Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Similar documents
GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

Die leiers sê die NG kerk moet transformeer. Kyk ook:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Seisoen van die Gees

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Kerk Kry Moeilikheid

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die kerk van die Woord

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die kerk onderweg na die een en twintigste eeu: 'n Kritiese besinning oor kerkwees in 'n veranderende konteks in Suid-Afrika

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE AA NDBOODSKA PPER

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

LoveGodGreatly.com 1

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Pelgrimstog deur die Lewe

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God se Woord. God se Wil

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Josua - van jongs af n leier

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Dawid die Skaapwagter

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

Die enigste afleiding wat sin maak, is dat die homoseksuele kwessie nie vir Stephan so belangrik is nie.

BYBELS-GESONDE GESINNE

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Besprekingsvrae vir selgroepe

Ons roeping tot diens en getuienis in eenheid. 'n Teologiese grondslag vir die NG Kerkfamilie se missionêre bedienings

n Kerk wat getuig, is n kerk wat leef. n Ekklesiologiese perspektief op die missionêre karakter van die kerk 1 - Deel II

Kommentaar op Facebook

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

BASISKURSUS IN BEDIENINGSPRAKTYK

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

GEBED VIR KERKLEIERS

Transcription:

Kyk ook: - 2015 NGK homoseksuele besluit - 'n Missionale Kerk? (Jan Louw) - Die missionale kerk-gedagte sit die pot mis Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk: - Almal trek saam in een missionale koers - Alle gedooptes is gestuurdes - Gestuurdheid vra n paradigmaskuif - Hoe word n gemeente missionaal? Dit is baie onduidelik wat presies die NGK leierskap met hierdie "nuwe" visie wil hê. Met die NGK leierskap se geskiedenis die afgelope paar jaar (kyk Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite ), kan 'n mens egter nie help om skepties te staan teenoor enige nuwe inisiatief wat nie duidelik in lyn met die Bybel is nie. 'n Mens moet erken dat die taal in hierdie artikels nie "Bybelse taal" is nie. Die terme wat gebruik word, vind 'n mens nie in die Bybel nie. Dit inspireer nie. Kyk 'n Missionale Kerk? deur Jan Louw, wat hierdie bespreek. Kommentaar verskyn in [rooibruin blokhakies] tussenin die teks. 1 / 10

Almal trek saam in een missionale koers (Uit Kerkbode, 19 Februarie 2016) Neels Jackson Die Taakspan vir Missionale Transformasie se oogmerk is om alle lidmate se geloof so te help vorm dat hulle as gestuurdes in die wêreld sal leef. Dié gesamentlike taakspan van die Algemene Sinode bestaan uit die taakspanne vir Missionale Ekklesiologie, Lidmaatbemagtiging, Gemeentebediening, Erediens en Liturgie, Missionale Diakonaat en die Seisoen van Menswaardigheid. Hulle het onlangs vir die eerste keer saam vergader vandat die Algemene Sinodale Moderamen einde verlede jaar besluit het dat missionale transformasie 'n prioriteit vir die NG Kerk moet wees. Ds Freddie Schoeman, sameroeper van die Taakspan vir Missionale Transformasie sê die verskillende taakspanne binne die oorkoepelende taakspan werk nou almal saam. Hulle fokus almal op dieselfde doelwit en elkeen bevorder dit vanuit sy eie hoek. So moet die Taakspan vir Missionale Ekklesiologie sorg vir 'n teologiese begronding van missionale kerkwees. Hulle taak is om leiding te gee oor hoe 'n kerk moet lyk wat 'n gestuurde kerk is. Die Taakspan vir Lidmaatbemagtiging se rol is om aan te dui hoe die kerk lidmate moet toerus om as gestuurdes in die wêreld te leef. 2 / 10

Die Taakspan vir Gemeentebediening se fokus is op die leiers. Hulle moet kyk hoe leiers in 'n gemeente moet funksioneer sodat hulle die gemeente kan help om as gestuurdes in die wêreld te leef. Die Taakspan vir Erediens en Liturgie moet die gemeentes help om die missionale karakter van 'n erediens na vore te laat kom. Dit gaan onder meer oor die werking van die Drie-eenheid, omdat dit is waar gestuurdheid gebore word. Die Taakspan vir Missionale Diakonaat se fokus is maatskaplike en opheffingsprojekte waardeur die boodskap van God se liefde uitgedra word. Dr Elize Morkel, voorsitter van die Taakspan vir die Seisoen van Menswaardigheid, sê hulle produkte soos die kruiskulturele Bybelstudies en plakkate is alles ondersteunende materiaal vir die kerk se missionale transformasie. Sy wys daarop dat ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, by die vergadering van die Taakspan vir Missionale Transformasie vier aspekte van missionaliteit beklemtoon het. Hierdie vier is roeping, spiritualiteit, geregtigheid en diens. [Hierdie vier aspekte is meer belyn met humanisme as met die Bybel. Kyk die artikel Die missionale kerk-gedagte sit die pot mis wat hierdie in meer detail bespreek.] Dat geregtigheid 'n belangrike deel van missionaliteit is, onderstreep die rol wat die Seisoen van Menswaardigheid het om te speel. Sy wys ook daarop dat die Wêreldraad van Kerke reeds in 2013 groot klem gelê het op die verb and tussen geregtigheid en missionaliteit. Omdat die Seisoen van Menswaardigheid 'n gesamentlike projek is van die vier kerke van die 3 / 10

NG Kerkfamilie, is die seisoen ook reeds 'n manier waarop geregtigheid vergestalt word. Die vier kerke is 'n voertuig vir die uitdrukking van die Missio Dei, sê sy. Alle gedooptes is gestuurdes (Uit Kerkbode, 19 Februarie 2016) Freddie Schoeman Die woord transformasie het nie noodwendig in ons tyd 'n positiewe konnotasie nie. Om die waarheid te sê, transformasie het vir baie mense negatiewe gevolge in terme van werksverlies en ekonomiese agteruitgang. Transformasie is iets wat afgedwing word en mense word verplig om aan te pas of pad te gee. Mense se lewe word deur transformasie ontwrig. Wanneer transformasie deur die Gees van die Here gedryf word, bring dit egter opwindende en energiewekkende beweging wat nuwe hoop en nuwe opgewondenheid oor die toekoms genereer. Dit is die soort transformasie wat al die afgelope ongeveer 15-20 jaar in die NG Kerk besig is om te gebeur. Te midde van baie belangwekkende, en belangrike sake waaraan die kerk moes aandag gee het hierdie transformasie byna ongesiens, onder die radar, plaasgevind. Dit is die oorgang van die NG Kerk wat gerig is op die instandhouding van die Christendom na 'n kerk wat soepel dinamies word, 'n kerk wat omvorm en transformeer ten einde deel te wees van God se liefdevolle en lewegewende beweging na die wêreld. Hoewel hierdie beweging al 'n geruime tyd aan die gang gekom het, is dit nou op die voorgrond geplaas deurdat die Algemene Sinodale Moderamen missionale transformasie formeel as een van die heel belangrikste prioriteite van die kerk geïdentifiseer het. Hierdie besluit van die moderamen kan dalk een van die heel belangrikste besluite van die kerk 4 / 10

wees in die onlangse verlede. Dit is gegrond in nuwe nadenke wêreldwyd oor die leer van die Drie-eenheid en die missionale aard van die drie-enige God. Dit het enorme implikasies vir kerk en kerk-wees en het die potensiaal om geboorte te gee aan 'n kerk wat op nuwe en kreatiewe maniere die evangelie van Jesus Christus vergestalt. In plaas daarvan dat die sendingwerk van die kerk op 'n armlengte bedryf word en met wisselende mate van entoesiasme ondersteun word deur die kerk, word sending nou deel van die skering en inslag van die kerk. Met erkenning aan die groot werk wat sendelinge die wêreld oor gespeel het en nog steeds speel en met groot opoffering en persoonlike swaarkry gepaard gaan, word daar tans wegbeweeg van 'n model wat net sekere besondere mense as sendelinge beskou het. Sending is nie meer net die taak van 'n klein groepie sendingbelangstellendes nie. Al hoe meer word ingesien dat almal wat deel is van die kerk, alle gedooptes, gestuurdes is. [Jammer, maar ek staan baie skepties daaroor dat daar nie wegbeweeg wil word van sending nie. Die NGK leierskap het nog nie bewys dat hulle ernstig oor sending is nie.] Ons word almal meegesleur deur 'n magtige beweging die beweging van 'n lewegewende God na 'n sterwende wêreld waardeur die magte van selfsug, magsug en hebsug die stryd aangesê word en waardeur mense bevry word en in staat gestel word om te floreer en om sinvolle en betekenisvolle lewens te leef. [Hierdie is welvaartsteologie. Wat moet gesê word aan Christene wat die dood in die oë staar omdat hulle durf om hulleself Christene te noem?] Hulle doen dit wanneer hulle die uitnodiging aanvaar om deel te neem aan die ewig-liefdevolle, hoopgewende, vreugdevolle gemeenskap van die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. 5 / 10

Deelname aan hierdie gemeenskap bring egte, lewegewende transformasie vir gelowiges, vir gemeentes vir die kerk as geheel. Dit loop uit op 'n samelewing wat gevul is met liefde, pleks van haat, vrede pleks van konflik, vreugde pleks van droefheid en hartseer. Ds Freddie Schoeman is sameroeper van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie. Gestuurdheid vra 'n paradigmaskuif (Uit Kerkbode, 19 Februarie 2016) Gedagtes oor kerkwees Nelis Janse van Rensburg God stuur sy Seun na die wêreld. Hy stuur ook sy Heilige Gees na sy volgelinge om van hulle 'n beweging te maak in die wêreld. Elke gelowige word so deel van God se sending na die wêreld. So klink die basislyne van die sogenaamde "missionale teologie". Missionale transformasie beteken dus dat die kerk sy selfverstaan en sy doen en late belyn met hierdie teologie. Baie redeneer dat die kerk homself [As ek mag hare kloof, dit was nog altyd die gebruik om na die kerk te verwys as "haar", verwysende na die bruid van Christus.] nog altyd so verstaan het. Die beleidsdokument van die Algemene Sinode (2013) dui egter baie duidelike redes aan waarom daar inderdaad transformasie nodig is. Oor die eeue het daar subtiele verskuiwings in ons kerklike denke plaasgevind. Die kerk het onder meer begin opereer vanuit verskillende posisies van mag. Reformasie beteken dat die kerk terugkeer na sy bronne. 6 / 10

Vandag verg dit 'n paradigmaskuif om 'n kerk te sien sonder mag, ontledig tot slawe, voortdurend selfprysgewend na die voorbeeld van die Hoof. So 'n kerk is nie primêr hier ter wille van sy lidmate nie, maar ter wille van die heil van die wêreld. Elke gelowige leef dan vanuit 'n roeping en 'n opdrag. Elke gelowige word slaaf en kneg in 'n beweging wat gefokus is op die koms van die koninkryk. Die Algemene Sinode se moderamen (ASM) het in November 2015 besluit om nou 'n strategie vir die missionale transformasie van die kerk te ontwikkel. Die ASM het slegs twee prioriteite vir die termyn bepaal. Missionale transformasie is sy eerste prioriteit. Die taakspanne wat hiermee gemoeid is, het onlangs saam vergader en groot vordering is reeds gemaak. Die ASM sal reeds op sy vergadering in Maart 'n voorgestelde strategie oorweeg. Soos die strategie nou ontwikkel, word daar op vier vlakke gedink oor die lewe van die kerk, naamlik dié van die individu, die gemeente, die kerkverband en die samelewing. Die implikasies strek wyd, van die geloofsgewoontes van individue en gemeentes, die erediens en liturgie, vars uitdrukkings van geloofsgemeenskappe tot by 'n "missionale kerkorde" en 'n fokus op die waarde van elke mens. Op talle plekke is die proses van herbesinning en transformasie op 'n spontane wyse reeds goed op dreef. Gemeentes en individuele gelowiges vra grondig na die wil van die Here en breek deur eeu-oue vasgelegde gewoontes ter wille van gehoorsaamheid aan hulle roeping. Daar is by my egter geen twyfel nie dat hierdie beweging net volhoubaar sal wees indien dit gevoed word vanuit 'n grondige kennis van God [LW, hierdie is die woorde van iemand wat nie 'n probleem het om homoseksualiteit in die kerk toe te laat nie], gepaardgaande met 'n diepe bewussyn van die teenwoordigheid van God. Laasgenoemde verwys na 'n mistieke verbondenheid aan die Een wat in ons is en in die Vader is (Joh 14 en 15) en Homself weer en weer aan ons openbaar. 7 / 10

Oor die eeue was daar nog altyd in gereformeerde kringe 'n agterdog jeens die mistiek. Tog is die mistiek as die nadenke, aansprake, ervarings en verbeelding oor die werkinge en die werklike teenwoordigheid van God so deel van die godsdiens soos geloof self. Allerhande voorstellings is gemaak dat mistiek wêreldontvlugtend is en subjektivisties, maar veral dat dit die sola Scriptura beginsel in gedrang bring. Ander meen baie skepties dat dit gerig is op 'n versmelting tussen God en mens en dat dit nie rekening hou met die andersheid van God en die afstand tussen God en mens nie. Hierdie beoordeling van die mistiek was beslis nie altyd ongegrond nie. Dit is egter goed om in hierdie verband weer kennis te neem van die werk van die Hollandse teoloog, Kornelius Miskotte. In sy omgang met die mistiek kom hy tot die eg gereformeerde oortuiging dat kennis van die teenwoordigheid van God altyd geïnterpreteerde kennis is vanuit ons kennis van die Woord van God. Dat ons vir God kan herken in die daaglikse gang van die lewe, is te danke aan ons kennis van Hom deur die Woord. [Die argument van "geïnterpreteerde kennis" word gewoonlik gebruik om dwaalleer in die kerk in te sleep soos bv homoseksualiteit, saamwoon en die bestaan van die duiwel.] In die missionale proses het ons 'n uitstekende geleentheid om nou weer te besin oor ons verstaan van die teenwoordigheid van God. Elke gelowige sal opnuut vanuit sy/haar kennis van God en bewussyn van die teenwoordigheid van God die werklikheid tegemoet moet leer tree. Hiervoor sal ons waarskynlik nuwe geloofsgewoontes moet aanleer. Ons gaan nie ander resultate behaal deur net dieselfde te bly doen nie. Ons het nuwe gewoontes nodig wat ons refleksie oor die Woord en die teenwoordigheid van God in ons lewe versterk. Ons sal op 'n persoonlike vlak nuwe ruimtes moet ontsluit vir dieper nadenke en 'n verbintenis 8 / 10

om bewustelik te leef in die teenwoordigheid van God. Dit gaan 'n reuse-impak hê op ons getuienis oor God die hart van die missionale beweging. [Alles leë, vae woorde. Wat behels dit?] Sonder 'n eerstehandse getuienis oor die teenwoordigheid van God in ons lewe, sal die missionale beweging nie momentum behou nie. Trouens, daarsonder sal die missionale teologie op die rakke van biblioteke en in dik verslae vasval. Ds Nelis Janse van Rensburg is voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen. Hoe word 'n gemeente missionaal? (Uit Kerkbode, 19 Februarie 2016) Becoming the Gospel: Paul, Participation, and Mission (The Gospel in Our Culture Series) Deur: Michael J Gorman Uitgegee deur: William B Eerdmans Publishing Company, Grand Rapids, Michigan. 2015 Freddie Schoeman Die vermaarde sendingkundige, Lesslie Newbigin, sê in sy boek The gospel in a pluralist society : "I am suggesting the only answer, the only hermeneutic [means of interpretation] of the gospel, is a congregation of men and women who believe it and live by it." Hierdie woorde gee die tema van hierdie belangwekkende werk van Michael Gorman aan. Die groot vraag wat Gorman probeer antwoord (en dit deksels goed regkry) is: Hoe kan 'n gemeente as gemeente missionaal wees? Met ander woorde: Hoe kan 'n gemeente beweeg van 'n gemeente met sending- en uitreikprojekte na 'n gemeente wat in wese, in murg en 9 / 10

gebeente missionaal is en so die evangelie vergestalt? [Dit sal 'n hartseer dag wees wanneer 'n gemeente wegbeweeg van sending- en uitreikprojekte. 'n Gemeente moet beide doen: sendingprojekte EN ook self die evangelie uitleef en demonstreer.] Gorman se antwoord, kortweg opgesom, is die volgende: 'n Gemeente is missionaal wanneer dit deelneem aan die lewe en karakter van 'n sturende God wat Hom geopenbaar het in die gekruisigde en opgestane Christus en waar hierdie deelname lei tot diep transformasie van gemeentes. Dit wil sê 'n missionale gemeente is 'n gemeente wat die DNS van die drie-enige God vergestalt. Gorman maak gebruik van 'n baie ou konsep, theosis, wat beteken om deel te kry aan die Goddelike natuur ( 2 Pet 1:4 ). Aangesien die drie-enige God diep in sy wese missionaal is, kan 'n gelowige, gemeente en kerk wat die DNS van hierdie God deel van hulle eie identiteit maak, nie anders as om in wese missionaal te wees nie. In hierdie tyd waarin die NG Kerk in soveel rigtings getrek word, is dit maklik om ons oog af te haal van die bal, van ons eintlike bestaansrede, naamlik om gestalte te gee aan God se lewegewende beweging na hierdie wêreld toe. Gorman help ons om te verstaan hoe noodsaaklik die missionale transformasie van die kerk is. Ds Freddie Schoeman is sameroeper van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie. 10 / 10