HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Jesaja sien die Toekoms

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

LoveGodGreatly.com 1

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

GEBED VIR KERKLEIERS

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dawid die Skaapwagter

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Seisoen van die Gees

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

BYBELS-GESONDE GESINNE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Josua - van jongs af n leier

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Empathy Ouerhandleiding

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

God se Woord. God se Wil

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Die plek van jou tent

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Volume 3 van 2016 September 2016

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

DIE AA NDBOODSKA PPER

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

Transcription:

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTKLOP HARTLIK WELKOM! Suid-Afrika vandag word gereken as n ontwikkelende land, maar die om by ontwikkeling en groei het ons ongelukkig gestagneer. Die groeiende werkloosheidsyfer, die ekonomie, ons skole, ons paaie en selfs ons verbrokkelende waardesisteem en sedes is maar n paar van geskrifte teen die muur. Hoe lyk ons land? Stel jouself voor dat Suid-Afrika gekrimp kan word tot n dorp van 100 inwoners. Hoe lyk ons SA-Dorpie? 4 inwoners verdien R300 000 pj 14 inwoners verdien R100 000 pj 25 inwoners verdien R50 000 pj 42 inwoners het n werk 26 soek werk 49 het min luukshede (die hele huishouding het R2 499pm om van te leef) 68 Inwoners het nie matriek nie 80 inwoners her ; n selfoon 8 het n graad 39 is getroud 9 woon saam 7 is weduwee/wewenaar 2 inwoners is geskei 43 is enkellopend 76 huise het elektrisiteit 70 huise het TV 17 het landlyn telefone (Markinor: A breakdown of the South African Village) Vir die kerk (vir ons) bied hierdie inligting die uitdaging om hierdie winter en die komende seisoene Bybels-verantwoordelik te leef. Dankie vir wat julle reeds doen! TEKS VIR SON 16 JUL DR CLIFFORD HEYS 1 JOH 5:13 Kind van God? Is jy seker? Wie sê...? Bring asseblief julle Bybels kerk toe. Ons gaan n brief lees wat spesiaal geskryf is om vir ons sekerheid te gee dat ons die ewige lewe het én dat ons sondes vergewe is. Baie van ons mag (saam met my) worstel oor die hel. [Immers, God het nie n hel geskep nie. En: Is die hel letterlik n plek waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie - Mark. 9v48]. Die gedagte van die hel maak my onrustig. Daarom wil ek sekerheid hê...! Ons gaan Sondag die 16de Johannes se eerste Brief lees en ons begin by 5v13. Ek wil sekerheid hê oor my verhouding met die Here. Daarom nooi ek u om saak te lees... en sekerheid te vind! Clifford Wees LIG! 9 JULIE 2017 VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK (2 KOR. 4:6 2 KOR. 5:10) WANNEER MY BROOSHEID MY INHAAL Dit is een saak waarmee ons almal vrede moet maak en dit is dat ons almal maar broos is, selfs al is ons jonk en sterk. Daar kom situasies in die lewe dat ons daarmee gekonfronteer word. Hoeveel keer het ek nie al langs die siekbed en sterfbed van n verswakte persoon gestaan nie - jonk en oud. Broosheid bring ons GEEN AANDDIENS DEURKOLLEKTE VANOGGEND Sin. Koll. Instituut vir Dowes Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. by die punt van algehele oorgawe aan God. Dit maak ons deel van n Godstorie in ons lewens en skuif ons toekomsvisie van die verganklike na die ONVER- GANKLIKE. Van die hooplose na die BRON VAN HOOP. Broosheid help ons om rus te vind in die arms van die Ewige Heilige Drie Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat ons NOOIT laat los of vergeet nie, al kan ek nie meer vashou of onthou nie. Die God wat my volkome nuut en heel maak deur die bloed van Sy Seun en die werking van Sy Gees en my met Sy heerlikheid vul en my selfs aan Sy Goddelike Heiligheid deel laat kry. Mag ons onself in Hom Verlustig.

VOORBIDDING VIR DIE CALITZDORP UITREIK 15-21 JULIE 2017 DINSDAG 11 JUNIE SOPKOMBUIS VRYDAG 14 JUNIE 09:30-11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN SATERDAG 15 JUNIE TRANS WÊRELD RADIO ONTBYT 15 JULIE 2017 @ 09:00 BY DIE NG KERK HERMANUS TWR wil graag meer inligting deurgee oor wat hulle tans mee besig is in Suid-Afrika en nooi u na n ontbyt om die oggend met hulle te geniet en saam te gesels oor sending. Toegang is gratis. Bespreek asb net u plek vooraf by Connie Jordaan (voor 11 Jun) (021) 856 4836 / 082 512 0554 / conjordaan@telkomsa.net CALITZDORP UITREIK SPAN VERTREK SONDAG 16 JULIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 9) 09:00 EREDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. Welkom! ** Geen Rooitrein, Bybelgroepe of Teentrix agv Vakansie. 18:00 GEEN AANDDIENS WAARNA KAN ONS UITSIEN? HERMANUS ASTRONOMY CENTRE MONTLY MEETING 17 JULY @ 19:00 - CATHOLIC CHURCH HALL (HOY S KOPPIE) Auke Slotegraaf, psychohistorian and editor of the Sky Guide for Africa South will be talking on Deep sky stargazing. A very knowledgeable and experienced astronomical observer, Auke will focus on deep sky objects, sharing his extensive experience and insights into observing the wonders of the stars, nebulae, clusters and galaxies which can be found beyond the solar system. There is an entrance fee of R10 per person for members, R20 per person for non-members, and R10 for children, students and U3A members. Die voorbereiding vir Calitzdorp het alreeds begin, maar geen program kan suksesvol afgehandel word indien die fondasie nie in plek is nie. Ons wil U graag vra om vir die span te bid (as n groep indiwidue, maar dan ook as n eenheid). Dit is elke uitreiker se verantwoordelikheid om self geestelik voor te berei en tyd saam met Jesus te spandeer voor hierdie uitreik, sodat almal met n diensbare hart op die bus kan klim Saterdag, 15 Julie. Die span bestaan uit die hele gemeente maar slegs n paar verteenwoordigers kan hierdie keer die Calitzdorp gemeenskap gaan besoek. Daardie mense is Almarie, Ariska, Bernadine, Bianca Kloppers, Cornel, Curwin, Deon, Gia, Inge, Lismari, Marlize, Marnus, Micheala, Ds Michiel, Milia, Nadja, Nellis, Oom Jannie, Tania, Tayla, Yzane en myself. Al is dit nie moontlik vir die hele gemeente om te gaan nie, wil ons U graag aanmoedig om hierdie reistog saam met ons aan te pak deur middel van voorbidding! ONS BID VIR: * Meer Jesus/minder ons. * n Dienskneg ingesteldheid. * Teen die aanslae van die duiwel. * Ontvanklike harte in Calitzdorp. * Beskerming op die pad. Ons sien baie uit na die uitreik ons kan nie wag om te sien wat God besig om in Calitzdorp te doen nie. Baie dankie vir U gebede, Ds Anton ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR SATERDAG 29 JULIE 2017 OM 09H00, IN DIE GROBBELAARSAAL, HERMANUS Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit-olifantitems (skakel en ons sal kom afhaal) asook leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis voor die basaar. Baie dankie vir u ondersteuning! PINKSTERREEKS DVD S Het u DVD s van die Pinkster deur Stephan Joubert bestel? Dit is nou Beskikbaar by die kerkkantoor.

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan 072 903 9189 NOODKETTING Sheila du Toit 082 895 9479 GEBED VIR NOOD EN SIEKTE CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING Nonnie Blignaut, Piet Haumann, Elize Hardy, Amanda Symington, Marietjie Pietersen, Sumien Warwick, Jakes Jacobs se kleinseun, Hoepie Howell, Willie Slabbert, Mariska Wagenaar, Chantelle Theron, Krappies Carstens, Deon Smit AANSTERK NA OPERASIES / SIEKTES: Jean Burger, Sarika Uys, Johan Acker, Sakkie & Joyce du Toit, Estelle Snyman IN DIE HOSPITAAL: Lorna de Villiers, Boma vd Westhuizen, Madelief Koekemoer, Ineke Mclachlan, Titia Ballot Mev van Schoor Jannie vd Westhuizen Flick du Toit Verswak Hartklep Marietjie van Zyl se dogter in JHB Antoinette Wiggens Scleroderma Hanlie Chambers wag op Lewer oorplanting (Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter) MEEGEVOEL Met Jan en Jacu Kleinloog met die heengaan van Ester. WEEK 10-16 JUL GEBED Krag van gebed: Openbaring 5:8 Net toe die MAANDAG 10 JULIE Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ʼn siter gehad en ʼn goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Toe sing hulle ʼn nuwe lied. U is waardig om die boek te neem en die seels daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het. DINSDAG 11 JULIE Die gebed van gelowiges: Handelinge 6: 4-6 Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee. Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stephanus gekies, ʼn man met ʼn vaste geloof en vol van die Heilige Gees... Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en die het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê. WOENSDAG 12 JULIE Die gelowige gebed: Jakobus 5: 13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. Groot krag in gebed: Jakobus 5: 16-17 DONDERDAG 13 JULIE Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ʼn gelowige het ʼn kragtige uitwerking. Elia was ʼn mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer. Gebede word opgevang in ʼn goue bak: VRYDAG 14 JULIE Openbaring 8: 3-5 ʼn Ander Engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met ʼn goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg na God. SPESIALE GEBED VIR GESINNE Vader, ons bid hierdie week in besonder vir gesinne waar daar struweling is, ongelukkigheid en pyn. Ons bid Heilige Gees, dat u daar sal ingryp. Ons bid ook vir enkelouer-gesinne waar die ma of pa nie teenwoordig is nie. Ons bid vir daardie ouers en ook vir die kinders. Vader, ons is op ons knieë voor u vir antwoorde en seën.

UITSPRAAK OOR GODSDIENS IN SKOLE In die media is daar die afgelope week kennis geneem van ʼn belangrike hofuitspraak in die Suid-Gautengse Hooggeregshof oor godsdiens in skole. Uitspraak is gelewer deur regter Willem van der Linde in die saak OGOD (Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie) versus ses skole. Die beheerliggame van hierdie ses skole is almal lid van FEDSAS, wat die skole in die hofsaak bygestaan het. Dié belangrike toetssaak het sy oorsprong in 2014 toe die applikant OGOD die hof versoek het om dit ongrondwetlik te verklaar dat sekere godsdienspraktyke in skole voorkeur bo ander geniet. Die hof het sy ondersoek op drie vrae gerig. Die eerste het betrekking op sy bevindings of ʼn skool ʼn spesifieke godsdiens ten koste van ander kan bevorder. Die tweede saak aan die orde was of ʼn openbare skool self godsdiensbeoefening kan uitvoer en of dit slegs deur buitepartye op die skole se perseel gedoen mag word. Die derde vraag was of leerders gevra kan word met watter geloof, indien enige, hulle hulle vereenselwig. Die tweede en derde vraag is albei in die skole se guns beantwoord. Berigte in die media interpreteer die uitspraak wat gelewer is as ʼn oorwinning vir OGOD. So ʼn interpretasie verteenwoordig egter nie die inhoud van die hofuitspraak behoorlik nie. OGOD se hofaansoek het 77 bevele teen ses skole aangevra en slegs twee van hierdie bevele is toegestaan. Die hofuitspraak bevestig in werklikheid die feit dat ʼn openbare skool behoort aan die onmiddellike gemeenskap waarbinne die skool geleë is. Dit bevestig dat die skool se beheerliggaam verteenwoordigend van die breër skoolgemeenskap is en dat hulle ooreenkomstig die Grondwet (Artikel 15b) en die Skolewet (Artikel 7) die gesag het om besluite te neem ten opsigte van belangrike aspekte soos ʼn skool se taal- en toelatingsbeleid en hoe godsdiens by die skool beoefen word. Dié belangrike aspek van die gesag van ʼn skool se beheerliggaam as liggaam wat ʼn skool namens die onmiddellike skoolgemeenskap bestuur, word deurentyd in die uitspraak bevestig. Die hof bevestig verder dat die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Onderwys nie afdwingbare reëls daarstel nie, maar eerder ʼn belangrike dokument is wat riglyne oor godsdiens in onderwys verskaf. Die Applikant mag nie die gedrag van die skole teen die Grondwet of teen die Skolewet uitdaag nie; dit mag dit net uitoefen teen die skool se eie reëls vir die uitvoering van godsdienstige oefeninge. ʼn Openbare skool mag nie die nakoming van ʼn enkele godsdiens bevorder nie. Die maak van beleid ten opsigte van die gedrag van godsdiensbeoefening by ʼn skool bly egter die reg en verantwoordelikheid van elke individuele skool se beheerraad. Die skool sal wettig optree solank sy godsdienstige nakoming met reëls van sy beheerraad ooreenstem. Die NG Kerk het nog altyd van die standpunt uitgegaan dat die Godsdiensbeleid en -beoefening by openbare skole op ʼn billike, gelyke en vrywillige grondslag geskied. Hierdie beginsel word baie duidelik verwoord in die Skolewet na aanleiding van die Grondwet. Die NG Kerk was van die begin af ten gunste van vrywillige godsdiensbeoefening. Vanuit ʼn kerklike oogpunt gesien, is daar dus geen spanning ten opsigte van die uitspraak nie. FEDSAS het die totale verwydering van enige vorm van godsdiensbeoefening vanaf die skoolterrein teengestaan. Die Suid-Afrikaanse Grondwet is nie soortgelyk aan die Amerikaanse model van ʼn waterdigte skeiding tussen kerk en staat nie, maar lê klem op verdraagsaamheid en diversiteit. Hierdeur het die hof die plek van godsdiens in die publieke sfeer bevestig. Dit is die mening van regskenners dat die hof se motivering vir die toekenning van deeltydse verligting aan die applikant verrassend dun is. FEDSAS het reeds te kenne gegee dat die uitspraak bestudeer sal word en dat verdere regsprosesse nie uitgesluit is nie. Vriendelike groete uit Leipzig, Gustav Claassen (Algemene Sekretaris) Nederduitse Gereformeerde Kerk SOPKOMBUIS Met verstomming het ons gesien hoe brood en sopprodukte by die kerk afgelaai word vir die sopbediening. Dit bly vir ons 'n riem onder die hart om die meelewing in hierdie gemeente te sien. Ons was huiwerig om te vra omdat daar so baie gevra word en... die Here het voorsien. Baie dankie vir almal wat brood en sopprodukte bring. Dit word werklik opreg waardeer! (Foto) Die dames kook die sop met 'n passie vir die Here en vir hulle wat elke beker sop so waardeer.

DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 Deur die genade van God KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM MAANDAG 10 JULIE (DIENSENTRUM GESLUIT) DINSDAG 11 JULIE 10h00-12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira (Rita is met verlof vir 3 weke). Lekker rus Rita! KLINIEK 10h00 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00-13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz. 10H00 KOM WEES KREATIEF: Kom wys vir ons watter tipe handewerk jy kan doen. Kom leer ons en ons is gereed om saam te leer. Ons hou daarvan om met ons hande te werk en kreatief te wees. Ons groep hou daarvan om nuwe dinge/kuns/handwerk aan te leer. Almal is baie welkom. WOENSDAG 12 JULIE TROETELDIERSKOU BY DIE DIENSSENTRUM DINSDAG 11 JULIE @ 10H00 Bring u vierbeenkind en kom neem deel aan ons tweede troeteldierskou. Daar gaan pryse wees vir die mooiste hond, vriendelikste hond, hond wat die meeste na sy eienaar lyk ensovoorts. Indien u nie 'n vierbeen het nie, kom kyk en kom geniet dit saam met ons. (Inskrywingsfooi - u is welkom om net 'n donasie te gee) Welkom!! TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (biokinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed. DONDERDAG 13 JULIE 10H00 KOM BREI SAAM: Kom brei saam met dr. Hoepie Howell. Sit rustig, brei/wees kreatief, ontspan en luister na haar voorlesings. KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 14 JULIE 09:30-11:30 Die lekkerste filterkoffie, tee en eetgoed is te kry by die KOLWYNTJIE! Vir net R30 word julle bedien deur ons vriendelike kelners. Julle het ook 'n groot keuse van die lekkerste eetgoed. ALMAL IS WELKOM! DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING JAARGELD: Onthou om u jaargeld te betaal. R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za wees KOSPAKKIES 17 JULIE DV BAIE DANKIE vir die kratte wat gevul word met julle bydrae's uit die liefde vir ons edemens. Konfyt, sopmengsels, tamatiesous en tandepasta sal ook nog waardeer word. Lidmaat op soek na n baba kinderstoeltjie wat agter op n fiets vasgemaak word. Kontak asb. vir Hanna (kerkkantoor.) KLEREKAS BENODIG WINTERKLERE Dis vakansietyd en hier is n gulde geleentheid vir u om bietjie deur u klerekaste te gaan en klere uit te sorteer. Ons sal u skenkings baie waardeer. Die gemeenskap word daardeur gehelp en die fondse word gebruik vir die kospakkies. Baie dankie vir u ondersteuning! AANDAG ALLE KUNSTENAARS AUGUSTUS IS SENDINGMAAND BY ONRUS TEMA: STUUR MY! Ons nooi graag alle kunstenaars om nou reeds n kunswerk te maak, skilder, teken, verf, plak. Enige grootte, enige medium welkom! Ons sal graag tydens Augustus die kunswerke oral in die kerk wil uitstal as deel van die maand se aktiwiteite. Ons het die Kunswerke nodig teen 23 JULIE 2017. Navrae: Karin HERMANUS ANIMAL WELFARE SOCIETY IT S BECAUSE OF CONCERNED COMMUNITY MEM- BERS who kindly donate dog and cat food to HAWS, that we can help struggling community animals have the chance to grow up healthily...but it is an ongoing exercise to keep our bins full of food to help those who cannot feed their animals. PLEASE HELP US TO HELP THEM! Any dog, puppy, cat and kitten food is desperately needed. Please call HAWS 028 312 1281 if you can help but cannot make it into our kennels. Any donation is so appreciated. We are at 4 Steenbras street in Hermanus Industrial. Thank you!!! ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Johan Symington 082 546 7415 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand ( n besigheid in ons dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te doen). Ons eer God vir julle gehoorsaamheid en liefde en bid Vader se seën oor jul besigheid en gesinne.