# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Empathy Ouerhandleiding

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Petrus en die Krag van Gebed

Josua - van jongs af n leier

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

INNIBOS 2018 TIPE STAANPLEK / CAMPING SITE : KARAVAAN / CARAVAN : TENT : KINDERS ONDER 1 JAAR / CHILDREN 1 YEAR AND YOUNGER :

Die Kerk Kry Moeilikheid

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Profetiese woord vir 2017 en verder

Seisoen van die Gees

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

God se Woord. God se Wil

ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Die Anglo-Boereoorlog *

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Besprekingsvrae vir selgroepe

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

Daar is konflik in die gemeente

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

DIE AA NDBOODSKA PPER

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

INHOUD. Speel is die hoogste vorm van navorsing

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Transcription:

# I M A G I N E E X P E R I E N C E 2 0 1 8 - A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Dit word aangebied by Mentors Kraal Jeffreysbaai. Dit is van Vrydag 6 Sondag 8 April 2018. Dit kos R 470-00 vir tieners en R 470-00 vir vrywilligers en groepleiers (sluit etes in) Daar is weer vanjaar gelyklopend 3 ander feeste in die Bothaville (Vrystaat), Wes Kaap, Limpopo (Bela-Bela). Hoe laat begin en maak ons klaar? Die registrasie begin Vrydag vanaf 08:00, en die program skop af om 16:00. Die laaste aktiwiteit wat Sondag 8 April plaasvind eindig om 12:00. Wie reël dit? Die #imagine brand het ontstaan vanuit die NG Kerk Familie en die NG Kerk dra ook die risiko. Dit is egter nie uitsluitlik die een denominasie nie. Daar is van die begin af verskeie ander denominasies formeel geaffilieer aan die brand en hulle is ook deel van die reëlings komitees van die feeste. Daar het meer as 40 denominasies die feeste of experiences in 2017 bygewoon. Hoe werk die verblyf en veiligheid? Almal slaap in tente wat hulle self moet saambring. Probeer saam met jou gemeente of skool n plan maak om tente te organiseer. Jy kan n 2-man tent of groter tente bring. L.W. Seuns en meisies slaap apart daarom kan n gemeente / skool nie net een groot tent bring nie. Jy moet n leier hê vir elke tien kinders van elke geslag (of deel van tien). M.a.w. as jy 16 meisies inskryf en 8 ouens, moet jy twee vroue groepleiers hê en 1 man. Ter wille van die slaap-reëlings (ouens en meisies slaap in aparte tentdorpe) moet daar genoeg leiers van elke geslag wees. Die tieners en leiers moet hul eie tente bring en onder

mekaar deel. Groepleiers slaap in die meisie en seuns tentdorpe. Indien jy n getroud is en n tent wil deel met jou eggenote, sal jy nie in die meisie / seuns tentedorpe kan slaap nie. Jy sal dan ander leiers moet saambring om in jou plek as toesig vir jou groep op te tree en by hulle tent op te slaan. Jy sal egter steeds bedags jou groep se gesprekke kan fasiliteer. LW Boeties en sussies sal ongelukkig nie 'n tent kan deel - vriende van dieselfde geslag kan saam 'n tent deel. Almal word ingedeel om in areas te slaap. Jy sal begelei word deur n span mense wat vir jou julle area sal uitwys en wat ook, indien jou tent swaar is, dit op n voertuig sal vervoer. Daar sal ook vrywilligers wees wat vir jou n hand sal gee met die tentopslaan. Geen persoon wat nie geregistreer is nie, sal toegelaat word op die feesterrein nie. Niemand mag op die feesterrein ry om die tieners en leiers se tent te gaan aflaai nie- daar sal bakkies wees wat dit vir jou doen. Indien jy n karavaan of kamp-sleepwa het, sal jy toegelaat word om dit na binne te sleep en op te slaan maar jy mag gevra word om dit eers later die Vrydag te doen as die ergste druk van registrasie verby is. Ouers mag ook nie ingaan om te help tent opslaan nie, daarvoor is daar n hulp-span. Almal wat die terrein betree moet deur sekuriteit gaan en hulle moet geregistreer wees met al hulle informasie en vrywarings vorms op die sisteem. Dit verseker die veiligheid van almal. Indien jy nie n tent het nie moet jy asseblief saam met jou kerk of skool werk om tente te leen. Indien jy glad nie regkom nie, kan jy dit asb. kommunikeer aan ec@imaginemovent.co.za sodat ons kan kyk of ons n plan kan maak. In die verlede was daar n reuse stoor beskikbaar wat ons ingerig het vir slaapkwartiere. Ons wil egter vanaf hierdie jaar 2018 vra dat ALMAL in tente in die tentdorpe ( villages ) slaap. Is daar toegang tot elektrisiteit? Ongelukkig agv veiligheidsmaatreëls waaraan ons moet voldoen, kan ons nie verlengingskoorde of elektriese toebehore toelaat in die tentedorp nie. Alle elektriese bokse sal gesluit wees en slegs stalletjies sal toegang hê tot elektrisiteit. Bring dus jou eie flits of lampie wat met batterye werk vir jou tent. Hoe moet ek dan my telefoon herlaai? Daar sal charging stasies wees waar jy teen n minimale koste jou foon kan herlaai. Is daar helpers (leiers)? Soos reeds gesê, werk ons op 'n 10:1 stelsel m.a.w. vir elke 10 tieners (of minder) van n geslag wat inskryf moet daar 1 verantwoordelike groepleier wees van dieselfde geslag ook ingeskryf wees. En as daardie 10 uit beide geslagte bestaan versoek ons 'n vroue en mans leier vir slaaptyd. Tieners slaap in tente dorpe - daar sal 'n meisie dorp wees en 'n seuns dorp - geen seun sal toegelaat word in die meisies dorp nie en andersom. As julle nie groepleiers het stel ons asb. net in kennis by ec@imaginemovent.co.za en dan probeer ons om een te vind. Jy sal egter nie tieners sonder volwasse toesig kan stuur nie. Ek wil nie n groepleier wees nie maar ek wil steeds kom kamp? (vrywilligers) Ons het baie vrywilligers nodig! Ons het mense nodig wat kan help met kos uitdeel, sekuriteit, terrein netheid, dissipline van tieners, kinders help wat navrae het, stort tye koördineer, hulp verleen tydens fees, ens. Daar is n koördineerder wat jou gaan inspan en seker maak dat jy weet wat om te doen. Jy moet ook jou eie tent bring. Stuur n epos na Nardus Greyling, die koördineerder, by nardusgreyling@gmail.com as jy bereid is om te kom diens doen en meer wil weet van die verskeie spanne. Hy sal al die inligting vir jou hieroor deurgee. Wanneer jy registreer (met groepinskrywings sowel as by itickets) moet jy aandui of jy kom as vrywillger (volunteer) of as volwassene (attending adult). Eersgenoemde is vir persone wat graag wil help agter die skerms met kos in

skep, registrasie, toesig en ander take. As vrywilliger / volunteer sal jy in skofte werk en dus nie die hele tyd aan diens wees nie. Laasgenoemde attending adult is vir volwassenes wat nie groepleiers is nie, maar die hele tyd in die saal is of ander vaste verantwoordelikhede het soos beraders, bidders, mentors, ensovoorts. Wie is verantwoordelik vir leiers? Alle leiers, vrywilligers en attending adults mag slegs #imagine bywoon met die goedkeuring en aanbeveling van sy/haar gemeente predikant/pastoor. Gemeentes neem verantwoordelikheid vir die keuring en toerusting van ALLE volwassenes. #imagine beveel aan dat gemeentes sorg dat alle volwassenes ook klaring kry in terme van die NRSO lys (National Register for Sexual Offenders). Tydens die naweek is daar n span vrywilligers wat die fees organiseer. Vir elke groep is daar verantwoordelike koördineerders. Groepleiers sal ingedeel word by mentors, en elke groep vrywilligers het ook n spanleier. Groepleiers, volunteers en attending adults moet asseblief sorg dat hulle vooraf die nodige opleidingsboekie lees en videogrepe kyk wat aan hulle gestuur sal word. Daar is ook Vrydag sowel as deur die loop van die naweek verpligte toerustingsgeleenthede vir alle volwassenes. Daar word tydens dit belangrike inligting en reëlings deurgegee moet dit asseblief nie misloop nie. Alle volwassenes moet kennis neem van alle reëls en reëlings van die naweek en ten alle tye daarby hou om sodoende n voorbeeld te stel. Wat staan in die volwasse verklaring? Ek ID no verklaar hiermee dat ek nie verbied is volgens die Suid-Afrikaanse kinderwet om met kinders jonger as 18 jaar te werk nie. Ek verklaar dat my naam nie verskyn op die NRSO (National Register for Sexual Offenders) nie. Tydens die #imagine experience sal ek gesprekke met tieners slegs voer in goed beligte, publieke areas, sover as moontlik een-tot-een sessies met die teenoorgestelde geslag vermy en ernstige gevalle verwys na die beraders en maatskaplike werkers. Ek sal fisiese kontak met tieners vermy en op geen stadium alleen saam met 'n tiener in 'n private ruimte wees nie. Ek besef dat ek in risiko van vervolging is as ek my in situasies begewe wat na seksuele toenadering tot 'n kind kan lyk. Ek sal nie die #imagine experience gebruik om tieners te werf vir my eie kerk of aksies nie. Ek verstaan dat daar verskeie denominasies teenwoordig sal wees met verskillende teologiese aksente. Ek sal gesprekke met dogmatiese temas vermy en nie my standpunte daaroor aan tieners voorhou nie. Dit sluit in (maar is nie beperk nie, tot) doop, doping met die Heilige Gees, gawes van die Gees, duiweluitdrywing, die vrou in kerklike ampte en hoe ons seksuele oriëntasie benader. Verder besef ek dat die #imagine personeel of vrywilligers nie aanspreeklik gehou kan word vir enige beskadiging/verlies van eiendom, beserings, siekte of ongeval van enige aard nie. Ek verleen ook toestemming dat foto s en video materiaal waarop ek verskyn gebruik kan word vir bemarkingsdoeleindes.

Wie moet die volwasse verklaring onderteken? Elke volwassene (organiseerders, groepleiers, vrywilligers/volunteers asook ander volwassenes/attending adults) wat die naweek bywoon SOWEL as elkeen se gemeente predikant / pastoor. L.g. dui aan dat die volwassene deur die gemeente uitgekies, aanbeveel en toegrus is om te dien by die #imagine fees. Hoekom is kaartjie koste meer as verlede jaar? Ons kostes sluit in die klank, verhoog, toilet en stort geriewe en alle etes en al die dinge raak elke jaar duurder. Die werklike koste van die fees is steeds meer as die inskrywingsfooie en ons is afhanklik van borge en donasies om die belewenis moontlik te maak. Indien daar tieners is wat finansiële hulp benodig, kan hulle ec@imaginemovement.co.za kontak. Kontak ons ook asseblief as jy of iemand waarvan jy weet kan help met donasies, produkte of die borg van tieners. Hoekom moet leiers die volle bedrag betaal? Ongelukkig het ons nie onbeperkte fondse om #imagine aan te bied nie. Ons werklike kostes is meer as die inskrywingsfooie en ons is afhanklik van borge en donasies om die belewenis moontlik te maak. Alle groepleiers, vrywilligers, en volwassenes (insluitend die organiseerders) moet n kaartjie koop om die geleentheid by te woon. Indien daar leiers is wat finansiële hulp benodig, kan hulle ec@imaginemovement.co.za kontak. Het ons eetgerei nodig? Nee, alle kos word so verpak dat dit met die hand geëet kan word of n vurk/ lepel sal voorsien word. Bring egter n waterbottel. Wat is die ouderdom tieners wat kan gaan? Die ouderdom van tieners wat kan gaan, is van Gr7 tot Gr12. n Kind wat nog 12 jaar oud is maar reeds in Graad 7 is of reeds 19 jaar oud is maar nog in Graad 12 is, mag ook die fees bywoon (as tieners). Indien n kind 12 jaar oud is of in graad 7, moet die ouer en of geestelike leier seker wees dat die kind wel emosioneel volwasse genoeg is om tussen duisende hoërskool kinders haarself of homself te handhaaf. Is daar ablusieblokke? Ja. Die toilette is die standaard portable toilets asook n paar geboude toilette. Daar is ingeboude storte, maar daar word ook ingehuur. Water voorsiening bly n probleem en die verstopping van die pype is n realiteit aangesien tieners allerlei voorwerpe afspoel. Help ons van die begin af om die situasie te voorkom deur julle tieners attent te maak op n korter stort tyd en netheid in die geriewe. Jy is welkom om n swembroek in te pak indien dit jou gemakliker sal maak om daarin te stort. Slaap leiers tussen die kinders? Ja, die groepleiers slaap tussen die kinders om hul veiligheid te verseker (1 vroueleier vir elke 10 of minder meisies in n groep en 1 mansleier vir elke 10 of minder seuns in n groep). Elke groep se leier MOET by hul groep tent opslaan in dieselfde tentedorp village. Dit is elke groepleier se verantwoordelikheid (en nie die organiseerders nie) om vir sy/haar groep se welstand te sorg gedurende die HELE naweek. Leiers is verantwoordelik vir hulle eie groep se dissipline en moet seker maak dat tieners saans betyds in die bed kom en dat tieners van verskillende geslagte nie mekaar se tentedorp ingaan nie.

Indien die groepleier vir een of ander rede nie by sy/haar groep kan slaap nie, moet die groep n ander leier saambring vir hierdie doeleinde. Sekuriteit van die hele feesterrein word egter deur n maatskappy hanteer wat die area 24uur patroleer. Hoe lyk die naweek program? n Gedetailleerde program word nie voorsien nie. Ons wil hê dat tieners die verloop van die program sal beleef, eerder as vooropgestelde idees hê van wat hulle dink gaan gebeur. Maar hier is n raamwerk: Vrydagmiddag 16:00: Afskop met fun time, tema bekendstelling, lofprysing, groepindeling en groepkenmekaar Vrydagaand: lof en aanbidding, sprekers, kleingroep gesprekke en gebedstyd ( encounter stations ) Saterdagoggend: lof en aanbidding, spreker en kleingroep gesprekke Saterdag laat oggend en middag: Keuse werkswinkels en vrye tyd Saterdagaand: Lof en aanbidding, spreker, kleingroep gesprekke en gebedstyd ( encoubter stations ) Sondagoggend: Lof en aanbidding, spreker, kleingroep gesprekke Sondag laat-oggend tot 14:00: Aflsuitng met sprekers, getuienisse, en lof en aanbidding Wie is die sprekers of groepe wat optree? Die sprekers en band is doelbewus nie bekende mense nie. Dit is hoofsaaklik jongmense( onder 30) wat die tieners mee kan identifiseer en self so gemotiveer word om iets te doen. Die sprekers is sovêr moontlik divers en word gekies om oor n onderwerp te praat of getuig waaroor hulle kennis of ervaring het. Hoe werk vervoer en vervoerkostes Dit is die verantwoordelikheid van die groepleiers/gemeentes/streke om vervoer te reël en die kostes te dek. Die R470-00 inskrywingsfooi vir die tieners en R470-00 inskrywingsfooi vir groepleiers en vrywilligers sluit alles in by die kamp (terrein, kos, sprekers, aktiwiteite, ens.) maar nie die vervoer daarheen nie. Ouers of groepleiers wat met eie vervoer kom, en busse wat vir die naweek by die terrein bly, sal hulle motors/busse op n veilige plek langs die feesterrein kan parkeer vir die naweek. Dis egter n area spesifiek daarvoor uitgesit en is nie tussen die tente of uitstallers nie. Daar is streng toegang beheer. Wat doen ek met my busbestuurder? Alle busbestuurders moet by hul eie busse slaap (indien hul nie ook as groepleiers vanaf n gemeente/skool kom nie.) Indien busbestuurders kos wil hê die naweek moet hy/sy daarvoor bespreek en R300 betaal. Alle besprekings vir busbestuurders moet by ec@imaginemovent.co.za gedoen word. Daarna sal die busbestuurder n epos ontvang met die bankbesonderhede waarin die geld gedeponeer word met n verwysingsnommer. Eers daarna sal die bespreking bekragtig word. Alle kos sal ook deur vrywilligers aan die busbestuurders buitentoe geneem word. Daar is toiletgeriewe vir die busbestuurders en hulle sal spesifieke tye kry waarop hulle kan gaan stort. Dit sal tye wees wat die tieners besig is met sessies. Geen busbestuurder sal by sessie toegelaat word nie. Indien busbestuurders wel deel van die sessies wil wees moet hy/sy die normale besprekings pad volg en R 470-00 betaal en registreer as n vrywilliger / groepleier en deel wees van n gemeente of skool groep. Dit alles gaan oor die sekuriteit van die tieners wat in ons sorg toevertrou word.

Wat is die taalbeleid? Die taalbeleid is om inklusief te wees. Van die sprekers word verwag om so veel as moontlik ook die tale van die mense teenwoordig te praat. Elke fees besluit self watter taalbeleid die mees inklusief sal wees volgens die inskrywings wat ontvang word. Niemand moet egter uitgesluit voel nie. Kan ek iemand borg? Ja, verseker! Jy kan dit doen deur n e-pos te stuur aan ec@imaginemovement.co.za of jy kan dit doen deur aanlyn te gaan na www.itickets.co.za en die blokkie onder te kies sponsor jy kan self hier 'n bedrag invul wat jy graag sal wil borg of 'n ander manier is snapscan imagine het hulle eie QR kode wat jou dus toelaat om skenking te maak sonder dat jy enige bankfooie betaal. Hoe kan ek inskryf? Inskrywings word gedoen deur n excel spreadsheet wat jy kan kry op die webwerf of deur een aan te vra by ec@imaginemovement.co.za. n Ander opsie is om deur itickets n kaartjie te koop by www.itickets.co.za. Indien jy deur itickets koop, is daar n 24uur betaaltydperk waarin betaling kan geskied. Op itickets is daar n vrywaringsvorm wat afgelaai en uitgedruk moet word en SAAM met die iticket kaartjie by die hek ingehandig moet word. LW geen tiener mag op die feesterein toegelaat word sonder sy/haar vrywaringvorm. Dis n voorwaarde van die munisipaliteit en ons lisensie vereistes. Hierdie jaar is daar ook vrywaringsvorm vir alle volwassenes en GEEN VOLWASSENE sal toeglaat word sonder n volwasse vrywarings en verklaring wat onderteken is deur hulself sowel as die plaaslike predikant/pastoor. Hoe kan ek n groep inskryf? Julle kan as n groep by die feeskantoor bespreek. Geen groepbesprekings word meer deur itickets behartig nie. Kontak ec@imaginemovement.co.za vir groepbesprekings. Die proses werk as volg: 1. Kontak ec@imaginemovement.co.za vir al die nodige inskrywingsvorms, excel sheet, ander vorms en inligting. 2. Jy deel die inskrywingsvorms uit aan al die tieners en leiers/vrywilligers. 3. Hul bring die voltooide vorms en gelde na die kerkkantoor of skool (soos jy met hulle gereël het). 4. Jy gebruik die excel spreadsheet (wat jy by die feeskantoor kry) om al die gegewens op een vorm voltooi. Jy stuur die voltooide vorm, asook die getalle vorm terug. Vra vir n faktuur en verwysingsnommer en maak daarna n EFT na die volgende rekening: Rekening naam: #Imagine Eastern Cape Bank: FNB Rekening nr: 62720535121 Takkode: 211417 Verwysing: Daar sal vir jou n unieke verysingsnommer gestuur word saam met die faktuur. 5. Stuur daarna die bewys van betaling aan ec@imaginemovement.co.za 6. Jy mag later die groep vergroot deur n volgende excel lys te stuur en die proses te herhaal. 7. Elke kind en volwassene moet steeds n inskrywingsvorm (met vrywaring) saam bring hek toe. Onthou dus steeds die vorms! Elkeen sal daar n unieke kode ontvang wat op sy/haar armbandjie aangebring sal word.

LW geen tiener mag op die feesterein toegelaat word sonder sy/haar vrywarringvorm. Dis n voorwaarde van die munisipaliteit en ons lisensie vereistes. En geen volwasse sal toeglaat word sonder n volwasse verklaring wat onderteken is deur hulself sowel as die plaaslike predikant/pastoor. Is daar finansiële hulp? Aansoek om finansiële hulp kan aan ec@imaginemovement.co.za gerig word. Waarop sit ons voor die stage? Die oppervlakte is die vloer van n saal en is onder dak. Jy kan dus gemaklik op die grond sit. As jy dus n kombers of kussing wil bring om op te sit, sal dit goed wees. L.W. geen stoele (ook nie kampstoele nie) kan in die area reg voor die verhoog toegelaat word nie. Dit belemmer die uitsig van die mense agter jou. As jy op n stoel wil sit, sit asseblief agter. Mag ons kampstoele bring? Ja, maar as jy daarmee na die verhoog area kom moet jy aan die kant of agter sit en seker maak niemand is agter jou nie. As jy dus n groepleier is wat by jou kinders gaan sit, gaan dit moeilik wees. Wie is my hubleier / streekleier? Om uit te vind wie jou hubleier / streekleier is stuur n e-pos aan ec@imaginemovement.co.za. Hoe word ek ingedeel in n kleingroepie? Die veronderstelling is dat die meeste tieners reeds in groepe is omdat hulle met hul eie leiers gekom het. Sorg dat elkeen van jou gemeente of skool vooraf weet wie hul groepleier is en wie saam met hulle in die groep is. Diegene wat nie leiers het nie, sal Vrydagaand in groepe verdeel word en vrywillige leiers (wat sonder groepe gekom het) sal aan hulle toegedeel word. #Imagine kan nie die verantwoordelikheid neem vir groepleiers se teologie of vermoëns nie. Daarom sal dit eerste prys wees as elke gemeente / skool self hulle leiers werf en toerus vir die naweek. LW alle tieners wat kom moet in elkgeval volwassenes hê wat vir hulle verantwoordelikheid neem. Hoe vind ek my kleingroepie? Spreek op n plek af waar julle as groep mekaar sal kry voor elke sessie en beweeg dan saam in. Doen dit sodra julle gearriveer het, sodat julle nie mekaar verloor tydens die eerste groot groep byeenkoms nie. Ons moedig ook groepleiers aan om te dink aan groep identifikasie net dat julle mekaar maklik kan kry tussen al die ander tieners kan eenvoudig 'n kopband of lint van dieselfde kleur wees. Groepe wat eers Vrydagmiddag gevorm word, sal ook dadelik aangemoedig word om n plek af te spreek om mekaar te vind vir kleingroeptyd. Onthou dat elke groepleier ook verantwoordelik is om sy/haar groeplede se selfoon nommers te hê en gedurig met hulle in kontak te wees en BY HULLE TENT OP TE SLAAN! Moet ek ekstra geld bring en hoeveel? Daar sal verskeie items te koop wees. #imagine T-shirts, cd s, pette, en ander items met die #imagine handelsmerk op. Daar sal ook addisionele kos, koffie, snoepie items, boeke ens. te koop wees. Bring dus soveel saam as wat jy beplan om te spandeer. Maar hou dit asseblief veilig by jou of sluit jou tent en tas.

Wat maak ek as ek allergies/ intolerant is vir sekere kosse? Aangesien dit so n groot aantal mense is, kan geen allergieë en intoleransie akkommodeer word ten opsigte van etes nie. Jy sal ongelukkig self voorsiening moet maak. Neem in gedagte dat daar wel kosstalletjies op die terein sal wees. Is daar nooddienste op die terrein? Ja, daar is n ambulans en nooddienste teenwoordig op die terrein. n Dokter is op roep en die hospitaal en polisiedienste staan gereed indien daar enige noodsituasies opduik. Elke tiener en volwassene is egter verantwoordelik om sy/haar eie persoonlike medikasie saam te bring na die naweek. Elke leier moet vooraf kennis neem van enige mediese kondisie van sy/haar groeplede. Benodighede wat moet ek saambring? Klere Tent (of deel met vriende) #imagine voorsien geen tente. Matras en grondseil Slaapsak en Kussing Waterbottel Sonhoed en sonbrandmiddel Muskietweerder Reënbaadjie Flits en/of lamp wat met batterye werk (LW daar is geen kragpunt by die tentedorpe nie) Sakgeld Gemaklike klere en skoene (Moenie jou heel beste klere bring nie. Ons kamp! Bring egter klere vir warm en koud. Enigiets is in April moontlik.) Kussing/kombers om op te sit of n Kampstoel -indien nodig Persoonlike Medikasie BAIE BELANGRIK Toiletware en benodighede (Bio-afbreekbare produkte sal verkies word maar nie verpligtend ) Bring toilet papier vir eie gebruik bv 1 rol Swemklere vir storttyd Handdoek Bybel (of laai die youversion Bible app op jou foon af) Notaboek en penne vir jou groep (indien jy n leier is) Selfoon en Selfoonherlaaier Klein rugsak om bedags jou persoonlike benodighede saam te dra Wat is die reëls tydens die #imagine naweek? Niemand onder die ouderdom van 18 jaar oud sal op die perseel toegelaat word sonder 'n GETEKENDE VRYWARINGSVORM GEEN persoon sal toegelaat word om die perseel te verlaat totdat die byeenkoms klaar is nie tensy vooraf gereël met #imagine admin kantoor. GEEN alkohol of bedwelmende middels op die perseel toegelaat GEEN vuurwapens of gevaarlike wapens op die perseel toegelaat GEEN diefstal nie en respekteer die terrein asook al die toerusting

GEEN tiener / volwassene sonder toestemming op die verhoog of by die klanktoerusting of backstage in die kantore nie GEEN onvanpaste / onsedelike selfoon fotos of videos mag geneem of gewys of saamgebring word nie GEEN SEUNS TOEGELAAT by dogters tentkamp GEEN meisies toegelaat by seuns tentkamp GEEN verlengingskoorde/elektrisiese toebehore in tieners kamparea. Organiseerders behou die reg voor om enige van die verbode items hierbo genoem uit die tieners se besit te verwyder asook die polisie te kontak indien nodig. GEEN oop vlamme word op die perseel toegelaat GEEN persoon mag in n ander persoon se tent ingaan nie. Kuier rondom / in die saal in die oop publieke ruimtes. GEEN afparing toegelaat in afgeleë of donker areas van die terrein nie. GEEN boelie gedrag, haatspraak of disrespekvolle gedrag sal tussen tieners geduld word nie. Luister na die organiseerders sowel as die groepleiers ten alle tye. Groepleiers is ten alle tye verantwoordelik vir hulle groepe se dissipline en welstand. Meld alle ongevalle of nood situasies onmiddelik aan. Meld alle persone aan wat die reëls oortree of gevaarlike / onvanpaste gedrag toon. Niemand mag deel van die program mis nie, tensy hy/sy siek is en dit aangemeld het by sy/haar leier sowel as by die siekeboeg. Gehoorsaam alle ligte uit reëlings en respekteer ander feesgangers se privaatheid en slaaptyd. #imagine se organiseerders hou die reg voor om ouers / voogde te vra om onmiddelik hulle tiener te kom haal indien hul die reëls breek of nie wil saamwerk nie. Gemeentes / skole / groepe moet seker maak dat alle volwassenes en tieners bewus is van die reëls vir die naweek en daarby ingekoop is om dit n aangename en opbouende naweek vir almal te maak! Waar kan ek meer info kry oor die beweging? Gaan besoek gerus: Webwerf: www.imaginemovement.co.za Facebook: www.facebook.com/imaginemove Twitter: www.twitter.com/imagine_movesa Instagram: imagine.movement Email: info@imaginemovement.co.za of spesifiek vir die Oos-Kaap: ec@imaginemovement.co.za. Whatapp: +2779 991 7847 stuur n whatsapp boodskap na hierdie nommer om inligting te ontvang of vrae te vra. Onthou om die nommer in jou contacts te save anders gaan jy nie die broadcast boodskappe ontvang nie. ons gebruik ook hierdie vorm van kommunikasie gedurende die naweek met leiers. Hoe lyk die terrein? Mentorskraal is n groot terrein wat gewoonlik gebruik word vir troues/konferensies. Daar is n groot saal (onder dak) wat gebruik word vir die groepsessies/aanbiedings en sang. Die terrein buite is onder gras/veld en is te hard om sonder beskerming op te slaap. Bring n hammer om jou tentpenne in te slaan - dit kan ook winderig raak!

Alles is omhein met veiligheidsdraad en daar is goeie beligting. Bring egter jou eie flits of lamp vir jou tent wat met batterye werk. Hoe gaan die aankoms en registrasie werk? Dieselfde area as verlede jaar gaan gebruik word. Maak asb seker dat jy opdaag met jou getekende vrywaringsvorm. Onthou ook jou uitgedrukte kaartjie as jy by itickets jou kaartjie gekoop het. Registrasie open Vrydag 6 April om 08:00, en die program begin om 16:00. Sorg dat jy betyds aankom en registreer sodat jy genoeg tyd het om jou tentedorp te vind en jou tent op te slaan. Wat gebeur as ek nie betyds kan kom nie of die Saterdag iets anders aan het? Alle persone wat spesiale reëlings vir aankoms en vertrek moet tref moet dit asseblief VOORAF kommunikeer met ec@imaginemovent.co.za L.W. geen persoon sal sonder goeie rede die terrein mag verlaat sonder vooraf goedkeuring nie. Ons kamp baie naby aan n dorp en ons gaan streng maatreëls instel om kinders binne te hou. Ons het nie vrywaring vir hulle as hulle die naweek buite die terrein beweeg nie en sal daarom nie toegelaat word om dorp toe te gaan nie. Indien jou kind om een of ander rede die terrein moet verlaat, tref asseblief vooraf reëlings daarvoor. Dagbesoekers Ons verkies dat almal vir die hele naweek op die terein sal wees en deel is van die hele program. Persone wat as dagbesoekers wil deurkom moet asb n versoek vooraf rig aan ec@imaginemovent.co.za. n Bedrag van R50 vir Vrydag en Sondag en R100 vir Saterdag is betaalbaar. Dagbesoekers mag ongelukkig nie saam eet nie en sal vir hul eie etes verantwoordelik wees. Hulle sal egter kos by die stalletjies kan koop. Wat is die bankbesonderhede van #imagine Oos? Rekening naam: #Imagine Eastern Cape Bank: FNB Rekening nr: 62720535121 Takkode: 211417 Verwysing: Daar sal vir jou n unieke verysingsnommer gestuur word saam met die faktuur. Stuur gerus enige ander vrae navrae ec@imaginemovement.co.za of info@imaginemovement.co.za www.imaginemovement.co.za / info@imaginemovement.co.za