Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 2 van 2016 Junie 2016 Kinderkerk - 2 7 Up's - 5 Fliekflooie - 6 Sop resep - 9 OORDENKING: DIE LANGSTE PAD IS SOMS DIE KORTSTE EEN Die bekende komponis, Joseph Haydn, se orkes was doodmoeg. Die hertog vir wie hulle gewerk het, het hulle lankal reeds 'n vakansie beloof, maar dit keer op keer uitgestel. Haydn maak toe 'n slim plan. Sy oplossing was om sy bekende Afskeid-Simfonie te skryf doer in 1792. Soos wat hierdie musiek ontvou, raak die een musiekinstrument na die ander algaande stil. Haydn het vooraf gereël dat elke musikant 'n kers voor hulle neersit en dit vinnig doodblaas en afstap wanneer hulle stukkie musiek klaar gespeel het. So het dit aangehou totdat die verhoog leeg was. Die hertog het dadelik die boodskap gesnap en hulle hul langverwagte vakansieverlof toegestaan. Haydn se optrede klink vir my nogal na Spreuke se soort wysheid. Spreuke leer my dat daar soms 'n beter manier as woorde is om iets gedoen te kry. Soms is stilbly beter, al is dit moeiliker. Ander kere weer is 'n simboliese gebaar, of 'n onverwagse sagte antwoord net die ding om 'n moeilike situasie te ontlont. Soms is wegstap of sagter praat beter as naderstap en harde woorde! Soms is die langste pad regtig die kortste. Vra die Here om jou met sy soort wysheid te oorlaai sodat jy sal weet hoe om in elke situasie reg op te tree. Terloops, as jy nie weet hoe nie, volg dan Jakobus 1 se raad. Bid om die nodige wysheid. O ja, onthou om dit gelowig te ontvang, want Jakobus waarsku dat ons nie moet bid soos mense wat dink God is afwesig nie. Hy gee graag wysheid aan diegene wat nie twyfel en soos golwe heen en weer op die see rondgeslinger word nie. Ek bid: Heer, dit voel nie aldag vir my of ek veel wysheid in pag het nie. Leer my U wil en U wysheid. Help my om respekvol en bedagsaam te leef tussen ander mense. In Jesus se Naam. Amen (Stephan Joubert:www.ekerk.co.za) Redaksie: Piet van Zyl, Theresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht Medewerkers: Willie van Zyl & Retha Coetzee Epos: ermelo@nhk.co.za Webblad: www.nhkermelo.co.za 1
KINDERKERK Die 15e Mei was ʼn besige Sondag in ons gemeente. Dit was Pinkstersondag waar ons die koms van die Heilige Gees na die aarde herdenk het. Dr. Piet is besig met ʼn reeks oor gebed en het juis daardie Sondag stilgestaan by Rom. 8:26-27 waar ons kon hoor hoe die Heilige Gees vir ons bid as onsself nie kan bid nie. Die erediens is begin met ʼn uitstekende poppekasaanbieding met die tema: "Moenie bang wees nie, want God is by jou." Die kinders het vasgenael gesit en luister na die poppe. Die kinders het die poppekasstorie vreeslik geniet. Hulle was egter nie die enigstes wat dit geniet het nie. Tydens teedrinkery na die erediens was daar verskeie mense selfs 70 en ouer - wat gevra het of daar nie meer sulke poppekasaanbiedings in die kerk kan wees nie. Na afloop van die poppekasstorie het al die kinders van 5 jaar tot Gr. 6 saal toe gegaan om aktiwiteite te doen om hulle te help om nooit te vergeet - moenie bang wees nie, want God is by jou. Dit was nie al wat op die Sondag gebeur het nie. Iemand van die Gideons het ons op dié dag besoek en vir ons meer vertel van hulle werk. Die kerkraad het besluit om die deurdankoffers van die betrokke dag vir die werk van die Gideons te skenk. 2
KUIERHOEKIE Met die vorige uitgawe van Deo Gloria het ek so bietjie uitgemis toe ek iets wou opbring... Hoop ek het dit reg gesê. Klink so snaaks as ek sê, uitgemis wat ek moes opbring. Wel, dit nou maar daar gelaat. Ek is ok mos nou nie meer vandag se kind nie! Toe ek my goed instuur, was die koerantjie al oorvol soos Zuma se vrouens se garages (met my geld nogal). Daarom het ek hierdie keer gesorg dat ek nie weer uitmis nie. Ek begin sommer by Februarie se kuier. En wat n kuier was dit nie. Ons het gaan ontbyt eet oppi plaas by Lukie en Erika, n heeeeerlike ontbyt. Ons het begin met muesli, vrugte en yoghurt. Daarna eier- en speknessies, toast, gebraaide tamatie en sappige worsies wat Lukie spesiaal vir ons gebraai het. so bietjie Coffeeshop-crawling nie pub crawling nie, Coffeeshop-crawling gaan doen. En party van ons kruip mos al is daar nie eers OBS naby nie. Lyk of ons die tafels bekruip. Elma Harris van Keniet en Kenot het uit haar pad gegaan om ons te bederf. Lyk my as jy oud word, word jy meer as bederf. Die pannekoeke was uit die boonste rakke en ons het heerlik gekuier om die laaaang tafel. Daarna het ons verder gecrawl deur die interessanthede en snuisterye voordat ons almal koers kies huis toe. Dis lekker nê. Sorg jy net dat jy nie die volgende crawl uitmis nie. (Ou Antie) Ons tweede byeenkoms was by Keniet en Kenot. Ons het mos besluit dat ons hierdie jaar 3
OP DIE VENSTERBANK Baie geluk aan Frikkie en Engela (ons orrelis) Franken met hulle seun Carel se prestasies. Carel het sy graad Advanced International Business Systems and Web Development met lof verwerf. Hy werk tans as Software Developer by die BlueMonday Business Group in Johannesburg, terwyl hy deeltyds besig, is met sy Honneurs in Business Intelligence. Hy studeer by n Privaat Kollege WW.IT.IQ in Pretoria. WP Human ʼn stoeier van formaat klein maar getrein. Hy het onlangs by ʼn toernooi in Nelspruit sy 3e Pumamedalje verower. HIE KOM N DING Hie kom ʼn ding, of moet ons liewer sê hokkie kom ʼn ding. Berné de Kock (O16/C) en Klarissa Joubert (0/16A) is in die Mpumalanga hokkiespanne ingesluit. Klarissa is ook ingesluit in ʼn toerspan wat September 2016 in Ierland gaan speel. Leane von Wielligh is in die bevoorregte posissie om deel te wees van die span wat gekies is om na Ierland te toer met hokkie, waar hulle verskeie wedstyde sal speel. Vanaf 28 September tot 7 Oktober hierdie jaar. 4
7UPS Kristen Lloyd het haar kategorie - 8-10 jaar - ballet op die SA Uitvoerende Kunste kampioenskappe gehou op 01-10 April 2016 in Rustenburg. Sy het 'n silwer medalje gewen. (Puntestelsel) Charles (Kristen se pa) het die Ysterman te Port Elizabeth voltooi op 10 April 2016 met n goeie tyd van 13:05. Hallo julle. Hier s ek weer, klein Seatbeltjie, SKRYWER VAN ARTIKELS VIR DEO GLORIA. Sjoe, dit klink hoog as ek myself so noem. Eintlik is ek klaar famous soos my ma, Antie Knormoer voorspel het. Maar eintlik is ek nog nie famous genoeg nie. Na skool wil ek vir Rapport skryf en dan vir die New York Times. Maar nou moet ek eers vir Deo Gloria Ermelo skryf en vir dié wat nie daar was nie, vertel van ons laaste 7Ups geleentheid. Ongelukkig was daar nie so baie die aand nie, want daar was een of ander groentjieding by een of ander skool. Klein Seatbeltjie sal nooit ʼn ding by die skool bywoon as daar 7Ups is nie. Maar daar is kinders wat anders dink. Sondagmiddag-aand 14 Maart was great, ek sê vir jou, great, great, great. Ons het eers gejol, toe het ons ʼn reuse vuur gemaak en stokbrode gebraai. Ek het soveel daarvan geëet dat ek aan die einde van die aand gevoel het of ek die stok, i.p.v. die brood ingesluk het. Ek hoop ek sien jou volgende keer. As jy nog nie vir Seatbeltjie gesien het, het jy nog nie die mooiste cherry in die dorp gesien nie. Kom sien my. Ek wag vir jou. (Seatbeltjie) 5
Fliekflooie, Boekwurms en lekker Webwerwe Fliek Resensie van die fliek REMEMBER (2015) Direkteur: Atom Egoyan Christopher Plummer, Dean Norris en Martin Landau 1h 34 min - Drama/Riller In 'n New York se ouetehuis het die bejaarde Auschwitz-konsentrasiekamp oorlewendes Max Rosenbaum en die dementiapasiënt, die 90 jarige Zev Guttman, vriende geraak. n Week na die dood van Zev se vrou het hy n geheimsinnige pakkie ontvang van sy vriend Max, met n stapel geld en n brief met n skokkende plan daarin. Zev en Max wil n einde maak aan die man wat verantwoordelik was vir die dood van hul families, Otto Wallisch, die Blockführer. Otto Wallisch het na alle waarskynlikheid na Amerika geëmigreer onder die naam, Rudy Kurlander. Nadat hulle vier mans in Kanada en Amerika opgespoor het met die naam, Rudy Kurlander, het die soektog na die regte Otto Wallisch begin wat n uitstekende fliek! 6
'n Bybelse uitkyk op die lewe The Bible Project The Bible project is n groep talentvolle illustreerders wat besluit het om die Bybel, boek vir boek te illustreer in die vorm van animasievideo's. Die video's word weekliks opgelaai op Youtube en is n moet-kyk vir oud en jonk. The Bible Project is n nuwe benadering om meer mense na God en die Bybel te trek in n tydperk waar daar n oorvloed tegnologie is. Die video's help kykers om die Bybel makliker te verstaan in vandag se taal. Dit help ook om elke boek van die Bybel op te som met spesifieke temas en hoe die temas en verskillende Bybelboeke bymekaar pas. Gaan hou van (like) hulle op Facebook onder The Bible Project en kyk gerus na een van hulle video's op Youtube. Jy sal vasgevang wees en net nog meer wil kyk. Gaan hou van (like) hulle op ons Facebook (Hervormde Kerk Ermelo) onder The Bible Project... Iets waaroor ons almal baie passievol moet wees, is dat ons kinders 'n Bybelse uitkyk op die lewe moet hê. Ons leef in 'n wêreld waar ons almal sondaars is en slegs deur Jesus Christus se dood en opstanding verlossing kan beleef. As Christene moet ons alles wat om ons gebeur in die wêreld deur 'n Bybelse lens beskou, m.a.w. ons moet alles vergelyk met die Woord van God. So hoe kan jy as ouer dit in jou huis bewerkstellig? 1. Eet saam as 'n gesin, gesels oor dinge wat die dag gebeur het en beantwoord vrae of lei jou kind waar nodig, sodat hulle kan leer wat dit beteken om deur 'n Bybelse lens na die wêreld te kyk. 2. Lees saam Bybel. Dit is so belangrik om 'n standvastige basis vir jou kinders te kweek en dit begin by die begin! Lees saam Bybel! 3. Skep 'n atmosfeer in julle huis wat die Bybelse lens perspektief versterk, bv. as daar 'n ander motoris voor jou inry, moenie uitvaar nie. Bly kalm! Enige gedrag wat jy so uitleef in jou daaglikse lewe, word deur jou kind geabsorbeer en hulle leer dat dit aanvaarbare gedrag is. 4. Jou kind moet ten alle tye voel dat hy/sy met jou kan kom gesels oor aspekte wat hom/haar pla. Skep 'n atmosfeer waar jy nie veroordeel nie, maar luister en raad gee. Indien 'n optrede straf verdien, dien dit ooreenkomstig uit en beweeg aan. (http://www.bybelklub.co.za/2012/05/ bybelstudie-aktiwiteite.html) 7
KLIPPIE IN MY SKOEN TATTOOS JA OF NEE Wanneer my kinders dadelik my aandag wil hê of my warm onder die kraag wil maak, moet hulle net noem dat hulle n tattoeërmerk gaan kry. Dit is iets waarvan ek net mooi niks hou nie. Dalk het jy ook al gehoor hoe iemand sê: Dit lyk of daardie ou in n nat koerant gerol het, so vol tatoeëermerke is hy. Wanneer ek so na sommige sporthelde kyk, wil dit vir my voorkom of ek dalk regtig baie outyds is. Maar soos met al my onbeantwoorde vrae, gaan soek ek my antwoorde in die Bybel. In Lev. 19:28 sê God vir ons die volgende: Julle mag ook ter wille van n dooie geen snye in julle vlees maak nie en ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Maar ja, ek moet ook die res van Lev. 19 lees. Die afsny van die hare voor jou ore en jou wangbaard word in dieselfde vers verbied en in vers 19, die dra van n kledingstuk wat uit meer as een soort materiaal gemaak is. Ek het ook al die argument gehoor waar party mense die Bybelse beeld gebruik dat ek en jy n tempel van die Heilige Gees is om tatoeëring te regverdig, want daar is tog niks fout met n tempel vol simbole nie, veral as hulle Christelike simbole op hulle laat tatoeëer. Wat jou siening ookal is, ek kan en gaan nie mense met tatoeërmerke oordeel nie. Ons is nie deur God geroep om stuck-up te wees nie! (Theresa) WENKE VIR DIE WINTER 1. Ekstra Slaap Met die korter, koue dae en langer nagte, het ons liggame natuurlik meer slaap nodig. Probeer om in die winter 30 minute vroeër te gaan slaap. n Moeë liggaam is meer vatbaar vir siektes. 2. Kry Oefening Trek warm aan en stap om die blok. Selfs 15 minute se stap kan n groot verskil maak. Oefeninge ondersteun n gesonde gemoedstoestand en energievlakke. 3. Bly sosiaal Die wintermaande maak dat mense eerder in die huis wil bly en geïsoleerd wees. Maak n afspraak met n goeie vriendin/vriend of kuier ten minste een keer n week saam met n familielid. 4. Eet proteïene Probeer om saam met elke maaltyd proteïene te eet. Proteïene help om jou bloedsuiker stabiel te hou en help ook om nie na al daai soetigheid te smag nie. 5. Fokus op groente en vrugte Gedurende die wintermaande is dit baie belangrik om groente en vrugte in te kry, alhoewel dit moeiliker is om goeie gehalte groente en vrugte in die hande te kry. (www.afoodiestays fit.com) 8
LEKKER WARM SOP! Dis wintertyd en n maklike manier om jouself warm te kry is deur n heerlike bakkie sop te eet. Die volgende sopresep het ek op Sarie se webblad gekry. Dis n heerlike, maklike en vinnige resep vir die hele familie. Lensie-en-chorizosop (4 6 porsies) 30ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, gekap 1 brandrissie, fyngekap 300g chorizo-wors, in ringe gesny 25ml gerookte paprika 1 x 400g-blik tamaties 500ml hoenderaftreksel 2 x 400g-blikke lensies, gedreineer sout en varsgemaalde swartpeper Verhit olyfolie tot warm in n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel, rissie en wors by. Braai vinnig vir 5 8 minute of tot ui begin verbruin. Voeg paprika, tamaties en aftreksel by. Verlaag hitte en laat stadig kook vir 10 15 minute of tot vloeistof met n derde verminder het. Voeg lensies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor. (www.sarie.com/kos/resepte-kos/lensie-en-chorizosop/) 9
BASAAR 2016 Die basaar is voor die deur. Teen die tyd dat jy hierdie Deo Gloria in jou hand hou, is daar minder as ses weke oor ses weke van swoeg en sweet en baie harde werk. Op 30 Julie gaan ons en die dorp ons gemeenteterrein tot kapasiteit toe vul Ons gaan bak en brou, verkoop en lag, hopelik ʼn klomp geld maak, maar die belangrikste van alles, die God wat ons dien se Naam groot maak. Dit is en moet ons grootste doel met elke basaar wees. Hierdie is my en Irma se 13e basaar in die gemeente. Dit het oor die afgelope 13 jaar gegroei tot ʼn reuse Affêre. En ons gemeente sou dit nie kon doen as die Here ons nie die afgelope 13 jaar geseën het nie. Hy het ons geseën met lidmate wat vir Hom lief is en wat vir mense lief is. Hy het ons geseën met mense, oud en jonk wat bereid was om lang ure te werk totdat hulle rug en bene dit nie meer wou maak nie. Alhoewel ons wil geld maak soos ek reeds gesê het, moet ons primêre doel wees om God te eer. Ek sê elke jaar, as ek moet kies tussen baie geld wat gepaard gegaan het met mense wat met mekaar baklei en nie wil saamwerk nie, of min geld en ons kan deur ons samewerking en liefde vir God en vir mekaar ʼn positiewe getuienis uitdra, dan kies ek die tweede. Per geleentheid het ʼn mier en ʼn olifant gelyk oor ʼn brug gestap. Toe hulle in die middel van die brug kom, sê die mier vir die olifant: "Voel hoe lekker skud ons hierdie brug nou". Ons het jou nodig om saam met ons die brug te skud. By voorbaat dankie aan elkeen wat ʼn halwe myl gaan stap. Dankie vir die wat bereid is om ʼn volle myl te stap en só dankie vir die mense wat bereid is om ʼn ekstra myl te stap. Sonder elkeen se bydrae, kan ons nie basaar hou nie. 10