Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Similar documents
Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

God se Woord. God se Wil

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

DIE AA NDBOODSKA PPER

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Seisoen van die Gees

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Die Anglo-Boereoorlog *

Besprekingsvrae vir selgroepe

OORWINNING OOR DEPRESSIE

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

LoveGodGreatly.com 1

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

GEBED VIR KERKLEIERS

Die Kerk Kry Moeilikheid

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

KRAG VAN TRANSFORMASIE

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Daar is konflik in die gemeente

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Josua - van jongs af n leier

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Gebedsbrief Julie 2009

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

BYBELS-GESONDE GESINNE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

My liewe broers en susters, ek

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Transcription:

Vas en gebed Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it has ever occurred to us that we ought to be considering the question of fasting? The fact is, it is not, that this whole subject seems to have dropped right out of our lives, and right out of our whole Christian thinking. ~ D. Martyn Lloyd-Jones Dit was nie Christus se bedoeling om vas te verwerp of te minag nie... dit was sy bedoeling om behoorlike vas te herstel. ~ Martin Luther Vir baie Christene is dit vandag iets vreemds om te vas en te bid. Maar dit is nie vreemd in die Ou of Nuwe Testament nie. Dit was ook nie iets vreemds in die vroeë Christelike kerk nie en ook nie in die tyd van die Hervorming en die eeue daarna nie. Moses, Elia, Esegiël en Daniël het gevas en gebid. Jesus het vir veertig dae gevas. Paulus en die vroeë Christene het ook gevas. Die vroeë Christelike kerk het Woensdae en Vrydae gevas. Martin Luther is gekritiseer omdat hy te veel gevas het. Johannes Calvyn het gevas en gebid totdat die grootste gedeelte van Genève hulle tot God bekeer het. John Knox het gevas en gebid; die goddelose koningin Mary van Skotland (Bloody Mary) het gesê sy vrees geen gewapende mag soos sy die gebede van John Knox vrees nie. Jonathan Edwards, wat God se instrument in die herlewing in New England was, het gevas en gebid. John Wesley het twee keer per week gevas. Charles Finney, een van die grootste geestelike leiers in die geskiedenis, was n man wat gevas en gebid het. Die evangelis D.L. Moody was n man wat ook bekend was met vas en gebed. Om te vas beteken om God eerste te plaas. Daar kom tye dat ons God se aangesig moet soek in vas en gebed. Vas is n hartsingesteldheid waar ons ons normale lewensgang onderbreek om vir n definitiewe saak of doel te bid. Vas beteken ook volharding in gebed. Dit beteken om erns met God te maak; om te bid totdat jy n antwoord het, of die antwoord nou ja of nee is, of om verder te wag. Vas is n doeltreffende manier om alle laste en hindernisse uit die weg te ruim, om doelgerig en met jou volle aandag te kan bid. Vas is n teken van droefheid, maar dit het ook n element van vasbeslotenheid. In die Ou Testament is daar dikwels gevas as teken van verootmoediging (Lev. 23:27).

Ten diepste beteken vas dat ons ons hart voor die Here skeur, ons sonde bely en ons opnuut tot die Here bekeer (Joël 2:12-13). Die Here het egter ook bedoel dat vas soms n element van vreugde en blydskap moet bevat (Sag. 8:19). In Jesaja 58:6-7 kry ons die optrede wat vas en gebed moet vergesel. Indien ons dit doen, kry ons ook die seëninge van Jesaja 58:8-14. Ons kan ook vas om n offer van lof aan God te bring (Ps. 50:14, 23). Die Here Jesus stel slegs een voorwaarde vir vas: opregtheid. Nêrens verbied Hy vas nie en Hy gee ook nêrens die indruk dat Hy dink dit is nie meer nodig om te vas en te bid nie. In Matteus 6:16-18 gee Jesus juis voorskrifte vir wanneer iemand vas. Vas en gebed is n meer intensiewe vorm van gebed. Dalk bid jy al jare vir n sekere saak met geen sigbare antwoord nie. Daar is n alternatief vas en bid. Vas en gebed lei altyd tot groter persoonlike heiligmaking en dit is juis gebed uit n rein hart waarin God behae het. Vas en gebed druk ook jou erns oor die saak voor God uit. Verskillende situasies vra dikwels van ons as voorbidders om te vas en te bid. Die geskiedenis is vol bewyse dat vas en gebed in die verloop van landsgebeure, maar ook in allerlei ander sake, geestelike vrug tot gevolg gehad het. Wat gebeur wanneer ons vas en bid en wat is volgens die Skrif die vrug van vas en gebed? Ons ontvang hulp in tye van nood (Jos. 7:6; Rig. 20:26; Esra 8:21-23). Veral in krisistye en by spesiale geleenthede het vas en gebed in die verlede groot uitkoms bewerk. Ons kan uitvind wat verkeerd is. Daarvoor moet ons soms vas en bid soos Josua en die oudstes na die neerlaag by Ai (Jos. 7:6). Dit kan help om ons in n posisie van oorwinning oor sonde te bring. Ons kan hemelse wysheid en openbaringe deur gebed en vas verkry (Jer. 33:3; Dan. 9:2-3, 21-22; 10:2-3). Dikwels ontvang ander seën wanneer ons vir hulle vas en bid (byvoorbeeld ongereddes of persone in n krisis). In die geskiedenis is herlewing dikwels gegee in antwoord op vas en gebed. In Ester 4 is n nasie gered deur vas en gebed. God het die stad Nineve gespaar toe die mense van die stad gevas, gebid en berou gehad het oor hulle sonde (Jona 2 en 3). Kyk na Jesaja 58:8-14 vir die seëninge wat volg op ware gebed en vas. Vas maak ons nederig (Ps. 69:11). B l a d s y 2

Vas kasty die liggaam en help ons om beheer oor ons liggaam te verkry (1 Kor. 6:13-20; 9:27). Basiese vorme van vas Gewone vas: Om vir n tydperk geen vaste kos in te neem nie en net water te drink. Algehele vas: Om vir n tydperk geen water of enige vorm van voedsel in te neem nie. Gedeeltelike vas: Om vir n tydperk sekere voedselsoorte uit te skakel (byvoorbeeld lekkernye) en/of minder te eet en te drink. Met n gedeeltelike vas kan iemand byvoorbeeld besluit om net brood te eet en water te drink. Die moenies van vas Moenie vas om God se seëninge te verdien nie. Moenie vas gebruik as plaasvervanger vir gehoorsaamheid nie. Moenie vas om ander te beïndruk nie. Moenie dat vas net n uiterlike vorm word nie. Moenie dat vas n nuwe wet in jou lewe word nie. Moenie vastye reël op tye wat jou gesin en ander sal verontrief soos in vakansies en feestye nie (behalwe as die Here jou baie duidelik lei om dit so te doen). Onthou jy vas nie om te vas nie, maar om te bid en die aangesig van God te soek. Baie mense is bang om te vas, maar as daar geen mediese rede is waarom jy nie mag vas nie, is daar geen gevaar aan verbonde nie en dit is ook goed vir die liggaam. Die tweede en die derde dag is gewoonlik n bietjie ongemaklik vanweë die oorgang wat die liggaam moet maak en die gifstowwe wat die liggaam afskei, maar daarna gaan dit normaalweg beter. Dit sou nie wys wees om, indien jy nog nooit gevas en gebid het nie, dit vir langer as 36 uur te doen nie. Jy kan later die tydperk verleng namate jy meer vertroud raak daarmee. Moenie aan ander iets probeer bewys deurdat jy vas óf rekords probeer opstel nie. Vas is n baie intieme en persoonlike saak tussen jou en die Here (Matt. 6:16-18). Laat die Heilige Gees jou ook lei ten opsigte van die aantal dae wat jy moet vas en bid. Iemand wat op n gewone vas is, kan vir redelike lang tye (tot 21 dae) sonder gevaar vas. Daar is duisende mense in ons dag wat al vir 40 dae gevas het. Dit moet jy egter net doen in direkte opdrag van die Here. Wanneer? Ons moet vas wanneer die Heilige Gees dit op ons hart lê om te vas (Luk. 4:1-2). Vas wanneer iemand n bepaalde behoefte het: As iemand die wil van die Here in n sekere saak soek; Vir geestelike voorbereiding vir n spesifieke taak; B l a d s y 3

In tye van hewige aanvegtinge of aanvalle van die Bose; Wanneer iemand voel dat hy of sy meer tyd met God moet maak vir die herstel van sy of haar geestelike krag; Vas wanneer ons teen spesifieke magte van die Bose te staan kom. Die kerk of n gemeente as geheel kan opgeroep word om te vas en te bid (Joël 1:14; 2:15-16). Vas in die praktyk Indien jy nog nooit gevas het nie, kan jy die eerste keer vir 24-36 uur vas. a. Hou reeds die vorige dag op om vloeistowwe te drink wat kafeïen bevat. Die onttrekking van kafeïen veroorsaak normaalweg hoofpyn. b. Persone wat gewoond is om baie suiker te gebruik, vind vas gewoonlik baie moeilik. Hou egter vol met jou vas en wanneer jou vastydperk verby is, kan jy probeer om minder suiker te gebruik. c. Moenie vir langer as drie dae sonder vloeistowwe vas nie. d. Wanneer jy jou vas breek, moet jy aanvanklik net lig eet. Keer stadig terug na normaal. Gewoonlik is dit ook n goeie tyd om die gewoonte van ooreet te verbreek indien jy daarmee n probleem het. Gedurende die eerste drie dae skei die liggaam gifstowwe af. Stort of bad gereeld en borsel ook jou tande meer as normaalweg omdat jou asem veral die eerste drie dae onaangenaam mag ruik. Probeer soveel moontlik tyd maak vir gebed. n Mens hoef nie op te hou met al jou ander aktiwiteite nie. Jy kan vas al werk jy voldag. Jy kan selfs met ligte vorme van oefening voortgaan. Jy kan dan etenstye neem vir gebed en in die geheel soveel moontlik tyd opsy sit vir gemeenskap met God. Wanneer jy vas en bid, is dit die beste om jou gewone roetine te onderbreek en jou af te sonder op n stil plek. Die normale items wat jy benodig tydens vas en gebed is n Bybel, n pen, n notaboek en miskien n geestelike boek waarmee jy besig is. Maak aantekeninge van dit wat die Here op jou hart lê. Skryf nuwe gedagtes neer. Moenie vas wanneer jy met n persoon werk wat demonies gebind of besete is nie jy het fisiese krag nodig. Vas en bid voor die tyd. Dit is goed om ander gelowiges te kry om saam met jou te vas en te bid, want julle kan mekaar bemoedig. Dit is versterkend om te weet daar is ander wat saam met jou bid vir dieselfde saak. Indien daar mediese redes is waarom jy nie kan vas nie, moenie skuldig voel nie en moet ook nie moedswillig wees nie. Veral persone wat aan suikersiekte ly, n spastiese B l a d s y 4

kolon of hartprobleme het, moet verkieslik nie vas nie. Raadpleeg jou dokter as daar enige twyfel bestaan. Moenie haastig optree wanneer jy gevas het om leiding van die Here te ontvang en te beleef dat jy wel leiding van die Here ontvang het nie. Wag tot die vastyd verby is, veral as dit n lang vastyd was. Dit sal jou help om met groter perspektief na die saak te kyk. Moenie ander slaafs navolg nie; vas is n saak tussen jou en die Here. Drink baie water terwyl jy vas. Wanneer jy op n vas van meer as drie dae was, is dit goed om die volgende reëls in gedagte te hou: Begin met klein hoeveelhede kos. Eet stadig. Kou jou kos baie goed. Hou op om te eet as daar tekens van ongerief of ongemak is. Wanneer dit verdwyn, kan jy weer begin eet. Moenie te veel te gou probeer doen nie. Bogenoemde is riglyne en wenke, nie wettiese reëls wat nagevolg moet word nie. Mag jou tyd van vas en gebed vir jou tot seën wees. B l a d s y 5