Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

LoveGodGreatly.com 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

God se Woord. God se Wil

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Seisoen van die Gees

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

die goeie en mooi GEMEENSKAP

KRAG VAN TRANSFORMASIE

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE AA NDBOODSKA PPER

HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

GEBED VIR KERKLEIERS

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Dawid die Skaapwagter

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Transcription:

HARTLIK WELKOM! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 20 Pinksterfees verteenwoordig n draaipunt in die geskiedenis van die kerk. Terwyl die dissipels kort na Jesus se hemelvaart bymekaar was, was daar n geluid soos van n rukwind en tonge van vuur het op hulle gekom. Die omstanders (van al die nasies onder die son) het die geluid gehoor en saamgedrom. Skielik kon die dissipels in die verskillende tale praat en met die mense kommunikeer. Petrus moes die skare kalmeer en die spotters oortuig dat te veel drank nie die oorsaak was nie. Hy preek kragtig aan die hand van Joël 2:28-32. Hierdie gebeure het die vonk verskaf wat die kerk van Jesus Christus oor die wêreld laat versprei het. Die Christelike kerk is vandag dwarsoor die aarde versprei. Miljoene christene dien die Here in hulle eie taal en kultuur. Ook hier in Suid-Afrika het die evangelie posgevat. Wees LIG! MEI 2018 TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 Die verse voor :26 handel oor sugte. Sugte oor ons stukkende wêreld. 1. Waaroor sug jy as jy aan ons wêreld dink? 2. Wat in jou persoonlike lewe laat jou sug? 3. Watter troos put jy persoonlik uit :26-28? Dink die week rustig oor :31-32 Die gemeente in Onrusrivier leef op Pinksterdag steeds onder die wonder van wat gebeur het. Ons staan steeds verwonderd om te sien hoe mense na mekaar omsien, saam dien en saam aanbid. Ons hoor hoe die gemeenskap steeds dieselfde vraag vra as destyds: Hulle was verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: Wat kan dit tog beteken? Ons kan dit nie beter verduidelik as die beeld Traveller van Jaco Sieberhagen wat voor ons kerk staan nie. Welkom! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42) AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons nooi graag alle tieners, ouers, jongmense en natuurlik jonk van gees! Kom sing saam, kom luister, kom gesels, kom kuier. U is almal baie welkom! Ek wonder dikwels wat die sterkste krag is wat tussen mense werk? Die een krag in ons is die behoefte om vir jouself te sorg en te oorleef. Dit is natuurlik en verstaanbaar dat ons ons paadjie probeer oopveg. Dit kan rof raak as ons in mekaar se pad kom! Ons sien dit daagliks om ons gebeur. Op Pinksterdag het daar n nuwe gesindheid onder die mense posgevat. Hand 2:42 beskryf dit as n onderlinge verbondenheid. Die mense wat hulle dopgehou het, het gehou van wat hulle sien en wou aansluit. Ons kyk vandag na voorbeelde van die verskillende benaderings: Budd, Buddy of Body?

ERTJIESVLEI BASAAR OP SATERDAG 26 MEI 2018 VANAF 09:00 DINSDAG 22 MEI SOPKOMBUIS WOENSDAG 23 MEI 11:00-13:00 KLEREKAS DONDERDAG 24 MEI Mosaïek byeenkoms Maandag 28 Mei om 15h00 by Dienssentrum. Ons gaan die fliek "Bond of Blood" vertoon. Almal welkom. Navrae Rika Eveleigh 082 679 1312. 14:30 DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Vriende vergadering by die tehuis. 16:00 GESAMENTLIKE GEBED BY DIE VGK MOUNT PLEASANT GESAMENTLIKE GEBED BY DIE VGK MOUNT PLEASANT DONDERDAG 24 MEI 2018 @ 16:00 Wat behels dit? n Groep vroue en manne wat saamkom om te bid vir ons gemeentes en gemeenskap. Wie is almal daar? Die VGK Gemeentes van Hawston, Mount Pleasant en Zwelihle asook die NG Gemeentes van Onrusrivier en Hermanus. Ons vat hande met ons susterskerke. Waarom wil ek gaan? Hierdie is n geleentheid waar ons hande kan vat en saam n verskil maak in ons gemeenskap asook in Suid-Afrika. Ons bid saam met anders kinders van God. Dit is mos kerkwees! Navrae: Elsa Marais 082 373 6629 SONDAG 27 MEI 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 9) 09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Die PROMUSICAKOOR kom ook by ons optree - baie welkom! 18:00 AANDDIENS: Ds Anton Duvenhage. Ons nooi graag alle tieners, hul ouers, jongmense en jonk van gees. Teentrixgroepe weer aan na die diens. SPOELKLIPPE UITSTAPPIE IN JUNIE KUNSMUSEUM WATERFRONT (DIE OU SILO S) Indien daar genoeg belangstelling is, wil ons graag die nuwe kunsmuseum by die Waterfront (Die Ou Silo s) gaan besoek. Op n Dinsdag is die toegang gratis vanaf 10:00-13:00. Ingang anders R180pp. Daarna kan ons by die Waterfront middagete geniet of by Stellenbosch op pad terug. Kostes kan slegs bepaal word, indien ons getalle het. Weereens kan dit net realiseer indien daar genoeg belangstelling is om die koste van die bus bekostigbaar te hou. Sal u asb so gou moontlik antwoord indien u hierdie heerlike dag wil saam geniet, dan sal Hannetjie en Marietjie voortgaan om finale reëlings te tref. Welkom! Kontak asb vir Hannetjie Vosloo (082 452 0780) of Marietjie Siebrits (072 768 5468) om te antwoord. Dankie! BYBELSKOOL: Woensdag (23 Mei) Hermanus om 18:00 en Donderdag(24 Mei) Onrusrivier om 9:00. Ons hervat na die Pinkster reses. In die lig van die viering van Israel se 70ste bestaansjaar en die VSA se Ambassade wat na Jerusalem verskuif is en ook die spanning tussen Hamas en Israel in Gasa, gee ons aandag aan die aanloop tot hierdie jare lange spanning. Ons lees Ps. 83. Ons rig n ope uitnodiging, ook vir diegene wie nie gereeld die Bybelskool bywoon nie. Navrae: Clifford Heys by 028 316 4895. VLEIS VLEIS VLEIS Liewe vriende, daar is nog heerlike wors en maalvleis beskikbaar. Vir navrae, kontak gerus die kerkkantoor. Dit is Sondagoggende na die erediens beskikbaar in die maalruimte. Daar sal ook Sondag 27 Mei n kaartmasjien beskikbaar wees. Baie dankie weereens vir al u ondersteuning! Heerlike braaivleisvure vir u almal!

GEES VAN GOD Kom, Heilige Gees, kom vul my hart, my gees, my verstand. Raak my nou aan, dat ek kan verstaan U doel met my lewe. WEEK 21-27 MEI GEBED GEBED VIR NOOD EN SIEKTE CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING Johan Spies, Ernie Stephan, Etienne Louw, Jannie Smit (Onrus), Phillip Louw, Leonie Koekemoer IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS Deon Terblanche, Babs Loubser SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Alida Cilliers, Rupert Mizon, Quentin van Eeden, Mossie Mostert, Johanna Groenewald, Rina Smith, Krappies Carstens, Peet Geyser, Alrich Warmenhoven SPESIALE GEBED VIR SLAGOFFERS VAN GEWELD Here God, ons verstaan dat ons in n onvolmaakte wêreld leef en daarmee saam gebeur daar hartseer en Pyn. Ons bid vandag vir alle mense, gesinne en families wat geraak is deur geweld. Ons bid vir genesing, vir liggaam, siel en gees. Ons bid Heilige Gees dat U elkeen help om te kan vergewe en steeds met volle HOOP aan U vas te hou. Ons bid ook vir die oortreders Here, dat U in elkeen van hulle lewens soos n sagte reën sal kom. Kom en genees ook hulle Here. GEBED VIR DIE OVERSTRAND MUNISIPA- LITEIT SE LEIERS Vader, ons bid in besonder vir die Burgemeester en die hele raad in hierdie tyd. Ons bid dat U hulle sal vul met wysheid, insig, onderskeidingsvermoeë en baie liefde en geduld. Kom Skepper Gees, en vul ons dorp met vrede. Kom Skepper Gees, en vul ons leiers met U wysheid en n oormaat liefde en verstaan. MAANDAG 21 MEI Vrug op die Pinksterseën. Ons maak ons bedelaarshande bak as ons moedig bly wag op die reëns in die berge en die oes op die land. Met afgelope Pinkster het dit seëninge van Bo gereën, en nou bid ons ook vir die Vrug van die Gees tot n seën vir ons gemeenskap: Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën En laat die oes sing in die reën. Die boom dra vrugte by n stroom En mense pluk n nuwe droom. (Lied 433:1) DINSDAG 22 MEI Daar is onrus in ons dorp. Ons bid vir wysheid om te weet waarom daar dié onrus is. Ons vra vir die vredemakers om na vore te kom Kom, Skepper-Gees, versterk geloof. Ons wêreld is vol brand en roof. Laat ons U vrede oral stig, n Vlam wat mense kom verlig. (Lied 433:2) WOENSDAG 23 MEI Ons bid vir ons afvlerk lidmate, vriende en familie. Ons vra vir krag en moed onder moeilike omstandighede: Kom, Skepper-Gees, skenk ons u krag, vul ons met moed vir elke dag. Ook wanneer pyn en sorge knaag sal ons met ywer werk en waag. (Lied 433:3) DONDERDAG 24 MEI Daar word vandag hard gewerk aan Sondag se preekvoorbereidings. Die liedere word uitgesoek en ingeoefen. Die jeugbediening berei voor die Sondag se lesse. Die aanddiens word beplan. Die Hartklop word geskryf. Die ouditorium word ingerig. Die teekoppies word reggesit. En ons - wat die seën afbid bid n wydingsgebed: U, Skepper-Gees, kom by ons bly Dring ons om ons aan God te wy. Leer ons om met hoop te sug, ons oë op ons Heer te rig. (Lied 433:4) VRYDAG 25 MEI Ons bid saam met ons Sendingbdiening vir die wêreld buite die kerk, by name Islam. Dit is hulle heilige maand Ramadan (16 Mei tot 14 Junie) en hulle herdenk die openbaring van die Koran aan die profeet Mohammed. Die Moslems vas die maand. Voor sonop eet hulle hul suhoor-maal en tot die aand met die iftar-maal eet of drink hulle niks. In die Quran is daar baie verwysings na Jesus. Daarom bid dat ons Moslembure Jesus in die Quran sal ontdek. Ons bid met die woorde van Joh. 3v16-18 in gedagte.

DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 Deur die genade van God KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit is om in die dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense. DINSDAG 22 MEI HAARKAPPER: Ester is ons haarkapper. Kontak vir haar by 081 453 8130 indien u enige haarbehoeftes het. Onthou daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018. KLINIEK: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00-12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30-10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is. SITKAMER OM 10H00: Angelique Brink kom doen 'n kosdemonstrasie. Dit is altyd uiters leersaam. Kom kyk, kom leer en kom proe saam. U is almal hartlik welkom! WOENSDAG 23 MEI VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018. Tydens die wintermaande begin Marilyn eers om 8h30. Marilyn is terug vanaf vakansie Marilyn, welkom terug. Ons hoop jy het elke oomblik van die rustydjie geniet. ONS MAAK GESKENKE OM 10H00: Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, potpourrisakkies en nog baie meer? Kom kyk en doen saam met Mattie Swart (076 522 5669). Dit is 'n heerlike gratis leergeleentheid! TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 pm vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085. DONDERDAG 24 MEI SITKAMER OM 10H00: DIE BOEKKLUB saam met dr. Hoepie Howell. Kom luister na boekvoorlesings/ bespreking en kom bied selfs 'n nuwe boek aan wat u gelees het om te bespreek. Aan die luisteraars: kom werk saam aan ons "brei slaapsokkie-projek vir Sofca of luister of doen enige ander tipe handwerk terwyl die voorlesing aan die gang is. KOLWYNTJIE TEETUIN 25 MEI 2018 (09:30-11:30) Wat 'n voorreg om 'n wonderlike teetuin hier by die Dienssentrum te kan geniet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet in die proses ook sommer nuwe lidmate. Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie vir slegs R30 (R20 vir lede). 'n Tweede koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Dit is voorwaar die lekkerste eetgoed in Hermanus. Nooi gerus u verjaarsdaggroepe/selgroepe/bybelstudiegroepe en kom kuier saam. Kontak asb vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe.

SONDAG, 27 MEI: SPOELKLIPPE SE UITSTAPPIE na Arts Cape vir Sound of Music. Ons hoop julle geniet elke oomblik van hierdie pragtige musiekblyspel. WAAROM MOET EK AANSLUIT BY DIE DIENSSENTRUM - 'N SPESIALE DIENS VIR SLEGS ONS LEDE: U kan nou meer inligting kry oor u siektetoestand by ons Dienssentrum. As u vrae het oor u siekte, die implikasies daavan op u leefwyse en u verlang meer inligting, skakel gerus Sr Ronel Calitz( tel. 073 152 5623) en maak `n afspraak vir 'n Dinsdagoggend (10h00-12h00) sodat sy die nodige agtergronds-inligting kan kry. `n Groep afgetrede geneeshere sal elke derde Donderdag van die maand beskikbaar wees om vrae te beantwoord, nuutste inligting te verskaf en berading te voorsien. Let asseblief daarop dat geen diagnose of behandeling verskaf sal word nie. LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar. GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete- en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028) 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarversorging by Ester (081 453 8130). Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk! Welkom! KOEKSISTERS: Bettie Lourens bak weer koeksisters op Maandag, 28 Mei teen R30 per dosyn. Bestellings moet asseblief voor Vrydag, 25 Mei, by haar geplaas word by 076 129 3788. KUNS KUNS KUNS KUNS - let wel op Dinsdag, 12 Junie om 10h00: Kom leer en ervaar prakties die elemente en konsepte van kuns en hoe dit manifesteer in 'n werklike kunswerk. Aan die einde van die sessie sal 'n individuele behoeftebepaling gedoen word aangaande verdere moontlike kunsklasse. Spreker is Andre Venter, 'n afgetrede skole-inspekuteur van kuns en dosent by Wellington. TROETELDIERSKOU: Ons nooi u nou reeds uit na ons troeteldierskou wat op Dinsdag, 26 Junie, om 10h00 by die dienssentrum gehou word. Alle vorme van troeteldiere kan gebring word. Ons het verskillende kategorieë van beoordeling. Dit is die tyd wanneer kleinkinders kom kuier - bring hulle ook saam. Indien u dalk pryse het wat by die huis rond lê en wag om gebruik te word bring dit asseblief vir Joan/Hannie/ Erika. Dit sluit in honde/kat kombersies, honde/kat houers waarin hulle slaap, honde/kat kos, honde/kat beskuitjies, honde/kat speelgoed - enigiets waarvan 'n troeteldier en haar/sy eienaar sal hou. U is almal baie welkom!! SENDINGNUUS VAN MOSAMBIEK GELETTERDHEID We thank God that there is hope for these communities through the IRM and Herdeburg Literacy Ministry reaching the unreached people. These are class 1 students. This is an indication that there has been no school in the surrounding areas since these students were born. Again it is not only education that is affected but also the good news of Christ is not reaching these communities. If you find men who can read, they are few. Most of the times they are business men who come to explore the people for their produce. Literacy ministry is one of the best materials to transform these communities. Ons bly bid vir hierdie Projek. Ons bid vir menswaardigheid en dat die Woord van God verstaanbaar vir elkeen sal wees.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Johan Symington 082 546 7415 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop,kontak Karin hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) KOSPAKKIES: Baie dankie vir al u getroue bydraes. U is welkom om enige skenkings in die houtkratte by die deure te sit. Vir enige navrae, kontak gerus vir Ronel van Zyl op 072 288 1439. Baie dankie! SENDINGNUUS VAN DIE TRANSKEI 8 Mei 2018. Liewe Vriende, Die Evangelie verander en vernuwe mense nie net van binne nie, maar ook na buite. Die Woord van God (deur Sy kerk) bring nuwe lewe, dit hef mense op, selfs onder baie moeilike en uitsiglose omstandighede. Dit het ons opnuut die afgelope Sondag tydens `n doopdiens op Waterloo buitepos beleef (sien foto`s). Ons het 25 jaar gelede vir arm plaasarbeiders in `n modderkerkie begin dienste hou op Waterloo. Later is `n nuwe kerkie gebou saam met Stellenberg gemeente. Ou vader Kutshwa, ons ouderling daar, was so trots op die kerkie. Hy is reeds oorlede maar sy kinders en kleinkinders wat hy met dissipline en liefde in die Here grootgemaak het, neem nou leiding daar. Van hulle is vandag goed geskool en beklee goeie werke. Vir ons wat meestal werk in baie arm gemeenskappe onder dikwels neerdrukkende omstandighede, was dit Sondag wonderlik om in die skoon en netjiese kerkie in te stap, met die helder kleure van blomme en die mooi doopkoek. Met lidmate netjies geklee in hul kerkdrag en kindertjies met skoon klere aan. Met mense wat trots is op hulself en hul kerkie, met lewe in hul oë. Dit was `n lang pad van die donker modderkerkies met varsgesmeerde beesmisvloere tot waar ons vandag is. En daar is `n lang pad wat nog geloop moet word. Maar dit is nie `n pad wat ons sonder hoop stap nie. Baie dankie weereens vir u ondersteuning en gebede. Vriendelike groete. Christo en Delesté Wooding DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Het u geweet dat Onrusgemeente n wonderlike facebookblad het? Daar sal u foto s van gebeure vind, die nuutste inligting en Godstories van wat by die Gemeente gebeur. Maak dus seker u gaan LIKE ons blad, sodat u al die inligting kan ontvang. Gaan soek ons op: NG Onrusrivier