Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Petrus en die Krag van Gebed

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Profetiese woord vir 2017 en verder

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Seisoen van die Gees

Verwerking van die Sake van Jou Hart

God se Woord. God se Wil

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Dawid die Skaapwagter

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

LoveGodGreatly.com 1

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DIE AA NDBOODSKA PPER

Paulus se Verbasende Reise

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Josua - van jongs af n leier

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

BYBELS-GESONDE GESINNE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

GEBED VIR KERKLEIERS

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Pelgrimstog deur die Lewe

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa https://twitter.com/cumuitgewers http://pinterest.com/cumuitgewers http://www.youtube.com/cumuitgewers

Inhoudsopgawe Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November Desember Ander eboeke deur Andries Enslin

Januarie

Seisoene van jou geestelike lewe Daar is n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd: n Tyd om gebore te word en n tyd om te sterf. Prediker 3:1-2 1 Januarie Het jy al daaraan gedink dat jou geestelike lewe sei soene het net soos daar seisoene in die natuur is? Prediker 3 praat oor verskillende tye in n mens se lewe. Net soos daar verskillende fases in jou lewe is waartydens sekere dinge gebeur, is daar ook verskillende fases in jou geestelike lewe. Selfs as jy volwasse is, kan daar nog nuwe fases in jou geloofslewe aanbreek. Ons praat van geestelike sei soe ne, soos n seisoen van voorbereiding, n sei soen van droom of n sei soen van karakterbou. Wanneer jy tot bekering kom, be leef jy n seisoen van voorbereiding waarin jy dinge leer oor God en Hy jou toerus vir n taak. n Sei soen van drome gee vir jou n beeld van hoe God jou kan gebruik om iets tot stand te bring. In n seisoen van rus en seën kan jy die vreugde ervaar van sien hoe die Here iets laat realiseer het. Geestelike seisoene kom en gaan; daarom is dit belangrik om hierdie sei soene te identifiseer en bewustelik daarvolgens op te tree. Put die meeste uit elke seisoen, en groei nader aan God.

Die onvoorspelbaarheid van seisoene Ek sê vir myself: My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom. Klaagliedere 3:24 In die natuur volg seisoene mekaar op volgens n vaste orde, maar in ons geestelike lewe is daar nie n vaste patroon vir die verskillende fases nie. Ons verwag gewoonlik dat daar ná n werkseisoen n seisoen van rus sal wees, maar dit is nie altyd die geval nie. Ons kan dus nie bepaal watter geestelike seisoen ons volgende gaan beleef nie. Jeremia het byna deurgaans n seisoen van baie trane en gebrokenheid beleef. In Jeremia 14:17 sê hy: Dag en nag loop trane uit my oë. Ek kan nie op hou huil nie. Hy het nie ná hierdie hartseer seisoen n seisoen van vreugde beleef nie, maar hy het wel heeltyd naby God geleef. Soms voel dit of daar vir lang tye niks in ons geestelike lewe gebeur nie en ons voel aan dat iets moet verander. Of jy gaan deur n woestyntyd en jy verwag dit moet daarna lente word in jou geestelike lewe, maar dalk breek daarna n tyd aan van harde werk sodat jy jou uit hierdie woestyntyd kan werk. Wees voorbereid daarop sodat verkeerde verwagtings jou nie verhoed om die pad te stap wat die Here oor jou lewe bring nie. 2 Januarie

Stap die pad saam met God Lei ons terug na U toe, Here, sodat ons by U kan uitkom. Klaagliedere 5:21 Geestelike seisoene herhaal hulleself dikwels in ons lewe. Wanneer jy n seisoen van hartseer en gebrokenheid beleef, kan die Here jou later weer deur so n tyd laat gaan. Wanneer so n seisoen herhaal, is dit nie n fout aan God se kant nie. Net so ook wanneer jy n seisoen van vreugde en seën beleef: Dit is nie noodwendig die laaste keer dat jy so iets in jou lewe sal ervaar nie. Elke keer wanneer jy deur n nuwe seisoen gaan, is daar nuwe voorbereidings, nuwe werk, nuwe seën, nuwe antwoorde, nuwe drome. Elke seisoen het ook sy eie vreugdes en pyn. Elke seisoen het sy uitdagings, sy moeilike dinge om deur te werk en elke seisoen het sy seëninge selfs die woestyntye. Dit was in Jesus se woestyntyd dat engele gekom en Hom bedien het. Daar is dus vreugde en seën in die woestyntyd ook. Die belangrike ding is om in elke seisoen in jou geestelike lewe naby aan God te leef en Hom te vra wat Hy deur elke seisoen in jou lewe wil doen. 3 Januarie

Deur Jesus tot alles in staat Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede. Filippense 4:12 Paulus verduidelik aan die gemeente in Filippi dat hy ervaring het van alle soorte lewensituasies. Hy weet wat dit is om swaar te kry, en hy het ook al voorspoed beleef. Hy ken albei kante van die lewe. En wat is sy gevolgtrekking? Dit maak nie saak in watter seisoen van die lewe jy is nie, wanneer jy in Christus bly, kan jy alles hanteer en verwerk. Onthou, die Here beheer die seisoene in jou lewe. Hy laat n seisoen begin en eindig. Jou gehoorsaamheid in daardie tyd is egter van groot belang. Hoe jy die seisoen hanteer en wat jy doen, is die bepalende faktor. Indien die Here n sekere seisoen oor jou lewe bring om jou sekere dinge te leer, sal die seisoen verbygaan sodra jy daardie dinge geleer het. Indien jy hardkoppig bly en lank vat om te leer, kan die seisoen dalk langer duur. Wanneer die Here jou voorberei vir n opdrag, sal die seisoen van voorbereiding tot n einde kom wan neer jy gereed is om die opdrag uit te voer. Die Here se tydsberekening is altyd perfek. 4 Januarie

Ander eboeke deur Andries Enslin Hoor die hartklop van God Hoor die hartklop van God deur bekende prediker Andries Enslin bestaan uit 366 kragtige oordenkings wat jou waarlik sal inspireer. Met dié volkleur-boekie met temas soos God is liefde, diensbaarheid, vreugde en gees telike fiksheid sal lesers daagliks God se nabyheid beleef. Lees die eerste hoofstuk gratis by www.cumuitgewers.co.za

7 ritmes binne 7 dae (saam met Tom Smith) In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae maniere om toegewyde en Geesvervulde volgelinge van Jesus te word deur jou lewensritme te verander. God se hart klop skep n ritme waarby ons moet inval om sy koningskap op aarde uit te brei. Die 7 ritmes in hierdie boek het hulle wortels in die kyknet-program Die Woord. Lees die eerste hoofstuk gratis by www.cumuitgewers.co.za

Word stil voor God (saam met Marius Nel) In Word stil voor God stel Marius Nel en Andries Enslin jou bekend aan die gebedspraktyk wat deur die woestynvaders ontwikkel is, naamlik: lees in die teenwoordigheid van God die Skrif gedeelte, bepeins daaroor sodat jy kan sien wat God vir jou wil wys; reageer in gebed wanneer jy sy stem hoor; en rus in die Here totdat jy weet wat Hy van jou vra. Stap in Word stil voor God in 40 dae saam met die skrywers op hierdie pad van stil-word, en ervaar n dieper, meer vervullende gebedslewe. Lees die eerste hoofstuk gratis by www.cumuitgewers.co.za