e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Similar documents
e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Geloofsvorming by kinders en jongmense

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Teken in op e-hervormer

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Teken in op e-hervormer

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Die Kerk Kry Moeilikheid

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Die plek van jou tent

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Profetiese woord vir 2017 en verder

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Josua - van jongs af n leier

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Petrus en die Krag van Gebed

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Seisoen van die Gees

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

FAIRMONT S GREEN GREENHOUSE

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Welkom. Welcome. 10th Annual. Labor Day Weekend Rusk, Texas

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Dawid die Skaapwagter

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 5 Julie 2012 Jaargang 5 Uitgawe 22 In hierdie uitgawe Voorblad VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? Basaar, karnaval, fees... Baie name, baie planne, een doel! Kom ons gebruik die term karnaval vir die doeleindes van hierdie artikel. Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Wat is die prentjie wat in jou gedagtes opkom as jy die woord karnaval hoor? Ander nuus Tafels wat kreun onder die tonne vleis wat verwerk is, die mooiste naald- en Kommentaar breiwerk en geskenke, koeke, koekies en allerlei ander lekkernye, konfyte te kus Agterblad en te keur, poedings (daar is mos maar niks so lekker soos n bakkie basaarpoeding nie), sosaties en potjiekos. Aan pret en ontspanning is daar ook geen einde nie. Die jongspan geniet gewoonlik die pretparke, perdry en spookhuise. Wat nog te sê van die tombolatafel menige ma het al na afl oop van die karnaval al die winste van haar kinders met dankbaarheid gebêre, want hul bydrae vir die tombolatafel vir die volgende jaar is verseker! Aktiwiteite soos kleiduifskiet, verfbal en kleilatgooi hou nie net vir Boetie nie maar ook vir Pappa besig. Eetgoed is natuurlik ook sinoniem met n karnaval vetkoeke, pannekoeke, pap-en-kaiings is darem ook nie te versmaai nie. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Die vraag kan tereg gevra word of die gebeure tydens die karnaval dan werklik die hoogtepunt is. Ek twyfel. In Groot Marico maar so ook in enige gemeente van enige kerk dwarsoor die wêreld is daar n dinamika rondom die karnaval wat reeds etlike maande voor die dag van die karnaval begin ontvou. Hier by ons begin die voorbereidings vir die karnaval sommer vroeg reeds. Konfyte word gekook sodra die eerste vrugte aan die bome ryp is. Beeste word reeds maande voor die tyd belowe sodat dit van Januarie af afgerond kan word. Die susters deel idees en hou die tydskrifte dop om die nuutste modeneigings te kan volg. Daar word gejag die oomblik as die jagseisoen begin. Weke voor die tyd word koekies gebak en vleis bewerk. Moeë voete, seer rûe en krom skouers kan nie die opgewondenheid demp wat stadig maar seker begin opbou nie. Watter aangename ervaring om aan die einde van die dag te kan gaan sit met die wete dat ek gehelp het om die 15 beeste, 20 skape en 15 varke te verwerk! Moeë voete, seer rûe en krom skouers kan ook nie die gevoel van samehorigheid, eensgesindheid, offervaardigheid, die wete dat elke lidmaat n gemeenskaplike doel wil bereik soos om die begroting te laat klop of dalk n kerkgebou of kerksaal te bou, en die gelag en geskerts demp nie. Na die tyd, as die karnaval verby is, die terrein opgeruim is, die saal skoongemaak is en die fokus so n wyle weg van die karnaval verskuif word, is al wat onthou word dat die Here ons weer ryklik geseën het met dit wat ons nodig het. Die dankbaarheid teenoor almal vir elkeen se harde werk (al is daar so nou en dan ook maar vir mekaar gegrom) en goeie herinneringe aan lekker kuier saam met vriende en familie vorm deel van die herinneringe van die karnaval. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l En dan die laaste vraag wat gevra moet word, want dit is ook die vraag waaroor rekenskap gegee moet word: Hoe en met watter gesindheid gaan ons dit wat die Here tot ons beskikking gestel het aanwend tot uitbou van sy koninkryk hier op aarde? Dis hier dat die hartklop van die karnaval lê! Mag jóú volgende karnavalervaring ook n geloofservaring wees. Willem en Elize Sauer Groot Marico 1

Prop Marissa Kidson Ds Pieter le Roux BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Prop Marissa Kidson na Pretoria-Wes (deeltyds) Ds Pieter le Roux van Heidelberg na Vaalharts Prop Pieter Steenkamp na Kimberley (deeltyds) Ds Werner Venter van Schoemansdal na Hartebeeshoek Beroep aanvaar Prop Marissa Kidson na Pretoria-Wes (deeltyds) PREDIKANTE EN GEMEENTES Alle lief en leed vir plasing in die kerklike publikasies moet aan die Sekretaris vir SENTIK, dr Wouter van Wyk, by wouter@nhk.co.za gestuur word, of skakel hom by 082 339 2332. Prop Pieter Steenkamp Ds Werner Venter Bydraes vir moontlike plasing in die e-hervormer moet asseblief teen Dinsdaemiddae 16:00 OP DIE LAATSTE na produksie@nhk.co.za gestuur word. Lidmate van gemeentes waar n kerkraad moontlik met meerderheidstem besluit het om kerklike eiendom te vervreem en andersins in stryd met die Kerkorde optree, se lidmaatskap van die Hervormde Kerk kan daardeur in die gedrang kom. Lidmate wat deel wil bly van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, word versoek om op een van die volgende maniere met die Kerk kontak te maak: SMS jou naam, gemeente, kontaknommer en e-posadres na 074 406 6303 (slegs SMS e, nie oproepe nie). Die Sinodale Kerkkantoor sal jou binne 7 dae kontak. Telefonies: Skakel mev Marié van Niekerk by 012 322 8885 x254. Stuur n e-pos na nhk@nhk.co.za. Kontak jou gemeente se konsulent, of n ander predikant in die ring. Hul inligting is op die Kerk se webblad beskikbaar by www.nhka.org (onder So werk ons / Predikante). Die Kerk sal hierdie inligting met groot sensitiwiteit hanteer. Mev Annatjie Botha, weduwee van wyle ds Abel Botha, is op Dinsdag 3 Julie oorlede. Die dankdiens vind op Vrydag 6 Julie vanuit Gemeente Koedoesrand plaas, en word gelei deur emerituspredikant ds GJ (Gert) van Staden. Mev Botha was 31 jaar lank een van die Kerk se predikanteweduwees, en vir almal met wie haar pad gekruis het n bron van inspirasie, liefde en toewyding. Sy laat twee dogters en twee kleindogters agter. Die Kerk se meelewing gaan aan die familie. Ds Marlize en Gordon Gasson van Gemeente Benoryn se babaseun, Franco Adriof, is op Woensdag 6 Junie gebore. Baie geluk! Die volgende besluite is geneem tydens die Kommissie van die AKV se vergadering op 7 en 8 Junie: Ds Herman Jansen van Rensburg se aansoek om emeritaat op 30 Junie 2012 is goedgekeur. Ds Hennie la Grange se aansoek om beroepbaar gestel te word vanaf 1 September 2012 met sy terugkeer na Suid-Afrika, is onvoorwaardelik goedgekeur. Dr Wim Dreyer se benoeming as pastorale hulp vir Gemeente Noordelike Pretoria is goedgekeur. 2

Die derde standplaas van Gemeente Montana kan slegs opgehef word indien die handelinge van die kerkraadsvergadering deur die Ringskommissie van Noordelike Pretoria skriftelik goedgekeur word. Die volsorgstandplaas van Gemeente Noordelike Pretoria is opgehef, en toestemming is verleen om n predikant te benoem vir n besondere opdrag. Die tweede standplaas van Gemeente Wolmaransstad is opgehef. Die ooreenkoms wat met die kerkraad bevestig is, is dat ds Sonia van Wyk ten volle versorg sal word tot einde September 2012, waarna sy n uitdienstredingspakket sal ontvang. Die ooreenkoms tussen ds Jan Grobler en die Kroonstad/Virginiakombinasie is hernu tot 31 Maart 2013. Ds Grobler kry toestemming om tot die ouderdom van 65 in die kombinasie te werk. Die ooreenkoms tussen ds Gert Beukes en Gemeente Breyten is hernu tot 31 Maart 2013. Ds Japie Coetzee Die skriba van Gemeente Trichardtsfontein, Gert Helberg, skryf soos volg: Namens die gemeente wil ons dank uitspreek vir die toegewydheid waarmee ds Japie Coetzee die gemeente bygestaan het met die beroepsproses totdat ds Louw van der Linde op 17 Junie in ons gemeente bevestig is. Met tye het dit moeilik gegaan waar ons saam met ds Japie hartseer en dan weer die blydskap van genesing beleef het. Deur die genade van God is ons saam met hom daardeur. Niks was vir hom te groot of te klein nie. Oggende vroeg het hy al die pad van die stad af gery, nadat daar nie veel geslaap is nie na al die traumaberading deur die nag by die hospitale, om 9-uur vir ons die mooiste boodskappe te lewer, sommige met n lag en n traan daarby, en almal geraak in die diens. Ds Japie, voorspoed met die toegewyde werk wat jy vir jou medemens doen en die liefde vir God en die Kerk. Die Philadelphia-fietstoer het op Saterdag 30 Junie op n hoë noot in Pretoria afgeskop. By Gemeente Kempton Park-Oos is die studente hartlik ontvang. n Strawwe dag van fi etstrap het op hulle gewag, waarna hulle by Gemeente Drie Riviere-Oos met groot omgee ontvang is. Die groep vertrek vanaf Gemeente Vanderbijlpark-Suid na Sasolburg, en doen aan by Parys, Welkom, Wolmaransstad, Klerksdorp, Potchefstroom en Krugersdorp. Hulle sal op Saterdag 14 Julie terug wees in Pretoria. Ons wens hulle alles van die beste toe met hierdie mooi poging. Die MRCC gemeente in Mabopane het pas n crèche begin. Tans sit die kinders nog op die vloer en word die vrywillige werkers nie vergoed nie. Enigiemand wat fi nansieel of met meubels of toebehore tot die projek wil bydra, kan in verbinding tree met ds Modisaotsile Motloba, by 012 322 8885 x262 of mrcc@nhk.co.za. AKSIEGROEP VIR BEJAARDES: n Wenk vir bejaardesorg Baie bejaardes het soms behoe e om die teater of fliek te besoek of n sportwedstryd by te woon. Maak gerus n plan om af en toe n bejaarde by een van hierdie plekke uit te bring. Gaan na www.diakens.co.za vir meer inlig ng oor bejaardesorg. Bejaardes en gestremde persone in Pretoria: Munisipale korting word toegestaan deur die City of Tshwane. Gaan na www.diakens.co.za en kyk regs by Warm brood vir die aansoekvorm. Gemeente Piet Retief vier vanjaar hul eeufees. Alle lidmate wat voorheen aan die gemeente verbonde was, word versoek om vertellings, foto s en ander gedenkwaardighede beskikbaar te stel. Skakel Jan Venter by 082 925 3951 of 017 826 3604. Gemeente Kruin in Wilropark, Roodepoort, beskik oor n vakature vir n musiekleier/orrelis. Aansoeke word ingewag van toepaslik gekwalifi seerde 3

persone. Van die persoon word verwag om die gemeentesang met orrel te begelei, en aktief betrokke te wees by liturgiese beplanning binne die klassieke Reformatoriese erediens. Vergoeding is onderhandelbaar volgens die Kerk se orrelisvergoedingsriglyne en nodige ondervinding. Stuur n volledige CV met kontakbare verwysings voor Donderdag 19 Julie na nhkkruin@gmail.com. Aansoekers wat op die kortlys geplaas word, sal genooi word vir n onderhoud en moet ook gereed wees om n proefspel te lewer. Die gekose kandidaat moet so spoedig moontlik diens aanvaar. Navrae kan gerig word aan ds Kobus Pienaar by 083 459 0471. Gemeente Buffelspoort (by Mooinooi) beskik steeds oor n vakature vir n orrelis. Stuur aansoeke aan ds Neels van Tonder by nvtonder@vodamail.co.za, of kontak hom by 072 633 3367. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Spesiale eredienste Gemeente Bosmansrust: Sondag 23 September om 11:00 Dankfees en Nagmaal Viering van 125ste bestaansjaar van gemeente 100-jaar-viering van kerkgebou Alle oudpredikante en vorige lidmate welkom Ete na die diens Antwoord asseblief voor 1 Augustus Kontak Piet Marx by 082 708 6761 of pamarx@lantic.net Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 13 Julie, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 5 Julie: Prop Carusta van der Merwe (beroepafwagtend) Saterdag 7 Julie: Ds Marna Naudé (Swartkop) Sondag 8 Julie: Ds Geo Smit (Potchefstroom-Suid) Dinsdag 10 Julie: Dr Daan van Wyk jr (Wolmaransstad) Woensdag 11 Julie: Ds Theuns Botha (Zimbabwe) Donderdag 12 Julie: Di Anna-Marie Kloppers (Krugersdorp-Oos), Lewis Strauss (Bloemfontein-Wes) en prof Jimmie Loader (buiteland) Vrydag 13 Julie: Ds Jakkie Jacobs (emeritus) Beplande vergaderings Saterdag 7 Julie: Dinsdag 10 Julie: AIM VTT Welstandsprogram Ons vra groot verskoning vir die foutiewe inligting by 1 Julie se verjaardae (in verlede week se uitgawe). Dit is ds Willie Botha van Lydenburg wat verjaar het, en nie ds Willie Barnard nie. Kursusse en toerusting Gemeente Pretoria-Oos Damesbediening: Toerusting Kniel deur jou krisis Saterdag 28 Julie om 09:00 Kerkgebou, Delyweg 100, Waterkloofpark 4

Spreker dr Eugene Kemp R20 per persoon Bespreek teen 20 Julie by: Gemeentekantoor 012 460 8441 Gerda van der Merwe gerdavdm2@gmail.com Elsa Geldenhuys elsageldenhuys@gmail.com Instituut vir Kerkmusiek in Suid-Afrika (IKSA) Diploma in Himnologie 2012-2013 Let op veranderde datum vir eerste byeenkoms: 15 September 2012 Kursusfooi R800 per persoon per jaar Skakel met dr Elsabé Kloppers by iksa@absamail.co.za of 012 429 6589 (k) Konserte en feeste Saterdag 21 Julie om 19:00: Ring van Laeveld en SAKOV: Orreluitvoering NG Kerk Wolkberg, Tzaneen Bekende orrelis Zorada Temmingh Kaartjies by deur, R50 volwassenes, R20 hoërskoolkinders Laer- en voorskoolkinders gratis Skakel 072 144 7514 Program van Zorada: The Phantom of the Opera Haar derde geïmproviseerde orrelklankbaan vir n stomfi lm en n musikale kragtoer Terwyl gehoor na oorspronklike stomfi lm (1925) kyk, skep sy n klankbaan gebaseer op bekende operamusiek Donderdag 9 Augustus: NHSV Hartbeesfontein: Damesoggend NG Kerksaal Hartbeesfontein 10:00 vir 10:30 Hernu jou lewe, gees, styl en uitkyk Inspirerende nuwe idees, pitkos en n vars nuwe styl spesiaal vir jou! Saam met Henre Botha (Gospelsanger) & Augus & Ronel Aandrokke word gemodelleer, stalletjies & ligte ete R100 per persoon Kontak Carina by 082 564 1424 of Lizbe by 082 878 6643 Saterdag 18 Augustus: NHSV Leeudoringstad: Oggendtee met n verskil Smaaklike sjampanje-ontbyt Tema: Titanic Kontak Corrie Marais by 082 374 6026 of corriem@suidwes.co.za Kampe en toere Toer op Bybelse voetspore... Egipte, Israel en Jordanië 4-18 Desember 2012 Kontak ds Hannes van der Merwe by 082 575 1979 of hannes@pretoriaoos.com vir meer inligting Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Port Shepstone: Prawnfees Vrydag 6 Julie om 18:00 Scottstraat 3 Kaartjies @ R150, kinders onder 12 halfprys Eet soveel jy kan! Driegang maaltyd, spitbraai as alternatief Kontantkroeg Kontak Adri by 082 572 4280 of Petro by 084 951 8961 5

Gemeente Losberg in Fochville: Biltongaand Vrydag 20 Julie Besighede kan tafel met 10 sitplekke bespreek vir R3 200 Gaskunstenaar Thys die Bosveldklong Verskeidenheid biltonge, cabanossies, chilli bites, kaassoorte, brode, konfyte Veiling sal gehou word Kontak gemeentelike kerkkantoor by 018 771 2617 Bespreek vroegtydig! Gemeente Witfield in Boksburg: Boogjagkompetisie Sluitingsdatum: 29 Julie 2012 Kaartjies R100 donasie 1ste prys: 10 diere, waarde R40 000, en 5 nagte verblyf 2de prys: 8 diere, waarde R19 300, en 3 nagte verblyf 3de prys: 6 diere, waarde R11 000, en 3 nagte verblyf Geborg deur Nyalarus, tussen Groblersdal en Marble Hall Geweerjag kan gereël word of keuse om plaas se professionele jagter te gebruik Pryse verval op 30 September 2012 Kontak Adri Nel by 084 200 1027 of Chaan Bezuidenhout by 082 853 5895 vir meer inligting Gemeente Leeudoringstad: Kompetisie om Doringfees bekend te stel Pakkette beskikbaar, ook aan gemeentes R1 000: Boekies ter waarde van R10 000 (gemeente kan dus R9 000 wins maak) R2 500: 50 boekies ter waarde van R25 000 (wins R22 500) R5 000: 100 boekies ter waarde van R50 000 (wins R45 000) Kaartjies slegs R50 elk en 11de kaartjie in die boekie is gratis Trekking Saterdag 29 September om 12:45 Kontak Berno Robinson by 082 395 9241 Basaars en markte Saterdag 29 September om 09:00: Gemeente Leeudoringstad Doringfees Gaskunstenaar Sorina die Flooze Navrae aan gemeentelike kerkkantoor by 018 581 2055 of nhkleeutjies@nwet.co.za ANDER NUUS Mev Annelie Short van die Ouditafdeling by die Sinodale Kerkkantoor het onlangs haar BCom-graad met spesialisering in Interne Oudit aan Unisa verwerf. Baie geluk, Annelie!

Mej Nicol Muller van die Ouditafdeling by die Sinodale Kerkkantoor het pas verloof geraak aan Hannes van Wyk. Baie geluk aan die paartjie! VAKATURE: PLEEGOUERS IN DPS-HUIS RUSTENBURG Diensaanvaarding gedurende derde kwartaal van 2012 Aansoeke sluit 8 Julie Die vereistes is onder andere: Getroude egpaar Verkieslik tussen 40 en 55 jaar oud Lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk Goeie gesondheid Aanvoeling vir kinders Benewens maandelikse kontantvergoeding ook gratis inwoning in die DPS-huis Kontak die volgende persone vir meer inligting: Mnr Otto Viljoen: 012 322 8885 of 079 495 2007 of kinderhuise@nhk.co.za Ds Johan van Wyk: 014 592 1779 of 082 577 4091 of vanwyka@mweb.co.za VAKATURE: KONTRAKAANSTELLING (1 JAAR) VIR REKENMEESTER Sinodale Kerkkantoor, Hervormde Kerk Minimum vereistes: BCom of gelykwaardige kwalifi kasie 3-5 jaar toepaslike ervaring Rekenaarvaardigheid in Microsoft Offi ce-pakket en Pastel Vaardigheid met rekeningkundige uitset wat ontwikkeling en interpretasie van bestuursinligting insluit Uitstekende kommunikasievaardighede in verskeidenheid situasies en voorleggings Geldige rybewys Gebruikersvaardigheid in ACCPAC sal aansoek ondersteun Dit word van die kandidaat verwag om as spanlid te funksioneer en, in die besonder, binne die etos van die Hervormde Kerk tuis te voel Sluitingsdatum is 20 Julie en aansoeke moet met volledige CV gerig word aan: Mev Susan Moore Afdeling Mannekrag Posbus 2368 Pretoria 0001 mannekrag@nhk.co.za 012 322 8885 x252 Faks 012 322 7909 Die Ondersteuningsraad (OSR) bied vanjaar weer vir minderbevoorregte tieners n kamp aan te Mooikrans Equus in Amersfoort. Die kamp sal hierdie keer langer wees (Sondagoggend 30 September tot Vrydagmiddag 5 Oktober 2012), weens die intensiewe program wat vir die kinders aangebied gaan word. Die koste beloop R850 per kind wat die busvervoer, etes, aanbieding van die program, gebruik van toerusting, ensovoorts, insluit. Die kinders word onder andere geleer om perd te ry en perde te versorg, wat op sigself n terapeutiese doel vir gebroke kinders het. Aangesien hulle nie vir hulself kan betaal nie, word fondse benodig om die kinders te borg. Persone wat n kind wil borg of n donasie wil maak, moet asseblief vir Suzanne van Deventer van die Pretoriakantoor by 012 325 2320 of oraad@telkomsa.net kontak om die nodige reëlings te tref. Die bankbesonderhede is soos volg: 7

Die Ondersteuningsraad ABSA Tjekrekening Rekeningnommer: 000602795 Takkode: 323 345 Beskrywing: Kampfonds Beeld-Kinderfonds 2012 Die kompetisie deur Beeld-Kinderfonds om fondse vir die versorging van kinders in te samel, het op 15 Junie afgeskop. Die kaartjies beloop R25 elk, waarvan R12,50 aan elke deelnemende welsynsorganisasie terugbetaal word. Onder andere n Peugeot 107, n seereis op MSC Sinfonia, n vakansie by Go Wild Resorts asook R50 000 in kontantpryse kan gewen word. Kaartjies is beskikbaar by die Ondersteuningsraad se kantore asook by hul hoofkantoor en die Sinodale Kerkkantoor in Pretoria. Kontak Ansie Cromhout of Susan Moore by 012 322 8885. Loslitdag Vrydag 7 September Ondersteun persone met gestremdhede Projek word geadministreer deur Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA Ondersteun vanjaar die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) Koop jou plakker @ R10 Kontak Arina Jooste by 012 320 7644 of toibo@nhk.co.za en bestel jou plakkers Borgliggaam vir: Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes, Prinshofskool vir Gesiggestremdes, Sonitusskool vir Gehoorgestremdes, Transoranje-skool vir Dowes en Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid Koop jou plakker vandag nog en wys jy gee om vir n kind met n gestremdheid NEGENDE SUID-AFRIKAANSE KONGRES VIR CALVYNNAVORSING 15 tot 17 Augustus 2012 (Woensdagaand tot Vrydagmiddag) Aros (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies) is gasheer Kontak ds HH van Alten by hhvanalten@vgkmaranata.org.za of 012 332 3256 indien u wil bywoon Die Bybel op jou selfoon Gratis volledige Bybel vir jou selfoon Nie eens n slimfoon nodig nie! Net Java-geaktiveerde foon nodig Gaan na m.bibles.co.za op jou selfoon Die Bybel: n Direkte vertaling (BDV) Vertaling vorder goed Verskeie Bybelboeke beskikbaar vir kommentaar Gaan na www.nuwekerkbybel.co.za Bybelgenootskap: Gholfdag Dinsdag 9 Oktober: Gelyktydige begin 11:00 Serengeti-gholfklub Betterball Stableford R3 000 per 4-bal (sluit aandete in) Kontak Jenene Bernhardt by 011 552 7208 of jenene@serengeti.co.za 8

ADVERTENSIES waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks van ongeveer 110 woorde (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Die advertensie moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Ervaar u teenstand teen u besluit om lid van die NHKA te bly? Stuur u naam, gemeente, e-posadres en kontaknommer na die SMS-hulplyn 074 406 6303 Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: u naam + e-hervormer Ads KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad gestuur word; gaan dan na www.nhka.org Praat saam en kies die opsie wat u pas. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. My vader, ds WP van der Merwe, het altyd gesê n mens hou politiek uit die kerk uit. Elkeen het sy eie oortuiging dat hy self polities korrek is. Gaan jou politiek jou in die hemel bring, of jou diens aan God? Praat die Bybel nie van eensgesindheid onder mekaar nie? Ek stem saam met Rudi Janse van Rensburg. Kom ons kyk dat ons jeug tuis voel in die kerk van God en vergeet van onbenullighede! Ekself is n konserwatiewe Hervormer, maar sal altyd probeer saamwerk ter wille van die uitdra van die evangelie na ons jeug. Agterblad M van der Merwe Redakteur: Dr André Ungerer Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 9