Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Kerk Kry Moeilikheid

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Profetiese woord vir 2017 en verder

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Geloofsvorming by kinders en jongmense

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Dawid die Skaapwagter

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

KRAG VAN TRANSFORMASIE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Seisoen van die Gees

BYBELS-GESONDE GESINNE

GEBED VIR KERKLEIERS

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Besprekingsvrae vir selgroepe

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

DIE AA NDBOODSKA PPER

My liewe broers en susters, ek

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

LoveGodGreatly.com 1

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Deur Christus Alleen

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

OORWINNING OOR DEPRESSIE

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier)

GEAGTE LERAAR VAN HELIKONPARK NG KERK

Transcription:

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd so lekker op ons oor nie. Baie van die dinge is moeilik om te verstaan. Ek dink aan die manier hoe Jakobus praat oor geloof: hy sê geloof sonder werke is dood! Mense stoei dikwels daarmee. Hoe rym ons dit met Paulus wat sê dat geregtigheid uit die geloof is sonder die werke van die wet? Maar ek wil nie vandag oor geloof en werke spesifiek praat nie. Maar wel dat daar in Jakobus by tye n geweldige appèl maak (1) op ons lewenswandel: is die vrug op ons lewe in ooreenstemming met wat ons glo?; en (2) veral op ons HART: Is ons harte, ons passie en ons wil volledig, onverdeeld op God gerig? Jak 4:1-10 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste (hedonê: plesier of begeerte vir plesier sensueel) wat in julle lede stryd voer nie? (2) Julle begeer (epithuméô: begeerte vir plesier, lus, wellus) en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (3) Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste (hedonê) deur te bring. (4) Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God. (5) Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? / Met jaloersheid begeer Hy die gees wat Hy in ons laat woon het? (Vgl. 1983 Afr) / Hy waak met jaloersheid oor die Gees wat Hy in ons laat woon het (Afr Direk)? (6) Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. (7) Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (8) Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! (9) Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. (10) Verneder julle voor [die aangesig van] die Here, en Hy sal julle verhoog. Dit help nie jy is wedergebore, maar jy leef nog as iemand wat nog n vriend van die wêreld is nie (v. 4): dan is beide jou (1) lewenswandel en jou (2) hart by die wêreld. Twee keer in die boek impliseer Jakobus dat n gelowige DUBBELHARTIG kan wees! (1:8; 4:8). Dit is skokkend! om die minste te sê. In 1:8 koppel hy dubbelhartigheid aan ONGELOOF. Jak 1:6-8 Ons moet bid vir wysheid Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. (7) Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie (8) so n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. Wat is ongeloof? Dit is ten diepste om nie volkome jou hart en jou vertroue op God te plaas nie, maar op jouself: Jy vertrou jou eie rede/intellek (ag nee man, dit kan nie die Here wees nie) ook waar van sg. twyfelendes of mense wat vandag sukkel om in die Bybel te glo, jou eie emosie (daai ding kan nie van die Here wees nie: dit voel nie reg nie; of andersom), jou eie ondervinding (ek weet waarvan ek praat); Of: ek weet darem nie of mens regtig soveel vreugde en vervulling in die Here kan kry nie; dit klink vir my bietjie dweperig; mens moet darem ook real wees. Doen ons dit? En die gevolg? Jy is ONBESTENDIG in AL JOU Weë (Ken Hom in al jou weë?).

Griekse woord (dubbelhartig): dipsugos (1:8; 4:8): gesplete siel: skisofreen! Interessant Jakobus moet met Christene praat, want hoe kan iemand wat nie die Here ken nie dubbelhartig wees? Nee, n ongelowige se hart is VOLKOME op hom- of haarself gerig, VOLKOME! Geen dubbelhartigheid by n ongelowige nie, GEEN, ONMOONTLIK! Maar nou word ons wedergebore, en God soek ons gees, ons hart ons hele wese met jaloersheid: Hy wil dit heeltemal vir Homself hê (Jak 4:5, 1983 Afrikaans). Goed soek n onverdeelde hart wat volkome op Hom gerig is, en nie op jouself gerig is nie. Wat doen iemand wie se fokus op hom- of haarself gerig is? Boek Jakobus: Jy vertrou nie volledig op God nie, maar twyfel (1:6); jy word weggesleep deur jou eie begeerte en sondig (1:14); jy is nie stadig om te praat en gou om te hoor nie (1:19); jy hoor die woord maar doen dit nie (1:22); jy takseer mense op hulle baadjie jy oordeel iemand op grond van die uiterlike (2:2); jou geloof dra nie vrug nie (2:17-26); jy versamel vir jou baie leermeesters (3:1); jy kan nie jou tong/jou mond bedwing nie, maar saai verwoesting soos dodelike gif (3:1-12); jy is afgunstig en beny ander wat dinge het wat jy nie het nie (3:14,16), baklei met ander en leef nie in vrede met hulle nie (3:18-4:2). En nou 4:3: Jy bid maar jy ontvang nie, want jy bid volgens hoe jy dinge wil hê: Voorbeelde: Baie keer bid ons nie hierdie dinge nie, maar dit lê verskuil in ons hart. (Ek gaan so bietjie oordryf om die punt te maak). Ag Here, maak asb. vir my hierdie deur oop dat ek kan werk vir U, kan bedien, en dat mense kan sien ek het eintlik wonderlike gawes en my erkenning daarvoor kan gee! Ag Here, verwyder asb. hierdie persoon uit my lewe wat my so irriteer en ek nie mee kan klaarkom nie, veral daai een met die groot ego. Ek het nou nie n ego nie Here, ek is mos baie nederig, Here, u weet mos! Ag Here, gee tog vir my hierdie goeie werk en goeie kar, goeie finansies dat ek tog net finansiële sekuriteit kan hê en ek nie hoef bekommerd te wees waar my lewensmiddele vandaan gaan kom nie. Dat ek U nie elke dag vir alles hoef te vertrou nie. Dan kan ek selfstandig lewe en het ek eintlik nie U voorsiening nodig nie. Ag Here, dankie vir hierdie nuwe mense in ons gemeente. Hulle is nou wel inkommers en sal vir die volgende 50 jaar inkommers bly. Nou nie soos ons wat al van ons voorgeslagte hier bly nie, maar ag Here seën hulle tog maar, en dankie dat ek nou nie so baie ruimte in my hart vir hulle hoef te maak soos ons ou Slankhoekers/Rawsonvillers of Goudini mense nie. Maar ag Here, laat hulle tog sien ons is eintlik wonderlike fantastiese mense hierso Dan sê Jakobus: v. 4: Weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God. Let wel dat vriendskap van die wêreld hier niks te doen het met ongelowige, ongeredde mense nie, dit het te doen met mense wat verkeerd bid, dubbelhartige mense! ( n Ongelowige kan nie dubbelhartig wees nie). Mense wat met die een hand vir God wil dien, maar met die ander hand

maar eintlik vir hulleself lewe. Natuurlik is niemand van ons hieraan skuldig nie. Dis mos nou nie julle of ek nie, dis mos nou hierdie mense vir wie Jakobus skryf. Hierdie boek is mos nou nie vir ons nie, ons doen mos nou nie dié goed nie, en ons harte is mos nou nie verdeel nie, of hoe? Hoe is iemand wat dubbelhartig is, wie se hart halfpad op hom- of haarself gerig is en halfpad op God? So iemand is hoogmoedig. En nou sê vers 6: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Wat is NEDERIGHEID? Ek plaas al my vertroue, afhanklikheid en fokus nie op myself nie, maar op God! Wat is GELOOF? Ek plaas al my vertroue, afhanklikheid en fokus nie op myself nie, maar op God! Kan julle sien dat geloof en nederigheid dieselfde ding is? Jy self is nie die middelpunt en fokus van jou lewe nie, maar God. Hoe lyk HOOGMOED of TROTS? Die eerste gedagte wat waarskynlik by ons opkom is dat dit iemand is wat baie oor hom- of haarself te sê het. Iemand wat spog of iemand wat fyn brag. Ja, sekerlik! Maar hoogmoed kan baie meer subtiel wees. Dit kan verskeie vorme aanneem: 1. Om jouself die middelpunt van aandag te maak tussen n groep mense. 2. Om erkenning te soek by mense. 3. Om mense te manipuleer om jou jammer te kry = emosionele manipulasie = smartvraatjie. Minderwaardigheid en n gevoel van verwerping is ook net n vorm van trots, want dit gaan oor JOUSELF, JOU EGO. Ag, kry MY tog jammer. Sien MY tog raak. Gee tog aan MY aandag! 4. Om selfs goeie dinge te doen ( koninkrykswerk ) om deur mense gesien te word om mense te probeer beïndruk. 5. Om te sê jy onderwerp jou aan God (v. 7), maar jy onderwerp jou nie aan die gesag-strukture wat God daar gestel het nie, soos die man wat hoof is van die vrou. Enige vorm van rebellie teen gesag en teen God se skeppingsorde, is n vorm van hoogmoed. Maar dit kan nóg meer subtiel en gesofistikeerd wees:

6. Snobisme: dit laat jou beter lyk as ander. 7. Om ander mense af te kraak en te beskuldig en sleg agter hulle rug te praat, want dit laat jou beter lyk. 8. Om jouself voor mense af te kraak sodat hulle jou moet jammer kry. Dit is valse nederigheid = spitefulness. Wat lê in jou hart? Ag, kyk hoe nederig is ek! Ek is darem baie nederig né! Het julle nie vir my n ou medaljetjie nie? Ek is so nederig, dit gaan nog my legacy word! 9. Om te dink jy kan jou probleme self oplos, deur dit nie in geloof aan die Here oor te gee nie: Dis OK Here, ek sal maar suffer! Ek is mos in elk geval die een wat maar altyd moet suffer Spitefulness! 10. En dan, n baie gewilde een: om te voel jy is te na gekom in die lewe, en daarom skuld die lewe jou! Mense skuld jou! God skuld jou! En die ironie is, dan sal God jou niks gee nie: Hy weerstaan die hoogmoediges (Jak 4:6). God skuld ons niks! Ons verdien niks! Ons het niks om op te roem voor God nie. Jesus het nie vir ons sondes gesterf omdat Hy ons dit skuld nie. God skuld ons vergelding vir wie en wat ons is! En wat doen God? Hy gee sy eniggebore Seun. Hy het ons lief. Hoe is dit moontlik? Slegs die Gees van God kan ons dit laat begryp, maar nie met ons verstand nie, dit is te groot. Dink julle die evangelie is regverdig? Nee, dit is nie! Dis onregverdig! Ons MOES ALMAL VERLORE GEGAAN HET! Dit sou regverdig gewees het. Luk 16:8 praat van die ONREGVERDIGE bestuurder wat die skuld van sy diensmense verminder het. Nog meer as dit, nog baie meer!! As God ons moes oordeel op grond van hoe ons lewe nou dat ons gered is, en op grond van hoe ons baie keer vir onsself lewe, ons DUBBELHARTIG is, VERDIEN ONS DIE EWIGE VERDERF! Dis wat God ons skuld! Dan sou God regverdig wees. v. 6: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade Parafrase: God weerstaan hulle wat op hulleself vertrou, vir hulleself lewe, dubbelhartig is, ongelowig is, maar aan hulle wat op God vertrou en nie op hulleself nie; aan hulle wat weet hoe afhanklik hulle van God is, aan hulle gee Hy genade! Genade is NIE iets wat God jou skuld nie! Genade is juis genade omdat jy dit NIE VERDIEN NIE! Daarom sê Jakobus dan in vers 7: ONDERWERP julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle af wegvlug Hoekom? Want dit was sy sonde! Hy het homself nie aan God onderwerp nie! Die duiwel soek nie mense wat hom aanbid nie! Die duiwel soek mense wat hulleself aanbid! Wat is Luciferianisme? Dis nie duiwel-aanbidding nie. Dis self-aanbidding. Dis die idee dat ons almal in onsself reeds die lig het. Ons moet dit net self verwesenlik, ons innerlike potensiaal verwesenlik! INNER ENLIGHTENMENT! Luciferianisme is self-aanbidding! Dan sê Jakobus: (8) Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! (9) Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. (10) Verneder julle voor [die aangesig van] die Here, en Hy sal julle verhoog

Dalk dink jy: Ek moet myself ondersoek! Nee, moenie! Jou hart is bedrieglik! God ondersoek jou: Ps 139:23-24 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; (24) en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Rom 8:26-27 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. (27) En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. Wie doen hier die ondersoeking? Nie jy nie, God! Om jouself te verneder voor die aangesig van God kan net gebeur as jy God sien vir wie Hy is! En dan jouself sien in die spieël van wie God is, en in die lig wat God gee! Wie is God? Hy s n verterende vuur! Hy s n jaloerse God! Maar Hy is n God wat vir jou GENADE gee, al verdien jy niks daarvan nie! Dis wie God is! (9) Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. (10) Verneder julle voor [die aangesig van] die Here, en Hy sal julle verhoog Jy sien slegs jou eie hart as jy toelaat dat God dit deur sy Gees ondersoek! Paulus sê: (2 Kor 7:10) droefheid volgens die wil van God werk n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood Die droefheid van hierdie wêreld is maar soos dronkverdriet: Ag, kyk hoe moet EK suffer! Niemand kry MY jammer nie! Niemand is meer lief vir MY nie! EK, MY, EK, MY, EK, MY.!! Dit is wêreldse droefheid Droefheid volgens die wil van God kan net Hy bewerk! Droefheid volgens die wil van God gaan nie oor jou ego of selfs jou pyn/lyding nie. Dit gaan daaroor om jouself te sien in die spieël van wie God regtig is! Droefheid volgens die wil van God kom as jy n openbaring van God te het! En as jy n openbaring van jou eie hart te hêt!