Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Similar documents
this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE AA NDBOODSKA PPER

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

God se Woord. God se Wil

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Profetiese woord vir 2017 en verder

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

BYBELS-GESONDE GESINNE

Seisoen van die Gees

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Paulus se Verbasende Reise

LoveGodGreatly.com 1

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dawid die Skaapwagter

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Deur Christus Alleen

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Volume 3 van 2016 September 2016

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Transcription:

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte (Sunday School Times). Maar wat is ek-siekte? Ek-siekte is eintlik presies wat die naam sê alles gaan oor ek/my/myne. Die ergste van die siekte is dat die persoon wat dit het, dit in die meeste gevalle nie besef nie. Dis waarom dit so ʼn gevaarlike siekte is want die persoon wat dit het, dink, ek is normaal... dit wat ek doen is reg... Dis ʼn siekte wat al baie verhoudings vernietig het, baie huwelike, baie ouer-kind verhoudings... Dis ʼn siekte wat al lande vernietig het wat al baie oorloë veroorsaak het. Dink aan manne soos Hitler of Mugabe of ons eie JZ ek kan nie dink dat hulle doen wat hulle doen/gedoen het as hulle nie aan die ek-siekte ly nie? Dis ook ʼn siekte wat al kerke en gemeentes vernietig het. Dr. HA Ironside, ʼn baie bekende Kanadese predikant wat in 1951 oorlede is, vertel van ʼn kerk wat na alle waarskynlikheid aan die siekte gely het. Hulle leuse was, Jesus Only Jesus alleen... maar dit wat hulle gedoen het, het gesê by hulle gaan dit eintlik glad nie oor Jesus nie. Op ʼn stadium het hulle ʼn konferensie gehad en hulle het aan die buitekant van die saal met los letters die woorde, Jesus Only geskryf. Terwyl hulle binne besig was het ʼn rukwind gekom en die 1e 3 letters afgeruk sodat daar gestaan het... us only... ons alleen. (Sunday School Times). Miskien was dit die Here se manier om vir hulle te sê, dit wat julle sê en dit wat julle doen verskil hemelsbreed van mekaar. Julle sê, Jesus Only, maar wat julle doen sê, us only... ons alleen. Hierdie storie het my nogal laat wonder oor ons gemeente? Ly ons gemeente nie dalk aan die ek/ons-siekte nie? Gaan dit net oor ons oor ons wat deel is van die gemeente? Wie is ons? Verlede jaar, so tydjie voor die basaar het die gedagte net in my kop begin draai van Een vir almal en almal vir Een... As ek reg is, is dit ʼn frase uit die fliek... The three musketeers... Julle sal onthou dat ek dit met julle gedeel het en gesê het, kom ons maak dit die leuse van ons basaar... Maar anders as in die fliek, skryf ons Een met ʼn hoofletter omdat dit vir ons verwys na God... Een vir almal en almal vir Een... Hierdie jaar het ons dit weer gebruik en dit klink so mooi... Een vir almal - die God wat ons dien is vir almal... Hy sonder niemand nie. Vir Hom is niemand te mooi of te lelik... vir Hom is niemand te arm of te ryk... te slim of te dom nie... Een vir almal... Ons wil dit graag glo... veral as ons siek is of daar een of ander krisis in ons lewe is... dan wil ek glo, God is vir my Een

vir almal... Paulus sê in Rom 8, God is vir ons, wie kan dan teen ons wees... Hy sê, Niks kan ons van die liefde van God skei nie... Met die 1e deel van daardie leuse is daar geen fout nie... Dis waar en ons glo dit. Die probleem lê by die 2e deel almal vir Een... As ons sê, almal vir Een, gaan van die veronderstelling af uit dat almal in die gemeente ʼn verhouding met die Here het dat almal in die gemeente in Hom glo want ons sê almal vir God... en dis gewoon nie waar nie. Daar is mense wie se name op die lidmaatregister staan wat verseker nie ʼn verhouding met die Here het nie... As ons baie korrek wil wees, sal ons moet sê, Een vir almal... en sommiges in die gemeente vir Een... Dit bring my n 2e probleem rondom die woord almal. Ons het reeds gesê dat almal in die gemeente nie n verhouding met God het nie... Ons kan dus nie sê almal vir Een nie... Maar dan is daar ook mense wat glad nie deel is van die almal nie... Almal veronderstel ons as ʼn span. Almal veronderstel dat wat ons in hierdie gemeente vir die Here doen, doen ons as ʼn span almal saam... Verlede week het ek dit op ʼn stadium vgl. met ʼn skrum wat stewig aan mekaar bind wat laag sak en dan die opponente as ʼn eenheid aandurf... Maar ook dit is ongelukkig nie waar nie... Daar is mense wie se name in die lidmaatregister staan wat op geen manier deel van die span wil wees nie... Dit kan wees dat hulle nie n verhouding met die Here het nie of dit kan wees dat hulle aan die ek-siekte ly. Hulle wil nie deel van die span wees nie want sê hulle, ek sal doen wat ek wil, wanneer ek wil, hoe ek wil... Waar lê die oplossing? Moet ons maar net aanvaar dat ons nooit in hierdie gemeente ʼn almal sal wees nie dat ons nooit ʼn span sal wees nie omdat daar altyd mense sal wees wat nie ʼn verhouding met die Here het nie en omdat daar altyd mense sal wees wat aan die ek-siekte ly en nie deel van die span wil wees nie? Nee, ons kan en mag dit nie aanvaar nie. Ons moet aanhou probeer om meer en meer mense deel te maak van die span want dis wat die Here van ons verwag. Maar hoe doen ons dit, wil jy vra? Ons begin by ons onsself? Ons moet onsself toets en vra, kan ek met oortuiging sê Een vir almal m.a.w. kan ek met oortuiging sê, ek glo die Here is vir almal... vir alle mense...? En dan moet ons ook vir onsself vra - en vergeet die ou wat langs jou sit of die ou wat nie hier is nie ek en jy moet vir onsself vra is ek deel van die almal en as ek nie is nie, hoekom nie is dit omdat ek nie n verhouding met die Here het nie of is dit dalk omdat ek aan die ek-siekte ly?

Kom ons kyk bietjie na die gedeelte wat ons gelees het. Soos ek verlede Sondag gesê het, Paulus het hierdie brief uit die tronk in Rome geskryf... Hy is in die tronk gesit omdat hy vir mense van Jesus vertel het. Uit die tronk skryf hy vir die gemeente in Filippi n brief. Verlede week het ons gesien hoe hy vir hulle daarop wys dat dit n voorreg is om Christus te dien... Hy het ook vir hulle gevra dat hulle as n span saamstry vir die Evangelie... In vanoggend se Skrifgedeelte brei hy daarop uit en sê vir hulle n paar goed wat belangrik is vir die voortbestaan van die gemeente... Maar eintlik word alles wat hy vir hulle sê, in 2 woordjies vasgevang net 2 woordjies en dit is, in Christus. Ek kan amper sê die staan of val van die gemeente gaan bepaal word deur hierdie 2 woordjies - in Christus. Ons kan duisend keer sê, in Christus of Jesus only... as ons dit nie leef nie as dit nie deur elkeen in die gemeente geadem word nie help alles niks... Ek wil dit vgl. met n watermerk... Paulus skryf vir daardie gemeente en dan sê hy, Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing Dis sy vertrekpunt en vanuit daardie vertrekpunt vra hy vir die gemeente n paar goed - Die 1e is dat hulle eensgesind moet wees. Hy sê, maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees... en dan spel hy prsies uit wat hy onder eensgesindheid verstaan hy sê, een in liefde, een van hart, een in strewe... Kan n mens jou n beter gemeente voorstel as n gemeente waar kom ons sê dan die meeste mense in Chrstus is en omdat hulle in Christus is, is hulle eengesind een in hulle liefde... een in hulle hart... een in hulle strewe... Dink ook aan ons verhoudings, ons huwelike en ons ander verhoudings... Maar alles begin by... in Christus... Die 2e ding wat hy vir die gelowiges in Filippi vra is dat hulle niks uit selfsug of eersug moet doen nie Paulus sien nie kans vir n gemeente waar mense is wat ek-siekte het nie. Hy soek n gemeente wat, omdat hulle in Christus is, nie selfsugtig of eersugtig is nie, maar in nederigheid...die een die ander hoër ag as homself Ek lees van ʼn kerk in die 18e eeu wat geen kerkbanke ingehad het nie. Die gebruik was dat elke gesin hulle eie kerkbank of stoele kerk toe gebring het. Wat interessant was, was dat die mense streng volgens status in die kerk gesit het. Die mense met die hoogste sosiale aansien en status in die gemeenskap, bv. die burgemeester, skoolhoof en landdros se gesinne se stoele het in die voorste ry gestaan hulle was verseker nie Hervormers nie... So het die mense in die agterste ry dan die minste sosiale status gehad. (gansbaai.com).

Nou skryf die dominee wat die storie vertel, hy is bly dat dit vandag nie meer gebeur nie. Dis duidelik dat hy nooit in die polisie was nie. Maar moet ek bysê, ek weet nie of dit vandag nog steeds so is nie. Maar toe ons in 1981-82 in die Polisiekollege was, het dit net so gegaan wel nie in ons gemeente nie want ek het dit nie toegelaat nie. By 1 van die ander kerke in die polisiekollege het die mense volgens rang uit die kerk gestap. Jy sou dit nie waag om uit die kerk te stap as daar ʼn hoër rang as jyself in die kerk is wat nog nie uitgestap het nie... So het die bevelvoerder van die kollege altyd 1e uitgestap daarna van die ander generaals of kolonels en so aan totdat die studentekonstabels kon uitstap... Klink dit soos, moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid...die een die ander hoër ag as homself Mense het op ʼn keer vir Augustinus wat in die 3e eeu nc geleef het gevra, wat is die 3 belangrikste beginsels van ʼn Christelike lewe? Hy het gesê, Die 1e is, nederigheid... die 2e is nederigheid en die 3e is, nederigheid... (Gordon, An Odyssey of Joy,76) Die 3e ding wat Paulus vra sluit aan by die vorige 2 en dit is... Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Daar is niks so vernietigend vir n verhouding of n gemeente of n land waar mense net aan hulle eie belange dink nie. n Mens kry mos mense wat oor niks anders as hulleself kan praat nie. Ek dink altyd aan die baie bekende skrywer wat een aand saam met n vriend van hom gaan eet het en laat die aand sê hy vir sy vriend sjoe ons het die hele aand nog net oor my gepraat. Kom ons praat bietjie oor jou wat dink jy van my nuwe boek? Wanneer n mens in Christus is, kyk jy weg van jouself... Wanneer jy in Christus is, kan jy saam met ander mense en selfs mense wat jy glad nie ken nie sê, Een vir almal en almal vir Een... want dit gaan oor meer as jy... Dit gaan oor God wat sy beloftes deur Jesus waar maak vir elkeen wat in Hom glo en daarom kan jy sê, Een vir almal... en dit gaan oor mede-gelowiges mense wat soos jy in jesus glo en daarom deur Sy bloed aanmekaar gebind is en daarom kan jy sê, almal vir Een... Eengesindheid in n gemeente almal vir Een begin nie by die ou langs jou nie... Dit begin nie by die mense wat nie hier is nie... Dit begin by jou en dit begin by my... Ek lees van ʼn ou dominee wat geskryf het toe ek jonk en vry was en my gedagtes geen perke geken het nie, het ek gedroom hoe ek die wêreld kan verander... Toe ek ʼn bietjie ouer was, het ek my drome so bietjie ingekort en gedink, as ek net maar my land kan verander... Maar ook dit het later onmoontlik geblyk te wees... In my latere jare het ek gedink, as ek net my familie en die mense die naaste aan my kan verander maar ook dit het geblyk onmoontlik te wees... Hier waar ek op my sterfbed lê, het ek eweskielik besef, as ek in die 1e

plek net myself verander het, kon ek dalk deur my vb. my familie verander het en deur hulle inspirasie en aanmoediging kon ek aangegaan het en my land verander het en van daar af sou dit moontlik gewees het om die wêreld te verander het... Begin by jouself... Amen. (Taken from the tomb of a Bishop in Westminster Abbey 1100 A.D). (family-time.net)