Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dawid die Skaapwagter

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Josua - van jongs af n leier

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

God se Woord. God se Wil

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

BYBELS-GESONDE GESINNE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Seisoen van die Gees

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

GEBED VIR KERKLEIERS

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

DIE AA NDBOODSKA PPER

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Paulus se Verbasende Reise

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Profetiese woord vir 2017 en verder

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

LoveGodGreatly.com 1

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Besprekingsvrae vir selgroepe

Transcription:

Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil gerus, neem die boot, maar neem altyd 'n vriend saam met jou." Hy vertel dat om daardie 15m seilboot van sy pa op die baie groot Michigan meer te hanteer was altyd vir hom hierdie groot verantwoordelikheid. Maar hy sou 'n vriend saam neem, hulle sou by die hawe uitvaar, die seile hys en die oop water van die meer aandurf. Wanneer hulle dreigende wolkformasies sien nader kom het, of besef het die windspoed is drasties besig om toe te neem, sou hulle terughaas land toe, die seile stryk en sou Bill eers weer kalmeer nadat hulle veilig aan land was en die boot veilig aan die kaai geanker was. Bill vertel dat dit vir hom lekker was om altyd 'n vriend by hom te hê, maar dat hy ook altyd geweet het dat sy maat nie veel werd sou wees in 'n storm nie. Ander kere sou Bill se pa vroeër van die werk af kom en sou hulle saam gaan seil. Terwyl Bill en sy pa uit was op die water, sou hy heimlik hoop vir malende wolkmassas en sterk wind. Hy het die gevoel van sterk wind en groot branders geniet terwyl hy saam met sy pa was. Want sy pa het regoor die Atlantiese oseaan geseil. Hy het op 'n keer vyf dae lank deur 'n orkaan op 'n seilboot geworstel. Hy was 'n veteraan. Hy het geweet sy pa sou alles kon hateer waarmee die Michigan meer hulle kon konfronteer. Alles het verander wanneer sy pa saam aan boord was. Hierdie storie was vir my hierdie wonderlike uitbeelding van die werk van die Heilige Gees. Dis tog waaroor Romeine 8 by uitstek gaan. Dit staan selfs bekend as die hoofstuk oor die Heilige Gees. As die storms van die lewe oor jou losbars en jy voel of jou bronne om dit te hanteer te swak en te min is, dan het jy iemand sterk en betroubaar by jou nodig. Dis wat ons in die Heilige Gees het. Daar was niks wat die

Michigan meer kon bring wat Bill se pa nie sou kon hanteer nie. Daar is niks wat die lewe kan bring wat ons nie met die krag van die Heilige Gees kan hanteer en in die oë kan kyk nie. En Hy is anders as Bill se pa wat net soms by hom kan wees en wat ook al oorlede is, elke dag en elke omstandigheid by ons. Alles het verander toe Hy aan boord gekom het in ons lewens. Ek wil graag vanuit ons Skrifgedeelte in Romeine 8:12-17 drie dinge oor die werk van die Heilige Gees vandag met julle deel: 1. Die eerste is dat die werk van die Heilige Gees bevestig dat ek en jy onder nuwe regering staan: In hierdie gedeelte in Romeine wat ons saam gelees het, word twee dinge teenoor mekaar gestel. Dit is ons sondige natuur aan die een kant teenoor die werk van die Gees aan die ander kant. Ek wil dit sommer opsom met die gedagte dat dit gaan oor ek-lewe teenoor Gees-lewe. Iemand wat onder die beheer van sy sondige natuur leef, is tog iemand wat in beheer van sy eie lewe is. Soos die ou Jeugsangbundel-liedjie gesing het, Ek is self my navigator, self my strateeg- I'm the master of my fate, I'm the captain of my soul. As jy onder beheer van jou sondige natuur leef, is jy uitgelewer aan die mag van jou eie drange, angste en begeertes. Jy kan nie anders as om telkens te vou voor die mag van die sonde nie, want jy is op die troon van jou lewe en jy hou die stuurwiel daarvan vas. Luther het ons sondigheid of hierdie uitgelewer wees aan ons sondige natuur vergelyk met die baard van 'n man. Vandag skeer ons dit af, maar môre is die stoppels weer daar. Die Gees van God vervang my slawerny aan myself en my eie drifte en drange met 'n liefde vir God en vir Sy Wil en met groter liefde en deernis vir die mense om my. Ek het iets met die kinders by die Tekkiediens gedeel wat ek glo van toepassing is op die werk van die Gees. To know what's good, to love what's good and to do what's good. Net die Heilige Gees kan hierdie mag en houvas van my sondige natuur oor my lewe verbreek- nie een van ons kan dit self doen en my bring by die punt om te weet wat goed en reg is, om dit lief te kry en dit te doen

nie! Jy kan 20 keer Iron Man wêreldkampioen wees en jy sal dit nog nie regkry om die mag van jou sondige natuur uit eie krag te verbreek en te oorwin nie. Ons lees in Romeine 8 dat ons deur die Heilige Gees 'n einde moet maak aan ons sondige praktyke of sondige manier van optree. Ons kan dit verkeerd lees en dink ek maak uit eie krag 'n einde aan my sondige praktyke of verkeerde manier van lewe- die Gees is net die instrument of tool om my daarmee te help. Dan verstaan ons dit verkeerd. Die Gees is geen tool of instrument soos my GPS in die kar nie- Hy dui nie net die rigting aan nie. Hy neem die stuurwiel en wil die rigting bepaal. "He does not only want to direct our lives, but to control it." Ons wil net soms uit die kar klim of die stuurwiel gryp as Hy bestuur en opnuut ons eie koers en rigting bepaal. Die oorwinning oor ons sondige natuur gebeur slegs deur die Gees, dit wil sê onder die krag en leiding van die Heilige Gees. Maar saam daarmee lees ons, word ons menslike verantwoordelikheid om aan die Gees gehoorsaam te wees ook nie verswyg nie. Kyk vers 14: Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Ons moet ons ook gedurig oorgee aan die leiding en beheer van die Heilige Gees. Ons laat ons ook deur die Gees van God lei- ons is nie willose poppe aan toutjies nie. Ons wil en besluite en instemming word ingeskakel by die werk van die Heilige Gees in ons lewens. Dit is dieselfde gedagte wat ons kry by Paulus in Filippense 2:13: "Julle moet julle met ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaan maak om Sy Wil uit te voer!" 2. Die werk van die Heilige Gees verklaar die einde van my vrees en slawerny: Iemand skryf dat om te leef onder die slawerny van jou sondige natuur en die mag van jou eie-ek met hom vrees en angs saam dra. Hierdie angs is angs oor die ewige oordeel van God- netnou is Hy werklik en sal oor my lewe oordeel soos die Bybel ons leer. En as jy God sien as die Een wat oor jou gaan oordeel, dan sien jy Hom dikwels as hierdie tiran wat jy moet vrees. Dan is daar in wese vyandskap tussen jou en God. Ons dink soms ons sal aan Hom oorgee later in ons lewe- ons sal solank die bestuurdersitplek van ons lewe warm hou totdat ons dit eendag aan

Hom oorgee. Maar ons loop met die dowwe angs wat aan ons knaag dat ons dit nog eendag moet doen. Miskien is daardie angs wat jy dra as jy self in beheer is van van jou lewe dat daar vir jou geen hoop verder as vandag is nie. Want jy weet hier diep binne jy het geen ewige ankers nie. Miskien is daardie wanhoop in jou hart dat as jy vanaand in jou bed klim, jy uiteindelik alleen is. Dat jou enigste nietige ankertjie jou eie wil en krag is. Want jy ken nog nie vir God as Vader nie. Om onder die beheer van jou sondige natuur of jou eie-ek te staan, kan beskryf word as een of ander vorm van slawerny. As jy self die baas van jou lewe is en die sonde roep, kan jy gewoonlik net ja terugskree. Die dilemma van die ons menslike bestaan is juis dat die mag van sonde sterker as ons eie wil en krag is. Net die krag van die Heilige Gees kan ons die krag gee om teen hierdie mag op te staan en dit te oorwin. Agter hierdie beeld van vrees en slawerny is die beeld van die Romeinse huisheer wat slawe en kinders in hul huishoudings gehad het. Die slawe het bitter min tot geen regte gehad nie. Die huisheer of baas het absolute gesag oor jou gehad. Hy kon met jou maak soos wat hy wil en jy was totaal uitgelewer aan sy grille en giere. As hy jou onregverdig gestraf het, het hy daarmee weggekom, want hy het al die mag gehad en jy geen. As die huisheer of die baas aangekom het, het die slawe gebewe. 3. Die laaste gedagte is dat die werk van die Heilige Gees ons verseker dat ons nou as God se wettige kinders aangeneem word: Dit is tog logies dat God slegs een eie kind het- Sy eie Seun. Maar deur die Seun se offer vir ons word ek en jy ook tot God se wettige kinders aangeneem. Agter Paulus se beeld van ek en jy wat as God se wettige kinders aangeneem word, is die Romeinse wetlike proses van die aanneming van kinders. Die volgende was waar van iemand wat binne die Romeinse reg wettig aangeneem is. Die persoon wat aangeneem is, het al die regte van sy ou familie verloor, maar het al die regte van sy nuwe familie gekry as wettige seun van daardie nuwe familie. Dit het

beteken dat hierdie aangenome seun reg het op sy nuwe pa se eiendom en nalatenskap. Sy regte was dieselfde as sy nuwe pa se eie biologiese kinders. Wat die eie kinders gekry het, het hy gekry. Volgens die Romeinse wet is al die skuld en oortredings wat die aangenome seun tot op daardie stadium opgestapel het, wetlik afgeskryf. Die aangenome seun is beskou as nuwe mens wat 'n nuwe lewe begin en sy verlede het daarmee niks te make nie en kan nie meer teen hom gehou word nie. Ek praat hier net van die aangenome seun omdat net seuns wettig aangeneem kon word. Mense, dit is wat die Heilige Gees in ons harte kom bevestig en bevestig en bevestig. Jy is vrygemaak deur die Here Jesus se bloed, jy word nou aangeneem as God se kind, ook al is jy anders as my die Romeine dogter of vrou. Jy kan nou jou slawegesindheid laat los en die kindgesindheid van God se kind aanneem. Jou verlede is begrawe by Jesus se kruis en jy het deur die krag van die Gees opgestaan tot hierdie nuwe lewe waar jou verlede nie meer teen jou tel by God nie. Alles wat aan Jesus die ware biologiese Seun van die huishouding behoort, behoort nou ook aan jou en my! Ek en jy kan God nou Abba noem- dit was die Aramese woord waarmee die jong Joodse kind sy pa aangespreek het. Dit was die woord waarmee Jesus sy eie Vader aangespreek het in die tuin van Getsemane in Markus 14:36: "Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van my af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil." Die hartseer werklikheid wat ons moet besef, is dat dit nie net mense is wat die Here glad nie ken nie wat hierdie Vaderskap van God en die kindskap van Hom misloop nie. Ons kan ook as Christen nog nie vir God in die volle sin daarvan as Vader ken nie. Ons kan in die Vaderhuis kinders van die Vader wees en nog steeds met slaweharte rondloop. Dit beteken jou godsdiens is vir jou 'n plig en nie 'n voorreg nie, 'n moet en nie 'n mag nie, 'n saak van vrees en nie van blydskap en liefde nie. Jy gee byvoorbeeld jou dankoffer of dien op die kerkraad omdat jy bang is God weerhou Sy seën of guns van jou en nie omdat dit 'n voorreg is nie. Dit is soos die oudste seun in die gelykenis van die verlore seun. Hy is by sy pa in die huis, maar geniet nog steeds nie die voorreg van kindwees nie. Hy voel veronreg. Hy dra nog steeds die hart van 'n slaaf of kneg in hom rond. Ek werk al so lank vir pa is hoe hy sy verhouding met sy pa beskryf.

Slot: Ek en jy was eens geestelik dood, ons het in vyanskap met God geleef omdat ons ver van Hom geleef het en Sy oordeel oor ons gevrees het. Maar die Gees van God wat vir Jesus Christus uit die dood opgewek het, leef binne in jou en my en het soos Hy Jesus vir lewendig gemaak het, ons ook geestelik lewendig gemaak. Die oue is verby. Die nuwe het gekom. Dit is alles die werk van God. Gees-lewe is nou ook my lewe. Amen.