GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Kerk Kry Moeilikheid

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Anglo-Boereoorlog *

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Petrus en die Krag van Gebed

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Empathy Ouerhandleiding

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

God se Woord. God se Wil

Godsdiensvryheid in die huidige onderwysbeleid van Suid Afrika: 'n Christelik- etiese beoordeling

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Dawid die Skaapwagter

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Josua - van jongs af n leier

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Daar is konflik in die gemeente

Kerk en staat: Die optimum verhouding vir godsdiensvryheid

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Seisoen van die Gees

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

BYBELS-GESONDE GESINNE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Besprekingsvrae vir selgroepe

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Weet wat jou reg op voedsel is en hoe om dit op te eis. Tweede uitgawe

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

GESONDE EETGEWOONTES *

DIE AA NDBOODSKA PPER

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Geologiese Kaart Van Die Republiek Van Suid-Afrika En Die Koninkryke Van Lesotho En Swaziland = Geological Map Of The Republic Of South Africa And

GEBED VIR KERKLEIERS

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

My liewe broers en susters, ek

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Verwerking van die Sake van Jou Hart

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Transcription:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

Religiestudies/V1 2 DBE/November 2014 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 D of B (1) 1.1.2 A (1) 1.1.3 D (1) 1.1.4 A (1) 1.1.5 B (1) 1.1.6 B of D (1) 1.1.7. B (1) 1.1.8 A (1) 1.1.9. D (1) 1.1.10 B (1) 1.2 1.2.1 C of F (1) 1.2.2 G (1) 1.2.3 D (1) 1.2.4 B (1) 1.2.5 E (1) Let Wel: Krediteer die kandidaat indien die antwoord voluit geskryf is i.p.v. slegs die korresponderende letter. 1.3 1.3.1 Kanon (1) 1.3.2 Begeertes/wense/lyding (1) 1.3.3 Sekularisme/Sekulệr/Sekulêre humanisme (1) 1.3.4 Hermeneutiek/Hermeneutiese beginsels/skriftuurlike interpretasie (1) 1.3.5 Lao-tzu /Lao/Tzu (1) Let Wel: Verkeerde spelling mag nie gepenaliseer word nie. 1.4 1.4.1 Dit is 'n Christelike beweging om eenheid onder Christelike denominasies te kweek. Die Wêreldraad van Kerke is 'n direkte uitvloeisel van die Ekumeniese beweging. Dit is n poging om die eenheid van die Christelike Kerk te hervestig (2) 1.4.2 Fundamentalisme is 'n selektiewe interpretasie van godsdienstige leringe. Dit is ook konserwatief,/letterlik en meng geselekteerde elemente van die moderne samelewing om sodoende die belange van 'n sekere godsdienstige groep in 'n godsdiens te bevorder. Fundamentaliste is gekant teen verandering (2) 1.4.3 Dit is 'n Christelike hervormingsbeweging. wat deur 'n Duitse monnik met die naam Martin Luther begin is. Die protes was teen die misbruik van mag deur die Katolieke Kerk.Onfeilbaarheid van die Pous Dit is n vertakking van die Christendom (2) 1.4.4 Dit is die twee teenoorgestelde magte in Tao-filosofie waaruit al die prosesse van die heelal bestaan. bv. goed en kwaad (2)

Religiestudies/V1 3 DBE/November 2014 1.4.5 Die Dalai Lama is die spirituele leier van Tibettaanse Boeddhisme. Daar word geglo dat die Lama as 'n Boeddha gereïnkarneer word. Hy is lank in ballingskap (2) Let Wel: Bewoording met dieselfde betekenis as die memorandum moet gekrediteer word. 1.5 1.5.1 Jesus/ Dawid (2) 1.5.2 Kaste/Stand/Modimo (2) 1.5.3 Taoïsme (2) 1.5.4 Afrika Tradisionele Godsdiens (2) 1.5.5 Tripitaka (2) 1.6 1.6.1 ONWAAR. Dit is 'n versameling Hadith/leringe van die Profeet Mohammed. (2) 1.6.2 ONWAAR. Die opperwese word Zimu/Modimo/Qamata, ens. genoem. Ilimo is gemeenskaps diens (2) 1.6.3 WAAR (2) 1.6.4 ONWAAR. In Afrika Tradisionele Godsdiens word die voorvaders vereer. (2) 1.6.5 ONWAAR Baha'u'llah het sy oudste seun, Abdul Baha, as sy opvolger en leier van die Baha'i-geloof aangewys. (2) TOTAAL AFDELING A: 50

Religiestudies/V1 4 DBE/November 2014 AFDELING B LET WEL: In hierdie afdeling tel elke kolpunt ('bullet') TWEE punte. VRAAG 2 2.1 In 2012 is 'n kort film met die naam Innocence of Muslims op YouTube vrygestel. Dit was 'n aanval op die karakter van die Profeet Mohammed. Dit het in baie Moslemlande tot gewelddadige betogings gelei. Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en befonds is. Later is uitgevind dat dit deur 'n Koptiese Christen wat in die VSA woon, gemaak is. Dit is deur 'n Christelike maatskappy met die naam 'Media for Christ' befonds. Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en Moslems gelei. Media moet sensitief, onpartydig en objektief wees (12) LET WEL: Enige ander voorbeelde van aanvalle op godsdiens in die sosiale media moet aanvaar word. n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien n kandidaat slegs n paar voorbeelde as antwoord verskaf het. 2.2 Sosialemedia-maatskappye het 'n beleid wat godsdienstige beledigings verbied. Dit moet ernstige sanksies teen rekeninghouers wees wat die media misbruik (bv. vries die rekening, rapporteer aan die owerhede, ens.) Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosialemediamaatskappye vorm en boodskappe wat beledigend kan wees, monitor. Anonieme boodskappe wat enige godsdiens beledig, moet uitgevee word. (8) LET WEL: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word. 2.3 Uitgewers/Redakteurs besluit watter gebeure nuuswaardig is. Hulle bepaal ook hoe belangrik die gebeure is. Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie, omdat dit hul wins kan laat daal. Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig. Dus geniet kontroversiële sake meer aandag as suksesvolle gebeure. Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al hierdie afsetpunte sal dieselfde opinie weergee. Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs almal oor 'n saak saamstem, terwyl dit in werklikheid slegs die opinie van een mediahuis is. Let Wel: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word. (10)

Religiestudies/V1 5 DBE/November 2014 2.4. Een voorbeeld hiervan is die staatsbeheerde SAUK. Die SAUK se radio- en televisieprogramme bevorder die beginsel van godsdienstige verdraagsaamheid, soos in die Suid-Afrikaanse Grondwet vervat is. Voorbeelde van sulke programme is 'Issues of Faith' en die daaglikse oggendgebede. Ander media het ander mandate oor verskillende godsdienste. Bv. The Hindu, wat 'n pro-hindoe-koerant is, het in 2006 nie kommentaar gelewer oor die 'Profeet Mohammed-spotprente' nie. Dit is egter uitgesproke oor sake rakende Hindoe-waardes. 'n Duitse koerant, Die Welt, het gesê dat Moslems sulke spotprente moet aanvaar, soos wat ander godsdienste dit oor hulle stigters aanvaar. In die Soedanese konflik het die Westerse media die oorlog as konflik tussen die Moslem-noorde en die Christen-suide beskryf. Eintlik wat die oorlog nie godsdienstig nie, maar eerder ekonomies, met Moslems aan beide kante. Dit blyk duidelik uit die feit dat daar steeds gewapende konflik in Suid- Soedan is, selfs na hul onafhanklikheid van Soedan. Die mediadekking oor die Katolieke Kerk handel die afgelope jare meestal oor kindermishandeling deur geestelike leiers. Die positiewe bydraes van die kerk word geïgnoreer. Plaaslike media soos Isolezwe en Ilanga kies kante in hul dekking oor die interne verskille in die Nasaret Baptistekerk (Shembe). Hulle is ten gunste van die Ebuhleni-faksie, en ignoreer nuwer faksies. Daarteenoor gee Radio Ukhozi, wat meestal stedelike luisteraars het, gereeld dekking aan die nuwe Christelike faksie. Dit gee min of geen dekking aan die Ebuhleni-faksie nie. LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde van vooroordeel in die media rakende godsdienstige sake moet aanvaar word. (20) [50] VRAAG 3 3.1 Godsdiensvryheid verwys na 'n situasie waar verskillende godsdienste vry is om hul godsdiens uit te leef. Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie. Die godsdienstige regte van ander moet egter te all tye gerespekteer word. Godsdiensbeoefening kan by enige staatsinstelling plaasvind, mits dit op gelyke basis gebeur. Bywoning moet vry en vrywillig wees. Persone wat aan 'n godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg om dit te geniet om hul godsdiens uit te leef en om godsdienstige verhoudinge met ander organe in die privaat samelewing te handhaaf. (4)

Religiestudies/V1 6 DBE/November 2014 3.2 Oosterse idee Die Oosterse idee van godsdienstige verdraagsaamheid beteken dat 'n persoon meer as een godsdiens op 'n keer kan beoefen. In Japan is 'n groot deel van die bevolking beide Boeddhiste en Shinto's. Dit is omdat alle Oosterse gelowe 'n gemeenskaplike oortuiging deel waarvolgens die natuur vol spirituele wesens is. Die meeste Oosterse godsdienste het ook nie sterk evangelistiese/sending of propaganda-neigings nie. Geforseerde dialoog is nie 'n gemeenskaplike doelwit in Oosterse godsdienste nie. In die Ooste beteken verdraagsaamheid nie dat mense gedwing word om slegs een godsdiens te volg nie. Westerse idee Die Westerse idee van godsdienstige verdraagsaamheid fokus op die individuele vryheid om hul geloof te kies, idees uit te druk, en om geloofsgroepe te vorm. Hulle mag egter nie op die vryheid en regte van ander inbraak maak nie. Dit beteken dat mense toegelaat word om 'n godsdiens van hul keuse te volg. Westerse godsdienste het 'n unieke identiteit en is nie verdraagsaam teenoor sinkretisme nie. LET WEL: Kandidate moet punte kry vir geldige punte. n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien die antwoord nie die verskille tussen die Oosterse en Westerse idees aanspreek nie (12) 3.3 Alle kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en daaraan deel te neem. Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en oop vir enigeen. Heilige dae van alle godsdienste sal gelyk behandel word. Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word. LET WEL: Enige geldige punt wat ooreenstem met die Grondwet van Suid-Afrika en wat godsdiensvryheid en -verdraagsaamheid bevorder, moet aanvaar word. (8) 3.4 Tydens die Apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as staatsgodsdiens aanvaar./die Christendom was die dominante godsdiens. Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid. Staatsfondse is slegs gebruik om die salarisse van Christen-leraars te betaal. In 'n demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status. Religiestudies is 'n NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer. Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens fokus, vervang. Die vryheid van godsdienste is in ons Grondwet vervat.

Religiestudies/V1 7 DBE/November 2014 By alle staats- en amptelike openinge is gebede universeel of multigodsdienstig van aard. (14) LET WEL: Kandidate moet punte kry vir soortgelyke, geldige punte. 3.5 3.5.1 Judaïsme Gelukkig is diegene wat geregtigheid handhaaf en te alle tye regverdig optree. (Tehillim/Psalm 106:3) Wanneer 'n vreemdeling in jou land woon, moet jy hom nie sleg behandel nie (Levitikus 19:33) Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskep nie? (Maleagi 2:19) Boeddhisme Hulle bevorder 'n gedeelde menslikheid. Daar is 'n gedeelde begeerte om geluk te ervaar en lyding te vermy. Mense moet nie moord pleeg of moord veroorsaak nie. (6) LET WEL: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste moet aanvaar word. 3.5.2 Judaïsme God gee om vir die onderdruktes en wil hê sy volk moet geregtigheid na die wêreld bring. Dit beteken dat die Jode enige vorm van rassisme moet stop. Die vreemdeling wat tussen julle woon moet soos een wat tussen julle gebore is, behandel word. Hulle moet almal broers en susters wees. Die Tanag leer dat Jode spesiale opdrag van God ontvang het om God se wet na die res van die mensdom te bring en om rasseharmonie te bevorder. Boeddhisme Boeddhisme beskou geboorte as 'n mens as raar en baie waardevol, omdat mens as so baie ander dinge gebore kan word, maar menswees die enigste staat is waar verligting moontlik is. Boeddhisme beweer dat diegene wat die Boeddhistiese pad volg, gelukkig is (die vier eerbare waarhede). Omdat Boeddhisme die bose as die gevolg van onkunde beskou, beweer dit dat die bose met kennis verslaan kan word. Om hierdie kennis te verwerf, skryf Boeddhisme meditasie voor. Karma beteken aksie 'n daad of 'n plan van aksie waarop besluit word en wat vrylik deur 'n individu uitgevoer word. In die tweede plek beteken karma die gevolge van aksies. (6) Let Wel: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste moet gekrediteer word. [50]

Religiestudies/V1 8 DBE/November 2014 VRAAG 4 4.1 4.1.1 Mite Bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal. Mites is nie feitelike verhale nie, maar word gebruik om spirituele waarhede oor te dra. Hulle onthul die diepste waarhede oor die skepping, lewe en die dood. 'n Gewilde Xhosa-mite is 'Die koning van die Waters'. Dit handel oor die kragtige magte van die natuur (bv. siklone). Dit beklemtoon ook hoe belangrik 'n mense te familie is, omdat hulle die eerste is om in geval van 'n ramp ondersteuning te bied. Abrahamitiese verduidelikings van Adam en Eva kan as 'n mite beskou word wat Kreasionisme verduidelik. Dit is vir mense wat die skrifte nie letterlik interpreteer nie. LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word. 4.1.2 Geloof/Oortuiging Dit beteken wat die volgelinge beweer die waarheid is. Geloof/Oortuiging vorm die fondasie wat mense tot 'n gemeenskaplike doel saamsnoer en help om 'n gedeelde identiteit te skep. Geloof/Oortuiging beteken 'n ferm opinie, bv. volgens Islam is daar geen ander god behalwe Allah nie en Mohammed is sy profeet. Geloof/Oortuiging verwys oor na die aanvaarding van 'n ding, feit, stelling, lering, ensovoorts. Geloof kan ook as 'n sinoniem vir godsdiens gebruik word, byvoorbeeld die Joodse geloof. (6) (6) LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word. 4.2 VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS Dit bevorder die waarde van Ubuntu. Dit is 'n stamgebaseerde godsdiens. Die gemeenskaplike leefwyse is belangrik. Daar is verering van voorvaders. Lewe na die dood behels nie vergoeding of straf nie. OF VOORBEELD: ISLAM Daar word geglo dat daar slegs een God met die naam Allah is. Hulle glo dat God verskeie profete gestuur het, maar dat die Profeet Mohammed die finale boodskapper was. Hulle glo dat die Koran in die Arabiese taal geopenbaar is en dat dit in Arabies gelees moet word. Hulle leefwyse is baie dieselfde as hulle godsdiens. Hulle primêre bronne is die Koran en die Hadith. (8)

Religiestudies/V1 9 DBE/November 2014 4.3 VOORBEELD 1: KONFLIK IN DARFOER/SOEDAN 4.3.1 Die verdeeldheid in die Darfoerse gemeenskap bestaan reeds meer as 100 jaar. Die twee hoofoorsake van die verdeeldheid is etnies en kultureel. Dit lyk nie asof godsdiens self 'n radikale bron van verdeeldheid is nie. Die meeste mense in die gebied is Sunni-Moslems, alhoewel daar ook 'n aantal Afrika-tradisionaliste is. Daar is ook Christene. Deur die eeue het nomadiese groepe en boere 'n manier gevind om saam te leef. Darfoer was die middelpunt van die slawehandel in Noordoos- Afrika en vyandigheid duur voort (10) 4.3.2 In 2005 het Suid-Afrika 'n vredesooreenkoms tussen die Noorden Suid-Soedan beding. Konflik het egter voortgeduur. 'n Referendum, wat deur die VN ondersteun is, het in 2011 op 'n verdeling van die Suide besluit. Die vreedsame verhouding tussen Kartoem en Juba het nie lank geduur nie. Die konflik duur voort, en die hoofkwessie is tans die Hegligolievelde. Etniese en stamkonflik duur voort in Suid-Soedan. As gevolg hiervan ondervind Suid-Darfoer 'n groot humanitêre krisis. (10) 4.3.3 Die meeste mense wat by die konflik betrokke is, is Sunni- Moslems. Godsdienstige hulporganisasies soos die 'Islamic Relief Agency' en die 'Catholic Agency for Overseas Development' fokus op praktiese hulp. Hulle verskaf boumateriaal en mediese bystand. Hulle bou en herstel klinieke en skole. Hulle verskaf kos. Hulle lei ook die plaaslike gemeenskappe op in lewensvaardighede. Hierdie organisasies is nie in staat om 'n rol te speel om die konflik te stop nie. Daar is 'n mate van koördinasie wat tussen hierdie organisasies plaasvind. (10) OF

Religiestudies/V1 10 DBE/November 2014 VOORBEELD 2: UGANDA 4.3.1 Uganda het as gevolg van 'n swak sentrale regering onder verskeie streekskonflikte gely. Die ekonomie het verswak as gevolg van gevegte op die grense met Kenia en Soedan. Die terroristegroep wat die 'Lord's Resistance Army' genoem word, is in 1985 gevorm om die regering aan te val. Die stigter was Joseph Kony, 'n fundamentalistiese Christen. Hierdie groep wou probeer om 'n regering te vestig wat op die Bybelse Tien Gebooie gegrond is. Die groep was bedrywig in Uganda, die DRK en Suid- Soedan. Die terreurgroep het burgerlikes aangeval en die kinders ontvoer. (10) 4.3.2 Op verskeie maniere het Uganda 'n Afrika-suksesstorie geword. Dit het die stryd teen MIV en Vigs begin wen. Dit het 'n groeiende ekonomie. Die LRA bly egter 'n bedreiging vir Uganda se politieke stabiliteit. Die Internasionale Strafregtelike Hof het 'n lasbrief vir Kony en sy leierskap se inhegtenisname uitgereik. Die LRA onderhandel tans om aan die Uganda-regering oor te gee. Die groep ontvoer ook kinders om in hul gewapende magte te dien. Daar is gerugte dat die LRA die krisis in die Sentraal Afrikaanse Republiek uitbuit. (10) 4.3.3 Dit is duidelik dat die LRA op Christelike filosofieë gebaseer is. Hulle het egter 'n fundamentalistiese interpretasie van die Skrif. Hulle verbreek self die gebod wat sê: 'Jy mag nie moord pleeg nie', omdat hulle van massamoord verdink word. Organisasies soos die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika ('African Council of Religious Leaders') (ACRL) het die LRA veroordeel. Die hoofrol word uitgedruk in die skepping van hulporganisasies, eerder as politiek. Hulle help mense om hulle lewens te herbou deur basiese hulpbronne soos kos, water en skuiling te verskaf. Dit word in samewerking met die Verenigde Nasies gedoen. (10) [50]

Religiestudies/V1 11 DBE/November 2014 VRAAG 5 5.1 JA Sendelinge het saam met koloniale magte en owerhede gewerk om grond te bekom. Hulle het die plaaslike mense as goedkoop arbeid gebruik. Hulle het nie die godsdienste van inheemse mense gerespekteer nie, maar Christendom afgedwing deur wrede metodes te gebruik. Hulle het die inheemse kultuur, soos poligamie en gemeenskaplike eienaarskap van grond, geïgnoreer. Hulle het die kultuur en taal van die verdrukkers bekendgestel. Afrikane is Westerse name gegee en gedwing om Westerse klere aan te trek. Mense is van hul geboortereg ontneem. Mense wat nie na Christendom bekeer het nie, is primitiewe sondaars genoem. OF NEE Sendelinge het formele onderrig ingestel. Hulle het geletterdheid aan inheemse mense gebring. Hulle het skole gestig en ondersteun. Hulle het die inheemse tale op skrif gestel. Hulle het gesondheidsorg aan Afrikane voorsien. Hulle het infrastruktuur soos paaie en kommunikasiestelsels in hul kolonies ontwikkel. Sommige het liedere en bewegings wat elemente van Afrika-kultuur bevat, in hul kerkdienste verwelkom. Hulle het produktiewe boerderymetodes ingestel. (16) LET WEL: Ander geldige punte moet aanvaar word. LET WEL: Geen punte sal vir slegs 'Ja' of 'Nee' gegee word nie. 5.2 Bevorder die evangelie in 'n intergodsdienstige omgewing. Bevorder konstruktiewe dialoog met 'Muslims for Peace'. (2) 5.3 5.3.1 Die Wêreldraad van Kerke Die WRK moedig samewerking tussen die verskillende godsdienstradisies aan. Dit doen aktief stappe om vooroordeel, verdraaiing en onsensitiwiteit reg te stel. Dit moedig dialoog met mense van verskillende gelowe aan. Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP) Konflikoplossing en versoening. Ontwapening en sekuriteit. Ontwikkeling en ekologie. Menseregte en pligte. Die Wêreldparlement van Godsdiens Intergodsdienstige onderrig om respek vir mense van verskillende godsdienste aan te moedig. Hulle fokus op die regstelling van vooroordeel en onverdraagsaamheid.

Religiestudies/V1 12 DBE/November 2014 5.3.2 Geweldlose kommunikasie en konflikoplossing. Omgewing- en ontwikkelingsonderrig om bewustheid te kweek van waarom dit belangrik is om die Aarde en sy hulpbronne vir almal te bewaar. Die Wêreldraad van Kerke In 1979 het hulle twee boeke, Guidelines on Dialogue with People of Living Faiths and Ideologies en My Neighbour's Faith and Mine gepubliseer. Die WRK het teologiese ontdekkings gemaak deur dialoog tussen verskillende denominasies. Mense van verskillende gelowe kan nou saam aanbidding doen en bid. Daar is samewerking tussen godsdienste in baie lande vandag. Baie van die WRK se projekte is aaneenlopende projekte in die wêreld en is suksesvol. Dit blyk duidelik uit die groot groep volgelinge wat die WRK het. Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP) Die Suid-Afrikaanse tak, wat deur persone soos Frank Chikane en Desmond Tutu gelei is, het 'n belangrike rol in die 1980's en 1990's gespeel, maar het verswak, hoofsaaklik as gevolg van 'n gebrek aan befondsing. Die tak in KwaZulu-Natal funksioneer steeds, omdat hulle die godsdienstige gemeenskappe aanmoedig om in die verkiesing van 2006 te stem. Hulle het ook, saam met die Eenheid vir Gesondheidsonderrig en VIGS-navorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n MIV/Vigs- intergodsdienstige forum gestig. Die bydrae van hierdie organisasie word regoor die wêreld erken. In Europa het die algemene sekretaris 'n verklaring uitgereik oor die huidige konflik in Israel en Libanon wat die huidige konflik veroordeel. Daar was ook 'n sterk intergodsdienstige reaksie op die publisering van spotprente wat vir Moslems beledigend was. Die werk vir hierdie organisasie is regoor die wêreld suksesvol. Die Wêreldparlement van Godsdiens Hulle het daarin geslaag om 8 000 handtekeninge van mense uit verskillende godsdienste te kry wat hulleself verbind het om vir vrede te werk. Hulle het saam met verskillende regerings van die wêreld gewerk om interne en internasionale skuld te verminder. Hulle het mense gehelp om toegang tot veilige, skoon water te kry. Hulle reageer op vlugtelinge se nood. Hulle moedig intergodsdienstige dialoog aan in lande wat deur godsdienstige en politieke konflik geraak word. Let Wel: Enige ander soortgelyke voorbeelde moet gekrediteer word. (12) (20) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150