Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of

Similar documents
Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story Copyright 2005, 2008, 2011 by Zondervan Published by permission of

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Josua - van jongs af n leier

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Genesis. Inleiding. Daar is ook onsekerheid oor die vraag wie die eerste lesers was: persone. Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Profetiese woord vir 2017 en verder

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Paulus se Verbasende Reise

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

God se Woord. God se Wil

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

BYBELS-GESONDE GESINNE

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Seisoen van die Gees

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

GEBED VIR KERKLEIERS

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Deur Christus Alleen

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Transcription:

Untitled1 1 2011/09/20 12:37:59 PM

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of Zondervan, Grand Rapids, Michigan. www.zondervan.com All rights reserved. Further reproduction or distribution is prohibited.

Inleiding Met sy unieke en lekkerleesformaat, open Die storie die deur na God se waarheid. Dit is n deur waarna elke mens bewuste lik of onbewustelik op soek is. n Deur wat lei na vryheid, hoop, en God self! Die Bybel is vol opwindende en kragtige verhale oor liefde, oorlog, geboorte, dood en wonderwerke. Daar is poë sie, kultuur, geskiedenis en teologie. Dit is n spanningsverhaal, n boek oor so siologie, n geskiedenisles en alles wentel om een ewigdurende konflik: goed teen kwaad. Hierdie storie gee vir ons n kykie op die lewens van mense wat in n ander tyd en plek geleef het, maar tog baie soos ons vandag is. Terwyl jy Die storie lees, gaan jy nie net te doen kry met die storie van die mensdom nie, maar ook met die storie van wie God is en wat Hy vir ons gedoen het vir jóú. Hierdie sto rie dring daarop aan dat n liefdevolle God na jou gesoek het en n weg na verlossing gegee het n manier waarop jy in n verhouding met Hom kan staan. Die storie sluit God se werklike woorde van die Bybel in. Die storie bied gedeeltes uit die Bybel wat sorgsaam en versigtig uitgesoek is en toe in chronologiese volgorde geplaas is. Oorgange, wat kursief is, is geskryf om die gedeeltes wat uit gelaat is op te som sodat die storielyn gemaklik lees. Die teksgedeel tes is gekies om die totale vloei van die vertelling te behou sodat jy die groot prentjie van die Bybel kan kry wanneer jy die storie lees. Daar is lynspasies ingesit wanneer teks weggelaat is, en n lys van ver wysings agter in die boek sal vir jou wys wat ter Skrifgedeeltes in gesluit is. Ander handige materiaal wat agter in Die storie voorkom, is n epiloog wat vir jou n idee gee van die impak wat hierdie sto rie op 9

10 DIE STORIE die wêreld gehad het, besprekingsvrae waaroor jy al leen kan dink of vir groepbesprekings kan gebruik en n lys van karakters met kort beskrywings sodat jy vinnig kan sien wie is wie. Die Skrifverwysings wat in Die storie gebruik is, kom uit die Nuwe Lewende Vertaling (NLV). Ons doel was om die Bybel maklik te laat lees sodat jy dit kan lees net soos jy n gewone storieboek sou lees. Maar Die storie wat jy lees, is nie n gewo ne storie nie. Jy lees n storie wat oor die mag beskik om te verander wie jy is, wat jy dink en hoe jy die lewe sien. Jy stel jou bloot aan n diep waarheid wat die krag het om jou te verander. Sit terug en geniet die waarste en wonderlikste storie wat ooit geskryf is. Flip kenmerk Die storie van die Bybel is die storie van God se plan vir sy koninkryk: God se mense, wat in God se plek bly en die seëninge ervaar deur hulle kennis en navolging van Hom. Die vier ikone onder aan elke bladsy dien as n flip kenmerk om hierdie storie in hoë spoed te wys. Die eerste ikoon verteenwoordig vir God. Die tweede verteenwoordig die plek wat Hy vir sy mense gemaak het om te leef. Die derde verteenwoordig sy mense. Die vierde verteenwoordig sy seëninge. Flip om te sien hoe die storie ontvou van die skepping deur God se beloftes aan Abraham, die opkoms van koning Dawid en die val van die koninkryk, tot die uiteindelike vervulling in Jesus. Zondervan gee dankbaar erkenning aan Graeme Goldsworthy vir die inspirasie vir die diagram matiese voorstelling van die Bybelstorielyn in Gospel and Kingdom.

Tydlyn van Die storie* v.c. 2100 1 Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken Die skepping Noag en die vloed Abram se geboorte (2166) 2 God bou n nasie Abram trek na Kanaän (2091) 2000 Isak se geboorte (2066) Abraham offer vir Isak (2050) Rebekka gee geboorte aan Jakob en Esau (2006) Abraham sterf (1991) Ragel gee geboorte aan Josef (1915) Isak sterf (1886) 1900 1800 3 Josef: Van slaaf tot onderkoning Josef word as slaaf verkoop in Egipte (1898) Jakob en sy familie gaan woon in Egipte (1876) Jakob sterf (1859) Josef sterf (1805) 1500 4 Bevryding Moses word gebore (1526) God stuur die plae (1446) Die uittog en deurtrek deur die Rietsee (1446) Omswerwinge deur die woestyn en God stuur manna en kwartels (14461406) 5 Nuwe wette en n nuwe verbond Moses kry die Tien Gebooie (1445) Moses bring 40 dae en nagte op Sinaiberg deur (1445) Aäron en die goue kalf (1445) Die bou van die tabernakel (1445) 1400 *Die datums is by benadering en berus op die interpretasieteorieë van verskeie teoloë. 11

v.c. 1450 6 Omswerwinge Omswerwinge deur die woestyn en God stuur manna en kwartels (14461406) Spioene word na Kanaän gestuur (1443) Aäron sterf (1406) Die Israeliete kamp in die Moabvlakte (1406) Moses sterf (1406) 1400 7 Die stryd begin Josua word aangewys as leier (1406) Israeliete gaan Kanaän binne (1406) Die stryd om Kanaän (14061375) Josua sterf (1375) 1350 8 n Klompie goeie mans... en vroue Die rigters begin regeer (1375) Debora regeer (12091169) Gideon regeer (11621122) Simson regeer (10751055) 1300 9 Die geloof van n heidense vrou Die tyd van die rigters (13751050) Naomi en Rut keer terug uit Moab Rut ontmoet vir Boas Boas trou met Rut 1100 1050 1000 10 Staan sterk, val hard Hanna gee geboorte aan Samuel (1105) Samuel se bediening onder Eli Die Israeliete vra vir n koning Saul se bewind (10501010) 11 Van skaapwagter tot koning Samuel salf Dawid (1025) Dawid maak Goliat dood (1025) Saul probeer herhaaldelik vir Dawid doodmaak Saul sterf (1010) Dawid word koning (1010) 12 Die beproewings van n koning Dawid se bewind (1010970) 950 Dawid pleeg egbreuk met Batseba Salomo se bewind (970930) Die tempel word gebou (966959) 12

v.c. 1000 13 Die koning wat alles gehad het Dawid sterf (970) Salomo se bewind (970930) 950 Salomo toon groot wysheid Die tempel word gebou (966959) Salomo trou met heidense vroue en verraai vir God 900 14 n Koninkryk in twee geskeur Verdeling van die koninkryk (930) Koning Jerobeam I heers oor Israel (930909) Koning Rehabeam van Juda heers (930913) Koning Agab van Israel heers (874853) 850 Koning Josefat van Juda heers (872848) 800 750 15 God se boodskappers Elia se bediening in Israel (875848) Elisa se bediening in Israel (c. 848797) Amos se bediening in Israel (760750) Hosea se bediening in Israel (750715) 16 Die begin van die einde (van die koninkryk van Israel) Die val van Israel (722) 700 Israel se ballingskap na Assirië (722) Jesaja se bediening in Juda (740681) Hiskia se bewind (715686) 17 Die koninkryke kom tot n val 650 Manasse se bewind (697642) Amon se bewind (642640) Josia se bewind (640609) Jeremia se bediening in Juda (626585) Jojakim se bewind (609598) 600 Sedekia se bewind (597586) Esegiël se bediening (593571) Die val van Jerusalem (586) 550 18 Daniël in ballingskap Daniël word na Babilonië verban (605) Daniël se bediening (605536) Nebukadnesar se bewind (605562) Daniël in die leeukuil (539) 500 Die val van Babilonië (539) 13

v.c. 19 Die terugkeer huis toe 550 Eerste terugkeer van bannelinge na Jerusalem (538) Haggai en Sagaria se bedienings (520480) Bannelinge kry teenstand met die bou van die tempel Tempel se herstel afgehandel (516) 500 450 20 n Koningin met skoonheid en moed Ahasveros se bewind in Persië (486465) Ester word koningin van Persië (479) Ester red die Jode van Haman se moorddadige komplot Die Purimfees word ingestel 21 Herbou die mure 400 Tweede terugkeer van bannelinge onder leiding van Esra (458) Die laaste groep bannelinge keer terug na Jerusalem onder leiding van Nehemia (445) Die bannelinge ervaar teenstand in die herbou van die mure Jerusalem se muur is herbou (455) Maleagi se bediening (c. 440430) 10 5 v.c. 5 n.c. 10 15 20 22 Die geboorte van die Koning Maria gee geboorte aan Jesus die Messias (6/5) Josef, Maria en Jesus vlug na Egipte (5/4) Jesus besoek die tempel (AD 7/8) 23 Jesus se bediening begin Johannes die Doper se bediening begin (26) Jesus word gedoop (26) Jesus se bediening begin (26) Die bruilof in Kana (27) Die vrou by die put (27) Johannes die Doper word gevange geneem (27/28) 24 Nie n gewone man nie Jesus se bediening begin (26) 25 Jesus gebruik gelykenisse om te preek (26) Jesus se preek op die berg (28) Jesus stuur sy naaste navolgers om te gaan preek (28) Johannes die Doper sterf (28/29) 30 Jesus gee vir 5 000 mense kos (29) Jesus sê Hy is die brood van die lewe (29) 14

n.c. 25 30 35 40 45 25 Jesus, die Seun van God Jesus se bediening begin (26) Jesus gee onderrig op die Olyfberg (29) Jesus wek vir Lasarus uit die dood op (29) Jesus dryf die geldwisselaars uit die tempel (30) Judas verraai vir Jesus (30) 26 Die uur van duisternis Die Paasmaaltyd (30) Jesus was sy dissipels se voete Jesus bemoedig sy dissipels Jesus word gearresteer Petrus verloën vir Jesus Jesus word gekruisig 27 Die opstanding Jesus word begrawe (30) Jesus staan op uit die dood Jesus verskyn aan Maria Magdalena en die dissipels 50 55 60 65 70 90 28 n Nuwe begin Jesus se hemelvaart (30) Die uitstorting van die Heilige Gees tydens Pinkster Paulus glo in Jesus as die beloofde Messias (35) Jakobus word gemartel; Petrus word gearresteer (44) Paulus se eerste sendingreis (4648) 29 Paulus se sending Paulus se eerste sendingreis (4648) Die Raad van Jerusalem (4950) Paulus se tweede sendingreis (5052) Paulus se derde sendingreis (5357) 30 Paulus se laaste dae Paulus se eerste gevangenskap in Rome (5962) Paulus se tweede gevangenskap in Rome en doodstraf (6768) Johannes word verban na Patmos (9095) 31 Die eindtyd Johannes word n dissipel (26) Johannes word verban na Patmos (9095) Openbaring word geskryf (95) 95 15

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken God maak die aarde en gee dit vir Adam en Eva, die eerste mense. Hulle nuwe tuiste, die Tuin van Eden, is die paradys. Hulle ge niet ongelooflike vryheid met net een reël om te volg. Maar Adam en Eva verbreek daardie reël en word weggejaag uit die Tuin van Eden. Van daar af loop dinge net skeef, totdat God besluit om oor te begin met Noag die enigste goeie ou wat oorgebly het in n werklik opgemorste wêreld In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daar bo en die aarde hieronder. Maar die aarde was n vormlose, on bewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. Toe beveel God: Laat daar lig wees! en dit was so. Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar ge skei. God het die lig dag genoem en die donkerte nag. Dit alles het op die eerste dag gebeur. God het beveel: Laat daar skeiding kom tussen die waters! So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur. God noem toe die blou koepel hemel. Dit het op die tweede dag gebeur. God het beveel: Laat die water op die aarde op een plek by Skepping Noag en die vloed Abram se geboorte v.c. 2166 Volledige tydlyn begin op bladsy 11

18 DIE STORIE mekaar kom sodat die droë grond te voorskyn kan kom! Dit het presies so gebeur. God noem toe die droë grond land en die versame ling water noem Hy see. Ook dit was vir God goed. Toe beveel God: Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee. En dit het gebeur. Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die derde dag gebeur. God het beveel: Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel so dat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as te kens om sei soene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig. Dit het toe so gebeur. So het God die twee groot lig te gemaak: die grootste om in die dag te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook die sterre gemaak. God het hierdie ligte in die hemelkoepel ge plaas om die aarde te verlig, die een in die dag en die ander in die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die vierde dag gebeur. God het verder beveel: Laat die waters wemel van lewende we sens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg. God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede met wat Hy ge sien het. God het hulle geseën deur te sê: Wees vrugbaar, ver meer der en vul die oseane en laat die voëls op die aarde ver meer der. Dit het op die vyfde dag gebeur. God het weer beveel: Laat die aarde allerlei soorte diere oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere almal na eie aard. Dit het presies so gebeur. So het God allerlei soorte wilde diere gemaak, mak diere en diere wat op die grond kruip. God het gesien dit was goed. God sê toe: Laat Ons n mens maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die aarde kruip.

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 19 God het die mens in ooreenstemming met Homself ge skep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde. Verder sê God: Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle om van te eet. Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip. Dit het so gebeur. God het na sy handewerk gekyk en dit was uitstekend goed. Dit alles het God op die sesde dag gemaak. So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy ge maak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die se wende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skep pingswerk gedoen het. Dit is dan die geskiedenis van die skep ping van die hemel en die aarde. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die Here God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie n mens wat die grond kon bewerk nie. Maar water het uit die aarde opgeborrel en so is die grond natgemaak. Toe vorm die Here God n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit n le wende wese, die mens, geword. Daarna het die Here God n tuin in Eden in die ooste geplant. Hy het die mens wat Hy geskape het daarin laat woon. Die Here God het ook verskillende soorte bome uit die grond laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom Die eerste families

20 DIE STORIE van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook die boom van kennis van wat reg en verkeerd is. Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg. Maar die Here God het hom gewaarsku: Jy is vry om van enige boom in die tuin te eet, maar van die boom van kennis van reg en verkeerd mag jy nie eet nie. As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf. Daarna sê die Here God: Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom n metgesel maak, een soos hy. Toe het die Here God uit die grond al die verskillende soorte diere en voëls gevorm. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen n naam gegee, vir al die mak diere, die voëls en wilde diere. Hy kon egter onder hulle nie een kry wat soos hy is en vir hom n metgesel kon wees nie. Toe het die Here God die mens baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis. Van die ribbebeen maak die Here God toe n vrou en bring haar na die mens toe. Uiteindelik is dit die regte metgesel! sê die mens. Sy is regtig deel van my. Sy sal vrou genoem word, want sy is uit die man geneem. Dit verklaar waarom n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie skaam vir mekaar nie. God het n pragtige wêreld geskep en dit gevul met wonderli ke, diverse skepsels. Van al sy skeppingswerke het Hy twee men se uit gesonder om n verhouding mee te bou Adam en Eva. Hier die twee mense was ge seënd om hulle paradys met me kaar en met God te deel, waarom sou hulle dan enigiets anders wou hê? Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. Is dit regtig so? vra hy vir die vrou. Het God regtig

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 21 gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie? Natuurlik mag ons van die vrugte eet, sê die vrou. Dis net van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf. Julle sal nie sterf nie! sê die slang. God weet dat julle oë sal oop gaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad. Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. Die Here God het toe na die mens geroep: Waar is jy? Hy antwoord: Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan weg kruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is. Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is? vra die Here God. Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie? Ja, erken die mens, dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet. Daarop vra die Here God vir die vrou: Hoe kon jy so n ding doen? Die slang het my bedrieg, antwoord sy. Dis hoekom ek geëet het. Toe sê die Here God vir die slang: Die eerste families Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere op die aarde. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet so lank as wat jy lewe.

22 DIE STORIE Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop inslaan en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt. Vir die vrou sê Hy: Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers. Vir die mens sê Hy: Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word. Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou word van alle mense op die hele aarde. Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel ge maak en hulle dit laat aantrek. Daarna sê die Here God: Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe! Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weg

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 23 gestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy ge rubs oos van Eden aangestel om met n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword. Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: Met die hulp van die Here het ek n man voortgebring! Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel. Toe hulle groot was, het Abel n veeboer geword en Kain n land bouer. Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van sy lan derye n offer vir die Here gebring. Abel het die beste uit sy lam mers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer ge bring. Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. Hoekom is jy so kwaad? vra die Here vir hom. Hoekom hang jou gesig so? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin. Kain het met sy broer Abel gepraat en terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan. Die eerste families Die tragiese geskiedenis van die foute en slegte keuses van Adam en Eva en hulle eersgebore seun, Kain, eggo in die la tere stories van swaar kry en tragedie vir hulle kinders en hulle kinders se kinders. Soos mense die aarde be gin bevolk het, die Edengebied verlaat het en so ver ge trek het as wat hulle voete en diere hulle kon dra, het die mensdom se na la ten skap van haat, woede, moord en bedrog voortgeduur soos die mense voortgegaan het om hulle verhouding met God te ver waarloos. Uit ein delik vergeet byna almal van hulle Skepper en die hele rede waarom hulle leef. Vir die mees te mense word die lewe een groot partytjie met geen ge dagte aan die ge volge nie be halwe een man.

24 DIE STORIE Die Here het die omvang van die boosheid van die mensdom op aarde raakgesien. Hy het opgemerk dat hulle gedagtes gedurig sleg was. Die Here was spyt dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep bedroef. Daarom sê die Here: Ek sal die mensheid wat Ek gemaak het heeltemal uitwis van die aarde. Saam met hulle sal Ek ook al die diere, klein en groot, asook die voëls ver nietig, want Ek is spyt dat Ek hulle gemaak het. Maar die Here was Noag goed ge sind. Wat volg, is die geskiedenis van Noag. Noag was n opregte man, die enigste onberispelike persoon in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en n noue verhouding met Hom gehad. Noag het drie seuns gehad, naamlik Sem, Gam en Jafet. Teen hierdie tyd was die aarde volgens die oordeel van God korrup en vol geweld. God het al hierdie korrupsie in die wêreld gesien. Oral waar Hy gekyk het, was daar geweld en bederf. Daar op sê God vir Noag: Ek het besluit om alle le wen de wesens te ver nietig, want dis as gevolg van hulle dat die aarde vol ge weld is. Ek gaan hulle almal verseker tot niet maak. Jy moet n groot ark van goferhout maak met verskillende ver trekke binnein. Verseël dit binne en buite met teer. Dit moet 135 meter lank, 22,5 meter breed en 13,5 meter hoog wees. Voorsien dit van n dak waarvan die nok 45 sentimeter hoog is. Dit moet drie verdiepings hê en n deur aan die kant. Let op! Ek gaan vloedwaters oor die aarde laat kom wat elke lewende wese onder die son sal uitwis. Alles op aarde sal doodgaan. Maar met jou maak Ek n verbond. Jy, jou vrou, jou seuns en hulle vroue moet ingaan in die ark. Van elke soort dier moet jy n paar n man netjie en n wyfie in die ark besorg sodat hulle saam met jou die vloed kan oorleef. Twee van elke soort voël en dier, klein en groot, sal na jou toe kom. Jy moet hulle in die ark aan die lewe hou. Maak seker dat jy genoeg kos inlaai vir jou gesin en vir al die diere. Noag het presies gemaak soos God hom beveel het. Die Here het vir Noag gesê: Jy en jou gesin moet in die ark ingaan,

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 25 want onder al die mense op die aarde is dit jy alleen wat opreg lewe. Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar laat reën sodat alles wat Ek geskep het, van die aarde uitgewis word. Hy was 600 jaar oud toe die vloed begin het. Hy, sy vrou, sy seuns en hulle vroue het aan boord gegaan om die vloed te oorleef. Saam met hulle was daar diere van alle soorte: dié wat geëet en vir offers gebruik kon word, dié wat nie daar voor goedgekeur was nie, asook van al die voëls en ander klein diertjies wat op die aarde kruip. Hulle het in pare, mannetjies en wyfies, na Noag by die ark gekom net soos God vir Noag beveel het. n Week later het die groot vloed losgebreek en die aarde oordek. Die eerste families Op daardie selfde dag het Noag en sy vrou, saam met sy seuns, Sem, Gam en Jafet, asook hulle vroue, aan boord gegaan. Saam met hulle op die ark was daar mak diere, wilde diere, klein kruipende diere, voëls en vlieënde insekte van alle soorte. Van alles wat leef, het tweetwee saam met Noag op die ark gegaan. Dit was mannetjies en wyfies soos God beveel het. Toe het die Here die deur van die ark agter hulle toegesluit. Dit het 40 dae lank gereën en soos die waters vermeerder het, het dit die ark hoog bokant die grond opgelig. Die water het al meer ge word en al hoër gestyg en die ark het daarop begin dryf. Die water het selfs so hoog gestyg dat die hoogste berge op die aarde onder water was. Die water het tot byna sewe meter bokant die hoogste berg gestyg. Alles wat op die aarde lewe, het vergaan die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense. Alles wat asemhaal op die droë grond het doodgegaan. Elke lewende wese op die aarde is uitgewis mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef. Die

26 DIE STORIE aarde was 150 dae lank onder water. Maar God het gedink aan Noag en al die mense en diere by hom in die ark. Hy het n sterk wind oor die water laat waai en die watervloed het begin afneem. Die onderaardse waterbronne het op gehou om uit te borrel en die stortreën het bedaar. Geleidelik het die vloedwaters gesak. Na 150 dae het die watervlak só gesak dat die ark op die Araratberge vasgesit het, vyf maande nadat dit begin reën het. Twee en n halwe maande later het ander bergspitse sigbaar geword namate die water gesak het. Toe Noag 601 jaar oud was, tien en n half maande nadat die vloed begin het, het Noag die luik van die ark oopgemaak en gesien dat die aarde besig was om droog te word. Nog twee maande het verbygegaan en uiteindelik was die aarde droog genoeg. Toe sê God vir Noag: Gaan nou uit die ark, jy en jou gesin. Laat al die diere en voëls uit sodat hulle kan vermeerder en oor die aarde ver sprei. Noag en sy vrou, sy seuns en hulle vroue het toe uit die ark gegaan, asook al die verskillende soorte diere en voëls. Noag bou toe n altaar vir die Here en offer daarop van die diere en voëls wat vir hierdie doel bestem was. Die Here het die offer aanvaar en vir Homself gesê: Ek sal nooit weer die aarde vervloek weens die mens se oortredings nie. Immers, die mens se gedagtes is boos van sy jeug af. Ek sal nooit weer al die lewende wesens so ver nietig nie. God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: Julle moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul. Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking. God het met Noag en sy seuns gepraat: Ek sluit n verbond met julle en julle nageslag, asook met die diere wat saam met julle is: die voëls en mak diere en wilde diere, met almal wat uit

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 27 die ark gekom het. Ek onderneem dat Ek nooit weer n vloed sal stuur om alles wat lewe dood te maak en die aarde te verwoes nie. God het bygevoeg: Om dit te bevestig, gee Ek aan julle en alle lewende wesens n teken van hierdie onderneming wat vir altyd sal geld. Die reënboog wat Ek in die wolke gesit het, sal die teken wees van hierdie blywende ooreenkoms met die aarde. Sodra Ek die reënboog in die wolke sien, sal Ek herinner word aan die blywende verbond tussen My en alle lewende wesens op aarde. Die eerste families Die aarde het herstel van hierdie groot vloed. Die planten dierelewe het floreer. Noag se familie het die aarde herbevolk. Die lewensiklus het voort gegaan, en die mense het vir God ont hou. Antieke besighede het gegroei, plase het ontwikkel en handelsroetes het rykdom en geleentheid vir reis gebring. Dit was tyd vir God se volgende skuif, tyd om n nasie te bou in n land wat die kulturele en etniese tuiste sou word vir wel, daar die deel van die storie kom nog. Abram (wie se naam later deur God na Abraham ver ander is) het al die verkeerde kwalifikasies gehad om die stigter van God se nasie te word: sy familie het ander gode aanbid in n land baie ver van wat die Beloofde Land sou word; Abram en sy vrou, Sarai (wie se naam God later verander het na Sara), was al veels te oud om kinders te hê, en Sarai kon nie swanger word nie geen kinders nie het beteken geen mense om God se nasie te bou nie. Geen probleem nie. God het die onmoontlike aan Abram belowe, en Abram het toegekyk hoe die onmoontlike gebeur. Hier is hoe dit gebeur het.

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the title: The Story, Teen Edition Copyright 2011 by Zondervan Published by permission of Zondervan, Grand Rapids, Michigan. www.zondervan.com All rights reserved. Further reproduction or distribution is prohibited.