Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Similar documents
GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Profetiese woord vir 2017 en verder

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

God se Woord. God se Wil

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

LoveGodGreatly.com 1

BYBELS-GESONDE GESINNE

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

DIE AA NDBOODSKA PPER

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

GEBED VIR KERKLEIERS

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Seisoen van die Gees

Dawid die Skaapwagter

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Die Studie van Bemiddelings Gebed

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Besprekingsvrae vir selgroepe

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Daar is konflik in die gemeente

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Volume 3 van 2016 September 2016

Transcription:

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het, vriendelik ontvang en gehelp het. Dit het nie eers vir jou saakgemaak dat jy hulle nog nooit voorheen gesien het nie jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker wees dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit. Hierdie mense het die reis aangepak omdat Jesus dit van hulle gevra het. Van ongelowiges kry hulle natuurlik nie hulp nie. Ons het dus die plig om sulke mense te help waar ons kan. Op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral verprei. (3 Johannes vers 5-8, Die Boodskap) Dr Kruger du Preez It s good work you re doing, helping these travellers on their way, hospitality worthy of God himself! They set out under the banner of the Name, and get no help from unbelievers. So they deserve any support we can give them. In providing meals and a bed, we become their companions in spreading the Truth. (3 John 5-8 The Message) Liewe vriende en familie Raak meer intens betrokke by sending en sendelinge In die 14 jaar wat ek en Antoinette sendelinge in Mosambiek was, was hierdie verse die sleuteltekste van ons uitstuurspan in Suid-Afrika. Mense wat die Evangelie verkondig buite die gewone gemaksones van ʼn gevestigde gemeente, veral in transkulturele bedienings, verdien ekstra hulp van gelowiges! Sendelinge, evangeliste en leraars wat die grense moet deurbreek van taal, kultuur, dikwels landsgrense, behoort te kan reken op die morele-, logistiese-, gebed-, kommunikasie- en finansiële ondersteuning van die sendende gelowiges. Ja, Johannes stel die hulp aan reisende gelowiges as ʼn natuurlike plig van gelowiges en nie eintlik as ʼn keuse nie. Dit lê in lyn met Paulus se beredeneringe in Romeine 10:14 15: Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die Boodskap bring? En hoe sal hulle die Boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring! Oor die plig van gelowiges en die kerk om missionêr te wees, is die hele Bybel vol. Dink hier veral aan die Groot Sendingopdrag in Matteus 28:19,20 Gaan dan heen, maak dissipels van alle nasies Jesus se woorde soos weergegee in Lukas 24:46-48 is vir my besonders: 1

Toe het Jesus sy dissipels se verstand geopen om die Skrifte te verstaan en gesê: So staan dit opgeteken dat die Messias moet ly en op die derde dag weer opstaan uit die dood. In sy Naam moet hierdie boodskap en die boodskap van bekering tot vergifnis van sondes nou aan al die nasies verkondig word. Die vraag is dus of ons verstand werklik geopen is vir hierdie sentrale waarheid dat Jesus moes ly en opstaan en dat hierdie Boodskap aan al die nasies verkondig moet word? Missioloë beklemtoon ons plig tot uitreiking ook op treffende wyses. David Bosch in sy boek Transforming Mission stel dit soos volg: Sending moet gesien word as ʼn beweging van God na die wêreld; die kerk op sy beurt moet gesien word as die instrument van daardie sending. Daar is ʼn kerk omdat daar sending (mission) is, nie vice versa nie. Ek volstaan hier met ʼn sterk aanhaling uit Patrick Johnstone se boek: The church is bigger then you think: Hoe kan 'n gemeente of denominasie daarop roem dat hulle Bybels of selfs Christelik is as hulle nie in die hart van hulle bedieningsagenda God se hart vir 'n verlore wêreld het nie? Die kerk se begrotingtoedeling, gebedsbetrokkenheid en werkers visie behoort hul missionêre visie te reflekteer. Die kerk van die Here Jesus Christus word inderdaad gedefinieer deur sending want die kerk is eintlik saamgestel uit diegene wat tot redding gekom het deur sending! Nou het hierdie kerk en sy gelowiges die grootse (awesome) verantwoordelikheid om ander te wen deur hulle getuienis gerigtheid. As die kerk in die breë en ʼn gemeente in die besonder, nie missionaal gerig is in hul teologie, daaglikse lewe en toewyding nie, het hulle eintlik nie meer die reg om hul daarop te beroem dat hulle die kerk van Jesus Christus is nie! Die lewensvatbaarheid en gesondheid van die Kerk en van onsself, as kinders van God, kan nie geskei word van die roeping tot wêreld evangelisasie nie (My vertaling). Duideliker kan dit seker nie gestel word nie. Tog het ons teksvers bo eintlik te make met die ondersteuning van sendingwerkers. Neal Pirolo in sy boek: Serving as senders how to care for your missionaries (i) while they are preparing to go, (ii) while they are on the field and (iii) when they return home, kan ons baie help. Hy roep gelowiges op om by een of meer as een van die volgende areas van ondersteuning betrokke te raak: 1. Morele ondersteuning om eenvoudig daar te wees vir sendelinge 2. Logistiese ondersteuning 3. Finansiële ondersteuning 4. Gebedsondersteuning 5. Kommunikasie ondersteuning 6. Terugkeer ondersteuning Kom ons reflekteer meer oor bogenoemde punte: 1. Morele ondersteuning. Gee morele ondersteuning reeds aan voornemende sendelinge. Moenie wees soos die geestelike leiers in die tyd van die groot sendeling William Carey wat alles in hulle vermoë gedoen het om hom 2

te ontmoedig om China toe te gaan nie: When God pleases to convert the heathen, He will do it without your aid or ours het hulle gesê! Dink aan arme Paulus wat orals oop deure gesien het vir die Evangelie maar nie orals dieselfde entoesiasme vir sy idees teëgekom het nie; Hier staan nou ʼn wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer. (1 Korinthiërs 16:9). Op ʼn ander plek smeek die gelowiges vir Paulus om nie na Jerusalem toe terug te gaan nie en dan reageer hy soos volg: Waarom wil julle my hart sag maak met julle gesanik? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf. (Handelinge 21:13). Aktiewe luister is waarskynlik een van die mees verwaarloosde fondamente van morele ondersteuning. Neal Pirolo sê van aktiewe luister dat dit eintlik sê: Ek is met jou. Ek sal die tyd neem. Ek sal energie insit en werklik luister na jou hart, nie net na wat jou woorde sê nie. Aktiewe luister vra vir al jou aandag. Dit is harde werk, dit verg konsentrasie. Maar hoe nodig is dit nie vir morele ondersteuning nie! Aktiewe luister verplig jou om met respek te reageer. Selfs al is jy nie 'in sy/haar skoene nie en kan nie ten volle verstaan wat hy/sy ervaar nie, kan jy ware empatie toon. Probeer om sy/haar gedagtes en gevoelens te ervaar in hierdie onderneming (venture) van die geloof. Kom ons maak ten minste tyd om te luister na sendelinge! Pirolo stel die volgende aksie stappe voor by Morele Ondersteuning: Begryp duidelik dat morele ondersteuning die daar wees vir sendelinge eintlik die fondamentsteen is van die hele sendingstrategie Gee volhoubare waardering vir alle werkers wat betrokke is by die uitbreiding van Gods Koninkryk Besef dat morele ondersteuning suksesvol is as dit lei tot ʼn meer persoonlike verhouding met die sendeling (-e) Skryf gerus by geleentheid aan ʼn sendeling ʼn brief van bemoediging Werf ander om met entoesiasme deel te vorm van die morele ondersteuningsgroep Bewys hospitality worthy of God himself! 2. Logistiese ondersteuning As jy betrokke raak by die logistiese ondersteuning van ʼn sendeling raak jy dalk betrokke by die keuse van ʼn sendingveld of sendeling om te ondersteun. Jy raak dalk betrokke by persoonlike hulp wat mag insluit probleme met invoer van goedere, kar probleme, home schooling materiaal, ens. Dink hier aan Paulus wat aan Timoteus skryf: As jy kom, bring asb. my jas saam wat ek by Karpus in Troas agtergelaat het. Bring ook my boeke saam veral die perkamente (2 Timoteus 4:13). Jy kan ook dalk betrokke raak by die hele besigheidsbeplanning of strategie van ʼn spesifieke sending om dit verantwoordbaar en deursigtig te maak. Aksie stappe kan insluit: Die besef van die belangrikheid en omvang van logistiese ondersteuning 3

Die besef van die belangrikheid dat ons in die Liggaam van Christus mekaar baie nodig het Skryf aan die sendeling, bied hulp aan en vra wat die behoeftes is Organiseer ander om betrokke te raak by die logistiese ondersteuning En onthou: In providing meals and a bed, we become their companions in spreading the Truth. 3. Finansiële ondersteuning Onthou, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie. They set out under the banner of the Name, and get no help from unbelievers. Baie sendelinge sal Paulus kan nasê: Ek prys die Here met groot blydskap omdat julle weer ʼn slag aan my finansieel kon dink. Ja ek weet dat julle ook ander tye aan my dink maar in julle besige programme nie die geleentheid gehad het om iets te doen nie (my vertaling) (Filippense 4:10). Tragies as ʼn sendeling die meeste van sy kwaliteittyd en energie moet spandeer om te bid vir die nodige finansies vir homself en sy familie en die bediening! Betrokkenheid hierby mag die volgende insluit: Help met die strategie van wyse finansiële betrokkenheid by ʼn sending of sendeling. Lees gerus boeke hieroor Woon seminare by wat oor finansiële sake handel om jouself te bemagtig Stuur self gereeld jou bydrae Motiveer vindingryk ander gelowiges om hulle sakke te skud vir sending Organiseer ander om betrokke te raak by fondswerwing 4. Gebedsondersteuning Dit is seker nie nodig om die noodsaak te beklemtoon van gebed vir sendelinge nie. Dink maar aan ʼn Paulus wat die gemeente in Efese opgeroep het om vir hom, as die groot sendeling, te bid; Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig (Efesiërs 6:19-20). Luister hoe mooi stel Neal Pirolo die rol van intersessie gebed: Gebed transendeer die dimensies van tyd en ruimte en begelei ons in die troonkamer van God, waar ons aanbid, versoek en pleit en intree vir ander in daardie geestelike ryk van die ewige nou Gebed is soms Halleluja (Psalm 150). Dit is soms om God te vertel van die detail van ons behoeftes (Filippense 4: 6). Dit gebeur soms deur harde kniewerk te doen en onuitspreeklike 4

versugtinge te uiter (Romeine 8:26). Dit is die gebed van 'n sendende kerk wat die krag vrystel deur Sy boodskappers in China, Afrika, Europa, Latyns- en Noord-Amerika. Gebed is die arena van geestelike oorlogvoering. Diegene wat regtig betrokke raak by intersessie kom in aanraking met 'n wêreld in nood. Diegene wat deel word van geestelike oorlogvoering weet van swaarkry en letsels, maar weet ook van die heerlikheid van deurbrake en oorwinnings in die stryd. Gebed is waar die aksie is dit behels die ondersteuning en die instandhouding van die bedieninge en mense aan die voorpunt van die loopgrawe op al die sendingvelde van die wêreld (My vertaling). Kom ons begin regtig wyslik bid vir die sendingvelde en die werkers! Waarvoor behoort daar veral gebid word? Die aanleer van ʼn nuwe taal en die aanpas by ʼn nuwe kultuur, klimaat ens. Ouers en familie se onrus oor hul sendingkinders, hulle behuising, kinders se opvoeding, verskil in lewensstandaarde ens. Eensaamheid, huissiekheid en gebrek aan fellowship met ou vriende Interpersoonlike verhoudings op die sendingveld en finansiële afhanklikheid Die funksionering van elektrisiteit, rekenaars, internet, drukkers ens. Die gebrek aan sigbare resultate in die bediening Die nasionale Christene wat bedien word Bid vir die sendelinge se stabiliteit, wysheid, deernis, selfdissipline, dapperheid, liefde, vervulling van die Gees en wat nog 5. Kommunikasie ondersteuning Dink hier aan Paulus wat aan die gemeente in Filippi skryf: Ek hoop om, as die Here Jesus wil, binnekort vir Timoteus na julle te stuur. Dit sal my goeddoen as ek weet hoe dit met julle gaan. (Filippense 2:19). Een van die tragieste dinge op die sendingveld is as die sendende kerk kontak verloor met sy sendelinge. Hou die kommunikasie tussen die sendelinge en hulle uitstuurgroepe warm deur persoonlike briewe, Nuusbriewe, telefoonoproepe, Skype, WattsApps, ens. As dit kan gaan besoek die sendeling op die sendingveld so belangrik! En as dit kan stuur op sekere tye persentjies (veral sjokolade en biltong!) 6. Terugkeer ondersteuning Dit is bad as jy na al die jare in die sendingveld by die huis kom en daar is niemand om jou te ontvang nie! Niemand wat regtig belangstel of jy finansieel die mas sal opkom, of jy goeie behuising het en of jy goed gaan inskakel by jou nuwe omgewing nie. Sleg as jy terugkeer en daar is niemand van jou sturende gemeente/ organisasie of sinode wat jou verwelkom en gereed is om jou te begelei 5

nie. Die ergste is as jy terugkom en niemand stel meer belang in jou stories of jou preke nie! Ons het bietjie daarvan aan ons eie lywe gevoel Mense wat weet sê dat mens moet bedag wees op die volgende by transkulturele sendelinge wat terugkeer: Party onttrek hulle van die beskawing. Ander begin maklik die kerk, kultuur en geestelike louheid van hul eie land oormatig te kritiseer. Ander raak te vinnig weer betrokke by allerlei goed nie noodwendig wat God vir hulle wil nie. Ja, en dan is daar die wat in depressie verval en selfs selfmoord pleeg Nee, help die sendelinge om te integreer op die korttermyn maar ook op die langtermyn. Toe Paulus en Barnabas terugkeer van hulle sendingreise na Antiogië en Sirië lees ons By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaar geroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy ook vir die nie-jode die deur na die geloof oopgemaak het. Hulle het ʼn geruime tyd daar saam met die gelowiges deurgebring... (Handelinge 14:27,28). Laat ons nie vergeet hoekom ons na alles betrokke moet raak by sending en sendelinge nie: Dit is dus ons plig om sulke mense te ondersteun waar ons ook al kan want op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei. Jy word so deel van ʼn wenspan wat orals die Blye Boodskap verkondig! Wow! Is dit nie genoeg rede om betrokke te raak nie? Raak dan betrokke by ʼn sendeling of sendingveld sodat jy ook kan hoor: Jy doen goed deur hierdie mense op hulle sendingreise voort te help soos God dit wil hê ek is seker dat Sy hand van tevredenheid op jou skouers sal rus... Cristo acima de tudo! Christus bo alles! Kruger du Preez (Februarie 2016) 6