Uitgawe 106: September 2016

Similar documents
Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Dawid die Skaapwagter

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Josua - van jongs af n leier

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Profetiese woord vir 2017 en verder

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

DIE AA NDBOODSKA PPER

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Seisoen van die Gees

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Volume 3 van 2016 September 2016

MABUASEHUBE Julie Pieter Booyens

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Empathy Ouerhandleiding

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die Anglo-Boereoorlog *

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

APRIL Nobody were very keen to pack up on Tuesday morning and we all left again in convoy. Thanks everyone for a wonderful weekend.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Die plek van jou tent

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Transcription:

Uitgawe 106: September 2016 Voorwoord: Welkom by die 106de uitgawe van die Voorslag!! In hierdie uitgawe opdateer Hennie ons oor die AGN liga en Alexander deel sy belewenis van sy 10de Skukuza halfmarathon. Ons leer ook vir Walter Gahler Jnr beter ken. 1. Voorsitters woordjie (Yoli staan in)... 2 2. Verjaarsdae... 3 3. AGN liga... 6 4. Kalender Julie Oktober 2016... 6 5. Hardloop Nuusbrokkies Augustus 2016... 8 6. VTM Top 10 Augustus 2016... 10 7. Atleet van die maand Walter Gahler Jn... 13 Oor jouself:... 13 8. Oppilangpad... 17 9. Uit die Woord:... 19 10. Gedagte vir die maand:... 19 11. Voorslot:... 20 1.Voorsitters woordjie (Yoli staan in) Ek geniet dit altyd om die Voorsitters woordjie elke maand te lees wanneer Leon dit vir my stuur. Hy het darem maar 'n gawe om dinge op 'n wonderlike wyse te stel wat almal intrek en laat belangstel. So hierdie maand het dit my te beurt geval om die Voorsitters woordjie te probeer skryf en ek hoop dis net halfpad so geslaagd soos Leon dit doen. Soos julle almal oftewel meeste van julle weet bevind Leon homself die afgelope twee weke in die hospitaal met longprobleme. Die menslike liggaam is soms maar baie broos maar ek glo die menslike wil is baie sterker...die liggaam het soms net tyd nodig om op te vang. Ek glo Leon is 'n voorbeeld van daardie ysere wil...die beterskap vorder stadig maar seker en ek dink die belangrike woord om op te fokus is vorder. Ons bid vir jou beterskap en volle herstel toe en jy en Annetjie is in ons gebede en gedagtes.

Daar is so paar dinge wat ek julle graag aan sal wil herinner: 10 September is die Addicted to Life wedloop wat ons aanbied by TUT. As jy in Pretoria is en kan uithelp kom asseblief. Ons het elke hand nodig wat beskibaar is. Kontak asseblief vir Joep by 0832296313 as jy beskikbaar is. 17 September is die volgende ligawedloop by Brooklyn winkelsentrum...kom een,kom almal en ons maak dit 'n groot een! Hierdie roete gee PB's verniet weg! As jy dalk bietjie inspirasie en motivering nodig het om jou hardloop bietjie op te skerp en te verbeter..hier is jou kans. Ons klub het 'n groep op Strava wat jy kan by aansluit (Vir die wat wonder...strava is 'n hardloop/fietsry app wat jy jou aktiwiteite mee kan log ). Hier is die skakel as jy dit wil uitkyk...https://www.strava.com/clubs/vtmklub 3 Desember is die klub se jaareindfunksie. Skryf dit neer in jou dagboek, google kalender of maak 'n knoop in jou oor. Ons sal mettertyd nog inligting vir julle aanstuur. groete yoli 2. Verjaarsdae Baie geluk aan almal wat in September hul verjaarsdae vier! Mag die dag en die jaar vorentoe vol vreugde en goeie oefensessies wees! As jy nie op die lys is nie laat ons so gou moontlik weet dat ons jou kan insluit. Kevin Crichton Zelda Uys Evon de Klerk Leon Bezuidenhout Mariette Snyman 1 September 5 September 7 September 14 September 29 September

Maritza du Preez 29 September 3. AGN liga By die skryf van die beriggie was die Zwartkops en die Wierie se amptelike uitslae nog nie beskikbaar nie. Ek het egter die resultate op www.raceresults.co.za gebruik om die individuele vertonings te bereken. Hier is ons huidige voorlopers per kategorie: Aantal wedlope gedoen Punte tans STAP LIGA Charmaine Bronkhorst 6 52 Mariaan Van den Berg 6 32 Trudie Crouse 5 29 Hendrik Potgieter 8 70 Dewald Du Plessis 9 44 Geslag Kategorie Aantal ligas gedoen Naam Van Punte M GGM Wilhelm Neethling 9 42 V GM Mariaan Van den Berg 6 14 V GM Adelene Boshoff 3 8

M GM Hendrik Potgieter 8 23 M GM Kobus Van der Walt 5 22 M GM Walter Gahler 8 16 V M Teresa Le Roux 9 54 V M Annetjie Bezuidenhout 9 53 V M Isabel Deats 8 24 V M Elsabe Joubert 6 24 M M Richard Sinden 9 58 M M Niel De Bruyn 6 34 M M Louis Beneke 8 33 V V Charmaine Warriker 9 56 V V Lorraine Boshoff 6 40 V V Annabelle Nothnagel 6 32 M V Quintus Slabber 9 52 M V Rian Botes 8 45 M V Corné Boshoff 7 43 V S Beatrix Kennedy 7 38 V S Marna Kriel 6 28 V S Nicolene Prinsloo 6 26 M S Raoul Mabirimisa 8 49 M S Charles Goldswain 9 43 M S Werner Kriel 8 38 V J Tikara Nothnagel 6 34 V J Pamela Morrison 7 10 M J Rian (Jnr) Botes 8 37 M J Khan Nothnagel 6 26 M J Xander Van der Merwe 5 23 Die top 10 met totale Divisie 1 liga punte Aantal ligas gedoen Naam Van Punte Richard Sinden 9 58 Charmaine Warriker 9 56 Teresa Le Roux 9 54

Annetjie Bezuidenhout 9 53 Quintus Slabber 9 52 Raoul Mabirimisa 8 49 Rian Botes 8 45 Charles Goldswain 9 43 Corné Boshoff 7 43 Wilhelm Neethling 9 42 Gerald Champion 8 42 James McEwan 8 42 Dankie vir die goeie ondersteuning van die ligas. Dit is heerlik om deel van so n aktiewe klub te wees. Met die Wierie was ons nie so baie soos gewoonlik nie, want daar was mense wat weg gegaan het met langnaweke en ook wegwedlope, siektes en beserings het hul tol geëis. Die 57 lede was een minder as ons vorige laagste vir die jaar. Die totale punte verdien was 211 so 14 punte laer as ons vorige laagste vir 2016. Hennie B

4.Kalender Julie-Oktober 2016 Sien asb www.raceresults.co.za, www.entrytime.com en ons facebook blad vir nog inligting. Maak asseblief seker dat jy beplan na aanleiding van wedlope se sluitingsdatums asook wanneer hul net vooraf inskrywings het. 'n Bietjie beplanning kan baie onnodige moeite en teleurstelling voorkom. Kluboefeninge Dinsdae en Donderdae om 17h15.

5. Hardloop Nuusbrokkies Augustus 2016

Die 2016 AGN Landloopkampioenskap het op 13 Augustus in Bronkhorstspruit plaasgevind. Die opkoms was uitstekend en 1865 deelnemers het aan die byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms het ook as proewe gedien vir die kies van die AGN span wat in September aan die SA Kampioenskap by George gaan deelneem. Die AGN span word na alle verwagting op Vrydag 26 Augustus aangekondig (Baie geluk aan Teresa Le Roux wat vyfde in haar ouderdoms kategorie klaargemaak het). Irvette Van Zyl en Stephen Makoka is as SA Halfmarathon kampioene gekroon tydens die SA Kampioenskap wat op 30 Julie in Port-Elizabeth plaasgevind het. Beide atlete wat in die kleure van AGN deelneem, moes hard werk vir hul onderskeie titels maar het nietemin uitstekende tye aangeteken. Van Zyl se wentyd van 1:11:00 is slegs vier sekondes stadiger as haar persoonlike beste tyd. Makoka het gewen danksy n tyd van 1:01:36. Die immergewilde Magalies Challenge veldwedloop het op Saterdag 13 Augustus by die Van Gaalens Kaasplaas naby Steelpoort plaasgevind. Meer as 1100 deelnemers het aan vier verskillende items van onderskeidelik 12, 22, 35 en 50 kilometers deelgeneem. Ian Peterkin was die wenner van die 50 kilometer wedloop met n tyd van 05:47:17 en Suzette Van Broembson was die dameswenner met n tyd van 08:08:27. Die gewilde dog uitdagende Rustenburg Bergwedloop vind plaas op Saterdag 3 September by die Rustenburg Kloof Vakansieoord. Die organiseerders het aangedui dat dieselfde roete as 2015 gevolg sal word. Die wedloop begin en eindig by die vakansieoord en die oorgrote meerderheid van die roete loop deur die Kgwasane Natuurreservaat. Die wedloop begin om seweuur die oggend en daar word ook n 10 kilometer wedloop en n 5 kilometer pretdraf aangebied. Die De Beers Wildlife 16 kilometer veldwedloop vind plaas op Saterdag, 10 September by die Benfontein Natuurreservaat naby Kimberley. Die wedloop wat deur die Kimberley Harriers Road Runners aangebied word, se inskrywingsgeld word ten bate van die beskerming van aasvoëls aangewend. Die wedloop begin negeuur die oggend en die inskrywingsgeld beloop R100-00. Die Benfontein Natuurreservaat is sowat 10 kilometer oos van Kimberley op die N8 hoofweg tussen Kimberley en Bloemfontein. As jy lus is om in die Karoo te gaan hardloop kan jy gerus inskryf vir die Windpomp Run wat op Saterdag 1 Oktober in Graaff-Reinet plaasvind. Die wedloop vorm deel van die jaarlikse Karoo-lusfees en daar word n 10 kilmeter wedloop en halfmarathon aangebied. Die roete begin by die bekende Oubergpas en neem deelnemers deur die Kamdeboo Nasionale Park. Die wedloop eindig by die Botaniese Sportgronde in die dorp waar die fees ook aangebied word. Buiten vir die wedloop bied die fees ook verskeie ander items aan wat vlugbal, kunsuitstallings, muurbal, speelritte en musiek optredes van Karen Zoid, Snotkop, Gerhard Steyn en Andriette insluit. Meer inligting kan verkry word by www.karoolus.co.za. Indien jy van plan is om hierdie jaar aan die Kaapsche Hoop Marathon deel te neem, maar nie lus is om self agter die stuur van jou kar in te klim nie, is daar n alternatief om by die Laeveld uit te kom. Trips and Tours onderneem n bustoer na die wedloop. Die bus vertrek die dag voor die wedloop op Vrydag 4 November om 12h00 vanaf die BP garage by die

Atterbury Value Mart en sluit oornag akkommodasie in. Die bus stop ook by die Mbombela stadion in Nelspruit sodat jy jou wedloop nommer kan afhaal. Die koste beloop R2 260 per persoon. Meer inligting is beskikbaar by info@tripsntours.co.za. 6. VTM Top 10 Augustus 2016 Die winter is nou bykans iets van die verlede en die lentegeure is besig om die grouheid van die winter te verdring. Ons kan dus die serpe, handskoene en mussies aanstons wegbêre en met oorgawe draf en stap. Wat die top 10 aanbetref is daar heelwat lede wat met oorgawe presteer het ten spyte van die winterkoue wat hier die seisoen meer soos herfs gevoel het. Raoul Mabirimisa het vir die derde keer hierdie jaar sy eie halfmarathon klubrekord verbeter danksy n puik tyd van 1:18:04 aangeteken tydens die Tshwane Halfmarathon wat by Medunsa plaasgevind het. Lorraine Boshoff het self die wêreld aan die brand gehardloop en haar eie klubrekord in die 10 kilometer met n skamele 9 sekondes gemis tydens die Zwartkop Lapa wedloop. Kira Nothnagel het tydens die wedloop self puik presteer en beklee nou die tweede plek in die damesafdeling. In die halfmarathon vir dames het Glenda Bezuidenhout opgeskuif na die sesde plek nadat sy tydens die Zwartkop wedloop deur die twee ure grens gebreek het. Raoul, Xander en Corne beklee steeds die eerste drie plekke in die 10 kilometers vir mans. Corne het sy derde plek met bykans n minuut verstewig en dit lyk of hy voor die einde van die jaar weereens deur die 40 minute grens gaan breek (Hou gerus vir vroulief Lorraine ook dop vir n sub 40 tyd in die 10 kilometer). Khan Nothnagel bevind hom ook nou in die top 10 met n uitstekende tyd van 43:20 wat beteken dat daar nou vier junior atlete in die top 10 vir mans is. In die res van die afstande bly sake onveranderd. Hier volg die top 10 rangorde soos dit tans daarna uitsien: MANS WEDLOOP DAT TYD DAMES 10 KM WEDLOOP DAT TYD 10 KM 1. R Mabirimisa Race of Faith 4/6 35:30 1 L Boshoff Zwartkops 30/7 42:38 2 X Van der Sasolburg 6/2 36:14 2.T Nothnagel Zwartkops 30/7 46:47 Merwe 3 C Boshoff Zwartkops 30/7 40:20 3 A Cilliers Deloitte 28/2 48:18 4 F Van der Love Run 14/5 41:21 4 B Kennedy Zwartkops 30/7 47:41 Merwe 5 J Van der Walt Muller Pot 27/11 42:02 5 C Warriker Muller Pot 27/11 49:40 6 R Sinden Race of Faith 4/6 42:13 6 A Van der Walt Tuks 6/2 52:01 7 R Botes Jnr Tuks 6/2 42:18 7 A Zwartkops 30/7 54:02 Bezuidenhout 8 W Kriel Tuks 20/2 42:30 8 G Bezuidenhout Race of Faith 4/6 54:07 9 K Nothnagel Zwartkops 30/7 43:20 9 A Nothnagel Zwartkops 30/7 54:09 10 Q Slabber Race of Faith 4/6 43:28 10 M Kriel Zwartkops 30/7 54:10 MANS 15 KM DAMES 15 KM 1 C Goldswain Race of Faith 4/6 1:09:16 1 C Warriker Garbie Striders 7/2 1:24:01 2. R Botes Race of Faith 4/6 1:10:35 2 S Crafford Race of Faith 4/6 1:54:20 3.Blackie Zwarts Race of Faith 4/6 1:19:39 3 M Van den Race of Faith 4/6 2:07:59 Berg 4 R Van Niekerk Garbie Striders 7/2 1:23:36 5 A Diedericks Race of Faith 4/6 1:27:54 6 W Neethling Race of Faith 4/6 1:32:14 7 C Pretorius Race of Faith 4/6 1:34:12 8 C Coertze Arwyp 27/1 1:36:36 MANS 21 KM DAMES 21 KM 1 R Mabirimisa Tshwane 6/8 1:18:04 1 L Boshoff Tuks 6/2 1:34:16

2 R Botes Mc Carthy 6/2 1:35:44 2 C Warriker Kaapsehoop 7/11 1:41:53 3 J Mc Ewan Run for Bibles 25/6 1:33:54 3 B Kennedy Eersterust 16/1 1:45:45 4 R Sinden Wonderful Run 12/12 1:38:45 4 A Van der Walt Twee Oseane 26/3 1:57:00 5 C Goldswain Right 2 Run 21/3 1:39:14 5 S Pretorius Mc Carthy 6/2 1:57:49 6 D Morrison Kaapsehoop 7/11 1:40:00 6 G Zwartkops 30/7 1:58:01 Bezuidenhout 7 H Meulke Mc Carthy 6/2 1:40:07 7 J De la Porte Ottosdal 30/1 2:08:01 8.Corne Boshoff Tuks 6/2 1:41:23 8 M Kriel Eersterust 16/1 2:12:36 9 W Kriel Denel 2/4 1:42:24 9 A Kaapsehoop 7/11 2:20:14 Bezuidenhout 10 J Van der Tuks 6/2 1:43:06 10 T Le Roux Wonderpark 23/1 2:22:16 Walt MANS 25 KM DAMES 25 KM 1 R Botes Silverton Live 16/12 1:55:26 1 C Warriker Silverton Live 16/12 2:18:17 2 C Goldswain Silverton Live 16/12 1:55:38 2 G Jackie Meckler 7/5 2:46:02 Bezuidenhout 3 R Sinden Jackie Meckler 7/5 1:57:31 3 M Kriel Jackie Meckler 7/5 2:46:03 4 H Meulke Jackie Meckler 7/5 2:01:23 4 Y Meulke Jackie Meckler 7/5 3:24:41 5 D Morrison Jackie Meckler 7/5 2:09:54 6 E Naude Jackie Meckler 7/5 2:21::52 7 H Pretorius Silverton Live 16/12 2:26:52 8 C De la Porte Silverton Live 16/12 2:26:53 9 H Barnard Silverton Live 16/12 2:41:39 10 W Neethling Jackie Meckler 7/5 2:43:25 MANS 32 KM DAMES 32 KM 1 R Botes Bronkies 13/2 2:34:00 1 C Warriker Tough One 22/11 2:56:27 2 C Goldswain Bronkies 13/2 2:38:45 2 J De la Porte Tough One 22/11 3:29:17 3 R Sinden Monster 6/3 2:39:47 3 M Kriel Monster 6/3 3:35:36 4 J Mc Ewan Monster 6/3 2:44:15 4 G Garbie 7/2 3:40:44 Bezuidenhout Striders 5 C Boshoff Monster 6/3 2:49:13 5 T Le Roux Bronkies 13/2 3:47:43 6 A Van der Walt Bronkies 13/2 2:58:41 6 E Joubert Tough One 22/11 4:15:31 7 D Morrison Monster 6/3 3:01:10 8 F Hawkins Monster 6/3 3:27:24 9 A Stone Garbie Striders 7/2 3:29:39 10 W Kriel Monster 6/3 3:35:35 MANS 42 KM DAMES 42 KM 1 J Mc Ewan Wally Hayward 2/5 3:20:09 1 B Kennedy Ottosdal 30/01 3:58:43 2 R Sinden Kaapsehoop 7/11 3:27:05 2 G Pick n Pay 14/02 4:32:09 Bezuidenhout 3 C Goldswain Kaapsehoop 7/11 3:41:42 3 M Kriel Kaapsehoop 7/11 4:36:15 4 H Meulke Kaapsehoop 7/11 3:45:52 4 J De la Porte Kaapsehoop 7/11 4:41:33 5 J Van der Walt Warmbad 14/11 3:47:11 5 D Du Plessis Deloitte 28/2 4:53:56 6 A Van der Walt Deloitte 28/2 3:54:45 6 E Joubert Wally 2/5 4:58:27 Hayward 7 F De Jager Deloitte 28/2 3:57:56 7 T Le Roux Kaapsehoop 7/11 5:07:36 8 N De Bruin Long Tom 19/3 3:59:09 8 S Crafford Kaapsehoop 7/11 5:54:47 9 R Botes Kaapsehoop 7/11 4:12:23 9 Y Meulke Kaapsehoop 7/11 6:38:00 10 A Stone Kaapsehoop 7/11 4:17:21 10 MANS 50 KM DAMES 50 KM 1 R Sinden Loskop 16/4 4:04:41 1 B Kennedy Loskop 16/4 5:29:00 2 J Mc Ewan Om die Dam 19/3 4:29:55 2 J De la Porte Loskop 16/4 5:48:16 3 A Van der Walt Loskop 16/4 4:50:16 3 G Benoni 23/4 5:53:59 Bezuidenhout Northerns 4 C Goldswain Om die Dam 19/3 4:51:19 4 T Le Roux Loskop 16/4 6:05:52 5 N De Bruyn Loskop 16/4 5:03:16 5 M Kriel Loskop 16/4 6:10:31 6 H Pretorius Loskop 16/4 5:22:57 7 H Meulke Loskop 16/4 5:29:34 8 C De La Porte Loskop 16/4 5:32:08 9 W Engelbrecht Loskop 16/4 5:33:05 10 A Stone Loskop 16/4 5:33:06

In uitgawe 106 sal die uitslae vir die tydperk 15 Augustus tot 15 September 2016 in oënskou geneem word. Ek sien veral uit na nuwe wendings in die 15 kilometer afdeling waar dinge tot nou toe maar stil was. Hardloop en stap die lente met oorgawe tegemoet. Hardloopgroete Alexander 7. Atleet van die maand Walter Gahler Jn Oor jouself: Waar is jy gebore? In Kaapstad Waar het jy groot geword? Waar was jy op skool? Ek was orals Kaap tot 2 (Springbok vir 6 maande) Bloemfontein tot 7 Johannesburg tot 17 Durban tot 20 en woon tans in Pretoria. Wat se beroep het jy? Ek werk vir myself. Ons doen gras sorg (www.amazinglawns.co.za) en ek bou ook 360 grade virtuele toere (www.hdvirtualtours.co.za) Is jy getroud? Met wie en hoe lank, enige kinders? Ja met Mariana Gahler vir 6 jaar en ons het 1 seuntjie Enzo wat 5 jaar oud is. Het jy enige stokperdjies? Hardloop en fotografie Wat is jou gunsteling gereg? n Burger en Chips gaan altyd goed af.

Wat eet /drink jy nie? Ek eet nie vis nie en drink glad nie alkohol nie. Van watter tipe musiek hou jy? Ek hou basies van alles. Wie is jou gunsteling sanger/band? Daar is net te veel. Van Eminem tot Justin Bieber, ek is mal oor almal! Gunsteling liedjie van alle tye? Hoekom? Under Pressure van Queen, want dis awesome Watter fliek is jou gunsteling van alle tye? Battleship Wie is jou gunsteling akteur en aktrise? Hugh Jackman en Nicole Kidman Waar hou jy graag vakansie. Die bos of die see? By die see Oor Hardloop/Stap Hoe lank is jy al by hardloop/stap betrokke? Ek het met die Fun Run by Springbok Vasbyt 2015 begin hardloop. Was jy voorheen by n ander Klub? Nee Watter Ouderdoms kategorie neem jy deel? Open / Senior Watter skoen gebruik jy? Seacony Triumph Iso 2 Hoekom doen jy die sport? Dis leker, die mense is nice en dit hou jou gesond! Wat is jou gunsteling wedloop? Maklik Entabeni Big Five, Wow Wat is die tafste wedloop waar jy ooit betrokke was? Entabeni natuurlik, maar het erg gesuffer by die Sabrina Love Trail Run in Plet. Was nog beginner gewees daai tyd en glo ek sal hom nou ace. Wat is jou aangenaamste ervaring tot dusver as atleet?

Die vriendlikheid en hulpvaardigheid van ander atlete gedurende n wedloop is amazing! Wie is jou grootste supporter? My Pa en Mariana support my baie! Wat is in daai hardloopsakkie gedurende n wedloop? Of in jou broeksak? Of in jou hand? My Astma Pompie, Pyn Pille, Gel Pack, Plysters en geld. Is jy n alleen hardloper of verkies jy om saam met iemand te hardloop? Met wie? Ek verkies om alleen te hardloop en my eie kop en pace te volg. Is daar enige persoon of legende wat jou inspireer om te hardloop? Mariana inspireer my baie! Maak nie saak hoe seer sy het of hoe onmoontlik die uitdaging mag wees nie sy is altyd reg om te gaan. Wat is jou mikpunte vir jou hardlooploopbaan? My kort termyn mikpunt is om binne die volgende 6 Maande n Maraton te voltooi. Watter wedloop sal jy graag eendag wil hardloop? Buiten Comrades 2018 (Running Goals lol) wil ek baie graag die Polar Circle Marathon gaan hardloop. Watter impak het die Klub op jou hardloop? Die mense van ons klub is net AMAZING! Julle almal se bystand, raad, vriendelike Hello op die pad en natuurlik die KOM VOORTREKKER as julle my inhaal is net awesome! Ek s so dankbaar om deel van n club te wees wat nie net vir hulle self hardloop nie maar daar is vir jou voor, gedurende en na die wedloop! En toe gebeur dit! Vertel jou hardloop insident. Snaaks of nie. Na Vasbyt 2015 was ons hooked! Die volgende Saterdag was dit die Garsfontein Ice Breaker en ek het besluit die een gaan ek met Enzo in sy pram aanpak. Nou die ding is nie gemaak vir hol nie maar nou ja daar gaan ons. Kort voor lank trek Mariana onder my en Enzo uit en hoe meer sy verdwyn in die verte hoe meer skree Enzo HARDLOOP PAPPA HARDLOOP, ONS VERLOOR HARDLOOP!!! Kyk ek het getry maar sy was vinnig uit sig gewees! En Enzo skree nou eers erg PAPPA HARDLOOP ONS VERLOOR HARDLOOP VINNIGER! So op 2km besluit ek nou gaan ek gooi of my kop verloor want dit klink omtrent of ek hom iets aandoen soos hy nou gil en skree dat ek moet begin vinniger beweeg. So begin ek momentum op bou en hol dat daai klein wielietjies skoon skut maar nou gaan ons mooi! En daar gebeur dit, op volstoom trap ek die wa se briek raak en mense daar was bollie, ek trap daai briek dat hy en die wiel oor die volgende paar meter een raak. Nog nooit kon daai wiel weer draai nie.

En nou is daar eers n geskree. Kyk daar vat ek die laaste 2.5km aan met n pram wat net die voorste wiele kan draai en sleep maar die agterstes saam ons tot die einde. Ek was natuurlik na die tyd baie in my noppies met die uitstapie en dat ons dit gedoen het met n gebreekte pram en als, maar mnr was lelik boos vir my dat ons verloor het. 8. Oppilang pad Op Saterdag, 6 Augustus 2016 het ek die voorreg gehad om vir die tiende keer aan die Skukuza Halfmarathon deel te neem. Dit was ook presies 20 jaar sedert ek hierdie wonderlike wedloop vir die eerste keer gedoen

het. Aangesien dit vir my n besondere mylpaal was het ek en vroulief besluit om reeds n week voor die tyd deur die wildtuin te reis. Ons het Vrydag 29 Julie die Kruger Wildtuin by die Orpenhek binnegegaan en die eerste drie nagte by die Satarakamp oornag. Daarna het ons vier nagte by Onder-Sabiekamp gekuier en die laaste 3 dae van ons wildtuin ekskursie by Pretoriuskop vertoef. Gedurende hierdie kort vakansie is ons getrakteer op ongelooflike wildtonele ten spyte van die feit dat die Kruger Wildtuin tans een van sy ergste droogtes in dekades ervaar. Ons was bevoorreg genoeg om 18 renoster, 8 leeu, 4 bromvoël en 3 luiperd, 1 jagluiperd en 1 wildehond tonele te aanskou. Die grootste fonds was egter die baie skaars sivetkat, n skaars boskat wat meestal net in die nag gewaar word, wat helder oordag voor ons kar verbygeloop het. Die hoofdis op hierdie besoek was die Skukuza Halfmarathon. Ons het die oggend van die wedloop by die Pretoriuskopkamp weggetrek. Die kamphekke maak sesuur oop en die wedloop begin om halfnege by die personeeldorp in Skukuza. Daar is dus so twee ure tot atlete se beskikking om die wild en pragtige natuur te besigtig oppad na die wedloop. Teen agtuur die oggend was Skukuza n miernes van bedrywigheid. By die Skukuza krieketklub waar die wedloop begin en eindig was die atlete reeds besig om die laaste voorbereidings te tref en op te warm. Ons het eers n draai by die koffietou en die pannekoektafel vir n bietjie innerlike versterking gemaak. Met vyftien minute oor voor die wegspring het die sowat 1500 atlete by die wegspring begin saamdrom. Die aankondiger het 10 minute voor die wegspringtyd aangekondig dat die helikopter wat oor die roete vlieg om atlete teen wilde diere te beskerm, nog nie gearriveer het nie aangesien dit in die Berg-en-dalkamp se omgewing ingespan moes word om renosterstropers aan te keer en dat die wedloop as gevolg daarvan vertraag sou word. Dit het my in staat gestel om n tweede pannekoek te verorber. Vyf minute later is daar aangekondig dat die renosterstropers gevang is en dat die helikopter oppad is. Dit het tot groot applous van die skare gelei, kompleet asof die Springbokke n drie op Loftus Versvel gedruk het. Die helikopter was n paar minute later sigbaar en terwyl ek nog die laaste happie van my pannekoek verslind, het die leeu gebrul en het die skoot geklap. Die leeubrul is soortgelyk aan die haan wat kraai by die Comrades marathon. My wedloopstrategie was bloot om te oorleef en my tiende wedloop te geniet. Aangesien ek die skaal op die oomblik op n 120 kilogram slaan en lanklaas so onfiks was, was daar geen planne vir n persoonlike beste tyd nie. Dit was terloops by hierdie einste wedloop dat ek in 2011 my persoonlike beste tyd in die halfmarathon aangeteken het. Daardie tyd van een uur, twee-en-dertig minute voel egter soos dekades gelede en nie soos vyf jaar terug nie. Die eerste 400 meter van die roete neem jou om die krieketveld gevolg deur n sirkelroete van ongeveer 5 kilometer deur Skukuza se personeeldorp, Lake Panic en Gholfbaan. Ek het weggetrek met n rustige ses minute per kilometerpas. Daarna verlaat jy die teerstrate van Skukuza en hardloop jy vir 9 kilometer deur stofpaaie van die Kruger Wildtuin. Die roete loop ook by die kwarantynarea verby waar ek twee pragtige witrenosters gewaar het. By die 7 kilometermerk draf ek vir Leon raak en ons neem eers n foto om my tiende wedloop te gedenk. Na tien kilometer kon ek voel dat ek lanklaas so onfiks was. Die horlosie het op vyf en sestig minute gestaan. Van hier af het ek dit maar kilometer vir kilometer gevat en die ongereptheid van die bos geniet. Ek het net vrede gemaak met n sewe minute per kilometerpas toe n kameelperd my amper by die dertien kilometermerk bokveld toe hardloop. Ek het nog gespook teen n opdraande uit toe ek die volgende oomblik n gil en kloppende hoewes agter my hoor. Die volgende oomblik is daar n kameelperd op vol spoed sowat 5 meter agter my verby. Dis nogal n vreesaanjaende gesig om hierdie gedierte wat twee ton weeg en ses meter hoog is hier langs jou te sien. Gelukkig is geen atlete beseer nie en die kameelperd is ongeskaad die veld in. Dit wat hom gejaag het was ook skoonveld. En ek het beslis meer respek vir n kameelperd gekry. Die petalje het ook my adrenalien

vlakke n hupstoot gegee en my pas het merkbaar versnel. By die veertien kilometer merk was ek weer terug op teer (Skukuza-Krugerhekpad). By die 17 kilometermerk was ons weer terug in Skukuza en hier kon ek voel dat die wiele regtig wil afval. Die temperatuur wat toe reeds dertig grade Celsius bereik het, het ook nie gehelp nie. Met drie kilometer oor het ons voor Skukuza se dorpswembed verbygedraf. Dit het baie aanloklik gelyk maar op daardie stadium wou ek eerder klaarmaak want vroulief het by die einde gewag met n heerlike kerrie en rys. Dit was heerlik om weer my voete op gras te kry vir die laaste 400 meter na die einde toe. Ek het probeer spoed vermeerder vir die fotograwe maar heelaas was dit maar n halfhartige poging. Ek is wel met n gevoel van dankbaarheid en genoegdoening oor die eindstreep want dit was immers my tiende Skukuza wedloop suksesvol voltooi. Ek het my stophorlosie op twee uur een-en-twintig minute gedruk. Die yskoue bier was hemels en die kerrie en rys soos altyd n wenner. Leon en Annetjie het hulle ook goed van hul taak gekwyt en die feit dat hulle reeds vir volgende jaar se wedloop ingeskryf is, beteken dat hulle die wedloop net soos ek baie geniet het. Annetjie het die wedloop in n tyd van twee uur en tien minute voltooi en Leon het danksy n sterk eindpoging klaargemaak in n tyd van twee uur dertig minute. Ons het na die tyd vir n foto geposeer en toe was dit weer tyd vir nog wildkyk voor ek op Maandag 8 Augustus moes huiswaarts keer. Hierdie wedloop sal vir altyd n besondere plek in my hart hê. En dan is dit nog boonop by my gunsteling plek op aarde.

9. Uit die Woord: The Lord is my strength and my shield; in him my heart trusts, and I am helped; my heart exults, and with my song I give thanks to him Psalm 28:7 10. Gedagte vir die maand: The real heroes anyway aren't the people doing things; the real heroes are the people NOTICING things, paying attention - John Green (The Fault in our stars). 11. Voorslot: En daar kom ons aan die einde van nog 'n Voorslag. Dit voel al weer soos lente en soos ek hierdie Voorslot kry sien ek op die klub se whatsapp groep dat Leon uit die hospitaal ontslaan is. Dis 'n goeie nuus dag! Baie sterkte met een en almal se oefening, vordering,voorbereiding en sommer alledaagse dinge. Mag ons elke dag leef met genade en die liefde van ons Vader en dit deel met die mense om ons. Yoli