LYDENSTYD (3de SONDAG) DIE WET

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: 11 September GEMEENTES BIED AAN:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Empathy Ouerhandleiding

Die plek van jou tent

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

nuus van ons gemeentes

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dawid die Skaapwagter

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Welkom. Welcome. 10th Annual. Labor Day Weekend Rusk, Texas

DIE AA NDBOODSKA PPER

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

REDAKSIONEEL NUUS VANUIT DIE SINODE

God se Woord. God se Wil

Teken in op e-hervormer

BYBELS-GESONDE GESINNE

Josua - van jongs af n leier

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Van harte geluk aan die hele span, asook mev. Derika Walstra. Dit was voorwaar n puik prestasie en welgedaan!

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

GEBED VIR KERKLEIERS

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

ALPHA Jy s genooi vir ete!

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Transcription:

LYDENSTYD (3de SONDAG) DIE WET Jaar 13 - Uitgawe 6 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www.ngkerkvrystaat.co.za 6 Maart 2015 WET AS DANKBAARHEID Ek is die Here jou God wat jou na Kanaän, die land van melk en heuning gelei het. Jy moet net vir My aanbid as jou God. Die één God Vader, Seun en Heilige Gees moet ál jou eer en diens ontvang. Jy moet My liefhê, en Ek sal my liefde betoon tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en liefde bewys teenoor die hele skepping. Gebruik my Naam met eerbied; aan My kom al die lof toe. Geniet die Sondag as n geskenk om te rus na n besige week, om die opstanding te vier, en om tyd met jou geliefdes deur te bring. Jy moet eerbied hê vir jou ouers, vir elke vorm van lewe, vir die huwelik, vir dit wat aan ander behoort en vir die waarheid. Ek is die Here jou God wat jou uit genade gered het. Volg hierdie riglyne uit dankbaarheid; en Ek sal jou seën. Uit Cas Wepener se weergawe van Eksodus 20 Aan tafel met Jesus (BM 2010:67) 1. NUUS VANUIT DIE SINODE: VOORBIDDING VERSOEK: Op Dinsdag 17 Maart 2015, vanaf 09:00 17:00, vind ʼn Buitengewone Sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat by die NG Gemeente Aandbloem (ENGO) in Bloemfontein plaas. By hierdie belangrike vergadering sal ʼn verslag oor die proses rakende Artikel 1 in gemeentes en ringe dien en stemming hieroor plaasvind. Ander sake in die Agenda handel oor die permanente adres van die Argief, bekendstelling van die Jubeljaar, mediese fonds vir groepe (Status C), asook die jaarlikse bekendmaking van riglyne vanaf ASFB ten opsigte van die vergoedingspakket vir Bedienaars van die Woord. Lesers van Vrypos word vriendelik versoek om asseblief vir hierdie vergadering en sy rolspelers te bid, dat daar te alle tye na sy wil gesoek sal word en dat alle besluite tot eer van God en sy kerk sal wees. NB! Gemeentes let asseblief op die volgende: Alle uitstaande geloofsbriewe, asook betalings ten opsigte van afgevaardigdes, moet vir Thea vóór die einde van hierdie week bereik skakel 051 406 6719, of stuur ʼn e-pos aan kerkinfo@ngkvs.co.za. Wat die Agenda betref, is daar nog ʼn verslag of twee uitstaande, dit behoort ook teen komende Vrydag gefinaliseer en vir almal aangestuur te word, wees asseblief op die uitkyk daarvoor. VROUELIDMATE SE MANNEKAMP: Manne in die Vrystaat word herinner aan hierdie kamp wat vanaf 13 15 Maart 2015 te Florisbad vakansie-oord gaan plaasvind. Indien jy belangstel, skakel vir Joanie Theron @ 051 406 6732 (k) om te verneem of daar nog plek beskikbaar is. VROUELIDMATE SINODALE KONFERENSIE: Alle vrouelidmate word ook weer aan hierdie konferensie herinner wat op Saterdag 9 Mei 2015 by die NG Gemeente Pellissier in Bloemfontein sal plaasvind. Die gasspreker vir die dag is prof Stephan Joubert en Hykie Bergh en Elanie Kruger gaan hulle projek, Stop Human Trafficking, bekend stel. ʼn Omsendskrywe hieroor, is reeds in Februarie 2015 uitgestuur, waarby ʼn geloofsbrief vir die geleentheid aangeheg is doen navraag by jou kerkkantoor, of andersins, kontak vir Joanie Theron @ 051 406 6732 (k), of stuur ʼn e-pos aan gemeentes@ngkvs.co.za KURATORIUM NUUS: Die amp van n predikant is een van die bedieningskanale waardeur God sy werk op aarde doen! Dit is vanjaar weer n besonderse voorreg dat daar nege jongmense vanuit die NG Kerk-bediening ingeskryf het vir die begin van hul teologiese opleiding by die Universiteit van die Vrystaat. Op een of ander wyse het hierdie 1

jongmense die Here se roepstem rakende die Evangeliebediening gehoor. Die Kuratorium sien uit om die pad saam met elkeen van hulle te loop! Maak die beste gebruik van elke geleentheid om jou voor te berei vir die teologiese bediening van die Woord van God. Gaan vir goud...! Vlnr: Adrie Els, Cecil vd Merwe, Anika Sanders, Ike Venter en Charne Mathewson Vlnr: JC Els, Rene van Tonder, Kobus de Wet en Christo du Plooy 2. GEMEENTES BIED AAN: NG BEDELIA STRAATFEES EN BRAAI: Vanaf 18:00 die aand word ʼn straatbraai in die pastorietuin gehou almal word ook hierheen uitgenooi om in jul rugbyspan se kleure te kom saamkuier. Die koste is R100pp vir volwassenes en skoolkinders is R50pp hiervoor ontvang jy ʼn vleispakkie met drie soorte vleis, asook pap, sous, slaai en poeding. Braaivure word voorsien, bring asseblief eie eetgerei. Koeldrank en eetgoed vir kinders word ook te koop aangebied. Kaartjies vir die braai kan reeds die oggend by die Straatfees-basaar aangekoop word. Vir enige navrae, kontak vir Esther Douglas @ 072 254 4018 of Heidi McLaren @ 082 896 8062. Sondagoggend 8 Maart om 09:00, bied die bekende gospelsanger, Leon Goosen n lofprysingsdiens aan in die kerkgebou almal is ook by hierdie geleentheid welkom. NG UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK): Len Viljoen, blinde gospelsanger tree Sondagoggend 8 Maart 2015 om 09:00 by hierdie gemeente op (h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstraat, Universitas). NG LANGENHOVENPARK MUSIEKAAND: Dieselfde aand om 18:00, tree hy ook by hierdie gemeente op waar ʼn kollekte ten opsigte van sy bediening ingesamel sal word. Wie is Len Viljoen? Len (34 jaar oud), is blind gebore en is n gekwalifiseerde rekenaarprogrammeerder. Hierdie beroep beoefen hy deeltyds aangesien die Here hom reeds 16 jaar gelede geroep het om as n voltydse gospelsanger op te tree. Hy het n hele aantal jare op die 2

Uitvoerende Bestuur van Blind SA, asook die Beheerliggaam van die Instituut vir Blindes, gedien. Tans maak hy dit sy lewenstaak om waar hy kan, medeblindes en doofblindes se lewensomstandighede te verbeter. Daar was reeds meer as 2000 optredes en sluit uitgebreide toere landwyd in. Len het reeds 11 CD s op die mark, sy nuutste CD s is onder die titels, Kyk met jou hart en Geloof, Hoop en Liefde", vrygestel. Besoek gerus sy webblad by www.inspiritministries.co.za vir meer inligting. NG HUGENOOT: Op Sondagaand 15 Maart 2015 om 18:30, besoek Yolande Korkie dié gemeente (Bloukerk in Normandierylaan, Bayswater), om oor haar en haar man, wyle Pierre Korkie se lewe van die afgelope paar jaar te gesels. Sy sal ook vrae beantwoord ʼn sagte kollekte ten bate van die JSS (Hugenoot se Jeugsorgsentrum) sal opgeneem word. Almal word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid te kom ondersteun. NG FRANKFORT WILGE MARATHON 2015: Drawwers kan solank van hierdie geleentheid op 2 Mei 2015 kennis neem dit sal ook as ʼn kwalifiserende marathon vir die Comrades dien. Vir enige navrae, kontak gerus vir Anita Oberholzer by die kerkkantoor op 058 813 1487, of @ 071 382 7219. 3. JAARLIKSE KONGRES VAN DIE SOUTHERN AFRICAN MISSIOLOGICAL SOCIETY: Hierdie geleentheid vind vanaf 11 tot 13 Maart 2015 by die Universiteit van die Vrystaat (Teologiese Fakt) plaas. Die tema is Together Towards Life en verskeie sprekers gaan hieraan deelneem. Koste beloop R800pp, vir enige navrae kontak vir prof Pieter Verster per e-pos by versterp@ufs.ac.za. Klik hier vir die volledige program. 4. NAVRAAG OOR GEMEENTES WAT IN BELGIË BETROKKE IS: Dr Mario Weyers, leraar van die Presbiteriaanse Kerk in Nieu-Seeland, vra hulp met inligting oor Suid-Afrikaanse gemeentes wat in België betrokke is lees sy brief hier. 5. BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF 4/2015: In hierdie uitgawe word daar op Kerkbode van 6 Maart 2015 gefokus, asook Bybel-Media se betrokkenheid by die Woordfees in Stellenbosch klik hier. 3

6. BEROEPENUUS: Ds Attie Thiersen van die NG Gemeente Wesselsbron-Noord het einde Februarie 2015 emiritaat ontvang. (Namens al ons lesers wens ons vir hom en sy vrou n baie geseënde aftrede toe, mag julle steeds elke dag God se wonderlike genade ervaar). Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos (Oostelike Sinode), is na die NG Gemeente Wesselsbron-Noord beroep. 7. VAKATURES: KOSTER: Hierdie vakante pos bestaan tans by die NG Gemeente Warden. Skriftelike aansoeke, tesame met n CV kan tydens kantoorure (Ma 09h00 13h00, Wo 09:00 13:00 en 14:00 17:00 en Vr 09:00 13:00), ingehandig word. Die sluitingsdatum is Vrydag 13 Maart 2015 om 12:00. MAATSKAPLIKE WERKERS X 2 (VOLDAG): ENGO Gesinsorg en ENGO Kinder-en Jeugsorgsentrums, Bloemfontein, beskik tans oor hierdie twee vakatures klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 20 Maart 2015. POS VIR PREDIKANT IN ALGEMENE SINODALE DIENS AS ALGEMENE SEKRETARIS IN DIE KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE PRETORIA: Alle besonderhede oor dié pos, is hier beskikbaar sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 9 April 2015, met diensaanvaarding 1 Oktober 2015, of spoedig daarna. Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za klik dan op Meer - Vakatures. 8. NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in n vorige uitgawe van Vrypos verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis! 9. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars en personeellede wat gedurende die komende week hul verjaarsdae vier mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 7 Maart: Ds Delmarie Viljoen - SPRINGFONTEIN - 082 646 6891, delmariealexander@gmail.com 9 Maart: Mev Sonja Jansen - KURATORIUM - 051 406 6734 (k), 071 202 3972, kuratorium@ngkvs.co.za Me Salomé Pretorius - VENNOTE IN GETUIENIS 051 406 6729 (k), 084 247 5465, missie@ngkvs.co.za 10 Maart: Ds Johan Wepener - ALLANRIDGE - 057 451 2851, 084 254 8628, johanenmagdaw@yahoo.com 11 Maart: Ds Lood Oliver - DAGBREEK - 082 825 9412, loodoliver@gmail.com 12 Maart: Dr Danie Kleynhans - LADYBRAND - 051 924 2018, 083 305 2058, danie09@telkomsa.net 10. TEN SLOTTE: Ek is nie so seker of die beetle baie in sy skik was met hierdie passasier nie! 4

ʼn Baie selfvoldane passasier... Groetnis, tot volgende keer. THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: kerkinfo@ngkvs.co.za Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821 INDIEN U OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) AS U VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier (dit sal n fout wees!) Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by kerkinfo@ngkvs.co.za stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na hierdie adres VRYWARING / DISCLAIMER Klik hier 5

KONGRES SOUTHERN AFRICAN MISSIOLOGICAL SOCIETY: PROGRAMME WEDNESDAY 11 MARCH 2015: 08:00-08:30 Registration 08:30-09:30 Welcome & Opening Vice Rector University of the Free State Nico Botha (General Secretary) 09:30-09:45 Welcome: University of the Free State & Department of Theology 09:45-10:15 Opening worship 10:15-10:45 Tea break 10:45-11:45 Session 1: Hannes Knoetze - Together towards Life (TTL) and Evangelii Gaudium (EG): Implications for African Theologies of Childhood today 11:45-12:45 Session 2: IW Ferreira - Seeking God s Shalom in South African Cities, through a new glocal Christian Togetherness 12:45-13:00 Administrative arrangements 13:00-14:00 Lunch 14:00-15:00 Session 3: T Maluleke - Since the TRC 15:00-15:30 Tea break 15:30-16:30 Session 4: Stuarte Bate - Evangelisation, Globalisation, and changing peripheries: The case of Africa 16:30 17:30 Session 5: AT Muswubi - The significance of Glocal Worship in Missiology A Reformational Perspective THURSDAY 12 MARCH 2015: 08:30-09:15: Devotions 09:15-10:15 Session 1: Nelus Niemandt - Together towards Life journeying with pirates 10:15-11:15 Session 2: N Botha - A Hermeneutic of Life in the World Council of Churches: Vancouver 1983 to Busan 2013. Some implications for missions in South Africa 11:15-11:45 Tea break 11:45-12:45 Session 3: Reggie Nel - Reforming Missional Leaders together towards Reconciliation 12:45-13:45 Lunch 13:45-14:45 Session 4: S Jele - Naming God in a Missional Congregation 14:45-15:45 Session 5: P Marumo - The aftermath of Ecclesiologic debate: Are we still united as a church of Christ? 15:45-16:15 Tea break 16:15-17:15 SAMS Business Meeting 19:00-21:00 David Bosch Memorial Lecture and conference dinner - JNJ Kritzinger FRIDAY 13 MARCH 2015: 08:00-08:30: Devotions 08:30-09:30 Session 1: John Klaasen - The Ecumenical Movement: Development as missionary tool for integration of those on the margins within the centre 09:30-10:30 Session 2: Newton Cloete & Daniel Andrew - Towards a holistic Pentecostal theology of mission - Reflecting on the whole church, bringing the whole gospel, to the whole world 10:30-11:00 Tea break 11:00-12:00 Theresa Makgaka - Is all evangelism today moving us together to life in Africa? 12:00-13:00 Closing of Congress & Closing Worship 6

BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF 4/2015: Lees in die Kerkbode van 6 Maart: Namibië: Die sinode van die NG Kerk in Namibië het met ʼn meerderheid gestem vir die voorgestelde Artikel 1 van die Kerkorde, maar nie die vereiste meerderheid van twee derdes behaal nie. Die stemproses in ander sinodes gaan voort. Beskikbaar: Toe die Zama-Zama Hope 4 U Foundation in ʼn plakkerskamp wou gaan werk, het hulle nie geweet hoe om dit aan te pak nie. Die raad wat hulle gekry het, was: Gaan wees net teenwoordig daar. Die Here sal mense oor julle pad stuur. Hannelie Groenewald: Toe Hannelie Groenewald en haar gesin Afghanistan toe is, het hulle geweet dit is ʼn oorlogsone. Hulle moes die koste vooraf bereken. Sy vertel van hulle reis saam met die Here. Lees ook: Vrystaatse Belhar-ondersteuners reik verklaring uit Moderatuur kap die regering kwaai ʼn Besoek aan die tuingraf in Jerusalem Motorfietsryer vertel van gevangenisbediening Bybel-Media borg uitkyk-anties by Woordfees op Stellenbosch: Rondomskrik oorvertelling van die hartverskeurende Anene Booysen-verhaal - in die Maart-uitgawe van LiG, gesels dié tydskrif wat deur Bybel-Media uitgegee word, met die akteurs van Rondomskrik. Dit gryp jou aan die keel voor dit jou aan die hart gryp, word oor dié toneelstuk geskryf. Maar daar is tog ook hartverwarmende hoop in hierdie oorvertelling van die hartverskeurende Anene Booysen-verhaal, wat in Maart by die Woordfees opgevoer word. Shaleen Surtie-Richards en Crystal-Donna Roberts vertel van hooploosheid, maar ook van diegene wat vlerke kry. Net sommiges, die uitstygers, kry dit reg om te vlieg. Hulle kom êrens, hulle word iets. En sentraal tot hierdie vlerke-gee, staan die uitkyk-anties vroue wat versorg en omgee. Vroue wat waardes in gemeenskap beklemtoon. As n blyk van waardering vir hulle lewegewende diens aan derduisende swaarkry-kinders, borg Bybel-Media 40 uitkykanties en 40 maatskaplike werkers van Badisa om dié vertoning op Sondag 15 Maart gratis te gaan kyk. Badisa is die NG Kerk se welsynsdiens in die Wes-en-Suid-Kaap. Inligting, Navrae en Diensverskaffing: Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210 Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za VAKATURES - MAATSKAPLIKE WERKERS X TWEE (VOLDAG): Posvereistes: 1. Geregistreer by SA Raad van Maatskaplike diens professie (SACSSP) 2. Geldige rybewys 7

3. Afrikaans & Engels magtig Voordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Diensbonus 3. Pensioenfonds 4. Verlof Sluitingsdatum: 20 Maart 2015 Faks CV s aan: 051 522 2508 Epos: amanda@engo.co.za of rina@engo.co.za Navrae: Amanda of Rina - 051 522 6914 Adres: Van Heerdenweg 26, Wilgehof, Bloemfontein 9301 Die werkgewer behou die reg om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was. HERHALINGS: INHOUD 1. ALGEMEEN: WêRELDBIDDAG VIR VROUE IN BLOEMFONTEIN: NG LANGENHOVENPARK: Vrydag 6 Maart 2015 om 09:00, asook om 18:00. Die prediker by hierdie geleentheid is proponent Leonie Pistorius. NG BLOEMFONTEIN-NOORD (KLIPKERK): Vrydag 6 Maart 2015 om 12:00 - die bekende Jana du Plessis en Du Preez Stoltz sal by hierdie geleentheid optree. 2. GEMEENTES BIED AAN: NG BERG EN DAL N NAWEEK OM DIE STILTES EN KLANKE VAN ONS SIEL TE LEER KEN: Jonk en oud, kinders en ouers, vriende en familie, word uitgenooi om by hierdie geleentheid kennis te maak met en te luister na die boodskap van Frieda van den Heever, sowel as haar musiek (BAT QOL*). Dié geleentheid vind vanaf 5 tot 8 Maart 2015 by verskeie plekke in Bloemfontein plaas. Vir verdere navrae, kontak vir Rita van Zyl @ 051 436 2750 (k), of vir Jan Lubbe @ 082 784 9362. *BAT QOL is die Hebreeus vir Dogter van die Stem, die ensemble waarin Frieda haar unieke musiek uitvoer. Alle optredes tydens die naweek sal deur haar sang en voordrag ingekleur word, ten einde aanbidding en stilte te bevorder. CD s van Bat Qol sal ook te koop aangebied word. Klik hier vir die volledige program vir hierdie spesiale geleentheid. NG TAAIBOSSPRUIT BERGFIETSWEDREN EN BASAAR: 8

Klik asseblief hier vir die bergfietswedren se inskrywingsvorm. Die wedren begin om 07:00 en kos en vermaak vir die kinders sal vanaf 08:00 beskikbaar wees. 3. VAKATURES: VOLTYDSE MEDELERAAR: Die NG Gemeente Berg en Dal, Bloemfontein, maak hiermee n vakature vir n voltydse medeleraar bekend - dit is n vastetermynpos vir vyf jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 23 Maart 2015 vir diensaanvaarding vanaf 1 Julie 2015. Klik hier vir volledige besonderhede. n Naweek om die stiltes en klanke van ons siel te leer ken NG BERG EN DAL 5 TOT 8 MAART 2015 Quidquid recipitur ad modum recipientis recipitur Wat ontvang word, word ontvang ooreenstemmig die ontvanger se menswees. Thomas Aquinas Daar is baie te sê vir die signal-to-noise-ratio waarmee ons elke dag lewe doen. Ons antennas sukkel om sein te vang omdat daar soveel geraas is. Die stad raas, die radio raas, my kind raas, my kop raas. Ek weet nie eens hoe om in te tune by my lewensmaat se frekwensies nie, wat nog te sê my eie en God... Hoe luister ek na Hom as ek Hom nie só kan hoor nie? As ek Hom in die hemel wil gaan haal? Hy is nader as my voeteval, my moedertaal, my asemhaal. Dis my passie en roeping om deur klank én die afwesigheid van klank in te tune by die stasies van die siel. Om deur stories, kolletjies te verbind. Sielsontmoetings te vier. Om landskappe te besoek waar die siel van nature maar skaam veilig voel om sy opwagting te maak, hetsy met woorde of in stilte. Om ruimtes te ontgin waar mense mekaar in wording kan hoor. Om geluide te maak wat gebore word uit stilte én stiltes te betree waar geluide oorbodig is. Om 9

beter te kan hoor, my kind. Om saam ons skoene uit te trek en blootsvoetig die heilige grond waarop die siel wandel, te verken... Frieda van den Heever PROGRAM DONDERDAGAAND 5 MAART: 19:00-20:30 n Ontmoetingsaand vir almal tussen 20-30 jaar oud, by Rietjesvlei in Rayton. Iets ligs te ete & drinke is beskikbaar - bevestig jou teenwoordigheid per SMS @ 082 784 9362 VRYDAGAAND 6 MAART: 18:30 n Familieaand vir gesinne, ouers, kinders en grootouers met n heerlike aandete ingesluit in Berg-en-Dal se kerksaal koste, volwassenes @ R 60; skoliere @ R 30,00; kleiner kinders gratis. Kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar, skakel 051 436 2750 SATERDAGOGGEND 7 MAART: 08:30 n Ontbyt met Woord en Lied, by Sewe Damme koste, R 50 p/p. Kaartjies by die Kerkkantoor beskikbaar, skakel 051 436 2750 SATERDAGMIDDAG 7 MAART: 16:00-19:30 n Stilwordmiddag vir meditasie, soeke en deling, by Rietjesvlei in Rayton. Iets ligs te ete & drinke is beskikbaar - bevestig jou teenwoordigheid per SMS @ 082 784 9362 SONDAGOGGEND 8 MAART: 09:30 Oggenddiens by Berg-en-Dal Vir verdere navrae: Rita van Zyl @ 051 436 2750 (k), of Jan Lubbe 082 784 9362 VAKATURE - VOLTYDSE MEDELERAAR, NG BERG EN DAL BLOEMFONTEIN: Die Kerkraad van die Ned Geref Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein stel hiermee in afhanklikheid van Hom aan Wie die kerk behoort en wat sorg vir haar lewe, n vakature vir n voltydse medeleraar bekend. Dit is n vastetermynpos (vyf jaar). Gemeenteprofiel: Die NG Kerk Berg en Dal is in 1956 in die noordelike woonbuurt Dan Pienaar in Bloemfontein gestig. Tans het die gemeente 1030 belydende- en 276 dooplidmate, wat in verskeie dele van die stad en op n aantal hoewes en plase rondom woon en in twintig wyke georganiseer is. Van hierdie lidmate, is 52% jonger as vyf-en-veertig jaar. Die gemeente bedien die Woord ook by twee skole (Laerskool Willem Postma en Hoërskool Sentraal), Huis Eie Haardkoshuis en Siësta Tehuis vir Bejaardes. Ons is n familiekerk wat geroep is om op berge en in dale, oral voor God se aangesig te leef. Leraarsprofiel: n Geroepe bedienaar van die Woord van God, van gereformeerde belydenis en gelegitimeer in die NG Kerkfamilie, verkieslik in die ouderdomsgroep 30-45 jaar en met bedieningservaring. Van die leraar word verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir n bediening soos in Artikel 9 van die Kerkorde omskryf, met n bereidheid om in spanverband op spesifieke areas, soos byvoorbeeld die jeugbediening te fokus. Vergoeding: n Billike vergoedingspakket in ooreenstemming met sinodale riglyne van die NG Kerk Vrystaat en wat behuising insluit, sal met die beroepene onderhandel word. Aansoeke: Meer inligting en n volledige aansoekvorm is by www.bergendalkerk.co.za beskikbaar. Kandidate moet beskikbaar wees vir n onderhoud en die proses mag verdere evaluering insluit. Die Kerkraad behou die reg voor om nie n aanstelling te maak nie. Aansoeke op die voltooide vorm, moet die Komitee vir Diensverhoudinge (KDV) nie later as op Maandag 23 Maart 2015 by een van die volgende adresse bereik: 10

NG Kerk Berg-en-Dal, Posbus 28048, Danhof 9310 ngkbergendal@absamail.co.za Per faks na 086 603 5096 Per hand by NG Kerk Berg-en-Dal, h/v Albrecht- & Genl Hertzogstrate, Dan Pienaar, Bloemfontein Diensaanvaarding: 1 Julie 2015 Navrae: Oudl Chris de Wet, voorsitter KDV (051 447 8745 of 083 283 0845) Mev Rita van Zyl, skriba Kerkkantoor (051 436 2750) 150 Jaar - Onblusbaar 11