Die volgende briewe hieronder is geskryf na aanleiding van die Belharkwessie:

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Petrus en die Krag van Gebed

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

God se Woord. God se Wil

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Kommentaar op Facebook

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Profetiese woord vir 2017 en verder

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Seisoen van die Gees

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Besprekingsvrae vir selgroepe

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Daar is konflik in die gemeente

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

BYBELS-GESONDE GESINNE

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bestellings. Opspraakwekkende boek! Die Trojaanse Perd. in die NG Kerk. die ka nker van Evolusie en Liberalisme

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Dawid die Skaapwagter

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE AA NDBOODSKA PPER

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Josua - van jongs af n leier

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Die kerk van die Woord

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Transcription:

Maandag 27 April 2015 14:00 Kyk ook: - Belhar - hoekom nee? - Wie is Daniel Louw? - Wie is Henriëtta Klaasing? - Wie is Gideon Aggenbag? Die volgende briewe hieronder is geskryf na aanleiding van die Belharkwessie: - Daniel Louw - Henriëtta Klaasing - Gideon Aggenbag - Anton van Niekerk ************ Daniel Louw In die artikel Dis NGK se eie beleid wat nou terugkaats gee Jean Oosthuizen uiting oor n paar frustrasies wat hy met die NGK het: 1. Die NGK wil nie ruimte maak vir Belhar nie. 2. Die NGK wil nie ruimte maak vir homoseksualiteit nie. 3. Daar is te veel lidmate wat aan n letterlike interpretasie van Genesis 1-11 glo eerder as in evolusie. 4. Dit lyk of hy die leiers (huidige en vorige) van die NGK die skuld gee daarvoor. Met die titel van sy artikel wil hy voorgee dat die NGK se konserwatiewe beleid die afgelope jare nou besig is om sy eie ondergang te veroorsaak. 1 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Voordat n mens verder gaan moet n mens net eers n paar dinge oor Jean noem: - Hy glo nie dat homoseksualiteit en saamwoon verkeerd is nie. - Hy glo aan evolusie en verwerp Genesis 1 tot 11 en die sondeval (ek dink dit is eintlik vir hom n verleentheid dat sommige Christene dit glo). - Sy definisie van God is wollerig (sy eie erkenning). - Hy is nie seker of die hemel en hel bestaan nie. - Hy kan nie met sekerheid sê dat die Christene in die enigste ware God glo en die ander godsdienste verkeerd is nie. - Hy het baie meer geduld met ateïste as skeppingsleerders (kreasioniste). Op sy webblad www.kletskerk.co.za het hy baie godslasterlike dinge toegelaat en nie standpunt daaroor ingeneem nie. - Hy is deur die NG Kerk afgedank (of dit geldige redes was is debatteerbaar). Dit gee hom waarskynlik rede om negatief te wees teenoor die NG Kerk. Vir meer inligting oor hom kyk Wie is Jean Oosthuizen? Een ding waarmee ek met Jean kan saamstem is dat die NGK leierskap die hele Belharkwessie verkeerd hanteer het. In NGK moet leer om te kommunikeer skryf Jean: Daar is te veel teenstrydighede en daar word te veel met woorde gespeel. Vir die kerk om te slaag om sy boodskap oor te dra is beter kommunikasie nodig. Later in n kommentaar onderaan die artikel skryf Jean: Ja wel Riaan ek verskil nie van jou nie. Dit gaan oor eerlike kommunikasie en eerlike kommunikasie beteken tog ook beter kommunikasie maar jy is heeltemal reg. Eerlike kommunikasie sou 'n beter woord gewees het. Dit was van die begin van die hele Belharproses baie duidelik dat die NGK leierskap alles in hulle vermoë sou doen (selfs oneerlike kommunikasie?) om Belhar deur te kry (kyk bv Vrystaat stem nee vir Belhar ). n Mens kry die idee dat Nelus Niemandt moderator van die NGK bluf as hy sê: 2 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Die een verrassende ding wat na vore staan is hoe baie NG-lidmate passievol hieroor is Dit het my verwagtinge oortref die intensiteit van die debat en die passie daaroor daar is in die NG Kerk n soort energie oor hierdie saak wat baie intenser en meer is as wat ek verwag het. Tensy hy bedoel het dat hy nie verwag het dat daar soveel mense sterk téén Belhar gekant is nie. Die woorde wat gebruik word is maar altyd vaag (soos gewoonlik). Volgens Jean is die verdeeldheid in die NGK oor Belhar slegs die ore van die seekoei. Daarmee kan n mens ook nie heeltemal verskil nie. MAAR dan sê hy: Laat ons maar eerlik wees: Die teenkanting wat die NG Kerk nou van sy eie lidmate kry is grootliks die gevolg van die politieke en teologiese hongerdieet wat die kerk sy lidmate self oor dekades heen gevoer het. (my onderstreping) Met politieke hongerdieet bedoel Jean waarskynlik die feit dat die NGK in die verlede apartheid met die Bybel probeer versoen het. Hy haal Ferdinand Deist aan wat in die laat 1980 s gesê het dat wanneer apartheid gaan sal dit ook die einde van die NG Kerk wees. Dit is so dat daar mense is wat die NGK verlaat het omdat die NGK apartheid in die verlede met die Bybel versoen het (kyk Izak du Plessis se blog en Henk/Hennie ) maar ek glo dat dit die minderheid is. Ek ervaar dat die deursnee lidmaat die feit dat die NGK verkeerd was oor apartheid reeds lankal verwerk het. Toe die NGK haarself al in ongeveer 1984 uitgespreek het teen apartheid het sommiges afgestig en die APK gevorm. Dit was toe nie naastenby die einde van die NG Kerk nie. Ek dink dit is dus baie veilig om te sê dat Deist verkeerd was. Met teologiese hongerdieet bedoel Jean die feit dat die kerk so sukkel om lidmate te laat afsien van hulle konserwatiewe idees. Die kerk sukkel om lidmate te oortuig dat evolusie waar is dat daar nie n sondeval was nie dat homoseksualiteit en saamwoon nie sonde is nie dat ons nie met sekerheid kan sê dat die Christene die enigstes is wat reg is nie ens. Jean glo dat lidmate oor jare nonsens gevoer is en nou sit die leiers van die kerk vandag met lidmate wat verkeerd gebreinspoel is. Met Jean se politieke en teologiese hongerdieet kan ek hoegenaamd nie saamstem nie: 3 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Dit was n fout dat die NGK apartheid teologies wou regverdig maar soos reeds gesê glo ek dat lidmate hierdie ding verwerk het. Daar was natuurlik versagtende omstandighede dat die kerk dit gedoen het maar hierdie is nie die plek om n debat oor apartheid te begin nie. Dit is ook waarskynlik die rede hoekom lidmate hierdie so maklik verwerk het. Met Jean se sogenaamde teologiese hongerdieet het ek n baie groot probleem. Daar was nooit sprake van n teologiese hongerdieet nie. Die NGK was oor baie jare baie skriftuurlik korrek en het n trotse geskiedenis. Die probleme het egter ontstaan toe die NG Kerk die gesag van die Skrif begin bevraagteken het en van die waarheid begin afwyk het. Lees meer hiervan in Op watter tak? Iets oor die standpunte rondom Skrifbeskouing by die NG Kerk gedurende die afgelope 50 jaar en Die Trojaanse Perd in die NG Kerk hoofstuk 1 tot 3. Kyk ook Kommentaar op NGK skrifbeskouing 2011. Hiérdie is die rede hoekom daar soveel verdeeldheid in die NG Kerk is. Vir jare probeer verskillende kerkleiers dwaalleringe in die kerk in te sleep. Daar is baie voorbeelde [1]. Lidmate volg egter nie meer ons kerkleiers slaafs na nie. Hulle lees ook wat in die Bybel staan en kan vir hulleself dink. As daar verdeeldheid in die NG Kerk is is dit omdat Skrifgesag nog vir lidmate belangrik is. Jean (en ander kerkleiers) pleit dat die NGK meer relevant moet word n koersaanpassing moet maak om te verhoed dat die NGK. sy profetiese stem verloor. As n mens na Jean (en andere) se teologie gaan kyk beteken dit niks anders om meer wêrelds te word nie. Dit is direk teenstrydig met wat Romeine 12:2 sê: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Daar is net een rede hoekom die NGK irrelevant sal word en dit is wanneer die kerk aan hierdie sondige wêreld gelyk word. Baie leiers in die NGK poog daarna maar daar is egter baie lidmate wat dit raaksien. Dit is die rede vir die diepe verdeeldheid in die NGK. 4 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Om af te sluit: Deist was verkeerd met sy voorspelling dat dit die einde van die NGK sal wees wanneer apartheid gaan. Die afname in lidmaatgetalle het niks met apartheid te doen nie. Die aanvaarding van Belhar al dan nie gaan nie die NGK maak of breek nie. Lidmate het nee gestem vir Belhar; nie omdat hulle rassisties is nie maar baie ander redes (kyk Behar hoekom nee? ). Jean is verkeerd as hy dink dat die NGK se jarelange konserwatiewe beleid nou sy eie ondergang gaan veroorsaak. Die een enkele ding wat die NGK irrelevant sal maak is kerkleiers wat dwaalleringe in die kerk indra. Tans bly dit n wesenlike gevaar vir die NGK. Vir hierdie rede lyk die toekoms van die NGK nie baie rooskleurig nie Voetnotas [1] Kyk Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite NG Kerk-lidmate beplan plakkaat-veldtog en Sinode Hoëveld luister na besware maar gaan dit iewers kom?. Hier volg n lys van voorbeelde van kerkleiers wat nie meer getrou is aan hulle legitimasie-eed nie: Albert Cruywagen André Bartlett Ben du Toit Braam Hanekom Chris Jones Cobus van Wyngaard Cornel du Toit Fanie Cronjé Frits Gaum 5 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Gerda de Villiers Gerhard Bothma Gerrit Brand James Kirkpatrick Johann Ernst Julian Müller Jurie le Roux Kobus Gerber Laurie Gaum Nelus Niemandt Wentzel van Huyssteen en Willie Cilliers. Henrietta Klaasing Na aanleiding van Jean Oosthuizen se Dis NGK se eie beleid wat nou terugkaats : Jean Oosthuizen se woorde verskil so effens maar dit is dieselfde deuntjie aswat hy 'n paar jaar gelede vir Charles Leonard gesing het. Dit het aanleiding gegee tot 'n lang artikel in die Mail and Guardian " The slow and steady death of the Dutch Reformed Church " met die woorde "The DR Church s last gasps" op die voorblad (5 April 2012). "Dit kan selfs nuwe lewe tot gevolg hê as hy openlik erken hy was verkeerd oor bepaalde sake en ʼn nuwe koers inslaan" skryf Oosthuizen. Dit klink asof "aanpassing/ koersverandering" een van die sleutelkwessies is vir hom. 'n Mens wonder watter koers aanneemlik vir hom gaan wees want Oosthuizen maak geen geheim daarvan nie dat hy Adam en Eva en die sondeval verwerp en spottend verwys na die "pratende slang". Hy praat graag minagtend van kreasioniste. By een geleentheid het hy geskryf "... n soektog na die oorblyfsels van Noag se ark is so goed 6 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 soos om na Hansie en Grietjie se hok te gaan soek." In die sosiale media in briewe aan die pers en op die een vergadering na die ander het gewone lidmate duidelik laat weet hoe hulle voel maar die leiers wat die Belhar-kwessie wou deurdruk het hulle doof gehou. Die kerkleiers wat die hele Belhar-proses aan die gang gesit het het hul hande oorspeel en was duidelik uit voeling met gewone lidmate.'n Mens hoop dat hulle tot besinning gebring is deur die uitslae tot dusver maar tussen die lyne gelees lyk dit asof die huidige leierskap vasbeslote is om Belhar deurgevoer te kry al bars die bottel en al buig die fles. Ds Gideon Aggenbag Na aanleiding van Jean Oosthuizen se Dis NGK se eie beleid wat nou terugkaats : 1. Dit het 'n geykte term geword in sekere mense se monde: "Die NG Kerk moet aanpas of sterf" ens. ens. Dit is juis omdat die kerk by die wêreld se sieninge en strominge wil "aanpas" dat hy besig is om te sterf. Daar is net een sinvolle aanpassing vir die kerk: "Terug na God en Sy Woord!" Verkondig die Evangelie vreesloos. Pas die Bybelse tug toe op dwaalleraars. Hou op om weer en weer te "ondersoek" hoe die Bybel geplooi kan word om by die wêreld se sieninge aan te pas. Eers dan kan die kerk hoop om nuwe lewe te kry en geloofwaardigheid te herwin. Wie sou belangstel in 'n kerk wat koorsagtig agter sekulêre strominge aanjaag en daarby probeer aanpas? 'n Kerk wat probeer om soveel as moontlik soos die wêreld te lyk? 2. Die gejaag na strukturele eenheid (wat nêrens in die Bybel bepleit word nie) beduiwel geloofseenheid. Vat mekaar se hande oor watter "grense" ookal heen sonder om mekaar se vasgelegde verskille in aanbiddingsbehoeftes kultuur taal en/of volkseie te probeer ophef. Ondersteun mekaar se leringe projekte en pogings om die evangelie suiwer te verkondig en uit te leef. Strukturele eenheid impliseer dat enigiemand wat 'n lidmaat wil word van sodanige "verenigde" kerkverband sy gemelde "eie goedere" moet prysgee. Ja die NG Kerk sal inderdaad moet aanpas maar dan in 'n totaal ander rigting as wat Jean Oosthuizen Nelus Niemandt e.a. bedoel. Ek verstaan hulle bedoelings dat die NG Kerk eintlik sy pogings om soos die wêreld te lyk moet versnel. En dan sal die kerk rêrig sterwe. Johan Kriel 7 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 NGK juis te wêrelds dáárom leë banke Saterdag 25 April 2015 12:34 Jean Oosthuizen ( Dis NGK se eie beleid wat nou terugkaats Rapport 19 April) is heeltemal korrek as hy sê die NGK het yslike probleme maar hy slaan die bal ongelukkig heeltemal mis as hy meen dat verdere liberalisering van die teologie die antwoord is. Die volgende sin plaas alles wat hy sê onder verdenking: Natuurlik is dit nie verkeerd wanneer n kerk met nuwe insigte progressief vorentoe beweeg en nie op absolute sekerhede staatmaak nie. In eenvoudige taal beteken dit dat nóg die Woord nóg God self enige absolute sekerheid bied en die Evangelie natuurlik ook nie. Dié valse opvatting het sy wortels in die sogenaamde kontekstualisering van die Skrif. Daarmee is daar in beginsel nie fout nie. Ons weet eenvoudig beter wat n Skrifgedeelte beteken as ons die konteks waarin dit ontstaan het beter verstaan. Maar toe gaan sommige teoloë verder en maak sommige van ons se verstaan van dinge (ons huidige konteks) normatief vir ons Skrifverstaan. Met ander woorde as iets in óns dag as reg beskou word beteken dit dat dit reeds in die verlede ook reg was en omgekeerd. Ons kan dan van God maak net wat ons wil. En ons kan van Sy wil en wet maak wat ons wil. Ons het eenvoudig nie die reg om die Skrif te interpreteer soos dit ons pas nie. God is nie na ons beeld geskep nie; ons is na sy Beeld geskep. As Jean die moeite wil doen om uit te vind waarom die meeste lidmate die NGK verlaat sal hy ontdek dat dit juis gaan oor n teologie wat iewers langs die pad ontspoor het. Hulle loop nie omdat die kerk wêreldvreemd geword het nie maar juis omdat die kerk te wêrelds geword het. 8 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 Johan Kriel Onrusrivier Anton van Niekerk (Het in Rapport verskyn.) NG Kerk eindelik op pad na herstel Saterdag 25 April 2015 12:34 Die Nederduits Gereformeerde Kerk was nog nooit so op n pad van herstel soos tans nie. Die kerk is besig om ontslae te raak van die allesoorheersende Belhar-saak. As al die tyd en bykans onbeperkte begroting wat kerkleiers die afgelope 29 jaar aangewend het om lidmate te oortuig om Belhar te aanvaar in ag geneem word spreek dit boekdele dat lidmate beduidend op n spontane en ongeorganiseerde wyse nee gesê het vir Belhar. Terwyl kerkleiers besig was met Belhar is dit dalk net moontlik dat lidmate elke dag besig was om die ontsettende nood van medemense te verlig werk te skep kos te verbou aan te pas by die nuwe bedeling en die kerk te wees op die mees basiese en praktiese maniere op die voetspoor van Jesus Christus. Anton van Niekerk Griekwastad 9 / 10

Maandag 27 April 2015 14:00 10 / 10