e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

Similar documents
e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

Petrus en die Krag van Gebed

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Empathy Ouerhandleiding

Teken in op e-hervormer

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Die plek van jou tent

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Josua - van jongs af n leier

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

20 September Public Meeting; Billing system crisis. 21 September Steve R pp. Barnyard

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DIE AA NDBOODSKA PPER

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

DIARY OF HAPPENINGS IN OUR VALLEY : NOVEMBER 2016

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Profetiese woord vir 2017 en verder

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Dawid die Skaapwagter

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

This Month: Dreams on Wheels. In the Rierview Mirror. Michelotti Plus Report. Events Calendar. May2017

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar VOORBLAD 2 Mei 2013 Jaargang 6 Uitgawe 12 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Trou is eintlik n fotografiese produksie! Die huweliksformulier wys ons vanuit die Heilige Skrif dat die huwelik n eerbare instelling van God is en dat dit Hom behaag. Dis onteenseglik waar, maar reg aan die begin van n paartjie se huwelikslewe, by die huwelikseremonie, gebeur dinge soos dit Die Fotograaf behaag. Ek is nou al amper by die punt dat ek vrede daarmee begin maak het dat my rol as huweliksbevestiger by n troue net bietjie meer as n noodsaaklike ergernis is. As Kurt Darren op die onthaal sing Ek is n loslappie, dan voel dit vir my: dis nou ekke daai! Sien, deesdae by n troue is die heel, heel belangrikste persoon, dié een rondom wie alles draai, na wie se pype gedans moet word en wie se wense deurgaans gerespekteer moet word, nie die bruid nie. O nee, dis Die Fotograaf! Kyk, sal Die Fotograaf vir die voornemende bruidspaar beduie, al wat jy eendag gaan oorhou van jou troudag, is eintlik maar die foto s wat geneem is. Hoe meer Die Fotograaf sien dat die bruidspaar instemmend knik, hoe hoër word die prys van die pakket gelaai. Dis julle groot dag, julle verdien om dit te verewig met die Platinum Pakket! Die Brons Pakket het eintlik meer ingepas by die begroting van die bruidspaar, maar uiteindelik val hulle vir die duurste pakket, want dan kan hulle teen n groot afslag n leergebinde fotoalbum ook koop. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Op die groot dag sal Die Fotograaf voorskryf hoe kort na middernag die bruid moet begin met haar voorbereidings. Alles maar alles moet afgeneem word: n wasige nabyskoot van die bruid se skoene, n sepia gekleurde foto van haar oorbelle, n swart-en-wit-skoot van die guitige strooimeisie wat die kousband aansit. Intussen is Assistent-Fotograaf besig om die bruidegom se mansjetknope, sy gepunte skoene, die ingewikkelde proses om die strikdas geknoop te kry, af te neem. Na etlike ure van onophoudelike fotonemery, is dit nou tyd vir die seremonie. Die Fotograaf kom in n stofwolk by die kapel aangewaai en verduidelik gou vir almal waar hulle moet staan en wat hulle moet doen sodat hy onbelemmerd sy allerbelangrike werk kan doen. Met huwelikskategese versoek ek telkens die paartjie om te reël dat die fotograaf nie foto s neem terwyl die Skrifl esing en prediking gedoen word nie. Ek bevestig dit ook met Die Fotograaf as ek hom by die kapel raakloop. Sal so n opgeskote ventjie met n neusring en gejelde hare nie nou die dag vir my sê: That s not possible. I have to shoot everything! Ek was gelukkig nie gewapen nie, anders was hy dalk op meer as net een manier opgeskote. Skakels Na die seremonie kom Die Fotograaf se oomblik van glorie. Nou neem hy oor. Vir die volgende twee na twee en n half uur annekseer hy die bruidspaar. Die arme gaste moet maar verveeld staan en met die gebruiklike vleispasteitjies en frikkadelle probeer keer dat hulle bloedsuikervlakke te laag daal. Tydens die onthaal jaag Die Fotograaf tafel vir tafel na buite om n foto van hulle saam met die stralende paartjie te kry. Intussen is Assistent-Fotograaf iewers in n hoekie besig om foto s te neem van die gaste met sulke snaakse hoede en brille op. Uiteindelik, as Die Fotograaf besluit het hy het nou genoeg foto s, sal hy dalk toestemming gee dat die huweliksonthaal nou ongehinderd kan voortgaan. Op my koffietafel lê n pragtige fotoalbum van my dogter se troue. Ek is so trots daarop en wys dit graag vir al wat leef en beef. Daar s foto s van alles en nog wat: van die skoentjies wat my dogter aangehad het tot prettige foto s van die gaste met sulke maskers op. Al ding waaroor ek spyt is, is dat daar nie n mooi foto van my geneem is terwyl ek preek nie... Ds Etienne Fourie (Donderdag 9 Mei is Hemelvaartdag. Die Sinodale Kerkkantoor Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org is dan gesluit. Die e-hervormer word dus Die Hervormer www.hervormer.co.za volgende week op Woensdag 8 Mei uitgestuur.) e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroepafwagtend Die Kommissie van die AKV het in die lig van die bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NG Kerk die aansoek van ds HAA (Hein) Bertram om beroepbaarstelling in die NHKA goedgekeur met onmiddellike effek. Hy kan gekontak word by heinbertram@pcconnect.co.za. Vakante standplaas Gemeente Turffontein in Johannesburg beplan om eersdaags te beroep en wag aansoeke in van predikante wat in n deeltydse hoedanigheid in die gemeente kan werk. Die gemeente bestaan uit 276 belydende lidmate, waarvan die helfte bo 50 jaar oud is. Die omvang van die verantwoordelikheid en vergoeding is onderhandelbaar. Die kerkraad behou die reg voor om enige of geen van die aansoeke te aanvaar of nie. Navrae kan gerig word aan die skriba, Lucas Roodt, by 011 436-0094 (h) naure of 078 456 0837. Aansoeke sluit op 31 Mei 2013. CV s kan gestuur word na Andrew.lucas@iburst.co.za. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Emeritusprof Jan Barkhuizen se oudste broer is die oggend van Vrydag 26 April oorlede. Hy was n merkwaardige man wat op 17 die skool verlaat het nadat hul eie pa oorlede is, en hy het vyf broers en susters en hul ma onderhou. Self het hy hom in dieselfde maatskappy opgewerk en afgetree as deel van die bestuur. Hy was in Johannesburg en George lidmaat van die Kerk, en sy oudste seun het lank in die kerkraad in Johannesburg gedien voordat hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Ons innige simpatie gaan aan prof Jan, ds Jan-Harm en die res van hul familie. Oudl Fred Paynter, lid van die Kommissie van die AKV, se suster is op Maandag 29 April oorlede. Ons innige simpatie gaan aan oudl Paynter en hul familie. Ds Martin Slabbert van Philadelphia se vader het op Maandag 22 April n beroerte gehad. Hy sukkel steeds om sy arm en been te gebruik en is nog in die Pretoria-Oos-hospitaal. Ons bid hom algehele herstel toe. ADV se Jaar vir Gestremdheid: Respekteer en akkommodeer. Die versorging van persone met n spastiese gestremdheid is soms geweldig arbeidsintensief en uitputtend. Ouers en versorgers ly dikwels aan versorgingsuitbranding. Bied aan om soms te help met die versorging. Prop Antionette Janse van Rensburg is op Sondag 14 April in Gemeente Wonderboompoort georden (foto links). Sy is vir die tydperk 1 Februarie tot 31 Mei 2013 vir diens in die gemeente benoem. Prop Pierre Jacobs is op Sondag 28 April in Gemeente Piet Potgieter in Mokopane (Potgietersrus) georden. Oudl Fred Paynter het gelukwense namens die Kommissie van die AKV oorgedra. Ds Jacobs sal die gemeente tydelik bedien. 2

Ds Piet Rautenbach, tans van Nkana in Zambië, het versoek om terug te keer na Suid-Afrika. Hy sal dus n beroep na Suid-Afrika oorweeg. Ds Rautenbach kan gekontak word by nhk@coppernet.zm. Die Kommissie van die AKV het tydens hul vergadering van 20 April die versoek van die Ringskommissie van Heidelberg bekragtig en besluit om die standplaas van Gemeente Villiers van gedeeltelike versorging na deeltydse bediening te verander. Die versoek van die Ringskommissie van Johannesburg is ook bekragtig en daar is besluit om die volledig versorgde standplaas van Gemeente Turffontein na deeltydse bediening te verander. AGB-wenk: Baie ouer persone kan nie meer self êrens kom nie en het dus nie meer die geleentheid om met die mooi van die lewe in aanraking te kom nie. Indien enigsins moontlik, neem n huisgebonde ouer persoon in jou gemeente of gemeenskap af en toe na n mooi plekkie in die natuur, miskien terug na die plaas waar hy of sy grootgeword het, of na n opvoering waarvan hy of sy sal hou. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die AGB by 082 786 8448. n Preekskets wat ds Johann C Marnewick vir Hemelvaart geskryf het, is op Dinsdag 30 April aan predikante gestuur. Dit kan ook by Bybelstudiegeleenthede of saam met n eredienswerkgroep benut word. Die reeks preeksketse is bloot as hulpmiddel vir predikante bedoel, wat vry is om self te besluit of en hoe hulle daarvan gebruik kan maak. Lidmate kan gaan na www.nhka.org So werk ons Toerusting In Christus se voetspore vir agtergrondinligting oor die betrokke teksgedeeltes wat gesprek in die gemeente kan stimuleer. Kerklike eiendom in Venterskroon. Die Raad van Finansies het besluit om eiendomme wat nie n fi nansiële bydrae tot die roeping van die Kerk maak nie, te verkoop. Die Raad versoek enige persoon wat sou belangstel om n aanbod in te dien vir die eiendom te Venterskroon. Die eiendom: Groot 6,6 ha met drie geboue op waarvan 2 woonhuise is en een die ou polisiestasie. Al drie die geboue dateer uit die vorige eeu. Twee van die geboue is tevore gerestoureer, maar die derde een kort baie aandag. Daar is ook n tronk op die eiendom en nog n gebou wat voorheen n motorhuis was maar omskep is in kamers. Op die eiendom is n boorgat wat water voorsien aan die kampterrein, en daar sal waarskynlik n serwituut geregistreer word om watervoorsiening aan die kampterrein te waarborg. Hierdie is nie die grond waarop die kampterrein geleë is nie. Aanbiedinge: Rig die aanbiedinge aan Piet Beukes by Posbus 2368, Pretoria 0001 verkieslik in n verseëlde koevert voor 24 Mei 2013. Spesiale eredienste en feesnaweke 3

Gemeente Warmbad: Sondag 26 Mei om 09:00 60-jarige feesviering van die gemeente en 25-jaar-ampsjubileum van ds Marius Bacon Nagmaaldiens om 09:00 met vingerete na die diens Alle oudlidmate welkom Kontak die gemeentelike kerkkantoor by 014 736 3124 of oudl Van Dyk by 073 535 0160 Gemeente Goede Hoop (Piet Plessis): 100 jaar Feesnaweek 29 November tot 1 Desember 2013 Basaar en hoeksteenoprigting (met optrede deur sanger Pieter Smith) asook Voorbereiding Saterdag en Nagmaal en Danksegging met doop Sondag Gedenkalbum deur prof Hennie van der Westhuizen Navrae en bestellings aan ds Arno Nieuwhof by 073 240 6030 of arnonieuwhof@gmail.com of op sy Facebook-blad Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 10 Mei, en word hartlik geluk gewens. ο Donderdag 2 Mei: Prof Kálmán Papp (emeritus) ο Vrydag 3 Mei: Ds Elritia le Roux (Outjo/Otjiwarongo) ο Saterdag 4 Mei: Ds Pierre Roets (Springs-Oos) ο Sondag 5 Mei: Di Johan Bester (Meyerton), Frik Engelbrecht (emeritus), drr Hein Delport (Krugersdorp) en Ernest Marran (Losberg) ο Maandag 6 Mei: Ds Cobus Manders (Suidoos-Witbank) ο Donderdag 9 Mei: Ds Leon Geel (Grimbeekpark), drr André Groenewald (buiteland) en Fanie Pretorius (emeritus) ο Vrydag 10 Mei: Di Frans Ras (Windhoek), Fanie Swanepoel (emeritus) en Gert van der Merwe (beroepafwagtend) Beplande vergaderings Donderdag 2 Mei: Saterdag 4 Mei: Maandag 6 Mei: Woensdag 8 Mei: Vrydag 10 Mei: Taakspan Kommissie van die ADV Raad vir SENTIK Finkom van Bejaardesorg Direksie van die Kinderhuise Moderamen Kursusse en toerusting Voortgesette Teologiese Toerusting vir Predikante (VTT) 4 en 5 Junie en 5 en 6 November Tema: Geloofsonderskeiding By Gemeente Wapadrant Koste R350 per persoon (Let wel: Nié R400 nie!) Predikante wat VTT in Junie wil bywoon, moet mev Betsie Brits voor 20 Mei kontak Faks 012 420 4303 / Tel 012 420 5393 / betsie.brits@up.ac.za Registrasiefooi verkieslik vooraf elektronies of per bankdeposito Kerkgeld vir Kerkwerk, ABSA, rekeningnr 020 149 752, kode 63 20 05 Verwysing 2013K VTT en naam van kursusganger Interkerklike trauma-ondersteuningskamp Vir naasbestaandes van slagoffers 9-11 Augustus by Magaliesberg-kampterrein (minder as uur van Johannesburg, Pretoria en Rustenburg) 4

Inisiatief van Elize Perrin, suster van Mauritz Oberholzer (Hy is in September 2012 in plaasaanval naby Brits vermoor) Hooffasiliteerder: Ds Pieter Oberholzer, Weermagkapelaan en predikant van NG Kerk Groenkloof Koste: R550 per persoon (akkommodasie, etes en konferensiefasiliteite) Bespreek by Elize by 072 600 5809 of deoudepastorie.victoriawest@gmail.com Navrae oor inhoud van program aan Pieter by 082 332 5782 of pieterjanob@gmail.com Beskikbare behuising Andries-Marié Oosthuizen Monumenttehuis-woonstelle in Parys Daar is tans die volgende behuising vir senior burgers beskikbaar: 2 x enkelkamer met 3 etes, wasgoed en skoonmaak van kamer 1 x per week 1 x liefl ike enkelkamer met eie kombuis, stoep en tuin, met 3 etes, wasgoed en skoonmaak van kamers 1 x per week R5 800 per maand Kontak matrone Botha by 056 811 2185 vir meer besonderhede Konserte en feeste Vrydag 10 Mei om 19:30: Gemeente Pierneef Konsert met Bobby van Jaarsveld By Hoërskool Oos-Moot R100 per persoon, onbespreekte sitplekke Kosverkope vanaf 18:00 Navrae by 072 416 2228 Vrydag 10 Mei om 19:00: Gemeente Witbank Konsert met Jammies Jamneck (komediant) en sy kinders (kontreisangers) By Klipfontein-laerskool Vingerete ingesluit, wyn en koeldrank voor optrede en in pouse beskikbaar Volwassenes R100 elk, laerskoolkinders en jonger R50 elk Navrae aan Nick van Niekerk by 082 894 7916 of Rachel Bothma by 013 697 0455 Saterdag 25 Mei: Gemeente Culembeeck Manne-Oggend met prof Stephan Joubert as spreker In die Simfonie-ouditorium, Witpoortjie, Roodepoort R120 per persoon Bespreek by ds Annerie Conradie tel 083 291 4782 Kampe en toere Konteks-leserstoer na Turkye: 2 tot 18 Oktober 2013 15 dae op die voetspore van Paulus, Johannes en die eerste Christene Toerleier: Prof Ernest van Eck Plek vir slegs 30 bespreek betyds! Kontak prof Van Eck by 012 420 3804 / 082 413 2332 / ernest.vaneck@up.ac.za of Louise Geyser (reisagent) by 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za Toer saam na Israel en Egipte: 28 November tot 7 Desember 2013 Beleef God in die voetspore van Jesus Toerleiers: Ds Fanie Beukes en dr Francois Carr Vir meer inligting, kontak ds Beukes by 073 167 1183 of per e-pos by faniebeukes@yahoo.com 5

Sportbyeenkomste Saterdag 4 Mei vanaf 09:00 (inskrywings vanaf 06:30) Gemeente Trichardtsfontein: Race of Grace 60, 30, 10 km en kinderwedren Ondersteun deur Megchem Fietsryklub Met kuns en handwerk, lekker kos, dagsorg vir kinders Navrae aan nhktrichardt@vodamail.co.za Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Kaapstad: Kosfees op Melkbosstrand Vrydag 3 Mei om 17:00 Afval, bobotie, krokette en vele meer te koop Konsert met Kaapse Walliese Mannekoor te Tygerberg Vrydag 31 Mei om 19:00 Kaartjies R40 per persoon Navrae aan ds Kathleen Smith by 021 551 5264 Basaars en markte Vrydag 3 Mei van 17:00 tot laat Gemeente Nigel: Basaar Op kerkterrein in Eeufeeslaan Verskeie kosstalletjies, geskenke en vakuumverpakte vleis Kom snuffel tussen die boeke terwyl u smul aan n sosatie! Kom bemark en verkoop u produkte, stalletjies beskikbaar teen R150 Kontak Ronel by 011 814 3155 Saterdag 4 Mei: Gemeente Delareyville: Genl Delareyfees Topgehalte vleis, heerlike eetgoed en baie ander items Wynproe op die terrein Gratis toegang tot die optrede van Jay en Lianie May Kompetisie om topvee of n bootreis of kontant te wen Kontak ds Attie Hattingh by 082 770 6862 of Ben van der Ryst by 082 372 7035 Saterdag 25 Mei 09:00 tot 14:00 Gemeente Mafeking: Diamantstormloop By Wouter de Vos Rugbystadion in die dorp Verskeie stalletjies en vlooimark Musiek deur Lichvaal Stereo vanaf die rugbystadion Verskeie diamante met gesamentlike waarde van R20 000 te wen Koop n kaartjie teen R100 en ontvang n pakkie diamantgruis 6

Sif die vreemde voorwerp daarin uit en kwalifi seer dalk om n diamant te wen! Navrae aan Kallie of Nelia Landsberg (079 893 9031 of 083 665 6239) Bemark en verkoop u produkte stalletjies R300 elk Navrae aan dr Annelie Botha (082 650 3494) of Magda Redelinghuys (082 825 1913) Saterdag 1 Junie: Gemeente Schoemansdal in Hartbeespoort Bosveld-musiekfees Maak n uitstappie van die dag en kuier heeldag saam met ons Daar is genoeg vermaak en kos Optredes deur Mwah, Adam en Theuns Jordaan Gratis Kontak Mientjie by 083 536 1530 ANDER NUUS Sonitusskool vir Gehoorgestremdes: Damesdag Saterdag 11 Mei om 09:00 Riana Nel en verskeie uitstallers R130 per persoon Kaartjies by Miné 012 800 1161 Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid Vrydag 7 Junie om 19:30 in die Aula Romanz en Nianell Besprekings by skool 012 800 1071 (kantoorure) / Marietjie 083 294 8246 (naure) / Lizet 082 550 6960 450 jaar Heidelbergse Kategismus Gesprek oor die Kategismus tot versterking van geloof Datum: Maandag 17 Junie Plek: Gereformeerde Kerk Bellville, Broadwaystraat 6, Vredelust, Bellville Tyd: 17:00 tot 21:30 (aandete en verversings) Toegang: Deurkollekte; ete moet vooraf bespreek word @ R25 Sprekers: Dr Victor E. d Assonville, dr Lourens Erasmus, dr Gerard Meijer, ds Erik van Alten Gespreksleier: Ds Coen Vrey Vir bespreking van ete: 021 911 5419 of cca.vrey@telkomsa.net Vir algemene navrae: 012 332 1196 of gerardjmeijer@gmail.com Nuwe nasionale fondsinsamelingsprojek op 31 Mei. Plakkers te koop @ R10 elk. Daar is 5 soorte plakkers te koop: diere; algemene welsyn in gemeenskap; kinders; gestremdheid; onderwys. Deur n plakker te dra op 31 Mei wys jy dat jy jou belasting betaal het ten bate van jou gunsteling niewinsgewende organisasie. Om seker te maak dat jou tekkies nie n verleentheid is nie, is daar n spesiale paar veters te koop @ R30. As deel van die plakker is daar ook n kleiner plakker wat jy op jou selfoon kan plak. Bestel jou plakkers van TOIBO. Kontak Arina Jooste by 012 320 7644 / 082 560 5213. ATKV Landwye Seniors 55 Talentkompetisie 2013 Het jou pa en ma, oupa en ouma, oom en tannie sing- en/of musiekspelen/of storieverteltalent? Sing hulle onder andere ook n Afrikaanse Christenliedjie en/of speel Christenmusiek met enige musiekinstrument? 7

Vertel hulle van die Seniors 55 Talentkompetisie Kyk na n video van die mediabekendstelling: Klik op die volgende skakel: http://www.youtube.com/watch?=4ynrxbawzts&feature=youtu.be Besoek ook die webwerf www.tak.co.za Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks van ongeveer 110 woorde (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Die advertensie moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. AGTERBLAD Afgevaardigdes na die 6de ADV Afgevaardigdes moet solank hul tassies pak vir die 6de ADV wat plaasvind van 22 tot 25 Mei by Gemeente Wonderboom. Dit is n geleentheid om na uit te sien omdat hierdie vergadering beloof om anders te wees. Vanjaar se ADV begin met n dienswerkdag. Afgevaardigdes gaan besoek bring by Prinshofskool vir Gesiggestremdes en Doulos-armoedebediening, en die geleentheid gebruik om dienswerk daar te doen. So gaan die driejaarlikse vergadering oor barmhartigheidsdiens begin met werklike dienswerk! Die blootstelling aan diakonale diensorgane op hierdie wyse gaan diakens se insig en visie verbreed om terug te keer met vars idees vir barmhartigheidsdiens in jou omgewing. Die registrasiekoste beloop R950 per persoon. Verblyf en ontbyt is hierby uitgesluit. Kontak Sonet Esterhuizen by 012 322 885 x221 gedurende kantoorure of by diens@diakens.co.za vir meer inligting. Redakteur: Dr André Ungerer Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mev Francis Nel 8