IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Similar documents
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA PIET OBAKENG MOKGOBO BESKULDIGDE 1

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA PIETER CHRISTIAAN VAN WYK. [1] Hierdie is n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A

Geloofsvorming by kinders en jongmense

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK

te Welkom (Saak No. F32/02). Ex facie die oorkonde wil dit

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF)

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL van SUID-AFRIKA

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

LL Saak No 323/1986 IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. In die saak tussen: Appellant JOSEPH PIETERS.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Ui t spraak. "Answer the qu es t ion, what was the hurry?" "I was in a hurry to get the passport." "Why? -- I do not know what to say.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING) ERIC GELDENHUYS JANSE VAN RENSBURG. CORAM: NESTADT, NIENABER ARR et KRIEGLER WND.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA CHRISTOFFEL JACOBUS DEYSEL VAN HEERDEN, HEFER, KUMLEBEN, EKSTEEN. en VAN DEN HEEVER, ARR UITSPRAAK

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD UITSPRAAK

Die Anglo-Boereoorlog *

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Petrus en die Krag van Gebed

Dawid die Skaapwagter

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

Eerste Eiser SUSANNA JOHANNA CILLIERS N.O. Tweede Eiser MALHERBE RP. Eisers tree hierin op as trustees van die AL2 Vervoer Trust van

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: KS 6/05 Datum Verhoor: tot Datum Gelewer:

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Johannes Christiaan Kotze Beskuldigde 1. Paparona Andries Sithole Beskuldigde 2. Pieta Mampuru Mohlake Beskuldigde 3. Sello Frans Mphaka Beskuldigde 4

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) HESTER SUSARA CAMPHER... Appellant. DIE STAAT... Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM GELEWER: 15 MAART 2002 UITSPRAAK

INLEIDING [1] Op 30 November 2006 het ek bevele tot die volgende effek

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Josua - van jongs af n leier

Empathy Ouerhandleiding

veranderings. Dit is egter die wyse waarop daar aangepas word by hierdie veranderings wat dit positief of negatief maak. Die misdaadverskynsel is n

BYBELS-GESONDE GESINNE

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. No. 1/1999

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Adv. A. J. Murphy ... Die Redakteur, Landbouweekblad Fax: Geagte Heer, I/S Boereregte om eiendom te beskerm- vervolg

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DIE AA NDBOODSKA PPER

HOOFSTUK 8 REHABILITASIE

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VERA d'assonville Appellante BORKOR (EIENDOMS) BEPERK

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

WYSHEID TEENOOR GELOOF

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Transcription:

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley) STAAT SAAK NR.: KS 13/01 vs JACO ESTERHUYSE BESK 1 STEFANUS A ESTERHUYSE BESK 2 MAGDALENA E ESTERHUYSE BESK 3 LUKAS JOHANNES KRIEL BESK 4 ADRIAAN KRIEL BESK 5 CORAM: MAJIEDT R KONSEPUITSPRAAK OP VONNIS MAJIEDT R: 1. Die taak van vonnisoplegging is die uitsluitlike prerogatief van die voorsittende Regter. Daarom het ek dan ook na

2 skuldigbevinding alleen voortgegaan in hierdie verrigtinge sonder my assessore. Hierdie is n moeilike en eensame taak wat ek as spreekbuis van die gemeenskap geroepe is om te volvoer. Die oorweging van n gepaste vonnis word soveel te meer bemoeilik in hierdie saak deur die volgende faktore: a) Die feit dat daar n voorgeskrewe minimum vonnis is uit die hoofde van die bepalings vervat in Wet 105/1997 (hierin verder na verwys as die Wet) ten aansien van die misdryf waaraan Beskuldigde 5 skuldig bevind is; b) Die relatiewe jeugdigheid van veral Beskuldigdes 1 en 2; c) Die aard, omvang en erns van die misdryf wat meermale tydens die advokate se betoë bestempel is as nie die gewone tipe aanranding nie. 2. Wanneer daar gestreef word om n ewewigtige vonnis op te lê dan moet n balans getref word tussen die erns van die misdryf, die betrokke beskuldigde se persoonlike

3 omstandighede en die belange van die gemeenskap. Veral Beskuldigdes 1, 2 en 5 is aan baie ernstige misdrywe skuldig bevind. In die geval van Beskuldigde 5 is n lewe van n mens geneem wat onherroeplike gevolge het. Ek sal aanstons by die Beskuldigdes se persoonlike omstandighede kom. Wat die belange van die gemeenskap aanbetref was hierdie n opspraakwekkende voorval wat in die klein gemeenskappie van Windsortonstasie groot belangstelling en in die algemeen afkeur ontlok het. Ek sal later meer volledig met hierdie onderskeie aspekte handel. 3. Daar is getuienis aangebied van twee proefbeamptes wat verslae ten aansien van Beskuldigde 1 (bewysstuk R) en Beskuldigde 2 (bewysstuk S) ingehandig het. Verder het Beskuldigde 5 ook self getuig. Ek wil nou alreeds op rekord plaas dat Beskuldigde 5 sedert die skuldigbevinding nuwe regsverteenwoordigers aangestel het te wete prokureur Louw en advokaat Kotze. Ten aansien van bewysstuk R, die

4 proefbeampteverslag oor Beskuldigde 1 het Me. Bezuidenhout haar verslag nader toegelig op aspekte wat aan haar voorgehou is deur Mnr Muhlohlonye, Mev Birch en ekself. Die volgende val op in haar verslag: a) Beskuldigde 1 en Beskuldigde 2, se ouers het gedurende 1988 van mekaar geskei. Hul moeder, Beskuldigde 3, het toesig oor die twee seuns gekry en het hierdie beskuldigdessedertdien grootliks sonder n vaderfiguur opgegroei. Dit is dan ook opmerklik uit die verslae, bewysstukke R en S, dat hulle beide van hulle, veral Beskuldigde 1, hulle nie onderwerp het aan gesag en dissipline nie. b) Hulle albei het by verskeie geleenthede (Beskuldigde 1 soveel as 13 keer) gedros uit die Kestell kinderhuis. Verder het Beskuldigde 1 ook al gedros uit die Lerato Plek van Veiligheid.

5 c) Beskuldigde 1 het n vorige veroordeling vir diefstal en spog hy blykbaar daaroor dat hy al in die gevangenis verkeer het. d) Beide Beskuldigde 1 en 2 toon geen berou oor die voorval nie en ook geen simpatie teenoor die oorledene en/of sy familie nie. Inteendeel, tydens getuienis het dit geblyk dat Beskuldigde 1 uiters negatief staan teenoor die oorledene en inderdaad neerhalend na hom verwys het teenoor die proefbeampte. 4. Beide proefbeamptes, Me Bezuidenhout en Me March, het baie volledige verslae aan die Hof voorgehou. Verder wil ek herhaal wat ek tydens hul getuienislewering aan hulle oorgedra het, naamlik dat dit verfrissend is om te sien dat proefbeamptes die moeite maak om ook die oorlede se familielede te spreek ten einde ook hulle persoonlike omstandighede voor die Hof te plaas. In die geval van

6 Beskuldigde 1 beveel Me Bezuidenhout aan dat ek aan hom gevangenisstraf oplê ingevolge artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, 51/1977, d.w.s korrektiewe toesig onderhewig aan die Kommissaris se goeddunke ten opsigte van uitplasing. In die geval van Beskuldigde 2 beveel Me March aan dat ek aan hom n uitgestelde vonnis soos vervat in die bepalings van artikel 297(1)(a) van die Strafproseswet oplê, tesame met korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet. 5. Ek handel vervolgens met die onderskeie Beskuldigdes se persoonlike omstandighede. 5.1 Beskuldigde 1. Hy is tans 19 jaar oud en was 18 jaar oud toe die voorval plaasgevind het. Soos alreeds aangedui is sy ouers tydens 1988 geskei en is hy deurgaans in sy moeder se sorg gewees behalwe vir die korstondige tydperke wat hy in die Kinderhuis of by die Plek van Veiligheid deurgebring het. Hy is

7 tans werkloos en het alreeds met die gereg gebots deurdat hy gedurende 2000 skuldig bevind is aan diefstal van goedere ter waarde van R1000.00 en is hy n vonnis van 6 maande opgelê. Hy moes klaarblyklik pas uit die gevangenis gekom het toe die onderhawige voorval plaasgevind het gedurende September 2000, want hy is Maart 2000 in die gevangenis opgeneem. Hy is finansieel afhanklik van sy moeder en sy vader lewer klaarblyklik finansieel geen bydrae tot sy funksionering nie. 5.2 Beskuldigde 2. Hy is tans 18 jaar oud en was 17 jaar oud tydens die voorval. Hy is eweneens sedert 1988 in die sorg van sy moeder en was dan ook by verskeie geleenthede by Kestell kinderhuis opgeneem. Dit het tydens die getuienis van Me March geblyk dat hierdie Beskuldigde huidiglik by sy moeder by die Rand Motel woon en dat hy tans daar werksaam is.

8 5.3 Beskuldigde 3. Sy is die moeder, soos reeds aangedui, van Beskuldigdes 1 en 2. Sy is werksaam by die Rand Motel en verdien R1200.00 per maand aldaar, welke inkomste sy aanvul deur fooitjies van klante en verdien sy daarmee gemiddeld R600 per maand. Sy is alleen verantwoordelik vir die versorging van die twee seuns, Beskuldigde 1 en 2, uit haar voormelde inkomste. 5.4 Beskuldigde 4. Hy is tans 28 jaar oud, ongetroud en in diens van die SAPD sedert 1994 waar hy tans n sersant is in die Goud- en Diamanttak. Hy is betrokke in n vaste verhouding met n dame vir die afgelope vyf jaar en daar is vooruitsigte dat hullle moontlik in die eg verbind kan word teen die einde van hierdie jaar. Hierdie Beskuldigde het matriek gedurende 1992 voltooi. Hy is n eerste oortreder en ek is meegedeel deur sy advokaat dat hy in September 2000 geskors is en die helfte van sy maandelikse salaris moes inboet a.g.v. sodanige skorsing. Hierdie skorsing is opgehef in Oktober 2001 waarna

9 hy oorgeplaas is na die SAPD se logistieke eenheid waar hy hoofsaaklike administratiewe take verrig het. Na opheffing van die skorsing soos voormeld is hy terugwerkend die helfte van sy salaris terugbetaal. Volgens Mnr Nel moet n departementele verhoor nog plaasvind na aanleiding van hierdie verrigtinge wat nou op vonnisstadium is en het hy my gevra om in ag te neem dat daar n wesenlike moontlikheid is dat Beskuldigde 4 sy werk kan verloor. Volgens Mnr Nel het Beskuldigde 4 n bedrag van R2000.00 beskikbaar vir n boete maar n hoër bedrag sal sy ouers hom van hulp mee wees. 5.5 Beskuldigde 5. Hy het getuig dat hy tans 23 jaar oud is en was tydens die voorval n bietjie ouer as 21 jaar. Hy het standerd 8 op skool geslaag en was by twee geleenthede onsuksesvol om standerd 9 te slaag. Hy het, nadat hy skool verlaat het gewerk by n konstruksiemaatskappy in Pretoria vir ongeveer 3 maande en het toe by sy vader, wat n landmeter van beroep is, gewerk ook in Pretoria. Hy het in diens van sy vader huise

10 gebou vir ongeveer ses maande. Hy is daarna, en wel in 1998 oorsee waar hy in London rugby gaan speel het. Hy het daar ongeveer 1 jaar en 1 maand deurgebring waar hy ook deelgeneem het aan die studente wêreldbeker en was onderkaptein van n span. By sy terugkeer in SA het hy vir 3-4 maande by sy ouerhuis gewoon en sy ouers het toe na Kimberley verhuis en hy het saam met hulle hierheen getrek ongeveer 15 maande voor die voorval. Hy het geen werk gehad nie alhoewel hy gepoog het om werk te bekom. Alhoewel die Staat geen vorige veroordelings teen hom kon bewys nie het sy advokaat klaarblyk op instruksie van Beskuldigde 5 aan die Hof openbaar dat hy wel n vorige veroordeling het vir n oortreding van die Padverkeerswet, te wete bestuur onder die invloed van drank. Vir dié misdryf is hy n boete van R3000.00 of 2 jaar gevangenisstraf opgelê wat beide in geheel opgeskort is. Die misdryf het klaarblyk gespruit nadat daar vir hom n afskeidspartytjie in Pretoria gehou is op die vooraand van sy vertrek na London waarna ek alreeds

verwys het. 11 6. Die optredes van die Beskuldigdes in hierdie saak is besonder afkeurenswaardig omdat, soos Mev Birch namens die Staat tereg voorgehou het, n weerlose man deur Beskuldigdes 1, 2, 3 en 5 aangerand is terwyl hy op die grond gelê het. Hy is verder met n warm vloeistof (waarskynlik kookwater) oor sy liggaam gegooi terwyl hy steeds so weerloos op die grond gelê het. Hierdie daad is gepleeg deur Beskuldigde 1 terwyl Beskuldigdes 2, 3 en 5 daar op die toneel teenwoordig was. Die oorledene is herhaaldelik geslaan, getrap en geskop sodanig so dat daar nie minder nie as 30 identifiseerbare beserings oor sy liggaam voorgekom het. Uit die fotos voor die Hof blyk dit duidelik dat hy oor sy hele liggaam gekneus was. Natuurlik is hy toe ook ten minste een keer teen die kop geskop deur Beskuldigde 5, welke skop ek alreeds bevind het die noodlottige hou was. Daar is na my mening geen meriete hoegenaamd in n betoog wat hier voorgehou is dat die

12 oorledene tot n mate self aanleiding gegee het tot die gebeure deurdat hy n steurnis veroorsaak het nie. Op die bewese feite was die oorledene en sy vriende alreeds oppad huis toe en ver weg van die Motel-perseel toe hulle agterna gesit, ingehaal en die oorledene so noodlottig aangerand is. Hierdie is uiteraard strafverswarende aspekte. 7. Natuurlik kan n mens verwag dat die gemoedere van die gemeenskap daar te Windsorton oor hierdie onnodige en ongevraagde aanval hoog loop. Daar was dan ook sprake tydens die verhoor dat mense vanuit die gemeenskap vir sommige van die Beskuldigdes gedreig het. Dit is juis waarom n gepaste vonnis, wat deeglik die gemeenskap se wesenlike belange hierin in ag neem, opgelê moet word, met die voorbehoud dat die nodige gewig verleen word aan die ander twee tersaaklike aspekte, te wete die Beskuldigdes se persoonlike omstandighede en die erns van die misdrywe.

13 8. Die Beskuldigdes, veral dan Beskuldigdes 1, 2, 3 en 4 is op verskillende feite basisse aan verskillende grade van aanranding skuldig bevind. Verder wissel hulle persoonlike omstandighede ook opmerklik van mekaar. Die gevolg hiervan is dat elkeen van hulle se vonnis geïndividualiseer behoort te word om tred te hou met so n Beskuldigde se unieke persoonlike omstandighede en graad van morele blaamwaardigheid aan die misdryf waaraan hy/sy skuldig bevind is. 9. Ek gaan vervolgens daarna oor om oorweging te skenk aan die gepaste vonnisse wat elke individuele Beskuldigde opgelê behoort te word, met inagneming van my algemene opmerkings ten aansien van die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap sowel as elke beskuldigde se unieke persoonlike omstandighede. 9.1 Beskuldigde 1. Hierdie Beskuldigde is relatief jeugdig en, soos

14 in die geval van al die ander Beskuldigdes, is hier geen bewys dat daar vooraf beplanning was wat betref die pleging van die misdryf nie. Ek neem verder ook in ag dat, wat geweldsmisdade aanbetref, hy n eerste oortreder is en dat hy klaarblyklik uit n gebroke huis kom en dat die afwesigheid van n vaderfiguur uiteraard in n groot mate aanleiding gegee het tot sy onvermoë om hom aan gesag en dissipline te onderwerp soos wat duidelik blyk uit die getuienis voor my. Die strafverswarende faktore is die feit dat hierdie Beskuldigde die een is wat ek bevind het die warm vloeistof, waarskynlik kookwater, op die oorledene uitgegooi het terwyl nog gelewe het en terwyl hy weerloos op die grond gelê het. Die mediese getuienis sowel as die fotos voor die Hof illustreer grafies die skade wat hierdie warm vloeistof aan die oorledene se liggaam aangerig het. Ek kan my ook voorstel dat die oorledene op daardie stadium erge pyn moes verduur het toe Beskuldigde 1 die warm vloeistof oor hom uitgegooi het. Die Beskuldigde toon hoegenaamd geen berou nie, hy toon n algehele gebrek

15 aan simpatie aan die oorledene en/of sy familie, veral sy kinders en staan heeltemal afsydig teenoor die gevolge van sy wandaad. Dit blyk inteendeel uit die getuienis dat die betrokke Beskuldigde neerhalend na die oorledene verwys het tydens die onderhoud met die proefbeampte. Verder het ek tydens die verhoor die indruk gekry dat hy sowel as Beskuldigde 2 die erns van die huidige verrigtinge by die vonnisstadium tot n aansienlike mate gering skat en selfs minag, gegewe hulle onbehoorlike gegiggel terwyl die proefbeampte getuienis afgelê het. Die moontlikhede om hierdie Beskuldigde te rehabiliteer is nie heeltemal uitgesluit nie, soos blyk uit Me Bezuidenhout se getuienis en verslag. Ek meen egter dat rehabilitasie nie anders sal kan as om in gevangenisverband te geskied nie. Daar is by my geen twyfel dat die enigste gepaste vonnis in die geval van Beskuldigde 1 een van direkte gevangenisstraf is nie. Hy kan nie n boete betaal nie, wat in elke geval onvanpas sou wees in die omstandighede; n vonnis van algehele opgeskorte gevangenisstraf sou myns insiens ook nie van pas

16 wees in die omstandighede van hierdie saak nie; verder is dit te betwyfel of hy behoorlik moniteerbaar sal wees wat korrektiewe toesig betref. Ek meen dat die aanbeveling van korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet wat die proefbeampte aanbeveel, die erns van die misdryf grootliks sal onderbeklemtoon. Verder is dit ook so dat die Beskuldigde alreeds voorheen n vonnis van 6 maande gevangenisstraf opgelê is. Beskuldigde 1 se geskiedenis is een treurmare van regressie vir soverre dit toesig, dissipline en beheer aanbetref. Hy beweeg op n kurwe van misdadigheid wat aanhou opwaarts beweeg en is dit slegs in sy hande of hy, met behulp van die nodige programme vir rehabilitasie in die gevangenis, hierdie opwaartse kurwe in n ander rigting sal dwing. 9.2 Beskuldigde 2. Hierdie Beskuldigde is eweneens skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Sy skuldigbevinding berus egter op n ander basis as dié van sy

17 broer, Beskuldigde 1, deurdat hy skuldig bevind is op die basis van n gemeenskaplike doel en sy eie handeling ter uitvoering van hierdie gemeenskaplike doel is dat hy die oorledene geskop en getrap het. Na my mening behoort hy aansienlik meer toegeeflik behandel te word as Beskuldigde 1, aangesien hy slegs teenwoordig was toe die warm vloeistof op die oorledene se liggaam uitgegooi is en hy dit nie self gedoen het nie. Verder is hy ook n algehele eerste oortreder en is hy ook effens jonger as sy broer. Ek het ook die indruk gekry uit my waarnemings in die hof, asook uit die proefbeampte se verslaeg, bewysstuk S, dat hy tot n groot mate nog beïnvloedbaar is en n aansienlik mindere rol gespeel het tydens die voorval. Ook in sy geval en ook vir die redes alreeds vermeld ten aansien van sy broer, Beskuldigde 1, meen ek dat n boetevonnis en n algehele opgeskorte vonnis nie van pas sal wees nie. Dit laat twee moontlikhede te wete direkte gevangenisstraf of korrektiewe toesig. Ek het na versigtige en deeglike oorweging tot die slotsom gekom dat ten

18 einde hierdie Hof se afkeur aan sy optrede en inaggenome die erns, omvang en aard van die misdryf wat gepleeg is teenoor die oorledene te laat weerklank vind, n vonnis van direkte gevangenisstraf waarvan n gedeelte opgeskort word op gepaste voorwaardes, n gepaste vonnis vir hierdie Beskuldigde sal wees. Ek meen eweneens dat die aanbeveling van die proefbeampte, Me March, dat ek sy vonnis sal uitstel vir n tydperk, die erns van die misdryf heeltemal sal onderbeklemtoon. 9.3 Beskuldigde 3. Hierdie Beskuldigde is grootliks op grond van haar eie erkennings ten aansien van die aanranding op die oorledene skuldig bevind aan aanranding gewoon. Haar persoonlike omstandighede blyk uit die proefbeamptes se verslae en dit is dat sy op n vroeë stadium van die lewens van haar twee seuns, Beskuldigdes 1 en 2, as moeder en vader moes figureer en alleen verantwoordelikheid moes aanvaar het vir hulle opvoeding. Dit moes uiteraard n groot las op haar

gewees het en neem ek deeglik in ag dat sy met die karige inkomste wat sy verdien die wa deur die drif moes trek wat 19 hierdie twee seuns betref. Haar optrede was egter dié betrokke aand ongevraagd en heeltemal onnodig wat betref die aanranding op die oorledene. Ook in haar geval moet individualisering van vonnis geskied en meen ek dat dit tot gevolg het dat sy n aansienlik ligter vonnis opgelê behoort te word as dié wat haar twee seuns toekom. Ek meen dat in haar geval n boete vanpas sal wees soos wat Mnr Muhlohlonye en Mev Birch ad idem oor is. 9.4 Beskuldigde 4. Hy is skuldig bevind aan aanranding gewoon op die klaer Abel Vries. Ek neem deeglik in ag dat hy nie verantwoordelik gehou kan word vir die aanval en dood van die oorledene nie, maar meen ek tog dat sy optrede dié aand in konteks van al die gebeure daar beskou moet word. Veral die feit dat hy n polisiebeampte is en, soos ek alreeds bevind het, sy optrede ver te kort geskiet het van dié wat die gemeenskap

20 verwag van n polisiebeampte, werk erg strafverswarend teen hom in. Ek neem in ag dat hy n eerste oortreder is. In sy geval, juis omdat hy n polisiebeampte is, sal ek eweneens die Hof se afkeur aan sy optrede met n swaarder vonnis besoek as dié wat Beskuldigde 3 toekom. Ek meen dat sy advokaat, Mnr Nel, sinvol aan die hand gedoen het dat, juis a.g.v. hierdie strafverswarende faktor n stywe boete, gekoppel aan opgeskorte gevangenisstraf op gepaste voorwaardes hom behoort te onderskei van die vonnis wat Beskuldigde 3 opgelê sal word. Mev Birch namens die Staat het hierdie benadering ondersteun as aanvaarbaar in die omstandighede. 9.5 Beskuldigde 5. In die geval van hierdie Beskuldigde is dit n aansienlik moeiliker taak om op n gepaste vonnis te besluit. Die redes daarvoor is voor-die hand-liggend en tweeledig: a) Eerstens die feit dat hy, anders as die ander Beskuldigdes aan moord skuldig bevind is, weliswaar

slegs op die basis van dolus eventualis; en 21 b) Tweedens die feit dat daar voortspruitend uit hierdie skuldigbevinding n minimumvonnis van 15 jaar gevangenisstraf deur die Wetgewer voorgeskryf word in die Wet. Wat hierdie Beskuldigde aanbetref moet daar eerstens oorweging geskenk word of daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat afwyking van die minimum vonnis regverdig. Sy advokaat, Mnr Kotze, het op bekwame en deeglike wyse voorgehou dat die volgende as wesenlike en dwingende omstandighede aangemerk behoort te word te wete: a) Die feit van sy beskonkenheid en gepaardgaande vermindering van oordeelsvermoë aan sy kant; b) Die feit dat hy slegs op grond van dolus eventualis skuldig bevind is aan moord;

22 c) Sy relatiewe jeugdigheid en die feit dat hy n eerste oortreder is wat betref geweldsmisdade; d) Die feit dat hier geen voorafbeplanning was nie. Mnr Kotze het my gevra om te bevind dat hierdie faktore, kumulatief gesien, wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel. Hy het verder ook aan die hand van die uitspraak in S v Malgas 2001(1)SASV 469(HHA)aan die hand gedoen dat die vonnis wat gewoonweg opgelê sou word aan Beskuldigde 5 gegewe die omstandighede van hierdie saak, so disproporsioneel is teenoor hom, die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap, dat dit afwyking van die minimum vonnis regverdig. Hy het ook, weliswaar nie met groot oorgawe nie, my verwys na die ongerapporteerde uitspraak van KS 23/99, S v Visser, n uitspraak van Steenkamp RP. Ek meen dat Mnr Kotze se uiteindelike toegewing dat die vonnis in daardie saak opgelê heeltemal onvanpas sou wees in die onderhawige saak, heeltemal tereg

is. 23 Ek het ernstige oorweging geskenk aan hierdie submissies. Die aspekte wat voorgehou is deur Mnr Kotze beskou ek inderdaad as strafversagtende faktore wat ten gunste van die Beskuldigde 5 tel. Of dit wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel, is egter n ander saak. Ek meen dat die Beskuldigde se getuienis oor sy hoeveelheid van drankinname en die effek daarvan op hom wat teenstrydig is met die vroeëre getuienis wat hy afgelê het, nie as geloofwaardig aangemerk kan word nie. Sy beweegrede vir sy aanvanklik leuenagtige getuienis voor my, gaan net eenvoudig nie op nie. Ek is dit eens met Mev Birch se submissie dat dit eerder dui op n aanpassing van sy getuienis later. Ek aanvaar egter dat die ander faktore wat Mnr Kotze voorgehou het wel strafversagtende omstandighede daarstel. Ek is egter die mening toegedaan dat hierdie strafversagtende faktore grootliks geneutraliseer word wanneer die erns, aard en

24 omvang van die aanval op die oorledene in perspektief gestel word. Hierdie man en sy vriende was alreeds besig om die perseel te verlaat oppad huis toe toe hulle agterna gesit en aangeval was. Die oorledene was, soos ek alreeds aangedui het, weerloos op die grond toe hy so erg aangerand was en uiteindelik n fatale skop teen die kop gekry het. In S v Malgas waarna ek alreeds verwys het sê Marais AR die volgende te 482 b E. The Legislature has however deliberately left it to the courts to decide whether the circumstances of any particular case call for a departure from the prescribed sentence. While the emphasis has shifted to the objective gravity of the type of crime and the need for effective sanctions against it, this does not mean that all other considerations are to be ignored. Verder aan te 482 e sê hy:

I. If the sentencing court on consideration of the circumstances of the particular case is satisfied that they render the prescribed sentence unjust in that it would be disproportionate to the crime, the criminal and the needs of society, so that an injustice would be done by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser sentence. 25 J. In so doing, account must be taken of the fact that crime of that particular kind has been singled out for severe punishment and that the sentence to be imposed in lieu of the prescribed sentence should be assessed paying due regard to the bench mark which the Legislature has provided. Ek het, soos ek alreeds aangedui het, hierdie aspekte baie versigtig oorweeg en tot die slotsom gekom dat, selfs al was die bepalings vervat in die Wet ten aansien van die minimum vonnis nie op die Wetboek nie, ek steeds, gegewe die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap, n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf sou opgelê het. Ek is derhalwe van

mening dat disproporsionaliteit van vonnis nie hier ter sprake sou kom soos wat in Malgas se saak na verwys word 26 nie. Gevolglik bevind ek dat daar geen dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat my in staat stel om af te wyk van die minimumvoorgeskrewe vonnis nie. 10. Ek vonnis dus elk van die Beskuldigdes as volg: 10.1 Beskuldigde 1. 2 (twee) jaar gevangenisstraf. 10.2 Beskuldigde 2. 2 (twee) jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir n tydperk van vier jaar, op voorwaarde dat die Beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan n misdryf waarvan geweld teen n ander n wesenlike element is en waarvoor hy gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van n boete wat gepleeg word gedurende die tydperk van opskorting nie.

27 10.3 Beskuldigde 3 word gevonnis tot n boete van R1500.00 (een duisend vyfhonderd Rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf. 10.4 Beskuldigde 4 word gevonnis tot n boete van R2500.00 of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf sowel as n verdere 9 (nege) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir n tydperk van vier jaar op voorwaarde dat die Beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan n misdryf waarvan geweld teen n ander n wesenlik element is nie waarvoor hy gevangenisstraf sonder die keuse van n boete opgelê word wat gepleeg word gedurende die tydperk van opskorting nie. 10.5 Beskuldigde 5 word ingevolge die bepalings vervat in artikel 51(2)(a)(i) van Wet 105 van 1997 gevonnis tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf.

28 SA MAJIEDT REGTER NAMENS STAAT: Advokaat Tania Birch NAMENS BESKULDIGDES 1, 2, 3 Adv MM Muhlolonye NAMENS BESKULDIGDE 4Adv I Nel NAMENS BESKULDIGDE 5Adv D Kotze DATUMVAN VERHOOR: 28/01/2002 06/02/2002 DATUMVAN VONNISUITSPRAAK: 17 Mei 2002