e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Similar documents
e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Teken in op e-hervormer

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Petrus en die Krag van Gebed

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Die Anglo-Boereoorlog *

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Die plek van jou tent

Dawid die Skaapwagter

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE AA NDBOODSKA PPER

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

NEWS NUUS THE BATTLE AGAINST THE LOW SEASON ACCORDING TO NOKI. Come for the SUN. Toerismeburo OUDTSHOORN Tourism Bureau I Bhodi Yokhenketho

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Josua - van jongs af n leier

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 30 Junie 2011 Jaargang 4 Uitgawe 21 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad VOORBLAD Opofferende liefde Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete. (Matteus 7: 12) In Spanje was daar in n stadium hewige wedywering tussen die mense van Katalane en die mense van Madrid. Katalane het geveg vir hul onafhanklikheid van n Madrid gedomineerde Spanje. Die twee stede het elk n wêreldberoemde tenoor opgelewer. Placido Domingo was van Madrid en José Carreras van Katalane. Vir dié bepaalde politieke redes het Domingo en Carreras in 1984 vyande geword. Albei was wêreldwyd bekend en geliefd by groot gehore, maar in albei se kontrakte was n bepaling dat elkeen slegs sal optree indien die ander een NIE genooi was nie. Saam sou hulle nie op een verhoog verskyn nie. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a In 1987 kry Carreras met n ander vyand te doen, wat sterker teen hom wedywer as Domingo hy word gediagnoseer met leukemie. Die stryd teen kanker was heftig. As gevolg van n beenmurgoorplanting en vele bloedoortappings moes Carreras een keer per maand na die VSA vlieg. Dit was onmoontlik om onder hierdie omstandighede sy konsertoptredes voort te sit. Hy kon dus nie meer n inkomste verdien nie. Alhoewel hy redelik welaf was, het die baie vlugte, medikasie en behandeling sy fi nansiële bronne uitgeput. Dis tóé dat Carreras te hore kom van n Stigting in Madrid, met die uitsluitlike doel om mense met leukemie te help en te ondersteun. Danksy die hulp en ondersteuning vanuit dié Hermosastigting, kon Carreras sy siekte oorwin en terugkeer na sy lewe van sang en optrede. Toe hy genees was, het hy probeer om by die Stigting aan te sluit. In die fyn skrif kom hy toe agter dat die stigter, die alleenbydraer en president van die Stigting, niemand anders was nie as Placido Domingo. Hy het later uitgevind dat Domingo die Stigting in die lewe geroep het juis om Carreras te help met sy behandeling. Hy het egter verkies om anoniem te bly, omdat hy Carreras nie wou verneder met die hulp wat van sy vyand af kom nie. Die hartroerendste van die verhaal was toe hulle mekaar weer die eerste keer daarna ontmoet. Tot Domingo se verbasing, daag Carreras toe by een van sy optredes in Madrid op. Carreras het Domingo se optrede onderbreek, op die verhoog geklim en voor Domingo se voete gekniel. Hy het hom om vergifnis gevra en hom in die openbaar bedank. Domingo het hom opgehelp en die twee tenore het hul nuutgevonde vriendskap beseël met n druk van vriendskap. By n persverklaring het n verslaggewer aan Domingo gevra hoekom hy die Hermosa-stigting in die lewe geroep het om sy vyand en mededinger te help. Domingo se antwoord was kort en beslis: We cannot afford to lose a voice like that! Daar is hoop, as n mens hoor dat in die wêreld buite die kerk om gehoor gegee word aan die opdrag van die Skrif: Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete (Matt 7:12). Mag ons, wat ook n af-etsing van die kerk is, in hierdie dae Skakels soortgelyke opofferende liefde wys en leef! Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za Ds Hennie Nel, Potgietersrus e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Ds Werner Venter van Schoemansdal na Ebenhaézer (Ellisras) Ds Werner Venter PREDIKANTE EN GEMEENTES Prof Bart Oberholzer het op Dinsdag 28 Junie n operasie in die Zuid-Afrikaans Hospitaal in Pretoria ondergaan. Hy word sterkte toegebid met die herstel. Sterkte ook aan mev Jienie Oberholzer wat hom getrou bystaan en versorg. Oudl Willie van Schoor, lid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV), het n geslaagde knievervangingsoperasie ondergaan. Hy sterk tuis aan. Ons bid hom n spoedige herstel toe. Willie is die vader van dr Wimpie van Schoor van Gemeente Primrose-Oos. Die dankdiens van prof Ben Engelbrecht het op Maandag 27 Junie in die kerkgebou van Gemeente Wonderboom plaasgevind en is gelei deur dr Christo Pretorius, prof Ben en mev Rina Engelbrecht se predikant. Prof Bart Oberholzer het n waarderingswoord namens die Kerk en die Universiteit van Pretoria gespreek. Dank word betuig aan die NHSV takke van Wonderboom, Pierneef en Pretoria wat die verversings gratis voorgesit het. Ons bid mev Engelbrecht, hul dogters en kleinkinders die Heer se onderskraging toe. Ds Hannes Kruger Die begrafnis van ds Hannes Kruger het op Saterdag 25 Junie vanuit die kerkgebou van Rietvallei plaasgevind en is gelei deur ds Heloïse Herbst, die gesin se predikant. In die lig van die begrafnisreëlings van prof Ben Engelbrecht wat reeds getref was, het ds Kruger se kinders besluit om die begrafnis so gou moontlik te hou. Ds Kruger het in sy lewe die gemeentes Breyten-kombinasie, Krugersdorp-Wes, Durban-Suid, Benoni en Nigel bedien. Meelewing word met sy vrou, Annemarie, sy kinders en kleinkinders betuig. Ds Kruger se liefde vir die Kerk was altyd opvallend. In kerklike kringe sal hy gemis word omdat hy altyd oral waar hy kon, saam met sy vrou teenwoordig was. Sy geliefdes word verseker van die Kerk en sy kollegas se voorbidding. Mev Annemarie Kruger, haar kinders en kleinkinders wil ook graag almal wat hul meegevoel betuig het met die afsterwe van ds Hannes (JC) Kruger verseker dat hulle dit opreg waardeer. Ds Ben van Staden Die begrafnis van ds Ben van Staden het plaasgevind op Dinsdag 28 Junie vanuit die kerkgebou van Gemeente Selcourt in Springs. Die diens is gelei deur ds Van Staden se predikant, ds Dalene Louwrens. Ds Van Staden sal onthou word as n stil en minsame persoon wat altyd onberispelik netjies was op sy persoon. Hy was na sy emeritaataanvaarding altyd bereid om te help met die prediking, wat sy besondere liefde was. Hy het die gemeentes Dullstroom-kombinasie, Bosmansrust-kombinasie, Leeudoringstad, Marikana, Derdepoort, Klerksdorp- Oos, Springs-Oos en Schweizer-Reneke bearbei. Ons bid mev Carma van Staden en die familie die Heer se troos toe. 2

Die volgende predikante verjaar tot 8 Julie, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 30 Junie: Vrydag 1 Julie: Saterdag 2 Julie: Maandag 4 Julie: Dinsdag 5 Julie: Donderdag 7 Julie: Vrydag 8 Julie: Ds Koos Jansen van Rensburg (emeritus) Di Willie Botha (Lydenburg), Marlize Gasson (Benoryn) en Maryka Potgieter (buiteland) Di Wynand de Beer (emeritus) en Martin Jansen van Rensburg (Phalaborwa) Ds Flip Snyders (Noordelike Pietersburg) Prop Carusta van der Merwe (beroepafwagtend) Ds Marna Naudé (Swartkop) Ds Geo Smit (Potchefstroom-Suid) Ds Werner Olivier is op Sondag 26 Junie deur Gemeente Eendracht ontvang. Hy is by die geleentheid in sy amp bevestig. n Nuwe fase in die bediening van die gemeente het begin, en ds Olivier en die kerkraad sien daarna uit. Die gesin en kerkraad word sterkte met hul werk toegebid. Ds Werner Olivier Dr Malan Storm, skriba van die Kommissie van die AKV, het pas teruggekeer van n besoek aan die gemeentes en lidmate in Namibië. Hy het die ringsvergadering bygewoon, by die predikante besoek afgelê en verskeie aangeleenthede namens die Kommissie hanteer. Sy vrou, Adri, het hom op die lang motorritte vergesel. Oudl Rinus Graü, voorsitter van die ouderlingevergadering in Harare en ouderling wat die meeste leeseredienste lei in Harare, berig soos volg oor die besoek van ds Thomas Dreyer en sy suster ds Anet Dreyer-Krüger die vorige naweek in Harare en die Laeveld: Thomas en Anet was toe hier en dit was n besonder lekker geleentheid om saam met hulle en hul gemeentelede te kuier. Ons het Saterdag toerustingsgeleenthede gehad en gesellig saam verkeer. Sondag het ons Nagmaal gevier waar die twee predikante om die beurt die bediening behartig het. Ds Thomas het die erediens gelei. Die groep het n groot bedrag geld in hul onderskeie gemeentes, Rustenburg- Suid en Wapadrant, vir die bediening hier ingesamel. Ons kan nou weer in baie lidmate se behoeftes voorsien vir Junie en Julie. Daar is groot dankbaarheid vir die besoek en die fi nansiële ondersteuning. Hulle het ook klere en ander goedere vir ons saamgebring. Sondag na die erediens het die groep vertrek na die Laeveld waar ds Anet die Nagmaalbediening die aand sou behartig. Ons hoop om haar n volgende keer in Harare te kry om die erediens by te woon. Prof Theuns kan trots wees op sy twee kinders. Ons gemeentes hier in Zimbabwe is regtig bevoorreg om sulke goeie vriende in Christus te mag hê. Ds Theuns Botha van Gemeente Ottosdal en sy vrou, Adri, besoek lidmate van Zimbabwe vanaf Vrydag 1 Julie vir die volgende week. Ds Theuns sal eerskomende Sondag die erediens in Harare lei en die volgende Sondag in Bulawayo. Hy sal in die besonder moontlikhede vir die verdere bediening van die lidmate in die land ondersoek. Die vertrek van ds Werner Olivier laat opnuut n leemte, maar verskeie predikante wat reeds noue bande met die lidmate in Zimbabwe opgebou het, sal op dieselfde basis as in die verlede die lidmate besoek. 3

Ds Eksteen Botes en sy vrou, Helene, besoek in die nabye toekoms die lidmate in Paraguay. Die besoeke word om die beurt deur ds Botes en dr Gert Malan gedoen. Dr Malan sal die volgende twee jaar die besoeke behartig. Daar is kennis geneem dat een van die lidmate, Nico Truter, nou ernstig siek is. Hy het kanker en voer sy stryd moedig. Hy word getrou bygestaan deur sy vrou, Cora. Nico is bekend in die Kerk. Hy het vroeër gedien as ouderlinglid van die Kommissie van die AKV. Die Kerk se voorbidding word in die besonder vir Nico en Cora gevra en voortdurend vir al die lidmate daar. Ds Eksteen Botes Aansoeke word ingewag vir die pos van Organiserende Sekretaris by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Bybelgenootskap wil graag in oorleg met die Kommissie van die AKV n opvolger vir ds Jan de Wet aanwys, wat op 1 Desember 2011 of so gou moontlik daarna moet diens aanvaar. Die suksesvolle kandidaat sal by Bybelhuis in Kempton Park werksaam wees. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Julie 2011. Kontak die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, by 012 322 8885. Meer inligting oor die profi el kan ook van die Administrateur aangevra word. Stuur aansoeke met CV aan die Mannekragbestuurder (mnr Piet Beukes), Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos piet@nhk.co.za; faks 086 630 5150. (Vind die volledige advertensie in die e-hervormer van 23 Junie 2011, by www.hervormer.co.za e-hervormer argief.) Gemeentes se inligting vir die Almanak van 2012 moes die Sinodale Kerkkantoor reeds teen 31 Mei bereik het. n Versoek dat die besonderhede teen Maandag 20 Junie op die laatste gestuur moes word, was ook net gedeeltelik suksesvol. Die inligting van 117 gemeentes en 24 ringe is steeds uitstaande! Dit is gemeentes se verantwoordelikheid om korrekte en opgedateerde inligting vir opname in die Almanak te voorsien, om te voorkom dat die ou inligting bloot herhaal word. Stuur die besonderhede asseblief voor 15 Julie 2011 aan mev Karen Breedt by faksnommer 012 320 3279 of karen@nhk.co.za. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Gemeente Wonderboompoort beskik oor blyplek in Eloffsdal, Pretoria: Huis Eloff (alle ouderdomme). Ruim, nuut uitgeverfde kamers met gesamentlike badkamer in gang teen R1 500 per maand vir enkeling. Ingesluit: water en ligte, parkering, gesamentlike kombuis. Naby Mayville Mall en Eugene Maraishospitaal. Kontak Johan Erickson (jr) by 082 212 2137. Toere 26 tot 30 September: 2011 Konteks-toer na Laeveld Onder leiding van dr Hennie van Deventer Skakel dr Van Deventer (toerleier) by 082 786 8448 of Marius Wiese (toergids) by 082 374 2995 Kompetisies tot einde Julie 2011 Gemeente Roedtan: Roedtan Buffeljagkompetisie 1ste prys: 4 dae jag op luukse jagplaas vir 10 persone 1 buffelkoei, 1 blouwildebees, 1 koedoe, 1 blesbok, 2 rooibokramme, 1 rooibokooi (boogjagters welkom) 2de prys: Voëljag met akkommodasie vir 10 persone op luukse jagplaas vir n naweek 4

Kaartjie R60, trekking 31 Julie Kontak ds Thys Redlinghuys, 082 416 7724, faks 086 518 9110, of jagkompetisie@gmail.com Bankbesonderhede: Absa Spaar Takkode 632005, rekening nommer 924 227 4630 Basaars en markte tot einde Augustus 2011 Vrydag 29 en Saterdag 30 Julie: Gemeente Coligny: Wielefees Hoërskool Coligny se sportgronde met uitstallings en baie eetgoed Vrydagaand dans in die skoolsaal R50 per persoon, braaivleisete ingesluit Saterdag heelwat aksie met stalletjies, skyfskiet, minikrieket, ens Wiele uitstalling van veteraanmotors, 4x4-baan, vierwielmotorfi etsbaan Wen n geslypte diamant of troospryse van kontant teen R40 per kaartjie Skakel Kobie by 083 651 2014 of Oelof by 084 206 9523 Saterdag 27 Augustus: Gemeente Bronkhorstspruit: Geskenkemark Bespreek nou reeds stalletjie vir die dag Koste per stalletjie R150 (R180 indien n kragpunt benodig word) Kontak Alta Bester by 082 936 5289 ANDER NUUS Die personeel van die Sinodale Kerkkantoor neem op Donderdag 30 Junie afskeid van mev Linda Futcher wat geruime tyd in diens was en debiteure hanteer het. Sy het puik werk gelewer en haar besonder positiewe en vriendelike geaardheid sal veral gemis word. Mev Linda Futcher Daar is dus nou n vakature by die Kerkkantoor beskikbaar vir n Debiteureinvorderingsklerk. Vereistes: Matriek Rekeningkunde; verdere kwalifi kasie/opleiding sal n aanbeveling wees; ten minste 5 jaar ondervinding in die invordering van debiteure. Verdere vereistes: Pligsgetrouheid; vermoë om as lid van n span te funksioneer; goeie kommunikasie- en organisasievaardighede; rekenaarvaardigheid in MS Offi ce en Accpac. Vergoeding: Onderhandelbare salaris met normale diensvoorwaardes. Sluitingsdatum: 15 Julie 2011. Navrae en aansoeke: Aansoeke met CV moet gerig word aan mev Susan Moore, Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos mannekrag@nhk.co.za; tel 012 322 8885; faks 012 322 7909. Behuising vir bejaardes: Daar is tans n eenslaapkamerwoonstel beskikbaar te Annie Schilz, Parkerstraat, Riviera, teen R180 500. Die woonstelle is naby n winkelsentrum, veilige parkering en busroetes. Etes word nie ingesluit nie, maar kan voorsien word teen n minimale fooi. Die Seniorstuis Dienssentrum is op die perseel en lewer weekliks sosiale programme asook kliniekdienste, vervoer, ensovoorts. Hierdie woonstel is vir n selfversorgende bejaarde wat nog baie energie het om betrokke te raak by al die aktiwiteite. 24-uur-versorgingsdienste word deur Ons Tuis verskaf op dieselfde perseel. Vir meer inligting, kontak mev Dalene Hornsveld by 012 329 3707. 5

Die Ondersteuningsraad het die afgelope jaar vier motors weens diefstal verloor. Daar word tans dringend gesoek na goedversorgde tweedehandse voertuie in die prysklas van ongeveer R50 000. Die kilometerlesing moet verkieslik nie 100 000 oorskry nie. Lidmate wat bewus is van beskikbare voertuie kan Mariaan Steenkamp skakel by 012 322 8885. Weens logistieke redes sal slegs voertuie in die omgewing van Pretoria oorweeg kan word. Die Ondersteuningsraad beskik vanaf 1 Julie 2011 oor die volgende vakatures: Programbestuurder (x2); mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; areas Vanderbijlpark/ Heidelberg/Krugersdorp en Rustenburg/Potchefstroom/Klerksdorp Maatskaplike Werker; area Tarlton/Krugersdorp Maatskaplike Hulpwerker; area Krugersdorp (onmiddellik beskikbaar) Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Kersfees in Julie. Die Barnyard-teater in Menlyn bied op Woensdag 6 Julie n spesiale liefdadigheidskonsert vir pensioenarisse aan. Daar sal kos bedien en (Kers)geskenke uitgedeel word. Alle pensioenarisse, kom geniet SUPER TROUPERS teen net R60 (in plaas van die normale R125) per kaartjie. Die deure open om 10:30 en die verrigtinge begin om 12:00. Kontak Marie Odendaal by 012 654 0080. Vakature: Leraar-egpaar: Lewende Gemeente Maputo. Dit is n interkerklike gemeente onder toesig van die NG Kerk in Mosambiek. Aansoeke sluit op 15 Augustus 2011 en kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in September of Oktober 2011. Die aanstellingsdatum is 1 Januarie 2012. Stuur n volledige CV na vida@tvcabo.co.mz (verkieslik) of pos dit na Posbus 1046, Komatipoort 1340. Navrae aan Gerrie Holtzhausen (00258) 823 828 339 of Horacio da Silva (00258) 844 054 250. Volgens die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is die volgende volledige e-bybels nou by kalahari.net beskikbaar teen slegs R68,95: Afrikaans (1933/53-vertaling) Afrikaans (1983-vertaling) Noord-Sotho (2000-vertaling) Suid-Sotho (1989-vertaling) Tsonga (1989-vertaling) Tswana (1970-vertaling) Xhosa (1996-vertaling) Zulu (1959/97-vertaling) ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. 6

Gratis optredes by gemeentes: Kaggelvuur-konsert Op versoek van gemeentes verleng ek my aanbod om gratis by gemeentes op te tree tot einde 2011. Hierdie winter bied ek die program Kaggelvuur-konsert aan met verskeie warm temas soos liefde, hoop, geloof. Hou gerus jul dagboek dop vir my lenteprogram met die tema Sonlig in my sitkamer. Vir besprekings, skakel Thinus van Staden by 084 589 7035 of stuur n e-pos na wysmydieson@gmail.com. Gaan kyk gerus na my musiekvideo Weerskante van die ruit op YouTube. Thinus van Staden AGTERBLAD Toer die Droom Fietstoer vir Liefdadigheid Toer die Droom, n inisiatief van studente van Gemeente Philadelphia, vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar, en deur die jare is bewys dat die fietstoer drome waar kan maak. Die toer duur twee weke tydens die Julie-vakansie. Ongeveer 40 studente trap saam fi ets, en ry van dorp na dorp saam met n ondersteuningsvoertuig. Met hul aankoms in elke dorp gaan hulle na besige inkopiesentrums en neem die plek behoorlik op horings! Hulle was vensters, dans rond en dra sakkies vir donasies, met musiek uit die ondersteuningsvoertuig. Van die fondse wat so ingesamel word, word dan aan die dorp se liefdadigheidsprojekte geskenk. Dit is gemiddeld R6 000 per dag. Die dorpe se groot besighede word ook genader vir borgskappe, en dié geld gaan dan vir Toer die Droom se projekte. Dit sluit in informele nedersettings en plakkerskampe rondom Pretoria, n terapeutiese kamp vir getraumatiseerde kinders, ondersteuning aan die Jakaranda-kinderhuis, en n broodaksie. Vir die projekte in Pretoria het die studente baie geld nodig. Om die 30ste bestaansjaar te vier, wil hulle vanjaar R250 000 insamel. Die toer begin in Pretoria en doen dan die volgende plekke aan: 2 Julie: Witbank 3 Julie: Groblersdal 4 Julie: Phalaborwa 5 Julie: Tzaneen 6-7 Julie: Polokwane 8-10 Julie: Northam 11 Julie: Zeerust 12 Julie: Lichtenburg 13 Julie: Rustenburg 14 Julie: Pretoria Ondersteun asseblief die studente in hul poging om ons gemeenskappe te verbeter. Vir enige inligting of moontlike borgskappe, kontak Gerrit Steyn (toerleier) by 072 336 6348 of gerritsteyn22@gmail.com, of Timo Schutte (bemarking) by 083 426 3599 of timoschutte@gmail.com. Timo Schutte Eerste fi etstoer 1981 Fietstoer 2010 Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mev Francis Nel 7