Die invloed van vakbonde *

Similar documents
Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Die Anglo-Boereoorlog *

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Klimaat en plantegroeistreke van die wereld *

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Jesaja sien die Toekoms

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

God se Woord. God se Wil

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Vroee Kaapse huise en pioniershutte *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Cape St Martin Private Nature Reserve

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Josua - van jongs af n leier

DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD UITSPRAAK

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Antieke medisyne uit Afrika en Europa

Elektrisiteit as 'n vorm van hitte *

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Hoekom mense migreer *

veranderings. Dit is egter die wyse waarop daar aangepas word by hierdie veranderings wat dit positief of negatief maak. Die misdaadverskynsel is n

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

HOOFSTUK 7 KORREKTIEWE DISSIPLINE

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

HOOFSTUK 5 GESONDHEIDSTOESTANDE IN GEVANGENISSE

Kerk en staat: Die optimum verhouding vir godsdiensvryheid

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA PIETER CHRISTIAAN VAN WYK. [1] Hierdie is n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Weet wat jou reg op voedsel is en hoe om dit op te eis. Tweede uitgawe

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

2. Historiese ontwikkeling van Uitenhage

Seisoen van die Gees

Empathy Ouerhandleiding

Die San en die Khoina *

DIE STAAT SE VERPLIGTINGE TEN OPSIGTE VAN MEDIESE BEHANDELING VAN GEVANGENES

Petrus en die Krag van Gebed

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Ontmoeting met NG Kerk-Ringe, Oos-Kaap, Julie en Augustus Hoe kan die Kerk 'n rol speel in die onderwys?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Leer Beter Dink Module 1 *

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Petrus en die Krag van Gebed

n Prakties Teologiese ondersoek na die betrokkenheid van gemeentes in die gemeenskap waarbinne hul bestaan

GESONDE EETGEWOONTES *

DIE UNIVERSITEIT VAN WES-KAAPLAND

Nuwe Mullies. Sewe wenke vir leerders aan die begin van n nuwe jaar. 24 Jan No Dr ST Potgieter

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

PRESS STATEMENT BY THE MINISTER OF FINANCE

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

n Groepstudie om jou huwelik te verryk.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Transcription:

OpenStax-CNX module: m25212 1 Die invloed van vakbonde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 9 3 DIE EKONOMIESE SIKLUS 4 Module 6 5 DIE INVLOED VAN VAKBONDE DIE INVLOED VAN VAKBONDE Die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1997 maak voorsiening vir die reg (1) tot billike arbeidspraktyke, (2) om `n vakbonde te stig en daarvan lid te word, (3) om te organiseer vir gesamentlike bedinging, en (4) om te staak en uitgesluit te word. Vakbonde is die mondstuk van die werkers wat hulle verteenwoordig, aangesien hulle die werkers in `n bepaalde sektor verenig ten einde `n goeie verhouding tussen die werknemers en die werkgewers te bewerkstellig. Voorts moet sodanige vakbond daarna streef om die sosiale, ekonomiese en politieke belange van die werknemer te bevorder. Dit is belangrik om daarop te let dat `n werknemer vry is om by `n vakunie aan te sluit en hy mag nie deur die werkgewer verhoed of afgedank word wanneer hy wel by `n vakbond aansluit nie. Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge het vakunies die volgende regte: TOEGANG TOT DIE WERKPLEK: Die vakunie het die reg om lede binne die werkplek te werf en om vergaderings tydens aftye te hou. LEDEGELD: Bydraes vir ledegeld mag van werknemers se lone/salarisse afgetrek word. VERKIESINGS: Vakbondverteenwoordigers mag binne die werkplek verkies word. DIENS VIR VAKUNIE: Vakunielede is geregtig om betaalde verlof te neem ten einde as vakunieverteenwoordigers hul verpligtinge na te kom en ook om opleiding te ondergaan. BEKENDMAKING VAN INLIGTING: Die vakunie is geregtig op enige inligting wat betrekking het op aangeleenthede wat die werknemers binne die werkplek raak. Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (1997) het werknemers die reg om te STAAK (d.w.s. die weiering om te werk, om teen `n stadiger pas te werk, en `n verbod op oortydwerk) en het werkgewers die reg om werknemers UIT TE SLUIT (d.w.s. die siese verhindering van die werknemer om die werkplek te betree). Die twee aksies kan onder andere die gevolg wees van (1) `n aandrang op `n loon- of salarisverhoging, (2) die aandrang om `n vakunie te erken, of (3) `n aandrang om omstandighede binne die werkplek te verander. * Version 1.1: Jun 14, 2009 11:21 am -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m25212 2 In die algemeen kan verwag word dat die aktiwiteite van vakunies sodanig moet wees dat nie net die werknemers se sosiale, ekonomiese en politieke belange gedien word nie, maar ook die van die Suid-Afrikaanse ekonomie in die geheel. Beoordeel die volgende uittreksel uit `n koerantberig wat gedurende Oktober 2002 in DieBurger verskyn het en evalueer dan die impak wat stakings, met ander woorde vakunie-optrede, gedurende 2001 gehad het: BRON Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (1997) het werknemers die reg om te STAAK (d.w.s. die weiering om te werk, om teen `n stadiger pas te werk, en `n verbod op oortydwerk) en het werkgewers die reg om werknemers UIT TE SLUIT (d.w.s. die siese verhindering van die werknemer om die werkplek te betree). Die twee aksies kan onder andere die gevolg wees van (1) `n aandrang op `n loon- of salarisverhoging, (2) die aandrang om `n vakunie te erken, of (3) `n aandrang om omstandighede binne die werkplek te verander. In die algemeen kan verwag word dat die aktiwiteite van vakunies sodanig moet wees dat nie net die werknemers se sosiale, ekonomiese en politieke belange gedien word nie, maar ook die van die Suid-Afrikaanse ekonomie in die geheel. Beoordeel die volgende uittreksel uit `n koerantberig wat gedurende Oktober 2002 in Die Burger verskyn het en evalueer dan die impak wat stakings, met ander woorde vakunie-optrede, gedurende 2001 gehad het: Stakings het verlede jaar meer as verdubbel en die land het 1,25 miljoen werkdae weens stakings verloor, maar dit was `n eenmalige gebeurtenis en in die volgende twee jaar sal stakingsyfers weer aansienlik afplat, beweer Andrew Levy & Medewerkers in hul jongste jaarverslag oor arbeidsverhoudinge. Daar het verlede jaar 1,25 miljoen werkdae weens stakings verlore gegaan teenoor 500 000 die vorige jaar. Arbeidsbesnoeiing kan van vanjaar tot stakings aanleiding gee na wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge wat sulke stakings toelaat. `Dit kan tot `n botsing in die openbare sektor lei oor privatisering, maar sal waarskynlik `n kortstondige staking wees waarna die regering met sy privatiseringsprogram sal voortgaan' beweer Levy. BRON Arbeidsbesnoeiing sal werkgeleenthede in die private sektor vanjaar ook in groter gevaar stel as verlede jaar weens die afplatting in die wêreldekonomie, beweer Levy. Die gemiddelde verhoging waarop in sentrale bedingingsforums geskik is, was 7,8% en die gemiddelde koers vir loonverhogings in ander skikkings was 7,4% teenoor die gemiddelde inasiekoers (VPI) van 5,7% verlede jaar. Die hoogste skikking was 9% in die motorvervaardigingsbedryf, waar `n uitgerekte staking in Augustus verlede jaar vyftien werkdae lank geduur het. Dit het tot `n verlies van 315 000 werkdae gelei. Mnr. Andrew Levy, skrywer van die jaarverslag, verwag dat gemiddelde loonskikkings vanjaar tussen 8,2% en 8,5% sal beloop. Daar is geen vrees dat loonverhogings vanjaar tot inasiedruk sal lei nie, maar dit kan in die volgende twee jaar `n bron van kommer wees omdat reële lone baie min styg terwyl ingevoerde inasiedruk toeneem. Levy voorspel dat die getal MIV-positiewe mense in die volgende twee jaar van die huidige sowat 4 miljoen tot 6 miljoen gaan styg. `Organisasies kan verwag om meer as 4% van hulle werkmag in die volgende tien jaar te verloor'. Vakbondlidmaatskap het weer begin styg na `n eense daling in 2000 en staan nou op 3,5 miljoen. COSATU, die land se grootste vakbondfederasie, het 1,883 miljoen lede. Die getal het gegroei van verlede jaar ondanks kwaai arbeidsbesnoeiings. FEDUSA, die naasgrootste vakbondfederasie, verteenwoordig 503 241 lede en NACTU, die derde federasie, verteenwoordig 398 106 werknemers. (Bron: Die Burger, Oktober 2002) 6 Aktiwiteit 1: 7 Stakings 8 [LU 1.4] GROEP: Beoordeel die invloed van die stakings aan die hand van die volgende tabel:

OpenStax-CNX module: m25212 3 Invloed van: Sosiale omstandighede Ekonomiese omstandighede 1. Werkdae verlore 1. Arbeidsbesnoeiings 1. Loonverhogings 1. MIV/VIGS Table 1 Die politieke rol wat vakunies in Suid-Afrika speel blyk duidelik uit die aktiwiteite van die CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU) wat alreeds in 1985 gestig is. COSATU is `n federasie van `n groep van Suid-Afrikaanse vakunies. COSATU het in 1985 by die UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) in die MASS DEMOCRATIC MOVEMENT aangesluit en tesame met die beweging aktief teenstand gebied in die stryd teen apartheid. Omstandighede in die werkplek is verpolitiseer deur middel van stakings, wegbly-aksies en die sogenaamde go-slows, wat pogings tot eektiewe produksie erg aan bande gelê het. Hul aktiewe deelname in die stryd om politieke en ekonomiese veranderinge in die RSA aan te bring, het daartoe gelei dat COSATU tydens die verkiesing van 1994 saam met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) `n vennoot in die verkiesingsveldtog was en uiteindelik die verkiesing oorweldigend gewen het. Vandag is COSATU steeds deel van die 3-party-vennootskap wat die nasionale regering in Suid- Afrika uitmaak. As gelyke vennoot in die alliansie is dit dus moontlik dat COSATU, wat `n breë massa van die werkersgemeenskap in Suid-Afrika verteenwoordig, `n belangrike bydrae kan lewer en `n beduidende invloed kan uitoefen om ekonomiese en politieke beleid te beïnvloed. 9 Aktiwiteit 2: 10 Vakunies 11 [LU 1.4] SELF: Verduidelik die volgende afkortings en toon aan watter beroepe word deur die vakbondfederasies verteenwoordig: 1. FEDUSA: 1. NACTU: 1. NUM: 1. NUMSA:

OpenStax-CNX module: m25212 4 12 Assessering

OpenStax-CNX module: m25212 5 Leeruitkomstes(LUs) LU 1 die ekonomiese siklusdie leerder is in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van `die ekonomiese' probleem te toon. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: verskillende wyses van geld die vloei van produksiefaktore en goedere en dienste in die ekonomiese siklus binne die Suid-Afrikaanse ekonomie kan verduidelik; die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus kan bespreek; met behulp van `n graek kan illustreer hoe vraag en aanbod pryse beïnvloed, en hierdie verband kan bespreek; die invloed en aksies (stakings en wegblyaksies) van vakbonde oor die algemeen en in die apartheidsera op die volgende terreine krities kan evalueer: die Suid-Afrikaanse ekonomie; politieke, ekonomiese en sosiale transformasie; arbeidsaangeleenthede; die uitwerking van die nasionale begroting op die ekonomie (bv. belasting en besteding op onderwys, sosiale welsyn, gesondheid en veiligheid) kan bespreek. Table 2 13 Memorandum AKTIWITEIT 1: Stakings GROEP: Invloed van stakings Sosiale omstandighede Ekonomiese omstandighede Werkdae verlore verlies aan inkomste - swakker daaraan toe produksie neem af verliese Arbeidsbesnoeiings verlies aan werk - swakker daaraan toe produksie neem af verliese Loonverhogings verbetering in besteebare inkomste insetkoste vermeerder inasie MIV/VIGS groter druk op gesondheidsdienste werkmag verminder - verliese AKTIWITEIT 2: Vakunies SELF: Identiseer vakunies Table 3 1. FEDUSA: Federated Unions of South Africa - Algemeen

OpenStax-CNX module: m25212 6 2. NACTU: National Congress of Trade Unions - Algemeen 3. NUM: National Union of Mineworkers - Mynwerkers 4. NUMSA: National Union of Metalworkers of SA - Werkers in motorindustrie