Hoekom is ons terughoudend as ons moet praat oor ons verhouding met die Here?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Kerk Kry Moeilikheid

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Dawid die Skaapwagter

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Josua - van jongs af n leier

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE AA NDBOODSKA PPER

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Besprekingsvrae vir selgroepe

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Seisoen van die Gees

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

My liewe broers en susters, ek

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

God se Woord. God se Wil

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Een. Geloof in aksie

LoveGodGreatly.com 1

GEBED VIR KERKLEIERS

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Transcription:

Hoekom is ons terughoudend as ons moet praat oor ons verhouding met die Here? Constantia. Tydens die erediens op 15 Julie 2012 het ds. Wynand van Beek die gemeente met die vraag gekonfronteer. Diep binne ons glo ons dat ons geloof `n soort versekeringspolis is teen die hartseer van die lewe. Ons sien God dikwels as die groot helper in ons lewe. Solank dit goed gaan, is dit goed, insoverre as wat Hy aan ons behoeftes voldoen. Solank Hy dit met ons laat goed gaan, loof ons Hom. En as dit begin sleg gaan? Dan stroom die waaroms en hoekoms. Die psalmis wat Psalm 73 geskryf het, het amper koers verloor. Dit word algemeen aanvaar God is goed vir die regverdiges en die goddeloses kry straf. Hier lyk dit vir die psalmis of die goddeloses al die voordele het. Dit begin half lyk asof dit die moeite loon om goddeloos te wees. Ons gaan dikwels deur so `n worsteling hieroor. Ons probleem is dat ons opvatting oor God nie inpas in die werklikheid van elke dag nie; ons kry dit nie meer reg om God te sien nie. Ons het geloofsoë nodig. Waarvandaan en hoe word verlate van God gewysig tot gemeenskap met God? In die vyftiende vers van die Psalm besef die skrywer dat as hy so sou aanhou met sy negatiewe praatjies, hy die geloofsgemeenskap kan benadeel. Hy besef dat as hy voor God staan, Hy die laaste sê het. Hy besef ook alles wat blink, is nie noodwendig van goud nie. God hou ons hand gedurig vas en niks kan jou skei van die liefde van God nie. Versteeg, `n Hollandse teoloog, stel dit duidelik dat alles om jou kan meegee. Die dyke kan breek, die water kan instroom en alles meesleur, maar God bly steeds oor. En as alles meegegee het en jy net met God oorbly? Dis geloof, sê Versteeg, dis geloof! Jy alleen net met God wat oorbly in jou lewe. Dan het jy steeds genoeg. Is ons omstandighede beter as ek God vind? Nee, alles is nog so, maar ek verander. Ons glo nie in God ter wille van `n voordeel wat dit vir my inhou nie. Ons glo in God omdat Hy bestaan. Geloofsrealisme, sê ds. Van Beek, is anders as gewone realisme, daar `n mens by eersgenoemde te midde van jou worsteling steeds aan God vashou. Realisme, daarenteen, bring mee dat jy alle hoop, sin of troos verloor. Helmut Thielicke sê dat geloof `n mens laat sien wat ander nie kan sien nie; om aan God vas te hou is om beter te sien.

2 Liewe leser... Om n naam te hê en te behoort is seker een van die belangrikste goed vir n mens. Iewers in Siener innie Suburbs sê Tiemie, Ek wil van geweet wees, Ma. As iemand jou op jou naam groet, is dit lekker, veral as die persoon nog vernaam of bekend ook is. Nog beter as daar ander naby is wat, so glo jy, dink jy is nie veel werd nie. En dis nie net kinders nie, o nee, volwassenes blaak in die glorie van van geweet wees. Die teendeel is ewe waar. Wat is jou naam nou weer? Hy kan nie eens onthou nie... Daar is n redelike senior persoon wat ek uit die aard van my werk dikwels mee te doen het en ek is al n paar maal aan hom voorgestel. My ego is dermate beskadig dat ek amper iemand daaroor wou gaan spreek. Toe vind ek uit, ek is nie alleen nie. Hy is die probleem. Luister ons na ander se name wanneer ons voorgestel word? As ek nie goed gehoor het nie, vra weer. My pa kon nie ons pêlle se name onthou nie, seker maar omdat hulle óns vriende was en hy weinig met hulle uit te waai had. As hulle hom dan groet, sou hy vriendelik teruggroet met n middag nefie, ander kere met n middag en n geluid daarna wat enigiets kon beteken. Ons spot hom nog daarmee, maar op een-en-negentig pla sulke goedjies nie meer nie. Dan is daar ook diegene wat graag van jou verneem: Weet jy met wie praat jy? Ouers vra dit gewoonlik vir hulle kinders, of meerderes vir minderes, as hulle insubordinasie vermoed. Wat n simpel vraag om te vra, al is jy ook hoe kwaad. Die aangesprokene weet mos wie jy is. Hulle vertel die ou storie van die bekende sportman wat nie die diens in die vliegtuig gekry het waarop hy gereken het hy n aanspraak het nie en toe die waardin dieselfde vraag toegevoeg het. Sy het kalm n kollega versoek om die passasierslys te bring, want hier is n passasier wat nie weet wie hy is nie. n Mens se naam is belangrik; dis jou kenteken. Wanneer n motor van n bekende fabrikaat die voorblaaie haal omdat daar foute met die meganika is, sal almal wat met so n motor ry, spoedig hoor dat hulle ook met een van daardie motors ry. Die swak beeld word veralgemeen en onskuldiges loop ook deur. Ons hoor ook dikwels dat daar van iemand gesê word dat hy of sy hulle naam weggegooi het. As dit dan in die omgang so belangrik is dat ek my naam oppas, hoeveel te meer is dit nie vir ons as christene belangrik om ons naam op te pas nie, want daardeur pas ons ook Sy Naam op. As ons onsself christene noem, vissies op ons motors plak, kruise om ons nekke dra en bandjies met WWGD (onder andere) om ons polse dra, adverteer ons Sy Naam. Ons gedrag mag dit nie loënstraf nie! Pieter And I will do everything that I can as long as I am President of the United States to remind the American people that we are one nation under God, and we may call that God different names but we remain one nation. Barack Obama We have come to a turning point in the road. If we turn to the right mayhap our children and our children's children will go that way; but if we turn to the left, generations yet unborn will curse our names for having been unfaithful to God and to His Word. Charles Spurgeon

3 Hier is die pad, loop hierlangs Constantia het hierdie jaar op 'n hartseer noot begin met die afskeid van Uys en Elmarie Theron, en ons het met groot onsekerheid vorentoe gekyk na wat 2012 gaan bring. Ds Wynand en Celeste het aangekom om ons oor die kloof wat tussen die ou en die nuwe lewe lê, te lei. Hy het ons aan die werk gesit om te bid en te luister, na God en na mekaar, en om op nuwe maniere na ons self te kyk sodat ons kan nadink oor die rede vir ons gemeente wees in hierdie omgewing. Op 27 April het ons 'n daglange gebedsdag gehad, op 2 Junie het ons saam met Houtbaai 'n visioeneringsproses onder leiding van Frederick Marais van Communitas deurleef. Op 29 Julie, na die oggenddiens, het Constantia 'n paar ander kwessies aangespreek wat net op ons van toepassing is. Op 'n paar ander geleenthede is daar inligting deurgegee oor die finansiële stand van ons sake wat ons ons koppe laat skud het in vertwyfeling. Party mense het gevoel ons praat te veel en doen te min, ons kom nêrens nie, maar vir ander het die tyd tog meer klarigheid gebring, 'n groep wat baie sterk voel dat ons hier is met 'n doel. Langs die pad moes ons met groot hartseer afskeid neem van Kallie Bröcker; hy was vir almal so 'n wonderlike inspirasie, van Isabel Lotz en onlangs van Friena Bonthuys. Ons moes vir nog 'n paar mense tot siens sê: Chris en Dalene Botes wat afgetree en na Groot Brak verhuis het, tannie Stiena du Plessis, en 'n bietjie later, Jeff en Melissa Fowler saam met Tommy en Jaime, wat na die noordelike voorstede getrek het. Nico en Ann Augustyn het ook afgetree en saam met tannie Betsie Vorster staan hulle ook op trek. Hulle het nie net leë sitplekke in die kerk agtergelaat nie, maar ook groot leemtes in ons gemeenskap. En tog... die onsekerheid en twyfel ten spyt, het die jaar sy gewone gang gegaan. Ons het elke Sondag 'n besielende boodskap van die kansel af ontvang, en Sondagaande byeengekom, die kleingroepe het nog steeds ontmoet, die nagmaal is gereeld aan ons bedien, siekes is besoek en noodlydendes ondersteun en tussendeur het ons Beertjiefees gehou, JAO fees gevier, die aandnagmaal voorberei en die jaarlikse retraite beplan en die BergenBaai het gereeld verskyn. Nuwe inisiatiewe het aan die lig gekom: die Omgeespan het 'n Pik-en-Proe fondsinsamelingsaand gereël, en dieselfde span se betrokkenheid by 'n veilige tuiste vir kinders sonder sorg het lidmate op nuwe maniere betrokke gekry om uit te reik na ander in die gemeenskap. So is ons jong klomp ook hard aan die werk om 'n pluimbal groep aan die gang te kry en 'n nuwe gebedsgroepie is aan die bid vir ons gemeente. Nou staan ons voor die laaste kwartaal van hierdie jaar. Wanneer ons na die toekoms kyk weet ons sekere dinge vas en seker, soos dat ds Wynand en Celeste ons aan die einde van November gaan verlaat en dat die finansies ons wurg; van ander dinge is ons minder seker. Tog het daar 'n prentjie begin deurskemer, 'n patroon begin duideliker word; daar is tog planne wat kan werk en saam daarmee weet ons: dit is nog nie die einde nie! Die wete groei al sterker, dit is nog nie die einde nie want ons is nie alleen op hierdie pad nie. God is saam met ons op ons reis. Hy was die heeljaar saam met ons. Hy het ons nie alleen gelos om op ons eie voort te ploeter nie. Hy het 'n plan vir ons en ons kan op Hom vertrou om ons deur die donker tonnel na die lig te lei. Ons hoor deurentyd Sy stem wat vir ons sê: Hier is die pad, loop hierlangs. (Jesaja 30:21b). Shani Vavruch

4 JAO Fees uitreike Victoria Hospitaal 'n Groepie lidmate van Constantia onder leiding van Ingrid de Klerk, het Vrydagaand 17 Augustus, die wind en weer trotseer om besoek te bring aan die Victoria Hospitaal, Wynberg, om die siekes te bemoedig deur die uitdeel van pakkies soetgoed, leesstof en gebed. Agterna kon die wat gegaan het om te bemoedig, getuig dat hulleself bemoedig is deur die vriendelikheid, dankbaarheid en die sterk geloofsoortuigings van die mense wat hulle ontmoet het. Biblia Kiosk - Houtbaai Op 'n Woensdagoggend het ons Gerhard ontmoet in sy kantoor met die mooiste uitsig ter wêreld, die Houtbaai hawe vanuit die Biblia Kiosk. Die Kiosk het vir 'n lang tyd onbeman gestaan totdat Vernon Louw weer 'n kantoor in 2007 daar ingerig het. Jaco Leeuwner het in 2010 daar ingetrek en gesorg vir die rommel opruiming rondom die gebou. In 2011 het hy aangedui dat hy geroepe voel om by die mere-bediening in Malawië aan te sluit en Gerhard het die Biblia bediening oorgeneem. Soos die naam aandui, word daar Bybels uitgedeel by Biblia, maar dit is nie al wat Gerhard se bediening behels nie. Sy fokus het uitgekring van die indiwidue, vissersmense, wat by hom kom aanklop vir Bybels, 'n koppie koffie en 'n luisterende oor, na dié wat kan optree waar hy self nie kan by wees nie: op die bote, twee uur in die oggend wanneer die bote uitvaar, die see in; en nog wyer na die vissersgemeenskap in Hangberg en ook Imizamu Yethu. Die grootste probleme in die gemeenskap is armoede, werkloosheid, gebrek aan vaders en vaderfigure, en dwelmmisbruik. Gerhard probeer op verskeie maniere die probleme aanspreek, bv deur manlike rolmodelle (soos onderwysers, sportafrigters) te identifiseer en op te lei om lewensvaardighede aan die jeug in 'n program bekend as Whole Life Coaching te leer. Hy het ook begin met sokkergroepe om eers die jongmense te trek en deur die speel van die spel lewensvaardighede aan hulle te leer. Deur sy voorbeeld en getuienis leer die kinders ook die evangelie. Soos hy sê, vandag se sendelinge leef met 'n sokkerbal in die een hand en 'n Bybel in die ander. Peter Michaels, wat deesdae deel is van die lofgroep in Houtbaai, en Riaan Burger het bietjie later by ons aangesluit en vir ons hulle stories vertel. Peter se wonderlike getuienis van hoe die Here hom bevry het van 'n lewe van dwelms en bendes in Hangberg is 'n inspirasie vir ons almal. Aan die einde van ons oggend het Gerhard ons op 'n toer deur Hangberg geneem en ons kon 'n vlugtige blik kry op die lewe van die mense in die gemeenskap, waarna ons bo-op die dak van die plaaslike VGK kerk ons besoek afgesluit het met gebed vir die gemeenskap en vir Gerhard se bediening daar

5 Ek en Louis het verlede Woensdagaand ons maandelikse besoek by D P Marais gehad. Het Milo en beskuitjies saam met leesstof uitgedeel. Louis het The Passion of the Christ op aanvraag vertoon. Magdaleen JAO tee

6 JAO Feesnaweek 18 19 Augustus

7 Omdat ons klein is... n Ou gesang wat ons gesing het toe ons nog die Gesangeboek gehad het, het begin met die woorde: Ure, dae, maande, jare, vlieg soos skaduwees verby! Ons kan dit amper nie glo dat die jaar so gou verby gevlieg het nie. Kersfees is alweer om die draai! Kinders begin reeds praat oor wat hulle hierdie Kersfees gaan doen, watter geskenke hulle graag wil hê, ens. Ons verduideliking dat ons moet onthou dis nie ons verjaarsdag nie, maar dat ons Jesus se geboortedag vier, word aanvaar, maar met hulle eie vooropgestelde idees steeds in hul agterkoppe. Het ons al gewonder wie verantwoordelik is vir die verwagting wat by kinders geskep word met Kersfees? Wag net so n bietjie, ek soek nie n skuldige nie, maar is ons nie maar almal n bietjie skuldig daaraan nie? Wanneer die bondeltjie vreugde gebore word, kyk ons reeds rond na die geskenke wat ons vir hulle gaan gee. n Tydjie gelede het ek vir die kinders by die koffiekroeg elkeen n bladsy uitgedeel waarop gestaan het: Wanneer Jesus kom, waarmee wil jy besig wees? Omtrent almal het dieselfde ingevul: Ons wil besig wees om die Here te dien. Dis alles baie mooi, en ek glo dat elkeen van hulle baie opreg is in dit wat hulle gesê het. Maar sê nou Jesus kom wanneer ons almal om die Kersboom sit? Vertel ons nog vir ons kinders die storie van Jesus voordat ons begin presente oopmaak? Bid ons nog saam met ons kinders? Ons vertel vir hulle dat ons vir mekaar geskenke gee omdat ons mekaar liefhet en dat ons op die manier deel in die liefde wat Jesus vir ons het. Ek het Sondagoggend gaan inloer by die kleuterkerk terwyl Jenny, wat soms vir Marinda help, besig was met die kleintjies. Dit was so mooi om die laggende gesiggies te sien en te weet dat, al verstaan hulle nie altyd wat in die groot Kerk aangaan nie, hulle steeds die Blye Boodskap van Jesus se liefde op hulle vlak hoor. Ek ervaar dit met my seuntjie dat wanneer ek vir hom n Bybelstorie begin verduidelik, hy vir my sê dat hy weet wat gebeur het, en dan vertel hy dit vir my verder. Dis wanneer ek die Here dank vir geleenthede wat hy dieselfde boodskap op n ander manier by iemand anders hoor, en so groei die kinders nie net in hulle kennis van die Bybel nie, maar ook in hulle geloof. Dit beteken nie dat hulle nooit weer verkeerde dinge sal sê of doen nie, dit beteken net dat hulle nie gevrywaar is van die stryd om teen satan en sy slinkse planne te veg nie. Dis waarom ons daar is om as rolmodelle nooit op te hou om Jesus vir hulle te wees nie. Aan al die kinders: Sterkte met die laaste skof van hierdie jaar, die eindeksamens wat kom, en die uitsien na die finale rapport! En aan al die ouers van hierdie pragtige kinders: moenie hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by My Hemelse Vader is. Is dit nie wonderlik nie? Liefde, Tannie HELMIEN

8 MiracleKidz Elsie en Rassie du Plessis het reeds van 1997 hulle huis oopgemaak vir kinders wat deur hulle ouers verlaat is. In November 2009 het hulle in 'n huis in Constantia Hills ingetrek. Die du Plessis' glo dat elke kind wat in hulle sorg beland 'n wonderwerk is. Hulle het fisiese, psigologiese, emosionele mishandeling en drank- en dwelmmisbruik oorleef en vandaar die naam vir hulle instansie: MiracleKidz. Elsie vertel: "Ek is as 9 mnde oue baba deur my biologiese ma weggegee, en dit was my grootste droom van dat ek kan onthou om iets vir kinders soos myself te doen. In 1997, een Sondagmiddag laat het n kleurlingvrou met n baie klein babatjie by ons hek kom staan, en gevra ons moet hom vat, want sy kan nie vir hom sorg nie. Op daai stadium het ons pas uit die Transvaal na die Kaap verhuis, en het nie my man of ek n werk gehad nie. Maar tog het dit gevoel of die Here my gebede beantwoord het. Ons het die baba so in die geloof gevat en 3 maande vir hom gesorg, voordat hy by familie geplaas is. Daarna het ons gereeld 1 of 2 kinders gehad wat in veiligheid by ons geplaas is. In 2006 het n maatskaplike werkster gevra of ons nie asb meer kinders op n keer wil inneem nie, en daar is MiracleKidz gebore Sedert 2006 het ons nog nie weer minder as 8 kinders op n keer gehad nie. Ons het tans 11 kinders in ons sorg, waarvan ons 2 aangeneem het. Die kinders in ons sorg is babas wat in sakke, dromme of verlate in die veld of langs n pad gekry is. Sommige babas en kleuters is verwyder van die ouers as gevolg van alkohol en/of dwelmmisbruik, mishandeling of seksuele molestering. Ongeveer 5 jaar gelede het my man sy werk verloor as gevolg van personeel vermindering, en het hy sy eie besigheid begin. Die laaste 2 jaar is hy voltyds by die veiligheids huis betrokke, dit het net in n voltydse werk verander. Ons is totaal afhanklik van donasies, aangesien ons net R13 per dag per kind van die staat ontvang vir kinders wat in veiligheid geplaas is. Ons is regtig baie geseën met vriende, mense wat omgee en nie skroom om te help nie. Daarvoor is ons baie dankbaar!! " Daar is altyd 'n behoefte aan hulp, of dit nou vrywilligers is wat wil help met die kinders self, of skenkings van voedsel, klere of ander voorrade soos doeke, daar is verskeie moontlikhede vir mense om te help. Constantia se lidmate het ook hand uitgesteek. Groepies lidmate het alreeds 'n paar maal gegaan om die kinders op te pas sodat Elsie se hande vry is om ander take aan te pak en ander het op ander maniere 'n bydrae gelewer. Hou die bulletin dop - geleenthede om te gaan help met die kinders word altyd daar aangekondig. Op Saterdag, 11 Augustus het 'n klein groepie lidmate saam met Elsie du Plessis van MiracleKidz gegaan om 'n nuwe pleeghuis in Seawinds, Lavender Hill, te begin opknap. Na 'n bietjie gesukkel om die plek te kry het hulle by die klein huisie aangekom en vinnig aan die werk gespring. Alfons Genseberger en Johan en Andrea Blaauw het een van die slaapkamers geverf, terwyl Elsie en 'n ander groep vrywilligers die badkamer geverf het. Daar is nog baie werk om te doen voor die huis reg sal wees om kinders te ontvang. Dus het van hulle weer op Saterdag, 8 September na die huis gegaan om verder te werskaf. Daar is afmetings geneem om deel van die dak te vervang en om rakke te laat maak, en daar is ook nog verder geverf. Elsie en haar man, Rassie, beoog om die agterplaas toe te bou om 'n veilige speelruimte te maak

vir die kinders. Ons gaan nog lank besig wees met hierdie huis en ons daag alle gemeentelede uit om te dink aan wat hulle kan doen om die Seawinds pleeghuis te help. Andrea Blaauw `n Paar van die kinders wat die werkery dopgehou het Johan Blaauw Alfons Genseberger KINDERS IS WONDERWERKIES! Esmari Borchardt skryf: Die maklike deel is blykbaar om die melk by die mondjie in te kry, maar dis toe Marianne vir my sê dat ek nou moet winde uitvryf dat ek besef: hier is moeilikheid! Dis nou hier waar die zero ervaring sommer duidelik deurskyn. En baie van die melk wat jy so trots was om ín te kry, kom sommer in een skoot weer uit. Ons pas kinders op by MiracleKidz, en ek leer die een les op die ander. Daar is 5 babatjies en nog 6 groter kindertjies die dag wat ons daar is. Dit wissel soos die babas en kinders pleegouers kry of, vir die gelukkiges, aangeneem word. Kan jy dink hoe verskriklik moeilik moet dit wees om n kleintjie te laat gaan as jy n paar nagte met daardie kleintjie wakker gesit het omdat hy/sy siek is, of net nie slaap nie? Party van die babas se ma s was dwelmverslaaf en Elsie vertel van die vreeslike onttrekkingsimptome wat die kleintjie dan kry. Die dwelms kan tot 2 jaar in die baba se lyfie bly. Dat die kleintjies by Elsie-hulle uitkom, is in die meeste gevalle n wonderwerk wat hierdie kinders se lewens red. Party is opgetel in Wynbergpark, of in Gabrielweg, of waar ookal... Maar nou het hulle darem n kans op léwe. Ek leer dat babas nie omgee wat die kleur van jou vel is nie. Al wat hulle soek, is dat iemand hulle sal voed, en droogmaak. Hulle soek liefde, warmte en om vasgehou en gedruk te word. Hulle beloon met breë glimlaggies en sit tevrede op jou skoot. Op enige skoot. Raai raai riepa, waar in die kerkgebou is die projek in wording te sien?

Hangberg Uitreik

11 Constantia se orrel Soos dit met orrels gaan, is ons kerkorrel eintlik net 'n ou kleintjie maar dit ten spyt lê ons orrel ons nogal na aan die hart, en ons waardeer dit dat ons 'n bedrewe orrelis het wat weet hoe om die beste daaruit te haal. Die grootste orrel wat nog gereeld bespeel word is die beroemde Wanamaker orrel in die groot winkelsentrum in Philadelphia, in die VSA. Dit het 6 manuale teen ons orrel se 2, en 28 604 pype teen ons orrel se 1170. 'n Grootmeneer van 'n orrel! Dit word nog gereeld tweemaal per dag bespeel, 6 dae van die week, en soms met spesiale geleenthede nog meer. Ons orrel is 'n Suid-Afrikaanse Orrelbouers pyporrel wat in 1973 in die kerk geïnstalleer is. Dit het merkwaardig goed behoue gebly en gee oor die algemeen eintlik min probleme. Gewoonlik wanneer daar probleme is het dit te doen met die pype ingebou in die nis in die muur links van die preekstoel. Mnr. Moth, die orrelbouer wat die instandhoudingswerk doen, vertel dat die nis te klein is vir die hoë temperature in die somermaande. Die hitte veroorsaak dat die metaal waarvan die pype gemaak is sag word. Veral die lang bas-pype word so aangetas, hulle begin vooroor buig en kan dan van die pype in die voorste rye omstamp. Dit het al gebeur dat die pype tydens 'n diens skielik meegegee het en bokant die ouderlinge, wat daardie tyd in die voorste banke hulle plekke gereserveerd gehad het, oorgehang het. Toe hulle bewus word van die dreigende gevaar van bo het hulle baie vinnig ander sitplek gaan soek en vir 'n lang tyd daarna was daardie orrelpype met groot agterdog bejeën. Dit kan ook gebeur dat klein voëltjies of knaagdiere in die groter pype beland, nie weer kan uitkom nie, en die pype verstop wat dan die klank verdoof. Insekte kan uit die pype uitgeblaas word, maar die groter verstoppings moet met baie moeite uitgehaal word. Onlangs het Ean Smit, ons orrelis, egter agtergekom dat vir sekere note die klank net glad nie daar is nie, 'dooie' note dus. Mnr. Moth se hulp is ingeroep en hy het vasgestel dat die probleem die keer by die kontakpunte agter die note in die kas van die orrel self is. Hy meen dat die kontakpunte in ons orrel van 'n minderwaardige kwaliteit is en dat dit nou tyd geword het om die hele stelsel te vervang met 'n nuwe stelsel wat uit Brittanje ingevoer moet word. 'n Groot werk met natuurlik groot uitgawe ook, R15 000.00 om presies te wees. Die Eiendomspan het met hande in die hare gesit: waar sal die fondse hiervoor vandaan kom? Net 'n wonderwerk kan ons red. En die wonderwerk het gebeur. 'n Lidmaat met 'n groot liefde vir musiek, en ons orrel, het gehoor van die probleem, die geld voorsien en binnekort sal ons orrel weer uit volle 'bors', en al sy note, van hom kan laat hoor. Ons is baie dankbaar teenoor ons weldoener.

12 ADRESSE Constantia Houtbaai-Kerkgebou H/v Ladies Mile en Firgroveweg, Kreupelbosch H/v Oxfordstraat & Albertweg, Houtbaai Webwerf adres: http://ngkconstantia.za.net Webwerf adres: www.houtbaaigemeente.co.za Kerkkantoor Telefoon/Faks : 021 712 1682 E-pos: ngconstantia@xsinet.co.za Stigting van Biblia Evangelie aan Seelui Met verloop van tyd het die bediening n meer georganiseerde beslag gekry toe dit bedryf is in die naam van Christelike Seemans Welsyn Organisasie (CSWO). Die naam CSWO het later verander na CSO, met weglating van welsyn uit die naam. Alhoewel die CSO hoofsaaklik uit lidmate van die sogenaamde drie Afrikaanse kerkverbande nie-amptelik saamgestel was, het dit nie interkerklike status gehad nie. Leemtes het duidelik na vore gekom wanneer versoeke om vrywillige donasies vir die bediening aan die breër kerkverband van die onderskeie kerke gerig is. In die jare sewentig van die vorige eeu is hierdie probleem sterk aangespreek deur die Gereformeerde Kerk, die NH Kerk, die NG Kerk en die NG Sendingkerk (tans die Verenigende Gereformeerde Kerk, VGK). Talle samesprekings is gevoer om 'n grondwet en reglement saam te stel ten einde aan die bediening offisieel 'n meer interkerklike karakter te gee. In hierdie onderhandelinge was die deelnemers wat die leiding geneem het: ds. Okkie Raubenheimer, destydse voorsitter van die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (NG Kerk in SA, Wes-Kaap), ds. Johnnie van der Merwe, Nywerheidsleraar in Sinodale Diens (NG Kerk Wes-Kaap), dr. André Dreyer (NH Kerk) en dr. Pieter Bingle (Gereformeerde Kerk Kaapstad). Die Gereformeerde Kerke (Kaapstad en Grassy Park), die NG Kerk en die destydse NG Sending Kerk (VGK) het gekonstitueer as 'n interkerklike komitee, bekend as Biblia Evangelie aan Seelui. Hierdie historiese besluit is op 9 Junie 1977 geneem. Die eerste voorsitter was dr. Riaan Prins, destyds predikant van die Groote Kerk. As ondervoorsitter is dr. Pieter Bingle gekies en ds. Johnnie van der Merwe (NG Kerk) as sekretaris. Die akte van ooreenkoms tussen genoemde kerke het aanbeveel en versoek dat plaaslike gemeentes vrywillig oor deelname besluit. Die uitslag van hierdie vermoeiende en langdurige samesprekings was dat uiteindelik nié al die genoemde Kerke 'n vennootskap gevorm het nie. Die Hervormde Kerk het verkies om as die meer vrye organisasie, CSO, voort te bestaan. Daarmee het hulle kaart en transport behou en moes Biblia van nuuts af begin. Die CSO is 'n vrye Christelike organisasie en het sekerlik reg van bestaan. Die lastigheid, verwarring en verleentheid teenoor buitestaanders rondom die bestaan van twee organisasies van reformatoriese oortuiging in dieselfde skeepswerf is nie die ideaal nie. Dit verwar ook die donateurs. Gedurende die afgelope jare was daar van tyd tot tyd pogings om die verwarring tussen Biblia en CSO uit te skakel deur eenwording te bepleit. Die inisiatief is gewoonlik deur Biblia onderneem. Helaas, sonder sukses. Daar is tog die kompensasie dat "op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly" (Fil 1:18). Bron: Wes en Suid-Kaap Sinodale webblad