MABUASEHUBE Julie Pieter Booyens

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Die Kerk Kry Moeilikheid

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

REISVERSLAG. N BESOEK AAN DIE KGALAGADI OORGRENSPARK (RSA), MOREMI EN SENTRAAL KALAHARI WILD RESERVATE (BOTSWANA) (Oktober 2013)

RICHTERSVELD STAPTOER 2014

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Aftreestories. Sonsondergang in die Bosveld Foto Thinus du Plessis

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dawid die Skaapwagter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Josua - van jongs af n leier

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE AA NDBOODSKA PPER

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

WYSHEID TEENOOR GELOOF

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

19-21 Februarie Sondag erediens en voorsitterstee. Welkom en hallo sê

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Profetiese woord vir 2017 en verder

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

KRAG VAN TRANSFORMASIE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Dag 1 Suid-Afrika na Francistown(Botswana)

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

RIDDERS OP REIS TURKYE - MEI 2016

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)


N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Seisoen van die Gees

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

APRIL Nobody were very keen to pack up on Tuesday morning and we all left again in convoy. Thanks everyone for a wonderful weekend.

Pelgrimstog deur die Lewe

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Transcription:

MABUASEHUBE Julie 2010 - Pieter Booyens WANNEER Met die sokker om die draai, en ons maatskappy wat besluit het om die 11 Junie te sluit vir die openings wedstryd, en met die dat die 16de Junie n vakansiedag was, het ons besluit dit is die ideale geleentheid vir n wegbreek Mabuasehube toe. Ons het Donderdag, 10 Junie die pad gevat en sou Woensdag, 16 Junie 2010 terugkeer. Meer hieroor later WIE GAAN ALMAL SAAM Hierdie keer niemand nie. Net ek en Vroulief (SWAMBO) VOORBEREIDINGS Met ons sleepwa wat teen die tyd goed toegerus is (ons het so oor die jare se kamp veranderings aangebring om by ons kampstyl aan te pas) was daar min spesiale voorbereidings wat gedoen moes word. Al wat nodig was om te kry was jerry kanne vir diesel. Ons het die Defender nog nie lank nie en daar was nog nie tyd en geld om n ekstra brandstof tenk in te sit nie. Ek het Saterdag gou by die bank gaan Pula kry vir Botswana, die gasbottels almal gaan volmaak en ons was reg om te ry. DAG 1 (DONDERDAG - 10 JUNIE 2010) Die eerste dag van ons vakansie het aangebreek. Soos beplan het ons om 12h00 stiptelik uit Parktown, Johannesburg vertrek. Sommer so met ons met ons werksklere aan. Ons roete vir die dag het ons vanaf Parktown Johannesburg geneem tot by Hendrik Potgieter, oor Krugersdorp met die N14, en toe die R563 tot by Hekpoort. Vandaar die R560 oor Maanhaarrand en die R24 tot by Rustenburg. Hiervandaan met die N4 tot by die Skilpadnek grenspos. Die grenspos was n miernes en volgende keer sal ek tweekeer dink voordat ons weer daardeur gaan. Ons moes omtrent alles verklaar van kameras regdeur tot ipods net om agter te kom die SARS beampte by die hek is nie regtig daarin geintereseerd nie. In totaal 302km, en 4 ure se ry.

Hiervandaan neem die roete ons na Lobatse waar ons brandstof ingegooi het oor Kanye tot by Jwaneng. Hier maak ons weer diesel vol en tap ook ons watertenk vol vars water. Van Jwaneng ry ons toe tot by Sekoma en draai daar weg rigting Kokotsha toe. Ongeveer 10km voor Kokotsha draai ons weg op die kaplyn, volg die kaplyn vir ongeveer 20km en trek af en slaan daar kamp op vir die nag. Bitter koud, maar ons was net te moeg om om te gee. In totaal 331km, en 5 ure se ry. Tel daarby die uur en n half wat dit geneem het om deur die grenspos te kom, het ons eers om 22h30 op die kaplyn begin kamp opslaan. Ons gaste was n klompie beeste, n donkie met n irriterende klok en HOPE sand. Pad-toestand: Die pad tussen Krugersdorp en Rustenburg is nie te waffers nie en het ons maar stadig gevorder. Die teerpad in Botswana is in n puik toestand. Alhoewel dit reeds donker was het ons redelik vinnig gevorder. Nie ver voor ons nie het n vragmotor teen n konstante 120km.p/u. gery en al die beeste en bokke van die pad verjaag. Ons kon hom toe met redelike veiligheid volg tot by Sekoma waar ons weggedraai het en toe stadiger begin ry het om moontlike botsings met diere te vermy. Die gedeelte van die kaplyn wat ons gery het was ook in n redelike toestand. Effens sinkplaat maar darem nog nie valstande uitval toestand nie. Die daktent op die sleepwa. Geen addisionele koste nie, het gratis langs die kaplyn gekamp. Dit was vir ons n eerste, maar defnitief nie n laaste nie. Ander kostes: Om die Defender se tenk en die ekstra jerry kanne vol te maak het ons P977.20 gekos. Permitte en roadtax aan die Botswana kant van die grenspos was P120.00 vir die Defender. Ek het nog n permit van ons Januarie toer vir die sleepwa gehad. Die permitte is geldig tot 31 Desember 2010. Tussen Lobatse en Jwaneng het ons afgetrek en die broodpizza wat ons op die Defender se engine gesit het om gaar te word afgehaal. Dit was gaar en het wonderlik gesmaak. Dankie Retha vir die resep, dit is n wenner.

Ons is op die kaplyn, oppad na Mabuasehube, en geen selfoon sein meer nie. Stilte en rustigheid. Die Skilpadnek grenspos. Die Customs outjie het die s%*t uit my gefrustreer. Do you have a camera sir? Yes. Then go fetch it so I can see. Anything else you would like to see? No thank you sir. Ek loop en gaan haal die kamera uit die Defender n ander halwe kilometer ver. Terug in die customs kantoor. Do you have binoculars sir? Yes. Then go fetch it so I can see them. Anything else? No thank you sir. En so hou dit aan tot my moer strip. Toe loop haal ek als wat sak en rugksak en watookal uit die Landy en plak dit voor hom neer. Sê vir hom, hier is alles nou, kyk wat jy wil kyk. Ek het net SWAMBO se medisyne sak gebring nie Hy is toe tervrede, stempel die tydelike uitvoer permit en ons kan gaan. Die Botswana kant was redelik pynloos behalwe vir die lank toustaan vir die voertuig permit. En natuurlik die Afrika tyd waarteen alles gedoen word. Sou vroeër uit Suid Afrika wou wegkom sodat ek nie in die donker in Botswana hoef te ry nie en die risiko van n botsing met diere vermy het. Sal customs dokumente in die hande probeer kry en vooraf voltooi. Ek was al male sonder tal in Botswana en dis die eerste keer dat ek gevra is om dit te voltooi. Martins Drift, Stockpoort en Gabarone het dit nog nooit verwag nie.

DAG 2 (VRYDAG - 11 JUNIE 2010) Ons word vroeg oggend op die kaplyn wakker. Dit is koel maar darem nie koud nie. Maak koffie en eet beskuit. Slaan die daktent op die sleepwa op en is gereed om te ry. Vandag sou ons neem tot by ons staanplek by Mabuasehube Pan. Dit was nog 116km op die kaplyn tot by Mabuasehube se hek, en daarvandaan n verdere 24.6km tot by kampplek no. 1 by Mabuasehube Pan. Ons het ongeveer 8h00 vanaf ons oornagpunt vertrek en was 12h00 by die hek. Daar moes ons toe wag dat hulle eers die amptenaar aan diens by ontvangs by sy huis gaan haal. Dit het darem nie te lank geneem nie, hulle bly nie ver daarvandaan nie. Formaliteite is afgehandel en ons was weer oppad. Ons het teen ongeveer 14h00 by staanplek no. 1 langs die Mabuasehube Pan aangekom en begin kamp opslaan. Pad toestand: Diep sand op plekke en erg sinkplaat gery, veral die laaste ongeveer 16 kilometer al langs die grens van Mabuasehube. Dit was n kampplek sonder enige geriewe. Geen water of toilet geriewe nie. Koste P30.00 p.p.p.n. Bliss! Ander kostes: Geen. Dit was die eerste keer dat ek regtig rowwe terrien met die Defender gery het vandat ons hom gekoop het. Ander kere was bietjie grondpad en slegte paaie en die keer by De Wildt naby Hartbeespoort, maar alles kort afstande. Hier het ek nou die geleentheid gehad om hom oor lang afstande op slegte terrein en sand te toets. My ervaring, ek is beindruk met Shrek en ruil hom vir niks. Geen, ons was in die 7de hemel.

Niks, alles het verloop soos beplan en soos ons dit verwag het. DAG 3 (SATERDAG - 12 JUNIE 2010) Vandag skuif ons van kampplek. Ons was net vir een dag hier bespreek. Ons volgende staanplek is kampplek no. 1 by die Mpayathutlwa Pan. Ons het rustig ontbyt (koffie en beskuit) genuttig en toe begin oppak. Geen haas nie want ons het nie ver gehad om te ry nie. Dit is 10km van Mabuasehube Kampplek no. 1 tot by Mapayathutlwa kampplek no. 1. Ek het nie tyd dopgehou nie maar ons het seker so tussen 30 en 45 minute gery. Langs die pad gestop ook om diere te kyk. Pad toestand: Hoofsaaklik sand maar klipperig naby die Mapayathutlwa Pan. Hier was daar lopende water, n put toilet en n stort (koue water). Die kampplek het ook n A-raam afdak met n beton vloer waaronder jy in die koelte kan ontspan. Dit is nou as die leeus nie reeds voor jou daar is nie. Ons is hartlik deur n hele kolonie waaierstert eekhorings verwelkom by die kampeerterrein.

Later die aand terwyl ons besig was om te braai het n rooi jakkals kom seker maak alles is in orde. Hy was letterlik n klipgooi van die ligkring van ons vuur hy het homself rustig gemaak n ent van ons af en so nou en dan n draai by die vuur kom maak. Deur die loop van die nag het n paar leeus ons kamp besoek. Ons het net voor donker die hark gegryp en n kordon rondom ons tent getrek uit nuuskierigheid om te sien watter spore ons die volgende oggend kon kry. Dit blyk dat daar deur die nag sommer drie leeus baie naby ons tent was en sommer ook inspeksie gehou het van ons kamp opset. Die adrenalien pomp hoog as n mens na die spore kyk en besef jy het rustig geslaap terwyl dit gebeur het. n Mate van teleurstelling kom altyd by n mens op omdat jy nie wakker was nie, maar in retrospeksie wonder n mens ook wat sou jy gemaak het AS jy wakker was! Niks. Sou graag langer hier wou gestaan het. Dis n pragtige staanplek en die pan was regtig vol diere. Die sonsondergange in Mabua in maar soos die res van Botswana ongelooflik. Soos ons met ons trippies vorder kom ons net nie oor die magiese invloed wat n Afrika sonsondergang op n mens het nie. DAG 4 (SONDAG - 13 JUNIE 2010) Vandag is dit weer terug na Mabuasehube Pan. Kampplek no. 4. Weer rustig na ontbyt opgepak en toe die pad gevat. Half teleurgesteld omdat ons die plek moes groet, maar opgewonde omdat ons n nuwe ervaring gaan kry. Plaas van direk na Mabuasehube Pan te ry, het ons om die Mapayathutlwa Pan gery en diere gekyk. Hier was heelwat

springbokke, gemsbokke en hartbeeste te sien. Ook enkele volstruise. Die vorige dag het ons n groot swerm aasvoëls by die watergat afgeneem. Die voël lewe in Mabua by al die panne fassineer n mens geweldig. Die hoeveelheid wat n mens aantref sal enige entoesias vir weke lank kan besig hou. Die ekstra afstand om die pan het die totaal van ons kampplek tot by Mabuasehube Pan kampplek no. 4 was 16.3km. Pad toestand: Klipperig om die pan en daarvandaan sand tot by Mabuasehube Pan. Met die Defender wat so lekker trek het n mens soms vergeet jy ry op sand Kampplek no. 4 by Mabuasehube Pan het water, n koue stort en put toilet. Ons het heelwat diere by Mapayathutlwa Pan gesien voor ons vertrek daar en die eekhorings het fluks gehelp om die rooster skoon te maak voordat ons dit kon oppak. Die hele pan en die kampplek is net iets wat n mens MOET ervaar. By Mabuasehube Pan kampplek n.o 4 kry ons toe ander kampeerders op die kampplek. Toe ons papiere nagaan blyk dit n dubbele bespreking te wees. Hulle bied aan dat ons saam met hulle op die staanplek kan staan. Ons besluit egter dat ons op ons eie wil wees (hulle het n generator wat heeldag loop want sy batterye vir die vrieskas het gees gegee). Was nie lus om heeldag na die geluid te luister nie. Om ook natuurlik jou eie kampplek in die bos te gaan oopskof was n avontuur wat ons nie sommer nee dankie voor sou gesê het nie. Ons ry toe verder in die rigting van die Lesholoago Pan. Ongeveer 3km van staanplek no. 4 vind ons n oopte onder n redelike boom naby aan die pad en slaan toe sommer daar kamp op. Ons besluit sou iemand van Natuurbewaring ons kom jaag (onwaarskynlik dat daar iemand sou verbykom) sal hulle vir ons aanvaarbare alternatiewe kampplek moet gee. Ons het rustig gekamp, niemand het ons kom pla nie. Dit was die nag egter heelwat kouer as by die ander kampplekke en ons het dit toegskryf aan die feit dat ons teen n heuweltjie uit gekamp het, onbewus van die koue front wat op pad is. Die koue het deur nerwe gesny en ons het daai nag maar swaar geslaap.

Niks nie, ons het lekker gekamp en sal dit weer doen oor en oor. DAG 5 (MAANDAG - 14 JUNIE 2010) Dit was weer opslaan en verder ry. Die keer tot by Matopi kampplek no. 2 op die Nossob Vallei roete. Ons het vroeg opgestaan omdat ons vandag verder moes ry as die ander dae. In retrospeksie dink ek ook die koue het ons vroeg uit die tent uitgejaag tot binne die Defender met sy verwarmer. Nog nooit in my lewe was ek SO dankbaar vir SWAMBO dat sy daai long johns van my gepak het nie. Ons sou vandag 92.6 kilometer aflê tot by Matopi kampplek n.o 2 en dit sou ons na verwagting ongeveer 5 uur neem volgens die GPS. 5uur op n sandpad is nie jou boude of SWAMBO se beste maatjie nie. Pad toestand: Van ons kampplek was dit sand tot naby die Mapyathutlwa Pan waar dit klipperig was, en daarvandaan tot by die Bosologola Pan was dit ook sand. Van Bosologola was dit sand maar erg sinkplaat tot by Matopi. By tye moet jy mooi voel of al daai stopsels in jou tande nog sit en vergeet daarvan om te probeer koffie skink uit daai warmfles dis n futiele oefening! Die enigste geriewe by die kampplek was n koelteboom en n ronde betonblad om vuur op te maak. Ons het niks meer verwag nie alles was perfek.

Oppad het ons by Mapayathutlwa Kampplek no. 1 gestop om water aan te vul. Die mense wat daar kamp vertel ons toe dat daar leeus in die pan is en dat die mannetjie aan die oorkant van die pan net langs die pad lê. Hulle het die leeus deur laaang lense staan en dophou. Toe ek die nuus vir SWAMBO oordra toe wip sy op en sê ry pappie daar s leeus. Ons is nooit gelukkig met leeus nie en wanneer ons hoor van iemand wat hulle sien is ons soos vlieë op n goeie dropping eerste daar! Ons kry die mannetjie langs die pad waar hy rustig is, half amper aan die slaap. Na al die jare verstom ons ons nogsteeds aan die grootte van hierdie dier! So terwyl ons hom op video vaslê gee hy toe sommer so lê lê vir ons n vertoning van hoe n leeumannetjie kan brul. Ek weet nie wie was die mees gelukkigste nie ek of SWAMBO ek dink die grin wat ons altwee vir mekaar gegee het kon n storie vertel. Kort daarna hoor ons die leeus in die pan antwoord. Nie lank nie toe staan hy op en begin in die rigting van die pan stap waar n wyfie hom tegemoet kom. Die twee ontmoet mekaar met n skuur hier en n skuur daar, n vryf hier en n vryf daar en ons sit met ons bekke wat oophang so mooi is dit. Nog twee ander leeus, die een n jong mannetjie met net bietjie bietjie maanhare, sluit ook by hulle aan. Hulle gaan lê toe agter die bosse ietwat buite sig en dit was duidelik dat hulle die dag daar gaan vertoef. Ons is toe verder, Matopi toe baie tevrede. Die sinkplaat pad wat tot die stopsels in jou tande uitskud. Volgende keer dalk nie Matopi besoek nie behalwe as ek beplan om al die pad deur te ry Nossob toe en Twee Rivieren en ander kampplekke daar aan die Suid Afrikaanse kant te besoek. Ek dink as jy eenkeer by Matopi was kan jy hom maar skrap as n been there

DAG 6 (DINSDAG - 15 JUNIE 2010) Vandag begin ons die terugtog huistoe. Dit is amper die einde van die vakansie. Ons word wakker en dis duidelik hier is k*k. Dis hondkoud buite. Op die horison kon ons die popcorn wolkies sien waar die kouefront deur die nag ingesypel het. Met die dat ons nie sel opvangs het nie, en ook nie die radio aangehad het nie was ons heel onbewus dat die land in n koue greep was. Tent opslaan en oppak was n mission want die koue het regtig elke spier in ons lywe in n knop gehad. Ons sou vandag ry tot so ver ons kon op die kaplyn, daar oorstaan en dan die volgende dag verder Pretoria toe. Toe ons egter teen 16h00 die middag by die plek op die kaplyn waar ons sou oorstaan aankom was dit so koud dat ons besluit het om deur te druk Pretoria toe. 23h30 Dinsdagaand stop ons by die huis in Pretoria, en slaap die volgende oggend tot amper 11h00. 836km en 15 uur later was ons by die huis. Pad toestand: Sand, sinkplaat en plek plek klip tussen Matopi en die teerpad naby Kokotsha. Vandaar goeie teerpad al die pad tot by die huis. My eie bed en verwarmer by die huis, uitstekend. Ander Kostes: Op Jwaneng het ons P315 se diesel ingegooi en dit het ons deurgevat tot by die huis. Ons is veilig terug by die huis. Die hele vakansie het sonder enige voorvalle verloop. Dit was eerstens vrek koud en die koue het ons verhoed om n nag weer op die kaplyn deur te bring. Die depressie wat ons ervaar het deur te dink ons moet terug huistoe was by tye amper te erg Dit was n lang en uitputtende rit. Maar met die koue dalk die beste keuse wat ons kon maak om nie oor te slaap op die kaplyn nie.

Sou verkies het om die rit te onderbreek en op die kaplyn oor te slaap soos aanvanklik beplan, was dit nie vir die koue nie. SAL ONS DIT WEER DOEN? BESLIS ja! Ons het alreeds bespreek vir Desember. En hierdie keer staan ons 2 nagte by sommige kampplekke en 3 nagte by ander. Ons het ook Khiding Pan, Lesholoago Pan en Monamodi Pan by ons bespreking ingesluit. Ons gaan Desember n totaal van 15 dae in Mabuasehube deurbring. Die enigste probleem is dat Desember nog so vrek vêr is! WAT MOET EK NOG DOEN VOORDAT ONS WEER GAAN? Daar is twee dinge wat gedoen moet word voor ons Desember weer toer. Ek moet n laai sisteem agter in die Defender kry. Sonder behoorlik georganiseerde pakplek in die Landy was dit chaos. Goed het knaend soek geraak en dit was n babelse verwarring wat n broeines is vir n onderonsie tussen my en SWAMBO en enige man sal jou vertel jy wil nie in die bos sit met n vrou wat die donder in is vir jou oorlat sy nie die flits kan kry wat iewers agter in die Landie soek geraak het nie. Tweedens moet ek die watertenk wat nou al so lank in beplanning is vir die sleepwa installeer. Los tenks en water kanne werk net nie so lekker nie. Met die terukomslag en die aflaai van die foto s besef n mens net weereens dat ons kinders van Afrika is. Dis in ons bloed. Mabausehube is n vrek mooi plek en ons bid en hoop dat dit vir lank nog so sal bly.