NUUSBRIEF DESEMBER 2016

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

Kwartaalverslag 31 Desember 2016

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Empathy Ouerhandleiding

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jesaja sien die Toekoms

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Petrus en die Krag van Gebed

EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus?

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

Die Kerk Kry Moeilikheid

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

PL A ASLIKE BELEGGINGS

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

AANBOD OM TE KOOP. 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper )

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE

Die invloed van vakbonde *

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

God se Woord. God se Wil

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Seisoen van die Gees

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Anglo-Boereoorlog *

VEILINGSREËLS en VERKOOPSVOORWAARDES

DIE BELASTINGGEVOLGE VAN BOEDELSAMESMELTING

Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF. Oktober Beste lede. Vriendelike groete Lynn van der Merwe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Profetiese woord vir 2017 en verder

PROVINCE OF THE EASTERN CAPE IPHONDO LEMPUMA KOLONI PROVINSIE OOS-KAAP. Provincial Gazette Igazethi Yephondo Provinsiale Koerant (Extraordinary)

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Leer Beter Dink Module 1 *

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Friday, 2 June 2017 Vrydag, 2 Junie 2017

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Die plek van jou tent

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Besprekingsvrae vir selgroepe

Josua - van jongs af n leier

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte

Transcription:

NUUSBRIEF DESEMBER 2016 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET INHOUDSOPGAWE In hierdie uitgawe 1) BELEGGINGSBELEID EN AANPASSINGS 2 1.1 RSA Makelaars Beleggingsbeleid 2 1.2 Lewende Annuïteit: Jaarlikse Inkomste Aanpassings 2 1.3 Sygnia Beleggingsbeleid 2 2) MARKTE IN OËNSKOU 3 2.1 S.A. Ekonomie 3 2.2 Wêreld Ekonomie 3 3) GRAFIEKE EN TERUGVOER 4-9 4) PROJEKTE 9 4.1 Bydraes tot Uittree Annuïteite 9 4.2 Verskuiwing van die AIMS administrasie na Sygnia se administrasie 9 5) INKOMSTEBELASTING 9 5.1 Boedelbelasting: Implikasies vir 2016/17 9 5.2 Aftrekking van bestuur-, administrasie- en adviesfooie van Inkomstebelasting 9 6) DEURLOPENDE DIENS EN ADVIES FREKWENSIES 10 7) ALGEMEEN 10 7.1 Beoordeling van inligting in die media 10 7.2 Oordrag van eiendom: Is Hereregte/BTW betaalbaar of nie? 11 7.3 Aanbevole leesstof 11 7.4 Nuwe telefoonstelsel 11 7.5 Onopgeëiste pensioenfondskrediete by Sanlam 11 7.6 Kantoor gesluit oor Kerstyd 11 8) MAANDELIKSE REISPROGRAM 11 8.1 Reisroete 11 8.2 Adresse van kantoorlokale 11 9) RSA MAKELAARS PERSONEEL NUUS 12 Bladsy 10) BYLAES 13-15 11) PERSONEEL KONTAK BESONDERHEDE 16 Bladsy1

1) BELEGGINGSBELEID EN AANPASSINGS 1.1. RSA Makelaars Beleggingsbeleid 2016 was n moeilike beleggingsjaar as gevolg van abnormale politieke en wêreldmark omstandighede. Dienooreenkomstig bevestig ons die volgende wysigings aan ons beleggingsbeleid: a) Waar inkomste uit n portefeulje benodig word, moet dit uitdruklik en uitsluitlik uit n konserwatiewe fonds, bv. Sygnia se inflasie+2% strategie, onttrek word. Die rede is bloot omdat n konserwatiewe strategie slegs sowat 30% blootstelling aan aandele het, wat die risiko van fondsbeweging as gevolg van negatiewe plaaslike en wêreld omstandighede, beperk. Die mandaat van so n fonds is om inflasie met 2-3% per jaar uit te presteer. Hierdie doelwitte is vóór 2016 gemaklik behaal. b) Kapitaalgroei word uit matige en aggressiewe portefeuljes verkry. Die mandaat van n matige strategie is om inflasie met 4-5% oor n 36 maande (3 jaar) periode uit te presteer. n Aggressiewe strategie poog om inflasie met 5-6% oor n periode van 60 maande (5-jaar) uit te presteer. Bogenoemde doelwitte is vóór 2016 gemaklik behaal. c) By lewende annuïteite word die kapitaal wat nie vir inkomste aangewend word nie, tussen die matige en aggressiewe fondse soos volg onderverdeel: Die kapitaal in die matige portefeulje word tussen die Sygnia inflasie+4% strategie en n indeksfonds verdeel. Die motivering vir die indeksfonds is dat die administrasiekoste nul is en die bestuursfooi tot 0.4% per jaar van fondswaarde beperk word. Kapitaal in die aggressiewe portefeulje word tussen die Sygnia inflasie+6% strategie en buitelandsefondse verdeel. Die buitelandse blootstelling is dáár vir verdere Randverskansing. Bogenoemde verdeling word deur middel van n formule bepaal. Om die blootstelling aan die konserwatiewe portefeulje te bereken, het ons tot aan die einde van 2015 op n 7% p.j. netto opbrengskoers gewerk. Ons het egter in 2016 en 2017 hierdie opbrengsveronderstelling na 6% p.j. verminder. Die beleid veroorsaak noodwendig dat n groter deel van kapitaal konserwatief belê moet word. Hoewel dit minder voordelig is om kapitaal teen inflasie te beskerm, is die behoud van beleggingskapitaal onder huidige omstandighede n groter prioriteit. In n gunstiger ekonomie, sal hierdie beleid natuurlik weer aangepas word. Die rede waarom ons aanbeveel dat diskresionêre kapitaal nie nou opgevra en rentedraend belê word nie, is die volgende: a) Kapitaalwinsbelasting sal waarskynlik reeds betaalbaar wees; b) Wanneer die mark herstel is dit moeilik om terug te beweeg, en kan al die groeipotensiaal verloor word c) Die termyn van die alternatiewe vaste rente belegging kan ook beteken dat by termynverstryking die mark reeds herstel het. Ons beveel dus aan om in bestaande portefeulje s te bly. Vir jong mense en kinders met n beleggingshorison van langer as 5 jaar, word aggressiewe binnelandse en buitelandse portefeuljes aanbeveel. Elke individu se unieke situasie moet egter in oorweging gebring word. Ons herhaal en bevestig ons aanbeveling dat, onder die huidige ekonomiese omstandighede, nie meer as 6% p.j. van fondswaarde uit beleggings onttrek word nie. Daar is n aantal faktore wat in hierdie opsig in gedagte gehou moet word: Hoë inflasie: Kliënte moet hul nie teen die Reserwebank se inflasieprys blind staar nie. Deur op te let hoe pryse van net n paar alledaagse produkte eskaleer, sal u verstaan hoekom ons dit sê. Medies: Mediesefonds premies styg met ten minste 16% p.j. Krag: Ons het geweldige prysverhogings van amper 16% oor die afgelope paar jaar gehad. Kos: Daar word beweer dat voedsel inflasie naby 20% p.j. is. Vir kliënte se geld om hulle te oorleef, moet hul kapitaal, ná onttrekkings, so ná as moontlik aan inflasie groei. Ons sal met ons gereelde individuele afsprake kliënte se unieke situasies bespreek en, waar nodig, aanpassings voorstel. 1.2. Lewende Annuïteit: Jaarlikse Inkomste Aanpassings Met die heersende negatiewe markskommelinge in gedagte en aangesien inkomste onttrekkings uit lewende annuïteite slegs een maal per jaar aangepas mag word, is dit belangrik dat kliënte die volgende in gedagte hou: (a) By die aanvanklike belegging van die kapitaal het u n aanduiding gegee of u inkomste as n persentasie van fondswaarde of as n vaste bedrag betaal moet word. Indien u n persentasie gekies het, sal u inkomste jaarliks op die fondswaarde bereken word. Die inkomste sal, as gevolg van kapitaalgroei, dienooreenkomstig verhoog; Indien u aanpassingsdatum egter in n periode val waar fondswaardes dalk gedaal het, sal u inkomste dienooreenkomstig verminder; Indien kliënte wat n vaste bedrag ontvang die inkomste as n persentasie van fondswaarde bereken, sal die onttrekkingspersentasie dienooreenkomstig verhoog of verlaag; U sal op die brief wat deur die beleggingsmaatskappye gestuur word om jaarlikse inkomste aanpassings te maak, kan sien of u n persentasie of n vaste Randbedrag ontvang. Ons beveel sterk aan dat kliënte nie meer as 6% p.j. van fondswaarde as n inkomste onttrek nie. Verwys ook na bladsy 7 waar ons n uittreksel uit n aanbieding deur Investec aanhaal waarin hulle hierdie onderwerp aanspreek. Skakel ons asseblief indien u enige verdere inligting of advies hiermee benodig. 1.3. Sygnia Beleggingsbeleid Op bladsy 3 word Sygnia se beleggingsbeleid en aanpassings uiteengesit en ons lewer hier kommentaar daaroor. 1) Buitelandse blootstelling: Ons bevestig dat Sygnia steeds 25% buitelandse blootstelling in die CPI+2%, +4% en +6% strategieë het. Die rede vir hierdie blootstelling is om die Rand teen ander valuta te verskans. Bladsy2

2) Sygnia se huidige siening: Sygnia handhaaf tans n streng konserwatiewe uitkyk op die bestuur van hulle fondse. Die behoud van kapitaal is in 2016/17 hul hoof doelwit. Verwys ook na hul bateklas allokasie op bladsy 6. Let veral op die TAA kolom (Taktiese Bate Allokasie). Dit is n aanduiding van hoe Sygnia hul konserwatiewe sienswyse vir kapitaalbehoud tans op die fondse toepas. SYGNIA SE HUIDIGE BELEGGINGSBELEID: CAPITAL PRESERVATION AND RISK MANAGEMENT WILL DOMINATE OUR VIEWS IN 2016 2) MARKTE IN OËNSKOU 2.1 S.A. Ekonomie n Aantal faktore in beide Suid-Afrika en die buiteland veroorsaak dat markte steeds wipplank ry. Plaaslike markte voel steeds die impak van die minister Nene afdanking fiasko. Hoewel markte met minister Gordhan se aanstelling gestabiliseer het, het die klag van bedrog teen hom markte weer negatief beïnvloed. Die saak is intussen teruggetrek. Die onttrekking van Engeland uit die Europese Unie in Junie het n groot impak op Derde-Wêreld ekonomieë gehad. Ons ekonomie word op groot skaal deur politieke onsekerheid beïnvloed. Daar is heelwat vrae oor die Openbare Beskermer se Staatskapingverslag; oor die rol wat Pres. Zuma en die Gupta Familie hierin speel; oor wat hiervan gaan kom en wat die impak op ons ekonomie sal wees. As gevolg van al hierdie negatiewe sentiment moet Fondsbestuurders alle moontlike scenario s ondersoek. Indien die Randwaarde daal, moet daar buitelandse blootstelling wees. Vir hierdie rede behou Fondsbestuurders steeds blootstelling in die buiteland 2.2 Wêreld Ekonomie Tans heers hier ook heelwat onsekerheid, veral ná die onttrekking van die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie. Markte het skerp hierop gereageer, hoofsaaklik omdat die meerderheid ekonome nie verwag het dat die onttrekking sou realiseer nie. Daar is spekulasie oor hoe groot die impak van hierdie besluit vir die Verenigde Koninkryk gaan wees. n Aantal internasionale maatskappye wat hul hoofkantore in London het, het aangedui dat hulle dit sterk oorweeg om hulle kantore te skuif, o.a. as gevolg van die moontlike paspoort reëls wat nou geïmplementeer gaan word. Ons sal moet sien hoe dit ons ekonomie gaan beïnvloed. Wat die VSA betref is die verwagting van n rentekoers verhoging in 2016 verlaag van 1% na 0.5%, wat die dollar verswak het. Die VSA het hulle besluit om rente-koerse verder te verhoog, ook uitgestel om die uitslag van die Brexit stem te kry. Die groot nuus in Amerika is die verkiesing van Donald Trump as die Amerikaanse President. Markte het skerp hierop gereageer, wat verstaanbaar is, aangesien die groter meerderheid geglo het dat die meer konserwatiewe Hilary Clinton verkies sou word. Donald Trump het reeds aangedui dat hy redelik radikale veranderings gaan aanbring. Ons sal moet kyk hoe dit realiseer en hoe dit ons mark beïnvloed. Ons siening is dat hy n positiewe invloed op die ekonomie van die VSA kan hê. n Sterk VSA is gelyk aan n sterk wêreld ekonomie. Bladsy3

3) GRAFIEKE EN TERUGVOER Die volgende skyfies en grafieke met ons kommentaar daarby, word vir u insae ingesluit. Hierdie inligting is deur Sygnia, Ou Mutual en Investec se Fondsbestuurders tydens seminare wat ons gedurende die tweede semester bygewoon het, aan ons voorgelê as deel van die deurlopende professionele ontwikkeling soos deur die FPI (Financial Planning Institute) vereis. KOMMENTAAR: In aansluiting by punt 2. Markte in oënskou, haal ons graag die volgende skyfie aan. Die ekonomiese wêreld is baie bekommerd en dit kan gesien word in die groot invloei van geld in selfs negatiewe 10-jaar effekte. Let op hoe swak ekonomiese groei-vooruitskattings tans wêreldwyd is. Bladsy4

KOMMENTAAR: Plaaslike markte gaan steeds sywaarts beweeg met grootskaalse onbestendigheid. Effekte en die Rand sal steeds voordeel trek uit buitelandse rente. SA MARKETS EXPECT VOLATILITY KOMMENTAAR: Die samestelling van portefeuljes en die probleme waarmee fondsbestuurders op hierdie stadium sit wat groei in portefeuljes bemoeilik, word hier uiteengesit. SA SPECIFIC CHALLENGES Bladsy5

KOMMENTAAR: Sygnia is baie meer konserwatief met die bate allokasie in hul fondse. Die onderstaande TAA (Tactical Asset Allocation) of Taktiese Bate Allokasie, bevestig Sygnia se meer konserwatiewe kapitaal behoud siening. Ons sal in ons Junie 2017 Nuusbrief hierdie inligting in besonder aan u verduidelik. Bladsy6

n Uittreksel uit Investec se aanbieding: INVESTING IN TODAY S UNCERTAIN WORLD Let veral op die 4de skyfie A particular dilemma for living annuitants, waar Investec aandui hoe kliënte se geld drasties kan verminder na n aantal jare deur te kyk na die persentasie inkomste wat hulle trek. Kliënte moet baie ernstig hierna kyk en besef wat die gevolge kan wees van n te hoë inkomste onttrekking, veral in negatiewe markte Investing in today s uncertain world Living annuity investment options Changing investment landscape has put pressure on living annuity investments - Higher inflation - Historically low interest rates - Low / no growth - Lower expected real returns from all asset classes Investors need to adjust their standard of living to the current return environment - Exacerbated by administered price increases greater than inflation The challenge for financial advisors and investors alike, is to find the balance between capital growth and income generation Living annuities risks Diminishing real returns Increased volatility Modelling done on historic returns - Is this relevant given the changing environment Where should the investment decision lie? - Client - Advisor - Trustee - Portfolio Manager Finding a fund where the investment objective is aligned with the client s goal A forward looking and flexible approach is crucial Rolling 12 month CPI Rolling 12 month Cash SA Repo rate Average real interest rates Bladsy7

Bladsy8

4) PROJEKTE 4.1 Bydraes tot Uittree Annuïteite Die Ontvanger van Inkomste het op 1 Maart 2016 die maksimum belasting aftrekbare bydrae tot uittree annuïteite/aftrede van 15% van pensioendraende inkkomste na 27.5% per jaar van belasbare inkomste verhoog. Hierdie inligting is reeds deurgegee in ons skrywes aan individuele kliënte, om hul te herinner aan die jaarlikse bydraes tot uittree annuïteite deur óf eie kapitaal aan te wend, óf die omrol proses te gebruik, met die opsie om moontlik groter bydraes te maak deur bogenoemde toegewing te benut. Ons beveel natuurlik aan dat kliënte hierdie bydrae tot die maksimum benut om die minimum belasting te betaal. 4.2 Verskuiwing van die AIMS administrasie na Sygnia administrasie n Klein gedeelte van die oorspronklike AIMS portefeulje is steeds nie na die Sygnia administrasie oorgedra nie. Ons vermoed dat van die oorspronklike dokumente wat in hierdie verband in Desember 2013 aan kliënte gestuur is, óf nie by al die kliënte uitgekom het nie, óf moontlik met die terugstuur na ons in die pos verlore geraak het. In n poging om die oordrag projek kosteloos en sonder kapitaalwinsbelasting implikasies te finaliseer, sal ons binnekort aan dié kliënte wie se AIMS administrasie nog nie na die Sygnia administrasie oorgedra is nie, weer van die nodige vorms voorsien om dit te reël. Dit gaan bloot daaroor dat die administratiewe proses by Sygnia aansienlik minder kos en op hierdie stadium is enige kostebesparing goud werd. 5) INKOMSTEBELASTING 5.1 Boedelbelasting: Implikasies vir 2017/18 Tydens n konferensie met die FPI (Financial Planning Institute) is die volgende aangedui as op die tafel vir volgende jaar: (a) Boedelbelasting: Die verhoging van die korting van R7-miljoen na R15-miljoen; (b) BTW: Belasting op toegevoegde waarde gaan waarskynlik dieselfde bly; (c) Persoonlike belasting: Gaan styg; (d) Daar word nie berig of Trust bepalings verander nie; Ons sal in ons Junie 2017 Nuusbrief volledig hieroor berig. 5.2 Aftrekking van bestuur-, administrasie- en adviesfooie van inkomstebelasting Persone in n hoër belastingskaal van >35% het al in die verlede bogenoemde kostes van die Ontvanger van Inkomste suksesvol as uitgawes geëis. Ons ondersoek tans n prosedure om die proses te aktiveer en deur te voer. Ons sal u op hoogte hou van die vordering. Bladsy9

6) DEURLOPENDE DIENS EN ADVIES FREKWENSIE In ons Desember 2015 Nuusbrief het ons aspekte wat tydens gereelde besoeke bespreek en hanteer word, soos volg aan u deurgegee: 1) Beleggings- en versekeringsopgawe: n Opgedateerde opgawe met nuutste waardes en fondsfeitestate word oorhandig en bespreek. 2) Kontantvloei: Ons kontroleer of kliënte met hul maandelikse kontantvloei tevrede is en aandag word aan probleem areas geskenk. 3) Portefeulje opbrengs: n Volledige bespreking van die samestelling en opbrengs van u portefeulje word gedoen en, waar nodig, adviseer ons rakende portefeuljes wat verskuif moet word. 4) Inkomstebelasting: U belasting situasie word aan die hand van u SARS (ITA34) belastingaanslag bespreek met die doel om: a. Te verseker dat u nie oormatige belasbare rente, groter as die rentekorting, onnodig uit beleggings ontvang nie. b. Te bepaal of u die maksimum belasting aftrekbare bydraes tot uittree annuïteite maak om u belastingverpligtinge te verminder. c. Te verseker dat u inkomste uit die mees belasting-effektiewe bronne onttrek word. 5) Testament: Ons bespreek en kontroleer u bestaande testament asook u lewende testament. Ons wil graag onder andere verseker dat: a. Die Eksekuteursvergoeding op die laagste moontlike persentasie in die Testament bepaal word. b. Die bepalings in u Testament uitvoerbaar is en dat daar geen versoeke of bepalings is waaraan daar nie wettiglik voldoen kan word nie, bv. foutiewe begunstiging van polisse/beleggings. 6) Boedel- en Kapitaalwinsbelasting: Die nodige berekenings kan gemaak word om te bepaal of boedelbelasting by die gesamentlike of langslewende se sterfte ter sprake sal wees. Indien wel, sal ons die nodige voorstelle maak om die kapitaal daarvoor te voorsien (bv. deur n lewenspolis). Ons sal ook aanbevelings maak om mettertyd die nodige meganismes te implementeer om u boedel se batewaarde te verminder en sodoende boedelbelasting te bespaar. Kapitaalwinsbelasting sal ook in hierdie gesprek aandag kry en, indien nodig, sal voorkomingsmaatreëls voorgestel word. Die gereelde verkryging en voorbereiding van al die data, fondsfeitestate en inligting vir hierdie opgawe asook die nagaan daarvan om dit so korrek moontlik voor te lê, vereis egter geweldig baie tyd. Ten einde die werkvloei in die kantoor meer effektief te maak en om te verseker dat alle kliënte gereeld gediens word, het ons dit goed gedink om die volgende werkswyse vir twee jaar op die proef te stel: Waar n bestaande kliënt n kapitaal insident ervaar, bv. n aftrede / realisering van belegging of polis / sterfte / die beskikbaarheid van kapitaal vir belegging / verkoop van eiendom, ensomeer, of waar n kliënt n spesifieke behoefte vir n gesprek het, sal voorkeur vir voorbereiding van die lêer en n afspraak gegee word. Vir kliënte wie nie een van bogenoemde insidente ervaar nie, sal ons voortgaan om op n jaarlikse basis per korrespondensie n Beleggings- en versekeringsopgawe aan hulle te stuur waarin bogenoemde aspekte skriftelik hanteer word en om op n twee-jaarlikse basis, indien nodig n afspraak/besoek te reël. 7) ALGEMEEN 7.1 Beoordeling van inligting in die media Daar het redelik onlangs n uiters negatiewe artikel rondom die stand van sake in Suid-Afrika en die wêreld as geheel, op Money Web verskyn. Ongelukkig het die betrokke persoon wat hierdie negatiewe opmerkings gemaak het, geen oplossings vir die probleme aanbeveel nie. Kort daarna het n duidelik baie kundiger persoon hierdie beriggewing egter goed beredeneerde en met statistiek weerlê en n totaal verskillende prentjie geskets. Die les wat ons hieruit moet leer en ter harte moet neem is dat gepubliseerde inligting wat oënskynlik van kundige persone kom, baie versigtig beoordeel moet word en dat ons nie noodwendig dit as enigste waarheid moet aanvaar en onmiddellik daarop reageer nie. Indien u in die media of op die internet sodanige inligting raak loop en dit u bekommer, is u baie welkom om dit met ons te deel sodat ons vir u n mening daaroor kan uitspreek. Bladsy10

7.2 Oordrag van eiendom: Is Hereregte / BTW betaalbaar of nie? Ons heg graag as Bylae A op bladsy 13 n insiggewende artikel oor hierdie onderwerp vir u aandag hierby aan. Dit kom uit die Oktober 2016 Nuusbrief van ons prokureurs, Heyns en Vennote. 7.3 Aanbevole leesstof Vir kliënte wat n groter belangstelling in beleggings en veral ook inkomstebelasting het, beveel ons aan dat hulle op n kwartaallikse basis die Personal Finance deur middel van die webtuiste, www.persfin.co.za, bekom. Dit is leesstof wat ons sterk aanbeveel. Onderwerpe word goed nagevors en die inligting wat deurgegee word is uiters betroubaar. 7.4 Nuwe telefoonstelsel Ons het gedurende November van die ou Telkom lyn na n nuwe veseloptiese ( fiber optic ) stelsel by VOX oorgeskakel. Heelwat geboortepyne is met die nuwe sisteem ervaar en ons vra om verskoning indien u verontrief is. Let asseblief daarop dat, omdat ons nou deur n veseloptiese lyn werk, u oproepe baie meer soos n selfoon oproep gaan klink. Met ander woorde, daar mag n effense vertraging tussen die skakel van die nommer en die lui van die telefoon wees. 8) MAANDELIKSE REISPROGRAM 8.1 Reisroete Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. OOS-KAAP - word gedurende die 2de week van elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en vlieg via Oos-Londen terug na Kaapstad. JOHANNESBURG / POTCHEFSTROOM / PRETORIA - word gedurende die laaste week van die maand besoek. KAAPSTAD EN OMGEWING - kliënte word na gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien. Indien u buite ons normale geskeduleerde besoeke spesifieke finansiële sake wil bespreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh of Colleen Knoetze te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei. Indien u moontlik ʼn probleem ondervind om ons by die kantoorlokaal te sien, bevestig dit asseblief aan Maria of Colleen sodat ons die nodige reëlings kan tref om u aan huis te besoek. Ons is bewus daarvan dat die klank van die antwoord sisteem soms nie duidelik genoeg is nie en ons werk met die ingenieurs daaraan om dit te verbeter. Daar was n probleem met die speel van musiek wanneer u na n uitbreiding deurgeskakel word en ook met die laat van n boodskap indien n uitbreiding nie beskikbaar was nie. VOX en hul tegnici is deeglik van hierdie probleme bewus en poog om die probleme so gou moontlik op te los. Ons vertrou dat teen die tyd dat u hierdie Nuusbrief lees, al ons probleme uitgesorteer sal wees. Ons waardeer opreg u geduld met hierdie oorskakeling. 7.5 Onopgeëiste pensioenfonds krediete by Sanlam Die Burger van 28 November 2016 het n berig gehad in verband met miljoene Rande se onopgeëiste pensioenfonds krediete van individue en instansies, bv. Kerke, met n lang lys name. Ons beveel aan dat, indien u bewus is van n persoon of instansie wat dalk hierdeur geraak word, u Sanlam kontak of die artikel deur die koerant bekom, sodat die krediete opgeëis kan word. 7.6 Kantoor gesluit oor Kerstyd Die RSA Makelaars personeel gaan op n welverdiende blaaskans. Die kantoor sluit op 15 Desember 2016 en heropen op 9 Januarie 2017. 8.2 Adresse van kantoor lokale JOHANNESBURG: Regus Grond Vloer, Twickenham Gebou The Campus H/v Main &Sloanestraat Bryanston POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom PRETORIA: Regus Pegasusgebou 1 Amarandlaan 210 Menlyn Maine Pretoria GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres OOS LONDEN: Regus Grondvloer, 14 Stewart Rylaan Berea Oos London GESLUIT Bladsy11

9) RSA MAKELAARS - PERSONEEL NUUS Ons is baie hartseer om te meld dat Michelle Hüsselmann ons diens gaan verlaat. Ons gaan haar baie mis, maar wens haar sukses met haar nuwe betrekking toe. Andrea Fourie gaan Michelle se portefeulje van kliënte wie se vanne met K, L en M begin, hanteer. Sy het baie jare ervaring in die bedryf en skakel reeds in. Ons verwelkom haar hartlik by die RSA familie. Colleen en Gert Knoetze se seun, Martin, is op 10 September met Kimberley Barker getroud. Geluk aan die jong egpaar en ook aan Gert en Colleen met die aanwins van n skoondogter. Denise van Zyl se seun, Stiaan, het n 3 jaar kontrak met Sussex in Engeland geteken. Ons wens hom alle sukses toe. Heidi het hierdie jaar baie met haar gesond gesukkel en ons hoop werklik dat sy gou weer 100% gesond sal wees. Heidi se jongste dogter het so pas Matriek geskryf en nou die lang wag vir die uitslae, net om te hoor hoeveel A s sy het! Pieter en Lynnette was op heerlike toer na Ysland en Dubai. Linda Marais se oudste seun, Jean, en sy vrou is nou in Singapoer gesetel. Van die uiterste koue in Ysland na die hitte van Dubai n wonderlike ervaring met hul vriende. Wynand, die oudste seun van Ingrid en Arne Singels, en sy vrou Lize-Mari, het na Nederland verhuis waar hulle beplan om vir 3-4 jaar te werk. Arne en Ingrid is beide ook van Nederlandse afkoms. Hulle jongste seun, Arjen Singels, het sy B.Sc. Hons (Rekenaar Wetenskap) suksesvol voltooi en begin in die nuwe jaar met sy loopbaan. Ons wens hierdie jong man baie sukses toe. Bladsy12

10) BYLAES BYLAE A OORDRAG VAN EIENDOM: IS BTW OF HEREREGTE BETAALBAAR? 26 Oktober 2016 Die Koper is verantwoordelik vir die betaling van die oordragkoste wanneer 'n onroerende eiendom aangekoop word, maar dan moet verder bepaal word of BTW of hereregte op die transaksie aan SAID betaalbaar is. By die oordrag van onroerende eiendom is daar altyd BTW of hereregte betaalbaar aan SAID. Daar word na die status van die verkoper en die aard van die transaksie gekyk ten einde te bepaal of BTW of hereregte betaalbaar sal wees. BTW Indien die Verkoper as n ondernemer vir BTW geregistreer is en die eiendom verkoop in die loop van sy besigheid, is BTW op die transaksie betaalbaar. 'n Ondernemer is 'n persoon wat 'n onderneming bedryf en wie se totale jaarlikse belasbare inkomste R1 000 000 oorskry. Hy/sy is dus verplig om vir BTW te registreer. 'n Verdere vereiste is dat die eiendom wat verkoop word, verband moet hou met die onderneming waaruit die ondernemer sy inkomste verdien. Die koopkontrak moet dan stipuleer of die koopprys BTW insluit of uitsluit. Indien die koopkontrak nie melding maak van BTW nie en die verkoper is vir BTW geregistreer, word BTW geag ingesluit te wees by die koopprys en sal die verkoper 14% van die koopprys aan SAID moet betaal. Die verkoper is verantwoordelik vir die oorbetaling van die BTW aan SAID tensy die kontrak bepaal dat dit die koper se verantwoordelikheid is. Indien die koper vir BTW geregistreer is, maar die verkoper nie, sal hereregte betaalbaar wees, maar die koper kan ná registrasie die hereregte wat betaal is van SAID terugeis. Hereregte As die verkoper nie vir BTW geregistreer is nie is dit redelik seker dat hereregte betaalbaar sal wees, en wel deur die koper. Die koers waarteen hereregte tans bereken word is soos volg: 1. Die eerste R750 000 van die waarde van die eiendom is vrygestel van hereregte. 2. Daarna is die hereregte 3% van die waarde van die eiendom tussen R750 000 en R1 250 000. 3. Indien die waarde van die eiendom tussen R1 250 001 en R1 750 000 val, word hereregte bereken teen R15 000 plus 6% van die waarde van die eiendom bo R1 250 000. 4. Waar die waarde van die eiendom tussen R1 750 001 en R2 250 000 val, sal hereregte van R45 000 plus 8% van die waarde van die eiendom groter as R1 750 000 betaalbaar wees. 5. Op n eiendom met n waarde van meer as R2 250 000 is die hereregte gelyk aan R85 000 plus 11% van die waarde van die eiendom wat meer is as R2 250 000. Die koers waarteen hereregte betaal word, is tans dieselfde vir natuurlike en regspersone (maatskappy, beslote korporasie of trust). Hereregte word bereken op die billike waarde van die eiendom wat gewoonlik die koopsom is. Indien die markwaarde van die eiendom egter hoër as die koopsom is, sal hereregte op die hoogste bedrag gehef word. Hereregte moet oorbetaal word aan SAID binne ses maande vanaf datum van kontraksluiting. Daar is enkele gevalle waar hereregte nie betaalbaar is nie, o.a. waar 'n party 'n eiendom bekom kragtens 'n egskeidingsbevel of 'n erfgenaam is uit 'n boedel. Wanneer aandele in 'n maatskappy, of die ledebelang in 'n beslote korporasie, of die regte in 'n trust oorgedra word, is die transaksie onderhewig aan die betaling van hereregte indien die regspersoon die eienaar van 'n residensiële eiendom is. Nulkoers-transaksies Dit beteken dat BTW wel betaalbaar is, maar teen n koers van 0%. Waar beide die verkoper en koper vir BTW geregistreer is en die eiendom as 'n lopende saak verkoop word, word BTW teen n nulkoers gehef, bv. waar 'n boer sy plaas tesame met die implemente en vee verkoop. Vrystelling Waar die verkoper vir BTW geregistreer is en sy besigheid die koop en verkoop van eiendom en die verhuring daarvan vir woondoeleindes behels, en hy die verhuurde eiendom verkoop, is daar nie BTW betaalbaar nie, maar wel hereregte. Dit is dus belangrik vir die koper om met die sluiting van die kontrak navraag te doen oor die BTW-status van die verkoper. Die verkoper wat vir BTW geregistreer is, moet met kontraksluiting die koopprys klousule deeglik nagaan om seker te maak of die verkoopprys BTW insluit of uitsluit Hierdie is n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE) (Nuusbrief Heyns en Vennote 26 Oktober 2016) Bladsy13

BYLAE B Ou Mutual gee in hierdie artikel hulle mening oor hoe n Fondsbestuurder n historiese rekord vir groei kan genereer. WEALTH INTELLIGENCE WEEKLY KEY QUESTIONS07 November 2016 Bladsy14

13 4 11 6 8 9 7 10 14 12 15 16 17 20 18 19 1 2 5 3 1.Oil crisis / end of Bretton Woods system 2. Soweto Riots 3. 2 nd Oil crisis / Decline in gold price 4. PW Botha s Rubicon Speech 5. Black Monday / SA state of emergency 6. Foreign activity 7.SA elections 8. Mexican crisis 9. Russian crisis/sa rates surge 10. 11 September 2001 11. International correction (overpriced markets: geopolitical tension) 12. Emerging market jitters 13. US Sub-prime crisis 14. Finrand abolition 15. SE Asian crisis 16. SA Rates fall sharply 17 Recovery from cheap levels 18. Interest rate cuts 18. Low inflation and interest rates 20. TARP* stimulus recovery Ons wens al ons kliënte en hul geliefdes n vredevolle Kerstyd toe en voorspoed vir 2017. Bladsy15

11) PERSONEEL KONTAK BESONDERHEDE PERSONEEL E-POS: Tel. Uitbr. Nr.: Fax-2-email Peter-John Smitsdorff peterjon@rsabrokers.co.za Derick Payne derick@rsabrokers.co.za Japie Louw japie@rsabrokers.co.za Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) maria@rsabrokers.co.za 101 0866 151808 Colleen Knoetze (Persoonlike Assistent) colleen@rsabrokers.co.za 118 0866 102734 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) ingrid@rsabrokers.co.za 108 0866 151618 Thea Horak (Ontvangs/dikteerwerk) reception@rsabrokers.co.za 100 0866 102734 Administratiewe Assistente / Kliëntediens: Magda Matthee (A-B ) magda@rsabrokers.co.za 111 0866 151811 Denise van Zyl (C-D-E-F) denise@rsabrokers.co.za 115 0865 950180 Bernice van Zyl (G-H-I-J + N-O) bernice@rsabrokers.co.za 119 0867 692119 Andrea Fourie (K-L-M) andrea@rsabrokers.co.za 109 0865 152843 Heidi Fontini (P-Q-R-S) heidi@rsabrokers.co.za 107 0865 576843 Linda Marais (T-U-V-W-X-Y-Z) linda@rsabrokers.co.za 110 0866 151810 Eileen van der Westhuizen (Portefeulje D Payne) eileen@rsabrokers.co.za 113 0865 208156 FSB KODE: 11108 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 GPS: S 33º52.707 E018º38.171 Tel: 021-9196916 Faks: 021-9199718 E-pos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za VOOR : Van links na regs Japie Louw; Derick Payne; Pieter Smitsdorff; Maria de Jongh AGTER: Van links na regs Ingrid Singels; Thea Horak; Colleen Knoetze; ; Andrea Fourie; Denise van Zyl; Eileen van der Westhuizen; Linda Marais; Bernice van Zyl; Magda Matthee; Pam Coetzee Heidi Fontini Sarah Pieterse Belastingkonsultant Admin: P-S Tee dame Bladsy16