Volume 3 van 2016 September 2016

Similar documents
this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Kerk Kry Moeilikheid

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DIE AA NDBOODSKA PPER

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Dawid die Skaapwagter

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

aan God alle eer Kinderkerk - 2 Tolderia Kerssangdiens - 7 Gemeente Ermelo Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Josua - van jongs af n leier

WYSHEID TEENOOR GELOOF

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

BYBELS-GESONDE GESINNE

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Profetiese woord vir 2017 en verder

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

KRAG VAN TRANSFORMASIE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

God se Woord. God se Wil

Deur Christus Alleen

Seisoen van die Gees

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

LoveGodGreatly.com 1

Transcription:

Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen - 9 OORDENKING: INFLASIE Ek is seker jy het al baie keer die woord "inflasie" gehoor. Weet jy wat dit beteken? Ek moet eerlik wees, ek weet nie heeltemal nie. Dit klink vir my of dit iets te doen het met die geld wat in omloop is in die land wat nie deur dieselfde hoeveelheid goudbates gedek word nie. Nou wil jy vra; "maar wat het dit met my as gelowige te doen?" Die eenvoudige antwoord is dat feitlik elke gemeente in die land worstel om hulle boeke te laat klop. Inflasie speel n groot rol hierin in die sin dat geld se waarde minder word en pryse voortdurend styg. Dit is egter nie dié soort inflasie waaroor ek met jou wil praat nie. Ek praat van 'n ander soort inflasie wat dalk vir die kerk en vir elke gelowige baie groter gevaar inhou as die inflasie waarvan ek vroeër gepraat het ek praat van woordinflasie. Ek het gesê inflasie beteken dat daar meer geld in omloop is as wat daar goudreserwes is. My vraag aan jou is; "is daar nie in die kerk en in die lewe van gelowiges meer woorde in omloop as wat daar geloofsdade in reserwe is nie?" Dink maar aan die baie bekende woord vergiffenis; Wat van ons mooi woord Sondag, Sabbat, Rusdag? Dink maar aan 'n woord soos liefde; Hoe lyk ons medemenslikheid? Wat maak ons met die woord "hoop?" Sien jy hoe diep inflasie ingesny het in die Kerk? Ons het baie woorde, maar nie altyd die dade om daardie woorde iets werd te maak nie. Jesus sê woorde en dade lê nie los van mekaar nie. Ons het gelees van 'n pa wat twee seuns gehad het. Hy het vir altwee dieselfde opdrag gegee. Die een het gesê hy wil dit nie doen nie. Later het hy spyt gekry en gaan doen wat sy pa gevra het. Die ander het dadelik gesê, hy sal, maar dit nooit gedoen nie. Jesus se vraag: "Wie het die wil van die pa uitgevoer?" Die een wat, alhoewel hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof moet meer as woorde wees. Geloof is meer as vinnige antwoorde. Jesus wil gelowiges hê wie se woorde met dade versier word. Hy wil nie 'n inflasiekoers in die Kerk hê van 500/600/700% nie. Hy hou nie van baie woorde en min dade nie. Hierdie Pa wil hê dat al twee sy seuns ja sê en ja doen. Een Seun het dit reeds gedoen. Een Matteus 21:28-32 Seun het reeds "ja" gesê en "ja" gedoen, al het Hy om n stadium gesê; "Pa, as dit anders kan, laat hierdie lydensbeker by my verby gaan. Maar as Ek dit moet drink, dan sal Ek dit drink." En Hy het dit gedrink - leeg gedrink. Hy het die beker, wat vol was van God se toorn oor jou en my sonde, leeg gedrink aan die kruis. Kom ons kyk weer na al die ja's wat ons sê en reeds gesê het en ons vra: "het inflasie sy tol geëis?" As dit so is, moet ons voor begin. Ons moet 'n nuwe geldeenheid vir ons eie lewe kry, 'n geldeenheid wat nie deur inflasie opgevreet kan word nie, 'n geldeenheid wat nie deur motte verniel kan word of deur diewe gesteel kan word nie. Ons moet ons kinders in n liefdevolle verhouding met God en met mekaar toe bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Dankie aan die ouers wat moeite doen om hulle kinders by die huis ook van die Here se liefde te leer. Dankie dat julle hulle bring na die geleenthede wat in die gemeente aangebied word om hierdie liefde vir God en ander mense te laat groei. En dankie aan ons getroue spanne by al die vlakke van kinder- en jeugbediening. 1

YSKAS GRAFFITI Dit was tyd om ons koeldrankyskas so bietjie te verfraai. Verskillende voorstelle was op die tafel soos o.a. om dit met nuwe plakkers te beplak. Uiteindelik is besluit om al ons kinders op die yskas te laat skryf so ietsie waarna hulle in die toekoms kan terugkom en sê: "kyk wat het ek geskryf." Elke kind het geleentheid gekry om o.l.v. Chantel Neveling, ons Kategesehoof en Soekie Human wat die projek gekoördineer het, iets op die yskas te skryf. Baie van hulle kon nie gou genoeg die dominee gaan haal om vir hom te wys wat hulle geskryf het nie. Daar is nog heelwat oop plek op die yskas. Vir die volgende jaar of twee gaan nuwe kinders soos nuwe Gr. 1 s of nuwe kinders in die gemeente, geleentheid kry om daarop te skryf. As jy nog nie gesien het hoe spoggerig die yskas lyk nie, gaan maak dan gerus n draai in die koffiekamer en kyk. Redaksie: Piet van Zyl, Theresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht, Gerda van Zyl Medewerkers: Willie van Zyl & Retha Coetzee Epos: ermelo@nhk.co.za Webblad: www.nhkermelo.co.za HERSTEL EN INSTALLEER VAN GARAGE DEURE EN OOK BOU EN INSTALLEER VAN VEILIGHEIDS DEURE EN VENSTERS GARAGE DEUR MOTORS EN HEK MOTORS 2

KINDERKERK Ons kinderkerk, wat een maal per maand plaasvind, is goed op dreef. O.l.v. n baie bekwame span onderwyseresse word die kinders op n vlak aan die Bybel en die Here bekend gestel sodat hulle dit vir altyd sal onthou. Ons doel met al die vlakke van jeugwerk (Kategese, Kinderkerk, Pikkewouters en Spy Kids en 7Ups) is om ons kinders in n liefdevolle verhouding met God en met mekaar te bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Ons is seker dat hierdie visie tot elke ouer wat vir sy/haar kind lief is, spreek. Dit is tog seker wat elke ouer ook vir sy/haar kind wil hê - n liefdevolle verhouding met God en met ander mense en ware navolgers van Jesus Christus. 3

WINDHONDE TEEN ATLETE Die jaarlikse besoeke aan skole voor die basaar vorm n baie belangrike deel van die bekendstelling van die basaar. Hierdie jaar is Laerskool JJ van der Merwe en Laerskool Ermelo besoek met windhonde van Gert en Marita Wessels. Albei skole het ingestem dat hulle beste atlete teen die honde resies hardloop. Die kinders het natuurlik n groot voorsprong gekry. Die honde was geklee in die kleure van die Lions, Cheetahs, Sharks en Bulle. Hulle kon nie n hond kry wat bereid was om stil te staan dat hulle vir hom klere van die Stormers aantrek nie. VERKIESING O! VERKIESING Elke keer tydens n verkiesing, hetsy algemeen of munisipaal, irriteer die plakkate teen die lamppale my geweldig. Elke paal, elke substasie is vol gesigte wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. Ek kan gewoonlik nie wag dat die verkiesing afgehandel sodat hulle dit weer kan afhaal nie. Tog het ek tydens hierdie verkiesing gewonder of - indien ons n foto van God sou hê en ons sou dit op lamppale en substasies aanbring - meer mense God in hulle lewe sou kies? Wanneer ons stem, moet ons sekere keuses uitoefen. Gaan dit net oor n beter regering of gaan dit ook oor verandering in ooreenstemming met God se standaarde? Psalm 127 sê: "As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs." Daarom moet ons eerste vir God kies. Hy is die enigste Een wat werklik vir ons omgee. Hy het vir my en vir jou gekies. Daar is maar een Iemand wat altyd vir ons kies: God. 'n Beter keuse as vir Hom kan ons nie maak nie! (Theresa) 4

Kuierhoekie Da inni Kaap in skreeu hulle mos: "WP jou lekka ding!" dat jy net gums en slagtande sien... Hier in Mpumalanga het ons niks anders om te skreeu as: "Kuierhoekie, jou lekka ding..." Ons skreeu dit dat ons valstande skoon uit die gums uitval. Lekka is dit lekka, veral as daar koek en koffie betrokke is. Ou Antie is erger oor koek as n speedcop oor omkoopgeld. Daarom was ek so bly toe die bestuur besluit het dat ons by die Kuierhoekie hierdie jaar gaan "coffeeshop crawling" doen. Jy het reg gehoor, nie "pub crawling" nie, "coffeeshop crawling." Die 18e Augustus maak ons toe weer so en n volle 26 oues van dae en jonges van dae, met kieries en sonder kieries, daag by Madness op. Die koek en quiche was uit die boonste rakke. Dit saam met koffie en tee en n klomp lekker pelle... Kuierhoekie jou lekka ding... Ek wonder net of daar nie ietsie in daardie koffie en tee was nie, want skaars was dit in, of die spulletjie begin hulle grappe vertel. Hulle het behoorlik hand opgesteek soos n graad een klas om n beurt te kry. Party was maar lekker onder die belt en dit nogal van Hervormers. Ek het so gelag dat my bra skoon skeef gesit het toe ek daaruit is. Ek moes kort-kort my asmapompie gryp vir n bietjie hulp. Dit was lekker. Niemand was so bly toe die oggend tot n einde gekom het as die personeel van Madness nie. Daardie plek was nie net rooi geverf nie, maar sommer pienk en geel en blou ook. Kuierhoekie jou lekka ding... Kuierhoekie jou lekka ding... Sien jou volgende keer. Groetnis. (Ou Antie) 5

BASAAR 2016 6

7

OP DIE VENSTERBANK Eduan Wessels het Saterdag 13/08/2016 aan die Triton Karate Challenge te Lydenburg deelgeneem. Hy verwerf 2 medaljes. Een silwer en een brons. Hy verwerf ook Mpumalangakleure vir karate. Hy gaan aan die SA-Karate-Kampioenskappe deelneem wat in Oktober te Sun City plaasvind. Anke de Kock, 1ste op Top 10 in Graad 7 Bernè de kock 1ste op Top 10 in Graad 10 Hermie Odendaal is voorsitter van die Hotelskool by EHS en is ook lid van die Dorps - en Errie raad. Leané von Wielligh 1ste plek op die top 10 by EHS in Gr 9. 8

KLIPPIE IN MY SKOEN Die basaar is verby en ons is dankbaar baie dankaar. Om so 'n groot basaar te hou, verg beplanning en harde werk van baie mense. Ons beplanning vir die volgende jaar se basaar begin altyd die Maandag na die basaar wanneer die Fondsekomitee byeen kom om die pas afgelope basaar te evalueer. Soos elke jaar was daar n groot klomp mense wat baie hard gewerk het. Hulle het nie net een kilometer gestap nie, maar twee of drie of tien. Party het die laaste twee weke voor die basaar omtrent net by hulle huise geslaap. Dan is daar n tweede groep wat bydraes gegee het in die vorm van goedere of geld en dalk op die dag van die basaar so bietjie kom help het. Daar is n derde groep wat baie min of niks gee of doen nie. Hulle kom ondersteun wel die Saterdag deur by die basaar te kom rondloop, ietsie te koop en hier en daar te kuier. Hulle groet vriendelik en sê vir jou: "Julle is lekker besig nê!" Dit laat my altyd wonder: "Wie is die "julle" waarvan hulle praat?" Joh. 1 sê elkeen wat in Jesus glo, is n kind van God. As jy n kind van God is en ek is n kind van God, is ons mekaar se broer en suster. Om voor en tydens die basaar glad nie jou broers en susters te ondersteun of by te staan nie, om van jou broers en susters te praat as "julle"; is miskien n bietjie liefdeloos. Paulus vergelyk n kerk en dus ook n gemeente met n liggaam (Rom.12; 1 Kor.12). As jy aan jou eie liggaam dink, het jy een linkerkleintoontjie en een regtergroottoon. Jy het een linkeroog en een regteroor. As n gemeente soos n liggaam lyk, beteken dit jy is n deel van die liggaam. Dalk is jy die linkerkleintoontjie of die regtergroottoon of die linkeroog of die regteroor? Kom ek vertel vir jou waarom die julle waarvan jy gepraat het, so besig was. Sê nou jy is die regtergroottoon van die gemeente en jy is nie daar nie, moet die linkerkleintoontjie of die regteroor die werk van die regtergroottoon saam met die werk doen wat n linkerkleintoontjie of regteroor moet doen en daarom is die julle so besig. Ek verwyt niemand nie. Ons is dankbaar baie dankaar vir dit wat ons kon doen met genade van Bo. Tog wonder ek maar net wat sal gebeur as elkeen in die gemeente sy/ haar kant bring, nie net met die basaar nie, maar met elke ding wat ons in die gemeente doen, van erediens tot kategese, van NHSV tot basaar, van kerkraad tot gholfdag? (Piet) 9

Tee vir gesondheid! Matchatee Matchatee is n fyngemaalde teeblaar wat vir die eerste keer deur die Zen-monnike gebruik is vir meer verstandelike helderheid en fisiese energie. Die teeblare wat gebruik word om Matcha te maak, word in die skaduwee geplant sodat meer chlorofil, antioksidante, aminosuur en L-Theanine geproduseer kan word. Die Japannese beskou Matcha gelykstaande aan 10 koppies groen tee. Hier is n paar voordele van Matchatee: Hoog in antioksidante Verhoog energievlakke Gee jou immuunstel en konsentrasie n hupstoot Verbeter jou vel Help veg teen kanker Kalmerende effek en verbeter jou bui Verlaag jou cholesterol Jy kan matchatee aanlyn bestel by: www.faithful-to-nature.co.za en www.theteamerchant.co.za 10