PULA IMVULA. Daar is n ou Afrika spreekwoord wat. van passie, doelwitte & vordering. November Groei saam. Van mentees tot wenners

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Een van die eerste gedagtes in n boer

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Die Kerk Kry Moeilikheid

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

PULA IMVULA. Landboukontrakteurs. Kontrakwerk is besig om meer en meer. wat jy nodig het om te weet. Lees Binne: oktober 2014

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Petrus en die Krag van Gebed

Die jaarlikse Graan SA Kongres sal vanjaar

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Petrus en die Krag van Gebed

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Boere moet verskillende hoede opsit. Op n byna daaglikse basis sal n boer n aantal verskillende

God se Woord. God se Wil

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die Anglo-Boereoorlog *

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Empathy Ouerhandleiding

Jy mag die vraag vra: Hoekom n artikel oor. Dink uit die boks, dink AGRITOERISME. Lees Binne: MAART Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

Besprekingsvrae vir selgroepe

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Josua - van jongs af n leier

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Seisoen van die Gees

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die boer kyk uit op sy lande en bekommer hom oor sy familie, sy werkers en sy sakeverpligtinge

Profetiese woord vir 2017 en verder

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

26 September 2014 Carine van Zyl Tel: (021)

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Klimaat is wat jy verwag en weer is wat jy kry! (NASA)

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Ek is bevoorreg om nou saam te werk. Wees altyd op JOU HOEDE! Lees Binne: APRIL Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere.

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

BYBELS-GESONDE GESINNE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Transcription:

PULA IMVULA >> GROWING FOOD >> GROWING PEOPLE >> GROWING PROSPERITY >> November 2018 Die viering van passie, doelwitte & vordering Daar is n ou Afrika spreekwoord wat sê dat om iets self te sien, anders is as wat dit aan jou vertel word. Die boere wat genomineer is in die verskillende kategorieë, het almal raad aanvaar van hulle mentors aan boord, maar toe hulle die resultate van hul arbeid sien, het hulle geweet dat harde werk altyd beloon word. Groei saam Op 26 September het NAMPO Park gebruis van opgewondenheid en boere in kleurvolle tradisionele drag op die tiende Dag van Vieringe, wat vir die eerste keer by hierdie plek net buite Bothaville in die hart van die Vrystaat aangebied is. Dit was duidelik dat landbou in Suid-Afrika lewendig en goed was, te danke aan die Graan SA Boereontwikkelingsprogram. Toe Graan SA besluit het om boere te help om deur hierdie program beter boere te word, het die aantal Suid-Afrikaanse boere begin toeneem. Soos Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, tydens hierdie spesiale vieringe verduidelik het: Ons boer nie vir boere nie. Ons help boere om vir hulself te boer en by hierdie geleentheid vier ons nie n oes van mielies nie, maar n oes van boere. Hy is baie trots op die span wat betrokke is by die program en wat instrumenteel was in die toevoeging van 29 opkomende boere aan die lys boere wat die afgelope seisoen koring van kommersiële gehalte geproduseer het. 21 Boere het by die 250 Ton Klub aangesluit, drie nuwe lede het by die 500 Ton en 1 000 Ton Klub elk aangesluit. Twee boere het trotse verteenwoordigers van die 1 500 Ton Klub geword. Van mentees tot wenners Die Dag van Vieringe is in 2009 deur Graan SA begin om erkenning aan boere te gee vir die

Dag van Feesvieringe Ouma Jane sê Die plantseisoen het in alle erns begin en ek is seker dat jy amper te besig is om die Pula te lees! Hoe geseënd is jy om in n posisie te wees om kos vir jou familie en jou land te produseer. Ons het ons Dag van Feesvieringe gehad die einde van September en wat n wonderlike geleentheid was dit om erkenning te gee aan die wat so baie bereik het op verskillende vlakke. Niemand is te klein of te groot om sukses te behaal nie dit is binne ons almal om ons talente na die beste van ons vermoë te gebruik. Die somergewasse wat jy nou aanplant, is baie sensitief vir onkruidkompetisie. Ons sê dit elke jaar, maar ek glo dat ons dit weer moet sê onkruid is ons vyand. As jy die onkruid op jou lande beheer, is die moontlikheid groot dat jy n goeie oes sal afhaal moenie die onkruid toelaat om die kos te eet en die water te drink wat jy beplan het om vir jou gewas te gee nie. Ek hoop dat jy hierdie jaar sal kyk na ander maniere om jou inkomste op jou grond te verhoog. Wat het jy, of wat kan jy aanbied aan die plaaslike (en nasionale) mark? Mielies is n goeie gewas om te verbou, maar ons moet daaraan dink om ook ander gewasse te verbou in rotasie met mielies. Dit is so belangrik om die mark te ken as jy in die afgeleë landelike gebiede is sonder toegang tot goeie markte wat koop jou bure wat jy dalk aan hulle kan voorsien? Droëbone is altyd n goeie opsie, omdat hulle plaaslik bekend en n uitstekende bron van proteïen is. Lewendehawe is belangrik vir boere hulle kan jou help om jou besigheid te stabiliseer, sodat jy nie so sensitief vir weersomstandighede hoef te wees nie. Selfs baie klein boere, julle kan pluimvee en kleinvee aanhou aan wie julle die surplus mielies kan voer (nou dat julle so goed produseer). Deur mielies aan jou lewendehawe te voer, sal jy hulle produksie verhoog en ook in staat wees om hulle aan jou bure te verkoop. Boere is ook besigheidsmense om gewasse te verbou, is die eerste stap, maar dit is net die begin van n lang pad. Wat kan jy verbou om meer geld te maak en aan wie beplan jy om te verkoop wat jy verbou? Ek wens jou n goeie seisoen toe met groot beloning op jou harde werk en deursettingsvermoë wees geseënd! 2

Dag van Feesvieringe moontlik Die viering van passie, doelwitte & vordering harde werk wat hulle dwarsdeur die jaar gedoen het. Of die jaar moeilik was met lae opbrengste wat behaal is, of n goeie reënseisoen wat hoë opbrengste aangeteken het, die vieringe vind plaas. n Emosionele Jenette Thembi Shoba (59) is aangekondig as die 2018 Graan SA/ Absa Bestaansboer van die Jaar. Sy boer tussen Ermelo en Piet Retief in die Mpumalangaarea. Haar belangstelling in landbou het op die plaas ontwikkel waar haar ouers plaaswerkers was. Jenette het in 2014 by Graan SA aangesluit en woon n studiegroep by waar sy ontdek hoe om n meer vaardige boer te word. Alhoewel hierdie vasbeslote ouma in n voertuigongeluk beseer is, het sy daarin ge slaag om 7,5 ton mielies op 1 ha te produseer. Die ander finaliste in dié kategorie was Amos Mfaniseni Kubheka van Mpumalanga en Siyavuya Njeya van die Oos-Kaap. Vir 2018 was daar net twee finaliste in die kategorie, Graan SA/Syngenta Kleinboer van die Jaar Mduduzi David Mnisi van Mpumalanga en Nhlanhla Sicelo Mngadi van KwaZulu-Natal. Die toekenning is aan Nhlanhla (48) gegee wat in 2015 by Graan SA aangesluit het, nadat hy die sukses van sy buurman gesien het as gevolg van Graan SA se mentorskap. Nhlanhla pas toe wat hy leer en werk stadig daartoe om n kommersiële produsent te word. Die verbetering in die veld en in sy landboupraktyke het die beoordelaars beïndruk. n Nuwe kategorie, Graan SA/Monsanto Potensiële Kommersiële Boer van die Jaar, is verlede jaar bekendgestel. Die 2018 wenner van hierdie kategorie, Paulus Mosia (50), kom van die Vrystaat en het in 2008 by die Graan SA Boereontwikkelingsprogram aangesluit. Hy is ook n aktiewe lid van die Edenville studiegroep en was instrumenteel aktief om n nuwe studiegroep in Heilbron van die grond af te kry. Paulus en sy vrou, Nomasonto, sê hul sukses sou nie moontlik gewees het sonder die Boereontwikkelingsprogram nie. Die broers Anton en President Mabaso, wat saam in die Bothaville distrik boer, was die ander finaliste in hierdie kategorie. Die 2018 Graan SA/Absa/John Deere Finansiële Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar is aan Jeremia Makhosini Mathebula (40) van Mpumalanga toegeken. Sy prys het n splinternuwe trekker ingesluit. Sy boerderyloopbaan het in 2009 begin toe hy net 40 ha bewerkbare grond geplant het waarop hy ongeveer 4 t/ha mielies behaal het. Oor die afgelope vier jaar het sy mielieopbrengs met 75% gestyg. Hy plant tans n totaal van 450 ha mielies en 100 ha sojabone en bestuur meer as 3

moontlik Dag van Feesvieringe Die viering van passie, doelwitte & vordering 400 teelkoeie. Die ander finaliste in dié kategorie wat elk n tjek van R25 000 ontvang het en n horlosie van die borge, is Thamsanqa Sampie Booizene van die Noordwes Provinsie en Daniel Maqala van die Vrystaat. Die mense wat dit moontlik gemaak het Die borge wat hierdie wonderlike geleentheid moontlik gemaak het, is verteenwoordig deur Belinda Jacobs (Aktiverings Bemarkingsbestuurder: Absa AgriBesigheid), Antois van der Westhuizen (Besturende Direkteur: John Deere Finanacial Sub-Sahara Afrika), Andrea Boon (Hoof: Tegnies, Syngenta SA) en Dudu Mashile (Saadverkope Bestuurder, Bayer). Jane McPherson (Bestuurder: Boereontwikkeling, Graan SA) het die vriende van die program bedank wat die program ondersteun om sy voortbestaan te verseker. In haar toespraak het sy gesê: Baie mense verloor hoop, maar n dag soos vandag gee hoop. n Nuwe seisoen beteken n nuwe wenner Dit is duidelik dat die genomineerdes die advies van hul mentors toegepas het. Volgens n spreekwoord in Wes-Afrika is die antwoord op sukses te vind in luister en nie in praat nie. n Voël wat baie praat sal nie n nes bou nie! Alhoewel daar slegs een wenner per jaar in elke kategorie kan wees, sal enige vordering in jou eie boerdery jou laat voel soos n wenner. Onthou, dit maak nie saak hoeveel foute jy maak of hoe stadig jou vordering is nie, jy is steeds almal voor wat nie eens probeer nie. Sien jou op die 2019 Dag van Vieringe! Artikel verskaf deur Louise Kunz, Pula Imvula medewerker. Vir meer inligting, stuur n e-pos na louise@infoworks.biz. 4

Bestuur moontlik Is jy n uitstaande leier? Deesdae is dit algemeen om te lees en te hoor van besighede, regeringsinstellings, organisasies en ander wat nie so goed presteer as wat hulle moet nie, of selfs misluk. Baie keer is die rede vir hierdie swak prestasie n gebrek aan leierskap. n Leier, of in besigheidsterme n bestuurder, is n persoon wat sy besigheid moet bestuur, wat behels om te beplan, te organiseer, te implementeer en te beheer. n Bestuurder moet egter ook mense wat sy/haar werknemers is, lei om te bereik wat beplan, georganiseer, geïmplementeer en beheer is. n Uitstaande leier is dus n persoon wat daarin slaag om ander se gedrag te rig op die bereiking van sekere doelwitte, dit wil sê om planne in werklikheid om te skakel, sodat die doelwitte van die besigheid bereik kan word, soos om wins te maak. Leiding behels elemente soos om mense te beïnvloed, bevele te gee, mense te motiveer, óf as individue of in groepe, konflikbestuur en met hulle te kommunikeer. Hoe word jy n bestuurder? Jy word bestuurder en dus n leier van mense wanneer jy in n sekere pos in n besigheid aangestel word, of jy word gekies deur n groep mense, byvoorbeeld n klub of werkgroep, of jy begin jou eie besigheid en is dan ipso factum ook die bestuurder, of jy kan n vrywillige leier wees, soos om die hoof van jou gesin te wees. As eienaar is jy in n posisie van gesag om te bestuur en te lei, omdat jy die eienaar van die besigheid is. Dit stel jou in n posisie van mag en jy mag van jou werknemers verwag om jou te respekteer, maar respek word verdien deur dit wat jy doen of nie doen nie. Wanneer mense jou gedrag as positief beskou, sal hulle jou respekteer en vertrou en jou toelaat om hulle te lei. Onthou, mense neem die gedrag van n bestuurder waar, of enigiemand wat in gesagsposisie is, meer as wat jy kan dink. Die keuse is joune gaan jy by die massas aansluit of gaan jy die uitstaande leier wees? Om mense te bestuur en sodoende te lei, gee jou mag en wanneer mense lei, kan hierdie mag gebruik of misbruik word. Jy kan jou mag gebruik om mense te lei deur hulle te dreig Ek sal jou afdank maar dan lei jy nie mense nie, jy jaag hulle voor jou uit. Hulle doen wat jy wil hê uit vrees, hulle volg jou nie. Die gevolg hiervan is altyd dat mense jou op n stadium in die steek sal laat. Die omgekeerde is ook waar, jy kan mense met n positiewe houding lei deur n voorbeeld te stel en lei omdat mense jou respekteer en vertrou. Die vraag ontstaan: Wat kan ek doen om ander mense se respek en vertroue te verkry? Eers tens, soos reeds genoem, deur die voorbeeld wat jy stel. Jy is nooit laat vir n afspraak nie, jy hou jou beloftes, wat van ek gaan jou terug bel? Is die voorbeeld wat jy stel van hoë etiese standaarde, of nie? Jy sal ook die re spek en vertroue van mense verkry deur alle mense met respek en eerlikheid onder alle omstandighede te behandel. Onmisbare algemene eienskappe vir goeie leierskap is byvoorbeeld kommunikasie, moed, visie, maar die belangrikste kenmerk is inte griteit. Positiewe leierskap is op integriteit gebou. In geleerde terme word integriteit beskryf as die vermoë om onder alle omstandighede eerlik en moreel te staan. In meer praktiese terme kan dit beskryf word as jou ja is jou ja en jou nee is jou nee, doen altyd die regte ding, selfs wanneer niemand kyk nie, doen wat jy sê jy sal doen, laat jou dade jou woorde volg, stel die regte voorbeeld, hou jou beloftes. Integriteit bou vertroue en het n hoë invloedswaarde. Integriteit is die menslike kwaliteit wat die meeste nodig is vir besigheidsukses. Integriteit lei tot n goeie reputasie, nie net n beeld nie. Ongelukkig is integriteit en positiewe etiek aan die verdwyn in ons openbare omgewing en lei tot swak prestasie van regeringsinstellings en selfs privaat besighede. Etiek word gesien as die morele beginsels wat die gedrag van mense beïnvloed, of bepaal. Beginsels soos eerlikheid, lojaliteit, respek vir ander mense en wat aan hulle behoort, om wetsgehoorsaam te wees, verantwoordelik, regverdig, om te handel volgens wat reg is. Goeie soliede sake-etiek (positiewe gedrag) sal op die lange duur volhoubare winste verseker. Aan die ander kant sal swak besigheidsetiek die omgekeerde doen. Ja, daar kan korttermyn voordele wees, maar oor die lang termyn sal swak besigheidsetiek tot n swak besigheid lei. In geleerde terme word integriteit beskryf as die vermoë om onder alle omstandighede eerlik en moreel te staan. Die keuse is joune gaan jy by die massas aansluit of gaan jy die uitstaande leier wees? Onthou: Jou goeie naam is n waardevolle bate. Niemand kan dit van jou wegneem behalwe jyself nie. n Leier wat lei, maar niemand volg hom nie, loop net. Leierskap is nie net n titel nie, maar is harde werk. Artikel verskaf deur Marius Greyling, Pula Imvula medewerker. Vir meer inligting, stuur n e-pos na mariusg@mcgacc.co.za. 5

moontlik Brandbestryding Om gereed te wees, is nie genoeg nie; jy moet voorbereid wees! Hoe gereed is jy vir daardie gevreesde oomblik wanneer jy besef die veldbrand is buite beheer en het sy eie rigting ingeslaan? Hoe goed voorberei is jou familielede en plaaswerkers? Hoe goed toegerus is jou bure? Wie moet in kennis gestel word en waarheen gaan jy vir hulp? Dit is tyd om hierdie belangrike vrae te begin vra! Onlangse opskrifte in ons koerante lees: Pilanesberg Natuurreservaat brand deur n buurman aangesteek. n Kleinboer het besluit om vullis te verbrand. Die wind het die vuur gejaag tot in die reservaat, waar dit amper 8 000 ha beskadig het. Statistieke toon dat die meeste veldbrande die gevolg is van menslike optrede; of dit n doodgedrukte sigaretstompie is (dikwels uit bewegende motors gegooi), brand van plante of vullis, of kook en die onverskillige aansteek van vure. Veldbrande respekteer nie grense nie en is n ernstige probleem. Hulle bedreig lewens, bied n risiko vir eiendom, dra by tot verminderde grondvrugbaarheid en vernietig plantegroei. Hulle kan weghol noodgevalle word, wat uiteindelik rampe word. Vuur is n belangrike hulpmiddel vir die mens om verskeie redes, insluitend verwarming, kook en bestuur van landbougrond en weiveld. Brande kom ook natuurlik voor en kan aangesteek word deur weerligstrale. Weet jy dat jy nie kan staan en kyk na n veldbrand wat oor jou grond versprei nie? Jy het n wetlike verantwoordelikheid om die vuur aan owerhede en bure te rapporteer en jy moet help om dit te beheer. Dit is hoekom ons bereid moet wees om beplande en onbeplande 6

Brandbestryding moontlik brande en veldbrande met respek en oor weging te bestuur deur n brandbestrydingstrategie in plek te hê. Wie moet voorberei? Almal wat grond besit of huur, het n verantwoordelikheid om die brande op sy of haar grond te beheer. Die Nasionale Veld- en Bosbrand Wet bepaal dat elke eienaar op wie se grond n veldbrand begin, of brand en van wie se grond dit mag versprei, voorberei moet wees en op gereedheidsgrondslag moet wees. Gereedheid vir brandbestryding Dit vereis dat die verantwoordelike persoon die nodige toerusting, beskermende klere en opleiding vir brandbestryding het. Hierdie gereedheid moet in verhouding wees tot die risiko wat die eienaar moet bestuur. As jy dus 1 ha grond het, kan daar nie verwag word dat jy n groot brandweerwa moet hê wat gereed staan by n trekker nie, maar dit kan van jou verwag word om hand te gee met n rugsakspuit wat gevul is met water, of n brandslaner. Dit is ook redelik om te verwag dat jy en jou plaaswerkers moet help om die vuur op jou eiendom te beheer en te verhoed dat dit buite jou grense versprei. In die geval van n afwesige eienaar vereis die Wet dat elke grondeienaar of huurder n verantwoordelike persoon moet hê om te help om n vuur te blus en stappe te doen om die bure en naaste amptenare te waarsku. Brandstroke Dit is waar dat brandstroke waarskynlik nie die pad van elke vuur sal stop nie. Daar is tye wanneer die wind optel en n vuur regoor n brandstrook blaas. Brandstroke stop egter baie vure en hulle bied n veiliger plek vir brandbestryders om saam te werk wanneer hulle brande bestry, of met teenvure werk om n brand te bestry. Dit is belangrik vir grondeienaars om met hul breër gemeenskap en hul bure saam te werk. Dit is n grondeienaar se verantwoordelikheid om in kommunikasie met ander boere te wees wanneer die brandstrook seisoen aanbreek en wanneer almal moet brand. Die dag wat bepaal word vir brand, moet wedersyds aanvaarbaar wees. Bure moet saamwerk om brandstroke langs gedeelde grense te brand. Hulle moet seker wees dat hulle voldoende hulp het. Dit is noodsaaklik dat die brand versigtig bestuur en beheer moet word. Leierskap op die dag is noodsaaklik. Daardie persoon moet besluit of toestande ideaal is. Indien n wind opkom, moet die brande gestop word en na n stil, windlose dag uitgestel word. n Grondeienaar mag nie brand waar hy of sy wil nie. Aandag moet gegee word aan die weer, die terrein en die plantegroei wanneer jy besluit hoe om die brandstrook voor te berei. Die strook moet gemaak word sodat dit wyd genoeg en lank genoeg is om n redelike kans te hê om n veldbrand te stop. Dit mag nie gronderosie veroorsaak nie en dit moet redelik vry van brandbare materiaal wees. Baie boere beplan hul stroke vroegtydig en spuit die aangewese area met onkruidbeheer om droë materiaal te verminder en die risiko van vlambare onkruide en bosse te verlaag. Brandbeskermingsverenigings Dit is belangrik om daarop te let dat brandwetgewing en praktyke aansienlik verskil in verskillende dele van die land. Dit is dus die verantwoordelikheid van elke grondeienaar om brandprosedures in hul spesifieke streek op te stel en daaraan te voldoen. Baie gemeenskappe formaliseer hul samewerking deur n plaaslike Brandbeskermingsvereniging (BBV) te stig. Dit is n goeie stelsel, aangesien dit verseker dat die gemeenskap n veldbrandbestuurstrategie in plek het en die BBV se reëls afdwingbaar is. Aandag moet gegee word aan die weer, die terrein en die plantegroei wanneer jy besluit hoe om die brandstrook voor te berei. Die strook moet gemaak word sodat dit wyd genoeg en lank genoeg is om n redelike kans te hê om n veldbrand te stop. Die gemeenskap kan ook voordeel trek uit vaardigheidsontwikkeling en ander hulp. Daar is beter kommunikasie tussen lede, owerhede en ander belanghebbendes. Alhoewel sommige gebiede baie wetgewing het, is daar ander gebiede waar ander metodes van brandbeheer as toereikend beskou word, byvoorbeeld skraap van grond en ploeg, wat ander metodes is buiten brand. Indien jy n grondeienaar is, of huurgrond het, gebruik asseblief die tyd om n brandbestuurstrategie vir jouself en in jou gemeenskap te ontwikkel liewer nou veilig as spyt agterna! Verdere leeswerk is beskikbaar by: http:// www.daff.gov.za. Gids vir brandbeskermingsverenigings vir die ontwikkeling van planne om te implementeer. Veldbrand voorkoming deur brandstroke. Artikel verskaf deur Jenny Mathews, Pula Imvula medewerker. Vir meer inligting, stuur n e-pos na jenjonmat@gmail.com. 7

PULA IMVULA Redaksie Graan SA: Bloemfontein Louw Wepenerstraat 46 1ste Vloer Dan Pienaar Bloemfontein 9301 08600 47246 Faks: 051 430 7574 www.grainsa.co.za HOOFREDAKTEUR Jane McPherson 082 854 7171 jane@grainsa.co.za REDAKTEUR & VERSPREIDING Liana Stroebel 084 264 1422 liana@grainsa.co.za ONTWERP, UITLEG EN DRUK Infoworks 018 468 2716 www.infoworks.biz PULA IMVULA IS BESKIKBAAR IN DIE VOLGENDE TALE: Afrikaans, Engels, Tswana, Sesotho, Sesotho sa Leboa, Zulu en Xhosa. Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Boere OntwikkelingsKOÖRDINEERDERS Johan Kriel Vrystaat (Ladybrand) 079 497 4294 johank@grainsa.co.za Kantoor: 051 924 1099 Dimakatso Nyambose Jerry Mthombothi Mpumalanga (Nelspruit) 084 604 0549 jerry@grainsa.co.za Kantoor: 013 755 4575 Emelda Mogane Jurie Mentz Mpumalanga/KwaZulu-Natal (Louwsburg) 082 354 5749 jurie@grainsa.co.za Kantoor: 034 907 5040 Sydwell Nkosi Graeme Engelbrecht KwaZulu-Natal (Dundee) 082 650 9315 dundee@grainsa.co.za Kantoor: 012 816 8069 Nkosinathi Mazibuko Luke Collier Oos-Kaap (Kokstad) 083 730 9408 goshenfarming@gmail.com Kantoor: 039 727 5749 Luthando Diko Hierdie artikel gee n kort oorsig oor die 2018/2019 bemarkingseisoen vir mielies. Ons kyk eerstens na internasionale vooruitsigte en daar sien ons n verwagte afname in produksie met verbruik effens op. Op die plaaslike front verwag ons dat mielieproduksie laer sal wees as die rekordoes van 2017/2018, met n afname in die produksie area. Geelmielie produksie hou aan om toe te neem ten koste van witmielies, as gevolg van die groot aanvraag na dierevoer. Internasionale vooruitsigte Globale mielieproduksie in 2018 sal met meer as 4% van verlede jaar se volume val; dit is as gevolg van kwynende oeste in verskeie lande, veral Argentinië, Brasilië en die VSA. Verbruik het skerp gestyg van die vorige seisoen en is nou verder verhoog na die verwagte toename in industriële gebruik (stysel en biobrandstof), meestal in China. Op die handelsfront is daar n verwagte toename in invoere deur die Asiatiese lande. Eindvoorraad vir 2019 is hersien, dit sal die laagste in vyf jaar wees en dit is hoofsaaklik te danke aan die Oekraïne en die VSA. Plaaslike vooruitsigte Terugskouend op die 2017/2018 bemarkings jaar, het mielieproduksie n rekord van 16,769 miljoen ton behaal, wat op 2 628 600 hektaar geplant is. Die land het op 1 Mei 2018 n openingsvoorraad van 3,6 miljoen ton gehad. Volgens die Nasionale Oesskattings komitee (NOK) vir die 2018/2019 seisoen, sal die verwagte kommersiële mielieoes 13,207 miljoen ton wees; dit is 22% minder as die vorige seisoen. Die oppervlakte skatting vir mielies is 2,319 miljoen hektaar, wat 12% laer is as die vorige seisoen, terwyl die verwagte opbrengs 5,70 t/ha is. Markte Mielievooruitsigte vir die 2018/2019 seisoen Die oppervlakskatting vir witmielies is 1,268 miljoen hektaar en vir geelmielies 1,051 miljoen hektaar. Die produksieskatting vir witmielies is 6,880 miljoen ton, terwyl die opbrengs 5,43 t/ha is. In die geval van geel mielies, is die produksieskatting 6,327 miljoen ton en die opbrengs is 6,02 t/ha. Geelmielies groei steeds aansienlik weens die toename in die vraag na veevoere. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) vir die 2018/2019 seisoen, sal die verwagte kommersiële mielieoes 13,207 miljoen ton wees. Die totale vraag na witmielies en geelmie lies, beide plaaslik en vir uitvoer, word onderskeidelik op 7,439 miljoen ton en 5,864 miljoen ton geskat. Totale mielie eindvoorraadvlakke vir 30 April 2018 word op 3,381 miljoen ton geskat. Daar word voorspel dat die produksie van geelmielies op die langtermyn sal bly styg ten koste van witmielies. Daar word ook verwag dat witmielie uitvoere sal afneem, met Suid-Afrika wat in kompetisie is met Zambië vir invoerlande in Suider-Afrika; Zambië het gunstige toestande vir produksie en logistiek. Daar word geskat dat jaarlikse mieliepryse verder sal beweeg van uitvoerpariteitsvlakke, maar onder invoerpariteit sal bly en steeds beïnvloed sal word deur huishoudelike vraag en aanbod. Artikel verskaf deur Ikageng Maluleke, Junior Ekonoom, Graan SA. Vir meer inligting, stuur n e-pos na Ikageng@grainsa.co.za. Liana Stroebel Wes-Kaap (Paarl) 084 264 1422 liana@grainsa.co.za Kantoor: 012 816 8057 Hailey Ehrenreich Du Toit van der Westhuizen Noordwes (Lichtenburg) 082 877 6749 dutoit@grainsa.co.za Kantoor: 012 816 8038 Lebo Mogatlanyane Sinelizwi Fakade Mthatha 071 519 4192 sinelizwifakade@grainsa.co.za Kantoor: 012 816 8077 Cwayita Mpotyi Artikels wat deur onafhanklike skrywers geskryf word, is die mening van die skrywer en nie van Graan SA nie. Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur die bydrae van Pula Imvula se Aanhaling van die Maand Communication the human connection is the key to personal and career success. 8 ~ Paul J. Meyer