moedernuus BRIEF AAN DIE GEMEENTE Liewe Broer en Suster in Christus!

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dawid die Skaapwagter

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Anglo-Boereoorlog *

Josua - van jongs af n leier

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Seisoen van die Gees

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

God se Woord. God se Wil

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

BYBELS-GESONDE GESINNE

Paulus se Verbasende Reise

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

WYSHEID TEENOOR GELOOF

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

LoveGodGreatly.com 1

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Transcription:

www.humansdorp.ng.org.za moedernuus NUUSBRIEF VAN DIE NED. GEREF. GEMEENTE HUMANSDORP DESEMBER 2010 BRIEF AAN DIE GEMEENTE Liewe Broer en Suster in Christus! moedernuus@gmail.com Met die einde van die jaar se doelpale in sig begin ons almal jaag om die laaste werkies klaar te kry. Dalk is jy een van die gelukkiges wat dalk die pas stadiger kan vat omdat die jaar op sy rug is. Rus is tog iets wat ons almal broodnodig het, al dink ons nie altyd so nie. Iemand het eenkeer dieselfde opmerking rondom ons geloofslewe gemaak: As iemand sy dagboek vir my wys, sal ek weet hoeveel tyd hy/sy vir die Here maak. Stiltetyd is daardie geloofsrustydjie in ons geestelike lewe wat ons net so broodnodig het om stil te word in gebed, stil te word in die Woord, of selfs stil te word met mooi musiek of by die aanskoue van n mooi skildery of natuurtoneel. Wat kan dan beter wees as om in die stilte van n mens se tuin te sit en Bybel lees en bid. Jesus leer ons iets hiervan in Matt. 14:23.... Hy (het) alleen na die berg gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. So het Jesus ook gerus, voordat Hy weer sy dissipels moes leer (waarvan ons verder in die hoofstuk lees). Vir baie van ons is Kersfees n tyd van rus en ontspan. Indien jy dalk die Christuskind afgeskeep het in 2010, maak verseker tyd op die strand, of huis of binnekamer om so n bietjie saam met Hom te rus. Hy wag ons altyd opnuut in om ons te versterk vir ons geloofstaak in die wêreld! Aan elkeen van u en u gesin: mag u in 2010 n wonderlike Christusfees ervaar en mag 2011 vol voorspoed, rus en seën wees! Ds. Deon Oelofse Die Godheid van Jesus Christus Kersfees is op hande. Geskenke word nou al gekoop en die familie het aangedui dat hulle hierdie vakansie gaan kom kuier, soos die vorige Desember... en die vorige Desember.... Die winkels is versier: kersboompies, liggies, versierings, glinsterende rooi balletjies noem maar op. Die kasregisters klingel en die bankrekenings raak leeg. Ja, dit is Kerstyd! Maar waaroor gaan Kersfees? Oor besigheid? Oor Jingle Bells in jou ore? Nee! Dit gaan oor Jesus Christus: Sy geboorte, Sy koms na die aarde! Miskien moet ons n bietjie stilstaan en probeer verstaan wie Christus is. Waar pas sy Godheid in die Christelike siening in? In die Nederlandse Geloofsbelydenis word dit alles baie mooi verduidelik in die onderstaande paar paragrawe wat kom uit Artikel 10. Ons glo dat Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God is. Hy is van ewigheid af gebore; Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy n skepsel wees; Hy is een wese met die vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader en afskynsel van sy heerlikheid (Heb. 1:3) en in alles aan Hom gelyk (Fil.2:6). Hy is van ewigheid die Seun van God en nie slegs sedert Hy ons natuur aangeneem het nie; só leer die volgende getuienisse ons as hulle met mekaar vergelyk word: Moses sê dat God die wêreld geskep het, en die heilige Johannes sê dat alle dinge ontstaan het deur die Woord wat hy God noem (Gen.1:1; Joh. 1:3). Die apostel sê dat God die wêreld deur sy Seun gemaak het en ook dat God alle dinge deur Jesus Christus geskep het (Heb. 1:2; Kol. 1:16). So moet Hy wat God, die Woord, die Seun en Jesus Christus genoem word, dus reeds bestaan het toe alles deur Hom geskep is. En daarop sê die profeet Miga:... sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid (Miga 5:1), en sê die apostel:... sonder begin van dae of lewenseinde... (Heb. 7:3, 1953-vertaling). Hy is dus die ware, ewige God, die Almagtige, vir Wie ons aanroep, aanbid en dien. Uit: Geloof wat rêrig is - Bybeldagboek vir die katkisant in die belydenisgroep (2003).

Here Jesus Immanuel God met ons Dit het weer gekom! Dis weer Kersfees! Dis U fees! So lief het God die wêreld gehad! Kersaand Ek wil U aanbid saam met die wyses onder die groot ster in die stal van Betlehem. Ek wil U hulde bring saam met die skaapwagters uit die oop veld. Ek wil U besing soos die profeet met: Wonderbaar... Ek wil U dank vir my sewe-en-dertigste Kersfees op aarde. Dis nog n genadedag. En vir die nagedagtenis van hulle wat saam Kersfees gevier het in die verlede. Een vir een het hulle weggegaan: Moeder, Vader, Skoonma, Tita. Ek dink vanaand aan hulle. Hier binne raas my kinders met presente. Ek dank U vir hulle. Maar hoe min weet hulle nog... Hoe bitter min. Hulle sal later leer dat die skaduwee van die kruis geval het oor die krip. Hoogheerlik is u Naam. Amen (Uit: Manna oor die duine I.L. de Villiers) Manna oor die duine van wyle I.L. de Villiers, bekende predikant en digter, het in 1974 by Tafelberg (Kaapstad) verskyn. Dit bevat n aantal treffende gebede met titels soos Oggendgebed, Ek het n fout begaan, By die graf van n vriend en Here, ek dra te veel bagasie.... Met hierdie digbundel verwoord die skrywer op n treffende en dikwels roerende wyse die diepste wese van n gelowige wat in afhanklikheid van God leef. Indien u nog hierdie bundeltjie in die hande kan kry, koop en lees dit. U sal nie spyt wees nie. Redaksie Die kerstoneel (Nativity scene) Onkundige mense ril as hulle die woord tradisie hoor, want baie dink dat dit verwys na oënskynlik sinlose gebruike van vervloë dae, of assosieer dit met n eng en verkrampte lewenstyl. Politieke vyandigheid en n soms onsimpatieke media plaas sommige kultuurgroepe ook dikwels onder druk om gebruike te laat vaar of te verwater. Die Afrikaanssprekende persoon het deur die jare al baie van sy Europese tradisies en gebruike opgegee. Een so n tradisie was die uitstal van n kerstoneel in die huis of in die kerk. In baie Europese gemeenskappe word feeste rondom Advent, Kersdag en Epifanie nog steeds in stand gehou. Dit gaan gewoonlik gepaard met die uitstal van n Kerstoneel: die stal, Josef en Maria, die Jesuskind, die herders en wyse manne, die staldiere en dan natuurlik die helder groot ster wat oor alles heen skyn. In huishoudings word die kerstoneel met sy houtfiguurtjies gewoonlik onder die kersboom uitgestal. Binne kerke word die uitstalling gewoonlik gedoen met figure wat in sommige gevalle alreeds n paar honderd jaar oud is. Lewensgrootte voorstellings van die kerstoneel word ook soms buite die kerke opgestel. In Praag, hoofstad van Tsjeggië, word daar al vir honderde jare in die verskillende kerke uitstallings voorberei. Volgens die oudste geskrewe bron het hierdie gebruik in 1562 vir die eerste keer in die Praagse kerke begin. Daar word gesê dat daar in die kelder van die Mariakerk selfs n replika gebou is van die grot waarbinne Jesus gebore is. Die lewensgroot Heilige Familiegroep is in 1740 gemaak deur een van die bekendste Praagse kunstenaars van daardie tyd. In die Kapusynse Kerk van die Heilige Dame is daar n uitstalling met figure uit 1764. Wat hierdie figure so besonders maak, is die mooi skilderwerk, aangesien n duidelike onderskeid tussen die arm dorpsmense en die ryk adellikes gesien kan word soos verwesenlik in die kleredrag. Ander bekende kerke soos die Lorettokerk, die Vituskatedraal, die St. Francis- en die Týnkerk het almal besonder treffende uitstallings, maar die een wat letterlik die koek vat, is dié van die Matteuskerk in die Dejvicebuurt: al die figuurtjies, selfs die stal en huisies wat die hele toneel afrond, is van kleurvol versierde gemmerkoekies. Elke jaar word n nuwe uitstalling gebak! Wyle Jan Pekelharing, ons vorige orrelstemmer, wie se familie oorspronklik uit Nederland kom, het vertel dat hulle tuis die gebruik het om n kerstoneel op te stel met die aanvang van Advent, maar sonder figure van die Jesuskind, die herders en wyse manne. Lg. groepe figure word iewers anders in die vertrek uitgestal. Die babafiguurtjie is heeltemal buite sig. Soos wat Kersdag nader kom, word die herders en wyse manne telkens nader aan die hooftoneel geskuif. Kersoggend lê die babafiguurtjie in die krip en die herders arriveer by die stal waar die heilige familie en die diere is.

En dan, op Driekoningedag, m.a.w. die eerste Sondag van Epifanie, arriveer die wyse manne ook en dan is die kerstoneel volledig n kostelike gebruik om die kersverhaal uit te beeld. Dink nou net hoe mooi sal dit wees as u hierdie Kersfees vir elke kind, kleinkind of gesin n Kerstoneel (Nativity scene) persent gee. So kan n treffende, eenvoudige familietradisie weer begin. Christiaan Carstens Albertyn, C.F. & Spies, J.J. (reds.) s.j. Kinders van die Wêreld, Deel VI. Kaapstad: Albertyn. The Lands of the Czech Crown, Volume II (Issue 6), December 1995. Prague: Orbis Publishing. * Besoek gerus www.dominiquesonline.co.za indien u belangstel in handgemaakte Kerstoneeltjies CC Die kerklike jaar: Advent, Kersfees en Epifanie Sedert 1998 het ons in die Moedergemeente van Humansdorp moeite begin doen om die kerkjaar meer sigbaar met simboliek en kleur aan die gemeente voor te hou. Vreemde woorde soos Advent en Epifanie is meermale gehoor en ons het bewus geraak dat die kerkjaar nie net uit Kersfees en Pinkster bestaan soos in ons kinderjare nie. Die kerkjaar het eintlik meer om die lyf. Kennis daarvan kan n meelewende lidmaat meer bewustelik laat omgaan met die spesiale momente in die lewe van Jesus en op n besondere manier ook geloofsversterkend wees. Daar kom soms navraag oor die samestelling van die kerkjaar en die kleuresimboliek wat daarmee saamgaan. Daarom het ons dit goed gedink om in die volgende paar nuusbriewe vir u n bietjie meer hieromtrent in te lig en hoop dat u dit interessant en insiggewend sal vind. Al die inligting kom uit die Buro vir Voortgesette Teologiese Opleiding en Navorsing (Stellenbosch) se Leesrooster vir Lidmate: Advent 2004 tot Koninkrykstyd 2005 onder redakteurskap van Marius Nel. ADVENT Wat is Advent? Met Kersfees vier en verkondig ons dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het (Joh. 1:14). Advent is nie dieselfde as Kersfees nie, maar is n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. Die woord Advent beteken ook letterlik koms. As Christene vier ons nie die Adventstyd asof Christus nog nie gebore is nie; ons vier dit met die wete dat Christus gekruisig is en opgestaan het. Tog ervaar, vier en verkondig ons in dié tyd iets van die hoop waarmee Israel in die donker tye op die koms van die Messias gewag het. Advent is dus n tyd vir terugkyk na Israel se Messiasverwagting én n vooruitkyk na die wederkoms as finale triomf van Christus oor die magte van sonde en dood, wat met die gebeure van Paassondag n werklikheid geword het. Advent dra dus die betekenis van swangerskap en afwagting. Ons verlang na die koms van die Seun. Terwyl om te wag geassosieer word met n vermorsing van tyd in ons gejaagde, moderne samelewing, wil Advent ons leer om geduldig te wag op die Here. Om te wag word n kuns waarin geleer word dat, soos in die geval van swangerskap, niks van waarde tereg kan kom sonder n tyd van stille ontwikkeling nie. Wat vier ons in Advent? Advent is nie net gerig op die eerste koms nie, maar ook op die wederkoms. Tydens Advent dink ons aan God as die Altyd Komende in ons nood om op verrassende wyse heil en bevryding te bring. Ons berei ons opnuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom en omdat ons ook leef in die verwagting dat die Verlosser weer gaan kom, is ons gebed: maranata (kom tog gou, Here!). Die geduldige wag tydens Advent maak van Kersfees self n ryker ervaring. Daarom is Advent n tyd van herinnering en verwagting. Waar die fokus van die eerste Adventsondag op Christus se tweede koms is, verskuif dit stelselmatig na sy geboorte. Die eerste week se tema is verwagting. Die tweede week se tema is verkondiging. Die derde week se tema is vreugde. Die vierde week se tema is reinheid. Wanneer vier ons Advent? Daar is vier Adventsondae voor Kersfees, waartydens ons vanuit verskillende perspektiewe ons op die koms van Christus voorberei. Advent strek dus gewoonlik oor so n bietjie meer as vier weke. Die kerkjaar begin met die eerste Sondag van Advent. In Suid-Afrika gaan die betekenis van Advent maklik verlore tussen al die afsluitingsfunksies, gejaag van die vakansie en voorbereidings vir die feestyd. Tog bied die Adventstyd ons die geleentheid om afstand te kry van die haastige kommersialisme voor Kersfees en ons voor te berei op die wonder

en misterie van Christus se menswording. Waar kom die tradisie van Advent vandaan? Reeds so vroeg as die vierde eeu n.c. is daar in Spanje en Frankryk begin met liturgieë wat dui op die voorbereiding vir Kersfees. In die sesde eeu is soortgelyke liturgieë ook in Rome in gebruik geneem. In Rome was daar aanvanklik egter net n enkele dag se vas ter voorbereiding van Kersfees. Gregorius die Grote het die lengte van Advent op vier weke vasgestel. Die tema van die Tweede Koms van Christus was altyd dominant in hierdie seisoen van die kerkjaar. Tot so laat as die twaalfde eeu was dit beskou as n tyd waarin wit klere gedra is en die Gloria in Excelsis ( Ere aan God in die hoogste hemele ) gesing is. Simbole, gebruike en rituele in Advent. In Adventstyd word die Christelike hoop op n besonder simboolryke wyse in die eredienste, maar ook in die persoonlike lewe gevier. Die Adventskrans bestaan meesal uit vier kerse en n groter wit Christus-kers in die middel. Drie van die kerse is purper of donkerblou en n vierde rooskleurig. Die betekenis en gevoel van afwagting word versterk deur op elke Adventsondag n volgende kers aan te steek, terwyl die vorige Sondae se kerse reeds brand. Die rooskleurige kers word gewoonlik op die derde Adventsondag aangesteek en simboliseer vreugde. Die groot wit Christuskers in die middel word op die Kersdag aangesteek. In baie tradisies is dit ook n bekende gebruik om kinders in die Adventstyd te betrek by die maak van n Adventskalender. n Adventskalender help ons om die dae af te tel na Kersfees toe, en bring dus ook iets tuis van die geduldige wag op die koms van die Here. Een van die gewildste vorme van so n kalender is n huis met vier vensters en een deur. Dit word gewoonlik op karton geteken en gemaak, maar op so n manier dat die venstertjies en deure kan oopmaak. Verskillende kinders kan dan verantwoordelikheid aanvaar vir n venstertjie en iets daaragter teken of plak wat met die Kersboodskap geassosieer word. Elke Sondag wanneer n volgende venstertjie oopgemaak word, wag daar n nuwe verrassing. Die deur word op Kersdag self oopgemaak. Die gebruik van die Kersboom is baie bekend. Tog het dit n sterker godsdienstige betekenis as wat die meeste mense vermoed. Die Kersboom verwys terug na die boom van die lewe in die tuin. Die boom herinner ons aan die skepping én aan die koms van Christus om die skepping te verlos (Rom. 8:19-20). Die voorbereiding en versiering van die kersboom kan iets van die voorbereiding en wag op die koms van die koning weerspieël. Die tradisie van die Isai-stomp sluit aan by die teksvers uit Jesaja 11:1, waar ons lees dat n takkie uit die stomp van Isai sal spruit. Die stomp van Isai, oftewel die familieboom van Jesus, word gesimboliseer deur n droë stomp met n rooi lint daarom. Woorde soos maranata ( Kom, Here Jesus ) en Immanuel ( God met ons ) kan n sentrale plek in Adventstyd inneem en vir kinders verduidelik word. Die gedagtes van wag en waak is sentraal in Adventstyd, en stilte is hiervoor belangrik. Stilte kan juis as alternatief dien vir die gejaag en geraas wat dikwels met die tyd voor Kersfees gepaardgaan. Die sing van Kersliedere in eredienste en by ander byeenkomste dra by tot die viering van Adventstyd. Kleure in Advent en met Kersfees. Sedert die 16de eeu is purper die gebruiklike kleur vir Advent in die Westerse kerk. Soms is blou ook gebruik. In die antieke wêreld was purper die koninklike kleur omdat net die koninklikes dié kleurstof kon bekostig. Die kleure in Advent moet ons herinner aan die koms van die Koning. Op Kersdag is die kleure wit en goud. Hierdie kleure kan gebruik word ook in die dae ná Kersfees tot Epifanie, die 6de Januarie. Die kleur verander dan na groen. EPIFANIE Wat is Epifanie en waar kom dit vandaan? Tydens Epifanie vier ons die werk van Christus terwyl Hy op aarde was, in besonder die genesings- en wonderverhale, waaronder Christus juis wys dat die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig (Luk. 4:18-19) Die woord Epifanie dui op die verskyning of manifestasie van God in die wêreld. Epifanie was n ou Oosterse-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus gevier is. In werklikheid is Kersfees en Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die feit dat Kersfees n Westerse en Epifanie n Oosterse oorsprong het, het twee afsonderlike tradisies rondom Kersfees en Epifanie tot gevolg gehad.

In wese het Kersfees en Epifanie ten nouste met mekaar te make, en daarom word die Kers- en Epifanietyd as aaneenlopend beskou vanaf 25 Desember (die Westerse datum vir Kersfees) tot ná 6 Januarie (die datum vir Epifanie). Epifanie is waarskynlik die oudste van die twee feeste, maar is, soos Kersfees, eers sedert die vierde eeu werklik gevier. In die geheel word daar in die tyd ná Epifanie (tot die begin van Lydenstyd) gekonsentreer op Jesus se lewe hier op aarde totdat Hy die lydenspad begin loop het. Wat vier ons in Epifanie en die tyd daarna? Vanuit die Oosters-kerklike oorsprong van Epifanie is hierdie feestyd mettertyd onderspeel in die Westers-kerklike wêreld en bloot gereduseer tot die bepaalde betekenis wat aan die besoek van die wyse manne geheg is. Sommige woordeboeke verklaar nou nog Epifanie met die woord Driekoningsfees. In werklikheid is die menswording van Christus die kern waaroor dit in Epifanie (en natuurlik Kersfees) gaan. Die eerste Sondag ná Epifanie fokus op die doop van Christus en tydens die Sondae daarna word die klem gelê op wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het. Die tyd ná 6 Januarie word dus gewy aan die bestudering en viering van die Een wat onder ons kom woon het. In hierdie tyd word dikwels klem gelê op die bestudering van die Bergrede en daarom dink Protestantse kerke tydens Epifanie veral na oor die sosiale implikasies van Jesus se lewe en leringe. Epifanie word afgesluit met Verheerlikingsondag wanneer Jesus se verheerliking op die berg herdenk word. Verheerlikingsondag lei die geboorte in wat sou lei tot Jesus se kruisdood en opstanding. Wanneer vier ons Epifanie? Die Epifaniefees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie genoem. Die tyd na Epifanie eindig net voor Aswoensdag, wat Lydenstyd inlei. Gebruike, simbole en rituele in die tyd ná Epifanie. Die simbole en rituele vir dié tyd is nie so volop en algemeen bekend soos byvoorbeeld dié van die Adventstyd nie; tog is daar belangrike simbole om van kennis te neem. In die eerste plek is dit n tyd waarin die Bybel met erns bestudeer moet word. Die klem val veral op gedeeltes wat handel oor Christus se lewe vóór sy lydensweg. Ons word in hierdie tyd daaraan herinner dat Christus waarlik mens was. Saam met die doop van Christus kan ons ons eie doop herdenk. Die ster van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die ster as simbool van Lig in die duisternis, is n simbool van hoop. Verheerlikingsondag word gevier nie net as n afsluiting van die tyd na Epifanie nie, maar as n inleiding tot die Lydenstyd. So word ons almal reeds voor die Lydenstyd daaraan herinner dat die lyding van Jesus uitloop op die heerlikheid van sy opstanding. Kleure vir Epifanie en die tyd daarna. Die dominante kleur van Epifanie is groen, soos in die Koninkrykstyd. Vanaf die dag van Epifanie, 6 Januarie, word groen gebruik, met die uitsondering van dié Sondae waarop die doop en die verheerliking van Christus gevier word. Dan is die kleur wit. KERSSANGDIENS U word hartlik uitgenooi na die gesamentlike Kerssangdiens van die twee Humansdorpse NG-gemeentes. Vanjaar vind dit plaas in die kerkgebou van Humansdorp-Oos op Sondag 21 November om 7 nm. n Geleentheidskoor bestaande uit sangers van die twee gemeentes sal optree, asook n verskeidenheid soliste en instrumentaliste. Joey Strydom, orreliste van Humansdorp-Oos, koördineer die geleentheid en ons eie orrelis, Christiaan Carstens, sal die koor- en gemeentebegeleidings behartig. Ons Tuiste hou basaar! (2 Oktober) Lank voor die tyd is daar al gewoel en gewerskaf om gereed te maak vir die jaarlikse basaar. Wat my opgeval het, was dat daar so baie gewillige hande was wat wou help meestal dié van persone in die sewentig of tagtig sommiges van hulle in rystoele. Hierdie mense het nie altyd te gesond gevoel nie, maar hulle was daar. Die dag vóór die basaar het ds. van Taak gesê dat daar waarskynlik nie skenkings uit die Gamtoos sal kom nie, want boere kry swaar as gevolg van die droogte. Sy woorde was nog nie eers koud nie, toe daar n vragmotor en n bakkie stop met die mooiste en varsste groente en vrugte. Almal was verstom en harte het oorgeloop van vreugde. Boere en besighede se harte was oop vir die basaar en ons kan maar net sê: Baie, baie dankie.

Uiteindelik het die groot dag aangebreek. Alles was gereed om verkoop te word. En toe die groot bonus: n welkome sagte reëntjie! Heerlike vleis en wors is gebraai en die braaiers het beïndruk met hul uithouvermoë om die vuur aan die brand te hou en die vleis te braai. In die saal was dit soos n byenes. Daar was die heerlikste geregte, pannekoek, poedings, koeke, klein koekies, beskuit, vars vleis en nog meer om te koop. Die teetafel op die verhoog was n treffer. Ek kon met nostalgie terugdink aan baie jare gelede toe ek die mooi versierde tafels sien. Damesskoene van so 60 jaar gelede en n vanmelewe se handsakkie alte fraai! Dit was regtig besonders. Die eetgoed by die tee het vorentoe gesmaak. So het ons ook die basaar ondersteun, maar my man het n fout gemaak om sy beursie vir my te gee. Hy wou nog n geldjie hê, maar sy beursie was dolleeg. Daar was nou jou wrintiewaar nie eens geld oor vir Sondag se kollekte nie! Die basaar was n groot sukses: die gees was goed en mense het hard gewerk. Dit was vir my n riem onder die hart om te kon sien wie almal n handjie bygesit het. Ek dink die Raad sal seker nie omgee as ek namens hulle vir een en almal dankie sê vir bydraes en harde werk nie. Dankie ook aan die persone wat stilweg in die kantore hul deel gedoen het en die kombuispersoneel waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Julle ywer gaan nie ongesiens verby nie. Nou wil ons laag buig by die voete van ons Hemelse Vader wat alles so mildelik aan ons geskenk het. Ons is dankbaar vir menseharte en -hande wat Hy oopgemaak het tydens die basaar. Ons glo dat Hy ons ook verder sal seën met lieflike reën. Anita Nicholson Manne-ontbyt (16 Oktober 2010) Ek was in my jonger dae altyd baie vol fiemies oor meisies, en my kamermaat op universiteit het altyd vir my gesê: Onthou, jy s ook maar nie juis n oil-painting nie. Wel, Saterdag by die Manne-ontbyt het ek geleer dat ek miskien nie n oil-painting is nie, maar ek is wel soos n oilpainting. As ek die Here toelaat om in my lewe te werk, sal hy n meesterstuk van my maak tot Sy eer. Hy het soveel mooi beloftes vir ons in die Woord en ons sien dit partykeer nie raak nie, veral as slegte dinge met ons gebeur, of ons gaan deur n moeilike tyd. Maar die Here kan enige donker kol in jou lewe verander in iets moois. As jy kyk na ander mense, sien jy dikwels ook net die slegte en ons skryf hul dan soms af. Hulle lewe lyk mos na n gemors. Maar ons besef nie dat God, soos n kunstenaar, presies weet wat Sy einddoel met elkeen se lewe is nie. Ons moet dus eerder die potensiaal om iets moois te word, in elkeen sien. Die Here wil in ons werk, sodat hy deur ons kan werk. Dit gebeur nie sommer maklik dat mens iewers gaan ontbyt eet, en dan waardevolle Geestelike voedsel ook kry nie. Vir R40 was dit n winskopie. Dit is jammer dat al die manne van die gemeente nie daar kon wees nie. Maak seker dat u die volgende manne-ontbyt nie mis nie. Dit sal net so goed wees soos om, by wyse van spreke, die tog deur die Jordaan te mis en in die woestyn agter te bly. Jan-Francois Cilliers Kerkhervormers: Martin Luther Gedurende 2009 het die Protestantse Kerke, veral die Gereformeerdes, wêreldwyd die geboortejaar van Johannes Calvyn 500 jaar gelede, herdenk. By ons in die gemeente het ons weer die bekende Psalms afgestof, nuwes bygeleer met die hulp van die kantory, en daar was in die Moedernuus verskeie aflewerings oor Calvyn se lewe, sy skryfwerk en sy siening van die kerklied. n Ander effens ouer tydgenoot van Calvyn was die Duitser Martin Luther. Dit was deur Luther se toedoen dat die Hervorming sy beslag gekry het. In hierdie uitgawe, terwyl ons nou pas weer die Hervorming op 31 Oktober herdenk het, wil ons graag stilstaan by die lewe van Luther. In die nuusbriewe van 2011 sal ons telkens n aflewering versorg oor ander hervormers soos John Knox (Skotland) en Ulrich Zwingli (Switserland), en ander wat in hulle onderskeie vaderlande hervorming in die kerk begin het. Voordat ons egter kyk na die lewe van Luther, is dit insiggewend om kennis te neem van die tydperk waarbinne Luther geleef het. Gedurende die Middeleeue was daar dikwels onrus vanweë oorloë, die kruistogte na Palestina wat deur Europese vorste onderneem is in die naam en onder die vaandel van die kerk, n korrupte regstelsel waarvolgens mense maklik tot hekse en ketters verklaar kon word, gevolg deur die onvermydelike verbranding op die brandstapel, verdrinking of onthoofding, en natuurlik ook epidemies wat gemeenskappe dikwels tot op die rand van totale uitwissing gebring het. n Handjievol van die Europese bevolking, gewoonlik uit die adelgeslag of ryker handelaars, het die voorreg gehad om n akademiese opvoeding te kry. In baie gevalle het dit ook maar lukraak plaasgevind, omdat die gevegskuns

vir baie vermoënde jong mans meer gewig gedra het as akademiese opleiding. Jong meisies uit gesiene families moes weer allerhande vaardighede aanleer, soos naaldwerk en musiekmaak, en is dikwels as hofdames na adellike huishoudings gestuur. Daar moes hulle leer hoe om n verfynde dame te wees sodat hulle uiteindelik n goeie huwelik kon sluit met n hubare jongeling uit n adellike familie. Akademiese opleiding was dus nie so belangrik nie. Die persoon wat weliswaar n sterk behoefte gehad het om opleiding te ontvang, moes dikwels aanmeld as monnik of non by n klooster. Alleenlik dan het n persoon uit die laer stand toegang gehad tot die biblioteke wat in kloosters gehuisves is. Dit is juis om hierdie rede dat daar gesê word dat die kerk beheer oor alle kennisverwerwing gehad het. Latyn was die taal van geleerdheid en alle boeke, ook die Bybel, is in hierdie taal geskryf. Dit was ondenkbaar dat die volkstaal gebruik word in boeke. Gedrukte boeke het toe nog nie bestaan nie en alles moes met die hand geskryf word pynlik netjies en in sierskrif. Omdat die kerk beheer gehad het oor geleerdheid, was Latyn dus ook die taal waarin n kerkdiens gehou is. Stel jou nou voor dat jy as ongeskoolde persoon in n kerkdiens moet sit terwyl jy nie n snars Latyn verstaan nie. Die samelewing was boonop baie agterdogtig en bygelowig. Enige vorm van kritiek teen die kerk of n invloedryke persoon het gelei tot die doodstraf. n Gewilde manier om van n persoon ontslae te raak, was deur valse beskuldigings van heksery. So n persoon is dan gewoonlik voor n kerklike tribunaal gedaag en as die duiwel self uitgemaak. Die enigste manier om jou onskuld te bewys, was om te sink as jy met n meulsteen om die nek in die meer gegooi word, of om te brand as jy op die brandstapel aan die brand gesteek is. Dan sou jy post mortem-vergifnis ontvang! Sou jy bly dryf met die swaar klip om die nek, of ongeskonde van die brandstapel stap, was jy beslis n heks! Teen die tyd dat Luther gebore is, het die Renaissance (die tyd waarin die mens meer ondersoekend begin raak het deur o.a. op ontdekkingsreise om die wêreld te gaan) aangebreek. Dít ten spyt, is verskeie gebruike en bygelowe uit die Middeleeue nog in stand gehou o.a. deur die Kerk. Dit is juis as gevolg hiervan dat Luther met sy uitdaging van pouslike en keiserlike gesag, sy lewe telkens op die spel geplaas het. Martin Luther is in 1483 in die Duitse stadjie Eisleben, in die keurvorstedom Sakse, gebore. Sy vader kon hom stuur vir n deeglike skoolopleiding en uiteindelik ook universiteitsopleiding by die Universiteit van Erfurt. Hy studeer in die regte en filosofie, maar begin toe belangstelling toon in die teologie. Ná die dood van n vriend sluit hy aan by die Augustynse Orde van die Katolieke Kerk in Erfurt. Hier het hy gereeld gevas, gebid en selfpyniging toegepas, want so, het hy geglo, sou hy ietsie van Jesus se lyding aan die kruis ervaar en vergifnis van sonde ontvang. Die hoof van die kloosterorde, met wie Luther goed oor die weg gekom het, het hom egter aangeraai om n studie te maak van die Kloosterbybel. Na n diepgaande studie het hy tot die slotsom gekom dat goeie werke nie sondeverlossing verseker nie, maar slegs ware berou en God se genade. Hertog Frederik van Sakse, n man wat uiteindelik n beduidende rol in Luther se lewe sou speel, het hom op hierdie tydstip die pos van professor in filosofie aan die pasgestigte Universiteit van Wittenberg aangebied wat hy aanvaar het. Luther verdiep hom in sy teologiese studies en teen November 1510, toe hy as afgevaardigde van sy kloosterorde na Rome moes reis, was sy verwagting groot. Rome was immers die hoofsetel van die Kerk en die plek waar die pous gewoon het. Die reis was gevaarlik en vol ontbering. Rowers het in woude waardeur daar gereis moes word, geskuil. Die winter het begin. Dit was koud en nat. Die eerste sneeu het reis n onplesierige ervaring gemaak. In Rome aangekom, moes Luther egter waarneem dat die priesters losbandig leef en dat die pous hom oorgegee het aan die najaag van mag, rykdom en twyfelagtige vroulike geselskap. Diep teleurgesteld is Luther weer terug Wittenberg toe. Dit wat hy in Rome gesien en beleef het, het hom egter oortuig dat dinge nie reg was in die Kerk nie. Verder, nadat hy n doktorsgraad in teologie behaal het, was hy ook daarvan oortuig dat jy slegs deur te glo in die Bybelse waarhede, saligheid sal verkry. Intussen het daar n finansiële krisis in die Kerk ontwikkel: bouwerk aan die imposante Petrusbasiliek van die Vatikaan kon nie voltooi word nie, aangesien die geld begin opdroog het. Planne moes beraam word om vinnig baie geld in die hande te kry. Daar is besluit om die sg. aflaatbriewe aan mense te verkoop. Met die koop van n aflaatbrief sou jou sonde vergewe word, en wat meer is, jy sou sommer vir sondes wat jy nog sou doen in die toekoms, ook aflaatbriewe kon koop. Jy kon selfs vir gestorwe familielede aflaatbriewe koop en dan sou hulle ook sondevergifnis ontvang! Die man wat na Duitsland gestuur is om die aflaathandel daar aan die gang te kry, was Johann Tetzel. Hierdie dwaling van die Kerk het Luther só teen die bors gestuit dat hy dit onder die aandag van sy studente gebring het met sy sg. 95 stellinge. Die gebruik was om kennisgewings in Latyns teen die kerkdeur aan te bring waar die studente dit kon lees en daarna bespreek. Uiteindelik sou so n bespreking sy weg in die lesinglokaal vind. Dit is juis a.g.v. hierdie gebruik dat Luther sy 95 stellinge (in Latyns opgestel) teen die deur van Wittenberg se kasteelkerk gaan spyker het. Dit het plaasgevind op 31 Oktober 1517 en

hierdie datum word allerweë beskou as die geboorte van die Hervorming. In hierdie 95 stellinge het Luther onder andere vermeld dat die aflaathandel n dwaling is en dat hy sy mening sal verdedig teen enige persoon. Die stellinge is spoedig in Duits vertaal en dit het soos n veldbrand deur die honderde Duitse staatjies versprei. Die gevolg was dat die verkoop van aflaatbriewe in die Duitssprekende gebiede nie die nodige inkomste opgelewer het nie. Die pous was baie kwaad en beveel dat Luther binne 60 dae in die Vatikaan verhoor moes word. Dit sou beteken skuldigbevinding as ketter en die brandstapel as uiteinde! Luther se hertog, keurvors Frederik van Sakse, het ingegryp, want hy het geweet wat die gevolge sou wees. Frederik het gereël dat Luther in Augsburg, op Duitse grond, verhoor moes word deur Cajetanus, die pouslike ambassadeur. Cajetanus het vereis dat Luther sy stellinge moes terugtrek... en Luther het volstaan deur te sê dat hy dit slegs sou doen as hulle hom uit die Bybel verkeerd kon bewys. Vir hom was die Bybel die enigste bron van gesag. Luther is tot ketter verklaar, maar gelukkig vir hom het die hertog hom in sy beskerming geneem. Luther se bekendheid het dwarsoor Duitsland en selfs buite die Duitssprekende wêreld versprei. Hy was vreesloos in die stel van sy standpunte en het ook baie daaroor geskryf. Die pous was baie kwaad en het in 1520 n banvloek oor Luther uitgespreek. Luther het hierdie skriftelike bevel van die pous in die openbaar verbrand. Nou was die pous sommer boosaardig kwaad! Intussen het die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, die jong Karel V, n spesiale dag uitgeroep waarop al die vorste in die Ryk hom in Worms moes ontmoet. By hierdie Eerste Ryksdag van Worms in 1521 sou die geval Luther ook bespreek word en Luther is ook beveel om voor die uitgelese groep vorste te verskyn. Dit was tydens hierdie geleentheid, nadat hy vir die soveelste keer beveel is om sy stellinge terug te trek, dat hy gesê het: Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. God help my. Amen. En nou was die keiser óók kwaad en Luther ontvang sy tweede banvloek dié keer van die keiser. Frederik van Sakse, bloed-oom van die keiser, het besef dat Luther se lewe nou daadwerklik bedreig sou word en bied hom toe n veilige tuiste aan in sy kasteel Wartburg. Dit was in hierdie stadium dat Luther waarskynlik die pragtige lied n Vaste burg is onse God se woorde en melodie geskryf het. Tydens sy verblyf van ongeveer n jaar het Luther sy aandag gewy aan die vertaling van die Bybel in Duits in die oë van die Kerk n groot sonde, maar vir die mensdom n groot geskenk! Op Kersdag 1521 te Wittenberg, het n vriend van Luther vir die eerste keer sonder sy priesterkleed die Mis bedien en het hy dwarsdeur die diens, anders as wat die Katolieke Kerk vereis het, slegs in Duits gepraat! Ander veranderinge het ook plaasgevind: priesters, en ook monnike, het in die huwelik getree. Goeie hemel, het Luther gesê toe hy hoor dat selfs monnike vrou gevat het, monnike ook? Hulle sal nooit vir my n vrou gee nie. Binne vier jaar was Luther self getroud met sy geliefde Katharina von Bora, n eertydse non. Luther se gewildheid het vinnig toegeneem en sy volgelinge het by die dag meer geword. Ongelukkig het die godsdiensstryd so verstrengel geraak met die politieke en ander probleme wat geheers het in die Ryk, dat sy volgelinge hulle skuldig gemaak het aan geweld. Hierteen het Luther hom baie sterk uitgespreek, maar verniet. Hulle was betrokke by die beeldestorming en die sg. ridderoorlog teen die keiser, asook by in n opstand van kleinboere teen hulle adellike here. Intussen het die keiser begin agterkom dat daar verskeie van die ryksvorste was wat geswore ondersteuners van Luther geword het. Hoewel hy hulle verkwalik het, kon hy nie hierdie vorste vervreem nie, want hy het hulle hulp nodig gehad in die oorloë teen Frankryk en Turkye. Tydens die Eerste Ryksdag van Spiers, in 1526, is daar besluit om aan elke vors die reg te gee om self te besluit watter vorm van godsdiens in sy staat sou geld. Drie jaar later, by die Tweede Ryksdag van Spiers (1529) is die besluit van die Eerste Ryksdag van Spiers egter herroep. Dit het heftige reaksie ontlok, want die prinse het daarteen geprotesteer. Dit is van tóé af dat daar vir die eerste keer van Protestante gepraat is. Almal wat dus daarna van die Katolieke Kerk weggebreek het, is ook Protestante genoem. In 1530, tydens die Ryksdag van Augsburg, is die geloofsbelydenis van die Lutherane, die sg. Augburgse Geloofsbelydenis, bekendgestel. O, en was die Katolieke nou vir jou ongelukkig! Boonop organiseer die Protestante hulleself toe in die sg. Verdedigingsbond van Schmalkalden, net ingeval hulle deur die Katolieke vorste aangeval sou word. Die arme keiser, wat teen die tyd begin agterkom het dat hy nie veel mag binne sy eie ryk gehad het nie, sluit toe die Godsdiensvrede van Neurenberg in 1532 met die Protestante. Nou kon die Protestante sonder bedreiging hulle godsdiens beoefen. 1545 breek aan en n afgematte, moedelose keiser Karel V roep die Konsilie (vergadering) van Trente byeen, maar die verteenwoordigers van die Protestantse Schmalkaldiese Verbond het geskitter in hulle afwesigheid. Uiteindelik is die keiser gedwing om op te tree teen die Protestante en hy besluit op wapengeweld. Dit is in hierdie stadium in 1546, net voor die uitbreek van die burgeroorlog tussen Katolieke en Protestante van die keiserryk, dat Luther te sterwe kom. Hy is begrawe in die kasteelkerk van Wittenberg dieselfde kerk waar hy sy opsienbarende 95 stellinge teen die deur gespyker het. By sy graf was sy vrou Katharina, sy dogter Margarete en sy seuns Johann, Martin en Paul.

Wat is Luther se nalatenskap? Hy het geglo dat slegs geloof in God jou sal red. Hy het, anders as sy Katolieke opponente, geglo dat goeie werke soos gebede en pelgrimstogte, nie die sondige mens sal red nie. Slegs deur geloof in God se liefde en simpatie kan n gelowige n ware Christelike lewe lei en redding ná die dood verkry. Die pous was volgens Luther nie die hoogste gesag van God se wil nie, maar die Bybel. Danksy Luther is die Bybel vandag wêreldwyd verkrygbaar in verskeie tale. Van sy liedere word nog in verskeie Protestantse kerke gesing. Luther het die huwelik as instelling hoog geag. By geleentheid het hy gesê: Ich liege oft bei meiner Kätchen an der Seite ( Ek lê dikwels langs my Katryntjie ). Verder het hy ook teenoor sy vrou Katharina gesê: Ich bin dein, und du bist mein. Das ist die Ehe ( Ek is joune, en jy is myne. Dit is wat n huwelik is ). Opvoeding het hom ook na-aan die hart gelê. Hy was van mening dat die grootmaak en versorging van n familie die belangrikste taak van n man en vrou is. Hy het gesê dat die beste taak wat die mens op aarde kan verrig, is om kinders goed groot te maak. Dit moet gedoen word ter wille van God, die Christendom, die wêreld, die ouers en die kinders self. En as jy louter hel op aarde wil hê, moet jy jou kinders afskeep, hulle toelaat om te vloek, liedere te sing met liederlike woorde in en te laat doen net wat hulle wil, soos hulle wil. Nou-ja, toe! Lambrechts, H.A. e.a. Schutz, H. s.j. 1983. Nuwe geskiedenis vir standerd 6. Parow: Nasou....und mir zur Seite ging Bruder Martin. (GEO - Das neue Bild der Erde.). Hamburg: Verlag Gruner. Simon, E. 1968. The Reformation: Great Ages of Man. Nederland: Time-Life International. Versorg deur Christiaan Carstens Vryheid van... Sedert 1994, toe die sg. nuwe Suid-Afrika aan die wêreld bekendgestel is, is die uitstaande grondwet van hierdie bevryde land wyd en syd besing. Die res van die wêreld het met verwondering kennis geneem van die vrede wat in Suid-Afrika herstel is na jarelange politieke onrus. Wat die grondwet ook onderskei het van soveel ander lande s n, was die feit dat menseregte ingeskryf is in die Suid-Afrikaanse grondwet om aan te toon hoe belangrik ons dit ag, in plaas daarvan dat dit in n aparte dokument geskryf staan wat terloops deur die regering onderskryf sou word. Op skool het ons kennis geneem van die vryheid van spraak, van die pers en van godsdiens. Die Franse Rewolusie het hierdie dinge aan die gang gesit, die Amerikaners loop daarmee te koop sedert hulle onafhanklikheid van Brittanje (gedurende die 1770's) en selfs die VVO onderskryf dit in die Universele Verklaring van Menseregte. Maar wat is die agtergrond? Die wortel van hierdie drie basiese regte lê in die tyd vóór die Franse Rewolusie (1789-1795) toe die mense in Frankryk spesifiek nie die reg gehad het om die koning en sy regering of die Katolieke Kerk te kritiseer nie. Die gebrek aan spraakvryheid het gemaak dat mense se monde gesnoer was. Kritiek op koning en kerk het dikwels gou tot inhegtenisnames gelei en lang, dikwels lewenslange, vonnisse tot gevolg gehad. Die beperking op persvryheid het ook beteken dat mense nie ingelig kon word oor die stand van regering- of kerksake nie. In n tyd van grootskaalse korrupsie, geldvermorsing deur oorloë, die instandhouding van die koninklike hof en selfverryking van regerings- en kerklike amptenare, is die pers gemuilband, en hierdie onverkwiklike situasie het mateloos gefloreer a.g.v. die beperkings. Geloofsvryheid is aan bande gelê: almal moes aan die Katolieke Kerk behoort of eenvoudig die land verlaat. Teen nie-katolieke is daar op die mees flagrante wyses gediskrimineer en mense het Frankryk verlaat om n nuwe heenkome in veral Noord-Amerika en die Kaapkolonie aan die suidpunt van Afrika te gaan soek. Om dus die Gereformeerde geloof aan te hang, is gesien as kritiek op die Katolieke Kerk en n omverwerping van die koninklike dekreet wat bepaal het dat almal in Frankryk tot die Katolieke Kerk moes behoort. Die gevolg: tronkstraf! Wat wil die vryhede op spraak, die pers en godsdiens vir ons sê? Dit kom neer op die Engelse gesegde: Live, and let live. Ook ons uitlewing van ons Christelike geloof hang ten nouste saam met hierdie grondwet-gewaarborgde vryhede en die inhoud van hierdie Engelse gesegde. Dit maak dinge natuurlik nie so maklik nie. Niemand hou van kritiek nie, veral nie as jy weet dat daar waarheid in die kritiek is nie. Regerings hou veral nie van kritiek nie. Dit kom ons dikwels agter as ons die Suid-Afrikaanse koerante oopslaan. Die groot debakel rondom persvryheid in Suid-Afrika hang ten nouste saam met die reg om te kan kritiseer. Ons nekhare staan egter orent as ons hoor dat sekere jeugleiers en ander regeringsmanne, wat al in koerante gekritiseer is, die reg op persvryheid wil inperk. Daar word gesê dat die regering met so n inperking nie respek vir die grondwet en ook basiese menseregte sal toon nie. En dan, waar bring dit ons wanneer ons dink in terme van godsdiensvryheid?

Oeps! As die reg op spraakvryheid en persvryheid ingeperk kan word, wat kan die regering keer om ook beperkings op godsdiensvryheid te plaas? Ons sal nooit weet nie. Maar wat verstaan ons onder godsdiensvryheid? Dit is die reg om geloofsvryheid te geniet. Dit maak nie saak of jy jou uitleef as Christen, Moslem, Boeddhis, Hindu of wat ook al nie jy is vry om dit te doen. En in Suid-Afrika, glo ek, het ons groot waardering vir die reg om ons geloof te beoefen en uit te leef. Maar waarom staan mense se nekhare regop, ook hier in Suid-Afrika, as hulle hoor dat pres. Obama van die VSA die Moslems ondersteun wat n groot moskee wil bou naby die sg. Ground Zero waar die New Yorkse Twin Towers op 11 September 2001 geval het as gevolg van Moslem ekstremiste? Tas kritiek op hierdie moontlike bouprojek nie ook die godsdiensvryheid van Amerikaanse Moslems aan nie? Of Obama se reg op die vryheid van spraak? Of lê die kritiek ingebed in die spanning tussen die Moslemlande, waar daar in baie gevalle geen Christelike godsdiensbeoefening of -uitlewing geduld word nie, en die Westerse wêreld? Sou die reaksie van Amerikaners dieselfde gewees het as Amerikaanse Christene van Arabiese oorsprong n kerk naby Ground Zero wou bou? in 1782 gebore en was eers n Baptis. Hy het erken dat hy hom misgis het toe hy die datum van die wederkoms van Christus op 1843 vasgestel het. Hy maak toe n nuwe datum: 1844. Maar ook hierdie jaar het verbygegaan sonder dat Christus op die wolke gekom het. Toe dit lyk of die beweging gaan doodloop, red mev. Ellen White, n sieklike vrou wat dikwels aanvalle gekry het, die situasie. Sy beweer dat 1844 die regte jaartal was, maar dat Christus nie na die aarde toegekom het nie, omdat die Sondag in plaas van die Saterdag as rusdag gevier word. Van toe af het die Sewendadagadventisme begin bestaan. Dié beweging is in 1877 deur C.L. Boyd en A.T. Robinson na Suid-Afrika toe gebring. Behalwe huisbesoek, lesings en boekverspreiding, maak hulle ook gebruik van advertensies en aanloklike Bybelstudiekursusse om hulle saak bekend te stel. n Mens kan hulle publikasies gewoonlik maklik uitken aan die uitgewer: Die Sentinel Uitgewersmaatskappy, Kenilworth. Behalwe hulle leer van die grootdoop, die sieleslaap en die wederkoms van Christus, val hulle groot klem op die viering van die sabbat. n Mens kan baie vrae vra. Maar die laaste vraag waaroor u self maar moet wonder is: Sal n regering wat beperkings op pers- en spraakvryheid wil plaas, die reg op godsdiensvryheid bly waarborg? Christiaan Carstens Ander kerke, geloofsgroepe en godsdienste Deel 4 In die Maart-uitgawe van Moedernuus het ons begin met n reeks oor ander gelowe. Soos tóé reeds vermeld, wil ons graag meer inligting verskaf sodat ons groter begrip vir ons mede-gelowiges in Christus kan hê, en ons eie Gereformeerde geloof in perspektief kan sien. Ons kyk ook na ander, vreemdsoortige godsdienstige perspektiewe wat nie berus op die Woord van God nie. Daar word swaar gesteun op prof. Piet Meiring se skrywes in Lééf oor hierdie onderwerp en wat later oorgeneem is in die Algemene Sinode van die NGK se Algemene Jeugkommissie se Geloof wat rêrig is - Bybeldagboek vir die katkisant in die belydenisgroep (2003). Ons hoop u vind deel 4 ook interessant. Ons innige simpatie aan die Johnston-familie wat n geliefde aan die dood afgestaan het. John James Johnston 28 September 2010 Baie geluk aan die volgende doopouers met hierdie belangrike dag in jul kind se lewe. Carlo en Elga Heydenreich met Carna 26 September 2010 Sewendedagadventiste Die Sewendedagadventiste word baiekeer deur lidmate van ander kerke die Sabbatariërs genoem, omdat hulle aan die letterlike betekenis van die vierde gebod vashou en al die klem laat val op die woord sewende dag van die week, die Saterdag, as die sabbat. Die Sewendadagadventiste het in Amerika begin by William Miller. Hy is

Hartlik geluk aan die pasgetroudes wat vanuit ons kerkgebou getroud is. Heinrich en Nadia (Grobler) Kemp 11 September 2010 Enrico en Nolene (Beer) Smuts 25 September 2010 # Trou is nie perdekoop nie, want jy kry die skoonma by! # Sannie: Annie, hoekom is jy so kwaad vir Rina? Annie: Want sy het vir my n toe-oë-afspraak gereël en nou sit ek al vyftien jaar lank met hom! # Vraag: Wat is beter as om agter vroue aan te hardloop? Antwoord: Om hulle te vang!,n Bruidstorie Mnr. Arie van Namen, afgetrede universiteitsdosent en musiekkenner, is dikwels met vakansie in Jeffreysbaai en besoek dan Sondae ons kerk. Gedurende sy loopbaan as kerkorrelis het hy heelwat interessante en amusante ervarings gehad. Een daarvan is dié kostelike bruidstorie... Die verhaal het hom afgespeel iewers tussen 1958 en 1966 terwyl ek orrelis was van n NG-gemeente in Kimberley. Een van my opdragte as orrelis was om by huweliksplegtighede die orrel te bespeel. So gebeur dit toe weer by een van die geleenthede waar ek ewe pligsgetrou, maar wel teen betaling, my op die orrelbank tuisgemaak het met die neus in die bladmusiek van Mendelssohn se bekende huweliksmars. Met my rug na die preekstoel moes ek dikwels omkyk om te sien wat onder in die kerk aangaan en ook wie van onder uit die orrelgalery, wat bo-oor die hoofingang was, na die kansel in aantog was, soos bv. n bruid. Op dié besondere Saterdagmiddag was dit nie net die orrelis en huweliksbevestiger wat teenwoordig was nie, maar ook die kosterpaar, mnr. en mev. Van der Merwe. Soos gebruiklik het beide die broer en suster by die hoofingang stelling ingeneem gereed om die bruid te verwelkom en om die knoppie van die elektriese skakelaar te druk, wat dan n liggie by die orrel se speeltafel sou laat brand. Gereed vir die aanslag op die Mendelssohn, hou ek toe die liggie dop. Uiteindelik begin dit brand en ek begin speel. So n 10 of 15 mate in die musikale vrug van Mendelssohn in, kyk ek om na onder, al spelende, om die bruid te sien binnekom. Maar in plaas van die bruid, verskyn broer koster by die ingang na die galery en beduie met heftige handgebare: Stop met die spelery. Die eerste gedagte was: die bruid het spyt gekry en laat spaander, of miskien het sy flou geval. Ek kon die koster nie vra nie, want hy het alweer verdwyn. Daar sit ek toe weer in stilte en wag met die een oog op die liggie en die ander op die ingang na die galery. Het die kosterpaar hulle vergis of het iemand skelmpies die knoppie gedruk sonder dat daar n bruid in sig was? Na n paar minute gaan die liggie weer aan en ek begin my tweede poging met Mendelssohn se musikale somernagtelike mars. Na sowat 10 of 15 mate kyk ek weer om, vol verwagting om die bruid langs haar vader te sien inkom. Maar in plaas van die bruid, sien ek wéér die koster wat met heftige gebare by die galery-ingang my tot stilte dwing. Het ek nou verkeerd gespeel en die bruid ontstem? Ek het tog immers duidelik gespeel ta ta ta tom... ta ta ta tom... Nou ja, ek stop toe maar weer. So in die stilligheid het ek by myself gedink dat, as ek wéér moet speel en wéér moet stop, ek huis toe gaan of n dubbele tarief gaan vra. Nie lank nie na sowat 5 minute flikker die liggie weer en ek begin te speel met die gedagte: Hier gaan ons weer. En sowaar, na so n 10 of 15 mate verder, verskyn die bruid in maagdelike wit, aan die arm van haar vader, van onder uit die galery die kerk binne. Die plegtigheid kon verder vlot verloop. Na afloop van die seremonie en die strooi van konfetti oor die pasgetroudes, besluit ek om my goeie reg te benut en die koster te vra waar hy die reg kry om my so met handgebare te belemmer in my ernstige poging om as orrelis te funksioneer. Toe kom die verduideliking: Toe die bruid vir die eerste keer die troumotor verlaat en die kerktrappe bestyg, het sy haar lang trourok voor liggies opgelig. So sien die kosteres dat die dame mooitjies nog haar pantoffels aan het. Op die vraag aan die bruid: Is dit jou trouskoene? skrik die bruid groot, en met hande voor die mond, asvaal geskrik, sê sy: O genugtig, ek het vergeet om my trouskoene aan te trek! Gelukkig woon die bruid nie te ver van die kerk nie, en kon hulle gou terug huis toe. Dit was tóé dat die koster my die sein gegee het: stop met die orrelspel. Tuis aangekom is die probleem snel opgelos en die mooi trouskoentjies het die pantoffels vervang. Terug by die kerk, net toe sy die kerktrappe vir n tweede keer bestyg en die sein om met die huweliksmars te begin, gegee is, vra die oplettende kosteres weer: Maar waar is jou bruidsruiker? Nou ja, hande weer omhoog van skrik, roep sy uit: O gaats, ek het my ruiker op die tafel neergelê terwyl ek die skoene aangetrek het! Dus, vir n tweede keer terug in die motor en n heftige handgebaar van die koster: stop met die orrelspel!