Die uitdaging aan teologiese opleiding in die NHKA en die HKSA

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Die kerk onderweg na die een en twintigste eeu: 'n Kritiese besinning oor kerkwees in 'n veranderende konteks in Suid-Afrika

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die kerk van die Woord

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Kerkgeskiedskrywing: Hoe skryf ons kerkgeskiedenis?

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Prediking en kultuur

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

"'n Oop en vry teologiese debat met werklike diepgang"

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

BASISKURSUS IN BEDIENINGSPRAKTYK

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Nadat die kommissie met sy werksaamhede begin het, het hulle. studie as wat aanvanklik beplan was nodig sou wees.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Hervormde Kerk en apartheid

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

17 Maart 1998 Die Fakulteit verwelkom dominee E. Mahlangu, dosent in Bybelkunde. Die lidmate B.B. Duma, T. Leema, C.D. Lubisi.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

HOOFSTUK 8 N UITDAGING VIR DIE KERK

Die Anglo-Boereoorlog *

Egge Simon Mulder, hoogleraar

Die kontoere van 'n weerwoord

Kerkleiding in die een en twintigste eeu

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Om nie te dink bó wat in die Skrif geskrywe staan nie konsistensie en ontwikkeling in die teologie van Piet Geyser

Seisoen van die Gees

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Empathy Ouerhandleiding

Ui t spraak. "Answer the qu es t ion, what was the hurry?" "I was in a hurry to get the passport." "Why? -- I do not know what to say.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

n Kerk wat getuig is n kerk wat leef (1) n Bybels-teologiese perspektief op die missionêre karakter van die kerk 1

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Kerkregtelike ontwikkelinge in die VGKSA n historiese oorsig ( ) 1

Daar is konflik in die gemeente

Ras, Volk en Nasie gese:

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Met woord én daad in diens van God

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Called to serve: Southern Africa and all its people a perspective on the implementation of the Declaration 2002 of the Dutch Reformed Church

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Josua - van jongs af n leier

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Johan Heyns as ekumeniese figuur

HANDELINGE ELFDE VERGADERING

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

TEOLOGIESE STROMINGE IN DIE NG-OPLEIDING AAN DIE TEOLOGIESE FAKULTEIT, UP IN GESPREK MET PROF JULIAN MÜLLER

Universiteit van Ffetoria. DIE BEOEFENING VAN ALGEMENE KERKGESKIEDENIS IN SliD-AFRIKA

'n Praktíes-teologiese evaluering van moontlike bedieningstrukture in die Nederduitsch Hervormde Kerk toegespits op die rol van die predikant

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Voorlegging aan die kuratorium van die Vrystaatse Sinode. Geskryf deur Jan Louw Saterdag, 24 Februarie :00. Kyk ook:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Transcription:

Die uitdaging aan teologiese opleiding in die NHKA en die HKSA J H Koekemoer Universiteit van Pretoria Abstract The challenge posed to theological training in the NHKA and the HKSA We live today in a world that is profoundly different from that of the past. In understanding the need of theological training for the Nederduitsch Hervonnde Kerk van Afrika and the Hervonnde Kerk in Suidelike Afrika certain factors have to be taken in consideration. Among these factors are concepts, assumptions, prejudices, new knowledge, changing methods, differing contexts and altered world views. These are entangled with economic, social, political and scientific changes as well as with linguistic and religious developments. This discussion takes place in the hope that both churches will benefit from this. 1. INLEIDING Die onderwerp onder bespreking vra denkarbeid oor 'n wye spektrum. Die tydgenootlike verskynsels van die funksies van universiteite, die akademie en die kerk, die universele aard van die teologie, relevansie en kontekstualiteit, is alles sake wat in die gesigsveld kan kom. Met die oog op die gesprek tussen die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Hervormde Kerk in Suidelike Afrika oor die betro.kke saak~ word hier enkele van bogenoemde sake aangesny met die verwagting dat die gesprek so gestimuleer sal word. Deur so 'n openhartige gesprek kan 'n gesamentlike poging aangewend word wat nie alleen ten dienste van teologiese opleiding kan wees nie, maar waarby ook die verkondiging van albei kerke kan ook baat. 2. BEREDENERING By geleentheid van die 75-jarige feesvieringe van die Fakulteit Teologie CAfd A) aan die Universiteit van Pretoria het J P Oberholzer (1994:9) daarop gewys dat hierdie gebeurtenis nie alleen die formele ooreenkoms tussen die kerk en die universiteit in Lesing gehou tydens 'n simposium van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Aflika en die Hervormde Kerk in Suidelike Afrika, oor die roeping van die kerk in die 'nuwe Suid-Afrika'.op 28 Oktober 1994. 190 HTS 5211 (1996)

J H Koekemoer herinnering roep nie, maar tegelyk die getuienis dra van die begeerte van die kerk om sy predikante wetenskaplik te laat vorm. 'Reeds toe daar nog besin is oor Hervormde Teologiese Opleiding in Suid-Afrika, het Goddefroy daarop aangedring dat die opleiding nie aan 'n kweekskool nie, maar aan 'n universiteit moet geskied' (Loader 1989). Oor die strewe oordeel Deist (1994:54) korrek as hy die afleiding maak dat dit nie beteken dat die 'teologie onkerklik moet wees nie, ook nie dat daar iets soos 'n belydenislose kerk is nie, maar dat Skrifnavorsing vry van kerklike binding moet geskied omdat geen 'belydenisschrift of formulier boven of nevens het onbedrieglijke Woord des Heeren' kan staan nie. Hierdie strewe na 'n wetenskaplike opleiding van predikante aan 'n universiteit het in die verlede en ook in die hede spanning vir die kerk geskep. Dit is egter 'n gesonde spanning wat die prediking van die kerk kan bevoordeel. Daarom is daar doelbewus vir die moontlikheid gekies. Daar is verder in die ooreenkoms met die Universiteit van Pretoria voorsiening gemaak vir die hantering van die spanning op so 'n wyse dat dit 'n gesonde spanning kan bly. Die kerk behou seggingskap oor die opleiding van predikante op so 'n wyse dat dit die teologie van die kerk sal dien. Die teenwoordigheid van die Bybel aan die universiteit impliseer dus spanning. Maar, konkludeer Oberholzer (1994:500) dat dit 'n onregverdige bevinding sal wees as daar geoordeel word dat die spanning 'n kloof tussen kerk en teologiese fakulteit impliseer. Omdat die lede van die Fakulteit tegelyk kerklike ampsdraers is, benoem op voordrag van die kerk, met 'n kerklik omskrewe opdrag van opleiding en vorm, bevordering van die teologiese arbeid, Woordbediening en advies aan die kerk, en omdat daar 'n wye kring van doctores bestaan buite die Fakulteit, sodat teologiebeoefening nie tot die Fakulteit beperk is nie, kan daar nie spreke wees van 'n kloof tussen kerk en Fakulteit nie. Daar is trouens uitdruklik verklaar dat daar nie so 'n kloof bestaan nie. (Oberholzer 1992) Daar rus op elke dosent aan die fakulteit 'n voortdurende verantwoordelikheid om met die wetenskapsteorie van sy tyd in gesprek te bly, terwyl hy tegelyk ook saam met die kerk die belydenis van alle eeue sal uitspreek (Oberholzer 1992:505). Met die aangaan van die ooreenkoms met die Universiteit van Pretoria, wat Rautenbach (1975) as 'n kultuurprestasie beskryf, het die kerk dus gestalte aan 'n ideaal van 'n wetenskaplike teologiese opleiding gegee. In dieselfde verband kan gese word dat die Nederduitsch Hervormde Kerk, vandat met sendingwerk begin is, die ideaal ISSN 0259-9422 = HTS 5211 (1996) 191

Die uitdaging aan die HTO gekoester het dat die opleiding van predikante van die sendingkerk op dieselfde wetenskaplike wyse moes plaasvind. Hierdie strewe het sy eie kronkelgang deur die geskiedenis geloop en word tans vergestalt in 'n samewerkingsooreenkoms tussen die Fakulteit Teologie (Afd A) aan Universiteit van Pretoria en die Hervormde Teologiese Opleiding te Klipdrif. As dit aanvaar word dat teologie nooit konteksloos beoefen kan word nie, beteken dit tegelyk dat binne die leefwereld waar die teologie beoefen word en waarop dit gerig word, gedink en gepraat moet word. Daarom sal daar ook in ons teologiebeoefening altyd rekening gehou moet word met die veranderende Suid-Afrikaanse werklikheid. Nuwe kontoere sal so getrek moet word dat bogenoemde twee opleidings wetenskaplik en kerklik sal kan voortbestaan. Studente lewe iinmers nie alleen in die akademiese milieu nie, maar ook in die samelewing. Dit is juis daar waar die evangelie immers verkondig moet word. In die akademiese milieu moet beide dosent en student besig bly om op 'n verantwoordbare wyse na te dink oor die teologiese vraagstellings van die tyd. Oberholzer (1992:501) noem die volgende sake wat in hierdie gesprek oor die toekoms van die teologiese opleidings van die Nederduitsch Hervormde Kerk van wesenlike belang is. Wanneer daar oor herstrukturering nagedink word, sal hierdie sake op die agenda moet wees. Die verkenning van die kontoere waarbinne teologie beoefen moet word. Selfondersoek oor ons houdings binne die politieke en sosio-ekonomiese konteks. Pastorale bewoenheid met die menslike model in die konkrete werklikheid. Die erkenning van die ekumeniese aard van die kerk. Die inagneming van praktykgebonde etiese verantwoordelikheid. Volgehoue akademiese gesprek met vakgenote op die wye akademiese spektrum. Bogenoemde sake is van betekenis as aanvaar word dat daar op 'n verantwoordbare wyse denkend gesoek moet word na mense se vraag na God in bepaalde kontekste. Dit is immers waarmee die teologie al die eeue geworstel het en daar steeds worstelend na 192 HTS 5211 (1996)

J H Koekemoer antwoorde gesoek word. Daar sal ook in die wetenskaplike bedryf van die teologie daarmee rekening gehou moet word dat die teologie se ontstaan nie te dartke is aan die worsteling van 'n spekulerende geleerde by 'n skryftafel nie. Daarom moet in die akademiese spel van die te~logie met die verkondigende kerk rekening gehou word. BIke teologiese skool het steeds kantaantekeninge nodig om te verhinder dat die konteks nie die Woord oorwoeker nie. Derhalwe sal daar al luisterende teologie bedryf moet word. Binne die konteks waarin hierdie gesprek gevoer word, is die verbondenheid van kerk en teologie 'n werklikheid waarmee rekening gehou moet word. Dit is juis hier waar die indringende vrae en antwoorde van Deist (1994:56-57) ons dringende aandag vra. Hy stel dat daar duidelikheid verkry sal moet word oor wat met 'teologiese opleiding', 'kerklike opleiding' en of 'n teologiese opleiding op 'n universiteitskampus bedoel word. Hierdie vrae kan vol gens hom op 'n pragmatiese of prinsipieie wyse beantwoord word. In sy beredenering kom hy in 'n prinsipiele antwoord by die volgende konklusie wat vir hierdie gesprek belangrik is. Die argument tot dusver gee nie uitsluitsel oor die aard van 'n teologiese fakulteit aan universiteite nie. Dit maak egter wei twee dinge duidelik wat met die vraag van hierdie bydrae te make het. naamlik: Dat kerke nie kan bekostig om hulle van universiteitskampusse te onttrek nie, aangesien hulle 'n verantwoordelikheid het om toe te sien dat 'n Christel ike geloofsperspektief op die werklikheid nie op universiteitskampusse ontbreek nie Dat Christelike teologie op 'n universiteitskampus, waar dit oor universalia gaan en wat met algemene belastingbetalersfondse befonds word, ten minste nie denominasioneel aangebied kan word nie en daarom ook nie konfessioneel in die eng sin van die woord nie. (Deist 1994:62) Sy konklusie dat 'waar belastingfondse ter sprake is, teologie nie denominasioneel of eng konfessioneel aangebied kan word riie', is vir die gesprek ewe belangrik as sy eerste konklusie. Hieroor kan egter gese. word dat die situasie aan die U niversiteit van Pretoria effens anders verloop het, omdat die kerk van die begin af 'n finansieie verantwoordelikheid vir die opleiding aanvaar het, terwyl die opleiding ook vir studente van ander denominasies toeganklik is. Die verhoudenheid van kerk en teologie is egter 'n werklikheid en bly ook om verskeie redes vir die Fakulteit belangrik. ISSN 0259-9422 = HTS 5211 (1996) 193

Die uitdaging aan die HTO In dokumentasie van die Fakulteit word dit soos volg gestel: 'Teologiese universithe opleiding hang saam met die missie wat die kerk vir homself stel. Dat daar in die Suid-Afrikaanse konteks 'n verskeidenheid kerke is wat met eie opleiding besig is, skep seker die moontlikheid dat 'n gesprek vir groter samewerking hier sinvol kan wees' (Oberholzer 1994:35) stel dus tereg dat alhoewel dit seker moontlik sou wees om 'n opleiding in die teologie te he wat nie op die bediening gerig is nie. Hier sou die klem uitsluitlik om kognitiewe vorming gaan. Waar dit egter om teologie in die kerk en vir die kerk gaan, moet ook op die emotiewe en vaardigheidsvlak beweeg word en juis dit maak dit onmoontlik om aan die opleiding buite die kerk te dink. Verder moet in die strukturering van die opleiding daarmee rekening gehou word dat die Christendom deur die loop van die geskiedenis nog nooit in 'n kultuurvakuum tereg gekom het nie. Dit het inteendeel steeds in 'n lewende dialoog met die omringende kultuur verkeer. In die gesamentlike gesprek van die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Hervormde Kerk in Suidelike Afrika oor die wyse waarop teologiese opleiding vir die twee kerke gestruktureer moet word, hoort bogenoemde saak dus op die agenda. Die samewerkingsooreenkoms tussen die Fakulteit Teologie (Afd A) en die Hervormde Teologiese Opleiding open die pad vir 'n sinvolle gesprek oor struktuurgewing aan 'n opleiding wat in die huidige situasie diensbaar sal wees. Struktureel sal moontlike veranderinge in die nasionale onderwysbeleid dalk ook 'n rol speel, naamlik tenopsigte van ruimte in 'n universitere opset vir teologiese opleiding en fondsvoorsiening daarvoor. Dit lyk waarskynlik dat kerke self volledig sal moet instaan vir die finansiele onderhoud van teologiese fakulteite wat kerkgebonde is. (Oberholzer 1994:34) In die lig van hierdie opmerking moet die besluit van die drie-en-sestigste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika dan ook verstaan word. Die Algemene Kerkvergadering gee aan die Kuratorium opdrag om noukeurig kennis te neem van veranderings en ontwikkelings op die gebied van die universiteitswese en in die lig van die te verwagte situasie, die opleiding en vorming van predikante en die teologiese arbeid van die kerk te reel, indien en wanneer nodig. 194 HTS 5211 (1996)

J H Koektmoer Die Algemene Kerkvergadering magtig die Kuratorium en die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering om die nodige maatreels te tref ter uitvoering van die opdrag (N otule AKV 1992: 182). Binne hierdie raamwerk van Hervormde denke oor teljlogiese opleiding en die akademiese universitere model waarbinne die opleiding plaasvind en die konkrete situasie waarbinne ons leef, word steeds verder gedink en beplan. Dit is duidelik dat daar wat toekomstige teologiese opleiding betref, nog baie dinkwerk gedoen sal moet word. Op een of ander wyse moet die vereiste vir wetenskaplike vorming steeds geakkommodeer word terwyl die kerklike verantwoordelikheid vir kerklike teologie nie opgeoffer sal kan word nie. Die verskillende opsies wat die Fakulteit vir die toekoms uitgespel het, blyk relevant te wees. Afllangende van die pad waarop die universiteitswese hom begeef, sal die kerk een van die volgende opsies of 'n kombinasie daarvan kan uitoefen. Die fakulteitsmodel: Dit is die model wat in die stuk beredeneer is wat tans aan die U niversiteit van Pretoria bestaan en wat uitgebou kan word. Die teologiese kollege op die kampus. Wanneer dit onmoontlik word om as ' n fakulteitsafdeling aan 'n universiteit te bestaan, kan daar na die opsie beweeg word. Uiteraard sal dit vir die kerk geweldige finansie1e implikasies he. Dit sou moontlik kon wees dat ander kerke die universiteit kan versoek om ook hulle teologiese op1eidings aan die universiteit te huisves. Dan sou verskeie sulke kolleges aan een universiteit kan bestaan. Die universiteit sal die standaard van opleiding bepaal en grade toeken. Die teologiese seminarie. Die finansie1e implikasies met betrekking tot die instelling van die totale infrastruktuur van 'n selfstandige seminarie, insluitend onder andere fisiese ruimtes, biblioteekfasiliteite, rekenaar- telefoniese en elektroniese fasiliteite, ensovoorts, is amper onuitvoerbaar. Die opsie is ook teenstrydig met die bedoeling wat die kerk tot op datum met sy teologiese opleiding gehad het. 3 TEN SLOTTE Die verskillende scenarios wat tans na yore tree, maak 'n volgehoue gesprek oor teologiese opleiding, ook wat inhoud en struktuur betref, noodsaaklik. Daarvoor word kreatiewe denkarbeid van almal gevra. ISSN 0259-9422 = HTS 5211 (1996) 195

Die uitdaging aan die HTO Literatuurverwysing Deist, F E 1994. Moet teologiese opleiding kerklik konfessioneel wees. HTS 50/1 & 2,53-67. Loader, J A 1989. Ontstaan en die eerste. periode van die Hervormde Teologiese Opleiding aan die Universiteit van Pretoria. HTS 4512, 412-437. Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 1992. Notule van die 63ste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Pretoria. Oberholzer, J P 1992. Die Fakulteit Teologie (Afd A) aan die Universiteit van Pretoria. HTS 48/1 & 2, 493-504. -.-- 1994. Tendense in die teologiese opleiding: Die pad vorentoe. HTS 50/1 & 2, 27-38. Rautenbach, C H 1975. 'n Eietydse nasionale kultuurprestasie (Seteling van die Teologiebeoefening, U niversiteit van Pretoria 1916-1974). Almanak en Bybelse Dagboek 1975, 12-24. (Ook gepubliseer in Versamelde werke 1975, 475-487.) 196 HTS 5211 (1996)