TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Geloofsvorming by kinders en jongmense

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

Empathy Ouerhandleiding

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Jesaja sien die Toekoms

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

PL A ASLIKE BELEGGINGS

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar.

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Seisoen van die Gees

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Een van die eerste gedagtes in n boer

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Anglo-Boereoorlog *

Kwartaalverslag 31 Desember 2016

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

God se Woord. God se Wil

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Besprekingsvrae vir selgroepe

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

NUUSBRIEF DESEMBER 2016

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus?

EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Friday, 2 June 2017 Vrydag, 2 Junie 2017

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Josua - van jongs af n leier

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

Petrus en die Krag van Gebed

DIE BELASTINGGEVOLGE VAN BOEDELSAMESMELTING

Petrus en die Krag van Gebed

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Koshuisbeleid soos van toepassing op voornemende studente

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte

Leer Beter Dink Module 1 *

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

2. Storm, wind, water, hael of sneeu, met uitsluiting van verlies van of skade aan eiendom:

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Transcription:

360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 19 2 de Kwartaal Junie 2018 Newsletter of The Core Group Issue 19 2 nd Quarter June 2018 BEPLAN N GEORGANISEERDE TOEKOMS

INDEKS Teenvermydingsreëls Is die waardasie van jou deeltitelkomplekse in orde? Uitdagende marktoestande Wysigings tot n trustakte Die twee stellings Versekering vir n tuisonderneming

Teenvermydingsreëls Teenvermydingsreëls van toepassing op aandeleterugkoop en dividendstroping Die 1999-maatskappywysigings maak voorsiening vir n maatskappy om sy eie aandele terug te koop. Met die bekendstelling van die konsep van aandeleterugkoop is wysigings aan die Inkomstebelastingwet gemaak om die belastinggevolge hiervan aan te spreek. So byvoorbeeld lei die aanskaf van sy eie aandele deur n maatskappy tot die kansellering van hierdie aandele en n verlaging in die maatskappy se reserwes (verspreibaar of nie-verspreibaar). Dit het gevolglik n impak gehad op die hoeveelheid reserwes beskikbaar vir verspreiding deur die maatskappy, met ander woorde dividende verklaar en die Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM) wat hiervolgens verhaal kan word. In 2012 het Suid-Afrika van die SBM-regime na die dividendbelasting-regime verskuif. Die dividendbelasting-regime maak voorsiening vir belasting op dividende op aandeelhouervlak en dit vervang die SBM-regime, wat n belastingplig geplaas het op die maatskappy wat n dividend verklaar. Die dividendbelasting-regime het Suid-Afrika se basis vir die belasbaarheid van dividende in lyn met die internasionale norm gebring. Met die bekendstelling van die dividendbelasting-regime is daar gemerk dat die interaksie van aandeleterugkoop en die dividendbelasting-regime meer risiko vir die fiskus inhou as gevolg van die volgende: Anders as SBM word dividendbelasting op n later stadium verhaal wanneer dividende betaal word aan nie-suid-afrikaanse korporatiewe aandeelhouers; Belastingbeplanning aan die hand van aandeleterugkoop het toegeneem omdat maatskappy-tot-maatskappy dividende uitgesluit word van dividendbelasting; en Aandeleterugkoop word toegelaat in terme van die Maatskappyewet en die enigste of hoofdoelwit van aandeleterugkoop is nie noodwendig belastingbeplanning nie, maar is dikwels gebaseer op n kommersiële rasionaal, bv. samesmeltings en verkrygings. Voorts is ook gemerk dat die huidige teenvermydingsreëls oor dividendstroping ondermyn word weens die beperkte omvang van die toepassing daarvan. Ten einde die gebruik van aandeleterugkoop-skemas, asook die vermyding van dividendstropingsreëls te beperk, is die huidige teenvermydingsreëls in die mees onlangse belastingwysigings uitgebrei om onder meer die volgende in berekening te bring: Variasies in terme van aandeleterugkoop-skemas wat belastingbetalers gebruik om normale inkomstebelasting of kapitaalwinsbelasting op die direkte verkoop van aandele te vermy; Die beperkte omvang van toepassing van dividendstropingsreëls wat slegs fokus op skuldbefondings wat voorgeskiet of gewaarborg word deur n voornemende koper of verwante persoon tot die voornemende koper van die opbrengs; en Die beperkte omvang van toepassing van dividendstropingsreëls, byvoorbeeld die feit dat dit slegs van toepassing is wanneer die voornemende verkoper onmiddellik voor die verkoop van die aandele in die teikenmaatskappy meer as 50 persent van die aandele in die teikenmaatskappy hou. Om dit te bereik is die huidige teendividendstropingsreëls wat handel in aandele en kapitaalbates dek, behou. n Nuwe reël is ingebring vir gevalle waar die dividende van aandele wat verkoop word hul kwytskeldingsaard verloor tot die mate waartoe daardie dividende buitengewone dividende verteenwoordig.

Vir hierdie teendividendstropingsreëls word buitengewone dividende anders bepaal afhangend van of die dividende verwant is tot voorkeuraandele of enige ander aandele (anders as voorkeuraandele). Voorkeuraandele word uitgesluit indien dit vasgestel word met verwysing tot n spesifieke rentekoers wat minder as 15% is. Koerse hoër as 15% word gesien as buitengewone dividende. In die geval van enige ander aandele sal buitengewone dividende enige dividende ontvang wees wat 15% van die hoër van die markwaarde van die aandele wat verkoop word, oorskrei (i) aan die begin van die 18 maande-periode; of (ii) op die datum van die verkoop van die aandele. Die wysigings is van toepassing op n aandeelhouermaatskappy met 50%-aandeelhouding, of 20% waar geen ander aandeelhouer n meerderheid aandele hou nie. In die konteks van n genoteerde maatskappy sal die 20%-grens verminder word tot enige aandeelhouermaatskappy wat 10% hou. n Voorbeeld van kwytgeskelde dividende wat gesien word as inkomste op die verkoop van bepaalde aandele sal die volgende wees: n Aandeelhouer wat 60% van die ekwiteitsaandele in n residentmaatskappy besit, verkoop sy aandeelhouding aan n koper wanneer die markwaarde van die 60% R2 500 000 is. Die markwaarde van die 60% was R3 200 000 18 maande voor die transaksie. Ses maande voor die transaksie het die residentmaatskappy dividende (wat kwalifiseer vir kwytskelding van belasting ingevolge Artikel 10(1)(k)(i)) van R800 00 aan die aandelehandelaar versprei. In hierdie geval sal die oorskot van die R800 000 bo R480 000 (15% of hoër van R3 200 000 of R2 500 00) beskou word as n buitengewone dividend, dus R320 000. Hierdie buitengewone dividend sal as inkomste beskou word aangesien die aandele as handelsvoorraad deur die aandelehandelaar gehou is. Die oorblywende deel van die dividend, R480 000, sal steeds vir kwytskelding kwalifiseer in terme van Artikel 10(1)(k)(ii). In die geval waar aandele as kapitaalbates gehou is, sal die buitengewone dividend beskou word as opbrengs vir die doeleinde van die berekening van belasbare kapitaalwins. Daar is korporatiewe herorganisasie reëls wat die belastinggevolge uitstel wat normaalweg sou ontstaan indien n bate verkoop word deur middel van sekere verkope of deur sekere maatskappyuitkerings. In sommige gevalle voorsien die korporatiewe herorganseringsreëls spesifiek dat kapitaalwinsgevolge of dividendgevolge buite berekening gelaat moet word wanneer die belasbare inkomste bepaal word van n persoon wat van hul bates ontslae raak. Die teendividendstropingsreëls tree in werking wanneer aandele verkoop word deur n kwalifiserende aandeelhouermaatskappy waar buitengewone dividende ontvang is of ontvang gaan word deur daardie aandeelhouermaatskappy. Dit beteken dat, vir die teendividendstropingsreëls om van toepassing te wees, die transaksie erken moet word vir die doeleindes van die Wet en die opbrengs of inkomste wat voortspruit uit die toepassing van die reëls moet in berekening gebring word. Die korporatiewe herorganiseringsreëls is afhanklik van die teendividendstropingsreëls ten einde seker te maak dat die korporatiewe herorganiseringsreëls nie misbruik word om n direkte kwytskelding mee te bring by belastingbetalers wat die waarde van hul aandele stroop deur dividendstroping en dan gevolglik korporatiewe herorganisering binnegaan, wat verder baat by reëls wat nie die ontslae raak of belastinggevolge van die ontslae raak van aandele erken nie. Voorberei deur CORE TAX Vir meer inligting, kontak 051-448 8188 Voorberei deur CORE Tax. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Is die waardasie van jou deeltitelkomplekse in orde? Is die waardasie van jou deeltitelkomplekse in orde? Volgens die nuwe Sectional Title Schemes Management Act (Wet 8 van 2011) moet bestuursagente van deeltitelskemas seker maak dat eiendomme elke drie jaar vir versekeringsdoeleindes korrek waardeer word. Die meeste versekeringsmaatskappye of eienaars bereken die versekerde waarde slegs op die oppervlakte van die geboue of pas net die vorige versekerde bedrag jaarliks aan.die meeste versekeringsmaatskappye werk dus ook slegs vanaf die SG-diagramme. In amper 20 jaar van eiendomswaardering het ons opgemerk dat elke klein verandering of opgradering nie altyd op die SG-diagram aangebring word nie. Hierdie probleem sal slegs gedurende n fisieke inspeksie opgetel word en daarom is n fisieke inspeksie van kardinale belang. By CORE Valuations is daar egter twee opsies van waardering beskikbaar. Die eerste is n inspeksie van die gemeenskaplike eiendom en dan slegs een van die eenhede (sodoende word die aanname gemaak dat alle eenhede dieselfde afwerking het) of tweedens, wat die beste opsie is, om elke eenheid fisiekte inpekteer, tesame met die gemeenskaplike eiendom. Hierdie inligting word dan in n professionele verslag vervat met foto s wat as stawing en rekorddoeleindes kan dien. Die waardeerders van CORE Valuations is geregistreer by die SA Raad van Waardeerders en SA Instituut van Waardeerders en die verslae sal in die hof staan.corevaluations beskik oor professionele versekering wat ons kliënte sal beskerm indien daar n eis ontstaan.core Valuations het unieke dienste vir bestuursagente beskikbaar. Kontak COREValuations op 016-976 1287, stuur n e-pos aan admin@corevaluations.co.zaof besoek www.corevaluations.co.za Voorberei deur CORE Valuations Voorberei deur CORE Business Development. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Uitdagende marktoestande Uitdagende marktoestande wat is die beste aksieplan? Ons ken almal die gesegde: Dis tyd in die mark nie tydsberekening nie wat tel, maar wat beteken dit in praktiese terme en hoe beïnvloed dit jou beleggings wanneer jy die mark met tydsberekening probeer speel? Menslike emosie Mense is emosionele wesens en ons werk hard vir ons geld. Natuurlik veroorsaak onstuimige markte paniek wanneer ons sien hoe die waarde van ons beleggings daal. Maar dit is nie die tyd om paniekerig te raak of n emosionele besluit te neem... of uit die mark te kom nie. Niemand kan seker wees wat markte in die toekoms gaan doen of wat die opbrengste vir die verskillende bateklasse (eiendom, ekwiteit, verband en kontant) sal wees nie. Jy kan egter seker wees van een ding en dit is wisselvalligheid. In hierdie onseker tye word beleggers in die gesig gestaar deur n baie belangrike besluit om vas te byt deur die moeilike ekonomiese klimaat en beleggings in die markte te hou of om eerder na kontant om te skakel? Marktydsberekening is feitlik onmoontlik Onthou dat kontant n belegger se koopkrag verminder wanneer belasting en inflasie in berekening gebring word. Beleggers wat hul beleggings in kontant wil omskep, moet ook seker maak hul tydsberekening is reg iets wat nie eens professionele beleggers altyd kan regkry nie. Wanneer jy probeer om die tydsberekening reg te kry, moet jy boonop twee keer reg wees en dit is bitter moeilik. Eers moet die belegger besluit wanneer om na kontant oor te skakel en dan moet hulle weer besluit wanneer om terug te skakel na bates. Dis duur om verkeerd te wees Omdat dit feitlik onmoontlik is om te voorspel wanneer om oor te skakel is dit hoogs waarskynlik dat beleggers van die beste dae in die mark gaan misloop. Indien jy selfs net n paar van die beste dae misloop, het dit n blywende effek op jou portefeulje se opbrengs. Bates presteer beter oor die langtermyn Wanneer daar gekyk word na die periode 2001 tot 2017, sien ons dat SA kontant slegs een keer beter presteer het as SA ekwiteite en SA verbande gedurende hierdie tyd. Ander waarnemings oor hierdie periode sluit in: SA ekwiteite het by 11 geleenthede beter presteer as SA kontant en SA verbande. SA verbande het veel beter gevaar in vergelyking met SA kontant en SA ekwiteite by vyf geleenthede. Gedurende hierdie periode was die gemiddelde opbrengs vir SA ekwiteite 17,16%, vir SA kontant 8,08% en vir SA verbande 10,35%. Dit is belangrik om daarop te let dat n hoër opbrengs vir SA ekwiteite en SA verbande natuurlik gepaardgaan met n hoër volatiliteit van opbrengste. Wat moet beleggers doen? Moenie probeer om met tydsberekening die mark te speel nie. Moenie emosionele besluite neem gebaseer op korttermyn-onsekerheid nie. Onthou dat bates gemiddeld n beter opbrengs oor die lang termyn lewer ( n minimum van vyf jaar, verkieslik tien). Verstaan jou langtermyn-beleggingsplan... en hou daarby. Wees gedissiplineerd en hou jou beleggings in die mark. Kry hulp by n gelisensiëerde finansiële adviseur wat jou kan help om n beleggingsplan op te stel wat gebou is op jou finansiële behoeftes en risiko-aptyt. Voorberei deur CORE Financial Solutions Vir meer inligting, kontak 051-448 8188 Voorberei deur CORE Financial Solutions. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Wysigings tot n trustakte Wysigings tot n trustakte Soos met alles in die lewe verouder trusts ook en moet dit dus van tyd tot tyd aangepas word. In praktyk word talle wysigings tot trustaktes nie korrek gedoen nie, dikwels met rampspoedige gevolge. Wanneer wysigings tot n trust aangebring word, neem die volgende beginsels in ag: 1. Indien die trustakte n bepaling bevat wat wysigings magtig, geld daardie bepaling. 2. Indien die begunstigdes nie enige voordele aanvaar het nie, kan selfs die bepaling wat wysigings magtig, gewysig word deur middel van n ooreenkoms tussen die stigter en die trustees. 3. Indien die trustakte nie n bepaling bevat wat wysigings magtig nie, is die posisie as volg: a) Waar die stigter steeds lewe en die begunstigdes nie enige voordele aanvaar het nie, mag die trustakte gewysig word deur middel van n ooreenkoms tussen die stigter en die trustees. b) Indien die begunstigdes enige voordele aanvaar het, moet hulle geken word in enige wysiging. c) Ná afsterwe van die stigter, indien daar geen wysigingsbepaling is nie, is dit nie wetlik moontlik om die trustakte te wysig nie, behalwe in bepaalde omstandighede waar die hof die reg het in terme van die gemene reg en Afdeling 13 van die Trusteiendombeheer-wet om die trustakte te wysig. 4. Waar begunstigdes onvervreembare regte het, mag hulle die trustakte wysig. Met bogenoemde beginsels in gedagte, is dit belangrik om die volgende te oorweeg: 1. Indien jy n begunstigde is van n inter vivosdiskresionêre trust, moet jy dit oorweeg om jou voordele te aanvaar ten einde seker te maak dat geen wysiging sonder jou toestemming gemaak mag word nie. Die beste manier om jou voordele te aanvaar is om aan die trustees te skryf dat jy al die voordele en regte aanvaar wat vir jou in die trustakte geskep is. 2. Indien jy die stigter is en die reg wil voorbehou om die trustakte te wysig sonder die toestemming van die begunstigdes, kan jy so n reg in die oorspronklike trustdokument insluit wat dit duidelik maak dat toestemming van die begustigdes nie nodig is om die trustakte te wysig nie. 3. Indien jy die stigter van n bestaande trust is en die trustakte wil wysig, maak seker dat die korrekte prosedure gevolg word. Indien die begunstigdes nie enige voordele ingevolge die trust aanvaar het nie, dokumenteer hierdie feit. Kommunikeer die wysigings wat jy wil maak en hoekom jy dit wil maak, duidelik aan die trustees. Die trustees van die trust moet n formele vergadering hou om die stigter se versoek te bespreek, asook die redes vir die wysigings tot die trustakte. Behoorlike notule moet gehou word van die bespreking wat tot die trustees se besluit gelei het. 4. Maak seker dat alle wysigings aan die Meester se kantoor gestuur word vir registrasie saam met die oorspronklike trustdokument. Indien jy dit oorweeg om jou trustakte te wysig, is dit raadsaam om van die dienste van n trustspesialis gebruik te maak. Voorberei deur CORE Trusts & Estates Voorberei deur CORE Trusts & Estates. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Die twee stellings Voorgestelde wysigings tot Stellings 000 en 300 van Die Kodes n Dag voor Paasnaweek het die Departement van Handel en Nywerheid onverwags beduidende voorgestelde veranderinge tot die B-BBEE Kodes vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer. Die twee stellings wat dalk deur die voorgestelde wysigings geraak kan word, is: Stelling 000 (Algemene beginsels), en Stelling 300 (Vaardigheidsontwikkeling) Die belangrike punte wat oorweeg word, word hieronder opgesom. Stelling 000 (Algemene beginsels): - Die gewysigde stelling stel dit uitdruklik dat die verhoogde status vir EME s en QSE s SLEGS behaal kan word deur meer as 51% effektiewe swart aandeelhouding (die Aangepaste Deurvloei-beginsel kan dus nie toegepas word om die > 51%-erkenning en gevolglike vrystellingstatus te behaal nie); - Dit word voorgestel dat generiese ondernemings met 100% swart eienaarskap erken moet word as outomatiese Vlak 1-bydraers, en dat slegs die Eienaarskap-element geverifieer moet word; - Dit word voorgestel dat generiese ondernemings met 51% > swart eienaarskap erken moet word as outomatiese Vlak 2-bydraers, en dat slegs die Eienaarskap-element geverifieer moet word; - n Nuwe beginsel kan ingestel word om die voordeel van verhoogde B-BBEE-statuste behaal vir deelname aan die YES-programme (Youth Employment Services, of jeugwerkverskaffingsdiens); - Voorvereistes vir deelname aan die YES-programme: o Die onderneming moet aan al die prioriteitsvereistes van die telkaart voldoen; o Die onderneming moet volpunte behaal vir die nuwe beurs-onderafdelingop die Vaardigheidsontwikkelingtelkaart;en o Die onderneming moet sy B-BBEE-telling jaar-op-jaar behou of verbeter; - Erkenning is gebaseer op n formule met betrekking tot personeelgetalle, netto wins ná belasting en Absorpsie-koerse. Indien die teikens vir die skep van nuwe werksgeleenthede vir swart jeugdiges (18-35 jaar) behaal word, sal dit tot voordeel van die onderneming se B-BBEE-telkaart wees; - Die potensiële voordeel van die voldoening aan die vereistes van die YES-programme is dat die oorkoepelende B-BBEE-telkaartvlak met 1-2 vlakke verhoog kan word. Stelling 300 (Vaardigheidsontwikkeling): - Dit word voorgestel dat die uitgaweteiken vir Vaardigheidsontwikkeling op die Generiese telkaart verminder kan word van 6% van jaarlikse salarisse tot 3,5%, wat sodoende die totale punte vir die onderafdeling vandie huidige 8 punte tot 6 sal verminder;

- Tweedens word voorgestel dat n nuwe onderafdeling tot die telkaart gevoeg word, naamlik; Uitgawes op beurse vir swart studente by hoëronderwys-instellings. Die voorgestelde teiken vir hierdie onderafdeling is 2,5% van jaarlikse salarisse, met n gewig van 4 punte wat tot die onderafdeling geallokeer word; - Ten einde die puntetotaal op 20 te hou voor bonuspunte, word voorgestel dat die punte vir formele leerprogramme, internskappe en vakmanskappe vir leerders met of sonder werk (gebaseer op getalle) verminder word tot 3 punte elk (tans 4 punte elk); - Dit word voorgestel dat toelae wat aan studente met beurse vir hoër onderwys betaal word ook toegelaat word as vaardigheidsontwikkeling-uitgawes (soortgelyk aan formele leerprogramme, internskappe, ens.); en - Dit word voorgestel dat reis, etes en akkommodasiekoste vir sulke studente NIE beperk word nie, maar ten volle toegelaat word; - n Verhoogde erkenning van 25% vir informele opleiding (kategorie F & G-opleiding) word ook voorgestel, wat goeie nuus sal wees vir maatskappye wat heelwat informele opleiding verskaf. Die periode vir openbare kommentaar het op 29 Mei 2018 geëindig en die BEE-eenheid van die Departement oorweeg nou alle kommentaar voordat voortgegaan word met die finalisering van die dokument vir finale publikasie in die Staatskoerant. Tans is daar geen aanduiding wanneer die finale Staatskoerant gepromulgeer sal word nie, maar die Departement het aangedui dat geen oorgangsperiode toegelaat gaan word nie. Dit beteken dat die wysigings onmiddellik van krag sal wees sodra dit gepromulgeer is. Vir enige B-BBEE-verwante bystand, kontak gerus die CORE BEE-span. Voorberei deur CORE BEE Vir meer inligting, kontak 051-448 8188 Voorberei deur CORE BEE Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Versekering vir n tuisonderneming Versekering vir n tuisonderneming Suid-Afrikaanse navorsing wys dat 43% van eienaars van nuwe ondernemings verkies om van die huis af te werk. Maar sal jy in staat wees om van jou versekeraar te eis indien jy beroof word of n brand verwoes al jou werksmateriaal? Versekeraars vereis dat jy enige inligting verklaar wat moontlik jou risiko kan beïnvloed. Dit is waarom dit belangrik is dat jy jou versekeraar inlig indien jy n tuisonderneming bestuur. Jou kontrolelys vir behoorlike dekking Eerstens verskil Suid-Afrikaanse versekeraars se definisie van tuisondernemings vra jou versekeraar of jy volledige dekking het as deel van jou huisinhoud- en alle risiko-dekking en of jy moet aansoek doen vir kommersiële versekeringsdekking. Vind uit of jou versekeraar kantoortoerusting, skootrekenaars en rekenaars tuis dek selfs al word dit vir jou besigheid gebruik. Huishoudelike inhoud sluit gewoonlik nie sagteware en die verlies van data as gevolg van probleme met toerusting in nie. Indien jou onderneming staat maak op elektroniese data en sagteware moet jy dalk n kommersiële polis vir die herontginning van jou data oorweeg. Besoek kliënte of verskaffers jou huis vir besigheidsdoeleindes? Indien wel, wat gaan gebeur indien iemand daar beseer word? Jy kan persoonlike aanspreeklikheidsversekering oorweeg, wat jou sal beskerm in geval van n eis teen jou. Is die inhoud van jou besigheid verseker teen basiese risiko s soos brand, weerlig, ontploffing, storms, wind, water, hael, sneeu, n aardbewing en inbrake? Maak seker by jou versekeraar of makelaar dat jy die korrekte polis in plek het. n Belangrike aspek van die sukses van enige besigheid is om seker te maak jy is beskerm teen voor-die-handliggende risiko s. Volg op met jou versekeraar Kies altyd n versekeraar wat ervaring het met klein en groot besighede. Kyk ook dat die versekeraar n goeie rekord het vir eis-uitbetalings. Vind uit of daar ander voordele vir polishouers is, soos n 24/7-eis- en nooddiens. Bron: https://www.santam.co.za/blog/business-advice/starting-a-business-from-home-heres-what-youneed-to-know-about-home-based-business-insurance/ Voorberei deur CORE Short-Term Vir meer inligting, kontak 051-448 8188 Voorberei deur CORE Short-Term Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188