REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Empathy Ouerhandleiding

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Seisoen van die Gees

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die plek van jou tent

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die Anglo-Boereoorlog *

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: 11 September GEMEENTES BIED AAN:

Dawid die Skaapwagter

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Josua - van jongs af n leier

God se Woord. God se Wil

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

REDAKSIONEEL NUUS VANUIT DIE SINODE

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

nuus van ons gemeentes

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

NEWS NUUS THE BATTLE AGAINST THE LOW SEASON ACCORDING TO NOKI. Come for the SUN. Toerismeburo OUDTSHOORN Tourism Bureau I Bhodi Yokhenketho

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

LYDENSTYD (3de SONDAG) DIE WET

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

DIE AA NDBOODSKA PPER

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

J A A R V E R S L A G

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Transcription:

Jaargang 16 - Uitgawe 31 12 Oktober 2018 REDAKSIONEEL Welkom by hierdie uitgawe... en by die laaste kwartaal met sy baie dinge! Ons fokus hierdie week op die volgende: Onder Sinodenuus is weer inligting omtrent die Streeksbyeenkomste wat volgende week begin, woon dit gerus waar moontlik by. Gemeentes moet ook asseblief kennis neem van die datums vir volgende jaar se #imagine-geleentheid, bring dit nou reeds onder die jongmense se aandag. By Werkswinkels/Kursusse is daar is daar n paar goeie geleenthede om by te woon, kyk waar julle belangstellingsveld lê. Vir persone wat in leierskap belangstel, kyk onder Gemeentenuus na die sake-ontbyt wat die NG Gemeente Uitsig op 12 Oktober aanbied, met die bekende sakeman Brand Pretorius, afgetrede uitvoerende hoof van McCarthy Bpk. Vir gemeentes/skole/instansies/individue wat altyd wonder hoe hulle n bydrae kan maak om die wêreld skoon te hou van plastiek, lees gerus onder Aktueel/Algemeen by Ekologie, hoe jy op n eenvoudige manier n groot verskil kan maak - dit kan sommer lekker projekte ook word! Mag hierdie kwartaal beter wees as wat jy dink... mag Hy elke tree tot aan die einde van hierdie werksjaar saam met jou stap, om jou te dra wanneer jy nie meer kan nie... tot volgende week. n Gedagte vir die week: Sommer net iets om vir dié week, maar ook vir die res van die jaar te onthou... NUUS UIT DIE SINODE VISIONERING Streeksbyeenkomste 2018: Die Interimkomitee (Moderamen) het op 8 Oktober 2018 vergader en wil almal graag hartlik uitnooi na die komende Streeksbyeenkomste. Die doel van hierdie byeenkomste is, om sáám rondom die Skrif stil te word; om terugvoer te gee oor die visioneringsproses wat tans in die Vrystaat aan die afspeel is; om vir die sinodale bedieninge die geleentheid te gee om te deel op watter wyse hulle die gemeentes/leraars kan ondersteun en van hulp kan wees in julle plaaslike kontekste; en om saam te luister na die wyse waarop God reeds in elke gemeente werksaam is. Die Interimkomitee sien werklik daarna uit na hierdie ontmoetings om vir n paar ure saam stil te word en na mekaar te luister. n Amptelike uitnodigingsbrief met inligting is ook reeds op 3 Oktober 2018 uitgestuur - vir julle gerief, is die datums en venues soos volg: Dinsdag 16 Oktober: Al vier Bloemfontein Ringe, sowel as die Fauresmith- en Smithfield Ringe se gemeentes by NG Universitas-Wes (Rooikerk), in Bloemfontein Woensdag 17 Oktober: Bethlehem- en Sentraal Ringe se gemeentes by NG Bethlehem-Efrata in Bethlehem

Dinsdag 23 Oktober: Bultfontein-, Goudveld-, Valsrivier- en Welkom Ringe se gemeentes by NG Riebeeckstad in Welkom Woensdag 24 Oktober: Harrismith-, Heilbron- en Vaalrivier Ringe se gemeentes by NG Reitz (Moeder) in Reitz NB! Persone wat die byeenkomste wil bywoon, kan gerus by Teologiese Nadenke hieronder, die dokument met die tema, Kan daar iets goeds uit die NG Kerk kom?, deur dr Johan van der Merwe, gaan lees. BEDIENINGSBEGELEIDING Netwerk - JONK Vrystaat JONK Vrystaat se nuutste blog - spesiaal vir gemeentes se Jeugbedieninge: Klik hier vir die blog (4-skappe, Vennootskap - Ouerskap - Mentorskap - Vriendskap), van ds Johan Visser. #imagine 2019 Experiences: Jongmense in ons streek moet asseblief kennis neem van hierdie geleentheid wat vanaf 29 tot 31 Maart 2019 gaan plaasvind! Soos in die verlede, vind dit weer op dieselfde tyd in vier provinsies plaas, naamlik die Wes- en Oos-Kaap, Vrystaat en Limpopo. Gemeentes, lidmate, skole en ouers word versoek om hierdie datums solank op hulle kalenders aan te bring. Hou asseblief hierdie spasie dop, aangesien enige verdere inligting ook in hierdie nuusbrief, asook op die NG Kerk Vrystaat se Facebook-blad bekend gemaak gaan word. BEDIENING: VENNOTE IN GETUIENIS Dr Carin van Schalkwyk, Skriba van die Sinode Vrystaat skryf: Ek het die afgelope twee weke die geleentheid gehad om namens Vennote in Getuienis, klas te kon gee vir teologiese studente by die Justo Mwale Universiteit in Lusaka, Zambië. Wat my van hierdie besoek opgeval het, was die volgende: Ons kan ongelooflik baie by hulle leer oor hóé om werklik kerk in Afrika te wees. Die NG Kerk bedien hoofsaaklik blanke lidmate, hoewel die kerk se deure al vanaf 1986 oop is vir enige persoon om lidmaat te word. As ons werklik ernstig is oor ons roeping in Suid-Afrika, sal ons anders moet begin dink oor kerkwees en na wie ons uitreik. Ons sit met ongelooflik baie mense om ons wat deel kan word van die kerk, mits ons bereid is om werklik n kerk vir Afrika te word en Afrika se lewensvrae en Godsvrae te beantwoord. Justo Mwale hou hulle aktief daarmee besig en daar word daadwerklik met die vraag na Gereformeerde identiteit binne die Afrikakonteks geworstel. Ek was ook bevoorreg om met die Doktorale studente gesprek te kon voer. Hulle dink hoofsaaklik na oor temas en onderwerpe soos: Hoe lyk n Afrika-publieke teologie? Daar is n kritiese worsteling oor die verhouding tussen kerk en staat en wáár die kerk haar moet posisioneer om n profetiese stem te wees. Hoe moet die kerk oor armoede dink en wat is die kerk se rol in die verligting van armoede? Hiermee saam word ook die kritiese vraag gevra of die kerk nie ook tot armoede bydra deur die tipe armoedeverligtingprojekte wat oor jare van stapel gestuur is. Die hele gesprek oor voorspoedsteologie en die invloed daarvan op Afrika word al hoe meer n brandpunt. Samehangend hiermee is Afrika se verstaan van die persoon van die predikant, as letterlik God by die mens en die uitbuiting en magsmisbruik wat daarmee gepaard gaan. Baie keer dink n mens dat n Bediening soos Vennote in Getuienis se bestaansreg daarin gesetel is om te kan sê dat daar mense tot bekering gekom het. Dit is belangrik en n mens sou sekerlik kon roem en sê dat as ons aan Zambië dink, dan is dié Bediening direk, of indirek verantwoordelik vir die bekering van oor die 900 000 mense (die huidige getal lidmate van die

Reformed Church in Zambia), tog is dit n simplistiese verstaan van wat tans aan die gebeur is. Deur Vennote in Getuienis se betrokkenheid in Zambië, word predikante opgelei, nie net vir die Reformed Church in Zambia nie, maar ook vir UPC en hierdie studente kom onder andere vanuit Suid- Afrika, Botswana, Zimbabwe, Malawië, Mosambiek en Namibië. Die NG Kerk Vrystaat se betrokkenheid strek veel verder as net een denominasie of land. Die gesprekke wat deur die NG Kerk Vrystaat gestimuleer word vanweë ons betrokkenheid, beïnvloed nie net die gehalte van lewe vir die mense van Zambië nie, maar van die hele Suidelike Afrika. BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO) Nuwe aanstelling: ENGO wens mev Surette Labaschagné hartlik geluk met haar aanstelling as die nuwe hoof van die Charlotte-Theron Kinder-en Jeugsorgsentrum te Bethlehem, hulle wens haar alle sterkte toe met haar nuwe rol. Kieriekaskenades: ENGO Bejaardesorg het op 28 September 2018, hulle bewusmakingsveldtog afgesluit met die jaarlikse Kieriekaskenades. Baie dankie aan elkeen se betrokkenheid om te sorg dat dit n dag vol lag en pret was - die tema vir hierdie jaar, was Back to School. Funksie ten bate van die ENGO Kinder- en Jeugsorgsentrums: Ondersteun gerus hierdie Its all Good-funksie op Saterdag 10 November 2018 by die Urth Garden Centre, met die bekende sangeres van Bloemfontein, Caroline-Grace. Vir meer inligting, kontak vir Marinique by 073 556 0078. Teken n debietorder vir ENGO: Indien julle finansieel by ENGO, of een van sy subprogramme betrokke wil raak, klik gerus op die blokkie regs, vir die debietorder met inligting. Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za, of die Facebook-blad, vir meer inligting oor al hulle werksaamhede TEOLOGIESE NADENKE Kan daar iets goeds uit die NG Kerk kom? Tydens die VBO-Week wat in September plaasgevind het, het dr Johan van der Merwe hierdie onderwerp in sy aanbieding, aangeraak. Met die oog op die komende Streeksbyeenkomste, kan persone wat dit gaan bywoon,

gerus hierdie dokument deurlees Bedieningsbegeleiding gaan onder andere in hulle verslag, hieroor praat. Klik hier vir die dokument. WERKSWINKELS / KURSUSSE Uitnodiging - Werkswinkel Missonale Bediening: Hierdie geleentheid vind op Donderdag 18 Oktober 2018 vanaf 09:00-15:30 in die Kapél van die Kopanong- Gebou (voorheen Kovsiekerk), op die UV-Kampus plaas. Klik hier vir die amptelike uitnodiging, om vir bywoning te registreer, klik asseblief op die volgende webskakel by https://goo.gl/forms/v7hfax6dfjo0beqk1 (dit is ter wille van die reëlings, belangrik om te registreer) Shepherd VBO Werkswinkel: Hierdie werkswinkel met Lourens Bosman (PSD Algemene Sinode), oor Bediening en geestelike leierskap - die hart van predikantswerk, vind op 22 & 23 Oktober 2018 plaas - klik op die bygaande biljet vir n groter weergawe met al die inligting daarop. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 19 Oktober 2018. By hierdie werkswinkel gaan die gesprek gaan oor die bediening, of werk van die leraar. Daar is tans n gevaarlike onsekerheid oor wat presies die kern van predikantswerk is. Die wye en oop gesprek oor dié saak het positiewe kante en kan verrykend inwerk op die bediening, maar dan sal daar eerder gouer as later, duidelikheid verkry moet word oor wáár die hart van die predikant se werk lê. Daar sal spesiale aandag gegee word aan die belangrike vraag na geestelike leierskap in die gemeente en wat dit beteken. Caritas Terapie Sentrum bied aan: MLNP Life Coach-werkswinkel: Datum: 29 Oktober 2018 tot 3 November 2018 in Kimberley Aanbieder: Edgar Phillips (Certified Neuro & Performance Coach Imago Professional Facilitator Master Brainspotting Therapist Developer & Trainer of The MLNP Method) Het jy al ooit gewonder wat n Life Coach se werk is? Hoekom life coaching tans die tweede vinnigste groeiende industrie in Amerika is? - klik hier vir volledige inligting en hier vir die registrasievorm. Pastorale Beradingskursus - Die impak van boelie op kinders en jongmense (praktiese en pastorale riglyne): Hierdie kursus sal op Saterdag 3 November 2018 te Potchefstroom plaasvind en word deur die bekende prof Wentzel Coetzer aangebied. Klik hier vir meer besonderhede. Opleiding - Mentors vir Geloofsreise: Hierdie opleiding is geskik vir kategete, Sondagskoolonderwysers, jeugwerkers of persone wat in die Kerk met groepe kinders werk. Dit vind op Saterdag 17 November 2018 vanaf 09:00-15:30 by die NG Gemeente Bethlehem- Panorama plaas. Vind al die inligting, sowel as inskrywingsvorm hier - sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 13 November 2018 om 13:00.

GEMEENTENUUS NG Uitsig bied aan: NG Brandfort-Oos: NG Fichardtkruin: NG Bainsvlei: AKTUEEL / ALGEMEEN Hou by waardes van Seisoen van Menswaardigheid, vra predikante: Meer as n 100 predikante van die NG Kerk het in n verklaring gevra dat daar in die gesprek oor selfdegeslagverhoudings, gehou word by die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid. Lees die volledige verklaring hier. (Met dank oorgeneem uit e-kerkbode) Lees gerus ook die volledige uitgawe van Kerkbode van 5 Oktober 2018, hier.

EKOLOGIE EcoBricks: Wanneer ons plastiek in bottels stoor, segregeer en pak, kan ons boublokke maak wat oor en oor gebruik kan word. Sáám kan ons groen ruimtes bou wat ons gemeenskap verryk en plastiek uit die biosfeer verwyder. Sáám kan ons van plastiek na groener harmonie met die Aarde se siklusse oorgaan. Kaapstad het meer as 1 miljoen huishoudings. As elke huis een EcoBrick per week vervaardig, sal dit genoeg wees om meer as 600 klaskamers per jaar te bou! Lees gerus hier meer oor die inisiatief waarby die Pick & Pay-winkels ook betrokke geraak het - jy kan jou klaar gepakte EcoBricks by sommige Pick & Pay-winkel landswyd afgee, daar is spesifieke houers uitgesit. Besoek ook EcoBricks se webblad by https://www.ecobricks.org/ en gaan kyk gerus hier na n YouTube-video oor hoe die mense in die Phillipyne dit reeds in plek gestel het. Wat n wonderlike innoverende projek om by betrokke te raak, besighede, kerke, skole, individue kom ons maak n daadwerklike verskil om die omgewing van plastiek te red! As julle hier klik, is daar n skematiese voorstelling van hóé dit gedoen word, sowel as interessante skakels na webbladsye, waar meer inligting verkry kan word - word versamelingspunte en bring dit dan alles bymekaar uit op n sentrale punt - dink net aan die groot verskil wat gemaak kan word! Algemeen: Ondersteuning van gemeentes versoek: Die Lettie Fouché-skool vir gestremdes, versoek vriendelik dat inligting ten opsigte van die optrede van Juanita du Plessis op 3 November 2018 vanaf 19:00-21:00 in die Kopanong Sentrum (Kovsiekerk), ten bate van die skool, in gemeentes se onderskeie afkondigings geplaas sal word, sodat lidmate/belangstellendes hierdie fondsinsamelingspoging so vêr moontlik kan ondersteun - klik hier vir die brief aan gemeentes. Kaartjies @R90/pp kan by Computicket bespreek word. Kontak asseblief vir Ilse Labuschagne by 051 436 6770, teen 18 Oktober 2018 met getalle, hulle wil graag weet of daar genoeg belangstelling sou wees om met die optrede voort te gaan. Ondersteun gerus hierdie verdienstelike saak! Eerstejaarskampe 2019: Die Wes-Kaap se kamp, aangebied deur die Kruiskerk in Stellenbosch, vind vanaf 20-23 Januarie 2019 by Bergkroon in Wellington plaas, met die tema, #DNA. Vir al die besonderhede, klik op die biljet links, waar jy ook vir die kamp kan registreer. Handige Toeps (App s) om te help met jou geestelike lewe: Ds Mossie Mostert (PSD, Sinode Noord-Kaapland) publiseer weekliks in hul nuusbrief, handige inligting oor toeps wat jy en jou gesin kan gebruik ten opsigte van julle geestelike lewe. Ek het n lys van die vorige ses toeps wat reeds verskyn het saamgestel en sal soos wat daar nog verskyn, dit by hierdie lys voeg. Die toeps is die Ons Glo-toep, die Bybel-toep in Afrikaans vir kinders, die Real Lewe-toep, die Liedboek (NG Kerk)-toep, die You Version (Bybel op jou selfoon)-toep en die Pray as you go-toep - klik hier vir die lys.

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES CLF NUUS: Christelike Lektuurfonds berig oor die volgende: Publikasie - A Family of Reformed Churches in Africa: Met die vooruitsig van die Hervormingsfees aan die einde van Oktober, is hierdie publikasie n wonderlike boek wat die geskiedenis van al die Gereformeerde Kerke wat deur die NG Kerk gestig is, bevat. Vind meer inligting hier. Publikasie - Christianity in Eurafrica: Ook gemik op die Hervormingsfees, is hierdie publikasie n formidabele akademiese/teologiese skrywe oor die kerk se geskiedenis in Europa en Afrika - klik hier vir meer besonderhede. Vroeë Kersinkope: Klik hier vir n lys met wonderlike produkte vir jou Kerskous! Nuusbrief 16/2018: Lees hierdie uitgawe hier - daarin word gefokus op Oktobermaand se LiG-Tydskrif, asook op twee Bybelkor Publikasies, Beelddraer Gespreksgids en Beelddraer Leiersgids. Waardeer jou predikant/e op Sondag 14 Oktober: Hierdie gebruik word jaarliks wêreldwyd deur gemeentes toegepas en word deur Bybel- Media ondersteun. Klik hier vir meer inligting. Uit die Beek 2019: Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek, weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die teksleuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe - klik hier vir meer inligting, sowel as n uitstekende afslagaanbod van Bybel-Media. Klik ook hier vir n inligtingsbrief vanaf Bybel-Media aan gemeentes, ten opsigte van hulle bediening. Ander nuusbriewe: TOIBO Nuusbrief: Lees die September-uitgawe hier. FAMSA Nuusbrief: Klik hier vir die Oktober-uitgawe. BEROEPE: PREDIKANTENUUS Die NG Gemeente Universitas-Wes (Rooikerk), het vir ds JS (Hannes) du Plessis van die NG Moedergemeente Reitz as voltydse leraar beroep. Die NG Gemeente Fauresmith, in kombinasie met die NG Gemeente Jagersfontein, het vir ds (emeritus) BA (Arnold) Nadel in n vastetermynpos (2jr-kontrak), beroep. Ds Nadel het die beroep aanvaar en word DV op Sondag 14 Januarie 2019 bevestig. Byvoorbaat welkom aan die Nadels, mag dit vir julle n geseënde tyd in die Vrystaat wees! GELUKWENSE: Ds Ettienne en Elbet Engelbrecht, nuwe leraarspaar van die NG Gemeente Heuwelsig, het op 21 September 2018, die trotse ouers van klein Luan geword. Baie geluk met hierdie nuwe toevoeging tot julle gesin, mag hy groot vreugde verskaf en julle nog baie trots maak!

JOHAN (JJ) BOTHA 1935-2018: Dit is met groot hartseer dat ons van die afsterwe van ds Johan Botha kennis geneem het, nadat hy baie siek was. Ds Johan was n geliefde leraar wat in 1961 tot die bediening toegelaat is - hy is n produk van die sendinginstituut van Wellington. Hy was leraar van NGKA-gemeentes in King Williamstown en Soweto en sedert 1974, het hy hom voltyds aan die skep van Christelike lektuur in Zoeloe, op Greytown gewy. In 1980 het hy publikasiehoof van die CLF geword, n pos wat hy vir 18 jaar beklee het. Ná sy aftrede, het hy en Gerda hulle in die Aandbloem Tehuis vir Bejaardes in Bloemfontein gevestig, waar hy tot met sy afsterwe gebly het. Hy het altyd belangstelling in die werksaamhede van die Sinodale Kantoor getoon en die personeel gereeld met n besoekie verras en omtrent nooit sonder n lekkertjie vir die dames aangekom nie, hy was ook n ywerige leser van Vrypos. Die afskeidsdiens van ds Johan vind volgende Dinsdag 16 Oktober 2018 om 10:00 vanuit die NG Gemeente Aandbloem in Bloemfontein, plaas. Namens al die lesers, wil ons hiermee ons innige meegevoel aan tannie Gerda, hulle kinders en kleinkinders betuig. Mag die wonderlike herinneringe wat julle van hom het, julle vorentoe dra in die alleentye sonder hom. Mag die Here julle elke dag styf vashou... die personeel van die Sinodale Kantoor gaan hom baie mis. AFLOSLERAARS: Klik hier vir n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, of vir preekbeurte. VAKATURES GEMEENTEBESTUURDER - NG BLOEMVALLEI: Belangstellendes wat kwalifiseer, kan vir hierdie pos in Bloemfontein aansoek doen, klik hier vir volledige besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 14 Oktober 2018, met diensaanvaarding vanaf 1 Desember 2018. DOSENT IN TEOLOGIE, JUSTO MWALE UNIVERSITEIT - LUSAKA, ZAMBIË: Geskikte kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir hierdie kontraktuele pos, vind al die besonderhede hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 15 Oktober 2018. LERAAR VASTETERMYN (3Jr KONTRAK) - NG VILLIERS: Hierdie pos is tans vakant en aansoeke word ingewag, klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 15 Oktober 2018, met diensaanvaarding so spoedig moontlik. REDAKTEUR - KERKBODE: Die Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk adverteer tans hierdie pos wat vanaf 1 Desember 2018 vakant raak - klik hier vir die volledige posbeskrywing. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 15 Oktober 2018. LERAAR (VOLTYDS) - NG PETRUSBURG: Aansoeke vir hierdie vakante pos word tans ingewag - klik hier vir al die besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 19 Oktober 2018, met diensaanvaarding so spoedig moontlik, volgens ooreenkoms. GEMEENTEBESTUURDER - NG AANDBLOEM: Die Kerkraad van dié gemeente in Bloemfontein, wag tans aansoeke in vir hierdie halfdagpos - klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 24 Oktober 2018, met indiensneming so gou dit vir die suksesvolle kandidaat moontlik is. LERAAR VASTE TERMYN (2Jr KONTRAK) - NG SMITHFIELD: Hierdie pos is tans vakant en aansoeke word deur die kerkraad ingewag. Gelegitimeerdes jonger as 35 jaar, asook finalejaar teologiese studente is welkom om aansoek te doen, klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 2 November 2018, met diensaanvaarding vanaf 1 Desember 2018. LERAAR (VOLTYDS) - NG ZASTRON: Die huidige leraar tree aan die begin van 2019 af en belangstellendes word genooi om intussen vir hierdie pos aansoek te doen. Gelegitimeerdes jonger as 35 jaar, asook finalejaar teologiese studente is welkom om aansoek te doen, klik hier vir al die besonderhede. Die

sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 9 November 2018, met indiensneming vanaf 1 Maart 2018, of soos onderling gereël. VAKATURES - e-kerkbode: n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie. VERJAARSDAE... mag dit vir elkeen van julle n geseënde dag en lewensjaar wees. 12 Oktober: Ds Sakkie van den Bergh - CLARENS - 072 606 0213, sakkievandenbergh@telkomsa.net 14 Oktober: Ds Frikkie van Heerden - ST HELENA - 079 898 2101, annerita@vironskinders.org.za 16 Oktober: Ds Andreas van Rooyen - BOSHOF - 082 553 9081, andreasvanrooyen@gmail.com 17 Oktober: Ds Barry van Wyk - PARYS-WES 078 593 4449, blvanwyk@telkomsa.net 18 Oktober: Ds Johan Bouwer - KROONSTAD-WES - 074 582 5037, jsbouwer@lantic.net TEN SLOTTE Dawid en Psalm 23 Dawid is iemand wat op n besonderse manier n reis saam met God onderneem het, vanaf skaapwagter tot koning, van koning tot n brose einde aan sy lewe. Hierdie reis saam met God het hoogte- en laagtepunte gehad. Daar was oomblike van intense vreugde, maar ook tye van diepe pyn en teleurstelling. Deur dit alles was God die hele tyd in sy lewe teenwoordig. Dawid getuig by uitstek in Psalm 23 van God se teenwoordigheid in sy lewe. Ons is so geneig om hierdie Psalm met die dood en begrafnisse te assosieer, dat ons nie die wonderlike waarhede in daarin raaksien nie. Psalm 23 was nie vir Dawid n begrafnisteks nie. Dit was veel meer, dit was sy geloofsbelydenis aangaande God. Dit vertel die verhaal van wie God in Dawid se lewe was en hóé Dawid God telkens beleef en ervaar het. Dalk moet ons hierdie komende week weer Psalm 23 afstof en dit elke dag as n geloofsbelydenis lees. Daar is wysheid in die ou gebruik om bepaalde tekste uit jou kop te ken as dit by die Bybel kom - Ps 23 is so n teks. Nie net help dit ons onthou wie God is en wat Hy vir ons doen nie, maar dit bring ook hoop en troos wanneer ons in wanhoop wil verval. Dr Carin van Schalkwyk is Tentmakerleraar by NG Philippolis, asook Skriba van die Vrystaat Sinode

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: kerkinfo@ngkvs.co.za Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547 KONTAK ONS INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/ NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK: Stuur enige nuusgebeure, inligting na kerkinfo@ngkvs.co.za (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies) VRYWARING / DISCLAIMER Klik hier Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld