande aflei? A: As sy 'n geweer in hulle vashou, is die kanse goed dat sy baie kwaad is. VERDWAALD 'n Man vlieg in 'n warmlugballon oor die Vrystaat en verdwaal. Hy kyk af en sien 'n boer daar onder staan. "Waar is ek?" skree hy. Skree die boer terug: "In die blerrie mandjie, jou aap." ANDY CAPP deur Smythe En al wat jy hieroor te sê het is 'oepsie'?

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 5 Uit die wakis Stories vir die vaak Drie appeldiewe Die boer het drie kinders betrap wat appels uit sy boord steel. Hy het gesê hy sal hulle nie vervolg nie, maar daar dan moet hulle hul diefstal aan hul ouers gaan beken. Later het hy hulle besoek om te hoor of hulle dit gedoen het. "Wat het jou pa gesê toe jy hom vertel dat jy gesteel het?" vra hy vir Kosie. "My pa is 'n dominee en het gesê God sal my straf as ek weer steel." Die boer het dieselfde vraag aan Bennie gevra. "My pa is 'n dokter," het hy geantwoord. "Hy het my gewaarsku dat ek 'n been kan breek as ek in bome klim." Toe gaan die boer na die derde seun se huis en herhaal sy vraag. Wat is die seerste? "My pa is 'n prokureur. Hy sê hy gaan jou van openbare aanspreeklikheid aankla omdat ek my goeie broek geskeur het aan 'n gevaarlike tak in jou lboom." Suksesverhaal Die vlieënier het die pragtige prinses gevra om met hom te trou. "Nee!" het die prinses gesê. Daarna het die vlieënier tot in lengte van dae geleef en sy lewe geniet. Hy het oor die wêreld heen gevlieg, vinnige karre gery, langbeenvlugkelnerinne gejaag, vis gevang en in bostuklose kroeë uitgehang en meisies wat die helfte jonger as hy was uitgeneem. Hy het duur Duitse bier en Red Heart rum gedrink sonder om ooit na 'n gekerm te luister. Hy het nooit onderhoud vir kinders betaal nie, sy huis behou en koue pizzaoorblyfsels, tjips en boontjies geëet en met oorgawe gepoep wanneer hy lus was en hy is nooit deur 'n vrou verneuk nie. Sy vriende en familie het hom bewonder en beny, hy het baie geld in die bank gehad en die toiletsitplek afgeslaan gehou. Baie duur les 'n Man en 'n vrou is in 'n motorongeluk betrokke. Nadat hulle uit hul karre geklim het, sê sy: "So? Jy's 'n man. Interessant. Ek is 'n vrou. Sjoe, kyk na ons karre - daar is niks van hulle oor nie! "Maar gelukkig is ons nie beseer nie. Dit moet 'n teken van Bo wees dat ons moes ontmopet en vriende moet wees en vir die res van ons dae saam in vrede moet lewe." Die man het volmondig saamgestem: Dit moet 'n teken van Bo wees. Die vrou gaan voort: "Kyk, hier is nog 'n wonderwerk! My kar is 'n wrak, maar hierdie bottel wyn makeer niks! Ek dink die Liewe Heer wil hê ons moet van die wyn drink en ons goeie geluk vier!" Die man het weer saamgestem, die bottel oopgemaak, 'n sluk gevat en dit vir die vrou aangegee. Sy het die bottel geneem en die kurk teruggesit en weer aan die man gegee. "Gaan jy nie van die wyn drink nie?" het hy gevra. "Nee," het sy gesê. "Ek dink ek sal maar vir die polisie wag." Blikskottel! Adam het van die appel geëet. Mans sal nooit leer nie!

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 6 Die blonde lykbesorger Die weduwee sê egter haar man het altyd op sy beste gelyk in blou, en sy wil hê hy moet 'n blou pak klere begrawe word. "Ek gee nie om wat dit kos nie, maar klee hom asseblief in blou vir die besigtiging. Hier is 'n blanko tjek vir die onkoste." Die weduwee keer die volgende dag terug vir die nagwaak. Tot haar vreugde is haar oorlede man geklee in 'n uitspattige blou pak klere met 'n krytstrepie wat hom uitstekend pas. Sy sê aan die lykbesorger dat sy baie tevrede is. "Jy het jou taak uitstekend verrig. Hoeveel het jy spandeer?" Tot haar verbasing gee die blonde lykbesorger die blanko tjek vir haar terug. "Daar is geen koste nie," sê sy trots. "Nee, regtig!" roep die weduwee uit. "Ek moet jou vergoed vir die baie modieuse pak klere!" "Ag, Mevrou," sê die blondine, "dit het regtig niks gekos nie. Sien, 'n man met dieselfde liggaamsbou as jou oorlede man is gsiter ingebring pas nadat jy hier weg is, en hy het 'n baie mooi blou pak aangehad. "Ek het aan sy weduwee gevra of sy sal omgee as hy in 'n swart pak begrawe word, en sy het gesê sy gee nie om nie net solank hy netjies lyk. "Daarna was dit baie maklik om die twee lyke se koppe om te ruil." Die 54-jarige vrou het 'n hartaanval gekry en is hospitaal toe gebring. Op die operasietafel het sy 'n ondervinding gehad waarin sy God gesien het. "Is dit tyd vir my om te sterf?" het sy gevra. 'n Man wat pas gesterf het se liggaam word by die lykshuis afgelaai. Hy is geklee in 'n baie modieuse swart pak. Die blonde lykbesorger vra die oorledene se vrou hoe sy die lyk geklee wil hê. Sy wys daarop dat hy baie goed lyk in die klere wat hy aanhet. 'n Jonger lyf kan ook sy nadele hê "Nee," het God gesê. "Jy gaan nog 43 jaar, 2 maande en 8 dae lank leef." Ná die operasie het die vrou besluit om die beste van die saak te maak aangesien sy nog 'n lang leeftyd gaan hê. Sy het in die hospitaal te bly en 'n verjongingskuur te ondergaan. Haar plooie is uitgestryk, sy het liposuiging en borsinplantings ondergaan en haar maagvelle is verwyder. Haar haarkleur is verander en sy het selfs haar tande laat witter maak. Op pad huis toe het sy 'n straat oorgesteek en is sy deur 'n ambulans doodgery. Toe sy aan die ander kant kom, het sy geëis dat God moet verduidelik. "Ek dog ek het nog 43 jaar om te leef. Hoekom het jy my nie voor die ambulans weggeruk nie?!" "Ja, maar ek het jou glad nie herken nie," was God se antwoord. DIE BESTE OPSIE V: Wat is die beste as jy moet kies tussen Parkinsons en Alzheimers? A: Parkinsons. Dis beter om helfte van die wyn te mors as om te vergeet waar jy die bottel gesit het.

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 7 Poskoets Kammanuus se lesers gesels Europa is vol honde Elsbeth Verhoeven: Ek het lanklaas so gelag vir 'n storie soos die Agteros van Marnus Hatting. Dis so tipies Afrikaans. Jou storie van wat in Doha gebeur het was net weer 'n bewys hoe versigtig 'n mens moet wees met pille. Ek neem gewoonlik 'n dokters voorskrif saam. Ek is op die oomblik in Europa en ons het nou maar eers sonskynweer gekry na 3 weke. Vandag het ons al langs die Schelde in Antwerpen gaan stap. Daar is op sommige plekke lekker groen gras en jonk en oud het gelê met swembroeke langs die kanaal piekniek gehou en daar was iets van alles. Amper elke tweede persoon het 'n hond by. Ek het van al die snaakse honde foto's geneem. Selfs by van die restaurante is honde ook welkom. As my man al die foto's oorgelaai het sal ek so 'n paar stuur. Ons kom elke jaar hiernatoe want ons ouers woon hier. Ons seun het hierdie keer saamgekom en is op die oomblik by Rock Werchter (grootste GIG in Europa) en dit hou vyf dae aan. Jy kamp sommer daar. Dis baie goed georganiseer. Kammanuus lees lekker Jeanet Jacobs Man, maar was ek vanaand weer ingenome met hierdie Kammanuus! Dit is net van die beste, ek geniet my gate uit om dit te lees! Die res van die huis is werkende mense wat vroeg gaan slaap en bitter vroeg opstaan more-oggend. Ek sal my opgewondenheid maar moet terughou tot môremiddag om die kostelikhede te kan deel. Ek stuur so nou en dan vir jou ook ietsie, maar dit moet juis Afrikaans wees, nè? Enige skerp storie is welkom, vertaal waar jy kan, anders vertaal ons self. Dit vat net baie tyd, so die Engelse stories neem langer om te verskyn. Russies neem nog langer en Sjinees en Arabies vertaal ons glad nie. Hennie. Vat 'n voorskrif saam Annatjie Tiran: Bly als het toe goed afgeloop vir jou met die tronkondervinding! Ek glo mens moet maar versigtig wees vir enige medikasie wat jy in daardie lande inneem. Ek het toe ons met Singapore Airline Nieu-Seeland toe is gesorg dat ek ook al my voorskrifte en briewe van die betrokke dokters het by my twee maande se medikasie. Dis angswekkend om in n land te wees waar jy glad nie hul taal kan praat nie. Só maak mens! Kammanuus se eie tuisnywerheid Deur RETHA KRUGER Oorspronklike Esmé en Jan-resepte MAKLIKE BOER BESKUIT 750 ml melk 750 ml suiker 500 g botter of margarien 25 ml sout 3,75 kg koekmeelblom 3 pakkies kitsgis 1 liter water 3 eiers,geklits Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oorkook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (Indien 'n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op 'n warm plek tot dit in grootte verdubbel het. Bak vir 1 uur in 'n warm oond (180 ºC). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12.5ml melk en smeer bo-oor.) Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 CC vir ongeveer 5 tot 6 uur.

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 8 STAMBOOM Help ons familiespeurders DE JAGER wilnadejager@telkomsa.net Matthys Christiaan de Jager, getroud met Margaretha Elizabeth Gouws. Seun Matthys Christian de Jager, gebore 28/02/1914 van Nylstoom. DU PLESSIS wallienatalie@gmail.com Ek is Natalie du Plessis en is opsoek na enige inligting oor my pa, Jacobus Petrus du Plessis. Hy was beter bekend as Doepie. Hy was woonagtig in Morgenzon. Na my ma was hy weer getroud met n tannie Louisa. As ek reg is het hul altwee by die ou sentrale in Morgenzon gewerk. My pa is intussen oorlede, ek weet nie presies wanneer nie. Ek dink dit was so in 1991, nie heeltemal seker nie. As enige iemand enige inligting het oor my pa of dalk enige foto s en dalk ook foto s en inligting van tannie Louisa sal ook baie help. Baie dankie!! LE ROUX arbor@mweb.co.za Naam Pierre Francois. Afstammelinge van Pieter Francois le Roux, van Levubu Perseel 66, Ek het afskrif van stamboom tot by ons kinders, vanaf die stamvaders se aankoms in RSA LESCH sylviafsmith@gmail.com Ma - Anne Elizabeth Sameuls gebore in 1945 te Moreesburg. Pa - Frederick Jacobus Lesch (oorlede)gebore in 1940 te Goedverwacht. SCHMIDT rheymann@senco.co.za Ek is besig om 'n familiestamboom op te stel van die nageslag van Ferdinand August Schmidt, geb.1821 - oorl. 1904. Hy was Hoof van die Berlynse Sendinggenootskap in Amalienstein, naby Ladismith. TERBLANCHE hendrik.terblanche@engelvoelkers.com Vader: Stephanus Esias (Geb 19/3/1919). Oupa: Hendrik Johannes Senekal. Ouma; Martha Marthina Katherina (ek dink haar nooiensvan was Otto) Enige historiese inligting sal baie waardeer word VOGEL Svhedge@yahoo.com Seeking family tree information for family Vogel in SA. I fully comprehend Afrikaans but struggle to speak/write the language. I was told that our family arrived in the early 1700's and, like most other proud Afrikaaner families we lay claim to having been family of Oom Paul! Any info much appreciated. VAN STADEN frik2vanstaden@gmail.com Ek wil graag my familiegeskiedenis navors. My Oupa was JF van Nylstroom (1879-1968) Getroud met Phillipina Susanna Helberg (1887-1963), 7 Kinders is gebore uit die huwelik 1 dogter en 6 seuns. Kontak verloor met my neefs en niggies. Het jy geweet? 1. Die genot van seks in die donker is tien keer beter as wanneer die ligte aan is. 2. Om saam met jou huweliksmaat te bad verleng jou sekslewe 20 keer. Maar moenie opgewonde raak nie... Dis net 'n advertensie van die Departement van Waterwese en Eskom. (Ingestuur deur Drikus Kemp) SO GAAN DIT Die seun het sy ma vir die eerste keer in weke gebel en gevra hoe dit gaan. "Dit gaan nie goed nie," antwoord die moeder. "Ek is baie swak." Seun: "Hoekom is ma so swak?" Ma: "Want ek het 44 dae laas iets geëet." Seun: "Dis vreeslik! Hoekom eet ma dan nie?" Ma: "Want ek is bang my mond is vol kos wanneer jy bel." GATIEP SE KAR Gatiep se kar is só oud, die garages hou nie eens meer die soort lug aan wat jy in sy bande pomp nie.

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 9 AGTEROS Net voor uitspantyd My matras en jou kombers "Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer 'n goudgeel punt." Deur ANNELIE BOTES N Á die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak 'n nuwe seisoen in die grootste gros huwelike. Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word. Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste en noord-suid-opinies is volop. Wat eens lekker geruik het, word 'n stank. Wat mooi was, word afskuwelik. Wat slim geklink het, word beterweterigheid. Soetlemoene verander in bitterappeltjies. Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoenders word en in hul eie weiland begin skrop, daag 'n ander seisoen op. Jeuktyd, kraptyd, byttyd, skaaftyd. Dis dan wanneer die huweliksbed se voeë begin meegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel. Ná jare van geldstryd en kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig- gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep. Bykans vreemdelinge. Of vyande. Buitentoe lyk alles wel. Almal glo dit gaan góéd met ons. ("Ons" is 'n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort). Ons hét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, hou vakansie, koop saamsaam kruideniersware. Oënskynlik die perfekte verbintenis. Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer 'n goudgeel punt. Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid, erbarmloosheid, humorloosheid. Ons is áltyd gereed om te verskil en te beskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en 'n vrot atmosfeer is aan die orde van die dag. En daar hang ons in die slagyster. Skei kan ons nie, want dis 'n geval van my kombers en jou matras en daar lê die ding. 'n Huweliksberader wíl ons nie, want niemand het energie vir 'n ellelange dermuitrygery nie. Dan maar deurdruk, hoe gallerig ook al. Solank niemand ontdek wat agter die gordynvoerings aangaan nie. Om te kompenseer vir die yskaslewe, pak ons allerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte. Affairs, drank, pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings, oorgodsdienstigheid, werkoholisme. En noem maar op. Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem. Enkeldiepte, borsdiepte, en soms watergetrap. Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee het nie, bly 'n mirakel. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, kom ons op die kwessie sowel as die oplossing af. Ek sê nie dit sal vir almal werk nie, maar vir ons het dit. Die kwessie: Spasie. In sy wese bly die mens 'n eenling. Hy wil 'n sirkel om hom kan trek; 'n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het. En die huwelik het 'n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem. Dis 'n cliché om te sê die huwelik is 'n eenwording van twee mense. Want twee mense kan nooit één word as elke eenling nie 'n heel mens op sy eie is nie. En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos 'n hondsdol hond wat alles byt. Die oplossing: spasie. Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper tot by die bottel jakkalsgif. Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke, lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping. En dáár bly hy vandag nog. Wat destyds 'n ek-bliksem-jou- sommer-dood-aksie was, het geblyk die antwoord te wees.

Kammanuus 22 Julie 2013 Bladsy 10 Sy kamer is syne. My kamer is myne. Hy kan snork en poep en televisie kyk wanneer hy wil. Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei as iets my ry. Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveel komberse hy oor hom wil hê. Niemand besweet niemand, en daar is nooit 'n nagtelike gestry nie. En dis salig om uitgerus wakker te word sonder 'n kierie teen jou rug. Of sonder 'n redeloos beneukte vrou langs jou. Die saligste bly die op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court. Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hy fluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my. Om boontoe te SMS dat ek my man in my kooi soek, of om sy brekfis trapop te dra en te gaan sê hy's my koning. Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie. Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê 'n ding nie. KAMMANUUS VERSKYN WEER OP 5 AUGUSTUS