TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Jesaja sien die Toekoms

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Profetiese woord vir 2017 en verder

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

GEBED VIR KERKLEIERS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Dawid die Skaapwagter

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

God se Woord. God se Wil

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Josua - van jongs af n leier

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE AA NDBOODSKA PPER

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

LoveGodGreatly.com 1

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die kerk van die Woord

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

BYBELS-GESONDE GESINNE

Paulus se Verbasende Reise

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

My liewe broers en susters, ek

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Seisoen van die Gees

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Die Studie van Bemiddelings Gebed

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

OORWINNING OOR DEPRESSIE

Transcription:

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE Skriflesing: I Kor 10:7-17 Die grootste versoeking waarvoor n mens te staan kan kom, is hy of sy self. I am the captain of my soul, I am the master of my fate. So lui die bekende gedig wat die verhaal vertel van n ruwe skeepskaptein wat van God en sy gebod niks wou weet nie, wat geglo het hy kan sy eie lot bepaal en bestuur. Maar so n mens loop hom een of ander tyd vas, bereik n stadium wanneer hy of sy nie meer weet waarheen of hoe verder nie. In n mediese sepie is daar n sterfbedtoneel van n eensame ou man wat ly aan terminale longkanker. Hy dring daarop aan dat hy nie langer pynstillende morfien wil ontvang nie. Die rede? Hy besef hy het niks meer om voor te lewe nie. Sy lewe lank het hy gemaak soos hy wou, was hy almal se vyand en almal was sy vyand. Maar nou, nou dat sy lewe sy einde nader, oorweldig die besef hom: Daar is niemand wat hom sal mis nie, niemand eens wat hom sal onthou nie. Daarom dring hy weerbarstig daarop aan dat die verpleegster hom so intens moet sien ly dat wanneer hy uiteindelik sterf, tenminste sy dit en hom - nie sal vergeet nie. Uiteindelik was hy self die oorsaak van sy vernietiging. Maar tog, selfs in sy eensame sterwensure, het hy, elke keer as hy sy oë oopmaak die verpleegster langs sy bed sien sit en by hom waak. Want dit was al wat sy nog vir hom kon doen. En 1 op n manier het dit tog vir hom vrede laat ervaar. 1. Die betekenis van versoeking Hierdie woord gaan oor iets wat jou letterlik toets of beproef, iets wat dus bepaal of jy die toets slaag. In die konteks van hierdie gebed, gaan dit dus om die dinge wat gaan aantoon of ek wel in staat is om as God se kind te lewe. Daaragter lê die waarheid ingebed dat ons ons eie onvermoë sal besef en ons op God se genade sal werp sodat Hy ons sal beskerm, ons lewenspad sal wegstuur van situasies en gevare en kragte wat ons gaan laat struikel, ons sal red uit die mag van die Bose en van die boosheid. a) Die gevaarlikste versoeking is daar waar die mens meen hy of sy kan self besluit en self bepaal hoe

hy sal lewe of wat sy sal doen. Dit is wanneer die rol wat God in die mens se lewe speel, misken word of selfs wanneer die bestaan van God as sodanig ontken word, wanneer die mens God verwerp en sy helpende hand wegklap. Wanneer dit gebeur, loop die mens uiteindelik hom te pletter teen hierdie God. God laat Hom nie bespot nie. Wanneer die mens die grootheid van God nie in sy planne inreken nie, wanneer Sy gebooie verwerp en verruil word vir eiesinnige en selfsugtige motiewe en korrupte praktyke, is die onvermydelike uiteinde die vernietiging, nie net van die enkeling nie, maar ook van die hele samelewing. Dit leer die geskiedenis ons oor en oor, reeds sedert die verhaal van die Toring van Babel. b) Agter dit wat die mens in sy grootheidswaan meen sy eie denke en insigte is, sy eie vrye wil en besluite weerspieël, lê die onsigbare kragte en magte wat daardie denke en beskouinge vorm en beïnvloed. Wanneer Ef 6:12 praat van ons stryd wat nie teen vlees en bloed is nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug, dan gebruik Paulus beelde en begrippe wat mense in die leefwêreld van daardie tyd goed sou kon begryp. Die Bose beskik oor de vermoë om homself binne konteks te openbaar/ te laat sien. Op hierdie wyse kan die Bose vele vorms en gedaantes aanneem, kan hy mense verblind en verkneg deur juis te manifesteer op die manier wat hulle in terme van hulle lewens- en wêreldbeskouing glo die werklikheid is. Die vraag is dus 2 nie of daar n duiwel is nie, maar wie hy is en watter gedaante of verskyningsvorm hy aanneem, binne die bepaalde kulturele, sosiale, spirituele, intellektuele, ekonomiese, politieke of watter ander konteks ook al waarin ek as mens leef en waarbinne my bepaalde lewens- en wêreldbeskouing gevorm maar ook ingeperk en dus beperk word. c) Versoekings kan ook op veel meer subtiele vorms na ons kom. Dit leer ons in Mt 4:1-11 uit die verhaal van Jesus wat in die woestyn deur die Satan versoek is. Elkeen van die voorstelle wat Satan gemaak het, was in sigself nie verkeerd nie, kon selfs as positief en voordelig juis vir die doel van Jesus se koms na die wêreld beskou word. Dit kon vir Jesus n kortpad na oënskynlike sukses wees. En tog het Jesus

deur dit alles gesien en geantwoord Gaan weg, Satan! Ook in ons lewe kom daar dikwels situasies wat ons sou kon redeneer dat dit goed kan wees om sus of so te doen. My studies, my werk, selfs my verantwoordelikhede teenoor ander kan alles baie positiewe sin hê. Maar as dit verkeerdelik voorgehou word as verskoning, soos met die gelykenis van die gaste wat na die bruilofsmaal uitgenooi was, kan dit in werklikheid vir my uiteindelik die toets laat faal. Dit is soos die man wat deur sy koning op n belangrike sending na n ver land gestuur is. Terwyl hy haastig op sy sending vertrek het, het hy elke keer op sy reis iets teëgekom wat sy aandag geverg het. Telkens het hy redeneer: Hierdie is ook n belangrike of verdienstelike saak; hierdie is ook vir n goeie doel. En so het hy toegelaat dat een onderbreking en oponthoud na die ander sy reis vertraag. Die uiteindelike gevolg was dat hy in sy eintlike sending misluk het omdat hy nie betyds sy boodskap kon aflewer nie. Wel kon hy baie goeie en verdienstelike redes aanvoor en aantoon dat hy onderweg allerlei goeie dinge gedoen het, maar in werklikheid het hy jammerlik gefaal. 1. Die wyse waarop ons Vader ons bewaar van die bose Ons moet onthou dat hierdie bede ingebed lê in die feit dat dit gerig is aan ons hemelse Vader aan wie alle mag behoort [vergelyk dag 1 se tema]. En omdat hierdie mag ook aan Jesus gegee is (Mt 28:18), kry die woorde van sy gebed vir sy dissipels in Joh 17 nuwe betekenis. Daar bid Hy dat sy dissipels van 3 die Bose bewaar sal word. Vandag steeds is dit Christus die Oorwinnaar wat aan die regterhand van God sit. Daar tree Hy vir ons in, bid Hy voortdurend vir ons. En daarmee saam gee God aan ons die toerusting, die wapenrusting van God (Ef 6:10-18) om daarmee die aanvalle van elke vorm van bose mag en krag af te weer. Deur aan God en aan die beloftes van Sy Woord vas te hou, word ons bewaar van die aanslae van die Bose. So word ons verlos van die Bose. Die Woord van God, lewend en kragtig, is wapen in my hand en in my hart (Heb 4:1). Ek beskik ook oor die genade om te kan bid en te kan glo in die krag van gebed. Ons het egter vir Jesus as ons Hoëpriester wat in elke opsig net soos ons versoek is en wat dus medelyde het met ons swakhede

(Heb 4:15) en nie sal toelaat dat ons bo ons kragte versoek sal word nie (I Kor 10:13). Dit is Hy wat ons verseker: My genade is vir jou genoeg, My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is (2 Kor 12:9). En daarom kan ons met vrymoedigheid na die genadetroon gaan (Heb 4:16). 2. Ken jou vyand Wie of wat is hierdie Bose van wie ons bid om verlos te word? Eintlik het ons al heelwat hieroor vir mekaar gesê. Dit is die Bose (met n hoofletter). Dit is ook die boosheid wat in die lewe van die individu en binne die menslike samelewing sy verwoesting saai. Dit is Satan wat hom op vele maniere kan vermom. Hy kan soos n Engel van die lig wees. Hy kan op n subtiele manier ons daarvan oortuig om goeie dinge te doen en so vir ons besig hou met wat goed is, maar wat ons daarvan weerhou dat iets veel belangriker aandag kry. Inderdaad, agter alles wat sleg en boos is, agter elke godlose ideologie en bose isme skuil die Satan. Maar ook in wat aanvanklik as goed en tot voordeel van die Koninkryk beskou is, leer die geskiedenis uiteindelik dat boosheid ( evil ) dit binne kan dring. Toe die Konstantynse era en die sogenaamde Heilige Romeinse Ryk aangebreek het, het dit vir die kerk die pad oopgemaak om n wêreldgodsdiens te word. Kerk en staat het in alliansie (verband) gegaan en Christen keisers het die saak van die evangelie bevorder. Uiteindelik het dit die kerk egter gevangene en handlanger van die staat gemaak. Die staat het sy eie belange bo die van die kerk of die Koninkryk van God gestel. Dikwels moes die kerk gedienstig die belange van die staat voorop stel. 4 Dit was eers in die 20e eeu, na meer as 1000 jaar dat hierdie alliansie tot n einde kon kom. Tot vandag toe nog worstel die kerk om in haar denke en optrede haarself los te dink van die staat en die owerheid. Die versoeking om in alliansie met die maghebber van die dag te gaan, leef steeds voort. Ook hiervan bid ons om bewaar en verlos te word. AMEN Vir voorbidding: Vir die owerheid, vir ons regering en ons leiers dat hulle ook sal besef hulle is geroep om God se wil te soek en te doen Vir mense in lande waar hulle nie vry is om God te dien en te volg nie Vir die wat vasgevang is in die mag van die bose slawe is van dwelms,

misdaad, seks, vrees, uitbuiting, slagoffers van geweld, teistering, haat. Vir die wat ondergaan in hulle stryd teen duister magte en kragte, teen die bose geeste van hierdie wêreld 5