Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.

Similar documents
Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

19-21 Februarie Sondag erediens en voorsitterstee. Welkom en hallo sê

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jesaja sien die Toekoms

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Josua - van jongs af n leier

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE AA NDBOODSKA PPER

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

God se Woord. God se Wil

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Empathy Ouerhandleiding

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

JULIE Wel, ek hoop om sommer baie karavane by ons AGM Rally ook te sien.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

Seisoen van die Gees

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Volume 3 van 2016 September 2016

SPORE. Maart 2010 Uitgawe 8. Uitgegee deur SAWA Luiperds

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Pelgrimstog deur die Lewe

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Uitgawe 2: Januarie- 2 Mei 2016

Transcription:

Suidwes-Kaap Ou Skip Oord 22 24 Januarie 2016 Vrugtekamp Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier Kamp verslag Saterdag Inbetaling, Spelletjies, Boekevat, saam braai Skimkamp 1

Voorspoedige 2016 vir almal en ek glo dat julle almal lekker uitgerus is vir die jaar wat voorlê. Ons sien uit na die jaar wat voorlê vir Swk en sy lede. Andre Potgieter het afstand gedoen van SWK sê weervoorspeller en soos ons SWK se mense ken het n vrywilliger hand opgesteek en gou was die pos weer gevul. Tommie Scheepers het op gesigboek vir ons die leisels oorgevat. Tommie; Dit lyk my die weer gaan ons genadig wees die naweek. Die hitte hou nog aan tot Donderdag. Hierdie was n lang trek vir n ware Sawanant, ons het verlede jaar laas saam gekamp. Lekker was dit om al die ou bekendes te sien, al die gaste van Streek Helderberg asook ander gaste. Ons vrugte kamp bly en is ook een van die hoogtepunte van ons jaarlikse kampe. Almal word gegroet net voor Boekevat. Ons Loerievlooi Petro Steyn 2 Salome Low hierdie is my dogter, Marcelle Low Trotse Ma. Ek moet dit met julle deel. Paul en Isabel Steyn bly daar in Mosselbaai en vertel toe daar vir die mense dat hulle nou eers weer terug Kaap toe gaan. Die een ou vra toe hoekom bly julle nie nog langer hier nie? Paul; Ons gaan kamp saam met SWK. Is jy laf om so vêr te ry vir n kamp? Paul: jy verstaan nie. Voel jy ook so oor SWK se kampe? As jy lanklaas kom kamp het, daag ek jou uit om jou woonwa af te stof en saam te kom Skimkamp toe. Andre sê hy is reg vir baie Sawanate.

Hanlo Engelbrecht heet almal welkom en neem die boekevat waar. Dit was prakties en n goeie grondslag vir die jaar. Louie-Cecile Boonzaaier vertel ons meer van die Skimkamp loodjies en hoe die briefie bot werk. Onthou van Petro Steyn se mark tafel Saterdag! Voorsitter, Pieter Henning en sy span bied elke jaar vir ons die Speletjies aan en hier was hy aan die woord om die spanne reg te kry vir Saterdag se groot sport....en waar Paul Steyn is, sal jy lag.... en daar was pere vir elkeen, baie van hulle, Barry Goddard het vir twee kans gesien. 3

Bo: Hier by die Stemmets is daar altyd lewe! Piet Steyn het hier n netjiese besigheid aan die gang. Die stoel staan reg, die braai drommetjie is die regte hoogte, die spit is mooi aanmekaargesit en die rooster is lekker vol gepak. Mooi Piet maar daar is een probleem, n groot een. 90% van die charcoal is morsdood. Ek weet nou nie of die warm son genoeg hitte gaan afgee nie. Petro Steyn lyk egter heel gelukkig maar ek dink sy wonder ook. Hy het sy storie gehad as verduideliking maar ons moes toe aan beweeg en gaan kyk hoe lyk ons vure. Op die voorblad kan julle sien hoe Danny le Roux verduidelik hoe n vuur moet lyk. Hy is lid van die M.O.C.R klub. 4

Ons jongste SWK lid, Rikus Engelbrecht, het deur al die gelag en gesels rustig op die grondseil gelê en slaap. So het Vrydagaand se uurglasie ook vir ons uitgeloop. Hierdie is baie goeie terapie saam met besonderse mense! 5

S a t e r d a g n Mark tafel vir die Skimkamp, Petro Steyn dit was n blink gedagte en ek weet dit het jou verwagtinge oortref. Baie dankie vir julle almal se mooi saam werk en elkeen wat kom koop het. Die inbetaling het ook glad verloop met n goeie span onder leiding van Hanlo en Melicia Engelbrecht, Pieter Henning en Pieter Stemmet. Danny le Roux jy is dan nou korter as Neels Jordaan? Klein Rikus is nie bang vir die see nie en het dit so baie geniet. So word daar gewaai en vriendelik gegroet, dan kamp hulle mos baie lekker. 6

Dis tyd vir ons jaarlikse spelletjies aangebied deur Pieter Henning en sy span. Die spanne is ingeskryf. Nee Salome wil ook in n span wees. Net daar kry sy gou haar span reg al moet sy ook iemand se man afrokkel. Waar daar water is, is Paul Steyn en waar Paul Steyn is, is daar water. Pietie van Deventer is die een wat deurloop en dit soos n man vat. Dit was nie lank nie of Paul is ook nat gegooi, sommer net soos hy daar sit. Noudat hy nat is, kan 2016 se spelletjies begin. 7

Pieter Henning, Ohna Oosthuizen, Antoinette Steyn, Pieter Stemmet en Melicia Engelbrecht gaan hulle hande vol hê met die spanne. Kan ek maar die klok lui? Terwyl jy fietsry, gooi die sakkie oor die net in een van die bande. 8

En toe gebeur dit, Salome Low moedig haar span aan soos nog nooit gesien, dis hop, spring, n amper wawiel, hande klap. So word dit gedoen! Ons het die Skim gesien! 9

Vier tafeltjies, twee bottels water en twee bottels gevul met sand. Om die taak uit te voer moet jy op jou fiets bly ten alle tye, verskuif die bottels na die oorstaande tafel en sorg dat die bottels regop op die tafels geplaas word. Eenvoudig nè, nee die nek van die bottels word met seep gespuit. Johan Oosthuizen Paul Steyn Koos Oosthuizen Mike Vermeulen Wessel van Tonder Neil Ludick Gerhardus Theron Joannine Oosthuizen Kevin Goddard John Boshoff Dane lê Roux Ek is besig om deur al die baie foto's te werk en kom toe op die een af. Laas jaar was daar ook een en as ek reg onthou by Vloedbos ook. Ek moes eers mooi kyk waarom Antoinette Steyn, Salome Low en Ohna Oosthuizen so loer en lag - ek verlig toe die foto en daar pop dit uit. Kan net die Skim wees. Skimmie ons het jou! 10

Hier moet jy n koekie wat op jou voorkop geplas word in jou mond kry sonder om jou hande te gebruik. Piet het bietjie kleigetrap en weer het Salome tot sy redding gekom. Soms het n vinnige hand maar gehelp... 11

Rikus het kom kyk wie is die wenner. Hier moes hulle n koekie eet en dan die ballon blaas totdat dit bars. Die reëls is eenvoudig, eet en blaas. Volgende was die water spelletjie. Die span sit agter mekaar in n ry. Die voorste persoon het n emmer water en n blikkie. Agter die laaste ou in die span is n leë bak. Die span moet die blikkie vol water maak en oor hulle koppe aangee. Die laaste persoon maak die blikkie oor sy kop leeg in die bak. Maklik, nee, die blikkie is dan vol gate. 12

13

Eier gooi Het jy al in geskryf vir die Skimkamp? Doen dit sommer nou! 14

Kobus Botha jou gesig spreek boekdele. Hierdie eiers het wel gebreek maar daar was n paar wat meer as sewe lewens gehad het. 15

Salome Low het eers deur geloop met ons peer advertensie. Dankie, vir jou blydskapboodskap wat ons net weer laat besef het om dankbaar te wees en dankie te sê. Andre en Louie-Cecile het toe die lootjie lyste asook hoogste bot wenners bekend gemaak. Baie geluk aan Irene Mitchell met die wen van die lotjie lys se pryse, sommer twee. Andre Potgieter en Louie-Cecile Boonzaaier oorhandig die pryse aan haar. Sonja Snyman en Petrus Theron het die bot gewen op die braaitange. Kobus Botha het die mooi braai gewen. Ons gaan nou braai! James Mitchell het die mes ingepalm en Danny le Roux het die hoogste bot ingesit vir die vlekvrye staal braaibak. Baie dankie vir al die skenkings asook vir almal wat bygedra het om die insamelings n groot sukses te maak. 16

Saterdagaand het ons in groepies saam gebraai want die wind was bietjie lastig gewees. Die lekkerste vrugteslaai in die Kaap het hulle vroeër vir ons gemaak. So bring jou bakkie en kom skep saam met roomys. Daar was meer as genoeg gewees. Dankie, aan die skillers en snyers wat kom help slaai maak het. Sondagoggend het die wêreld bietjie anders gelyk. Die wolkies het kom kuier, iets wat ons baie lank laas in die Kaap gesien het. Ds. Jan Venter het vir ons die diens waar geneem. Wat doen ons met probleme? Die stampe en stote van die lewe. Hierna was daar koffie en tee gedrink saam met n soet dingetjie. Die voorsitterstee volg net daarna en Pieter Henning staan sy plek vol. Baie geluk aan elkeen wat verjaar en al die huwelik herdenkings wat voorlê. 17

W e n n e r s Eerste: Johan, Joannine, Jaco en Adriana Tweede: John, Rozelle, Barry en Kevin Derde: Hanlo, Isabel, Paul, Gerhardus Mens kon sien julle het dit baie geniet! 18

T o e k e n n i n g s Verdienste: Ron en Judy Hendra Oorhandig deur Johan Oosthuizen 125 Algemeen: Pieter Henning Oorhandig deur Danny lê Roux 40 Streek: Johan en Rozette Viljoen 140 Streek: Petrus en Janine Theron 50 Algemeen: Piet en Antoinette Steyn Kampleiers: Pieter en Talita Stemmet Sandvlooi toekennings 30 Streek: Kristie Goslett 30 Streek: Dane le Roux 60 Streek: Gerhardus Theron Baie welkom by Streek Suidwes- Kaap Nuwe Lede Marius en Reinet Ferreira Oorhandig deur Pieter Henning en Danny le Roux 19

Aan al die Gaste: Hoop julle het almal lekker saam gekamp en die naweek geniet. Ja, Helderbergers julle is al deel van die vrugte kamp en ons geniet julle deelname. Kyk hoe lyk Bollie Blad. Die Skimkamp is gewoonlik die hoogtepunt van die jaar. Hier word die mense bederf, pakkies word uitgedeel en aktiwiteite vind plaas. Wel 2016 se Skimkamp gaan beslis nie anders wees nie. Ons glo ons gaan aan julle verwagtinge voldoen, met Saterdagaand die hoogtepunt. Dit is egter nog n geheim, maar beloof om BAIE lekker te wees. Moenie dit mis nie, want so iets besonder mag dalk nie weer gebeur nie. Ek, Louie-Cecile en ons voogdegroepe kan nie wag om julle te ontvang nie. Skryf in en sleep veilig. Andre Potgieter Hier was geleentheid gegee vir Skimkamp vrae. Andre nou weet ons presies waar die Skimkamp gaan wees. Vir die Skim wil ek net sê: Sy klink bejaard, praat van die Boland se berge op Gesigboek. Loeries en Pappie, o ja en wie is ou Grootte? Skimmie klim nou uit jou grot uit en help ons bietjie meer. Kom ons help vir Andre hulle en gee die getalle deur asook betalings voor 31 Januarie 2016. Vasbyt Andre en Louie-Cecile, julle is amper oor die eerste hobbel van die kameel se rug. Ons sien uit na die Skimkamp! 20

21

Kevin Goddard se ballon het gebars op ¼ size,: hoe kom die stukkie ballon in my hand? Salome en Kevin, kort paaie sal daar altyd gesoek word... Gooi die water oor jou kop in die bak, dit sê die reëls. Andre en Barry op julle manier land net 20% in die bak. Lag maar lekker volgende keer is jy dalk op die bollie blad. *Kamp bywoning: 31 eie lede, 4 gas en ander streke 4 = 39 Totaal. *Ons volgende kamp is by ************19 tot 21 Februarie 2016 *Bestuurslid verantwoordelik: Petrus Theron *Foto s geneem deur Petrus & Janine Theron tensy anders aangedui. Dankie vir die foto bydraes en stuur gerus van jul foto s vir my na n kamp. *Kommentaar is altyd welkom epos: theron.pj@mweb.co.za Redakteur Petrus Theron 22

Hierdie gedeelte van Naweek in Beeld is opsoek na n naam, wees oorspronklik en help ons om die byvoegsel ook in te kleur. Vrugtekamp te Ou Skip Oord Dit was weer n naweek vol pret. Ten spyte van die hitte was die speletjies weer n groot sukses. Nie veel het verander nie Helderberg het soos gewoonlik oorgeneem en die reels gebuig soos dit hulle pas, maar dit is al n tradisie by ons jaarlikse vrugtefees kamp en sonder hulle sou dit nie dieselfde wees nie. Daar het wel n nuwe cheerleader opgedaag wat gesorg het dat die toeskouers se aandag volkome op die spel was. Salome Louw het op die nippertjie besluit om ook n span in te skryf en moes toe vinnig n ander vrou se man afrokkel om haar by te staan. Liefie soos sy hom genoem het, moes maar net saamspeel. Petrus het haar ook vasgevang op kamera terwyl sy besig was om die spanne aan te moedig met baie passie. Deur: Hanlo Engelbrecht. 23

Kerkfondse Suidwes-Kaap se kerk kollekte word oorgegee aan die volgende instansies en soos in die verlede het die bestuur dit weer goedgedink om eerder iets aan te koop as net die geld te skenk. Vir Andre Heyns n bydrae maak vir hul sendingwerk wat in die Richtersveld begin. Voorstel goedgekeur. Skenk R750. Vir Jacqueline Sunflower Education, Ruyterwacht, n skool vir behoeftige kinders, 3-5 jaar. Voorstel goedgekeur. Skenk R2000 - Teresa sal reël vir die aankoop van matrassies vir kinders. Vir Pietie van Deventer n skenking vir die sendingwerk in Zambië. Voorstel goedgekeur. Skenk R750. Sunflower Education, Ruyterwacht Hi Teresa I am sorry I only saw now that you sent an email this morning to me. Thank you very much to everyone at SAWA SWK Caravan Club. Your donation of 10 mattress has meant a lot to me and the children I am extremely grateful. I do apologize if I spoke such a lot this morning, I get so excited when I talk about the creche and the children. Teresa I will email later a letter of thanks to Uncle Frans to you. Enjoy the rest of the day Best wishes Jacqueline Baie dankie Teresa le Roux vir jou harde werk en al die reëlings om die skenking moontlik te maak. Pieter Henning, Danny, Dane en Teresa le Roux het die matrasse oorhandig. By hulle staan Jacqueline du Toit. 24

Skimkamp Andre SKIMKAMP 19-21 Februarie 2016 2016 lê om die draai en ja, dit is amper Skimkamp-tyd. Glo julle is net so opgewonde oor hierdie kamp soos ons. Teken asseblief in julle dagboeke aan. Die kampkoste sal SLEGS R85 per persoon per nag beloop. Hou asseblief in gedagte dat ons teen einde Januarie 2016 die getalle moet vasmaak en dat kampfooie dan ook betaal moet wees. Dink so 'n bietjie - Vrydag - "Arrive with a Hat". Saterdagaand se tema is "Western & Country" - kry solank jul "guns" en "boots" gereed. Leidrade om julle tot by die kamp te vergesel, sal beskikbaar wees vanaf 09:30 op die Vrydag. Presies waar, sal volg. Ek vertrou dat, met ons voogdegroepe se hulp, hierdie n heerlike kamp gaan wees. Hoop om almal daar te sien. Onthou die ekstra tenk petrol, indien nodig... Groete. André en Louie-Cecile nms SAWA Suidwes-Kaap Hier volg n paar leidrade, wat reeds per e-pos aan die SWK-lede gestuur is. Leidraad 1 Afhangend van waar jy gaan ry, mag jy DALK 1872km, 685km, 328km, 223km of 3.7km ry. Of dalk nie, want hoe weet ek van waar gaan jy ry. Dêm, maar dis hoog waaroor ek ry. Leidraad 2 Sjoe, maar ek sien nogal baie water. Leidraad 3 Leidraad 4 Foto-leidrade sal óf aktiwiteite by Skimkamp uitbeeld, óf as jy slim is, sal jy die Skimkamp kan sien. 25

Leidraad 5 Ek hoop julle het reeds die Skimkamp 2016 gedagboek. Onthou ASSEBLIEF dat ons die getalle en kampgeld teen einde Januarie 2016 moet hê. Kry solank julle hoed, gun en boots reg vir die kamp. Die inskrywingsvorm met die bankbesonderhede volg binnekort. Leidraad 6 Hallo Almal 2015 is amper iets van die verlede. Ons gaan eerskomende Donderdag met verlof en is weer in Januarie terug op die lug. Soos reeds gesê, benodig ons die getalle en die kampfooie teen einde Januarie. Dui asseblief ook aan hoeveel kinders saam kamp ons werk aan iets spesiaal vir hulle. Hier is die inskrywingsvorm. PLEK Skimkamp DA- TUM 19-21 Februarie 2016 KAMPLEIERS: Koos & Hendriena Oosthuizen Tarief R85pppn NAAM TOTALE AANTAL PERSONE VIR: Vr, 19/02 Sa, 20/02 Uit die totale aantal persone, hoeveel kinders? Totaal verskuldig Die kampfooi moet asseblief in die volgende SAWA-rekening betaal word: SAWA, Absa, rekeningnommer 713 586 196 Stuur die voltooide vorm met bewys van betaling aan sawa.swk@gmail.com of faks na 021 947 9650. Ek bevestig dat ons Saterdag weer die kamp besoek het. Alles is gefinaliseer. Ons is BAIE opgewonde oor ons kampkeuse en ek seker dit gaan vir almal lekker wees. Onthou egter, n mens se attitude maak eintlik die kamp. So kom ons pak ons guns, boots en regte attitude in is mos n Western en Country tema. Daar sal verseker n prys wees vir die paartjie wat Saterdagaand die beste aangetrek is. Onthou ook om met n hoed te arriveer, want wie weet.. O ja, hier is ook die laaste fotoleidraad vir die jaar. Onthou ons het gesê as jy slim is, sal jy òf die kamp òf aktiwiteite op die foto s kan sien. 26

Groete aan almal en n baie Geseënde Kersfees en n lekker feesgety. Ry veilig. Leidraad 7 Hallo Julle mense. Hier is nog n leidraad vir ons Skimkamp 2016. Kan sê dat ek al 2 mense het wat reg geraai het. Asseblief - ons benodig name en getalle. Groete. André en LC 27