Adv. A. J. Murphy ... Die Redakteur, Landbouweekblad Fax: Geagte Heer, I/S Boereregte om eiendom te beskerm- vervolg

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA PIETER CHRISTIAAN VAN WYK. [1] Hierdie is n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Dawid die Skaapwagter

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL van SUID-AFRIKA

Die Anglo-Boereoorlog *

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Josua - van jongs af n leier

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE AA NDBOODSKA PPER

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA PIET OBAKENG MOKGOBO BESKULDIGDE 1

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Profetiese woord vir 2017 en verder

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

God se Woord. God se Wil

Ui t spraak. "Answer the qu es t ion, what was the hurry?" "I was in a hurry to get the passport." "Why? -- I do not know what to say.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Seisoen van die Gees

Empathy Ouerhandleiding

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

BYBELS-GESONDE GESINNE

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

WYSHEID TEENOOR GELOOF

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Vrydagnuus 13 Januarie 2017

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Transcription:

. Adv. A. J. Murphy No 5 Law Chambers, Villa Via, Harbour Island, Gordon s Bay 7150 Tel: 021 856 1343 Fax: 021 856 0664 Cell: 082 564 8270 adv.murphy@telkomsa.net 26 November, 2012 1 Die Redakteur, Landbouweekblad lbw@landbou.com Fax: 021 406 2940 Geagte Heer, I/S Boereregte om eiendom te beskerm- vervolg Ek het verlede week in my brief aan u, die boere se regte rondom die beskerming van hulle eiendom probeer toelig. Ek het ook genoem dat ek bereid is om n meer volledige opinie rondom hierdie kwessie te gee, omdat dit ook n saak is wat my na aan die hart lê. My skrywe het op een af ander wyse onder die aandag van verskeie mense in die land gekom en reeds wye reaksie uitgelok; almal wil graag meer weet. Ek brei gevolglik n bietjie meer uit in hierdie skrywe oor die boere of enige eienaar van vaste eiendom of roerende bates se regte om dit teen vernietiging of skade te beskerm, in die geval van kwaadwillige beskadiging of vernietiging van daardie bates. Die de Doorns voorvalle van vernietiging van boere se eiendom asook ander areas in die Wes Kaap is vars in ons geheues en ek beskik oor inligting dat daar dreigemente is van verdere vernietiging en onregmatige optredes van sogenaamde werkers op of ongeveer 4 Desember 2012. In die lig hiervan vestig ek boere se aandag op die feit dat die boere geregtig is om staat te maak op die positiewe optrede van die SA Polisiediens om hulle teen die onregmatige en boefagtige optrede van stakende werkers te beskerm. Art 5 van die Polisiewet, 7 van 1958 bepaal Werksaamhede van die Suid Afrikaanse Polisie is, onder meer- 1 Advocate of the High Court of South Africa B.UIR. LLB LLM LLD............................

Page 2 (a) die bewaring van die binnelandse veiligheid van die Republiek; (b) die handhawing van wet en order; (c) die ondersoek van enige misdryf of beweerde misdryf; en (d) die voorkoming van misdaad. Die insiggewende aspek rondom hierdie bepalings is die rol wat die Polisie behoort te speel rondom die voorkoming van misdaad. Die Polisie mag nie bloot toekyk hoe misdaad gepleeg word en veral hoe n lid van die publiek aangerand word of sy eiendom beskadig of vernietig word, sonder om dit tot die beste van hulle vermoë te probeer verhoed nie. As die Polisie toekyk en niks doen nie, of as hulle versuim om n boer te hulp te kom wat aangeval word, het die benadeelde persoon na my mening n skadevergoeding eis teen die Minister in beheer van die Polisie. In nog n belangrike uitspraak deur Hoofregter Rumpff in Minister van Polisie v Ewels 1975(3) SA 590 (AA) het die volbank van die Appélhof op bladsy 597A-B bevind dat Dit skyn of dié stadium van ontwikkeling bereik is waarin n late as onregmatige gedrag beskou word ook wanneer die omstandighede van die geval van so n aard is dat die late nie alleen morele verontwaardiging ontlok nie maar ook dat die regsoortuiging van die gemeenskap verlang dat die late as onregmatig beskou behoort te word en dat die gelede skade vergoed behoort te word deur die persoon wat nagelaat het om daadwerklik op te tree. In hierdie saak het verskeie Polisielede gestaan en toekyk hoe n ander Polisieman wat van diens af was, n lid van die publiek aangerand het binne n polisiestasie. Die Hof het op bl 597H bevind dat wanneer al die omstandighede in aanmerking geneem word, meen ek dat die plig wat op die polisiemanne gerus het om die eiser te hulp te kom n regsplig was en dat, omdat dit n versuim was wat plaasgevind het in die loop van die diens van die polisiemanne, die verweerder (die Minister) aanspreeklik is. Ek is van mening dat die Polisie n regsplig het om die vernietiging en beskadiging van eiendom te voorkom en dat hulle in die uitvoering van hierdie plig ook geregtig en veronderstel is om geweld te gebruik, insluitende die dood van n oortreder, mits hulle nie op n ander minder ingrypende wyse die gevaar van vernietiging kan afweer nie. Die vraag ontstaan nou of daar in die lig van die afskaffing van die doodstraf in Suid Afrika in die saak S v Makwanyane en Ander 1995 (3) SA 391 (CC) en die wysiging 2

Page 3 van Art 49(2) van die Strafproseswet wat die Polisie se magte ten opsigte van die toepassing van geweld tydens arrestasies, ingeperk het en dat die Polisie nou nie meer n voortvlugtige mag skiet behalwe onder sekere beperkte gevalle; dit die Polisie of die eienaar van waardevolle eiendom se regte om iemand dood te skiet ook ingeperk het? Ek is van mening dat daar tussen die skiet van n persoon wat besig is om op n eienaar se eiendom af te storm met die brandende fakkel soos genoem in die van Wyk saak wat verlede week bespreek is en die skiet van n persoon wat besig is om te ontvlug, onderskei moet word. Om iemand te skiet om te keer dat jou waardevolle eiendom vernietig word kan myns insiens nie vergelyk word met die toedeel van straf na die tyd nie of om iemand in die rug te skiet wat vlug nie. Soos verlede week gesê is ek van mening dat die skiet van n persoon wat dreigend op jou eiendom afstorm om dit te vernietig regmatig is, behalwe natuurlik as jy so groot soos Kallie Knoetze is of so vinnig soos Hoesein Bolt en jy die ou kan inhardloop en met jou vuiste of n knuppel buite aksie kan stel. Ek is verder van mening dat as n polisieman teenwoordig is en hy die aanvaller buite aksie kan stel deur hom of te arresteer of as dit nie anders kan nie, om hom te skiet om hom te verhoed om n persoon aan te val of om sy eiendom te beskadig of te vernietig, en die polisieman nalaat om dit te doen, daardie polisieman hom skuldig maak aan onregmatige late van n regsplig en dat die persoon wat deur daardie late van die polisieman skade lei; n skadevergoedingeis teen die minister van Polisie het. Dit is inderdaad so dat beide die van Wyk, asook die Ewels sake in die Appélhof gehoor was voor die huidige Grondwet in werking getree het, maar ek is van mening dat daar niks in die Grondwet bepaal word of nadat ek die uitspraak in bogenoemde saak van die Grondwetlike Hof deuglik bestudeer het, wat daarop neerkom dat n mens nie meer jou eiendom mag beskerm deur iemand te dood as dit die enigste wyse is waarop jy daarin gaan slaag om die vernietiging of beskadiging te keer nie. Ek wil dadelik byvoeg dat dit vanselfsprekend is dat jy nou nie tot so n stap moet oorgaan om jou ouma se antieke kombuiskas te beskerm nie, behalwe as jy vir my kan sê dit is die laaste een van sy soort op die aarde en dit kos honderde duisende. Soos met alle dinge in die lewe is daar n balans om te handhaaf; is dit wat jy wil beskerm onvervangbaar, baie duur, soos jou grasdakhuis of jou pragtige wingerde wat teen 3

Page 4 ongeveer R300 000.00 per hektaar gevestig moet word; praat nie eers van die verlies aan inkomste nie. Soos met alle sake hang alles altyd af van die feite rondom elke saak en moet elke saak rondom sy eie omstandighede beoordeel word. As dit nie meer ons reg is dat iemand in die proses van n aanval op jou waardevolle eiendom doodgeskiet of net geskiet mag word nie, as daar nie n minder ingrypende alternatief beskikbaar is nie; dan sou ek bankrowers en ander rowers aanraai om n paar groot en sterk ouens uit Nigerië in te voer en hulle onbewapen in die bank in te stuur om al die geld te gaan haal. As hulle ongewapen is, is hulle mos nie n bedreiging vir ander mense se lewens nie en mag die Polisie hulle sekerlik nie skiet nie. Die Polisie sal dan van al die vet anties en ooms wat hulle indiens geneem het moet ontslae raak en ook groot ouens aanstel om die nuwe soort rooftogte te bekamp. Ek glo dat in die lig van die onsekerheid wat rondom hierdie hele kwessie hang n gestelde saak na die Grondwetlike Hof geneem behoort te word deur groot organisasies soos Agri SA of die organisasies wat eiendoms eienaars verteenwoordig; sodat daardie Hof vir eens en vir altyd die onsekerheid uit die weg kan ruim. Intussen is my raad aan dat boere om so ver moontlik die optrede van betogers en brandstigters op video probeer vaslê veral daar waar die polisie teenwoordig is en veronderstel is om op te tree. Daar waar die polisie nie teenwoordig is nie, raai ek boere en eienaars aan om gesonde verstand aan die dag te lê en as dit blyk dat die onregmatige optrede tot groot skade gaan lei soos byvoorbeeld die afbrand van die du Toit groep van Ceres se vrugtekratte ter waarde van miljoene of as dit jou finansieel gaan riuneer as die brandstigting of verwoesting voortgaan; dan sal ek persoonlik my vertroue in die huidige geldende gemene reg plaas wat onbetwistelik daarop dui dat jy mag skiet. Ek dink dit is egter nodig dat mens al die faktore versigtig opweeg voordat jy die sneller trek. Ek gaan hier kortliks probeer in leke taal om te verduidelik wat na my mening die omstandighede is waar onder n eienaar mag skiet of nie mag skiet nie. 4

Page 5 1. Allerbelangrikste is die feit dat daar n wesentlike en dreigende gevaar teenwoordig moet wees op die oomblik wat die skoot gevuur word; maw die brandende fakkel moet in die besetende se hand wees en hy moet oppad na jou eiendom wees om dit af te brand. 2. As die eiendom reeds aan die brand is wanneer jy daar aankom mag jy nie skiet nie behalwe as dit blyk dat die besetene van plan is of nog meer skade aan te rig en dat hy dreigend na sy volgende teiken beweeg. 3. Die skiet van n persoon moet alleen voorkomend wees en nie in vergelding nie. In die Moller saak is jare terug al bevind dat die buurman se honde wat reeds klaar skade aangerig het, nie agterna op die buurman se plaas doodgeskiet mag word nie; die skieter is skuldig bevind aan saakbeskadiging 4. Skiet alleen as daar geen ander uitweg is om te verhoed dat jy skade gaan lei nie. 5. Onthou te alle tye dat die reg tot lewe deur ons Grondwet as n belangrike gondwetlike reg van alle mense beskou word; ook die ou met die brandende fakkel. As jy egter na dese saam met hom in die plakkerskamp gaan beland omdat jou eiendom verwoes is, dink ek jou regte om jouself en jou eiendom te beskerm moet swaarder weeg as die boef se regte om jou goed te vernietig. Ek sluit af met n aanhaling uit die uitspraak van die Grondwetlike Hof in die Makwanyane saak waar die President van daardie Hof Chaskalson P op bladsy 448H- 449A-C die volgende in Engels gesê het: Self-defence is recognised by all legal systems. Where a choice has to be made between the lives of two or more people, the life of the innocent is given preference over the life of the aggressor. This is consistent with sec 33(1). To deny the innocent person the right to act in self-defence would deny to that individual his or her right to life. The same is true where lethal force is used against a hostage taker who threatens the life of the hostage. It is permissible to kill the hostage taker to save the life of the innocent hostage. But only if the hostage is in real danger. The law solves problems such as these through the doctrine of proportionality, balancing the rights of the aggressor against the rights of the victim, and favouring the life or lives of innocents over the lives of the guilty. But there are strict limits to the taking of life, even in the circumstances that have been described, and the law insists upon these limits being adhered to. In any event, there are material respects in which 5

Page 6 the killing in self-defence or necessity differs from the execution of a criminal by the State. Self-defence takes place at the time of the threat to the victim s life, at the moment of the emergency which gave rise to the necessity and, traditionally, under circumstances in which no less severe alternative is readily available to the potential victim. Killing by the State takes place long after the crime was committed, at a time when there is no emergency and under circumstances which permit the careful consideration of alternative punishment. Ek raai laastens boere en eiendoms eienaars aan om gerus hierdie belangrike saak met hulle eie prokureurs en advokate te gaan bespreek en om ook die hoogleraars by ons Universiteite te nader om hulle mening uit te spreek. Ek vertrou dat my kort opinie daarin sal slaag om debat oor hierdie aangeleentheid aan die gang te sit en dat die Grondwetlike Hof uiteindelik vir ons duidelike riglyne kan gee; tot dan volg ekself Regter Rumpff en die volbank van die Appélhof se bestaande uitspraak in hierdie verband. Dit vir my in elk geval voorkom of die geleerde skrywers van die invloedryke Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses, Sewende Uitgawe, 2010 met my saamstem waar hulle op bl 698 in die derde paragraaf opmerk: Afhangende van die omstandighede is dit ook geoorloof om n ander te dood of te beseer ter verdediging van goed. Die las rus hier ook op die staat om te bewys dat daar n ander doeltreffende middel beskikbaar was wat die beskuldigde redelikerwys kon gebruik om sy goed te beskerm.. Hierdie gesagafdwingende skrywers verwys dan ook steeds na die van Wyk en ander beslissings waarna ek verwys het. So voordat die gewone ou verdagmakers weer op die ossewa klim om my ou stywertjie in die armbeurs af te kraak, stel ek voor dat ons almal eerder gesamentlik die regte antwoorde soek. Intussen wil boere weet wat hulle moet doen want hulle wingerde en store brand en behoort regsgeleerdes duidelik en ondubbelsinnig hulle standpunt te stel aan die hand van geldende reg en nie spekulasie nie; dit wat ek hier skryf is tans geldende reg en totdat die Grondwethof anders besluit is dit wat Suid-Afrikaners kan glo. Vriendelike Groete Adv. Albert Murphy 6