BESLUITE VAN ALGEMENE AARD

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

DIE KERKORDE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK. soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Oktober 2015

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE KERKORDE en SINODALE BEPALINGE SINODE VAN WES-TRANSVAAL 2003

Jesaja sien die Toekoms

DIE KERKORDE AANVULLENDE BEPALINGE REGLEMENTE

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Kerk Kry Moeilikheid

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

HANDELINGE ELFDE VERGADERING

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

GRONDWET VAN DIE MPUMALANGA SIRKEL VAN DIE PROKUREURSORDE VAN DIE NOORDELIKE PROVINSIES (INGELYF AS DIE PROKUREURSORDE VAN TRANSVAAL)

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

3. Die verantwoordelikheid van die kerkverband in die pastorale versorging van die pastor.

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Empathy Ouerhandleiding

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Profetiese woord vir 2017 en verder

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

AB-2 BELYDENIS VAN BELHAR : GESPREKSDOKUMENT

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Kerkregtelike ontwikkelinge in die VGKSA n historiese oorsig ( ) 1

Die kerk van die Woord

Missionêre diakonaat: n Uitdaging vir die kerk

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

ALFABET VAN DIE HUWELIK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006

DIE PRAKTYK VAN KERKVISITASIE

Die versplintering van die gedroomde nuwe staatskerk deur die verwerping van die voorgestelde nuwe belydenisgrondslag met die Belharbelydenis

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

Seisoen van die Gees

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

VAN OMKEER NA KERKGROEI-BEDIENING

Besprekingsvrae vir selgroepe

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

NG Kerk in KZN. Notule Vier en negentigste Sinodevergadering 15 tot 18 Oktober 2012 Sinodale Sentrum Pietermaritzburg

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

A.3.2 VERSLAG VAN DIE ALGEMENE DIENSGROEP GEMEENTE- ONTWIKKELING: BEDIENING

KORT SAMEVATTING VAN SINODEBESLUITE 2015

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

GEBED VIR KERKLEIERS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. No. 1/1999

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die plek en rol van bejaardes in die Bybel met spesifieke toepassing op die praktyk 1. Prof. dr. GDS Smit 2

BYBELS-GESONDE GESINNE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Dawid die Skaapwagter

Die plek van jeugbediening binne gemeenteopbou

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Transcription:

BESLUITE VAN ALGEMENE AARD INHOUDSOPGAWE 1. ALGEMEEN... 48 1.1 AFKORTING VAN DIE NAAM VAN DIE KERK... 48 1.2 ONDERWYSBELEID VAN DIE ALGEMENE SINODE... 48 2. EREDIENS, SAKRAMENTSBEDIENING, SANG EN BIDDAE... 49 2.1 BELYDENISAFLEGGING DEUR VERSTANDELIK-GESTREMDES... 49 2.2 TOELATING VAN KINDERS TOT DIE NAGMAAL... 49 2.3 KERKMUSIEK... 49 3. FUNKSIONERING VAN RINGE... 49 3.1 VERSLAE... 49 3.2 RIGLYNE VIR DIE JAARLIKSE KERKVISITASIE... 50 3.3 RIGLYNE VIR DIE OPSTEL VAN DIE OORSIG OOR DIE TOESTAND VAN DIE GEESTELIKE LEWE IN DIE GEMEENTE... 51 3.4 RIGLYNE VIR DIE RINGSKRIBA/SKRIBA VAN DIE RINGSKOMMISSIE... 52 4. FUNKSIONERING VAN DIE SINODE VAN WES-TRANSVAAL.... 52 4.1 AFVAARDIGING NA DIE ALGEMENE SINODE.... 52 4.2 BESTAANSREDE, VISIE EN MISSIE VAN DIE SINODE VAN WES-TRANSVAAL... 52 4.3 SITTINGSREG VAN OUDERLINGE WAT AS PREDIKANT BEVESTIG WORD EN VAN PREDIKANTE WAT EMERITEER... 52 5. LEER EN AKTUELE SAKE... 53 5.1 EGSKEIDING EN HERTROU... 53 6. DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VAN TRANVAAL... 53 6.1 OPDRAG TOT KERKVERENIGING... 53 6.2 GESAMENTLIKE KOMMISSIE WAT NAMENS DIE SINODES VAN TRANSVAAL KAN OPTREE... 54 7. KERKRADE... 55 7.1 KOPPELING VAN KERKRAADSLEDE AAN WYKE OF DIENSTERREINE... 55 7.2 LENINGS... 55 7.3 PASTORALE HULP... 55 7.4 ONGEHOORSAAMHEID AAN BESLUITE VAN MEERDERE VERGADERINGS: RIGLYNE VIR OPTREDE... 55 7.5 GEMEENTES WAT NIE HULLE SINODALE VERPLIGTINGE KAN NAKOM NIE... 56 7.6 TOERUSTINGSMATERIAAL... 56 8. LERAARS... 56 8.1 AFTREDE... 56 8.2 BEROEPBAARHEID EN DIE BELYDENIS VAN BELHAR... 57 8.3 HUISVESTING VAN LERAARS... 57 8.4 TRAKTEMENT... 57 8.5 VOORTGESETTE TEOLOGIESE OPLEIDING... 58 9. LIDMAATSKAP... 58 9.1 LIDMATE UIT DIE FAMILIE VAN N G KERKE... 58 9.2 RIGLYNE VIR DIE ORDELIKE HANTERING VAN LIDMAATMAATSKAP OOR GEMEENTEGRENSE HEEN... 58 Hieronder volg 'n aantal belangrike besluite van die Algemene Sinode en van die Sinode van Wes-Transvaal. 1. ALGEMEEN 1.1 Afkorting van die naam van die kerk Die Sinode besluit dat wanneer in die Kerkorde, Bepalings en Reglemente die naam van die kerk afgekort word, van N G Kerk as afkorting gebruik gemaak word. (Algemene Sinode 1998) 1.2 Onderwysbeleid van die Algemene Sinode Vgl Standpunte van die N G Kerk in verband met Opvoeding en Onderwys (Agenda p 122, Algemene Sinode 1998) 48

2. EREDIENS, SAKRAMENTSBEDIENING, SANG EN BIDDAE 2.1 Belydenisaflegging deur verstandelik-gestremdes Die Algemene Sinode het die volgende eenvoudige belydenis vir die aflê van geloofsbelydenis deur 'n verstandelik-gestremde kind goedgekeur: Ek glo dat die Bybel die Woord van God is. Ek glo dat God, die Vader, alles gemaak het. Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. Ek glo dat God my liefhet. Ek glo dat die Here Jesus vir my sonde aan die kruis gesterf het. Ek glo dat die Here Jesus opgestaan het uit die graf, en opgevaar het na die Hemel. Ek glo dat Hy eendag weer sal kom om my te kom haal. Ek glo dat die Heilige Gees gekom het om in my te woon. Ek het die Here Jesus lief. (Algemene Sinode 1986) 2.2 Toelating van Kinders tot die Nagmaal Vgl Riglyne en Funksionele Besluite, Die Kerkorde, p124, 2002 2.3 Kerkmusiek Vergelyk Die Kerkorde p120 en p126 besluit 24 3. FUNKSIONERING VAN RINGE 3.1 Verslae 3.1.1 Kerkrade besorg, volgens elke ring se eie reëlings, die volgende vyf stukke aan die ring: Algemene statistiekvorm, die Oorsig oor die toestand van die geestelike lewe in die gemeente, Visitasieverslagvorm, Finansiële State, Registerafskrifte. 3.1.2 Ringe word ernstig versoek om die verslag re die Oorsig oor die toestand van die geestelike lewe in die gemeente te laat figureer as die stuk wat sentraal staan in die afhandeling van sy jaarlikse agenda en dit ook aan kerkrade deur te gee dat dit die dokument is wat wat prioriteit moet geniet en opgestel moet word volgens die neergelegde riglyne. 3.1.3 Alle finansiële kommissies van ringe word versoek om toe te sien dat hulle verslae op die praktyk gerig sal wees en dat die moontlikhede ten opsigte van onderlinge finansiële ondersteuning veral na vore gebring sal word. Die finansiële verslae van gemeentes word steeds beskou en behandel as onontbeerlike inligting met die oog op die effektiewe afhandeling van die ringe se verantwoordelikhede. 3.1.4 Benewens die rapport wat ringsargiefkommissies oor die korrektheid van afskrifte moet uitbring, kan hulle verslae "lewend" maak deur onder andere die volgende na vore te bring: Die wisseling van lidmate soos weerspieël in gegewens oor intrekkende en vertrekkende lidmate; die verlies aan lidmate na ander kerke en daarteenoor die wins aan lidmate uit ander kerke; die getalle van dopelinge en persone wat belydenis van geloof afgelê het en die betekenis hiervan vir die gemeente; tendense wat moontlik uit hierdie gegewens afgelei kan word. (Sinode van Wes-Transvaal 1995) 49

3.2 Riglyne vir die jaarlikse kerkvisitasie 3.2.1 KERKVISITASIE is die amptelike besoek waartydens in ringsverband pastoraal uitgereik word na gemeentes, kerkrade en leraars. 3.2.2 Die DOEL van Kerkvistasie is om 3.2.2.1 belangstelling en meelewing te toon in die breë funksionering van die gemeentes as liggaam van Christus; 3.2.2.2 ondersteuning en raad te bied waar dit nodig is; 3.2.2.3 medeverantwoordelikheid te neem vir die geestelike heil van die gemeente en sy lede, tot eer van God; 3.2.3 As BREë RIGLYNE kan daarna gestreef word om: 3.2.3.1 Personeel te kontinueer en af te wissel; 3.2.3.2 Jaarliks te visiteer so na as wat prakties moontlik is aan die einde van die kerklike jaar; 3.2.3.3 Pastoraal sensitiewe probleme met instemming van die betrokkenes aan die ring bekend te maak of: 3.2.3.4 Fasiliterend die proses te begelei om die probleme reg te stel; 3.2.3.5 Die leraar en kerkraad te visiteer; 3.2.3.6 Die leraar se gesin en die gemeente te betrek by die visitasieproses. 3.2.4 PERSONEEL vir Kerkvistasie 3.2.4.1 Kontinuïteit met vistatore vir meer as een jaar by dieselfde gemeente bevorder die persoonlike band tussen visitator en die gemeente. 3.2.4.2 Die ring wys uit sy bekwame lede minstens twee visitatore aan vir elke gemeente. 3.2.4.3 Voorkom dat konsulente en buurleraars gestuur word om die visitasiebesoek af te lê. 3.2.4.4 Bekwame ouderlinge kan ook as visitatore betrek word, desnoods as derde visitator. 3.2.4.5 Behou minstens een visitator vir die volgende besoek, indien moontlik. 3.2.4.6 Die ring se Kommissie vir Kerkvisitasie gee leiding aan visitatore en sorg dat elke gemeente elke jaar gevisiteer word. 3.2.5 Die Kerkvisitasie kan die volgende FASETTE insluit: 3.2.5.1 Besoek elke LERAAR EN SY/HAAR GESIN afsonderlik. Die vistatore gee aandag aan sy/haar huislike en huwelikslewe, persoonlike geestelike lewe, roepingsbewustheid, getrouheid aan sy/haar legitimasieverklaring en belydenisskrifte, tydsbestuur en streshantering asook die verhouding met kerkraadslede, gemeentelede, en medeleraar(s) waar van toepassing. 3.2.5.2 Ontmoet FUNKSIONARISSE in die gemeente. Die dagbestuur of bestuurskommissie, voorsitters van kerkraadskommissies, die amptenare, jeugleiers, diensgroepleiers en/of blokleiers word, na gelang van die gemeente se opset, betrek by 'n gesprek aan die hand van die Gespreksriglyne vir Kerkvisitasie, die Riglyne vir die oorsig oor die toesstand van die geestelike lewe in die gemeente, die Algemene Statistiekvorm en die Kerkvistasievorm. 3.2.5.3 Ontmoet die VOLLE KERKRAAD. n Voorlopige visitasieverslag, opgestel aan die hand van die besoek aan die leraar en die ontmoeting met die funksionarisse kan bespreek word, waarna 'n finale verslag aan die kerkraad en ring gegee word. Die visitatore het ook die geleentheid vir gesprek met die kerkraad in afwesigheid van die leraar(s). 3.2.5.4 GEMEENTELEDE moet die geleentheid gegee word om die visitatore individueel te ontmoet indien enige gemeentelid die behoefte het. 3.2.5.5 Die kerkraad stel die OORSIG OOR DIE TOESTAND VAN DIE GEESTELIKE LEWE IN DIE GEMEENTE op, aan die hand van die riglyne, en met inagneming van die ontmoetings met die funksionarisse en die volle kerkraad. 50

3.2.5.6 Ontmoet die HELE GEMEENTE. Visitatore ontmoet die gemeente by 'n erediens. Die Oorsig oor die toestand van die geestelike lewe in die gemeente word aan die gemeente voorgehou, en kan bespreek word, of sekere aangeleenthede daaruit uitgelig word. Vistatore kan afwisselend die erediens lei. 3.2.5.7 Die vistatore lê deur die kerkvistiasiekommissie 'n GESKREWE VERSLAG oor elke gemeente aan die ring voor. 3.2.5.8 Die vistatore voorsien voor die ringsvergadering 'n AFSKRIF van hulle verslag aan die betrokke kerkraad. 3.2.6 As GESPREKSRIGLYNE kan gevolg word: 3.2.6.1 Wat ervaar u as die sterkste positiewe eienskappe van die gemeente? 3.2.6.2 Wat ervaar u as die grootste leemtes en tekortkominge in die gemeente? 3.2.6.3 Hoe voer u as gemeente Christus se opdrag uit om die evangelie binne en buite die gemeente te verkondig. 3.2.6.4 Hoe rus u die besondere ampte vir hulle taak toe? 3.2.6.5 Hoe rus u die gelowige in die gemeente toe om te dien in die amp van die gelowige? 3.2.6.6 Watter wêreldse nie-bybelse tendense kom in die gemeente voor? 3.2.6.7 Hoe hanteer u dit? 3.2.6.8 Hoe funksioneer die opsig en tug in die gemeente? 3.2.6.9 Waarna streef u gemeente as doelwit of mikpunt in die volgende jaar? 3.2.6.10 Die Algemene statistiekvorm en die Kerkvistasievorm vorm deel van die gesprek.die ring kan ook besluit om sekere sake in 'n betrokke jaar te bespreek, bv die uitvoering van sinodale besluite of jeugwerk. 3.2.7 Die ringsvergadering 3.2.7.1 Konsentreer eerstens op die afsonderlike gemeentes en hulle behoeftes en omstandighede, en nie op die afsonderlike diensterreine van die kerk nie. 3.2.7.2 Bespreek elke gemeente afsonderlik aan die hand van die Visitasievorm, die Verslag van die kerkvisitasiekommissie, die Oorsig oor die toestand van die geestelike lewe in die gemeente en die Algemene statistiekvorm. 3.2.7.3 Ringskommissies vir die verskillende diensterreine kan by elke gemeente insette lewer oor hulle diensterrein in die betrokke gemeente. 3.3 Riglyne vir die opstel van die Oorsig oor die toestand van die geestelike lewe in die gemeente 3.3.1 INLEIDEND word die rede vir die gemeente se bestaan bespreek. (Doel en roeping van die gemeente) Aandag word, met inagneming van sterk punte, swak punte, bedreigings en geleenthede, aan die volgende aspekte gegee: 3.3.2 AANBIDDING EN FEESVIERING Bv Eredienste, sang, lofprying, sakramente, gebede, prediking en kerklike feesdae. 3.3.3 OPBOU 3.3.3.1 Aksies wat die onderlinge liefde bevorder - Koinonia. Dit sluit in: samewerking tussen kerkraadslede, onderlinge versorging en vermaning, vrouediens en huislike en huwelikslewe 3.3.3.2 Diensgeleenthede diakonia. Onder andere dienswerk van die besondere ampte, dienswerk van die amp van die gelowige, barmharigheidswerk, diensaksies, pastoraat, finansies, eiendomme en gemeenskapsbetrokkenheid. 3.3.3.3 Lering didache. 51

Waaronder skoling, toerusting, kursusse, prediking, kategese, Bybelstudies en leer en aktuele sake. 3.3.4 UITBOU. Bv getuienis deur woord en voorbeeld, evangelisasie, sending, uitreikaksies, kerkvereniging en ekumene. 3.3.5 SLOT Oorsigtelike samevatting asook moontlikhede en verwagtinge vir die gemeente. (Opstellers: Waak teen 'n oorsig wat onhanteerbaar lank en lomp is.) 3.4 Riglyne vir die ringskriba/skriba van die ringskommissie Die Sinodale Regskommissie het 'n stuk opgestel waarin die pligte van die ringskriba- /skriba van die ringskommissie breedvoerig uiteengesit word. Ringskribas kan dit by die skriba van die Sinodale Bestuurskommissie aanvra. 4. FUNKSIONERING VAN DIE SINODE VAN WES-TRANSVAAL. 4.1 Afvaardiging na die Algemene Sinode. Die Sinode van Wes-Transvaal het in 1991 die volgende prosedure aanvaar om uitvoering te gee aan Artikel 35.7 en 38.1 van die Kerkorde: 4.1.1 Opstel van groslyste Die Sinode stel per geslote stemwyse afsonderlike groslyste vir leraars en ouderlinge/diakens uit sy lede op. Genomineerdes word onder hoofde van die ringsgebied waaruit hy/sy afgevaardig is, op die groslys ingedeel. Genomineerdes word vir identifikasiedoeleindes met die naam van hulle gemeentes op die groslys aangedui. 4.1.2 Vereiste stemprosedure vir elke besondere groslys 4.1.2.1 Elke lid stem vir ten minste een persoon uit elke ringsgebied. 4.1.2.2 Elke lid het slegs 20 stemme per groslys. 4.1.3 Wyse van aanwysing. 4.1.3.1 Die persoon met die hoogste stemtotaal in elke ringsgebied word aangewys as primariusafgevaardigde. 4.1.3.2 Die oorblywende persoon(e) met die hoogste stemtotaal(e) word aangewys as die ontbrekende primarius(i). 4.1.3.3 Die oorblywende persone op die groslys word aangewys as sekundi in die volgorde van die stemtotale binne elke ringsgebied. 4.1.3.4 Die sekundi word opgeroep in die ringsgebied waar primarii ontbreek. Waar 'n primarius die ringsgebied verlaat, maar nie die sinodale gebied nie, skep dit nie 'n vakature nie. (Sinode van Wes-Transvaal 1991) 4.2 Bestaansrede, visie en missie van die Sinode van Wes-Transvaal Vgl Bep 34.1 4.3 Sittingsreg van ouderlinge wat as predikant bevestig word en van predikante wat emeriteer 4.3.1 Die Sinode besluit dat in gevalle waar 'n kommissie proporsioneel volgens die ampte saamgestel is, soos byvoorbeeld die Sinodale Kommissie (Bep 35.2.1) en 'n afgevaardigde ouderling met predikantsbevoegdheid as leraar bevestig word, verloor 52

hy/sy sittingsreg in die kommissie. In gevalle waar die samestelling van die kommissie nie proporsioneel tussen die ampte is nie, behou die afgevaardigde sy/haar sittingsreg. 4.3.2 Waar die Sinode 'n persoon direk op 'n kommissie van die Sinode aanwys, behou hy/sy sittingsreg solank as wat hy/sy in die sinodale gebied woon. (Sinode van Wes-Transvaal 1995) 5. LEER EN AKTUELE SAKE (Standpunte ten opsigte van ander kerke, bewegings, verenigings, organisasies, leerstellinge en aktuele sake en afwykende rigtings en verskynsels) 5.1 Egskeiding en hertrou 5.1.1 Die huwelik word erken as 'n Godgegewe instelling wat na sy wese onontbindbaar is en daar bestaan nie werklik gronde vir egskeiding nie. 5.1.2 Alles moontlik moet in werking gestel word om 'n gesonde huweliks- en gesinslewe te bevorder. 5.1.3 In die lig van die Skrif behoort egskeiding nie onder Christene plaas te vind nie. Vir Christene is die uitgangspunt en die enigste begaanbare weg nie egskeiding nie, maar huweliksherstel waarby alle weë, hulp, middele en raad ernstig, biddend en volhardend benut moet word in die geloof dat God se genade in Christus inderdaad sterker as die sonde is en ons geroep word tot versoening. 5.1.4 Indien volhardende en biddende herstelpogings, met die aanwending van alle beskikbare hulp, uiteindelik nie slaag nie en die gebrokenheid van die huwelik so ingrypend is dat 'n egskeiding nie voorkom kan word nie, moet dit ons tot 'n diepe verootmoediging en skuldbelydenis bring in die wete dat selfs onder hierdie omstandighede dit nooit as God se wil vir die huwelik beskryf kan word nie, en daarom as 'n ramp beleef moet word. 5.1.5 Indien egskeiding dan tog op hierdie wyse onafwendbaar word, moet intensiewe pastorale begeleiding deur die kerk aangebied word sodat egte berou betoon en vergifnis beleef kan word. 5.1.6 Kerkregtelike aspekte van egskeiding: 5.1.6.1 Een bepaalde sonde moet nie uitgelig en gereglementeer word nie; 5.1.6.2 Tug word nie outomaties toegepas nie - die pastor moet die kerkraad help en lei om te weet wanneer om op te tree; 5.1.6.3 Indien pastorale begeleiding nie tot berou lei nie, moet oorgegaan word tot die toepassing van die tug. 5.1.7 Hertrou na egskeiding met iemand anders as die oorspronklike huweliksmaat sou eties gesproke en in die lig van die bestaande Skrifgetuienis moeilik as 'n algemene praktyk aanvaar kan word, en daarom moet so 'n stap met baie ernstige en verantwoordelike geloofsafhanklikheid voor God oorweeg word, omdat huweliksherstel ook na egskeiding 'n prinsipiële moontlikheid moet bly. 5.1.8 Die Sinode doen 'n ernstige beroep op ampsdraers om die slagoffers van elke huweliksontbinding met begrip en deernis pastoraal te begelei in die strewe na 'n sinvolle en gelukkige nuwe lewe, hetsy op hulle eie of in 'n moontlike volgende huwelik. (Algemene Sinode 1986 en 1990) 6. DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VAN TRANVAAL. 6.1 Opdrag tot kerkvereniging Die volgende besluit van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal geld kragtens Artikel 36 van die Kerkorde vir die gemeentes in Wes-Transvaal: 53

Die besluit tot kerkvereniging te wete: Die Algemene Sinode van die N G Kerk van Transvaal besluit: 6.1.1 Om met die oog op kerkvereniging met die ander Gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerke op die basis van die aanvaarde Kerkorde dit aan die drie streeksinodes (Suidstreek, Noordstreek en Midde-Afrikaanse streek) op te dra om tot die vereniging toe te tree; 6.1.2 om die Algemene Sinode soos tans saamgestel as wettige vergadering van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal te ontbind op die oomblik wanneer die nuwe Algemene Sinode van die kerkverband soos bepaal in die Kerkorde gekonstitueer het, en al sy regte, verpligtinge, besittings en fondse oor te dra aan die streeksinodes gesamentlik; 6.1.3 dat die streeksinodes die reg sal hê om die bates, regte en pligte van die huidige Algemene Sinode onderling te verdeel op 'n basis waartoe hulle onderling mag ooreenkom. 6.1.4 dat die funksies van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal uitgeoefen word deur die drie streeksinodes gesamentlik, solank as wat die vereniging in kerkverband py voortbestaan aangesien die drie streeksinodes die wettige opvolgers in regte en verpligtinge van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal is; 6.1.5 dat indien die vereniging in kerkverband ooit om enige rede ontbind mag word, behou die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal die reg voor om onder die bepaling van Art 37 van die Kerkorde as draer van sy regte en verpligtinge te funksioneer deur opnuut in sy eie Algemene Sinode saam te kom; 6.1.6 dat hierdie besluit bekend sal staan as die opdrag tot kerkvereniging. (Algemene Sinode van Transvaal 1961) 6.2 Gesamentlike Kommissie wat namens die Sinodes van Transvaal kan optree. Indien 'n skaakmat-posisie bereik word as gevolg van teenstrydige besluite van die Sinodes van Transvaal met betrekking tot aangeleenthede wat gesamentlik beheer word of indien daar in die tydperk tussen sinodes 'n saak na vore kom wat 'n gelykluidende besluit vereis, word die volgende prosedure gevolg: 6.2.1 Die dagbesture/moderature van die sinodes/sinodale kommissies vergader met die doel om 'n gelykluidende besluit te neem. 6.2.2 Die dagbesture/moderature doen verslag met aanbeveling(s) aan die onderskeie sinodes/sinodale kommissies. Indien die aanbeveling(s) deur die sinodes/sinodale kommissies aanvaar word, is dit die geldende besluit. 6.2.3 Indien een of meer sinodes/sinodale kommissies die aanbeveling(s) nie goedkeur nie, word dit na die dagbesture/moderature met aanbevelings terugverwys. 6.2.4 Nuwe aanbevelings word aan die sinodes/sinodale kommissies gemaak. 6.2.5 Indien die aanbevelings nie eenvormig goedgekeur word nie, word 'n gesamentlike vergadering van die sinodale kommissies belê, elk met 20 lede, om deur meerderheidstem bindende besluite te neem. (Sinode van Wes-Transvaal 1991) 6.3 Locus standi van die vergadering van die vier Transvaalse moderature/dagbesture. 6.3.1 Die N G Kerk van Transvaal is 'n regspersoon en die Sinodes van Noord-, Oos-, Suid- en Wes-Transvaal is sy orgaan/organe. (Algemene Sinode van Transvaal 1961, p 471) 6.3.2 Ten opsigte van eiendomme, goedere en fondse van die N G Kerk van Transvaal tree die Sinodale Kerkkantoorkommissie as orgaan op (Bep 57.3). 6.3.3 Oor spoedeisende sake en sake wat tot die terrein van die N G Kerk van Transvaal behoort en wat gelykluidende besluite vereis en wat nie deur die Sinodale Kerkkantoorkommissie of ander ter sake kommissies hanteer kan word nie, kan tydens n gesamentlike vergadering van die vier Moderature en/of Dagbesture oorleg gepleeg word met verslag aan die onderskeie sinodale kommissies. 6.3.4 Indien 'n skaakmat-posisie bereik word as gevolg van teenstrydige besluite van die Sinodes 54

van Transvaal met betrekking tot aangeleenthede wat gesamentlik beheer word of indien daar in die tydperk tussen sinodes 'n saak na vore kom wat 'n gelykluidende besluit vereis, word gehandel in ooreenstemming met die besluit van 1987 (lees 1991) oor 'n gesamentlik kommissie wat namens die Sinodes van Transvaal kan optree. (Vgl 6.2 hier bo). 6.3.5 Sinodale Kommissies/Moderamens en hulle dagbesture en die Sinodale Kerkkantoorkommissie kan sake, waarna in punte 6.3.3 en 6.3.4 verwys word, aan die vergadering van die Gesamentlike Moderature/Dagbesture voorlê. (Sinode van Wes-Transvaal 1995) Opmerking: In sake wat die vier Sinodes van Transvaal se gesamentlike belange raak, word n besluit geldig wanneer al vier die Sinodes n gelykluidende besluit geneem het. 7. KERKRADE 7.1 Koppeling van kerkraadslede aan wyke of diensterreine 7.1.1 Die Sinode herroep alle besluite wat 'n kerkraadslid aan n spesifieke wyk verbind. 7.1.2 'n Kerkraadslid kan gekoppel wees aan 'n wyk of 'n spesifieke, afgebakende diensterrein, binne die omskrywing van die Artikels van die Kerkorde en die Bepalinge van die Sinode. 7.1.3 Die kerkraad gee steeds voldoende aandag aan al die fasette van die ampswerk. (Sinode van Wes-Transvaal 1995) 7.2 Lenings 7.2.1 Die Sinode oordeel dat kerkrade wat lenings, waar ook al aangaan, wat meer as een maal sy gemiddelde jaarlikse inkomste vir die afgelope vyf jaar oorskry, die ring of ringskommissie se toestemming moet verkry.(sinode van Wes-Trans-vaal 1987) 7.3 Pastorale hulp 7.3.1 'n Pastorale hulp lewer tydelike diens in 'n gemeente. 7.3.2 Alleen 'n leraar, emeritus-leraar of proponent kan 'n pastorale hulp wees. 7.3.3 'n Pastorale hulp word deur die kerkraad benoem, maar nie bevestig nie. 7.3.4 Die bepaling van 'n pastorale hulp se amptelike werksaamhede word aan die kerkraad oorgelaat. 7.3.5 Die Sinode bring dit onder die aandag van kerkrade dat hulle leraars, emeriti, proponente en teologiese studente wat preekvergunning het, se dienste tydelik kan gebruik. (Sinode van Wes-Transvaal 1987) 7.3.6 Die Algemene Sinode neem met dank kennis van talle gemeentes wat teologiese studente en proponente as pastorale hulp in diens neem waardeur die studente en proponente waardevolle ervaring opdoen en ook n inkomste verdien en doen n beroep op kerkrade om nie die teologiese studente en proponente met meer werk in die gemeente te belas as wat billik is mbt hulle vergoeding nie en versoek ringe om hieroor toesig te hou. (Algemene Sinode 1994) 7.4 Ongehoorsaamheid aan besluite van Meerdere Vergaderings: Riglyne vir optrede Die Sinode oordeel, dat as 'n kerkraad ongehoorsaam is aan die besluite van 'n ring, Art 20 en 23 van toepassing is. Dit sluit onder andere die volgende in: 7.4.1 Die besluit van die ring is bindend (Art 23) omdat dit as meerdere vergadering gesag oor die kerkraad het (Art 20.2). 7.4.2 As 'n kerkraad oordeel dat die besluit teen die Skrif, Belydenis of Kerkorde is, mag hy 55

handel volgens Artikel 23. 7.4.3 As 'n kerkraad nie appelleer nie en volhardend weier om die ringsbesluit uit te voer, het die ring die reg om die kerkraad in die Naam van Christus (Artikel 20.1) broederlik te versoek om die besluit uit te voer. 7.4.4 Indien die kerkraad hieraan ook geen gehoor gee nie, is hy besig om die kerkverband te verbreek. (Sinode van Wes-Transvaal 1983) 7.5 Gemeentes wat nie hulle sinodale verpligtinge kan nakom nie 7.5.1 Wanneer 'n gemeente te kenne gee dat hy propeme ondervind in verband met die nakom van sinodale verpligtinge, word dit verwys na die betrokke ring. Indien die ring bevind dat die gemeente, nieteenstaande pogings wat aangewend is, nie sy sinodale verpligtinge kan nakom nie, kan die volgende twee moontlikhede oorweeg word: 7.5.1.1 die gemeentes in die ring moet oorweeg om die gemeente of gemeentes wat nie kan betaal nie, ten opsigte van hulle verpligtinge te help. 7.5.1.2 So 'n gemeente wat nie kan betaal nie, moet deur die ring aansoek doen om tot 'n marginale gemeente verklaar te word. (Sinode van Wes-Transvaal 1991) 7.6 Toerustingsmateriaal Die Sinode dring daarop aan dat leraars en kerkrade gebruik maak van die goedgekeurde toerustingsmateriaal van die N G Kerk. (Sinode van Wes-Transvaal 1983 Vergelyk in hierdie verband ook die besluite van die Algemene Sinode oor Campus Crusade for Christ, Lewe Bediening, Dinamiese Gemeentebou, ens.) 8. LERAARS 8.1 Aftrede 8.1.1 Aftree-ouderdom 8.1.1.1 Die aftree-ouderdom van alle leraars van gemeentes, predikante in sinodale diens en aan inrigtings verbonde, word op 65 gestel. 8.1.1.2 'n Leraar wat die ouderdom van 65 bereik, mag vir hoogstens ses maande na bereiking van sy 65ste verjaardag en met toestemming van die betrokke kerkvergadering/kommissie in sy diens aanbly. 8.1.1.3 Die verpligte aftrede van leraars soos in 8.1.1.1-8.1.1.2 bepaal, is ondergeskik aan die beperkings soos in 8.1.1.4 bepaal. 8.1.1.4 Die Sinodes moet toesien dat die bepalinge van die beroepsbrief by bogenoemde besluite aangepas word. Waar beroepsbriewe vir leraars wat tans in die bediening is 'n hoër aftreeouderdom by hulle beroep en aanvaarding daarvan bepaal het, moet die bindende kontraktuele ooreenkoms wat daarmee ontstaan het, eerbiedig word. Dit staan 'n kerkvergadering/kommissie egter vry om met sulke leraars wat 65 jaar of ouer is, in gesprek te tree en tot 'n vergelyk met mekaar te kom, wat deur albei partye skriftelik aanvaar moet word. (Algemene Sinode 1986) Besonderhede oor vervroegde aftrede vanaf die ouderdom van 55 jaar kan van die kantoor van die Die Kantoorhoof Sinode van Wes Transvaal verkry word. 8.1.2 Reis- en trekonkoste by uitdienstreding Die Algemene Sinode adviseer dat kerkvergaderinge eenmalig, soos by diensaanvaarding, die reis- en trekonkoste van leraars en kerkamptenare by uitdienstreding weens bereiking 56

van die ouderdomsgrens of as gevolg van siekte - of van sy haar naasbestaandes in geval van sy afsterwe in sy/haar dienstyd - vanaf die huidige standplaas of plek van dienslewering na die plek van aftrede waar die naasbestaandes hulle gaan vestig, sal dra. (Algemene Sinode 1990). 8.2 Beroepbaarheid en die Belydenis van Belhar Die Algemene Sinode besluit dat predikante en proponente van die familie van die N G Kerke wat die Belharbelydenis onderteken het, opnuut moet verklaar dat die Drie Formuliere van Eenheid as die enigste belydenisgrondslag van die N G Kerk aanvaar word (Artikel 1 en 5) alvorens hulle in n gemeente van die N G Kerk bevestig kan word. (Algemene Sinode 1990) 8.3 Huisvesting van leraars 8.3.1 Die Sinode besluit dat in gevalle waar die behoefte mag ontstaan, kerkrade en leraars onderhandel oor die keuse tussen n gratis pastorie en 'n huistoelae, al woon die leraar reeds in 'n gratis pastorie. 8.3.2 Die Sinode vra kerkrade om kennis te neem dat leraars as alternatiewe reëling ook 'n huistoelae kan ontvang in plaas van 'n vry woning. 8.3.3 Die Sinode versoek die Kantoorhoof vandie Sinode van Wes-Tranvaal om kerkrade te bedien van 'n verslag wat die voor- en nadele van 'n gratis pastorie of huistoelae uiteensit sodat kerkrade en leraars beter ingelig kan besluit oor hierdie belangrike saak. 8.3.4 Die Sinode versoek kerkrade om, wanneer 'n huistoelae oorweeg word, seker te maak dat sodanige toelae markverwant is. (Sinode van Wes-Transvaal 1991) 8.4 Traktement Die Algemene Sinode 8.4.1 aanvaar dit as sy beleid en verantwoordelikheid om van tyd tot tyd 'n eenvormige basiese traktementskaal vir predikante by sinodes aan te beveel; 8.4.2 dra dit aan die AKF op om van tyd tot tyd te besin oor alle vergoedingsfasette en die Algemene Sinode in dié verband te adviseer. Die AKF benoem 'n staande subkommissie om hom in hierdie verband te adviseer. Die AKF stuur sy besluite deur aan beide die skriba en die saakgelastigde van elke sinode; 8.4.3 versoek die sinodes om dit as hulle beleid te aanvaar dat die Algemene Sinode oor 'n eenvormige traktementskaal met 'n bepaalde dag van implimentering besluit en dat sinodes daarna ipso facto daarby hou; 8.4.4 verwag dat sinodes, ringe en kerkrade hulle predikante volgens die goedgekeurde skaal sal besoldig en daardeur sal waak teen ongelyke behandeling; 8.4.5 gee die volgende riglyne: 8.4.5.1 By die vasstelling van die bepaalde traktementkerf vir 'n predikant moet vorige ondervinding in kerklike en buite-kerklike diens in aanmerking geneem word op die die basis van ten minste een kerf vir elke twee jaar ondervinding. 8.4.5.2 Vir 'n predikant wat na voltooiing van die gebruiklike teologiese kursus (ses jaar akademiese vordering na matriek) voltyds met gevorderde teologiese of aanverwante studie voortgegaan het, erkenning verleen sal word vir die tydperk van onderbreking tot 'n tydperk van hoogstens twee jaar. 8.4.5.3 Vir proponente wat in diens tree, erkenning gegee word teen een kerf per jaar vir elke jaar verpligte militêre diens wat gedoen is - voor of na voltooiing van die teologiese studies. 8.4.5.4 Vir alle predikante 'n bonus betaal behoort te word gelyk aan die traktement van een maand. 8.4.5.5 Vir alle predikante die eerste diensjaar sal strek vanaf die datum van bevestiging tot aan die einde van die boekjaar in die volgende kalenderjaar. 57

8.4.5.6 Beroepsbriewe behoort slegs te verwys na "volgens die skaal van die Algemene Sinode" en konsulente behoort mee te werk by die vasstelling van die toepaslike kerf. (Algemene Sinode 1982 vgl Agenda 1994 p 206) 8.5 Voortgesette Teologiese Opleiding 8.5.1 Die Algemene Sinode beskou dit as 'n noodsaaklike vereiste dat alle diensdoende predikante van tyd tot tyd verdere opleiding behoort te ontvang. 8.5.2 As riglyn vir 'n realistiese VTO-program, besluit die Sinode dat elke diensdoende predikant minstens drie amptelike VTO-kursusse van minstens 4 dae elk van die onderskeie teologiese fakulteite in 'n vyfjaar siklus behoort te voltooi. Nagraadse studies word erken as voortgesette opleiding. (Algemene Sinode 1994) 9. LIDMAATSKAP 9.1 Lidmate uit die familie van N G Kerke Die Algemene Sinode besluit dat, wat die opname van lidmate uit die Familie van N G Kerke betref, behoort kerkrade in die oorweging van sulke aansoeke 'n deeglike gesprek met sodanige persone te voer oor die Formuliere van Eenheid as die enigste belydenisgrondslag van die N G Kerk. (Algemene Sinode 1990) 9.2 Riglyne vir die ordelike hantering van lidmaatmaatskap oor gemeentegrense heen Vgl Die Kerkorde, Algemene Sinode 2002, p 120-122 58