Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Geloofsvorming by kinders en jongmense

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

LoveGodGreatly.com 1

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

GEBED VIR KERKLEIERS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dawid die Skaapwagter

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE AA NDBOODSKA PPER

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

God se Woord. God se Wil

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

My liewe broers en susters, ek

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

BYBELS-GESONDE GESINNE

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Seisoen van die Gees

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Josua - van jongs af n leier

Verwerking van die Sake van Jou Hart

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

WYSHEID TEENOOR GELOOF

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening 7 Mei 15 Junie 2016

Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening 7 Mei 15 Junie 2016

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Deur Christus Alleen

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Transcription:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in Jesus na ons toe kom. Hoe vorm sy koms al die maniere hoe ons dink, voel en leef? Aankondiginge: - Skool begin weer die 13de Januarie, so volgende Sondag is nog net een diens om 09:00. - Ek en Christo is op die oomblik aan diens. (S2)Votum: Ek laat vrede oor jou regeer, Ek laat geregtigheid jou bestuur. 18 Daar sal nie meer gehoor word van geweld in jou land nie, of van ondergang en verwoesting binne jou grense nie. Jy sal jou mure noem: Redding, jou poorte: Lof. 19 Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God. 20 Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, jou dae van smart is verby. 21Al jou inwoners sal regverdiges wees, hulle sal die land vir altyd besit. Hulle is die loot wat Ek self daar geplant het, die werk van my hande om my roem te vermeerder. 22 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste 'n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here. Wit baniere word gehys en Christuskers aangesteek: (S3)Doopherinnering en stilword: Epifaniefees neem ons ook terug na Jesus se eie doop, toe die hemel oopgegaan het en die Gees van God soos n duif op Hom neergedaal het en die omstanders God se stem kon hoor: Dit is my geliefde Seun, in Hom verheug Ek my. Sit n oomblik met jou hand op jou voorkop. Jy is ook gedoop. Dit was God se bevestiging: Jy is my geliefde kind; niks kan jou skei van sy liefde nie. Ontvang vir n oomblik daardie bevestiging. Seëngroet: Rus in God se goedheid en Lig. Sang: Lied 344:1-3 (O die goeie tyding) (S4-10)Gebed: Voorganger: Almagtige Here, U het ons gesalf om n blye boodskap te bring aan mense in nood, en tog is ons traag om dit te deel. Voorganger: Daar is armoede, oral om ons, en tog word die Goeie Nuus nie aan die armes verkondig nie. Voorganger: Onreg en onderdrukking is oral te sien,

en tog is ons soms traag om te staan by hulle wat ly. Voorganger: Daar is die verlange na vryheid onder alle mense, geslagte, klasse en generasies wat ons nie altyd raaksien nie. Voorganger: Ons weet vanuit ons geskiedenis, ons ryke diversiteit en verskeidenheid, dat ons mekaar nodig het, en tog is daar voortdurend strewe van die een om oor die ander te heers. Voorganger: Vergeef ons Here ons meerderwaardigheid teenoor mens, dier en natuur. Vergeef ons ons kortsigtigheid op die oorvloed van u herskeppende genade. Voorganger: Verhelder ons verstand, Here. Verander ons harte, Here. Open ons hande, Here. Raak ons lippe aan, Here. Sang: Lied 350:1-2 (In die stad van koning Dawid) (S11)Gebed: Here, U het ons vrygespreek om in u liefde te leef. Verlos ons weer deur u Woord en die Heilige Gees. Skriflesing: Jes 60:1-6 Preek: (S12)God het vir ons lig gebring. Na Jesus se koms is alles anders. Almal sien nog nie die Lig nie. Almal ontvang nie die lig nie. Maar ons het die lig. God het dit aan ons gegee in Jesus. Ons, God se kinders, sy kerk, Jesus se liggaam op aarde, ons het die Lig ontvang. Die magtige teenwoordigheid van die Here is by ons. Ons kan hierdie lig laat skyn; verteenwoordigers daarvan wees in hierdie wêreld wat in elk geval ons God s n is. God se droom soos wat ons dit hier sien in Jes 60 is dat mense aangetrek sal word na die lig soos motte na n kers. Hulle moet kan sien dat ons die lig het wat hulle nog nie ken nie en hulle moet nader staan om ook te deel in die lig. Maar wie sal na ons toe kom, en hoekom? Wat sien mense by ons wat hulle graag sal wil hê? Wie is die mense wat vandag na God se lig toe moet kom, en hoe moet daardie lig lyk? (S13)As Israel sien wat God doen, hoe sy lig en heerlikheid rondom hulle skyn, skryf Jesaja, sal hulle van vreugde straal en van blydskap bewe (v5). In die Nuwe vertaling het die vertalers twee werkwoorde bymekaar gegooi met die frase bewe van blydskap. Die OAV het hierdie pragtige uitdrukking: jou hart sal ontroer en verruim word. Kersfees 2015 het gekom en gegaan. Dalk was daar tog oomblikke wat jy van vreugde gestraal het, wat jy gebewe het van blydskap, waar jou hart ontroer en verruim is. Koester en

ontvang hulle elkeen. Wees dankbaar daarvoor. Dit is nie dinge wat ons in onsself kan doen nie; dit is dinge wat God vir ons doen. Maar as ons agter kom dat ons harte dood geword het vir die boodskap van Jesus, kan ons skuldig daaroor voel en harder probeer om onsself weer aan die gang te kry. Die dissipline is nie om harder te probeer nie, maar om elke keer weer stil te raak voor die wonder van God. Wat het met ons gebeur in Jesus? Hoe het dit lig vir ons gekom? (S14)In God se Seun het ons ontdek dat God ons ewige Vader is. Van altyd af is Hy ons Vader en van altyd af sal Hy dit wees. Tussen al die voorstellings van God, al die misverstande wat daar dalk kan kom uit heidense idees van Hom en self van die OT se verhale en beelde, weet ons, wat God deur Jesus ken, dat Hy ons regtig liefhet en dat ons gemaak is om syne te wees; sy kinders, deur Hom versorg, beskerm en vry gemaak. Maar meer nog as dit. Dat Hy selfloos is. Dat Hy wat die Skepper van hemel en aarde is bereid is om Self n skepsel te word. Om af te sien van al sy voorregte, sy mag en sy heerlikheid, om die babatjie in die krip te word, juis sodat ons sy mag en sy heerlikheid op nuwe maniere kan ontdek. Mag net ter wille van mag, is van die duiwel, skryf bekende teoloof Karl Barth. (S15)En so is ons God nie. Miskien moet ons die evangelieteks vir Epifanie ook hier onthou: die wyse manne uit die Ooste. Die welgestelde, geleerde heidene wat die ster van n nuwe Joodse koning sien opkom het. En dalk, omdat hulle tekste soos Jes 60 geken het en gereken het dat die nuwe koning in hierdie stad met ryk betekenis gebore sou word, het hulle in Jerusalem oor Hom navraag gedoen. Dit het Herodes natuurlik vinnig laat reageer en die beste teoloë laat vergader, en gelukkig het hulle het onthou van n ander teksgedeelte, van n plek net so 18km verder, maar in n heel ander wêreld: Maar jy, Betlehem, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou uit sal iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede (Mig 5). Nie in die groot stad met sy ryke geskiedenis en godsdiens nie, maar in die stowwerige en betekenislose plattelandse dorpie, kom die nuwe Koning, God se Seun. En die geërde gaste uit die Ooste, is bereid om hulle kamele op te saal en na die onpretensieuse Betlehem te gaan en daar aan die nuwe Koning hulde te bring. En weer, soos in Jesaja, sien ons dat hulle onverwags oorval word met groot blydskap en in n simboliese gebaar kniel hulle voor Hom as n teken van wie Hy is. Want daar in Betlehem ontdek hulle en ons dat Hy vir ons almal gekom het. (S16)Dit is hierdie onverwagse hoop wat mense van vreugde laat straal en wat harte ontroer en verruim. Want dit is die getuienis van n God se hart wat altyd ruimer is as wat ons kan dink. En dit is wat dit beteken dat ons n lewende Waarheid het; dat ons God leer ken in Jesus self, wat nie net gelewe het en toeganklik was vir mense om Hom persoonlik te ken nie, maar wat leef in alle ewigheid en ook vir ons toeganklik is om persoonlik te ken. In Hom vind ons die weg en die lewe. En soos wat jy leer lewe saam met Hom, leer jy altyd nuwe dinge. Die NT is nie n nuwe wet nie, maar n bekendstelling aan die Een wat self nou ons weg en waarheid en lewe is. As ons sy lig wil laat skyn, hoe sal dit lyk? Ons sal ruim harte moet ontwikkel, wat soos syne is. Ons sal moet leer om opgewonde te wees oor die mense wat Hy nader bring, want dit is die skoonheid en die blydskap van die evangelie: as dit vir almal goeie nuus is, as almal by Hom kan liefde, vergifnis en nuwe lewe kry, dan is daar ook vir my!

Die voorbeeld van Jesus se lewe op aarde maak dit so duidelik waar God se hart lê, maar ons kry dit reg om dit in elk geval te ignoreer en weer in selfregverdigende Farisiëeragtige godsdiens te verval. Die mense wat juis die lig moet sien, wat juis vir ons moet herinner aan die groot blydskap, die groot verlossing en van God se ruim hart, hulle voel nie welkom hier by ons nie. In Jesus se tyd het hulle sekere name gehad, Samaritane, prostitute, tollenaars, melaatses, besetenes. In ons tyd het hulle dalk ander name: swart mense, straatmense, arm mense, verslaafdes, mishandelde vroue, geskeides, kerklos mense, gay mense Wat is dit wat maak dat ons harte gesluit is vir hulle; en mense weet, dit is hoekom hulle meestal nie hier by ons is nie Ek kan dink aan ten minste een ding: vrees. Ons is bang. Ons weet nie hoe om hierdie mense te hanteer nie, ons weet nie wat hulle met ons kerk gaan maak nie en hulle bedreig ons sekuriteit. En nou speel ons eerder morele polisie en voel baie trots op onsself. Maar vrees is iets van die donker. Ons het die lig ontvang, en die lig is liefde, en die liefde verdryf die vrees, skryf Johannes. Ek wonder sedert die debakel oor die sinodebesluit baie oor wie ons as kerk van Jesus is in hierdie wêreld en wie ons moet wees. Die gelykenis van die verlore seun (Pa met die twee seuns) wil my nie los nie. Ek dink aan die oudste seun wat nie baie gelukkig was met sy pa se genade nie, en hoe baie van sy gees en gesindheid daar in ons is. En ek dink aan al die alternatiewe hanterings wat die pa sou kon gehad het (wat ons met ons kinders sou gedoen het in sy situasie; die preke, die voorwaardes; hy moet darem eers weet wat hy gedoen het, eienaarskap van die pyn wat hy veroorsaak het ). En ek dink aan die pa en sy oop arms, en sy ruim hart en sy blydskap oor sy seun wat terug is (S17)Jesus self het gesê: Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. Ek bid dat ons ons lig sal laat skyn. Dat ons harte verruim sal word om soos syne te wees. Dat ons sal straal van vreugde en sal bewe van blydskap as ons sien wie Hy bring na sy lig toe. Want as die evangelie goeie nuus is vir hulle, is dit verseker goeie nuus vir my ook. Amen. Gebed: Here, u lig het gekom. Dit het op my lewe geval. Dit het deur u Gees op ons geval; ons het dit ontvang in ons doop. Ons is begenadig om u kinders te wees. Kinders van n Vader wat n ruim hart het, wat plek het vir almal, wat nie oordeel nie, maar vrymaak. Ons het so baie om te leer. Vat ons vrees weg en ontroer en verruim ons harte om soos u te wees. Amen. (S18-20)Dankoffers met Gebed op powerpoint: Jesus, as we travel far and fast, lead our minds back to the [magi] following your star, and forward to the day when all see your shining light. Jesus, light of the world, let your bright star stand over the place where the poor have to live; lead our eager sages to wisdom and our rulers to reverence. O, God by the leading of a star

you revealed your Son Jesus Christ to the gentiles; grant that your Church may be a light to the nations, so that the whole world may come to see the splendour of your glory; through Jesus Christ our Lord. Sang: 486:1-3 (Bring aan die volke die boodskap) (S21)Seën: Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudinge sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef. Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede. Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense in pyn, wat verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander. En mag die Here jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy n verskil in hierdie wêreld kan maak sodat jy die dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.