NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar.

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

PL A ASLIKE BELEGGINGS

Jesaja sien die Toekoms

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Geloofsvorming by kinders en jongmense

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus?

Empathy Ouerhandleiding

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag

Die Anglo-Boereoorlog *

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF. Oktober Beste lede. Vriendelike groete Lynn van der Merwe

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Petrus en die Krag van Gebed

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Besprekingsvrae vir selgroepe

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

NUUSBRIEF DESEMBER 2016

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Seisoen van die Gees

Josua - van jongs af n leier

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

God se Woord. God se Wil

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

krag van Die buitengewone saamgestelde rente JANUARIE Boodskap van die Hoofbeampte Lid Nuusbrief Eenmalige addisionele vrywillige bydrae van R15 000

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

Kwartaalverslag 31 Desember 2016

PSG WEALTH PRETORIA-OOS

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

ALFABET VAN DIE HUWELIK

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

GESONDE EETGEWOONTES *

Transcription:

Oktober 2017 NUUSBRIEF Menlyn Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Marius Cornelissen Wat is Bitcoin? Bitcoin is n digitale of kriptogeldeenheid wat in 2009 geskep is deur n onbekende persoon wat die skuilnaam Satoshi Nakamoto gebruik het. Transaksies kan aangegaan word sonder middelmanne en jy hoef nie jou ware identiteit te openbaar nie. Hoekom die bohaai? Dit gaan alles oor historiese opbrengste. Uit die onderstaande grafiek kan die afgelope jaar se buitengewone groei in die waarde van Bitcoin gesien word. 5 000 4 000 3 000 2 000 1 000 1 BTC = 4 075.0000 USD +180.89000 (4.654%) Okt 17 Jan 17 Apr 17 Jun 17 Bron: Google Finance Kan jy Bitcoin as n belegging klassifiseer? Valuta is nie beleggings nie, dit is gewoonlik ruilinstrumente en wettige betaalmiddele om transaksies moontlik te maak. Dit is egter n feit dat Bitcoin en ander kripto-geldeenhede bekende entiteite geword het wat spekulante van regoor die wêreld lok. Dit is belangrik om daarop te let dat Bitcoin nie in Suid-Afrika as n beleggingsinstrument deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) goedgekeur word nie en nie deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gemonitor word nie. Wie gebruik Bitcoin? Baie individue en instellings oor die hele wêreld. Terwyl daar voorheen beweer is dat Bitcoin hoofsaaklik deur terroriste en dwelmhandelaars gebruik word, aanvaar selfs maatskappye soos Microsoft, Dell en Overstock.com dit as betaalmiddel. Volgens navorsing wat deur die Universiteit van Cambridge gepubliseer is, is daar in 2017 tussen 2.9 miljoen en 5.8 miljoen unieke gebruikers wat n kripto-geldeenheidbeursie gebruik, van wie die meeste Bitcoin gebruik. Is Bitcoin riskant? Jamie Dimon, uitvoerende hoof van JP Morgan Chase, het onlangs Bitcoin n bedrogspul genoem en gesê hy sal enigeen in sy firma afdank wat daarmee handel dryf. Oor die afgelope agt jaar was daar tydperke waarin die prys van Bitcoin skerp gewissel het, wat vir sekere spekulante beduidende verliese tot gevolg gehad het. Nog n probleem is dat 99% van die voorraad anoniem gehou word deur minder as 1% van die eienaars. Soos voorheen aangedui, word dit nie deur die RFD goedgekeur nie en geen sentrale bank aanvaar verantwoordelikheid vir deurlopende toesig nie. Dit bly ook kommerwekkend dat dit as gevolg van anonimiteit vir kriminele bedrywighede gebruik kan word. Slotsom Aangesien Bitcoin nie deur die RFD goedgekeur is nie, is ons nie gelisensieer om advies te gee oor Bitcoin of ander kriptogeldeenhede nie. Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar Magdeleen Cornelissen Deel van my werk as finansiële adviseur wat ek baie geniet, is om tyd saam met kliënte deur te bring en oor hul bestaande sowel as nuwe beleggings te gesels. Ongelukkig is dit so dat n mens soms ontnugter en teleurgesteld is oor die prestasie van sekere beleggings, veral wanneer dit nie aan ons aanvanklike verwagtinge voldoen het nie. My rol is in die meeste gevalle om die redes vir die swak prestasie wat van tyd tot tyd in beleggers se portefeuljes voorkom, te ontleed, te verstaan en te verduidelik. Beleggers verstaan egter nie altyd die spesifieke elemente in hul portefeulje, en die manier waarop die verskillende elemente moet saamwerk om die uiteindelike suksesverhaal te skep nie. Heel dikwels word die verkeerde rolspeler geblameer vir die feit dat die spesifieke doelwitte nie behaal is nie. In die geval van n tipiese nuwegenerasie-portefeulje moet die volgende elemente oorweeg word om die beleggingsportefeulje saam te stel: beleggingstipe onderliggende batetoewysing van die belegging beleggingsplatform. OKTOBER 2017 1

Beleggingstipe Hier verwys ons na die tipe beleggings-instrument vir die samestelling van jou portefeulje byvoorbeeld n uittreeannuïteit, effektetrustportefeulje of n uitkeerpolis. Beleggers moet egter baie seker maak dat hulle die reëls van die produk verstaan, voordat hulle op n belegging besluit. Verskillende tipes beleggingsprodukte het verskillende reëls en regulasies. In sommige van die produkte is daar byvoorbeeld beperkings op likiditeit van die beleggingskapitaal, wat kan veroorsaak dat oorspronklike doelwitte nie bereik kan word nie. Maak seker dat jou finansiële adviseur jou behoeftes reg interpreteer, omdat dit uiters belangrik is vir die suksesvolle dekking van jou behoeftes en voldoening aan jou verwagtinge. Die keuse van n onvanpaste tipe belegging kan uiters negatiewe gevolge hê. Wat egter wel waar is, is dat die beleggingstipe nie werklik die groei in die portefeulje bepaal nie. Dit is hier waar die tweede element van jou beleggingsplan n belangrike rol speel as n dryfveer vir die sukses van jou belegging. Batetoewysing Binne die gekose beleggingsinstrument word die kapitaal wat jy vir belegging beskikbaar het, aan verskillende bateklasse toegewys hoofsaaklik aandele, effekte, en kontant wat plaaslik sowel as internasionaal beskikbaar is. Die toewysing word bepaal deur die mandaat van die fondsbestuurder en die beleggingstipe waartoe jy jouself verbind het. Om die proses te vereenvoudig en dit vir almal toeganklik te maak, verkry ons hierdie blootstelling deur middel van effektetrustfondse. Aandele kan ook direk op die JSE gekoop word om jou behoefte aan aandeleblootstelling in jou portefeulje te dek. Wees egter gewaarsku daar is honderde effektetrustfondse beskikbaar en nie alle effektetrustfondse is dieselfde nie. Sommige fondse is baie konserwatief, terwyl ander baie aggressief is. Dit sou wys wees om n goed gekwalifiseerde finansiële adviseur te raadpleeg, omdat die verkeerde batetoewysing kapitaal sowel as drome in die slag kan laat bly. Jou adviseur moet n baie duidelike begrip hê van dit wat jy wil bereik, sowel as die termyn van jou portefeulje. Beleggingsplatform In sommige gevalle raak beleggers verward oor die rol van die beleggingsplatform in hul portefeuljes speel. Dit sou byvoorbeeld nie regverdig wees om te sê dat jou Allan Graybelegging op n spesifieke manier presteer bloot omdat daar n Allan Gray-logo op jou beleggingstaat is en die belegging op die Allan Gray-platform geadministreer word nie. Jy moet na die onderliggende fondse en bates kyk wat by jou belegging ingesluit is, om jou portefeulje-opbrengste te verklaar. Die beleggingsplatform is nie die dryfveer vir jou portefeuljegroei nie, maar speel n ongelooflik belangrike rol om te verseker dat die administrasie glad loop byvoorbeeld die verspreiding van maandstate wat die korrekte beleggingswaardes weerspieël, en akkurate belastingstate. PSG Wealth bied n uitstekende beleggingsplatform vir beleggers. Daar is ook n vierde element wat bykom jou finansiële adviseur. Dit is die adviseur se plig om al hierdie elemente in ag te neem en saam te vat in n goed gestruktureerde beleggingsproduk wat jou nie sal teleurstel nie. Kontak ons gerus as jy hulp nodig het. Eiendom as n belegging Mariska du Plessis Die meeste van ons besef dat eiendom n goeie belegging is, en baie droom om hul eie huis te besit, of selfs n tweede eiendom waaruit hulle eendag n inkomste kan verdien. Die ongelukkige werklikheid is egter dat fisiese eiendom baie duur is, nie likied is nie, en geassosieer word met hoë koste soos oordragkoste en instandhoudingskoste. Hoekom moet n mens dan in eiendom belê? n Beleggingsportefeulje is net so sterk soos sy onderliggende batetoewysing. Daarom is diversifikasie oor die verskillende bateklasse, verskeidenheid sektore en geografiese liggings ongelooflik belangrik. Eiendom as n bateklas is onontbeerlik in enige institusionele of persoonlike beleggingsportefeulje. Die goeie nuus is dat daar n alternatief is vir direkte beleggings in eiendom. Eiendomsbeleggingstrusts, meer algemeen bekend as REIT s (Engels real estate investment trusts), word gekategoriseer as genoteerde eiendom omdat dit genoteer is en publiek verhandel word in die REIT-afdeling van die Johannesburgse aandelebeurs, wat dit n meer toeganklike en likiede beleggingsopsie maak in teenstelling met fisiese eiendom. n REIT is n maatskappy wat n portefeulje inkomstegenererende eiendom besit en bedryf wat oor die kleinhandel-, nywerheid- en kommersiële sektore gediversifiseer word. Voorbeelde hiervan is kantoorgeboue, winkelsentrums, hotelle, hospitale en sommige residensiële eiendomme. Die maatskappy ontvang huurinkomste uit hierdie eiendomme, wat dan aan die aandeelhouers uitgekeer word. Eiendom as n bateklas is onontbeerlik in enige institusionele of persoonlike beleggingsportefeulje. OKTOBER 2017 2

Dus word die aandeelhouers die indirekte eienaars van die eiendom. Volgens Suid-Afrikaanse REIT-regulasies moet hierdie maatskappye minstens 75% van hul jaarlikse inkomste aan aandeelhouers uitkeer. Die opbrengste wat REIT s aan aandeelhouers bied, bestaan dus uit gereelde uitkerings van die huurinkomste aan aandeelhouers, sowel as kapitale winste of verliese uit die styging of daling van die aandeelprys. Hierdie opbrengste oortref dikwels inflasie as gevolg van stygende huurtariewe, wat volhoubare groei skep. Die Suid-Afrikaanse genoteerde eiendomsektor het die afgelope 10 jaar aansienlik gegroei en het goed presteer in ooreenstemming met SA aandele en effekte. Op hierdie stadium vra jy seker: Aangesien genoteerde eiendom basies n aandeel is, waarom word dit dan as n aparte bateklas geklassifiseer en wat maak dit so uniek? Genoteerde eiendom kan n voorspelbare en stabiele kontantvloei bied, en as dit goed bestuur word, kan dit ook toenemende inkomste en kapitaalgroei bied. Hierdie beteken dat genoteerde eiendom oor die algemeen minder riskant voorkom as ander aandele. Dus bied dit n goeie diversifikasieinstrument vir beleggers in die sin dat die genoteerde eiendom eienskappe van beide aandele en effekte aanneem. Nog n aspek wat REIT s heeltemal uniek maak, is die feit dat dit nie op dieselfde manier as gewone aandele belas word nie. Aandeelhouers van n SA REIT-maatskappy betaal nie sekuriteite-oordragbelasting (secutities transfer tax STT) om SA REIT-aandele te koop of te verkoop nie. Die standaarddividendterughoubelastingkoers van 20% sal ook nie van toepassing wees nie. Die divende wat Suid-Afrikaanse beleggers ontvang sal aan normale inkomste belasting onderhewig wees. En as jy in SA REIT s belê is in n aftreefonds soos n uittreeannuïteits-, pensioen-, voorsorg- of bewaringsfonds betaal jy geen belasting op jou kapitaalwins of uitkerings nie. Is dit regtig geskik vir jou, en hoe belê jy in REIT s? n Belegging in die SA REIT-bateklas is tipies geskik vir beleggers met n medium tot hoë risiko-toleransie en wat stabiele, groeiende inkomste en kapitaalopbrengste oor die lang termyn verlang. Die minimum beleggingshorison vir die meeste REIT s is vyf jaar. Beleggers kan in REIT s belê deur middel van n direkte of bestuurde aandeelrekening sowel as deur kollektiewe beleggings (effektetrusts) en belastingvrye beleggings. Soos voorheen genoem, kan beleggers ook deur middel van aftreefondse toegang verkry. Die antwoord op die vraag of dit geskik is vir jou, is nie n geval van een grootte wat almal pas nie, en dit hang af van elke individu se spesifieke behoeftes en omstandighede. Die volgende is net n paar baie belangrike aspekte wat oorweeg moet word voordat jy in fisiese of genoteerde eiendom belê: Likiditeit Dit is oor die algemeen baie makliker om jou aandele in n genoteerde eiendomsmaatskappy te verkoop wanneer die mark sy tol eis of wanneer kontant nodig is. As jy fisiese eiendom besit, is jy aan die kragte van vraag en aanbod onderworpe, en jy sal moet wag vir n geskikte tyd om te verkoop, wat n paar maande of selfs jare kan duur. Toeganklikheid Beleggings in fisiese eiendom vereis n hoë vlak van fondse en/of finansiering. Instellings wat finansiering verskaf, vereis gewoonlik n deposito van tussen 10% en 20% van die waarde van die eiendom. Enige persoon kan met betreklik klein bedrae en deur verskeie kanale in genoteerde eiendom belê. Ekonomiese, politieke, sosiale en geografiese veranderinge Bogenoemde faktore moet noukeurig oorweeg word voordat daar in fisiese of genoteerde eiendom belê word. Koste en opbrengs Die groeikoers hang af van die geografiese ligging van die eiendom, die tipe eiendom en die marksegment. n Koper kan die eiendom gebruik of verhuur vir inkomste. Met genoteerde eiendom kry die aandeelhouer nie dieselfde voordele nie. Dit is nie n geval van een grootte wat almal pas nie, en dit hang af van elke individu se spesifieke behoeftes en omstandighede. Fisiese eiendom vereis egter heelwat tyd en fondse om te bestuur. Eiendomsbeleggers wat die eiendom wil verhuur, sal huurders moet vind, huurkontrakte moet lewer, herstelwerk en instandhouding moet doen, huurgeld moet invorder en rekenskap moet gee daarvan. Aan die ander kant, deur te belê in genoteerde eiendom, vertrou jy gespesialiseerde en vaardige aktiewe bestuurders om die gediversifiseerde eiendomsportefeulje namens jou te bestuur. Dit is belangrik om n ingeligte besluit te neem. Jy is welkom om ons te kontak indien jy meer inligting verlang. OKTOBER 2017 3

Om oud te word is nie iets wat met ander mense gebeur nie Statistieke toon slegs 6% van alle Suid-Afrikaners kan finansieel onafhanklik aftree, 16% van afgetredenes is totaal afhanklik van n staatspensioen, 31% van mense wat aftree-ouderdom bereik moet aanhou werk vir n inkomste, en 41% is afhanklik van familie en/of vriende om hulle finansieel te onderhou. Ulandi Janssen As gevolg van n verouderende bevolking, met mediese tegnologie wat ons langer aan die lewe hou, is die kanse baie groot dat ons nie noodwendig gesond gaan oud word nie. Toestande soos demensie, Alzheimer en nog baie meer toestande wat ons lewenstyl inkort, is aan die toeneem. Alhoewel dit van die uiterse belang is om finansieel vir jou aftrede voorsiening te maak, is dit ewe belangrik om voorsiening te maak vir die onvoorsiene wat tydens jou goue jare kan gebeur. Hollard het n briljante produk, Long Term Care. Hierdie produk is spesifiek bedoel vir bejaardes wat afhanklik raak van voltydse of deeltydse sorg. Hoe werk hierdie produk? Indien jy na die ouderdom van 65 jaar as gevolg van siekte of besering afhanklik raak van voltydse sorg en nie meer jouself sonder ander se hulp kan versorg nie (d.w.s. minstens drie daaglikse aktiwiteite nie meer kan doen nie), sal hierdie voordeel n maandelikse inkomste uitbetaal vir solank as wat jy nog lewe (en nie die aktiwiteite kan doen nie). Daaglikse aktiwiteite sluit in: Was (die vermoë om jouself te was of te stort); aantrek (die vermoë om klere aan of uit te trek); toiletgebruik (die vermoë om die toilet te gebruik en die behoefte identifiseer om die blaas of derm te ledig); voeding (die vermoë om n broodjie te botter, vleis met n mes te sny, voedsel en drinkgoed in jou mond te plaas met die hulp van eetgerei of jou hande); mobiliteit (die vermoë om van die bed na n stoel of rolstoel te beweeg); kommunikasie (die vermoë om fone te antwoord en boodskappe te neem). Voltydse sorg moet deur n geregistreerde sorgeenheid, hospice of verpleeginrigting verskaf word. Andersins kan die diens verskaf word deur n geregistreerde mediese professionele persoon wat jou in jou woning versorg. Voltydse sorg word omskryf as direkte toesig en hulp vir minstens 25 uur per week. Deeltydse sorg word beskryf as direkte toesig en hulp vir minder as 25 uur per week, maar meer as 5 uur per week. n Proporsionele betaling kan in hierdie geval gedoen word. n Paar tegniese punte: Maksimum intree-ouderdom: 60 jaar. Maksimum versekerde bedrag: 100% van jou salaris tot n maksimum van R30 000 per maand. Voordeeltermyn: Lewenslank. Wagperiode: Een maand. By dood voor ouderdom van 65: Die laaste premie betaalbaar in die maand van afsterwe, vermenigvuldig met die getal voltooide maande vanaf intrede, sal uitbetaal word. By dood na ouderdom 65: Twee maal die maandelikse voordeelbedrag sal uitbetaal word as n enkelbedrag. Praat gerus met ons indien jy enige navrae hieroor het. Tot volgende keer! Ben Fraser Tyd is jou vriend Wanneer jy met die boere praat, sal die meeste boere wat boorde en gewasse plant, noem dat dit baie beplanning en geduld vereis om te plant. Om die regte toerusting byderhand te hê, aandag te skenk aan die toekomstige opbrengs, te beplan hoeveel water nodig gaan wees en die nodige behandeling teen insekte en ander gevare aan te wend, asook wanneer om te oes, is van die belangrikste aspekte om n optimale oes te lewer. Indien die gewasse te vroeg geoes word, is die moontlikheid van n misoes hoogs waarskynlik. Boere moet geduldig wees en die nodige doen totdat die tyd reg is om te oes, om n winsgewende oes te kry sodat selfs nog meer geplant kan word vir die volgende jaar se oestydperk. Jou beleggings werk op n soortgelyke manier. Die stappe is eenvoudig: Begin met n plan om te verseker dat jy weet wat jy wil bereik. Stel vir jouself realistiese doelwitte. Bepaal vooraf watter bedrag jy kan bekostig om eenmalig of op n maandelikse grondslag te belê, en hou daarby. Vind die mees gepaste beleggingstipes wat kan bydra om jou doelwit te bereik. Hierdie stap sal vereis dat die belastingimplikasies van elke beleggingsproduk oorweeg word. Maak seker dat jy weet hoeveel toegang jy tot jou kapitaal het byvoorbeeld, slegs een derde van n uittree-annuïteit kan in kontant geneem word en eers ná ouderdom 55. Daarenteen het jy te alle tye toegang tot die kapitaal van n effektetrustbelegging, maar jy betaal belasting op rente en dividende en moontlik kapitaalwinsbelasting. Indien jou belegging vas belê is vir vyf jaar, kan jy bekostig om vyf jaar lank sonder jou kapitaal te oorleef? Laat jou belegging jou toe om n keuse van fondse in te sluit en bied die spesifieke platform die fondse wat jou in staat sal stel om jou doelwitte te bereik? OKTOBER 2017 4

Implementeer jou beplanning hierdie stap is seker die belangrikste stap. Dit is belangrik om by die plan te hou, en tot aan die einde van die beleggingstermyn vol te hou met die beleggingsbedrag waartoe jy jou verbind het. Wees geduldig en moenie probeer slim wees nie. Wanneer ons na die boere kyk, sien ons dat hulle nie begin oes wanneer die reën vir n kort tydjie gestop het of wanneer die skroeiende son op die lande skyn nie. Hulle wag vir die tyd om reg te wees, soos beplan, en neem besluite wat op feite gebaseer is. Monitor jou belegging van tyd tot tyd om seker te maak dat dit steeds op koers is. Met n goed ontwerpte plan wat volgehou word en deurentyd hersien en in stand gehou word, sal jou belegging waarskynlik resultate lewer wat jou doelwitte bereik. Dit is belangrik dat jy met jou finansiële adviseur kontak hou om te verseker dat jou beleggings op koers bly, sowel as om enige veranderinge in jou omstandighede te bespreek wat wel n impak op jou doelwitte kan hê. Verskillende tipes fondse reageer verskillend op gebeurtenisse in die mark. Daarom is dit moontlik om verskeie fondse by die portefeulje in te sluit om na elke individuele behoefte om te sien. Ons doel is om te sorg dat ons sover moontlik jou doelwitte behaal. Wanneer ons kyk na die wêreldekonomie en groot gebeurtenisse wat plaasgevind het, soos die Groot Depressie van 1931 tot 1946 en die 2008/2009 finansiële krisis, sien ons dat beide n groot effek op die mark gehad het, maar dat die mark steeds met verloop van tyd herstel het. 12 10 8 6 4 3 JP Morgan 1907-1920 Creditanstalbank Great Depression 1931-1946 Oil Shock 1973-1982 Tech bust, Lehman 1907-1920 0 1871 1891 1911 1931 1951 1971 1991 2011 Dit is belangrik dat jy met jou finansiële adviseur kontak hou om te verseker dat jou beleggings op koers bly... Bron: Old Mutual Investment Group / eindpunt Maart 2017 MENLYN Ground Floor, Newlands Office Park Block B, 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria, 0049 Tel: 012 368 1778 Fax: 012 368 1770 www.psg.co.za/menlyn Die opinies in hierdie dokument is dié van die skrywer en nie noodwendig die van PSG nie. Die inligting in hierdie dokument is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is n goedgekeurde finansiële dienste verskaffer. FDV 728 OKTOBER 2017 5