Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Kerk Kry Moeilikheid

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Petrus en die Krag van Gebed

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Petrus en die Krag van Gebed

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Die Anglo-Boereoorlog *

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Empathy Ouerhandleiding

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Josua - van jongs af n leier

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Dawid die Skaapwagter

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Antieke medisyne uit Afrika en Europa

Seisoen van die Gees

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

God se Woord. God se Wil

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Een. Geloof in aksie

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2011

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

WYSHEID TEENOOR GELOOF

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

Transcription:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education *5425933363* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2014 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die werk wat jy inhandig. Skryf met n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van n vraag gegee. This document consists of 17 printed pages and 3 blank pages. DC (RW) 89067/4 [Turn over

2 Oefening 1 Lees die volgende teks. Beantwoord daarna die vrae op bladsy 3. Smaaklike uitvindings Kondensmelk Nadat jong passasiers op ʼn seereis baie siek geword het omdat hulle melk van ʼn lae kwaliteit gedrink het, het Gail Borden besluit om melk te kondenseer. In 1864 is die New York Condensed Milk Company gestig. Die Amerikaanse regering was so beïndruk met die kwaliteit van die produk dat hulle gekondenseerde melk vir die soldate in die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Ná die oorlog het die soldate vir almal van kondensmelk vertel. Toe het kondensmelk ʼn huishoudelike produk geword. Coca-Cola Eers was dié koeldrank ʼn soort wyn met die lang naam Pemberton s French Wine Coca. Later het die uitvinder John Pemberton die drankie aangepas en toe is Coca-Cola gebore. Pemberton het geglo dat Coca-Cola hoofpyn en stres kon verlig! Die resep van die natuurlike bestanddele in Coca-Cola bly egter ʼn geheim. Die oorspronklike formule word in ʼn bank se kluis in Atlanta, Amerika gehou. Daar is net twee mense wat die resep ken. En elkeen ken net die helfte daarvan! Pizza Pizza het in Italië ontstaan. Dit was oorspronklik ʼn tamatietert. Later het die Italianers kaas bygevoeg. Daar word gesê koning Ferdinand I het homself as ʼn gewone burger vermom om pizza in die arm woonbuurt van Napels te gaan eet, want sy vrou het pizza in die paleis verban! In 1889 het koningin Margherita Napels besoek en ʼn spesiale pizza is aan haar bedien. Dit het die kleure van die Italiaanse vlag gehad: rooi (tamatie), wit (mozzarellakaas) en groen (basiliekruid). Hierdie pizza staan vandag nog bekend as ʼn Margherita! (Uit: Hoezit, Februarie 2011)

3 1 Wat het passasiers tydens die seereis siek gemaak?...[1] 2 Waarom het die Amerikaanse regering gekondenseerde melk vir soldate gegee?...[1] 3 Hoe verskil die Coca-Cola van vandag van die oorspronklike drankie?...[2] 4 Waaruit is dit duidelik dat Coca-Cola se resep ʼn groot geheim is? Noem twee bewyse. (i)......[1] (ii)......[1] 5 Hoe weet ons dat koning Ferdinand baie lief vir pizza was?...[1] 6 Hoe het die pizza gelyk wat vir koningin Margherita gemaak is?...[1] [Totaal: 8] [Turn over

4 Oefening 2 Die Departement van Kuns en Kultuur wil inligting insamel oor die kulturele aktiwiteite waaraan tieners deelneem. Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. Laura Louw is in graad 10 aan die Hoërskool Groenkloof. Haar skool se adres is Kloofstraat 25, Groenkloof, 0181. Die skool se e-posadres is hsgroenkloof@school.org.za en die telefoonnommer is 012 346 8960. Laura het pas sestien geword en is op 1 September 1998 gebore. Haar adres is Groenstraat 17, Groenkloof, 0181. Haar huistelefoonnommer is 021 346 4478 en haar selfoonnommer is 073 323 7602. Haar e-posadres is Laura100@gmail.com. Laura is nog haar hele lewe lank dol oor musiek. Sy hou baie daarvan om in die skoolkoor te sing. Die koor gaan aan die einde van die jaar in Duitsland toer en oefen nou twee dae per week. Tot verlede jaar het Laura kuns as vak geneem en dit baie geniet. Nou behoort sy aan die skool se kunsvereniging en hulle kom weekliks bymekaar om te verf. Laura se ma gee dansklasse en sy het al vir Laura probeer oorreed om moderne dans te doen, maar die klasse vind op ʼn Woensdag plaas en dan is Laura met ander goed besig. Die een ding wat baie van Laura se vrye tyd in beslag neem, is haar dramaklasse. Sy neem dit by ʼn dramasentrum in die stad. Vroeg volgende jaar voer hulle die drama Siener in die suburbs op en het op die oomblik elke Woensdag en Vrydag repetisies. Dit is vir Laura wonderlik om saam met uitstekende toneelspelers te werk. Sy wil graag na skool drama studeer.

5 Vul asseblief die vorm in. Deelname aan kulturele aktiwiteite Opname Laura Louw Naam:... Hoërskool Groenkloof Naam van skool:... Graad:... Persoonlike besonderhede: Geboortedatum:... Adres:..., Groenkloof, 0181 073 323 7602 Telefoonnommer:... E-posadres:... Maak ʼn regmerkie by die gepaste opsie(s): Ek neem aan die volgende aktiwiteite by die skool deel: dans musiek drama ander... Ek is by kulturele aktiwiteite by die skool betrokke: 1 tot 2 dae ʼn week 5 tot 6 dae ʼn week 3 tot 4 dae ʼn week 7 dae ʼn week Ek neem aan die volgende kulturele aktiwiteite in my vrye tyd deel (vul in):... Ek is by kulturele aktiwiteite in my vrye tyd betrokke: 1 tot 2 dae ʼn week 5 tot 6 dae ʼn week 3 tot 4 dae ʼn week 7 dae ʼn week [Totaal: 9] [Turn over

6 Oefening 3 Lees die teks oor dinosourusse en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Dinosourusse in Suid-Afrika Die oudste dinosourus-eiers wat nog ooit gevind is, is lank gelede in Suid-Afrika gelê. Hierdie inligting is onlangs deur wetenskaplikes bekendgemaak. En dit is nie al nie. Geleerdes sê die baba-dinosourusse wat uit daardie eiers gekom het, was heel moontlik baie soos menslike babas. Hulle het aan die begin nie tande gehad nie. Hierdie baba-dinosourusse het ook heel moontlik eers op vier pote gekruip voordat hulle geleer het om soos hul ouers op hul twee agterpote rond te beweeg. Dit beteken hulle ouers moes vir hulle sorg om hulle groot te kry. Die ma-dinosouriër het haar kleintjies dus nie soos klein akkedissies net aan hulleself oorgelaat nie. Ses gefossileerde dinosourus-embrio s is in 1978 in Suid-Afrika gevind. Hierdie embrio s is in versteende lawa ontdek. Die embrio s is tydens padbouwerke in die Oos-Vrystaat gevind. Die fossiele is egter so broos dat argeoloë lank nie die eiers wou oopkap nie. Elkeen van hierdie ses witterige eiers is effens ronder as hoendereiers en slegs ongeveer vyf sentimeter lank. Hulle is by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg uitgestal. Onlangs het ʼn span wetenskaplikes egter besluit om twee van die ses dinosourus-eiers met die nuutste gereedskap onder kragtige mikroskope oop te maak. Hierna het hulle die wêreld met hul interessante feite verras. Navorsers het twee volmaak gevormde embrio tjies in die eiers gevind. Hierdie soort dinosourus was ʼn langnek-plantvreter wat ongeveer 183 miljoen jaar gelede voorgekom het. Hy het op sy twee groot agterpote rondbeweeg om sy kos van plante af te kry. Dié dinosourus was omtrent vier meter lank van sy stert se punt tot by sy snoet en het omtrent 230 kilogram geweeg. Die dinosourus-kleintjies was aanvanklik baie kleiner. Die navorsers dink dat die kleintjies se groot koppe te swaar was vir hulle om sommerso regop te staan pas nadat hulle gebore is. Daarom het die kleintjies net soos mense eers rondgekruip. Die leier van die navorsingspan sê daar is geen ander gewerwelde dier wat eers kruip voor hy loop nie behalwe miskien mense wat ook baie afhanklik is van ons ouers nadat ons gebore is! Dit lyk verder of die eierdoppe nie hard was soos baie ander dinosourus-eiers nie, maar sag en leeragtig soos die eiers van hedendaagse reptiele soos akkedisse en slange. Geld vir hierdie navorsingsprojek is gegee deur die Universiteit van Toronto, die Natural Sciences and Engineering Council van Kanada, die National Geographic Society en die Paleo-Antropologiese Wetenskaptrust van Suid-Afrika. [Uit: Mieliestronk]

7 Jy gaan ʼn kort praatjie oor dinosourusse in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Dinosourusse in Suid-Afrika (a) Wanneer, hoe en waar die dinosourus-embrio s in Suid-Afrika ontdek is: Wanneer: In 1978 Hoe:...[1] Waar:...[1] (b) Ooreenkomste tussen baba-dinosourusse en menslike babas:...[1]...[1]...[1] (c) Kenmerke van volwasse dinosourusse van hierdie soort:...[1]...[1]...[1] [Totaal: 8] [Turn over

8 Oefening 4 Gebruik die teks oor dinosourusse en skryf ʼn opsomming oor navorsing oor dinosourusse in Suid-Afrika. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. [Totaal: 5]

9 BLAAI OM VIR OEFENING 5 [Turn over

10 Oefening 5 Jy het ʼn uitstekende film gesien. Skryf ʼn brief waarin jy ʼn goeie maat daarvan vertel en wil oorreed om ook na die film te kyk. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: Wat is die naam en ander besonderhede van die film? Watter aspekte daarvan het jy baie geniet? Waarom dink jy sal jou maat ook daarvan hou? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

11 [Totaal: 15] [Turn over

12 Oefening 6 Die volgende teks handel oor die skrywer Alexander McCall Smith. Lees dit aandagtig en beantwoord dan die vrae op bladsy 13. Botswana se vrouespeurder Alexander McCall Smith se hipergewilde boeke oor Botswana se voorste vrouespeuragentskap is internasionale topverkopers. Die suksesvolle vrouespeurder Mma Precious Ramotswe is die hoofkarakter van die reeks. Sedert 1998 het meer as tien boeke in die reeks verskyn. Hoe het jy op die storie van Mma Ramotswe en Botswana gekom? Ek het in Afrika rondgereis en in verskeie Afrika-lande gewerk. So het ek die vasteland baie goed leer ken. Later het ek gehelp om ʼn regsprogram aan die Universiteit van Gaborone in Botswana saam te stel en sedertdien besoek ek die land elke jaar. Op een van my besoeke het ek ʼn vrou met ʼn rooi rok gesien wat ʼn hoender in haar erf jaag. Dié vrou het my met haar vrolike houding geraak en ek het geweet dat ek ʼn kort storie oor só iemand sal wil skryf. Maar dit het toe eers vele jare later gebeur en so is Precious Ramotswe gebore. Hoekom dink jy is lesers so mal oor die storie? Ek het soveel briewe ontvang van lesers wat vertel hoe hulle dit geniet dat ek oor doodgewone goed skryf wat in mense se daaglikse lewe aangaan die klein rituele, die drink van tee, die genot van geselsies. My boeke is meer oor Afrika as oor misdaad. Dit wys die warm en sagte kant van Afrika wat langs die moeiliker kant van die vasteland bestaan. Besoekers aan Afrika-lande, ook Suid-Afrika, praat altyd oor hoe vriendelik die mense is wat hulle daar ontmoet. Dit is belangrik om die positiewe deel van Afrika uit te wys. Hoe voel jy daaroor dat daar ʼn fliek gemaak word oor een van jou boeke? Ek is verheug! Ook oor die feit dat daar nog 13 episodes van die verhaal gemaak gaan word. Die fliek is klaar. Dis baie roerend ʼn goeie bewys van die talente van die regisseur en sy span. Wie is jou gunstelingskrywers? Die werk van die digter W. H. Auden het my geweldig geïnspireer, asook die romans van die Indiese skrywer R. K. Narayan. Waar skryf jy gewoonlik? Tuis in Skotland skryf ek op my rekenaar in my skryfkamer. Ek staan gewoonlik baie vroeg soggens op dis ʼn goeie tyd vir my om te skryf. Maar ek reis ook baie en dan skryf ek dikwels op my skootrekenaar in hotelkamers of op die lughawe. Hoe het jy Suid-Afrika op jou onlangse besoek beleef? Ek het nog altyd van Suid-Afrika gehou die sin vir humor en die warmte. Ek het al wêreldwyd gereis en daar is min lande waarvoor ek so lief is. Ek weet natuurlik dat Suid- Afrika, soos enige ander plek, probleme het, veral met misdaad en korrupsie. Maar daar is soveel om op trots te wees hier en dit is belangrik om dit te onthou. Ek was onlangs by die Kaapstadse Boekfees en is heeltemal oorweldig deur die hartlikheid waarmee ek ontvang is. Ek woon baie boekfeeste by, maar hierdie een is sekerlik my gunsteling. [Uit: Rooi Rose, Oktober 2008]

13 1 Noem twee maniere waarop Alexander McCall Smith Afrika leer ken het....[2] 2 Hoe het die vrou met die rooi rok McCall Smith se skryfwerk beïnvloed?...[2] 3 Watter aspek van McCall Smith se verhale geniet baie lesers?...[1] 4 Wat is die doel van McCall Smith se verhale, volgens hom?...[2] 5 Wat is die rede vir die goeie gehalte van die fliek, volgens McCall Smith?...[1] 6 Verduidelik McCall Smith se mening oor Suid-Afrika....[2] [Totaal: 10] [Turn over

14 Oefening 7 Lees die volgende uitsprake: My ouers is fantasties! My tiener gee my grys hare! Hulle luister nooit na my nie! Respek is die sleutel tot ʼn goeie verhouding. Ai, my dogter verstaan nie ek raak bekommerd as sy so laat uitbly nie... As ek n probleem het, praat ek met my ma of pa. Ek is so dankbaar dat my kind so verantwoordelik en bedagsaam is. Skryf ʼn artikel vir die plaaslike koerant waarin jy bespreek wat belangrik is om die verhouding tussen ouers en tienerkinders te laat werk. Gee ook wenke vir ouers en tieners oor hoe om ʼn goeie verhouding te bou. Kies ʼn goeie titel vir jou koerantartikel. Jou koerantartikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die uitsprake hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

15 [Turn over

16

17 [Totaal: 15]

18 BLANK PAGE

19 BLANK PAGE

20 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Oefening 1 Oefening 2 Oefening 3 Liesl Booyens; Cool ontdekkings; Hoezit; ATKV; Feb 2011. Baie net soos mense-babas; Mieliestronk; 2005. Ronel Nel; Botswana se vrouespeurder; Rooi Rose; Caxton; Oct 2008. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.