SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Dawid die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Josua - van jongs af n leier

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE AA NDBOODSKA PPER

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

KRAG VAN TRANSFORMASIE

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story Copyright 2005, 2008, 2011 by Zondervan Published by permission of

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Paulus se Verbasende Reise

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Deur Christus Alleen

To love without knowing how to love wounds the person we love.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

BYBELS-GESONDE GESINNE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

SONDAG 13 JAN 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID : AANDDIENS

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Besprekingsvrae vir selgroepe

Volume 3 van 2016 September 2016

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Transcription:

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat die sterre skitter (1-2) SM35:1-2 O Heer my God Lofofferlied (1-2) sterre / hy laat SM35:1-2 Lofoffer Oproep tot skuldbelydenis Gen 3 (sondeval) Hannes Skuldbelydenis LB601:1-5 Die wat die Here wil dien LB511:1-2 Lei U ons lig LB601:1-5 LB511:1-2 CD Genadeverkondiging Record aan Klank: Record Gebed LB254 (2x) Spreek Heer Skriflesing Gen 9:1-18 (Waar sal ons Maleagi plaas? (P121)) Preek Vrywillig vasgemaak (Oral deur die geskiedenis - later ook aan die kruis) Skrif Skrif Almal Toewyding Stilgebed stil Gebed Record af Klank: Stop Record Diakens Offergawe Afkondings op bord afkondig Afkondigings Afkondig Hannes Lied U goedertierenheid (2x) LB590:1-2 Het jy gehoor dat eenmaal? ugoeder LB590:1-2 Seën LB509:1-4 Op berge en in dale JG20:1-2 Here Jesus U skyn

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 2e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK KMG Voorsang Ek het hande ek het voete (1-2) Die liefde van Jesus is baie groot (1-2) I ve got joy like a fountain (1-4) Hy s die Een (2x) Dankie (1-4) Abba Vader (3x) Jesus what a wonder You are (2x) Here God almagtig (1-2) Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat die sterre skitter (1-2) SM35:1-2 O Heer my God Lofofferlied (1-2) sterre / hy laat SM35:1-2 Lofoffer Oproep tot skuldbelydenis Gen 3 (sondeval) Hannes Skuldbelydenis LB601:1-5 Die wat die Here wil dien LB511:1-2 Lei U ons lig LB601:1-5 LB511:1-2 CD Genadeverkondiging CD: (Ek is waarlik vry) Rene Otto Record aan Klank: Record Gebed LB254 (2x) Spreek Heer Skriflesing Gen 9:1-18 Skrif Preek Vrywillig vasgemaak (Oral deur die geskiedenis - later ook aan die kruis) Skrif Almal Toewyding Stilgebed stil Gebed Record af Klank: Stop Record Diakens Offergawe Afkondings op bord afkondig Afkondigings Afkondig Hannes Lied U goedertierenheid (2x) ugoeder Seën

PREEKSKETS INLEIDING Deur al die eeue het die verhaal van die sondvloed mense gefassineer. Baie baie volke n soortgelyke verhaal. Dit dui heel moontlik op die feit dat so n vloed werklik plaasgevind het. Soortgelyke verhale ook in ander kulture en gelowe: Voorbeeld: Babiloniese Epiese Gilgamesh Talle Joodse volksverhale Noag ondervins baie probleme in die ark met asl die diere Werk dag en nag om alle diere te voer en hokke skoon te maak Selfs n verhaal dat een van die leeus vir Noag gebyt het en dat hy lam gword het in sy een been. Mettertyd was die ark vol gemors - rotte het vervuil Noag los die probleem op deur 2 nuwe diere te maak: Vark wat in die gemors kan rol en dit kan eet. Kat wat die rotte kan vang. In 1955 het Fernand Navarra (Franse ontdekker) n 5 voet plank op die top van die Turkse berg Agri Dag ontdek. Opgewonde om te dink dat dit dalk die eerste ontdekking van Noag se ark was. Deur toetse bepaal dat die plan ongeveer 1200 jaar oud was - dus nie afkomstig van Noag se ark. Iemand het geskryf (Gordon Gaskill): Does it make a difference really if the ark is found? By now it s immortal. If it did not find refuge in the heart of this mountain, today called Mt Ararat, it has found a safer refuge in the human heart. Here it has lived for thousands of years, and here it will live forever. Kom ons kyk na die verhaal: AARDE VOL SONDE In die begin het n God n lieflike heelal geskep. Hemel en aarde. Voëls. Diere Mense En toe Hy die mens geskep het, het Hy dit op n baie besondere manier gedoen. Na Sy beeld. Ons lyk soos Hy. Ons aard na God. Maar die grootste ding wat Hy vir ons gee: Ons kan keuses maak (soos Hy) Daarom het God sekere bome in die middel van die tuin geplaas. En die mens moet kies of Hy daarvan gaan eet of nie.

Dis gevaarlik! Ons kan kies om lief te wees vir die Here, of ons kan kies om nie lief te wees vir die Here nie. Ons kan kies...wil te doen...of om nie Sy wil te doen. En weet julle wat het die mense gekies? Hulle het gekies om nie vir die Here te luister nie. Adam en Eva het gekies om van die boom te eet waarvan hulle nie mag eet nie. Kaïn het gekies om sy broer dood te maak. Ja, die hele wêreld het gekies om nie vir die Here te luister nie. En daarom het die wêreld sleg geword. Die mense het slegte dinge gedoen. Hulle het mekaar doodgemaak. Hulle het mekaar se goed gesteel. Hulle het mekaar se vrouens gevat. Hulle het die armes se goed van hulle weggevat. Die hele wêreld was vol geweld en misdaad. En op n dag het God weer gestaan en kyk na die wêreld. En Hy sien mos alles raak. Hy sien die dinge raak wat elke mens dink en doen. En skielik het daar n traan in God se oë verskyn. Want weet julle wat sien Hy? Hy sien net lelike dinge. Hy sien net sonde. Hy sien n misdaadsyfer wat skrikwekkend hoog is. Hy sien mens wiese harte vol lelike dinge is. Hy sien pappas wat hulle kinders molesteer. Hy sien mans wat hulle vrouens aanrand. (Vgl Spr 6:18) Hy sien n aarde wat heeltemal verdorwe is... (6;9) En skielik was God baie hartseer. Vir die eerste keer in die geskiedenis (God se lewe) is Hy jammer dat Hy die mens gemaak het. Ja, die stukkie van die skepping wat vir Hom die mooiste was ( baie goed was), is nou die deel van die skepping wat Hom hartseer maak. Op 10 April 1967 het die Here my gemaak. Nee wag: op 10 April 1967 is ek gebore. En daai dag het God in die hemel geglimlag en gesê: dit was baie goed. Vandag: 36 jaar later Ek wonder of God vandag nogsteeds bly is dat Hy my gemaak het. Ek wonder hoeveel keer het die Here al berou gehad dat Hy vir my gemaak het. Spyt was dat ek gebore is? As die Here vandag na jou lewe kyk: Is Hy nogsteeds bly dat Hy jou gemaak het? Trots? Opgewonde? Of het Hy vandag berou dat Hy jou ooit geskep het.

Gen 6:5-6. Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. Ek gesels een keer met n vrou: haar kind maak die lewe vir hulle bitter moeilik - en met trane oor haar wange sê sy - ek is spyt dat ooit besluit het om n kind te hê... Soos n ma wat spyt is dat sy ooit n kind gehad het. En Hy was nie net spyt oro die mense nie. Hy was ook spyt oor die diere. (Vers 7) Hy was spyt dat Hy ooit lewe geskep het. Want alles wat lewe het Hom teleurgestel GOD SE PLAN Maar terwyl God na die aarde kyk, het daar skielik n glimlag op Sy gesig gekom. Want tussen al hierdie slegte mense was daar iemand wat anders was. (Vers 9) Sy naam was Noag. Hy was n regverdige man. Dit beteken: hy het die regte dinge gedoen en die verkeerde dinge gelos. Hy was opreg gewees. Dit beteken: hy was genuine / what you see is what you get. Hy het met God gewandel. Weet julle val my op? Die hele wêreld was bad gewees. Dit was soos Sodom en Gemorra. Dit was net sonde en sonde en sonde. Almal het gedoen net wat hulle wil. En hier tussen al die bad mense was daar iemand wat vir die Here geleef het. Ons praat vandag so baie van groepsdruk. Ek maak so want almal maak so. Dis onmoontlik om in ons skool op te staan vir die Here. Dis nie moontlik om n christen in hierdie werk te wees nie. Noag was die enigste ou op die hele aarde wat nog vir God geluister het. Maar Hy het dit gedoen. Regverdig / opreg / met God gewandel Die Here kyk natuurlik vandag nog steeds oor die wêreld. Hy kyk na ons skool. Hy kyk na die besigheid waar ek werk. Kom daar n traan in Sy oog wanneer Hy my sien? Of kom daar n glimlag om Sy mond? (Soos by Noag)? En net hier verander God van plan. Hy gaan nie die hele mensdom uitwis nie. Hy sal die EEN gesin wat getrou gebly het aan Hom, se lewe spaar.

En Hy sal met hulle n nuwe volk begin. Miskien wonder jy soms of dit die moeite werd is. Sien die Here jou raak? Sien Hy hoe jy probeer om getrou te bly aan Hom? Ja, Hy sien dit raak. En Hy red elkeen wat getrou bly aan Hom. Hy het vir Noag gered. Hy het vir Ragab uit Jerigo uit gered. Hy sal jou red as jy getrou bly aan Hom. NOAG BOU N ARK (Transpirant: p33) Die goeie nuus is: Die Here gaan n ark laat bou waarin Noag en sy gesin gered kan word. En die slegte nuus: Noag moet self die ark bou. In die army het ons altyd die spreukwoord gebruik: No pain, na gain God gee nie vir Noag n ark persent nie. Hy gaan nie gaan sit en wag vir die einde nie. Die Here gee vir hom n werk. Hy moet n ark bou van Goferhout. 300 el by 50 el. 3 verdiepings hoog wees. (30 el) **Transpirant** Dis n geweldige skip om te bou. Dit moes vir Noag n klomp geld gekos het. Hy en sy gesin moes redelike tyd daaraan gewerk het. Hulle het seker baie keer gewonder of dit die moeite werd is. Maar hulle het God op Sy woord gevat. Hulle het geweet: hierdie God kan jy vertrou. MEER AS N JAAR IN DIE ARK (Transpirant: p35) Uiteindelik het die groot dag aangebreek. Die dag waarop die skip gelaai moes word. Die kinderbybel het dit altyd uitgebeeld dat die diere self twee-twee aangestap gekom het. **Transpirant** So lekker romantiese prentjie. Waar het jy gesien die leeus kom twee-twee aangestap. (More bokke!) Nee, Noag en sy seuns moes die diere gaan vang en in die ark sit. Dit was nie sirkusidere nie. Dit was gewonde leeus en renosters en Timon s [ Musiek: Noag het n ark gebou - snit 5 Jan De Wet ] Uiteindelik was die ark gelaai. N reisende dieretuin. En toe.

Toe het God van buite af die deur van die ark gesluit. (7:16) Sodat niemand wat binne is kan uitgaan en niemand wat buite is kan ingaan nie. Die Here het geweet dat wanneer die reen begin van en die water styg en alles begin wegspoel, sal mense teen die ark klop en stamp en pleit: Maak oop! En Hy het geweet dat Noag in die versoeking sou wees om die deur oop te maak - en daarom het God van buite af die ark gesluit. As God die deur agter jou gesluit het is jy veilig. As God die deur voor jou gesluit het, sal jy nooit die binnekant sien nie. Jare later het die Here n gelykenis vertel: Gelykenis van die 10 meisies. En die wat vir die bruidegom gewag het, en hulle lampies vol olie gemaak het, het ingegaan en fees gevier. En die wat nie gereed was nie? Die wat buitekant was? Hulle het teen die deur gestamp en geruk en geklop en gesmeek Maak oop! Maar die bruidegom het reeds die deur gesluit - en hulle sou nooit inkom nie. Mat 7:22 sê: In daadie tyd sal die mense aan die deure ruk en klop en skreeu: Maak oop! Het ons nie in U Naam gepreek en duiwels uitgedryf nie? En dan sal Hy vir hulle sê: Geen weg! Ek ken julle nie! Persoonlike vraag: Is jy buite OF is jy binne? As daai deur vandag gesluit word - waar sal jy wees? In die ark? Of in die stormwater. Weet julle wat is die slegte nuus? Nie een van die mense in die stormwater het dit oorleef nie. Nie een nie. Waar sal jy wees? Noag en sy gesin en die diere was vir meer as een jaar in die ark. Hulle het in die eerste maand van Noag se 600-jaar in die ark gegaan. (17/02/00) Hulle het uitgekom in die tweede maand van Noag se 601-jaar. (27/02/01) VOET AAN WAL Dit moes lekker gewees het om weer voet aan wal te sit. Om weer opdroeë grond te trap. op weer sonlig te voel. Om bome te sien. MAAR: Dit moes sleg gewees het om al die liggame van dooie mense oral te sien. Dit moes sleg gewees het om skielik alleen op die aarde te wees. Geen vriende Geen familie Aaan die een kant die bewondering vir die Here dat Hy ons gered het. Die vreugde.

Die dankbaarheid. Aan die anderkant die vrees vir hierdie God wat n alles wat lewe kan uitdelg. Ek dink dat hulle met groot bewing uit die ark uitgeklim het. DIE GOD WAT HOM VRYWILLIG VASMAAK Noag het vir die Here n altaar gebou en vir Hom geoffer. Terloops: dit is die rede hoekom daar van die rein diere 7 pare moes wees. Die Bybel sê vir ons dat die reuk van die offer vir die Here lekker was. Hy het baie daarvan gehou. En Hy het die offer aangeneem. En toe maak die Here aan Homself n belofte: Nooit weer sal Ek so iets doen nie. Nooit weer sal Ek al die mense en al die diere uitwis nie. Dan gebeur daar iets wonderliks: God sluit n verbond (kontrak) met die hele aarde. Kontrak met die mense Kontrak met die diere Kontrak met die voëls Ek sal nooit weer die hele aarde uitwis met water nie! Daar sal nooit weer n sondvloed wees nie. Niemand sal ooit weer n ark moet bou nie. Maar dan doen God iets ongeloofliks. Hy skep n reënboog Elke keer as die wolke saampak en dit reën sal daar n reënboog wees. Vir wie is hierdie reënboog daar? Vir ons? Om ons te herinner aan God se verbond? Om die mooi daarvan te geniet. Om terug te dink aan die sondvloed. Vir die verliefdes om na te staar Maar weet julle wat? God het die reënboog nie vir ons geskep nie. Hy het dit vir Homself geskep. Elke keer as Ek hierdie reënboog sien sal Ek onthou dat Ek n verbond met julle gesluit het. Die Reënboog sal My herinner aan alles wat ek julle belowe het. Dat Ek dit nooit sal vergeet nie. Dat nooit weer sal doen nie. Wat is die grootste les van hierdie gedeelte? Dat God (wat heeltemal soewerein is) Sy eie vryheid weggegee het twv ons. Hy het Sy eie vryheid weggegee. Al wil Hy kan Hy nooit weer n sondvloed oor die aarde bring nie. Julle sien: God het Homself vrywillig aan ons kom vasmaak. Hy hoef nie n belofte te maak nie. Hy hoef nie n verbond te sluit nie.

Hy skuld ons geen verduideliking nie. Maar Hy doen dit. Regdeur die geskiedenis het Hy Homself vrywillig vasgemaak aan mense. n Verbond met Abraham. Ek sal jou God wees vir altyd en altyd. God kan nie ophou om ons God te wees nie. Hy het Homself vasgemaak met n belofte. Duisende jare later het God Homself weer n keer vrywillig vasgemaak. Hierdie keer aan n kruis. Nie met die mooi kleure van n reenboog nie maar met die rooi van bloed. Nie met n handtekening op n kontrak nie, maar met spykers aan n kruis. Vir al die sonde van die wêreld. Daarom vertel die reënboog dieselfde verhaal as die kruis; Die verhaal van God se genade. Die verhaal van n God wat Hom vrywillig laat vasmaak. n God afstand doen van Sy vryheid. n God wat Sy eie soewereiniteit inperk. n God wat Hom deur mense laat boei.