UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Petrus en die Krag van Gebed

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Petrus en die Krag van Gebed

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Empathy Ouerhandleiding

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Josua - van jongs af n leier

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dawid die Skaapwagter

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

God se Woord. God se Wil

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2011

Seisoen van die Gees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die Anglo-Boereoorlog *

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

DIE AA NDBOODSKA PPER

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Besprekingsvrae vir selgroepe

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

WYSHEID TEENOOR GELOOF

KRAG VAN TRANSFORMASIE

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Transcription:

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education *5447273062* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2013 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die werk wat jy inhandig. Skryf met n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van n vraag gegee. Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total This document consists of 15 printed pages and 1 blank page. DC (AC) 70827/2 [Turn over

2 Oefening 1 Lees die teks. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. Die wêreld se nuwe sewe natuurwonders Die Amasone-reënwoud word die aarde se longe genoem. Sowat 20 persent van die wêreld se suurstof kom hiervandaan. Die reënwoud het ʼn enorme verskeidenheid planten diersoorte. Meer as 20 persent is al vernietig en teen die huidige tempo is daar oor 40 jaar dalk niks oor nie. Ha Long-baai is ʼn Viëtnamese natuurwonder wat uit 1 969 eilandjies bestaan. Baie van die eilande het fassinerende vorms en kry hul name daarvandaan. Die eilandjie Voi lyk byvoorbeeld soos ʼn olifant en Ga Choi soos ʼn vegtende haan. Jeju-eiland is ʼn vulkaniese eiland in Suid-Korea. Hallasan is die hoogste berg in Suid- Korea en ʼn rustende vulkaan. Die Ondergrondse Rivier Puerto Princesa in die Filippyne vloei vir meer as 8 km deur ʼn enorme grot. Die rivier is bevaarbaar en mond in die Suid-Chinese see uit. Die Komodo Nasionale Park strek oor drie van sowat 17 508 eilande waaruit Indonesië bestaan. Die gebied is in 1980 tot ʼn reservaat verklaar om die inheemse Komodo-draak, die wêreld se grootste akkedis, te beskerm. Dié reuse-akkedisse word tot 3 m lank. Die Iguaçu-watervalle is in die Iguaçu-river op die grens tussen Argentinië en Brasilië. Daar is tussen 150 en 300 watervalle, afhangende van hoe vol die rivier is. Tafelberg is ʼn prominente baken bo Kaapstad in Suid-Afrika. Die berg kry sy naam van sy besondere voorkoms. Dit is die enigste berg in die wêreld waarna ʼn sterrebeeld vernoem is. Die naam van die sterrebeeld is Mensa, wat tafel beteken. Tafelberg is die tuiste van ʼn verskeidenheid plant- en dierspesies. (Uit: Huisgenoot, 6 September 2012)

3 1 Waarom word die Amasone-reënwoud die aarde se longe genoem?... [1] 2 Watter twee natuurwonders is die tuiste van ʼn verskeidenheid plante en diere?... [2] 3 Waar het baie van die eilande in Ha Long-baai hul name gekry?... [1] 4 Hoe verskil Puerto Princesa van die ses ander natuurwonders?... [2] 5 Hoekom is die Komodo-gebied n reservaat?... [1] 6 Wat maak Tafelberg anders as alle ander berge?... [1] [Totaal: 8] [Turn over

4 Oefening 2 Lees die teks en voer die opdrag uit. ʼn Selfoonmaatskappy wil inligting insamel oor tieners se gebruik van selfone. Nicky Nolan is op 18 Julie 1997 gebore. Sy woon saam met haar pa in Rivierstraat 23, Houtbaai, 7800. Haar huistelefoonnommer is 021 791 5052 en haar selfoonnommer is 074 334 5212. Nicky se e-posadres is nicky.nolan@gmail.com. Elke tweede naweek gaan Nicky na haar ma in Wynberg. Haar ma se adres is Wolfstraat 17, Wynberg, 7800. Haar e-posadres is michelle.nolan@yahoo.com en haar telefoonnommer is 021 791 3381. Nicky is in graad 11 aan die Hoërskool Wynberg. Haar skool se adres is Aliwalweg 10, Wynberg, 7800. Die skool se e-posadres is hswynberg@school.org.za en die telefoonnommer is 021 799 4476. Nicky gebruik haar selfoon gereeld. Omdat sy nie by haar ma bly nie, gesels hulle elke dag oor die foon. As Nicky by die huis is, gebruik sy die landlyn, maar as sy by die skool is of uit is, gebruik sy haar selfoon. Sy en haar ma stuur voortdurend teksboodskappe, foto s en video s vir mekaar. Nicky gebruik ook haar selfoon om kontak met haar maats te behou. Sy bel hulle selde, maar hulle stuur boodskappe vir mekaar en kommunikeer deur MXit. Alhoewel Nicky ʼn skootrekenaar het waarop sy e-pos stuur en ontvang, gebruik sy ook haar selfoon daarvoor amper net soveel as haar skootrekenaar. As sy navorsing vir skoolprojekte moet doen, gebruik sy haar skootrekenaar liewer as haar selfoon. Onlangs het Nicky se goeie vriendin Amanda vir haar gewys hoe om boeke op haar selfoon af te laai. Amanda hou daarvan om op hierdie manier te lees, maar Nicky verkies ʼn boek in die hand. Sy het egter ʼn goeie musiekversameling op haar selfoon. Nicky se pa doen sy banksake op sy selfoon, maar Nicky sê sy gebruik liewer haar skootrekenaar hiervoor. Volgens Nicky is haar selfoon haar belangrikste besitting, maar sy sal ook nie graag sonder haar skootrekenaar wil lewe nie.

5 Verbeel jou jy is Nicky en vul die vorm in. Opname: Tieners en selfone Vul asseblief die vorm in. Nicky Nolan Naam:... Hoërskool Wynberg Naam van skool:... Graad:... Persoonlike besonderhede: 18 Julie 1997 16 Geboortedatum:... Ouderdom:... Adres:... Telefoonnommer:... 074 334 5212 Selfoonnommer:... nickynolan@gmail.com E-posadres:... Maak n regmerkie by die gepaste opsie(s): Ek gebruik my selfoon die meeste om met: my gesin en familie my vriende te praat te praat Ek stuur en ontvang e-pos met: ʼn selfoon ʼn persoonlike rekenaar ʼn skootrekenaar Ek gebruik my selfoon om: teksboodskappe te stuur speletjies te speel skoolwerk te doen multimediaboodskappe te stuur boeke te lees banksake te doen navorsing te doen ander:... Hoe belangrik is jou selfoon vir jou?... [Totaal: 9] [Turn over

6 Oefening 3 Lees die teks oor dierekommunikasie en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Die taal van diere Glo dit, diere praat met mekaar. Menslike taal is meer abstrak en baie ingewikkelder as die manier waarop selfs slim diere soos sjimpansees kommunikeer. Hulle kommunikeer nie soos mense wat woorde gebruik om gedagtes en gevoelens oor te dra nie. Maar diere ruil tog inligting onder mekaar uit, veral waar dit belangrik is vir reproduksie of die orde binne die groep of trop. Miere gebruik chemiese seine om vinnig groot getalle individue vir sekere take bymekaar te roep, om papies te vervoer, kos te dra of hulle teen aanvallers te verdedig. Die bioloog Lewis Thomas (1913-1993) het geglo dat miere met mekaar gesels. Hy het geskryf: Miere is so baie soos mense dat dit moeilik is om te glo. Hulle ruil aanhoudend inligting uit. Hulle doen alles behalwe om televisie te kyk. Baie diere kommunikeer deur middel van reuk. Hulle stel chemikalieë bekend as feromone in die lug vry waardeur hulle inligting aan diere van dieselfde soort oordra. Feromone speel ʼn belangrike rol in reproduksie en ander sosiale gedrag. Ook soogdiere soos wolwe en bokke stel feromone vry vir ʼn subtiele manier van kommunikasie. Vir motte, wat in die nag aktief is, is reuk baie belangrik vir kommunikasie. In die paartyd gee die wyfie ʼn parfuum af wat die mannetjies na haar toe lok. ʼn Mannetjie kan ʼn wyfie vind wat tot twee kilometer ver van hom af weg is, selfs op plekke waar die lug baie besoedel is! Anders as motte, herken skoenlappers, wat bedags rondvlieg, mekaar aan die patrone en vorms van hul vlerke. Nog ʼn rede waarom diere boodskappe aan mekaar oordra, is om vir mekaar te vertel waar kos is. Heuningbye gebruik byvoorbeeld ʼn dans in die vorm van die syfer agt om vir ander bye te wys waar daar nektar is. Diere waarsku mekaar ook wanneer gevaar dreig. ʼn Tipiese voorbeeld is wanneer al die honde in ʼn straat op ʼn ry vir die posman begin blaf. Die kangaroes van Australië stamp weer met hul agterpote om ander kangaroes van gevaar te vertel. Bobbejane in ʼn trop is afhanklik van een bobbejaan wat waghou en skree om die trop te waarsku. Sosiale gedrag by diere neem ander interessante vorms aan. Sjimpansees raak aan mekaar se hande wanneer hulle mekaar groet. Perde speel neusie-neusie as hulle van mekaar hou. Kameelperde druk hul nekke teen mekaar. Olifante vleg hul slurpe saam. Prêriehonde wys hul tande en druk hul bekke teen mekaar om vas te stel of hulle vriende of vyande is. Honde strek hul voorpote voor hulle uit en laat hul lywe sak wanneer hulle wil speel. Gorillas steek hul tonge uit om te wys hulle is kwaad. Wanneer diere baie jonk is, is kommunikasie met die ouers van lewensbelang. Dink maar aan voëls. Wanneer ʼn voëlouer byvoorbeeld met kos na die nes terugkeer, gaan die kuikens se bekkies wawyd oop. Die kleintjies reageer op die geritsel van vere of vibrasies wat die volwasse voël op die nes maak. As die kuikens dalk slaap en nie hul bekke oopmaak nie, sal die ouer ʼn roep gee om hulle wakker te maak. Ja-nee, die dinge van die diere is beslis nie die dinge van mense nie. (Uit: Mieliestronk)

7 Jy gaan ʼn kort praatjie oor die taal van diere in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. (a) Kenmerke van mense se kommunikasie: Dit is abstrak....... [1]... [1] (b) Kenmerke van miere se kommunikasie:... [1]... [1]... [1] (c) Kenmerke van motte se kommunikasie:... [1]... [1]... [1] [Totaal: 8] [Turn over

8 Oefening 4 Gebruik die teks oor die taal van diere en skryf ʼn opsomming oor die redes waarom diere met mekaar kommunikeer. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. Jou opsomming moet een paragraaf en nie meer as 80 woorde lank wees nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. [Totaal: 5]

9 BLANK PAGE TURN OVER FOR OEFENING 5 [Turn over

10 Oefening 5 Skryf ʼn opstel vir jou skooljaarblad oor iets wat baie belangrik in jou lewe is. Dit kan enige voorwerp (ding) wees, maar dit mag nie ʼn mens wees nie. Jou opstel moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Onthou om die volgende te noem: Wat is hierdie voorwerp en hoe lyk dit? Waarom is dit belangrik vir jou? Hoe sou jou lewe daarsonder gewees het? Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou opstel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

11 [Totaal: 15] [Turn over

12 Oefening 6 Die volgende teks handel oor die ruimtevaarder dr. Don Thomas. Lees dit aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. ʼn Onderhoud met ʼn veteraan-ruimtevaarder Die span wat saam met die veteraan-ruimtevaarder dr. Don Thomas (56) in Suid-Afrika reis, sak uitgeput op die stoele van ʼn gastehuis in Kaapstad neer. Nie Thomas nie; hy is op en wakker en reg vir gesels. Dr. Thomas was al vier keer in die ruimte drie keer in die pendeltuig Columbia en een keer in die pendeltuig Discovery. Hy dra die bekende blou Nasa-oorpak waarvan die meeste mense net kan droom. As ek met ʼn pak en das opdaag as ek ʼn praatjie moet lewer, is mense teleurgesteld. Die kinders glo nie ek is ʼn ruimtevaarder wanneer ek nié die amptelike blou pak (wat net regte ruimtevaarders mag dra) aanhet nie. Thomas besoek Suid-Afrika om praatjies in skole te lewer. My posisie as gewese ruimtevaarder stel my in staat om kinders opgewonde oor die wetenskap te maak. Wat het jy in die ruimte geleer? Binne die eerste uur in die ruimte kan ʼn mens sien hoe kwesbaar die Aarde is; jy sien lugbesoedeling oor vastelande en hoe derduisende hektaar bome afgekap word. Van dáár sien jy wat mense op ʼn wêreldwye skaal doen. Ek wens almal op die Aarde kan dit sien, al is dit net twee minute lank, want dit sal hul uitkyk verander. ʼn Ruimtereis moet ʼn mens verander, of hoe? Ja. Dit het die manier waarop ek na ons kwesbare planeet kyk, verander. Watter druk is daar op ʼn ruimtevaarder se persoonlike lewe? Daar is altyd druk op ʼn mens. Nasa regeer jou lewe; hy besluit wanneer jy met vakansie gaan en wat jy wanneer doen. Dit is moeilik om aan jou gesin tot siens te sê, want daar is ʼn kans van 1 uit 65 dat jy nie sal terugkom nie. Kan jy die oomblik onthou toe jy gekies is om ʼn ruimtevaarder te word? Baie goed. Daar was ʼn boodskap om ʼn sekere bestuurder te bel. Almal weet as hy bel, is jy in, en as iemand anders bel, is jy uit. My ma was saam met my, en ek het aan haar gesê: Ma, ek dink ek is gekies om ʼn ruimtevaarder te word! Die man het gevra of ek nog belangstel. My antwoord was iets soos: Habahaba, ja. Daarna het ek net van blydskap geskree, want dit was iets waaroor ek my hele lewe lank gedroom het. ʼn Mens word gekies, en dan is dit minstens twee jaar totdat jy vlieg. Wat was jou gedagtes toe die laaste pendeltuig in 2011 geland het? Om die laaste pendeltuig Atlantis te sien land, het trane in my oë gebring. Ek het geglo die pendeltuig sal vir ewig vlieg, maar dit was onmoontlik. Baie mense is negatief oor die toekoms van die mens in die ruimte, maar ek is oortuig dat ruimte-eksplorasie sal voortgaan. Die mens sál nog op Mars loop. (Verkort uit Die Burger, 26.07.2011 & 05.08.2011)

13 1 Hoe verskil dr. Thomas se optrede in die eerste paragraaf van die mense wat saam met hom is?... [2] 2 Waarom dra dr. Thomas sy blou Nasa-oorpak wanneer hy ʼn praatjie lewer?... [2] 3 Watter invloed wil dr. Thomas op kinders hê?... [1] 4 Verduidelik waarom dr. Thomas wens dat almal in die wêreld uit die ruimte na die Aarde kon kyk.... [2] 5 Beskryf dr. Thomas se gevoelens toe hy hoor dat hy gekies is om ʼn ruimtevaarder te wees.... [2] 6 Watter bewys is daar dat dr. Thomas ʼn optimistiese mens is?... [1] [Totaal: 10] [Turn over

14 Oefening 7 Lees die uitsprake: Tieners weet nie hoe om selfone by die skool te gebruik nie. Baie tieners gebruik hul selfone op ʼn verantwoordelike manier. Hoe meer selfone daar in n klas is, hoe meer word die les onderbreek. Tieners weet wanneer om hul selfone aan en af te skakel. Hoe meer tieners SMS, hoe meer oefen hulle om te lees en te skryf. Mense het verskillende opinies oor die gebruik van selfone by die skool. Skryf ʼn artikel vir die plaaslike koerant waarin jy die saak bespreek en jou mening gee. Kies ʼn goeie titel vir jou koerantartikel. Jou koerantartikel moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou mening goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou artikel en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry...........................................

15 [Turn over

16 [Totaal: 15] Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.