Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. Getuienisdag. 09:15 Sondagskool Gr 1 6 Doop Selleiers vergadering Kruislig Koffiediens

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

IEDERARK. Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) (018)

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Jesaja sien die Toekoms

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

NG KERK MIEDERPARK IEDERARK

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Kerk Kry Moeilikheid

NG KERK MIEDERPARK IEDERARK. Wat gebeur DV die volgende week.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Profetiese woord vir 2017 en verder

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Iederark (018) (018)

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Josua - van jongs af n leier

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Ds Okkie Cilliers (018) Ds Willem Louw (018)

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die Kandelaar 13 November 2016

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

27 JANUARIE 2013 UITGAWE 3/2013

Tel: (018) Faks: (018) Webwerf: Epos:

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Dawid die Skaapwagter

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Empathy Ouerhandleiding

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE AA NDBOODSKA PPER

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

God se Woord. God se Wil

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

LoveGodGreatly.com 1

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die Kandelaar 27 Januarie Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is ROOIKERK-EREDIENSTE

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

KWARTAAL INLIGTING 1/2017

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

J A A R V E R S L A G

Transcription:

22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos http://www.ngkmiederpark.co.za kantoor@ngkmiederpark.co.za Sendingkantoor sending@ngkmiederpark.co.za 018-2946900 0823308113 Jeugkantoor 0760202662 Sondag 22 Junie Maandag 23 Junie Dinsdag 24 Junie Woensdag 25 Junie Donderdag 26 Junie Vrydag 27 Junie Saterdag 28 Junie Wat gebeur DV hierdie week. Erediens Kruislig Koffiediens Ds Willem verjaar Diakonie vergadering Growth Point 09:15 17:30 18:00 18:30 Vroue Bybelstudie 09:30 SKOLE SLUIT Mannebiduur Belydenisklas Botswana Uitreik 07:00 Inhoudsopgawe Sending Gebedsversoeke...2/3 Malawi Sending...3 Mission Relax...4 Winterliefde...5 Wintermark...5 Malawi Sending...6 Manne wat glo...6 Geloofsoffer...6 Nuusbriefblapse...7 Verjaarsdae Junie...8

SENDING GEBEDSVERSOEKE MALAWI SENDING (Pieter) Baie dankie: Vir al Pieter se mense wat hom so gehelp het om die mielies wat hulle vir die winter te sif en in dromme te gooi. Baie dankie vir dr Tim, sy vrou en drie kinders wat spesiaal gery het om die aand by Pieter deur te bring. Bid asb: Pieter moet n nuwe werkspermit kry en die persoon wat dit moes gaan ingee het dit nooit gedoen nie. Nou moet alles met n baie groot spoed gedoen word en party versoeke kan net in SA gedoen word. Bid asb dat ons Vader sal ingryp om hierdie aansoek suksesvol te maak. HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Sondag is die Puk Kandelaar se beurt om die Woord van die Here na die siek mense in Potch Hospitaal te bring. Bid asseblief vir hulle. Bid vir: Iemand met gewrigs- en spierpyne wat die persoon n invalide maak. Iemand wat die sig in een oog verloor het en die ander oog nou n operasie moet kry. Iemand met asemhalingsprobleme en n man wat verlam is na beroerte. MARELET SENDING Dankie: Ons kan ons Vader net loof en prys dat Hy so getrou is. Hy het my deur die jaar gehelp, gedra met tye, aangestoot ander tye, krag gegee wanneer die krag maar aan die min kant was, wysheid met al die kinders se unieke probleme, ens. En nou troos Hy weer, wanneer die trane van afskeid te veel wil raak. Angie het Woendsdag oggend vroeg vertrek. Daar was nie probleme met haar overstay nie. Sy kon die boete betaal en sonder probleme die land verlaat. Haar tasse was ook heelwat oorgewig en hulle het haar nie laat inbetaal nie. As afskeid het heelwat van Caspian Academy se mense saam na die strand gegaan (dis so n uur uit die stad uit). Dit was n heerlike dag. Ek het amper die heeltyd geswem sommer met n romp en moulose hemp. Ons almal het n herdenking van die dag rooi gebrand! Gebed: Ek kom nou net terug van die Ou Stad waar ek weer n baie goeie gesprek met Rm gehad het. Waar ander mense soos hy my gewoonlik in die rede val en nie eintlik kans gee om te praat nie, het hy elke keer baie mooi geluister waar ek gepraat het. Ag, bid asb dat hy en sy gesin die WAARHEID sal sien en die WARE WEG sal volg. Bid ook nog steeds vir A van Jemen. Ek het Sondag weer bietjie met hom gesels. Hy het Arabiese vriende wat hom kerk toe nooi en met hom gesels oor die WEG. Bid dat hy, sy vrou en res van hulle familie sal inkom in die kraal. Bid vir my vir n veilige terugvlug Woensdag, (land Donderdag DV). Bid dat al my bagasie sal aankom en bid vir beskerming vir die persone wat my op die lughawe sal kom haal. Bid vir die mense van Vuurfontein, dat hulle die n begeerte sal kry om meer te leer van die Evangelie en dit op die regte plekke sal soek. BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Bid asb vir: EER-opleiding waarmee ons tans besig is by die kerk. Eredienste wat elke 2e Sondag begin by Samochima in die wit gemeenskap. Ek gaan dit lei. Vir Erna vir volkome herstel na operasie. 2

VERITAS SENDING (Ds Dawie & Naomi ) Vandag wil ons net weereens baie dankie sê vir u voorbidding vir ons werk. Daarsonder kan ons vir seker nie hierdie taak voortsit nie. Ons het verlede week genoem van die groep Kongolese gemeenteleiers in die Kaap wat graag verdere opleiding wil doen. Ons het toe Maandag (op Jeugdag!) n vergadering met hulle gehad en nege het opgedaag. Ons kan saam die Here vir hulle entoesiasme en vir n baie geseënde geleentheid dank. Bid asb vir elkeen van hierdie groep: Augustin, Isaac, John, Charles, Jeanette, David, Jean-Marie, Roger en Emmanuel. Bid asb ook vir een van ons medewerkers, dr Kasongo. Ek het gehoop dat hy ons sal kan help met hierdie groep, maar hy is ernstig siek. Sy bloeddruk en bloedsuiker het skielik die hoogte in geskiet. Ons is maar bekommerd oor hom. Bid ook vir ons gesondheid. Naomi moet volgende Woensdag n gewassie op haar wang laat verwyder. Bid ook dat hierdie proses suksesvol sal wees. MALAWI SENDING UITREIK Daar is nog 17 dae oor voordat ons DV op 9 Julie na Malawi vertrek. Die opwinding bou nou op en daar is groot afwagting. Ons het nog plek vir drie persone op die toer. Die koste verbonde aan die uitreik is R1500. Hiervan is R500 nodig as n aanvangsbetaling en vir die res werk ons baie hard aan borge om die bedrag te laat wegval. Kom deel in ons opwinding as n bydrae tot die uitoefening van ons dissipelskap. Ons sal DV op 20 Julie terug wees in Potch. Ons is op soek na lidmate wat bereid is om ons Sondae te kom help by die hospitaal. As ons meer mense is kan daar soveel meer sale en privaatkamers bereik word. Indien jy belangstel skakel gerus: Riaan Marx +277 188 1520 1 Elize Loots 018 2947685 / 083 465 6849 3

GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is n houtkassie gemerk Gebedsversoeke As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word. HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor. 4

WINTERLIEFDE Die winter lê voor en ons is opsoek na komberse en warmklere wat ons kan uitdeel aan behoeftige gesinne. Daar is baie mense wat nie een van hierdie kan bekostig nie. Kom ons maak ons harte oop en maak van hierdie projek n groot sukses. U kan warm klere en komberse bring na die Sendingkantoor, elke dag tot en met 13h00 voor einde Mei. Enige navrae, kontak ons gerus: (018) 294 6900 IS JY MET BORSKANKER GEDIAGNOSEER? Is jy onlangs met borskanker gediagnoseer of is jy tans besig met behandeling? KANSA nooi jou vriendelik uit om DV Vrydag 27Junie om 14:00 n samekoms by te woon by NG Suiderkruis kerksaal in Kampstraat. Ons wil graag hoor wat julle behoeftes is ten opsigte van die hantering van die situasie, hantering van die behandeling, hantering van die situasie rondom die gesin en enige ander aspek waar julle meer inligting en raad nodig het. Alle borskanker Survivors is ook baie welkom kom deel julle ervarings met die ander. Kom kuier saam rondom n koppie tee of kofffie (bring asb eie koffiebeker saam) die res sal voorsien word. Vir navrae kontak Sr Frances Minné by 018 294 8253 of Doreen vd Westhuizen by 018 293 3474 5

MALAWI SENDING UITREIK Om projekte in Malawi te vestig en te onderhou, benodig ons die volgende hardeware: Enige staal 2500 liter watertenk 30% skadunet Bloudraad Binddraad 25mm swart waterpyp Groentesaad Indien daar enige oortollige material beskikbaar is, oorweeg asb n skenking. Kontak James by 084-2083708 of jameswolmarans@yahoo.com TREK JOU STAP- SKOENE AAN Kom stap saam met ons in die natuur waar jy van voor af God se skepping kan beleef. n Mens jaag so tussen die kinders, werk en huis dat mens nie meer al die mooi dinge om jou raak-sien nie. As jy belangstel om saam te stap, skakel Esme by 0826535639 Op 20 Julie 2014 om 17:30 kom 4 gewilde sangers saam optree in NG Kerk Miederpark (Aarbeilaan 22 Potchefstroom). Die sangers is: Jan de Wet, Willie Joubert, Leon Ferreira en Dewald Gouws. Hulle staan bekend as MANNE WAT GLO. By die geleentheid kom stel hulle ook hul splinter nuwe CD vry!!!! Hierdie lofprysingsgeleentheid sal in die plek van die koffiediens plaasvind. Die toegang is gratis en slegs n sagte kollekte sal opgeneem word ten bate van die manne se bediening. Nooi jou vriende en bemark asb. ook sommer die geleentheid God s part is to put forth power; our part is to put forth faith. Ons kan saam n verskil in ander se lewens maak deur die woord van God te verkondig. Oorweeg asseblief om n aftrekorder vir die sendinggeloofsoffer te teken. Bankbesonderhede: Absa bank Takkode 632 005 Rek nr 405 041 9146 6 Baie dankie aan elkeen wat reeds n bydrae maak!!

'n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste: Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons het 'n moederskamer net langs die kerk. Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens. Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak. Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en kom deel in die pret. Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees. Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant is beter. Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word. Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel, Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk. 'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou... Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang. November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die wereld se grootste probleem 7

8