NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Kerk Kry Moeilikheid

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Geloofsvorming by kinders en jongmense

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dawid die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Profetiese woord vir 2017 en verder

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Josua - van jongs af n leier

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE AA NDBOODSKA PPER

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Seisoen van die Gees

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

God se Woord. God se Wil

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

GEBED VIR KERKLEIERS

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

BYBELS-GESONDE GESINNE

Deur Christus Alleen

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

KRAG VAN TRANSFORMASIE

LoveGodGreatly.com 1

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

WYSHEID TEENOOR GELOOF

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Transcription:

1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike gebreke. Voordat ek dit durf doen, moes ek myself eers goed voor die Here verantwoord het oor wat ek self met die eer van die Here doen. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer het ek die onverbiddelike aard van God se eer raak gesien. Twee magte is hier aan die werk: God wat wil seën en die satan wat wil vervloek. Om die waarheid te sê moet alles wat in die lewe gebeur, gesien word teen dit wat hierdie twee magte doen: die een wil die lewe gee en die ander wil steel en dood maak. Wat belangrik is om te verstaan is dat die geskiedenis van die stryd tussen God en die bose in die lewe van mense geskryf word. en meestal is hulle glad nie eers bewus van die dinge wat gebeur nie. In hierdie geval is Israel aan die trek deur die woestyn en koning Balak is glad nie beïndruk met hulle nie. Om die waarheid te sê is hy bang vir hulle en hy wil hulle vervloek (Num 22-24). Hy weet baie goed dat vloeke magte aan die werk sal kry wat hulle baie seer kan maak. Om dit reg te kry vra hy die skelm profeet Bileam om te help. Deur die skelm wil satan God se seën aan sy mense omdraai na vloeke, pyn en ellendes. Israel weet van al hierdie dinge niks nie en gaan gewoonweg hulle gang. Vier keer probeer Bileam hulle vervloek; vier keer dwing die Here hom om Israel te seën. Die satan wil vervloek, maar God laat hom nie toe om dit te doen nie. Let daarop dat God self ingryp om sy mense teen te beskerm en Hy doen dit ter wille van sy eie eer! Toe die vloeke nie werk nie, gebruik satan weer vir Bileam en Balak op 'n ander manier om God se mense seer te maak. Hy slaan die Joodse mans op hul swakste plek en gebruik die oudste truuk in die boek: vrouens! Dat hierdie 'n fyn beplande ding is, is duidelik uit Num 31:8,16. Toe hulle nie vervloek kan word nie, word 'n plan beraam dat dat hulle hulself moet seermaak: gee hulle genoeg tou en hulle hang hulself op en dan vervloek hulle hulself. 'n Klomp vroulike dissipels van Baal word onder die Joodse mans ingestuur en met hulle liggame kry hulle reg wat direkte vloeke nie kon regkry nie. Ons lees dat hulle die mans "uitgenooi het" en die mans het letterlik by die duisende geval. 'n Verskriklike tragedie speel hom dan af! Hulle het met die vrouens dinge gedoen wat nie mag nie, die offers geëet en Baal aanbid. Dat die Satan sy voet by die deur ingekry het is duidelik, want om Baal te "aanbid" was 'n baie spesifieke ding. Die Baalkultus was 'n vrugbaarheidsgodsdiens. Baal was die god van die lewe wat teenoor Mot (die god van die dood) gestaan. Mot het dinge oud laat word en dinge laat sterf, veral in die winter en droogte was dit sy tyd want dan leef die natuur nie. Om Baal sover te kry om die lewe uit Mot se hande te hou, moes dinge gedoen word wat vrugbaarheid en lewe sou waarborg in die lewe en in die natuur. So is onnoemlike dinge in die ltempels gedoen want alles draai rondom die seksuele (= lewe). Daar was selfs tempelprostitue en deur hierdie seksuele dinge te doen is Baal gevra om lewe te gee. Dit is wat die Joodse mans gedoen het toe hulle offers ter ere van Baal geëet het. Daarmee stap hulle openlik uit op God. Teen hierdie agtergrond is die haat van God teenoor die Baalgodsdiens verstaanbaar en kry Israel die opdrag om hierdie geloof en sy aanhangers van hoek tot kant uit te roei as hulle die beloofde land binnetrek.

2 Dis 'n tragedie: terwyl God enersyds besig is om sy volk te seën, is hulle andersyds besig met gruwels. God se woede is onverbiddelik en hulle word in die openbaar opgehang. Dan gebeur die absolute ondenkbare: terwyl hulle "by die tent van ontmoeting (die kerk!) se ingang staan en huil", en in smart sit oor wat hulle aangevang het, kom Simri en reg voor almal doen hy die ding met 'n Midianitiese vrou. Waar almal hom kan sien voer hy 'n ritueel vir Baal uit. Terwyl 'n klomp voor die Here huil oor hulle skuld, koggel Simri die kerk uit as hy openlik verklaar dat hy niks met God te doen wil hê nie. Opvallend ook is dat hy 'n "vooraanstaande man" was (vers 14). Dit die enigste mens wat deur God se woede in die woestyn sterf, wat ryk genoem word. Ek vermoed dat daar 'n spesifieke rede hiervoor is: hy is 'n man van posisie en laat hom nie voorskryf nie want hy het iets in die lewe bereik. "Ek is my eie baas en doen dinge wat my behoeftes bevredig " Simri is nie dood nie want dit wat hy gedoen het is steeds springlewendig vandag! Terwyl God besig is om te seën kies ons die vloeke van die hel; terwyl God sê dat hulle moet huil oor hulle sondes en sommige tot inkeer kom, stap ander openlik uit op God. Dis onverstaanbaar dat mense van God se tabernakel/kerk steeds God uit koggel en met Baal speel. Voorbeelde is so baie en verskriklik tragies dat dit byna nie eers genoem kan word nie. Die eet van Baal se offervleis is algemeen en God word deur "vooraanstaande mense" uitgekoggel - mense wat hulle nie laat voorskryf nie en dinge doen om hulle behoeftes moet bevredig. Hulle sal enigiets doen om lewe te kry en dit uit die hande van Mot te hou. As dit sou beteken dat hulle moet lieg oor n ding, is dit vir hulle in orde; as hulle moet stilbly oor hulle beginsels, is dit maar reg; as hulle ander mense seermaak, is dit maar die prys wat betaal moet word; as hulle met hul troetelsondes kan aangaan, trek hulle net die skouers op; as die kerk deur die modder gesleep word, is dit nie so erg nie... As dit skelm gedoen word is dit beter want daar is nie verleentheid nie maar as ander mense sou uitvind dat daar openlik met Baal geflankeer word, is dit ook maar tot daarnatoe Hulle is immers vermoënde mense wat die reg het hul eie ding te doen! Dan gebeur nog 'n merkwaardige maar verskriklike ding: Pinehas maak Simri en Kosbi net daar dood. Hy doen iets om die eer van die Here te beskerm. Twee dinge staan uit: Hy red baie ander mense se lewens (vers 8). God gee hom erkenning vir dit wat hy doen en seën hom en sy nageslag (vers 11). In vers 11 staan die ongelooflike woorde: "Dit was nie vir my nodig om self op te kom vir My eer nie. Pinehas het dit vir my gedoen!" God soek mense om vir Hom op te staan en Hom te verdedig sodat Hy dit nie self hoef te doen nie. Die een wat so opstaan, red ander se lewens en kan weet dat die Here hom en sy kinders sal eer!! Dit is woorde wat ruk: wat doen ek om op te kom vir die Here se eer sodat Hy my en my kinders sal seën? Wat doen ek sodat die Here kan sê dat Hy nie self vir sy eer moet baklei nie want Hy het vir my om op te reken? Om God te dien is nie 'n sprokiesverhaal nie. Die verhaal het nog 'n kinkel. Die gebeure by Sittim is 'n aaklige voorspel vir wat op Golgotha sou gebeur. God weet dat ons vandag die 24 000 is wiese oë dwaal, mense wie nie opkom vir die eer van die Here nie omdat hulle nie wil/kan/sal nie en wat enigiets sal doen om iets goeds uit die lewe te kry. God is nie altyd vir ons belangrik nie en ons kies

3 om met Baalte flankeer. Sommige doen dit openlik soos Simri, ander doen dit in die geheim en die meeste is maar soos die meerderheid mans wat maar net die ding doen. Almal het ook baie goeie redes oor hoekom sy geflankeerdery nie so ernstig is nie: "Ek laat my nie voorskryf nie Ek het ook behoeftes Ek moet nou vir 'n slag na myself omsien Die Here sal my weer 'n kans gee want hierdie ding is nie so ernstig nie Môre is nog 'n dag Ek kan nie langer so aansukkel nie " So is die oersonde gebore - die een van EK wat gelei het tot die val in die paradys. EN sedert daardie dag toe Adam sy rug op God gedraai het met sy EK, het ons saam die dieptes van die hel ingestort en ons natuur kies vir Baal se offervleis ons smag daarna! Ons name is Simri!! Net soos by Sittem gryp God weer self in om die 24 000 uit die kloue van Satan te red: Hy kom self vir sy eer op. Op 'n manier wat ver bo my verstand uitgaan doen God dit deur die menswording, dood en opstanding van Jesus. Op 'n Goddelike manier kom herstel Jesus weer die ereplek wat die mens voor God moet hê. Hy kry Baal uit my uit en raak ontslae van my sieklike behoefte om my eie drange te beleef. Die manier waarop Hy dit gedoen het, is verskriklik: Jesus word soos Simri; Hy word die een wat die owespel pleeg want Hy word EK (Jes 53:3-5). Almal se owerspel, hulle geheul met Baal en hul beheptheid met hulself gaan lê op sy skouers as Hy my sonde word! As Simri in die tent met 'n spies dood gesteek word, word die vloek van baie weggeneem. As Jesus aan die kruis hang word Hy met 'n spies gesteek en die vloek word van my weggeneem. Want God wil/moet vir my en jou wiese name Simri is, eenvoudig in die grond vassteek en los om in ons eie bloed te sterf sodat sy woede afgekoel kan word. Om die een of ander rede wat genade genoem word, het Jesus (wat God en mens is) tussen God en mens gaan hang en Hy is dood gesteek in my plek. Later verklaar Hy dat elkeen wat dit glo nie meer dood gesteek sal word nie. God se oordeel word net in Jesus weggevat. Die evangelie is so eenvoudig en brutaal as dit: ek moet met my lewe vir my Simri-wees betaal, maar ek kan nie. Toe word Jesus ek en Hy betaal met lewe. Na sy dood en opstanding draai die ding om en in 'n sekere sin word ek nou Jesus. God sien nie meer my Simri-wees raak nie, maar Hy wat ek geword het Hy sien die bloed van Hom wat oor/in my is en nie meer myne wat roep om vergelding nie.. Dit is die enigste manier van redding vir die Simri-mens. Hier is drie soorte mense in dié verhaal: (1) Diegene soos Simri wat onverskillig is en sy eie behoeftes is groter as God se heiligheid. Hy laat hom nie voorskryf nie en hy wil iets in die lewe bereik. Hy kom nie tot inkeer nie.(2) Daar is diegene wat met Baal gespeel het maar tot inkeer kom. Hulle staan by die ingang van die kerk en huil. Hulle het berou en sê dat hulle jammer is. (3) Pinehas wat opkom vir die Here se eer. Die toets om te sien watter een van die drie jy is, is eenvoudig: wat doen jy vandag om op te kom vir die eer van die Here? Jou dade (en nie jou woorde nie!) sê vandag presies waar jy met God staan: is jy in die vrouetent; staan jy huil-huil met berou of staan jy met 'n spies in die hand? God loop 'n spesifieke pad met elkeen van die drie groepe mense.

4 1. Daar is Simri en sy nageslag. Die pad wat met hulle geloop word is kort en saaklik: hulle betaal met hulle eie bloed. Wees gewaarsku! Jy wat met jou eie agenda werk, gewoonlik 'n verskoning en rede het hoekom jy met geheime/openlike sondes leef en jou eie behoeftes as danig belangrik beskou en enigiets sal doen om Mot/dood van die deur weg te hou, moet tot inkeer kom. Jy gaan sterf! God en hulle wat vir God se eer veg gaan jou ontmasker. Ek as prediker kom vandag vir die eer van die Here op en waarsku jou op grond van Hebreërs 10:26-31 dat jou lewe op die spel is. 2. Daar is diegene wat treur; wat skuldig is en hulle aan die sonde vergryp het maar nie langer so wil voortgaan nie. Ja, kom tot inkeer en kom huil in die Here se teenwoordigheid. Sê dat jy jammer is en bely jou sondes, soek die eer van die Here en sien jou en jou sondes vir wat dit is! Kom, laat die ander Een se bloed wat aan die kruis gedrup het, jou lewe red sodat jou bloed gespaar kan word Maar sien ook Jesus vir wat Hy is - Hy is die Een wat jou Simri-dinge so vergewe asof dit nooit gedoen is (2 Kor 5:17). Doen dit hier in die kerk waar jy jou verbintenis aan die Here 'n publieke saak maak waar almal dit kan sien. Breek Baal se strikke en stap uit op al die vrouens wat hy op jou pad stuur. Berou oor sonde sal die vloek van die hel op jou wegkeer. Ek as prediker wat opkom vir die eer van God kan vandag vir jou op grond van 1 Joh 1:9 sê dat daar volkome vergifnis en redding van jou lewe is as jy jouself onder die bloed van die Heiland plaas. Hebreërs 7:22 bevestig dit ook. 3. Daar die Pinehasse wat opkom vir die eer van die Here. Jy en jou kinders sal die seën van die Here geniet. Op grond van Hebreërs 8 kan aan jou verklaar word dat God 'n ewige verbond/kontrak met jou sluit en dat Hy jou nooit uit sy hande sal laat gaan nie. Al gebeur wat ook al, mag jy dit nooit vergeet nie. Al voel dit nie altyd so nie en al sien jy dit nie altyd nie - staan vas in die Here se beloftes want Hy is trots op jou. Jy sal God se hoëpriester bly en jy sal ander mense van die dood kan red want die Here sal jou gebruik om standpunt teen Baal in te neem. As jy vir God se eer opkom maak jy die deur oop van God vir jou kinders oop. Wat nou? Dit is tyd om standpunt in te neem en soos Israel van ouds dit hier in die kerk te doen. 1. As jy Simri is, gaan weg en hoereer in die vrouetent. Moenie terugkom nie want jy is nie welkom nie voordat jy nie kom huil oor jou sondes nie. 2. As jy hier wil regmaak en kom huil oor jou sondes, is jy meer as welkom. Want die genadige God roep mense tot berou en bekering. Dit maak nie saak wie en wat die Midianitiese vrouens was nie - Sy bloed sal jou bloed red. Doen dit nou! Wat lê die Here nou op jou hart? 3. As jy Pinehas is en jy sien mense wat vasgevang is in die vrouetent, moet hulle in Godsnaam nie los nie. Ja, kom op vir die eer van die Here en konfronteer Simri en sy vrou. Maar gaan verder en pleit by hulle in die Naam van Hom wat Simri geword het dat hulle tot inkeer moet kom. Gaan red hulle soos brandhout uit die vuur. Wie lê die Here nou op jou hart? Verwag dan die seën van die Here op jou en jou kinders se lewens. Amen.

5 LITURGIE 1. AFKONDIGINGE Kollektante 4. Na die diens. 2. VOTUM Ek het slegte verhouding met God sleg omdat ek altyd verloor. (Dis preek) Sleg omdat ek verskriklik teleurgestel is in myself, my verhouding met God. Ek is bang om nagmaal te gebruik. Ek worstel oor/met my voete van klei. Ek wonder of ander ook sukkel want, hulle sê net wat hulle wil en doen op uiteinde ook wat hulle wil ek hoor mense sê hulle wil in verhouding met God leef, maar ek sien nie mense wat dit doen nie.. Veral oor kerkmense teleurgestel in die beuselagtighede waaroor baie opgewonde kan raak, maar hulle voete van klei word soos myne baie goed weggesteek en dit pla nie! Waar pas Jesus in in my lewe? Of sê ek woorde en maak wat ek wil?! Ek worstel want ek sien nie Jesus nie (nie by myself, nie by ander kerkmense nie.) Asof Liewe jesus altyd genadig en barmhartig is/sal wees. As daar een ding is wat uitstaan Jesus verloor nooit in hierdie verhouding nie. Almal, klein en groot, wil hulself net verryk. Hulle het n goedkoop raat vir hulle wonde wat bloei. Hulle sê net: Alles is reg, alles is reg! Maar niks is reg nie. Wanneer hulle dinge uitkom, skaam hulle hul nie eers nie! (Jer 6). As julle nie luister nie, sal Ek in stilte huil oor julle hoogmoed. Ek sal hul en huil, en trane oor julle stort (Jer 13). Wanneer ek dink ek sal my nie meer aan Hom wil steur nie, word dit in my soos n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie ek gee my saak in U hande. Maar U is by my Here; U is magtig en sterk (Jer 20) 3. SEëNGROET Dit gaan (Goddank!) oor God Rom 7:19, 8:1 Die 3 dele van God: Vader (skepping en altyd verder); Jesus (kersfees en paasfees en altyd verder) HG (pinkster en altyd verder) Die Here Jesus sal vir julle sy genade gee, die Vader sal vir julle sy liefde gee en die Heilige Gees sal altyd by julle bly (2 Kor 13:13). 4. LOFSANGE 5. GEBED 6. SKRIFLESING EN PREEK Numeri 25 7. NAGMAAL Deel die brood en die wyn uit. Verduideliking van die nagmaal Dis die plek waar reg gemaak word! 2 Sakramente doop is die familieding (waar God na jou toe kom) en nagmaal is die individuele ding (waar jy na God toe gaan en God jou ontmoet). Dis waar jy regmaak en weet dit werk n TEKEN!!! Regmaak: 1 kor 11:28 (Die heiligheid vd teken) Kleure ons onthou

6 1. ROOI (bloed): Ons onthou wat Jesus gedoen het. Sy liggaam is gebreek sodat my liggaam nooit weer gebreek sal word nie; sy bloed het geloop sodat my bloed nooit weer sal loop nie. Hy is rooi gebreek sodat ek goud kan leef. 2. GOUD (God) Dis'n waarborg: daar is vrede tussen my en God en ek het die goue medalje gewen! Alles wat God belowe is op my van toeassing. Ek is vergewe, God se volle erfgenaam, God se liefde vir my kom nooit op n einde nie ek weet dat ek binne God se hart leef. 3. GROEN (lewe) Die nagmaal is n teken wat bevestig dat ek kan leef en kan groei dat ek regtig in n verhouding met Hom kan leef omdat ek gered is; dat ek kan bid en weet ek word gehoor; dat ek kan Bybel lees en weet ek hoor Hom. 4. BLOU (die Gees) Jesus is in sy liggaam nie meer hier nie, maar dis veel beter; Sy Gees is in my!! (1 Joh 4:4) Hy laat my leef as kind van God terwyl Jesus nou my Advokaat by die Vader is. Daarom kan ek opstaan as ek geval het en ook nagmaal gebruik want Sy Gees los my nooit weer nie. 5. PERS (koning). Jesus is die Koning en met Sy gees in my maak dit my saam met Hom koning! Die nagmaal as teken bevestig dat ek met Koning Jesus kan heers oor satan (1 Joh3:8 tot niet gemaak) en oor sonde kan ek as Koning Die nagmaal is 'n vreugdefees: ons kyk op en weet dat die dinge wat Hy gedoen het nie verniet was nie. Ons is gered en ons is erfgename van al die goeie dinge van God. Hoekom brood en wyn? Koring en druiwe gebreek. Wonderlike goed kom daaruit. En juis geeet en gedrink binne in my en deel van my! Die teken wys dit: ek is deel van God en redding is nie teorie nie! As die brood gebreek word Die brood wat ons breek is om deel te wees aan die liggaam van die Here Jesus. Neem, eet en dink daaraan dat sy liggaam gebreek is sodat jou liggaam nooit weer gebreek sal word nie. As die wyn gedrink word 8. DANKOFFERS Dank... offer!! Daag jou uit, nie die situasie nie. 9. SLOTSANG 10. SEëNGROET Wat maak jy met wat jy gehoor het? Die Here sal julle seën en julle beskerm. Die Here sal Sy aangesig oor julle laat skyn en julle sy genade gee. Die Here sal aan julle goed doen en julle sy vrede gee (Num 6:23-24)